"felix"
8 keer in AFR53
Dat 'n groot vrede deur u, hoogedele Felix, ons te beurt val, en dat daar hervorminge deur u voorsorg in elke opsig en oral vir hierdie nasie tot stand kom, neem ons met alle dankbaarheid aan.
Toe Felix dit hoor, het hy hulle saak uitgestel, alhoewel hy noukeurig genoeg met die dinge van die Weg bekend was; en hy het gesê: Wanneer Lísias, die owerste oor duisend, afkom, sal ek julle saak ten volle ondersoek.
En 'n paar dae daarna het Felix gekom saam met Drusílla, sy vrou, wat 'n Jodin was, en het Paulus laat haal en hom aangehoor oor die geloof in Christus.
Maar toe hy spreek oor geregtigheid en selfbeheersing en die toekomstige oordeel, het Felix baie bang geword en geantwoord: Gaan vir hierdie keer heen, en as ek 'n geleentheid vind, sal ek jou laat roep.