Skip to Content

"bekommernis"

8 keer in AFR53

Oor Damaskus. Beskaamd staan Hamat en Arpad, want hulle het slegte tyding gehoor; hulle beweeg, soos die see, in bekommernis, dit kan nie rus nie.

Toe het ek gesê: Dit is my grootste bekommernis dat die regterhand van die Allerhoogste verander!

Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.

Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.

Ook onder gelag kan die hart pyn ly, en die einde van so 'n blydskap is bekommernis.

Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.

Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.

Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.