Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s'n.
Want ek het niemand van dieselfde gesindheid wat julle belange opreg sal behartig nie;
want hulle soek almal hul eie belange, nie dié van Christus Jesus nie.
Ek het my grootliks verbly in die Here dat julle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maar julle het die geleentheid nie gehad nie.