En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Uit Aram laat Balak my haal, die koning van Moab--uit die berge van die Ooste: Kom vervloek Jakob vir my, en kom, verwens Israel.
Toe hef hy sy spreuk aan en sê: Staan op Balak, en hoor! Luister na my, seun van Sippor!
En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.
Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Amalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.
Toe hy die Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.
Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee, wie sal lewe as God dít beskik?
En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
Ek sal my oor neig tot 'n spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter.
Ek wil my mond open met 'n spreuk, raaisels uit die voortyd laat stroom.
om 'n spreuk en beeldspraak te verstaan, die woorde van die wyse manne en hulle raaisels.
Soos die bene van 'n lamme slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
Soos 'n doring wat in die hand van 'n dronkaard geraak het, so is 'n spreuk in die mond van die dwase.
Kyk, elkeen wat spreekwoorde maak, sal 'n spreuk op jou toepas, naamlik: Soos die moeder, so haar dogter.
Sal hulle nie almal oor hom 'n spreuk, 'n spotlied aanhef nie, raaisels oor hom maak nie, en sê: Wee die man wat hom verryk met wat nie aan hom behoort nie--hoe lank? --en hom beswaar met verpande goed.