En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte.
totdat ek in die heiligdomme van God ingegaan en op hulle einde gelet het.
omdat Hy van sy heilige hoogte neergesien het, die HERE uit die hemel op die aarde gelet het,
Weet julle nie? Hoor julle nie? Is dit julle nie van die begin af bekend gemaak nie? Het julle nie op die fondamente van die aarde gelet nie?
En sonder om te verswak in die geloof het hy, al was hy omtrent honderd jaar oud, nie gelet op sy eie liggaam wat alreeds verstorwe was, en op die verstorwe toestand van die moederskoot van Sara nie.