Veertig jaar het Ek 'n afkeer gehad van hierdie geslag en gesê: Hulle is 'n volk met 'n dwalende hart, en hulle ken my weë nie;
en hulle wat dwalende van gees is, sal insig verkry, en die murmureerders sal lering aanneem.
Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener van julle siele.