Skip to Content

"gehuur"

16 keer in AFR53

Toe Jakob dan die aand uit die veld kom, gaan Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na my kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap.

En die koning en Jójada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van die HERE gegee, en dié het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van die HERE te herstel, en ook yster-- en kopersmede om die huis van die HERE te verbeter.

Ook het hy uit Israel honderd duisend dapper helde vir honderd talente silwer gehuur.

As die eienaar daarby gewees het, hoef hy geen vergoeding te gee nie. As dit gehuur was, kom die huurgeld daarvoor.

En hulle het raadgewers teen hulle gehuur om hulle plan te verydel al die dae van Kores, die koning van Persië, tot op die regering van Daríus, die koning van Persië.

Want ek het duidelik gemerk dat God hom nie gestuur het nie, maar dat hy die profesie oor my gespreek het, omdat Tobía en Sanbállat hom gehuur het.

Daarvoor was hy gehuur, dat ek bang sou word en so sou maak en sonde doen, sodat dit hulle as slegte gerug kon dien om my smaadheid aan te doen.

omdat hulle die kinders van Israel nie teëgekom het met brood en water nie, en Bíleam teen hulle gehuur het om hulle te vervloek; maar onse God het die vloek in 'n seën verander.

omdat hulle julle, by jul uittog uit Egipte, nie met brood en water op die pad tegemoetgekom het nie; en omdat hy Bíleam, die seun van Beor, uit Petor in Mesopotámië, teen jou gehuur het om jou te vloek.

Hulle het hom toe sewentig sikkels silwer uit die huis van Baäl-Berít gegee, en daarmee het Abiméleg ydele en ligsinnige manne gehuur, en hulle het hom gevolg.

Daarop sê hy vir hulle: So en so het Miga met my gedoen, en hy het my gehuur, en ek het sy priester geword.

Toe die kinders van Ammon sien dat hulle hul gehaat gemaak het by Dawid, het die kinders van Ammon gestuur en die Arameërs van Bet-Rehob en die Arameërs van Soba gehuur, twintig duisend voetgangers, en van die koning van Máäga, duisend man, en die manne van Tob, twaalf duisend man.

Want die HERE het die leër van die Arameërs 'n gedruis van waens en 'n gedruis van perde, 'n gedruis van 'n groot leërmag laat hoor, sodat hulle die een vir die ander gesê het: Kyk, die koning van Israel het die konings van die Hetiete en die konings van die Egiptenaars teen ons gehuur om ons te oorval.

En hulle het vir hulle twee en dertig duisend waens gehuur, en die koning van Máäga met sy manskappe; en hulle het gekom en voor Medéba laer opgeslaan; ook die kinders van Ammon het saamgekom uit hulle stede om oorlog te voer.

In dié dag sal die HERE met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.

Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.