hulle het in die Suidland opgetrek en tot by Hebron gekom; en daar was Ahíman, Sesai en Talmai, die kinders van die Enakiete. En Hebron is sewe jaar voor Soan in Egipte gebou.
En Kaleb het die drie seuns van Enak: Sesai, Ahíman en Talmai, afstammelinge van Enak, daaruit verdrywe.
Juda het dan teen die Kanaäniete uitgetrek, die inwoners van Hebron--maar die naam van Hebron was tevore Kirjat-Arba en hulle het Sesai en Ahíman en Talmai verslaan.