Toe verskeur die hoëpriester sy klere en sê: Hy het godslasterlik gespreek, wat het ons nog getuies nodig? Kyk, nou het julle sy godslastering gehoor!
En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.
Waarom praat hierdie man so godslasterlik? Wie kan sondes vergewe behalwe Een, naamlik God?
En die skrifgeleerdes en die Fariseërs het begin redeneer en sê: Wie is Hy wat so godslasterlik praat? Wie kan sondes vergewe behalwe God alleen?
sê julle vir Hom wat die Vader geheilig en in die wêreld gestuur het: U spreek godslasterlik--omdat Ek gesê het: Ek is die Seun van God?