Skip to Content

"regverdiges"

67 keer in AFR53

Miskien is daar vyftig regverdiges binne-in die stad; sal U hulle ook ombring en die plek nie spaar ter wille van die vyftig regverdiges wat daarin is nie?

Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.

Miskien sal daar aan die vyftig regverdiges vyf ontbreek; sal U ter wille van vyf die hele stad verwoes? En Hy antwoord: Ek sal dit nie verwoes as Ek daar vyf en veertig vind nie.

Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges.

As die goddelose opkom, verberg die mens homself; maar as hulle omkom, word die regverdiges baie.

Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:

Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie.

Want die HERE ken die weg van die regverdiges, maar die weg van die goddelose sal vergaan.

Wees bly in die HERE en juig, o regverdiges! En jubel, alle opregtes van hart!

o Regverdiges, jubel in die HERE! 'n Loflied betaam die opregtes.

Ajin. Die oë van die HERE is op die regverdiges, en sy ore tot hulle hulpgeroep.

want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.

Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.

Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.

En die regverdiges sal dit sien en vrees; en hulle sal oor hom lag en sê:

Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.

o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!

'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.

Dit is die poort van die HERE; regverdiges mag daardeur ingaan.

Want die septer van goddeloosheid sal nie rus op die erfdeel van die regverdiges nie, sodat die regverdiges hulle hande nie sal uitsteek na onreg nie.

Sekerlik, die regverdiges sal u Naam loof, die opregtes sal voor u aangesig woon.

Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.

Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief.

sodat jy kan wandel op die weg van die goeies en die paaie van die regverdiges kan hou;

Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.

Terwyl die pad van die regverdiges is soos die lig van die môreglans, wat al helderder word tot die volle dag toe,

Waar die goddelose bang voor is--dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.

Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.

Deur die mond stort die roekelose sy naaste in die verderf, maar deur kennis word die regverdiges gered.

Oor die voorspoed van die regverdiges jubel 'n stad, en as die goddelose omkom, is daar gejubel.

Sekerlik, die slegte bly nie ongestraf nie; maar die geslag van regverdiges raak vry.

Die begeerte van die regverdiges is net ten goede, maar die hoop van die goddelose is 'n strafgerig van toorn.

Wie op sy rykdom vertrou, dié sal val; maar die regverdiges sal soos blare uitspruit.

Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.

Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.

Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.

Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.

Die onheil vervolg die sondaars, maar Hy sal die regverdiges met goed vergelde.

Die HERE is ver van die goddelose, maar die gebed van die regverdiges hoor Hy.

Die goddelose vlug sonder dat daar 'n vervolger is, maar die regverdiges voel hulle veilig soos 'n jong leeu.

As die regverdiges juig, is die heerlikheid groot; maar as die goddelose opkom, moet die mense gesoek word.

As die regverdiges talryk word, is die volk bly; maar as die goddelose heers, sug die volk.

As die goddelose vermeerder, vermeerder die oortreding; maar die regverdiges aanskou met welgevalle hulle ondergang.

'n Man van onreg is vir die regverdiges 'n gruwel, en vir die goddelose is die opregte van wandel 'n gruwel.

Dit is 'n nietigheid wat op die aarde gebeur, dat daar regverdiges is met wie dit gaan volgens die dade van die goddelose, en dat daar goddelose is met wie dit gaan volgens die dade van die regverdiges; so sê ek dan dat dit ook nietigheid is.

Want dit alles het ek ter harte geneem en dit alles het ek probeer deurgrond, dat die regverdiges en die wyse manne en hulle dade in die hand van God is, liefde sowel as haat; die mens weet niks van wat hom voorlê nie.

En jou volk sal almal regverdiges wees, vir ewig sal hulle die land besit--as lote deur My geplant, 'n werk van my hande, tot my verheerliking.

Mem. Dit was oor die sondes van haar profete, die ongeregtighede van haar priesters wat daar binne-in die bloed van die regverdiges vergiet het.

Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

Want, voorwaar Ek sê vir julle, baie profete en regverdiges het begeer om te sien wat julle sien, en het dit nie gesien nie, en om te hoor wat julle hoor, en het dit nie gehoor nie.

Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

So sal dit wees in die voleinding van die wêreld: die engele sal uitgaan en die slegte mense onder die regverdiges uit afskei

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;

Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?

En hulle sal weggaan in die ewige straf, maar die regverdiges in die ewige lewe.

En toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.

Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.

en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges.

Ek sê vir julle dat daar net so blydskap sal wees in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer, meer as oor nege en negentig regverdiges wat die bekering nie nodig het nie.

en 'n hoop op God het, 'n hoop wat hulle self ook verwag, dat daar 'n opstanding sal wees van die dode, regverdiges sowel as onregverdiges.

Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word.

by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges,

Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.