Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.
Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
'n Psalm van Dawid; 'n onderwysing. Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.
Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
Tet. Smaak en sien dat die HERE goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil!
Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die HERE sal hom red in die dag van onheil.
Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.
Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is.
HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!
Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.
Welgeluksalig is die man, o HERE, wat U onderrig en wat U leer uit u wet,
Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.
Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
Alef. Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die HERE wandel.
Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek;
'n Bedevaartslied. Welgeluksalig is elkeen wat die HERE vrees, wat in sy weë wandel!
Welgeluksalig is die volk met wie dit so gaan; welgeluksalig is die volk wie se God die HERE is!
Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die HERE sy God,
En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
Welgeluksalig is julle wat by alle waters saai, wat die voet van os en esel vry laat loop!
Welgeluksalig is die mens wat dit doen en die mensekind wat daaraan vashou; wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en sy hand terughou, dat dit geen kwaad doen nie.
Welgeluksalig is hy wat bly verwag en duisend drie honderd vyf en dertig dae bereik.
Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is.
Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie.