"here"
6573 keer in AFR53
En hierdie huis wat so hoog was--elkeen wat daarlangs verbygaan, sal verstom staan en vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?
Dan sal hulle sê: Omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en voor hulle neergebuig en hulle gedien het, daarom het Hy al hierdie onheil oor hulle gebring.
En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel, nie; want dit is heilig, omdat die ark van die HERE daarin gekom het.
Toe het Salomo brandoffers aan die HERE gebring op die altaar van die HERE wat hy voor die voorportaal gebou het.
en dié manne het vir hom gesê: Ons is onrein deur die lyk van 'n mens; waarom moet ons te kort gedoen word, dat ons die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd onder die kinders van Israel sou bring nie?
Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand van julle of van julle geslagte deur 'n lyk onrein word of op 'n ver reis is, moet hy tog die pasga vir die HERE hou.
Maar die man wat rein is en nie op reis is nie en nalaat om die pasga te hou, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word; want hy het die offer van die HERE nie op die bepaalde tyd gebring nie. Dié man moet sy sonde dra.
En as 'n vreemdeling by julle vertoef en die pasga vir die HERE hou, moet hy dit hou volgens die insetting van die pasga en volgens die verordening daarvan. Dit moet een insetting vir julle wees, vir die vreemdeling sowel as die kind van die land.
volgens die bevel van die HERE het die kinders van Israel weggetrek en volgens die bevel van die HERE laer opgeslaan; al die dae wat die wolk oor die tabernakel gerus het, het hulle in die laer gestaan.
En as die wolk baie dae oor die tabernakel bly, het die kinders van Israel die diens van die HERE waargeneem en nie weggetrek nie.
Maar somtyds was die wolk net 'n paar dae oor die tabernakel--volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek.
en hulle het nader gekom voor Eleásar, die priester, en voor Josua, die seun van Nun, en voor die owerstes, en gesê: Die HERE het Moses beveel om ons 'n erfdeel te gee onder ons broers. Daarop het hy hulle 'n erfdeel gegee, volgens die bevel van die HERE, onder die broers van hulle vader.
Dit is die geskiedenis van die hemel en die aarde toe hulle geskape is. Die dag toe die HERE God die aarde en die hemel gemaak het,
was daar nog geen struike in die veld op die aarde nie, en geen plante van die veld het nog uitgespruit nie; want die HERE God het nog nie laat reën op die aarde nie, en daar was geen mens om die grond te bewerk nie.
En die HERE God het die mens geformeer uit die stof van die aarde en in sy neus die asem van die lewe geblaas. So het dan die mens 'n lewende siel geword.
Ook het die HERE God 'n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, 'n plek gegee.
En die HERE God het allerhande bome uit die grond laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van die lewe in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.
Toe het die HERE God die mens geneem en hom in die tuin van Eden gestel om dit te bewerk en te bewaak.
Ook het die HERE God gesê: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom 'n hulp maak wat by hom pas.
En die HERE God het uit die aarde geformeer al die diere van die veld en al die voëls van die hemel en hulle na die mens gebring om te sien hoe hy hulle sou noem. En net soos die mens al die lewende wesens genoem het, so moes hulle naam wees.
Toe het die HERE God 'n diepe slaap op die mens laat val; en terwyl hy slaap, het Hy een van sy ribbebene geneem en die plek daarvan met vlees toegemaak.
Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie?
En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin.
Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet.
Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe.
Toe sê die HERE God: Nou het die mens geword soos een van Ons deur goed en kwaad te ken. As hy nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie!
En die mens het sy vrou Eva beken, en sy het swanger geword en Kain gebaar en gesê: Ek het 'n man verkry met die hulp van die HERE.
En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,
Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?
Maar die HERE sê vir hom: Daarom, as enigeen Kain doodslaan, sal dit sewevoudig gewreek word. En die HERE het 'n teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie sou doodslaan nie.
Toe gaan Kain weg van die aangesig van die HERE, en hy het gewoon in die land Nod, aan die oostekant van Eden.
En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.
en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.
Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees honderd en twintig jaar.
Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
En die HERE sê: Ek sal die mens wat Ek geskape het, van die aarde verdelg, die mens sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel; want dit berou My dat Ek hulle gemaak het.
Daarna het die HERE aan Noag gesê: Gaan in die ark, jy en jou hele huisgesin, want jou het Ek regverdig bevind voor my aangesig in hierdie geslag.
En die wat ingaan, het gegaan as mannetjie en wyfie van alle vlees soos God hom beveel het. En die HERE het agter hom toegesluit.
En Noag het vir die HERE 'n altaar gebou en van al die rein diere en al die rein voëls geneem en brandoffers op die altaar gebring.
En die HERE het die lieflike geur geruik, en die HERE het in sy hart gesê: Ek sal die aarde verder nie meer vervloek ter wille van die mens nie, want die versinsels van die mens se hart is sleg van sy jeug af. En Ek sal verder nie meer al die lewende wesens tref soos Ek gedoen het nie.
Hy was 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod, 'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.
En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.
So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.
Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.
En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.
Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.
Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar 'n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.
En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste-- en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE 'n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.
na die plek van die altaar wat hy vroeër daar gebou het. En Abram het daar die Naam van die HERE aangeroep.
Toe slaan Lot sy oë op en sien dat die hele Jordaanstreek oral volop water het; voordat die HERE Sodom en Gomorra verwoes het, was dit in die rigting van Soar soos die tuin van die HERE, soos Egipteland.
En die HERE sê vir Abram nadat Lot van hom geskei het: Slaan tog jou oë op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste;
Toe het Abram al verder tente opgeslaan en gaan woon by die terpentynbome van Mamre wat by Hebron is; en hy het daar vir die HERE 'n altaar gebou.
Toe antwoord Abram die koning van Sodom: Ek hef my hand op tot die HERE, God, die Allerhoogste, die Skepper van hemel en aarde,
Ná hierdie dinge het die woord van die HERE tot Abram gekom in 'n gesig en gesê: Vrees nie, Abram, Ek is vir jou 'n skild en jou loon is baie groot.
Toe vra Abram: Here HERE, wat sal U my gee, aangesien ek sonder kinders heengaan en die erfgenaam van my huis die Damaskéner Eliëser is?
Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees.
Verder het Hy vir hom gesê: Ek is die HERE wat jou uitgelei het uit Ur van die Chaldeërs om jou hierdie land in besit te gee.
Op dié dag het die HERE met Abram 'n verbond gesluit en gesê: Aan jou nageslag gee Ek hierdie land, van die rivier van Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraatrivier:
En Sarai het vir Abram gesê: Jy weet, die HERE het my nie toegelaat om moeder te word nie. Gaan tog in by my slavin; miskien sal ek uit haar gebou word. En Abram het na Sarai geluister.
En Sarai sê vir Abram: Die onreg my aangedoen, is op jou! Ek self het my slavin in jou skoot gegee, en nou dat sy sien dat sy swanger is, het ek veragtelik in haar oë geword. Laat die HERE oordeel tussen my en jou.
En die Engel van die HERE het haar by 'n fontein in die woestyn gevind, by die fontein op pad na Sur,
Toe sê die Engel van die HERE vir haar: Gaan terug na jou meesteres en verneder jou onder haar hande.
Verder sê die Engel van die HERE vir haar: Ek sal jou nageslag grootliks vermeerder, sodat dit vanweë die menigte nie getel kan word nie.
Ook sê die Engel van die HERE vir haar: Kyk, jy is swanger en sal 'n seun baar, en jy moet hom Ismael noem, want die HERE het jou in jou ellende verhoor.
Toe noem sy die Naam van die HERE wat met haar gespreek het: U is 'n God wat sien. Want sy het gesê: Het ek hier ook gesien na Hom wat my sien?
Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.
Daarna het die HERE aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag.
Toe sê die HERE vir Abraham: Waarom het Sara daar gelag en gedink: Sou ek ook werklik baar nou dat ek oud geword het?
Sou iets vir die HERE te wonderbaar wees? Hierdie tyd, oor 'n jaar, sal Ek na jou terugkom, en Sara sal 'n seun hê.
Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.
Verder het die HERE gesê: Die geroep oor Sodom en Gomorra is waarlik groot, en hulle sonde is waarlik baie swaar.
Toe het die manne daarvandaan weggedraai en na Sodom gegaan, maar Abraham het nog bly staan voor die aangesig van die HERE.
Toe sê die HERE: As Ek in Sodom vyftig regverdiges vind binne-in die stad, dan sal Ek die hele plek spaar om hulle ontwil.
En Abraham antwoord en sê: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek alhoewel ek stof en as is.
Verder sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie, en mag ek nog iets sê. Miskien sal daar dertig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit nie doen as Ek daar dertig vind nie.
Toe sê hy: Kyk tog, ek het dit gewaag om met die Here te spreek. Miskien sal daar twintig gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die twintig nie verwoes nie.
Toe sê hy: Laat die Here tog nie toornig wees nie en laat my net hierdie keer mag spreek. Miskien sal daar tien gevind word. En Hy antwoord: Ek sal dit ter wille van die tien nie verwoes nie.
En die HERE het weggegaan toe Hy opgehou het om met Abraham te spreek, en Abraham het na sy woonplek teruggekeer.
en gesê: Kyk tog, my here, draai tog uit na die huis van u dienaar en bly die nag oor en was u voete; dan kan u vroeg opstaan en u reis voortsit. Maar hulle antwoord: Nee, ons sal op die plein vernag.
want ons gaan hierdie plek verwoes, omdat die geroep oor hulle groot is voor die aangesig van die HERE, en die HERE het ons gestuur om dit te verwoes.
