Skip to Content

"rye"

16 keer in AFR53

En daar onderaan het afbeeldings van kolokwinte dit heeltemal rondom omring--tien op 'n el; hulle het die see rondom omgewe, twee rye kolokwinte, daarmee saam uit een stuk gegiet.

en die vier honderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk, twee rye granaatjies vir elke vlegwerk om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek.

Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, uitgebring en aan hulle gesê: Neem haar weg tussen die rye deur; en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word; want die priester het gesê: Julle mag haar nie in die huis van die HERE doodmaak nie.

En voorsien dit van 'n steeninvulling van vier rye stene: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag moet die eerste ry wees.

En hulle het daarin vier rye stene ingevul: 'n ry met 'n karneool, 'n topaas en 'n smarag was die eerste ry.

En toe hy die huis klaar gebou het, het hy die huis oordek, by wyse van vakke en rye, met sederhout.

Hy het naamlik die huis van die Líbanon-bos gebou, honderd el in sy lengte en vyftig el in sy breedte en dertig el in sy hoogte, op vier rye sederpilare en sederbalke op die pilare.

En daar was drie rye vensters van latwerk; en oop venster teenoor oop venster, drie maal.

Verder het hy die granaatjies gemaak, naamlik twee rye rondom oor die een vlegwerk, om die kapitele op die top van die pilare te bedek; en net so het hy vir die ander kapiteel gemaak.

naamlik die kapitele op die twee pilare bo-aan, verby die vlegwerk wat vlak op die bol was. En die granaatjies was twee honderd, in rye rondom, ook oor die tweede kapiteel.

En kolokwinte onder die rand daarvan het dit rondom omring; tien op die el het hulle die see rondom omring: twee rye kolokwinte wat aan die gietwerk daarvan vasgegiet is.

en die vier honderd granaatjies vir die twee stukke vlegwerk: twee rye granaatjies vir elke vlegwerk, om die twee bolle van die kapitele bo-op die pilare te oordek;

en julle moet rondom die koning gaan staan, elkeen met sy wapens in sy hand, en die een wat in die rye inkom, moet gedood word; en julle moet by die koning wees as hy uit-- en ingaan.

Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom--want die priester het gesê: Sy moet nie in die huis van die HERE gedood word nie.

Is dit nie só nie: As hy dit bo-op gelykgemaak het, gooi hy swart komyn uit en strooi komyn en saai koring in rye en gars in vakke en spelt langs die kant.

En die sykamers het in drie verdiepinge bo mekaar gelê, in rye van dertig; en daar was in die muur van die huis rondom inspringinge vir die sykamers, om daarop te dra; maar hulle het nie gedra op die muur van die huis nie;