Skip to Content

"dikmelk"

8 keer in AFR53

En hy neem dikmelk en soetmelk en die kalf wat hy klaargemaak het, en sit dit aan hulle voor, terwyl hy self by hulle onder die boom bly staan; en hulle het geëet.

Hy mag hom nie verlustig in beke, in vloeiende strome van heuning en dikmelk nie.

toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.

dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme; stiere van Basan en bokke, met die niervet van koring; en druiwebloed het jy gedrink, skuimende wyn.

Water het hy gevra, melk het sy gegee, in 'n sierlike skottel het sy dikmelk gebring.

en heuning en dikmelk en kleinvee en kaas van beesmelk na Dawid om te eet, en na die mense wat by hom was, want hulle het gesê: Die mense het honger en is moeg en het dors geword in die woestyn.

Dikmelk en heuning sal hy eet as hy weet om te verwerp wat kwaad is en om te kies wat goed is.

en weens die oorvloed van melk wat hulle gee, sal hy dikmelk eet; want dikmelk en heuning sal almal eet wat in die land oorgebly het.