Toe gaan Lot uit en praat met sy skoonseuns wat met sy dogters sou trou, en sê: Maak julle klaar, gaan uit hierdie plek uit, want die HERE gaan die stad verwoes. Maar hy was in die oë van sy skoonseuns soos een wat gekskeer.
Maar hy het nog getalm. Toe gryp die manne hom en sy vrou en sy twee dogters aan die hand, omdat die HERE hom wou verskoon; en hulle lei hom uit en bring hom buitekant die stad.
Maar Abiméleg het nog nie naby haar gekom nie; daarom het hy gevra: Here, sal U ook 'n regverdige nasie ombring?
Want die HERE het elke moederskoot van die huis van Abiméleg geheel en al toegesluit ter wille van Sara, die vrou van Abraham.
En die HERE het Sara besoek soos Hy beloof het; en die HERE het aan Sara gedoen soos Hy gespreek het:
Maar die Engel van die HERE het na hom van die hemel af geroep en gesê: Abraham, Abraham! En hy antwoord: Hier is ek!
En Abraham het dié plek genoem: Die HERE sal voorsien! Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die HERE sal dit voorsien word.
en sê: Ek sweer by Myself, spreek die HERE, omdat jy dit gedoen het en jou seun, jou enigste, nie teruggehou het nie,
dat ek jou kan laat sweer by die HERE, die God van die hemel en die God van die aarde, dat jy vir my seun geen vrou sal neem uit die dogters van die Kanaäniete onder wie ek woon nie;
Die HERE, die God van die hemel, wat my uit my vader se huis en uit my geboorteland weggeneem het, en wat met my gespreek en vir my gesweer het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee--Hy sal sy engel voor jou uit stuur, en jy moet vir my seun daar 'n vrou gaan haal.
en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, laat ek haar tog vandag ontmoet, en bewys guns aan Abraham, my heer.
met die woorde: Geloofd sy die HERE, die God van Abraham, my heer, wat sy goedertierenheid en sy trou aan my heer nie onttrek het nie. Wat my aangaan, die HERE het my op die weg gelei na die huis van die broers van my heer.
en gesê: Kom in, geseënde van die HERE! Waarom staan jy buitekant terwyl ek die huis reggemaak het en ook plek vir die kamele?
En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.
Maar hy het my geantwoord: Die HERE voor wie se aangesig ek gewandel het, sal sy engel met jou saamstuur, en Hy sal jou weg voorspoedig maak, sodat jy vir my seun 'n vrou uit my geslag en uit die huis van my vader kan gaan haal.
Ek het toe vandag by die fontein gekom en gesê: HERE, God van Abraham, my heer, as U dan my weg waar ek op gaan, voorspoedig wil maak--
en wat my sal antwoord: Drink u self, en ook vir u kamele sal ek skep--sy is die vrou wat die HERE vir die seun van my heer bestem het.
en ek het my in aanbidding neergebuig voor die HERE en die HERE geloof, die God van Abraham, my heer, wat my op die regte weg gelei het om die dogter van my heer se broer vir sy seun te gaan haal.
Toe antwoord Laban en Bétuel en sê: Van die HERE kom die saak; ons kan jou daar geen kwaad of goed van spreek nie.
Daar staan Rebekka voor jou, neem haar en gaan heen, dat sy 'n vrou kan wees vir die seun van jou heer, soos die HERE gespreek het.
Toe die dienaar van Abraham hulle woorde hoor, het hy hom voor die HERE neergebuig na die aarde toe.
Maar hy antwoord hulle: Moet my nie ophou nie aangesien die HERE my weg voorspoedig gemaak het; laat my trek, dat ek na my heer kan gaan.
En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.
En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.
En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.
En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys.
Toe het hy vandaar versit en 'n ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit Réhobot genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.
En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.
Toe bou hy daar 'n altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en daar sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar 'n put gegrawe.
Toe antwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog 'n eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons 'n verbond met jou sluit:
jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
Bring vir my 'n stuk wild en maak vir my lekker ete, dat ek kan eet en jou kan seën voor die aangesig van die HERE voor my dood.
Daarop het Isak aan sy seun gesê: Hoe het jy dit so gou gekry, my seun? En hy antwoord: Omdat die Here u God dit my laat teëkom het.
En hy het nader gekom en hom gesoen. Toe ruik hy die geur van sy klere, en hy seën hom en sê: Kyk, die geur van my seun is soos die geur van die veld wat die HERE geseën het.
En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;
Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.
En toe die HERE sien dat Lea die nie-geliefde was, het Hy haar skoot geopen; maar Ragel was onvrugbaar.
En Lea het bevrug geword en 'n seun gebaar en hom Ruben genoem; want sy het gesê: Gewis, die HERE het my ellende aangesien, want nou sal my man my liefhê.
En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Gewis, die HERE het gehoor dat ek die nie-geliefde is en my hierdie een ook gegee. En sy het hom Símeon genoem.
En sy het weer bevrug geword en 'n seun gebaar en gesê: Dié keer sal ek die HERE loof. Daarom het sy hom Juda genoem. En sy het opgehou met baar.
Daarop antwoord Laban hom: As ek nou guns in jou oë gevind het--ek het waargeneem dat die HERE my om jou ontwil geseën het.
Want min was dit wat u vóór my koms gehad het, en dit het sterk vermeerder; en die HERE het u geseën op my voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook vir my huis werk?
En die HERE het aan Jakob gesê: Gaan terug na die land van jou vaders en na jou familie; en Ek sal met jou wees.
en ook Mispa, omdat hy gesê het: Mag die HERE wag hou tussen my en jou as ons mekaar nie meer sien nie.
En Jakob het gesê: o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, o HERE, wat my beveel het: Gaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen--
Want Dawid het gesê: My seun Salomo is jonk en teer, en die huis wat vir die HERE gebou moet word, moet buitengewoon groot wees, tot 'n roem en 'n sieraad van al die lande; laat my dan vir hom die bou voorberei. Daarom het Dawid voor sy dood groot toebereidsels gemaak.
Daarop het hy sy seun Salomo geroep en hom bevel gegee om 'n huis vir die HERE, die God van Israel, te bou.
En Dawid het aan Salomo gesê: My seun, ek self het my voorgeneem om 'n huis te bou vir die Naam van die HERE my God.
Maar die woord van die HERE het tot my gekom en gesê: Jy het bloed in menigte vergiet en groot oorloë gevoer: jy mag nie vir my Naam 'n huis bou nie, omdat jy baie bloed op die aarde voor my aangesig vergiet het.
Nou, my seun, mag die HERE met jou wees, dat jy voorspoedig kan wees om die huis van die HERE jou God te bou soos Hy oor jou gespreek het.
Mag die HERE jou net insig en verstand gee en jou aanstel oor Israel; en dit om die wet van die HERE jou God te onderhou.
Dan sal jy voorspoedig wees as jy sorgvuldig die insettinge en verordeninge onderhou wat die HERE aan Moses oor Israel beveel het; wees sterk en vol moed, wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
En kyk, deur my moeitevolle arbeid het ek vir die huis van die HERE honderd duisend talente goud en 'n miljoen talente silwer gereed gelê, en die koper en die yster is onweegbaar; want dit is daar in groot hoeveelheid; en hout en klippe het ek in gereedheid gebring; en jy kan daar nog meer byvoeg.
Wat die goud, die silwer en die koper en die yster betref, dit is ontelbaar. Maak jou klaar en gaan aan die werk, en mag die HERE met jou wees!
Was die HERE julle God nie met julle en het Hy julle nie rondom rus gegee nie? Ja, Hy het die inwoners van die land in my hand gegee, en die land is voor die aangesig van die HERE en voor sy volk onderwerp.
Rig nou julle hart en julle siel daarop om die HERE julle God te soek, en maak julle gereed en bou die heiligdom van die HERE God, dat julle die verbondsark van die HERE en die heilige voorwerpe van God kan bring in die huis wat vir die Naam van die HERE gebou sal word.
Van hulle moet vier en twintig duisend toesig hou oor die werk in die huis van die HERE en ses duisend opsigters en regters wees;
en vier duisend poortwagters en vier duisend lofsangers tot eer van die HERE met die instrumente wat ek, het Dawid gesê, gemaak het om lof te sing.
Die seuns van Amram was Aäron en Moses. En Aäron is afgesonder om die hoogheilige dinge te heilig, hy en sy seuns, tot in ewigheid, om offerrook te laat opgaan voor die aangesig van die HERE, om Hom te dien en om in sy Naam tot in ewigheid te seën.
Dit was die seuns van Levi volgens hulle families, die familiehoofde, soos hulle getel is volgens die getal name, hoof vir hoof, wat die dienswerk in die huis van die HERE gedoen het, van twintig jaar oud en daarbo.
Want Dawid het gesê: Die HERE, die God van Israel, het aan sy volk rus gegee, en Hy woon in Jerusalem tot in ewigheid;
Maar hulle plek was langs die seuns van Aäron vir die diens in die huis van die HERE, as opsigters oor die voorhowe en oor die kamers en oor die reiniging van al die heilige dinge en oor die dienswerk in die huis van God;
en vir al die offerwerk van die brandoffers aan die HERE op die sabbatte, op die nuwemane en op die feestye, in getal volgens die verordeninge daarvoor, gedurigdeur voor die aangesig van die HERE.
So moes hulle dan die diens waarneem van die tent van samekoms en die diens van die heiligdom en die diens tot hulp van die seuns van Aäron, hulle broers, vir die dienswerk in die huis van die HERE.
Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die HERE te gaan volgens die verordening deur hul vader Aäron aan hulle, soos die HERE, die God van Israel, hom beveel het.
Van Jedútun, die seuns van Jedútun was Gedálja en Seri en Jesaja, Hasábja, Símeï en Mattítja, ses, onder leiding van hulle vader Jedútun wat op die siter besield gespeel het by die loof en prys van die HERE;
Hulle almal was onder leiding van hulle vader by die gesang in die huis van die HERE, met simbale, harpe en siters, vir die diens in die huis van God volgens aanwysing van die koning: Asaf en Jedútun en Heman.
En hulle getal saam met hulle broers wat geoefend was in die gesang tot eer van die HERE, almal meesters, was twee honderd agt en tagtig.
Hierdie afdelings van die poortwagters, die gesinshoofde, het die wag gehad net soos hulle broers, om te dien in die huis van die HERE.
van die Hebroniete het Hasábja en sy broers, dapper manne, duisend sewe honderd, die opsig gehad oor Israel, duskant die Jordaan na die weste toe, vir enige werk van die HERE en vir die diens van die koning.
Maar Dawid het die getal van die wat twintig jaar oud was en daaronder, nie laat opneem nie; want die HERE het gesê dat Hy Israel sou vermeerder soos die sterre aan die hemel.
En koning Dawid het hom opgerig in staande houding en gesê: Luister na my, my broers en my volk! Ek self het my voorgeneem om 'n huis van rus vir die verbondsark van die HERE te bou en vir die voetbank van onse God, en ek het toebereidsels getref vir die bou.
Maar die HERE, die God van Israel, het my verkies uit my hele familie om vir altyd koning oor Israel te wees; want Hy het Juda as vors verkies, en in die huis van Juda my familie; en onder die seuns van my vader het Hy in my behae gehad om my koning te maak oor die hele Israel.
En uit al my seuns--want die HERE het my baie seuns gegee--het Hy my seun Salomo verkies om te sit op die troon van die koningskap van die HERE oor Israel.
Nou dan, voor die oë van die hele Israel, die vergadering van die HERE, en voor die ore van onse God: Onderhou en soek al die gebooie van die HERE julle God, sodat julle hierdie goeie land kan besit en julle kinders ná julle tot in ewigheid kan laat erwe.
En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met 'n volkome hart en met 'n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes. As jy Hom soek, sal Hy Hom deur jou laat vind; maar as jy Hom verlaat, sal Hy jou vir altyd verstoot.
en 'n voorbeeld van alles wat by hom in die gees was: van die voorhowe van die huis van die HERE en van al die kamers rondom en die skatkamers van die huis van God en die skatkamers van die heilige gawes;
en van die afdelings van die priesters en die Leviete, en van al die dienswerk in die huis van die HERE en al die gereedskappe vir die diens in die huis van die HERE;
en vir die reukaltaar gelouterde goud volgens gewig; en goud vir die voorbeeld van die wa, die gérubs, wat hul vlerke moet uitsprei en die verbondsark van die HERE moet beskut.
Dit alles--al die werke van die voorbeeld--het Hy my geleer volgens 'n beskrywing uit die hand van die HERE wat oor my was.
En Dawid het aan sy seun Salomo gesê: Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die HERE God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, totdat jy al die dienswerk aan die huis van die HERE voltooi het.
Verder het koning Dawid aan die hele vergadering gesê: My seun Salomo, die een wat God verkies het, is jonk en teer, en die werk is groot, want nie vir 'n mens is die paleis nie, maar vir die HERE God.
goud vir die goue en silwer vir die silwervoorwerpe en vir al die werk van kunstenaarshand. Wie bied hom dan vandag gewillig aan om sy hand te vul vir 'n offer aan die HERE?
En by wie edelgesteentes gevind is, hulle het dit gegee vir die skat van die huis van die HERE onder toesig van Jéhiël, die Gersoniet.
En die volk was bly oor hulle gewilligheid, want met 'n volkome hart het hulle vrywillig aan die HERE gegee, en ook koning Dawid was baie bly.
En Dawid het die HERE geloof voor die oë van die hele vergadering, en Dawid het gesê: U sy geloofd, HERE, God van ons vader Israel van ewigheid tot ewigheid.
Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.
HERE onse God, hierdie ganse rykdom wat ons berei het om vir U, vir u heilige Naam, 'n huis te bou--dit kom uit u hand en dit behoort alles aan U.
HERE, God van Abraham, Isak en Israel, ons vaders, bewaar dit vir ewig, so 'n gesindheid in die gedagtes van die hart van u volk, en rig hulle hart tot U;
Daarna het Dawid aan die hele vergadering gesê: Loof nou die HERE julle God. Toe het die hele vergadering die HERE, die God van hulle vaders, geloof; en hulle het gebuig en voor die HERE en voor die koning neergeval.
En hulle het daardie volgende dag slagoffers aan die HERE geoffer en brandoffers aan die HERE gebring: duisend bulle, duisend ramme, duisend lammers, met die drankoffers daarvan, en slagoffers in menigte vir die hele Israel.
En hulle het dié dag geëet en gedrink voor die aangesig van die HERE met groot blydskap, en Salomo, die seun van Dawid, vir die tweede maal koning gemaak en as vors gesalf vir die HERE en Sadok as priester gesalf.
So het Salomo dan op die troon van die HERE gaan sit as koning in die plek van sy vader Dawid, en hy was voorspoedig; en die hele Israel was hom gehoorsaam.
En die HERE het Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Israel, en Hy het 'n koninklike majesteit op hom gelê wat op geen enkele koning oor Israel voor hom gewees het nie.
En Salomo, die seun van Dawid, het hom versterk in sy koningskap; en die HERE sy God was met hom en het hom uitermate groot gemaak.
en hulle het gegaan, Salomo en die hele vergadering saam met hom, na die hoogte wat by Gíbeon is; want daar was die tent van samekoms van God wat Moses, die kneg van die HERE, in die woestyn gemaak het.
Ook die koperaltaar wat Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, gemaak het, was daar voor die tabernakel van die HERE; en Salomo en die vergadering het dit besoek.
En Salomo het daar op die koperaltaar wat by die tent van samekoms behoort het, voor die aangesig van die HERE geoffer en daarop duisend brandoffers gebring.
HERE God, laat u woord aan my vader Dawid nou bewaarheid word; want U het my koning gemaak oor 'n volk talryk soos die stof van die aarde.
Kyk, ek gaan 'n huis bou vir die Naam van die HERE my God, om dit aan Hom te heilig--om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die toonbrode gedurig reg te sit en die brandoffers smôrens en saans te bring op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van die HERE onse God--'n ewige verpligting op Israel.
En Huram, die koning van Tirus, het in 'n brief gesê wat hy aan Salomo gestuur het: Omdat die HERE sy volk liefhet, het Hy u as koning oor hulle aangestel.
Verder het Huram gesê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het, wat aan koning Dawid 'n wyse seun gegee het, begaafd met insig en verstand, om 'n huis vir die HERE en 'n huis vir sy koninkryk te bou.
En Salomo het die huis van die HERE begin bou in Jerusalem op die berg Moría waar Hy aan sy vader Dawid verskyn het, op die plek wat Dawid reggemaak het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
en die potte en die skoppe en die vurke en al die daarby behorende gereedskap het Huram Abiw vir koning Salomo ten behoewe van die huis van die HERE van gepolyste koper gemaak.
Toe al die werk gereed was wat Salomo vir die huis van die HERE gedoen het, het Salomo die heilige gawes van sy vader Dawid ingebring, die silwer sowel as die goud, en al die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van God neergesit.
En Salomo het die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, in Jerusalem bymekaar laat kom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid, dit is Sion, opwaarts te bring.
Verder het die priesters die verbondsark van die HERE na sy plek in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, gebring, onder die vlerke van die gérubs in.
Daar was niks in die ark nie as net die twee tafels wat Moses by Horeb ingesit het, toe die HERE 'n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipte.
en toe die trompetblasers en die sangers almal saam eenstemmig begin om die HERE te prys en te loof, en net toe hulle die stem verhef met die trompette en met die simbale en met die musiekinstrumente, en met: Loof die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! --is die huis, die huis van die HERE, vervul met 'n wolk.
En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van God vervul.
En hy sê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wie se hande volbring het wat sy mond tot my vader Dawid gespreek en gesê het:
Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om 'n huis te bou vir die Naam van die HERE, die God van Israel,
het die HERE aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir my Naam 'n huis te bou--daarin het jy goed gehandel dat dit in jou hart was.
En die HERE het sy woord vervul wat Hy gespreek het; sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die HERE gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die HERE, die God van Israel,
en die ark waarin die verbond van die HERE is, wat Hy met die kinders van Israel gesluit het, daar neergesit.
Toe het hy gaan staan voor die altaar van die HERE teenoor die hele vergadering van Israel en sy hande uitgebrei;
en gesê: HERE, God van Israel, daar is in die hemel of op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,
Hou nou ook, HERE, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat sal sit op die troon van Israel nie, as jou seuns net op hulle weg ag gee, deur te wandel in my wet soos jy voor my aangesig gewandel het.
Laat dan nou, HERE, God van Israel, u woord tog bewaarheid word wat U tot u kneg Dawid gespreek het.
Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking, HERE my God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg voor u aangesig bid;
Staan dan nou op na u rusplek, HERE God, U en die ark van u sterkte! Laat u priesters, HERE God, met heil bekleed wees, en laat u gunsgenote hulle verheug in die goeie.
En net toe Salomo sy gebed voleindig het, het die vuur uit die hemel neergedaal en die brandoffer en die slagoffers verteer, en die heerlikheid van die HERE het die huis vervul;
en die priesters kon nie in die huis van die HERE ingaan nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.
