En Mattánja, die seun van Miga, die seun van Sabdi, die seun van Asaf, leier van die lofsang, wat die "Loof Hom" aanhef by die gebed; en Bakbúkja, die tweede in rang onder sy broers; en Abda, die seun van Sámmua, die seun van Galal, die seun van Jedútun.
Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte.