Skip to Content

"wan"

5 keer in AFR53

Nou dan, is Boas by wie se diensmeisies jy gewees het, nie ons bloedverwant nie? Kyk, hy wan vannag op die vloer gars uit.

'n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

'n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.

In dié tyd sal aan hierdie volk en aan Jerusalem gesê word: 'n Gloeiende wind van die kaal heuwels in die woestyn op pad na die dogter van my volk, nie om te wan of te suiwer nie!

En Ek wan hulle uit met 'n gaffel by die ingange van die land. Ek maak my volk kinderloos, maak hulle tot niet; hulle kom van hulle weë nie terug nie.