En toe al die kinders van Israel sien hoe die vuur en die heerlikheid van die HERE op die huis neerdaal, het hulle gekniel met die aangesig na die aarde toe, op die plaveisel, en aanbid en die HERE geprys dat Hy goed is, dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is.
terwyl die priesters op hulle poste gestaan het, ook die Leviete met die musiekinstrumente van die HERE, wat koning Dawid gemaak het, om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is, met die loflied van Dawid wat deur hulle voorgedra is. Intussen het die priesters teenoor hulle op die trompette geblaas, en die hele Israel het gestaan.
En Salomo het die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die HERE was; want daar het hy die brandoffers en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar wat Salomo gemaak het, die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke nie kon bevat nie.
En op die drie en twintigste dag van die sewende maand het hy die volk na hul tente laat gaan, verheug en vrolik van hart oor die goeie dinge wat die HERE aan Dawid en aan Salomo en aan sy volk Israel gedoen het.
En toe Salomo die huis van die HERE en die huis van die koning voltooi het, en alles wat in Salomo se hart gekom het om in die huis van die HERE en in sy huis te maak, voorspoedig uitgevoer het,
verskyn die HERE in die nag aan Salomo en sê vir hom: Ek het jou gebed gehoor en hierdie plek vir My as 'n offerhuis verkies.
So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die huis van die HERE gegrondves is tot sy voltooiing toe: die huis van die HERE was voltooi.
en die voedsel van sy tafel, en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere en sy dranke en hulle klere, en sy trap waarmee hy opklim na die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie.
Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op sy troon as koning vir die HERE u God te laat sit! Omdat u God Israel liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te doen.
En die koning het van die sandelhout trappe vir die huis van die HERE en vir die huis van die koning gemaak, en siters en harpe vir die sangers; en die gelyke daarvan is tevore in die land Juda nie gesien nie.
So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van God, sodat die HERE sy woord sou vervul wat Hy gespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.
So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis, want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woorde van die HERE en omgedraai sonder om teen Jeróbeam op te trek.
Want die Leviete het hulle weiveld en hulle besitting verlaat en na Juda en Jerusalem getrek; want Jeróbeam en sy seuns het hulle verwerp, sodat hulle geen priesters van die HERE meer kon wees nie.
En agter hulle aan het uit al die stamme van Israel die wat hulle hart daarop gerig het om die HERE, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom om aan die HERE, die God van hulle vaders, te offer;
En toe Rehábeam die koningskap bevestig het en hy sterk was, het hy die wet van die HERE verlaat, en die hele Israel saam met hom.
Toe het Sisak, die koning van Egipte, in die vyfde jaar van koning Rehábeam, teen Jerusalem opgetrek--omdat hulle ontrou teenoor die HERE gehandel het--
Daarop kom die profeet Semája na Rehábeam en die owerstes van Juda wat vanweë Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en sê vir hulle: So spreek die HERE: Júlle het My verlaat; daarom gee Ék julle ook oor in die hand van Sisak.
En toe die HERE sien dat hulle hul verootmoedig, kom die woord van die HERE tot Semája en sê: Hulle het hul verootmoedig: Ek sal hulle nie vernietig nie, maar hulle binnekort uitkoms skenk, en my grimmigheid sal nie deur middel van Sisak oor Jerusalem uitgestort word nie.
En Sisak, die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weggeneem; hy het alles weggeneem; hy het ook die goue skilde wat Salomo gemaak het, weggeneem.
So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, kom die hardlopers en dra dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.
Maar weens sy verootmoediging het die toorn van die HERE van hom gewyk, sodat Hy hom nie geheel en al vernietig het nie; ook was daar in Juda nog goeie dinge.
En koning Rehábeam het hom versterk in Jerusalem en geregeer; want Rehábeam was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het, en het sewentien jaar geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE uit al die stamme van Israel verkies het om sy Naam daar te vestig; en die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
Behoort julle nie te weet dat die HERE, die God van Israel, die koningskap oor Israel aan Dawid vir ewig gegee het, aan hom en sy seuns as 'n soutverbond nie?
En nou dink julle om teëstand te bied aan die koningskap van die HERE in die hand van die seuns van Dawid, omdat julle 'n groot menigte is en daar goue kalwers by julle is wat Jeróbeam vir julle as gode gemaak het.
Het julle nie die priesters van die HERE, die seuns van Aäron, en die Leviete verdrywe en vir julle priesters gemaak soos die volke van die lande nie? Elkeen wat kom met 'n jong bul en sewe ramme om hom te laat aanstel, dié het priester geword van die wat geen gode is nie.
Maar ons--die HERE is onse God, en ons het Hom nie verlaat nie; en as priesters dien die seuns van Aäron die HERE, en die Leviete is in die dienswerk.
En hulle steek brandoffers vir die HERE aan die brand, elke môre en elke aand, en reukwerk van speserye, en hulle sorg vir die toonbrode op die rein tafel en vir die goue kandelaar met sy lampe, om dit elke aand op te steek; want ons onderhou die ordening van die HERE onse God, maar júlle het Hom verlaat.
En kyk, by ons is God aan die hoof en sy priesters met die alarmtrompette om teen julle alarm te blaas. Kinders van Israel, voer tog nie oorlog teen die HERE, die God van julle vaders nie, want julle sal nie voorspoedig wees nie.
En toe Juda omdraai, was die geveg meteens voor en agter hulle; en hulle het die HERE aangeroep, terwyl die priesters op die trompette blaas.
En die kinders van Israel is in dié tyd verneder, maar die kinders van Juda het sterk geword, omdat hulle op die HERE, die God van hulle vaders, gesteun het.
En Jeróbeam het geen krag meer behou in die dae van Abía nie, en die HERE het hom swaar getref, sodat hy gesterf het.
Verder het hy versterkte stede gebou in Juda, want die land was rustig; en daar was geen oorlog teen hom in daardie jare nie, omdat die HERE hom rus verskaf het.
Daarom het hy aan Juda gesê: Laat ons hierdie stede opbou en met 'n muur omring en met torings, poorte en grendels, terwyl die land nog vry voor ons lê; want ons het die HERE onse God gesoek--ons het gesoek, en Hy het ons rus verskaf rondom. Hulle het toe gebou en was voorspoedig.
En Asa het die HERE sy God aangeroep en gesê: HERE, niemand kan help soos U tussen die magtige en die kragtelose nie; help ons, HERE onse God, want op U steun ons, en in u Naam het ons teen hierdie menigte gekom; HERE, U is onse God; laat geen sterfling naas U magtig wees nie.
En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle agtervolg tot by Gerar; en van die Kusiete het soveel geval, dat daar vir hulle geen herstel moontlik was nie; want hulle was gebreek voor die aangesig van die HERE en voor sy leër. En hulle het 'n baie groot buit geneem;
en al die stede rondom Gerar oorweldig; want die skrik vir die HERE was op hulle. En hulle het al die stede geplunder, want daar was 'n groot buit in.
en hy het uitgegaan om Asa te ontmoet en vir hom gesê: Luister na my, Asa en die hele Juda en Benjamin! Die HERE is met julle as julle met Hom is, en as julle Hom soek, sal Hy Hom deur julle laat vind; maar as julle Hom verlaat, sal Hy julle verlaat.
Maar as hulle in die nood hul tot die HERE, die God van Israel, bekeer het en Hom gesoek het, het Hy Hom deur hulle laat vind.
En toe Asa hierdie woorde en die profesie hoor wat Asárja, die seun van Oded, gespreek het, het hy moed geskep en die verfoeisels verwyder uit die hele land Juda en Benjamin en uit die stede wat hy op die gebergte van Efraim ingeneem het; en die altaar van die HERE wat voor die voorportaal van die HERE was, het hy herstel.
Daarop vergader hy die hele Juda en Benjamin, ook die vreemdelinge wat uit Efraim en Manasse en uit Símeon by hulle was; want uit Israel het hulle in menigte na hom oorgeloop toe hulle sien dat die HERE sy God met hom was.
en dieselfde dag aan die HERE geoffer van die buit wat hulle ingebring het, sewe honderd beeste en sewe duisend stuks kleinvee.
En hulle het die verbond aangegaan om die HERE, die God van hulle vaders, met hul hele hart en met hul hele siel te soek.
En elkeen wat die HERE, die God van Israel, nie soek nie, sou gedood word, klein en groot, manne sowel as vroue.
En die hele Juda was verheug oor die eed, want hulle het met hul hele hart gesweer en met hul hele wil Hom gesoek; en Hy het Hom deur hulle laat vind, en die HERE het hulle rus verskaf rondom.
Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die HERE en van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê:
En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.
Was die Kusiete en die Libiërs nie 'n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het;
want die HERE--sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.
En in die nege en dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die HERE nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.
En die HERE was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,
Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.
En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.
En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.
En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.
en naas hom was Amásia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde;
En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om die HERE deur hom te raadpleeg; maar ék haat hom, want hy profeteer oor my niks goeds nie, maar altyd onheil; dit is Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
het Sedekía, die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
En so het al die profete geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?
Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter-- en sy linkerhand staan.
En die HERE het gesê: Wie sal Agab, die koning van Israel, oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van hierdie profete van u gegee, terwyl die HERE tog onheil oor u gespreek het.
Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Langs watter weg het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?
Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
En sodra die owerstes van die waens Jósafat sien, sê hulle: Dit is die koning van Israel! En hulle het hom omsingel om te veg; maar Jósafat het geskreeu, en die HERE het hom gehelp, en God het hulle van hom af weggelok.
het die siener Jehu, die seun van Hanáni, uitgegaan hom tegemoet, en aan koning Jósafat gesê: Moet 'n mens die goddelose help, en het u lief die wat die HERE haat? Daarom kom daar nou 'n toorn op u van die HERE.
En Jósafat het in Jerusalem gewoon, en hy het weer uitgegaan onder die volk, van Berséba af tot by die gebergte van Efraim, en hulle laat terugkeer tot die HERE, die God van hulle vaders.
En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die HERE; en Hy is by julle in die regspraak.
Mag die skrik vir die HERE dan nou op julle wees; handel nougeset, want by die HERE onse God is geen onreg of partydigheid of aanneming van geskenke nie.
En ook in Jerusalem het Jósafat sommige van die Leviete en van die priesters en van die familiehoofde uit Israel aangestel vir die gereg van die HERE en vir regsake. En hulle het in Jerusalem teruggekom.
En hy het hulle bevel gegee en gesê: So moet julle handel in die vrees van die HERE, met getrouheid en met 'n volkome hart.
En by al die regsake wat voor julle kom vanweë julle broers wat in hulle stede woon, oor moord, oor wette en gebooie en insettinge en verordeninge, moet julle hulle waarsku, sodat hulle hul nie skuldig maak teen die HERE en 'n toorn oor julle en oor julle broers kom nie; so moet julle handel, dat julle jul nie skuldig maak nie.
En kyk, Amárja, die hoofpriester, is oor julle vir enige saak van die HERE, en Sebádja, die seun van Ismael, die bevelhebber van die huis van Juda, vir enige saak van die koning, en as opsigters staan die Leviete tot julle beskikking; julle moet sterk wees en dit doen. En mag die HERE met die goeies wees!
het Jósafat bevrees geword en sy aangesig daarop gerig om die HERE te soek, en hy het oor die hele Juda 'n vasdag uitgeroep.
En Juda het byeengekom om van die HERE hulp te soek; selfs uit al die stede van Juda het hulle gekom om die HERE te soek.
Toe gaan Jósafat in die vergadering van Juda en Jerusalem staan, in die huis van die HERE, voor die nuwe voorhof;
en hy sê: HERE, God van ons vaders, is U nie God in die hemel nie, en is U nie Heerser oor al die koninkryke van die nasies nie? Ja, in u hand is krag en sterkte, sodat niemand teen U kan standhou nie.
Toe kom die Gees van die HERE in die midde van die vergadering op Jahásiël, die seun van Sagaría, die seun van Benája, die seun van Jeï-el, die seun van Mattánja, die Leviet uit die kinders van Asaf;
en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God.
Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die HERE by julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die HERE sal met julle wees.
Toe buig Jósafat hom met die aangesig na die aarde toe, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die HERE neergeval om die HERE te aanbid.
En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Koragiete het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met 'n baie groot stem te prys.
Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.
En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!
En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE 'n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.
En op die vierde dag het hulle in die Lofdal byeengekom, want daar het hulle die HERE geloof; daarom het hulle dié plek Lofdal genoem tot vandag toe.
Toe draai al die manne van Juda en Jerusalem om, met Jósafat aan hulle hoof, om met vreugde na Jerusalem terug te gaan; want die HERE het aan hulle vreugde verskaf oor hul vyande.
En die skrik vir God was op al die koninkryke van die lande toe hulle hoor dat die HERE teen die vyande van Israel gestry het.
En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van die HERE.
Maar Eliëser, die seun van Dódawa, uit Marésa, het teen Jósafat geprofeteer en gesê: Omdat u 'n bondgenootskap met Ahásia aangegaan het, verbreek die HERE u werk. En die skepe het skipbreuk gely, sodat hulle nie in staat was om na Tarsis te vaar nie.
En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel soos die huis van Agab gedoen het, want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
Maar die HERE wou die huis van Dawid nie vernietig nie ter wille van die verbond wat Hy met Dawid gesluit het, en volgens sy belofte om vir hom en sy seuns altyd 'n lamp te gee.
So het die Edomiete dan van Juda afvallig geword, tot vandag toe; in dieselfde tyd het Libna afvallig geword onder sy mag uit, want hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat.
Toe kom daar 'n brief van die profeet Elía by hom aan om te sê: So spreek die HERE, die God van u vader Dawid: Omdat u in die weë van u vader Jósafat en in die weë van Asa, die koning van Juda, nie gewandel het nie,
kyk, die HERE sal 'n groot plaag stuur onder u volk en onder u seuns en onder u vroue en onder al u goed,
Toe verwek die HERE teen Joram die gees van die Filistyne en van die Arabiere wat langsaan die Kusiete is--
En ná dit alles het die HERE hom in sy ingewande aangetas met 'n siekte waar geen genesing voor was nie.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE soos die huis van Agab, want húlle was sy raadgewers ná die dood van sy vader, hom tot 'n verderf.
Maar die ondergang van Ahásia was van God, dat hy na Joram moes kom; en daar aangekom, het hy saam met Joram uitgetrek teen Jehu, die seun van Nimsi, wat die HERE gesalf het om die huis van Agab uit te roei.
Daarna het hy Ahásia gesoek, en hulle het hom gevang terwyl hy in Samaría wegkruip en hom na Jehu gebring; en hulle het hom gedood en hom begrawe, want hulle het gesê: Hy is die seun van Jósafat, wat die HERE met sy hele hart gesoek het. En daar was niemand in die huis van Ahásia wat in staat was om te regeer nie.
En die hele vergadering het in die huis van God met die koning 'n verbond gesluit. Toe sê hy vir hulle: Kyk, die seun van die koning moet koning wees soos die HERE oor die seuns van Dawid gespreek het.
en 'n derde deel by die huis van die koning, en 'n derde deel by die Fondamentpoort, en die hele volk in die voorhowe van die huis van die HERE.
Maar niemand mag in die huis van die HERE ingaan nie, behalwe die priesters en diensdoende Leviete; húlle mag ingaan, want hulle is heilig; maar die hele volk moet die verordening van die HERE hou.
En toe Atália die stem van die mense hoor wat toestroom en die koning toejuig, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom;
Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, uitgebring en aan hulle gesê: Neem haar weg tussen die rye deur; en die wat agter haar aankom, moet met die swaard gedood word; want die priester het gesê: Julle mag haar nie in die huis van die HERE doodmaak nie.
En Jójada het 'n verbond gesluit tussen homself en die hele volk en die koning, dat hulle 'n volk van die HERE sou wees.
Verder het Jójada wagte aangestel in die huis van die HERE onder leiding van die Levitiese priesters wat Dawid ingedeel het vir die huis van die HERE om die brandoffers van die HERE te bring, soos geskrywe is in die wet van Moses, met blydskap en gesang volgens die instelling van Dawid.
En hy het die poortwagters aangestel by die poorte van die huis van die HERE, sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie.
En hy het die owerstes oor honderd geneem en die vername manne en die wat oor die volk geheers het, en die hele volk van die land, en hy het die koning uit die huis van die HERE afgebring; en hulle het deur die Boonste Poort in die huis van die koning gekom en die koning op die koningstroon laat sit.
Toe roep die koning die hoofpriester Jójada en sê vir hom: Waarom het jy nie gesorg dat die Leviete uit Juda en uit Jerusalem die belasting van Moses, die kneg van die HERE, en van die vergadering van Israel vir die tent van die Getuienis inbring nie?
Want die goddelose Atália--haar seuns het in die huis van God ingebreek en selfs al die heilige gawes van die huis van die HERE vir die Baäls gebruik.
Op bevel van die koning maak hulle toe 'n kis en sit dit buitekant by die poort van die huis van die HERE neer.
En hulle het uitgeroep in Juda en in Jerusalem om aan die HERE die belasting wat Moses, die kneg van God, op Israel in die woestyn gelê het, te bring.
En die koning en Jójada het dit aan die uitvoerders van die werk aan die huis van die HERE gegee, en dié het klipkappers en skrynwerkers gehuur om die huis van die HERE te herstel, en ook yster-- en kopersmede om die huis van die HERE te verbeter.
En toe hulle klaar was, het hulle die orige geld voor die koning en Jójada gebring, en hy het daarvan gereedskap laat maak vir die huis van die HERE, diens-- en offergereedskap en rookpanne en goue en silwervoorwerpe; en hulle was gedurigdeur besig om brandoffers te bring in die huis van die HERE al die dae van Jójada.
en hulle het die huis van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat en het die heilige boomstamme en die afgode gedien. Toe kom daar 'n toorn oor Juda en Jerusalem weens hierdie skuld van hulle.
En Hy het profete onder hulle gestuur om hulle na die HERE terug te bring; en dié het hulle gewaarsku, maar hulle het nie gehoor gegee nie.
Toe het die Gees van God Sagaría, die seun van die priester Jójada, vervul, en dié het voor die volk gaan staan en aan hulle gesê: So spreek God: Waarom oortree julle die gebooie van die HERE en wil julle nie voorspoedig wees nie? Omdat julle die HERE verlaat het, het Hy julle verlaat.
Daarop smee hulle 'n sameswering teen hom en stenig hom op bevel van die koning in die voorhof van die huis van die HERE.
En koning Joas het nie gedink aan die guns wat sy vader Jójada aan hom bewys het nie en het sy seun vermoor. Maar toe dié sterwe, het hy gesê: Mag die HERE dit sien en rekenskap vorder!
Alhoewel die leër van Aram met 'n geringe aantal manne gekom het, het die HERE tog 'n baie groot leër in hulle hand gegee, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het. En hulle het strafgerigte geoefen teen Joas.
hulle kinders ewenwel het hy nie gedood nie, maar gedoen soos geskrywe is in die wet, in die boek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders moet nie vir die kinders sterwe, en die kinders moet nie vir die vaders sterwe nie; maar hulle moet elkeen vir sy eie sonde sterwe.
