Skip to Content

"volgemaak"

5 keer in AFR53

En die dogter was baie mooi van aansien, 'n jongmeisie, en geen man het haar beken nie. En sy het afgedaal na die fontein en haar kruik volgemaak en weer opgekom.

En die wynsakke hier wat ons as nuwes volgemaak het--kyk maar, hulle is geskeur; en ons klere hier en ons skoene--hulle is verslyt deur die baie lang reis.

Maar aan die einde van hulle heerskappy, as die goddelose die maat volgemaak het, sal 'n koning optree, hard van aangesig en wat listige streke verstaan.

Jesus sê vir hulle: Maak die kanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.

En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing.