Skip to Content

"geestelik"

5 keer in AFR53

Want ons weet dat die wet geestelik is, maar ek is vleeslik, verkoop onder die sonde.

Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge.

Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.

Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.

en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.