Toe kom daar 'n man van God na hom en sê: o Koning, laat die kommando van Israel nie saam met u gaan nie, want die HERE is nie met Israel, met al die kinders van Efraim nie.
Maar Amásia sê aan die man van God: En wat moet met die honderd talente gemaak word wat ek aan die troepe van Israel gegee het? En die man van God antwoord: Die HERE kan u baie meer gee as dit.
Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Amásia, en Hy stuur 'n profeet na hom, en dié het vir hom gesê: Waarom soek u die gode van die volk wat hulle eie volk nie uit u hand gered het nie?
En van die tyd af dat Amásia van die HERE afvallig geword het, het hulle 'n sameswering teen hom gesmee in Jerusalem, sodat hy na Lagis gevlug het; maar hulle het agter hom aangestuur na Lagis en hom daar gedood.
En hy het God gedurig gesoek in die dae van Sagaría, wat onderrig gegee het in die vrees van God. En in die dae dat hy die HERE gesoek het, het God hom voorspoedig gemaak.
Maar toe hy sterk geword het, was sy hart hoogmoedig, sodat hy baie verkeerd gedoen en ontrou gehandel het teen die HERE sy God; want hy het in die tempel van die HERE gegaan om offerrook te laat opgaan op die reukaltaar.
Maar die priester Asárja het hom gevolg en tagtig priesters van die HERE, flukse manne, saam met hom,
en teen koning Ussía opgetree en aan hom gesê: Dit kom u nie toe, Ussía, om vir die HERE offerrook te laat opgaan nie, maar aan die priesters, seuns van Aäron, wat geheilig is om te offer. Gaan uit die heiligdom uit, want u het ontrou gehandel, en dit sal u van die kant van die HERE God nie tot eer strek nie.
Maar Ussía het woedend geword; en terwyl hy, met die wierookpan in sy hand, woedend was op die priesters, slaan die melaatsheid op sy voorhoof uit voor die oë van die priesters, in die huis van die HERE langs die reukaltaar.
Toe Asárja, die hoofpriester, en al die priesters na hom kyk en sien dat hy melaats was aan sy voorhoof, het hulle hom gou daarvandaan weggedrywe, en hy het ook self gou gemaak om weg te kom, want die HERE het hom aangetas.
En koning Ussía was melaats tot die dag van sy dood toe, en hy het in 'n afgesonderde huis as melaatse gewoon, want hy was van die huis van die HERE uitgesluit; en sy seun Jotam, wat oor die paleis van die koning was, het die volk van die land geregeer.
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Ussía gedoen het; alleenlik het hy nie in die tempel van die HERE ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.
Hy het die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou, en aan die muur van die Heuwel het hy baie gebou.
Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE soos sy vader Dawid nie.
Hy het self ook offerrook in die dal van die seun van Hinnom laat opgaan en sy seuns met vuur verbrand, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.
Daarom het die HERE sy God hom oorgegee in die hand van die koning van Aram, en hulle het hom verslaan en 'n groot menigte gevangenes van hom weggevoer en na Damaskus gebring. En hy is ook oorgegee in die hand van die koning van Israel, en dié het hom verslaan, 'n groot slag.
Peka, die seun van Remália, het naamlik in Juda op een dag honderd en twintig duisend gedood, almal dapper manne, omdat hulle die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het.
En daar was 'n profeet van die HERE met die naam van Oded; en hy het uitgegaan om die leër te ontmoet wat aan kom was na Samaría, en aan hulle gesê: Kyk, deur die grimmigheid van die HERE, die God van julle vaders, oor Juda het Hy hulle in julle hand oorgegee, sodat julle onder hulle gemoor het met 'n woede wat tot aan die hemel raak.
En nou dink julle om die kinders van Juda en Jerusalem aan julle as slawe en slavinne onderdanig te maak. Wat julle betref, is daar nie by julle net skulde teenoor die HERE julle God nie?
Luister dan nou na my en laat die gevangenes wat julle van jul broers weggevoer het, teruggaan; want die toorngloed van die HERE is op julle!
en aan hulle gesê: Julle mag die gevangenes nie hierheen bring nie; want julle dink om by ons sondes en by ons skuld nog by te voeg, sodat ons skuldig sou staan voor die HERE; want ons skuld is groot, en die toorngloed is oor Israel.
want die HERE het Juda verneder ter wille van Agas, die koning van Israel, omdat hy losbandigheid in Juda bevorder en gedurig ontrou teen die HERE gehandel het.
want Agas het die huis van die HERE en die huis van die koning en van die owerstes geplunder, en dit aan die koning van Assirië gegee sonder dat dit hom tot hulp was.
Selfs in die tyd toe hulle hom in benoudheid gebring het, het hy nog meer ontrou teen die HERE begaan, dieselfde koning Agas:
En Agas het die gereedskap van die huis van God byeengebring en die gereedskap van die huis van God stukkend geslaan en die deure van die huis van die HERE toegesluit en vir hom altare gemaak op elke hoek in Jerusalem.
Ook het hy in elke stad van Juda hoogtes opgerig om vir ander gode offerrook te laat opgaan en die HERE, die God van sy vaders, geterg.
Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die HERE oopgemaak en dit herstel,
en vir hulle gesê: Luister na my, Leviete! Heilig julle nou, en heilig die huis van die HERE, die God van julle vaders, en bring die onreinheid uit die heiligdom uit;
want ons vaders het ontrou gehandel en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE onse God, en hulle het Hom verlaat en hulle aangesig van die tabernakel van die HERE afgewend en dit die rug toegekeer.
Daarom het 'n toorn van die HERE oor Juda en Jerusalem gekom, en Hy het hulle 'n skrikbeeld, 'n voorwerp van verbasing en van bespotting gemaak, soos julle met jul eie oë sien.
Nou is dit in my hart om 'n verbond te sluit met die HERE, die God van Israel, dat sy toorngloed van ons afgewend kan word.
My seuns, wees nou nie nalatig nie, want die HERE het julle verkies om voor sy aangesig te staan, om Hom te dien en sy dienaars te wees en offerrook te laat opgaan.
En hulle het hul broers versamel en hulle geheilig en ingekom om volgens die bevel van die koning, ooreenkomstig die woorde van die HERE, die huis van die HERE te reinig.
En die priesters het binne-in die huis van die HERE ingegaan om dit te reinig en al die onreinheid wat hulle in die tempel van die HERE gevind het, uitgebring in die voorhof van die huis van die HERE, en die Leviete het dit in ontvangs geneem om dit uit te bring na buite, na die spruit Kidron.
En hulle het begin om te heilig op die eerste van die eerste maand en op die agtste dag van die maand by die voorportaal van die HERE gekom en die huis van die HERE binne agt dae geheilig; en op die sestiende dag van die eerste maand was hulle gereed.
Toe kom hulle by koning Hiskía in en sê: Ons het die hele huis van die HERE gereinig--die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die tafel vir die toonbrode met al sy gereedskap;
ook al die gereedskap wat koning Agas tydens sy regering deur sy ontrou ontheilig het, het ons weer reggesit en geheilig, en kyk, daar is dit voor die altaar van die HERE.
Daarop maak koning Jehiskía hom vroeg klaar en laat die owerstes van die stad bymekaarkom, en hy het opgegaan na die huis van die HERE.
En hulle het sewe bulle en sewe ramme en sewe lammers en sewe bokke as 'n sondoffer vir die koningskap en vir die heiligdom en vir Juda gebring; en hy het aan die seuns van Aäron, die priesters, gesê om dit op die altaar van die HERE te offer.
En hy het die Leviete opgestel by die huis van die HERE met simbale, met harpe en siters volgens die gebod van Dawid en van Gad, die siener van die koning, en van die profeet Natan; want die HERE het dit so beveel deur die diens van sy profete.
En Hiskía het bevel gegee om die brandoffer op die altaar te offer; en net toe die brandoffer begin, het ook die gesang tot eer van die HERE en die trompette begin, en dit onder begeleiding van die instrumente van Dawid, die koning van Israel.
Daarop gee koning Jehiskía en die owerstes aan die Leviete bevel om die HERE te prys met die woorde van Dawid en van Asaf, die siener; en hulle het met blydskap die lofsang aangehef en gebuig en aanbid.
En Jehiskía het begin sê: Nou het julle jul aan die HERE gewy; kom aan en bring die slagoffers en die lofoffers na die huis van die HERE. Die vergadering het toe slagoffers en lofoffers gebring, en elkeen wat gewillig van hart was, brandoffers.
En die getal van die brandoffers wat die vergadering gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme, twee honderd lammers; dit alles as 'n brandoffer aan die HERE.
En die HERE was met Josef, sodat hy 'n voorspoedige man was; en hy het in die huis van sy heer, die Egiptenaar, gebly.
En toe sy heer sien dat die HERE met hom was, en dat die HERE alles wat hy doen, in sy hand voorspoedig maak,
En vandat hy hom aangestel het oor sy huis en oor alles wat in sy besit was, het die HERE die huis van die Egiptenaar geseën ter wille van Josef; ja, die seën van die HERE was by alles wat syne was, in die huis en op die veld.
Maar die HERE was met Josef, en Hy het goedertierenheid aan hom bewys en hom guns verleen in die oë van die owerste van die gevangenis.
Die owerste van die gevangenis het glad nie na iets omgekyk wat aan hom toevertrou was nie, omdat die HERE met hom was; en wat hy doen, het die HERE voorspoedig laat wees.
Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in 'n vuurvlam uit 'n doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!
Toe die HERE sien dat hy nuuskierig nader kom, roep God na hom uit die doringbos en sê: Moses, Moses! En hy antwoord: Hier is ek.
En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.
Toe sê God verder vir Moses: Dit moet jy aan die kinders van Israel meedeel: Die HERE, die God van julle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, het my na julle gestuur. Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag.
Gaan heen en versamel die oudstes van Israel en sê vir hulle: Die HERE, die God van julle vaders, het aan my verskyn, die God van Abraham, Isak en Jakob, en het gesê: Ek het terdeë ag gegee op julle en op wat julle in Egipte aangedoen is.
En hulle sal na jou luister. Dan moet jy met die oudstes van Israel na die koning van Egipte gaan, en julle moet vir hom sê: Die HERE, die God van die Hebreërs, het ons ontmoet; laat ons dan nou tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE, onse God, offer.
Toe antwoord Moses en sê: Maar as hulle my nie glo en na my stem nie luister nie, maar sê: Die HERE het nie aan jou verskyn nie?
Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit en gryp dit aan die stert. Hierop het hy sy hand uitgesteek en dit gegryp, en dit het 'n staf in sy hand geword--
sodat hulle kan glo dat die HERE, die God van hulle vaders, die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob, aan jou verskyn het.
En die HERE het verder vir hom gesê: Steek tog jou hand in jou boesem. En hy het sy hand in sy boesem gesteek; en toe hy dit uittrek, was sy hand melaats, soos sneeu!
Toe sê Moses aan die HERE: Ag, Here, ek is nie 'n man van woorde nie--van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong.
En die HERE antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak, of wie maak stom of doof, of siende of blind? Is dit nie Ek, die HERE, nie?
Toe ontvlam die toorn van die HERE teen Moses, en Hy sê: Is jou broer Aäron, die Leviet, nie daar nie? Ek weet dat hy goed kan praat. En hy gaan ook al uit om jou te ontmoet, en as hy jou sien, sal hy bly wees in sy hart.
Ook het die HERE vir Moses in Mídian gesê: Gaan heen, keer terug na Egipte; want al die manne wat jou lewe gesoek het, is dood.
En die HERE sê vir Moses: Nou dat jy wegtrek om na Egipte terug te gaan, kyk dat jy al die wonders voor Farao doen wat Ek in jou mag gestel het. Maar Ék sal sy hart verhard, sodat hy die volk nie sal laat trek nie.
Die HERE het ook aan Aäron gesê: Loop Moses tegemoet in die woestyn. En hy het geloop en hom by die berg van God aangetref en hom gesoen.
Daarop vertel Moses aan Aäron al die woorde van die HERE waarmee Hy hom gestuur het, en al die tekens wat Hy hom beveel het.
en Aäron het al die woorde gespreek wat die HERE aan Moses gesê het, en die tekens gedoen voor die oë van die volk.
En die volk het geglo. En toe hulle hoor dat die HERE op die kinders van Israel ag gegee en hulle ellende aangesien het, het hulle in aanbidding neergebuig.
En daarna gaan Moses en Aäron en sê vir Farao: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat my volk trek, dat hulle vir My 'n fees kan hou in die woestyn.
Maar Farao antwoord: Wie is die HERE na wie se stem ek moet luister om Israel te laat trek? Ek ken die HERE nie, en ek sal Israel ook nie laat trek nie.
Toe sê hulle: Die God van die Hebreërs het ons ontmoet; laat ons tog drie dagreise ver die woestyn intrek en aan die HERE onse God offer, sodat Hy ons nie tref met die pes of die swaard nie.
Maar hy het geantwoord: Lui is julle, lui! Daarom sê julle: Laat ons gaan, laat ons aan die HERE offer.
en het vir hulle gesê: Mag die HERE op julle let en oordeel, omdat julle ons gehaat gemaak het in die oë van Farao en in die oë van sy dienaars, sodat julle 'n swaard in hulle hand gegee het om ons om te bring.
Toe gaan Moses weer na die HERE en sê: Here, waarom het U hierdie volk kwaad aangedoen? Waarom het U my tog gestuur?
Daarop het die HERE Moses geantwoord: Nou sal jy sien wat Ek Farao sal aandoen. Want deur 'n sterke hand sal hy hulle laat trek, ja, deur 'n sterke hand gedwing, sal hy hulle uit sy land uitdrywe.
En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, maar met my Naam HERE het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur 'n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;
en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle 'n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.
En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as 'n besitting gee, Ek, die HERE.
Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel na my nie geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?
Daarop het die HERE met Moses en Aäron gespreek en hulle met 'n boodskap gestuur na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.
Dit is Aäron en Moses aan wie die HERE gesê het: Lei die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërskare.
het die HERE Moses aangespreek met die woorde: Ek is die HERE. Sê aan Farao, die koning van Egipte, alles wat Ek met jou spreek.
Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: Ek is onbesnede van lippe! Hoe sal Farao dan na my luister?
En die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as 'n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees.
Dan sal die Egiptenaars weet dat Ek die HERE is, as Ek my hand oor Egipte uitstrek en die kinders van Israel tussen hulle uitlei.
Toe het Moses en Aäron na Farao gegaan en gedoen net soos die HERE hulle beveel het: Aäron het sy staf voor Farao en voor sy dienaars neergegooi, en dit het 'n slang geword.
en sê vir hom: Die HERE, die God van die Hebreërs, het my na u gestuur met die boodskap: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien in die woestyn. Maar kyk, u het tot nou toe nie geluister nie.
So spreek die HERE: Hieraan sal jy weet dat Ek die HERE is. Kyk, ek sal met die staf wat in my hand is, op die water slaan wat in die Nyl is, en dit sal in bloed verander word.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout-- en in klipbakke.
Moses en Aäron het toe so gedoen soos die HERE beveel het--hy het die staf opgehef en die water wat in die Nyl was, geslaan voor die oë van Farao en voor die oë van sy dienaars; en al die water in die Nyl is in bloed verander.
Maar die Egiptiese towenaars het dieselfde gedoen met hulle towerkunste, sodat Farao se hart verhard is; en hy het na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou hand uit met jou staf oor die strome en oor die kanale en oor die waterkuile, en laat die paddas opkom oor Egipteland.
Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en gesê: Bid tot die HERE, dat Hy die paddas van my en van my volk wegneem. Dan sal ek die volk laat trek, dat hulle aan die HERE kan offer.
En hy antwoord: Teen môre. Toe sê hy: Dit sal wees volgens u woord, dat u kan weet dat daar niemand is soos die HERE onse God nie.
Toe het Moses en Aäron van Farao af weggegaan; en Moses het tot die HERE geroep vanweë die paddas wat Hy oor Farao beskik het.
En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: die paddas het weggesterwe uit die huise, van die plase af en uit die veld.
En toe Farao sien dat daar verligting kom, het hy sy hart verhard en na hulle nie geluister nie, soos die HERE gespreek het.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê aan Aäron: Steek jou staf uit en slaan die stof van die aarde, en dit sal muskiete word in die hele Egipteland.
Toe sê die towenaars vir Farao: Dit is die vinger van God! Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die HERE gespreek het.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao--kyk, hy sal na die water toe uitgaan en sê vir hom: So spreek die HERE: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
Maar Ek sal op dié dag met die land Gosen, waarin my volk woon, 'n uitsondering maak, dat daar geen steekvlieë sal wees nie; sodat jy kan weet dat Ek die HERE is in die land.
En die HERE het so gedoen: dik swerms steekvlieë het in die huis van Farao en in die huis van sy dienaars en in die hele Egipteland gekom; die land is deur die steekvlieë verwoes.
Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?
Laat ons drie dagreise ver die woestyn intrek, dat ons aan die HERE onse God kan offer soos Hy ons sal beveel.
Toe sê Farao: Ek sal julle laat trek, dat julle aan die HERE julle God kan offer in die woestyn; julle moet maar net nie te ver wegtrek nie. Bid vir my.
En Moses antwoord: Kyk, ek gaan van u af weg en sal tot die HERE bid, dat die steekvlieë môre Farao, sy dienaars en sy volk mag verlaat. Laat Farao ons net nie langer bedrieg deur die volk nie te laat trek om aan die HERE te offer nie.
En die HERE het gedoen volgens die woord van Moses: Hy het die steekvlieë van Farao, van sy dienaars en sy volk weggeneem. Daar het nie een oorgebly nie.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
kyk, dan sal die hand van die HERE wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, teen die esels, teen die kamele, teen die beeste en teen die kleinvee met 'n baie swaar pes.
En die HERE sal 'n onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.
En die HERE het dit die volgende dag gedoen: al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel is nie een dood nie.
Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond, en laat Moses dit na die hemel uitstrooi voor die oë van Farao;
Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy nie na hulle geluister het nie, soos die HERE aan Moses gesê het.
Verder het die HERE aan Moses gesê: Maak jou môre vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
Hy wat die HERE se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;
maar hy wat op die HERE se woord geen ag gegee het nie, het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.
Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en diere en oor al die plante van die veld in Egipteland.
En Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die HERE het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die HERE het hael op Egipteland laat reën.
Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. Die HERE is reg, maar ek en my volk het ongelyk.
Bid tot die HERE, want daar is oorgenoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.
Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande tot die HERE uitbrei: die donder sal ophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.
So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande tot die HERE uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer op die aarde gegiet nie.
Ja, Farao se hart was verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie, soos die HERE deur die diens van Moses gespreek het.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want Ék het sy hart verhard, ook die hart van sy dienaars, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verrig,
en dat jy voor die ore van jou kind en jou kindskind kan vertel wat Ek Egipte aangedoen het, en my tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.
