Skip to Content

"wiel"

7 keer in AFR53

Ek het toe die wesens nader bekyk: daar was een wiel op die grond langs die wesens aan elkeen van die vier voorkante.

Die voorkoms van die wiele en hulle maaksel was soos dié van 'n chrisoliet; en al vier het dieselfde vorm gehad; daarby was hulle voorkoms en hulle maaksel asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was.

En die vier wiele was onder die sluitplate, en die kloue van die wiele was in die bak, terwyl die hoogte van elke wiel anderhalf el was.

Voordat die silwerdraad verwyder word en die goue oliekruik stukkend val en die kruik by die fontein gebreek word en die wiel stukkend in die put val

En toe Hy aan die man wat met linne bekleed was, bevel gegee het deur te sê: Neem vuur tussen die ratwerk, tussen die gérubs uit, het hy ingegaan en langs die wiel gaan staan.

Toe het ek gekyk--en daar was vier wiele langs die gérubs, telkens een wiel langs elke gérub; en die voorkoms van die wiele was soos dié van chrisoliet.

En aangaande hulle voorkoms, al vier het dieselfde voorkoms gehad, asof daar 'n wiel binne-in 'n wiel was: