Skip to Content

"bahúrim"

5 keer in AFR53

En haar man het saam met haar gegaan, terwyl hy agter haar aan loop en ween tot by Bahúrim. Toe sê Abner vir hom: Gaan terug. En hy het teruggegaan.

En toe koning Dawid tot by Bahúrim gekom het, kom daarvandaan juis 'n man te voorskyn uit die geslag van die huis van Saul met die naam van Símeï, die seun van Gera; hy het uitgekom en gedurigdeur gevloek

Maar 'n seun het hulle gesien en dit aan Absalom meegedeel. Toe gaan hulle twee haastig weg en kom by die huis van 'n man in Bahúrim wat 'n put op sy erf gehad het, en hulle het daarin afgesak.

En Símeï, die seun van Géra, die Benjaminiet, wat uit Bahúrim was, het hom gehaas en saam met die manne van Juda afgekom om koning Dawid te ontmoet,

Verder is daar by jou Símeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahúrim; hy naamlik het my gevloek met 'n hewige vloek die dag toe ek na Mahanáim gegaan het; en hy het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by die HERE gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.