Skip to Content

"rotsvesting"

13 keer in AFR53

So is die HERE dan 'n rotsvesting vir die verdrukte, 'n rotsvesting in tye van benoudheid.

Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.

Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.

Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.

God het Hom in sy paleise bekend gemaak as 'n rotsvesting.

My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.

Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was 'n rotsvesting vir my en 'n toevlug in die dag toe ek benoud was.

My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.

Hy alleen is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie grootliks wankel nie.

Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie.

Maar die HERE is 'n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.

God is my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting en my toevlug, my verlosser; van geweld het U my verlos.

Oor Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.