Skip to Content

"verhemelte"

18 keer in AFR53

Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.

Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?

Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?

al spaar hy dit, en al wil hy dit nie laat vaar nie, maar dit terughou in sy verhemelte--

Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.

(ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur 'n vloek sy lewe te vorder nie!)

Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.

Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.

My krag is verdroog soos 'n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond.

Laat my tong kleef aan my verhemelte as ek aan jou nie dink nie, as ek Jerusalem nie verhef bo my hoogste vreugde nie.

want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,

Want my verhemelte spreek waarheid, en goddeloosheid is vir my lippe 'n gruwel.

Soos 'n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte.

Sy verhemelte is pure soetigheid, ja, hy is geheel en al die lieflikheid self. Dit is my beminde en dit is my vriend, dogters van Jerusalem.

en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.

Dalet. Die tong van die suigling kleef aan sy verhemelte van dors, kindertjies vra brood, niemand breek dit vir hulle nie.

En Ek sal jou tong aan jou verhemelte laat klewe, sodat jy stom sal word en vir hulle geen bestraffer sal wees nie; want hulle is 'n wederstrewige huis.