Skip to Content

"dwangarbeid"

11 keer in AFR53

van hulle kinders wat ná hulle oorgebly het in die land, wat die kinders van Israel nie uitgeroei het nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.

Maar hulle het die Kanaäniete, die inwoners van Geser, nie verdrywe nie; so het dan die Kanaäniete onder Efraim bly woon tot vandag toe; maar hulle moes dwangarbeid verrig.

Toe stuur koning Rehábeam Hadóram wat oor die dwangarbeid was, maar die kinders van Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het, en koning Rehábeam het hom geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

Toe hy sien dat die rus goed en die land lieflik is, het hy sy skouer gebuig om te dra, en hy moes dwangarbeid verrig.

Daar is toe opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk. En hulle het vir Farao die voorraadstede Pitom en Raämses gebou.

en Adóram was oor die dwangarbeid, en Jósafat, die seun van Ahílud, was kanselier.

En Ahísar was oor die paleis; en Adoníram, die seun van Abda, was oor die dwangarbeid.

En hy het hulle gestuur na die Líbanon, tien duisend elke maand by beurte; een maand was hulle op die Líbanon, twee maande tuis; en Adoníram was oor die dwangarbeid.

hulle kinders wat ná hulle in die land oorgebly het, wat die kinders van Israel nie met die banvloek kon tref nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.

Toe stuur koning Rehábeam Adóram wat oor die dwangarbeid was, maar die hele Israel het hom gestenig, sodat hy gesterf het; en koning Rehábeam het hom tot die uiterste toe geweer om op 'n wa te klim, om na Jerusalem te vlug.

Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.