"siener"
21 keer in AFR53
Hulle almal was seuns van Heman, die siener van die koning in die woorde van God. Om hom te versterk, het God aan Heman veertien seuns en drie dogters gegee.
ook alles wat die siener Samuel geheilig het, en Saul, die seun van Kis, en Abner, die seun van Ner, en Joab, die seun van Serúja--wie ook al iets geheilig het, was onder bewaring van Selómot en sy broers.
En die geskiedenis van koning Dawid, die vroeëre en die latere, kyk, dit is beskrywe in die Geskiedenis van die siener Samuel en in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Geskiedenis van die siener Gad,
En die verdere geskiedenis van Salomo, die vroeëre sowel as die latere, is dit nie beskrywe nie in die Geskiedenis van die profeet Natan en in die Profesie van Ahía, die Siloniet, en in die Gesigte van die siener Jedi oor Jeróbeam, die seun van Nebat?
En die geskiedenis van Rehábeam, die vroeëre en die latere, is dit nie beskrywe in die Geskiedenis van die profeet Semája en van die siener Iddo, volgens geslagsregister nie? En daar was gedurigdeur oorloë tussen Rehábeam en Jeróbeam.
En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.
Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.
het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet 'n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou 'n toorn op u van die HERE.
En hy het die Leviete opgestel by die huis van die HERE met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want die HERE het dit so beveel deur die diens van sy profete.
Daarop gee koning Jehiskía en die owerstes aan die Leviete bevel om die HERE te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.
En die sangers, die seuns van Asaf, was op hulle plek volgens die bevel van Dawid en van Asaf en Heman en Jedútun, die siener van die koning, en die poortwagters by elke poort; hulle het nie nodig gehad om van hulle diens af weg te gaan nie, want hulle broers, die Leviete, het dit vir hulle berei.
Vroeër het die mense in Israel só gesê as hulle gaan om God te raadpleeg: Kom, laat ons na die siener gaan. Want die profeet van teenswoordig het hulle vroeër siener genoem.
Terwyl hulle die opdraand na die stad opgaan, kom hulle meisies teë wat uitgaan om water te put, en vra vir hulle: Is die siener hier?
En Saul het nader gekom na Samuel binne-in die poort en gevra: Wys my tog waar die huis van die siener is?
Daarop het Samuel Saul geantwoord en gesê: Ek is die siener! Gaan voor my uit op na die hoogte, dan kan julle vandag saam met my eet; en ek sal jou môre vroeg laat gaan; en alles wat in jou hart is, sal ek jou te kenne gee.
Verder het die koning aan die priester Sadok gesê: U is tog siener? Gaan in vrede na die stad terug, en julle twee seuns, Ahímaäs, jou seun, en Jónatan, die seun van Abjatar, met julle saam.
Toe Dawid die môre opstaan--die woord van die HERE het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:
En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.