"ehud"
9 keer in AFR53
Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.
En Ehud het vir hom 'n swaard gemaak, aan twee kante skerp, een el lank, en dit onder sy klere aan sy regterheup vasgegord;
En toe Ehud by hom inkom, terwyl hy in die koel bo-kamer sit wat vir hom alleen was, sê Ehud: Ek het 'n woord van God aan u! En toe hy van sy stoel af opstaan,
Toe gaan Ehud uit op die galery, maar hy het die deure van die bo-kamer agter hom gesluit en gegrendel.
Maar ná die dood van Ehud het die kinders van Israel weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.