Skip to Content

"gevoer"

23 keer in AFR53

En dit was die hoofopsigters van koning Salomo, twee honderd en vyftig wat oor die mense bevel gevoer het.

het hulle oorlog gevoer teen Bera, die koning van Sodom, en teen Bisra, die koning van Gomorra, Síneab, die koning van Adma, en Seméber, die koning van Sebóim, en teen die koning van Bela, dit is Soar.

Maar die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.

En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.

Ook het hy oorlog gevoer teen die koning van die kinders van Ammon en hulle oorwin, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tien duisend kor koring en tien duisend kor gars gegee het; dit het die kinders van Ammon vir hom ook in die tweede en derde jaar gelewer.

U het deur u guns die volk gelei wat U verlos het; U het hulle deur u krag na u heilige woning gevoer.

En in die dae van Saul het hulle oorlog gevoer met die Hagareners, en toe dié in hulle hand geval het, het hulle in hulle tente gewoon aan die hele oostekant van Gílead.

En hulle het oorlog gevoer met die Hagareners en Jetur en Nafis en Nodab;

terwyl die vorige goewerneurs wat voor my was, die volk swaar belas het en van hulle brood en wyn geneem het, daarna veertig sikkels silwer. Hulle mense het ook heerskappy gevoer oor die volk; maar so het ek uit vrees vir God nie gedoen nie.

Want Hesbon was die stad van Sihon, die koning van die Amoriete; hy het naamlik oorlog gevoer teen die vorige koning van die Moabiete en het dié se hele land tot by die Arnon uit sy hand geruk.

Baie lank het Josua met al hierdie konings oorlog gevoer.

En 'n tyd daarna het die kinders van Ammon oorlog gevoer teen Israel.

Toe hy oorlog gevoer het teen die Arameërs van Mesopotámië en die Arameërs van Soba, en Joab teruggekom en die Edomiete verslaan het in die Soutdal, twaalf duisend.

So het Saul dan die koningskap oor Israel verkry en oorlog gevoer rondom teen al sy vyande: teen Moab en teen die kinders van Ammon en teen Edom en teen die konings van Soba en teen die Filistyne; en oral waarheen hy hom gewend het, het hy straf geoefen.

stuur Toï sy seun Joram na koning Dawid om hom na die welstand te vra en hom geluk te wens, omdat hy teen Hadadéser geveg en hom verslaan het--want Hadadéser het gedurig oorlog gevoer met Toï--en in sy hand was silwer-- en goue en kopervoorwerpe.

behalwe die hoofopsigters van Salomo wat oor die werk was, drie duisend drie honderd wat bevel gevoer het oor die mense wat die werk doen.

Dit was die hoofopsigters van Salomo oor die werk: vyf honderd en vyftig wat oor die mense wat die werk verrig, bevel gevoer het.

En die verdere geskiedenis van Jeróbeam, hoe hy oorlog gevoer en hoe hy geregeer het, kyk, dit is beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Israel.

En die verdere geskiedenis van Jósafat en sy magtige dade wat hy gedoen het, en hoe hy oorlog gevoer het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?

Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het--toe Nebukadnésar, die koning van Babel, en sy hele leër en al die koninkryke van die land van sy heerskappy en al die volke teen Jerusalem en al die stede daarvan oorlog gevoer het--

Efraim hou hom besig met wind, en hy agtervolg die oostewind; die hele dag vermeerder hy leuens en geweld, en hulle sluit 'n verbond met Assur, terwyl olie na Egipte gevoer word.

Julle het op die aarde 'n weelderige en losbandige lewe gelei; julle het jul harte vet gevoer soos op 'n slagdag.

En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer;