"haman"
45 keer in AFR53
Ná hierdie dinge het koning Ahasvéros Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, groot gemaak en hom verhoog en sy setel hoër gestel as dié van al die vorste wat by hom was.
En al die dienaars van die koning wat in die poort van die koning was, het gebuig en voor Haman neergeval; want so het die koning aangaande hom bevel gegee; maar Mórdegai het nie gebuig of neergeval nie.
En toe hulle hom dit elke dag sê, en hy nie na hulle luister nie, het hulle dit aan Haman meegedeel om te sien of die handelwyse van Mórdegai sou standhou, want hy het hulle te kenne gegee dat hy 'n Jood was.
Maar hy het dit vir hom te gering geag om die hand aan Mórdegai alleen te slaan; want hulle het hom die volk van Mórdegai te kenne gegee. Daarom het Haman daarna gesoek om al die Jode wat in die hele koninkryk van Ahasvéros was, die volk van Mórdegai, te verdelg.
In die eerste maand, dit is die maand Nisan, in die twaalfde jaar van koning Ahasvéros, het hulle die Pur, dit is die lot, voor Haman gewerp vir elke dag en vir elke maand, twaalf in getal, dit is die maand Adar.
Toe sê Haman aan koning Ahasvéros: Daar is een volk wat verstrooid en afgesonderd is tussen die volke in al die provinsies van u koninkryk, en hulle wette is anders as dié van enige volk; ook hou hulle die wette van die koning nie, sodat dit die koning nie pas om hulle te laat begaan nie.
Toe trek die koning sy seëlring van sy hand af en gee dit aan Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, die teëstander van die Jode.
En die koning het aan Haman gesê: Die silwer word jou geskenk; ook die volk, om daarmee te doen soos goed is in jou oë.
Toe is die skrywers van die koning geroep in die eerste maand, op die dertiende dag daarvan, en daar is geskrywe net soos Haman beveel het aan die landvoogde van die koning en aan die goewerneurs wat oor elke provinsie was, en aan die vorste van elke volk, aan elke provinsie volgens sy skrif en aan elke volk in sy taal; in die naam van koning Ahasvéros is dit geskrywe en verseël met die seëlring van die koning.
Die hardlopers het haastig op bevel van die koning uitgegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig terwyl die koning en Haman sit en drink; maar die stad Susan was in verwarring.
Toe deel Mórdegai hom mee alles wat hom oorgekom het, en die juiste bedrag van die silwer wat Haman beloof het om in die skatte van die koning af te weeg as prys vir die Jode om hulle uit te roei.
Daarop antwoord Ester: As die koning dit goedvind, laat die koning dan vandag met Haman na die maaltyd kom wat ek vir hom berei het.
En die koning sê: Bring Haman gou, dat ons kan handel volgens die woord van Ester! En die koning en Haman het gegaan na die maaltyd wat Ester berei het.
As ek genade gevind het in die oë van die koning, en as die koning dit goedvind om my bede toe te staan en aan my versoek te voldoen, laat die koning en Haman na die maaltyd kom wat ek vir hulle sal berei, dan sal ek môre na die wens van die koning handel.
En op dié dag het Haman bly en opgeruimd heengegaan; maar toe Haman Mórdegai in die poort van die koning sien en dat hy nie opstaan of vir hom bevrees is nie, was Haman met woede vervul teen Mórdegai.
en Haman vertel hulle van die heerlikheid van sy rykdom en van die veelheid van sy seuns en van alles waarin die koning hom groot gemaak het en hoe hy hom verhef het bo die vorste en die dienaars van die koning.
Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.
Toe sê sy vrou Seres en al sy vriende vir hom: Laat hulle 'n galg van vyftig el hoog maak, en sê môre vroeg aan die koning dat hulle Mórdegai daaraan moet ophang; gaan dan vrolik saam met die koning na die maaltyd. Dié woord het Haman geval, en hy het die galg laat maak.
Toe sê die koning: Wie is in die voorhof? --juis toe Haman in die buitenste voorhof van die koninklike paleis kom om aan die koning te sê dat hulle Mórdegai moes ophang aan die galg wat hy vir hom laat oprig het.
En die jongmanne van die koning antwoord hom: Daar staan Haman in die voorhof. Toe sê die koning: Laat hy inkom.
Nadat Haman ingekom het, vra die koning hom: Wat moet met die man gedoen word aan wie die koning eer wil bewys? Haman dink toe by homself: Aan wie sou die koning eer wil bewys meer as aan my?
Toe sê die koning vir Haman: Neem gou die kleed en die perd soos jy gespreek het, en doen so aan Mórdegai, die Jood, wat in die poort van die koning sit; jy moet nie een woord onvervuld laat bly van alles wat jy gespreek het nie.
En Haman het die kleed geneem en die perd, en hy het Mórdegai aangetrek en hom laat ry oor die stadsplein en voor hom uitgeroep: So word gedoen aan die man aan wie die koning eer wil bewys.
Daarna het Mórdegai teruggegaan na die poort van die koning; maar Haman het hom gehaas na sy huis toe, treurig en met bedekte hoof.
En Haman het aan sy vrou Seres en al sy vriende vertel alles wat hom oorgekom het. Toe sê sy wyse manne en sy vrou Seres vir hom: As Mórdegai voor wie jy alreeds begin val het, uit die geslag van die Jode is, sal jy niks teen hom kan uitrig nie, maar heeltemal voor hom val.
Onderwyl hulle nog met hom spreek, kom die hofdienaars van die koning aan, en hulle het Haman gou na die maaltyd gebring wat Ester gereedgemaak het.
En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman! Toe skrik Haman voor die koning en die koningin.
En die koning het in sy woede van die wynmaaltyd opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan, terwyl Haman daar bly staan om van koningin Ester die behoud van sy lewe af te smeek; want hy het gesien dat die onheil oor hom by die koning vas besluit was.
Toe die koning uit die tuin van die paleis in die saal van die wynmaaltyd terugkom, en Haman juis op die rusbank neergeval het waar Ester op sit, sê die koning: Wil hy die koningin ook nog geweld aandoen by my in die huis? Die woord was nouliks uit die mond van die koning of hulle het die gesig van Haman bedek.
Daarop sê Harbóna, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mórdegai wat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig el hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op!
En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.
Op dieselfde dag het koning Ahasvéros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die Jode; en Mórdegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was.
En die koning het sy seëlring uitgetrek wat hy van Haman afgeneem het, en dit aan Mórdegai gegee; en Ester het Mórdegai aangestel oor die huis van Haman.
En Ester het weer voor die koning gespreek en voor sy voete neergeval en geween en hom gesmeek om die onheil van Haman, die Agagiet, en sy plan wat hy teen die Jode beraam het, te verydel.
en gesê: As die koning dit goedvind en ek genade voor hom gevind het en die saak reg is voor die koning en ek welgevallig is in sy oë, laat dan geskrywe word om die briewe met die plan van Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, te herroep wat hy geskrywe het om die Jode wat in al die provinsies van die koning is, uit te roei.
Toe sê koning Ahasvéros aan koningin Ester en aan die Jood Mórdegai: Kyk, die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die Jode uitgesteek het.
die tien seuns van Haman, die seun van Hammedáta, die teëstander van die Jode, het hulle gedood, maar na die buit hulle hand nie uitgesteek nie.
en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die Jode vyf honderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? --dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? --daaraan sal voldoen word.
Toe sê Ester: As die koning dit goedvind, laat môre ook aan die Jode wat in Susan is, toegestaan word om te handel volgens die wet wat geld vir vandag; en laat hulle die tien seuns van Haman aan die galg ophang.