Skip to Content

"daniete"

5 keer in AFR53

En daar was 'n man uit Sórea, uit die geslag van die Daniete, met die naam van Manóag; en sy vrou was onvrugbaar en het geen kinders gehad nie.

In dié dae was daar geen koning in Israel nie; en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom 'n erfdeel gesoek om in te woon, want tot dié dag toe het onder die stamme van Israel geen genoegsame erfdeel aan hom toegeval nie.

Toe het daarvandaan weggetrek, uit die geslag van die Daniete, uit Sórea en Estáol, ses honderd man, omgord met wapens.

En die kinders van Dan het vir hulle die gesnede beeld opgerig; en Jónatan, die seun van Gersom, die seun van Moses, hy en sy seuns was priesters vir die stam van die Daniete tot op die dag van die ontvolking van die land.

en van die Daniete, toegerus vir oorlog, agt en twintig duisend ses honderd;