En die koning het 'n groot maaltyd aangerig vir al sy vorste en sy dienaars, die maaltyd van Ester; en hy het 'n vrye dag bepaal vir die provinsies en geskenke gegee, eg koninklik!
Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.
en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.
So sê die HERE van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.
Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye.
Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte.
Maar wat sê die Skrif? Werp die slavin en haar seun uit, want nooit mag die seun van die slavin saam met die seun van die vrye erwe nie.
Daarom, broeders, ons is nie kinders van die slavin nie, maar van die vrye.
Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.