Toe gaan Moses en Aäron na Farao, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor My te verootmoedig? Laat my volk trek, dat hulle My kan dien.
Toe vra Farao se dienaars vir hom: Hoe lank sal die man vir ons 'n strik wees? Laat die manne trek, dat hulle die HERE hulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte te gronde gaan nie?
Daarop bring hulle Moses en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien die HERE julle God. Wie is dit eintlik wat wil gaan?
En Moses antwoord: Ons wil gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste wil ons gaan, want ons wil 'n fees vir die HERE hou.
Toe sê hy vir hulle: Mag die HERE só met julle wees as wat ek julle en julle kinders sal laat trek! Pas op, want julle het 'n verkeerde ding voor oë.
Nie so nie! Gaan dan, julle manne, en dien die HERE, want dít het julle verlang. En hulle het hulle van Farao af weggedrywe.
Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland vanweë die sprinkane, dat hulle opkom oor Egipteland en al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het.
En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die HERE het 'n oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die oostewind die sprinkane aangevoer:
Toe het Farao gou vir Moses en Aäron laat roep en gesê: Ek het gesondig teen die HERE julle God en teen julle.
Vergeef dan tog nou net dié keer my sonde, en bid tot die HERE julle God, dat Hy net hierdie dood van my af wegneem.
Daarop laat die HERE die wind omslaan in 'n baie sterk westewind; dié het die sprinkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe. Daar het nie een sprinkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat 'n mens die duisternis kan gryp.
Toe het Farao Moses laat roep en gesê: Gaan heen, dien die HERE; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.
Maar Moses antwoord: U moet self ook slagoffers en brandoffers met ons saam gee, dat ons dit aan die HERE onse God kan aanbied.
En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om die HERE onse God te dien. En ons weet nie waarmee ons die HERE onse God sal dien voordat ons daar kom nie.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Nog een plaag sal Ek oor Farao en oor Egipte bring. Daarna sal hy julle hiervandaan laat trek. As hy julle geheel en al laat trek, sal hy julle selfs hiervandaan wegdrywe.
En die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars. Ook was die man Moses baie groot in Egipteland, in die oë van Farao se dienaars en in die oë van die volk.
Maar teen geeneen van die kinders van Israel sal 'n hond sy tong verroer nie, van die mense af tot die diere toe, dat julle kan weet dat die HERE 'n onderskeid maak tussen die Egiptenaars en die Israeliete.
En die HERE het vir Moses gesê: Farao sal na julle nie luister nie, sodat my wonders in Egipteland baie kan word.
En Moses en Aäron het al hierdie wonders voor Farao gedoen. Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie uit sy land laat trek het nie.
En só moet julle dit eet: Julle heupe moet omgord wees, julle skoene aan jul voete en julle staf in jul hand; baie haastig moet julle dit eet. 'n Pasga van die HERE is dit.
Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref, van mense sowel as van diere. En Ek sal strafgerigte oefen aan al die gode van Egipte, Ek, die HERE.
En hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.
Want die HERE sal deurtrek om die Egiptenaars swaar te tref. Maar wanneer Hy die bloed sien aan die bo-drumpel en aan die twee deurposte, sal die HERE by die deur verbygaan en die verderwer nie toelaat om in julle huise in te gaan om te slaan nie.
En as julle in die land kom wat die HERE aan julle sal gee soos Hy beloof het, moet julle hierdie diens onderhou.
dan moet julle sê: Dit is 'n paasoffer aan die HERE, wat by die huise van die kinders van Israel in Egipte verbygegaan het, toe Hy die Egiptenaars getref maar ons huise gered het. Toe het die volk in aanbidding neergebuig.
En die kinders van Israel het gegaan en dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
En middernag het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland getref, van die eersgeborene van Farao af wat op sy troon gesit het, tot die eersgeborene van die gevangene toe wat in die gevangenis was, en al die eersgeborenes van die diere.
Daarop het hy Moses en Aäron in die nag laat roep en gesê: Maak julle klaar, trek weg onder my volk uit, julle sowel as die kinders van Israel, en gaan dien die HERE soos julle gespreek het.
en die HERE het aan die volk guns verleen in die oë van die Egiptenaars, en dié het hulle versoek ingewillig. So het hulle dan die Egiptenaars berowe.
En ná verloop van vier honderd en dertig jaar, op daardie selfde dag, het al die leërskare van die HERE uit Egipteland uitgetrek.
Dit is 'n nag om plegtig onderhou te word tot eer van die HERE, omdat Hy hulle uit Egipteland uitgelei het. Dit is dié nag van die HERE om plegtig onderhou te word by al die kinders van Israel in hulle geslagte.
Verder het die HERE aan Moses en Aäron gesê: Dit is die insetting van die pasga: Géén uitlander mag daarvan eet nie.
En as 'n vreemdeling by jou vertoef en tot eer van die HERE die pasga wil vier, moet by hom almal wat manlik is, besny word; en dan mag hy nader kom om dit te vier, en hy sal soos 'n kind van die land wees. Maar géén onbesnedene mag daarvan eet nie.
En al die kinders van Israel het dit gedoen. Soos die HERE Moses en Aäron beveel het, so het hulle gedoen.
En op daardie selfde dag het die HERE die kinders van Israel, volgens hulle leërafdelings, uit Egipteland uitgelei.
Verder het Moses aan die volk gesê: Dink aan hierdie dag waarop julle uit Egipte, uit die slawehuis, uitgegaan het; want die HERE het julle deur 'n sterke hand hiervandaan uitgelei; daarom mag geen gesuurde brood geëet word nie.
En as die HERE jou bring in die land van die Kanaäniete en Hetiete en Amoriete en Hewiete en Jebusiete, wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, dan moet jy hierdie diens in hierdie maand onderhou.
Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar fees tot eer van die HERE.
En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
En dit moet vir jou as 'n teken wees op jou hand en 'n gedenkteken tussen jou oë, sodat die wet van die HERE in jou mond mag wees; want deur 'n sterke hand het die HERE jou uit Egipte uitgelei.
En as die HERE jou in die land van die Kanaäniete bring, soos Hy aan jou en jou vaders met 'n eed beloof het, en Hy dit aan jou gee,
dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê--wat manlik is, behoort aan die HERE.
En as jou seun jou later vra en sê: Wat beteken dit? dan moet jy hom antwoord: Die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte, uit die slawehuis, uitgelei.
Want toe Farao swarigheid gemaak het om ons te laat trek, het die HERE al die eersgeborenes in Egipteland gedood, van die eersgeborene van die mense af tot die eersgeborene van die diere toe. Daarom offer ek aan die HERE alles wat die moederskoot open wat manlik is; maar al die eersgeborenes van my seuns koop ek los.
En dit sal as 'n teken wees op jou hand en 'n voorhoofsband tussen jou oë; want die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte uitgelei.
En die HERE het voor hulle uitgetrek, bedags in 'n wolkkolom om hulle op die pad te lei, en snags in 'n vuurkolom om hulle voor te lig, sodat hulle dag en nag kon trek.
En Ek sal Farao se hart verhard, dat hy hulle agtervolg; en Ek wil My aan Farao en sy hele leërmag verheerlik, en die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is. En hulle het so gedoen.
En die HERE het die hart van Farao, die koning van Egipte, verhard, sodat hy die kinders van Israel agtervolg het. Maar die kinders van Israel het deur 'n hoë hand uitgetrek.
Toe Farao naby kom, slaan die kinders van Israel hulle oë op, en kyk, daar trek die Egiptenaars agter hulle aan; en hulle het baie bang geword. Daarop het die kinders van Israel tot die HERE geroep.
Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die HERE wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenaars vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in ewigheid nie.
Toe vra die HERE vir Moses: Wat roep jy na My? Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet wegtrek.
En die Egiptenaars sal weet dat Ek die HERE is, as Ek My verheerlik aan Farao, aan sy strydwaens en aan sy ruiters.
Toe steek Moses sy hand oor die see uit, en die HERE het deur 'n sterk oostewind die see laat wegvloei, die hele nag deur, en die see droog gemaak; en die waters is gekloof.
En in die môrewaak het die HERE, in die vuur-- en wolkkolom, op die leër van die Egiptenaars afgekyk en die leër van die Egiptenaars in verwarring gebring.
En Hy het die wiele van hulle strydwaens laat insak en hulle met moeite laat voortgaan. Toe sê die Egiptenaars: Laat ons van Israel af wegvlug, want die HERE stry vir hulle teen die Egiptenaars.
Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.
En Moses het sy hand oor die see uitgesteek, en die see het teen dagbreek in sy bedding teruggevloei, en die Egiptenaars het dit tegemoet gevlug. So het die HERE dan die Egiptenaars binne-in die see gestort.
So het die HERE Israel dan dié dag uit die hand van die Egiptenaars verlos. En Israel het die Egiptenaars dood gesien aan die kant van die see.
Ook het Israel die magtige daad gesien wat die HERE aan die Egiptenaars verrig het. Toe het die volk die HERE gevrees en geglo in die HERE en aan Moses, sy kneg.
Toe het Moses en die kinders van Israel hierdie lied tot eer van die HERE gesing; en dit is wat hulle gesê het: Ek wil sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Die perd en sy ruiter het Hy in die see gewerp.
Die HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword. Hy is my God, Hom sal ek roem; die God van my vader, Hom sal ek verhef.
o HERE, wie is soos U onder die gode? Wie is soos U, verheerlik in heiligheid, gedug in roemryke dade, een wat wonders doen?
Verskrikking en vrees het op hulle geval; deur die grootheid van u arm was hulle stom soos 'n klip, terwyl u volk deurtrek, HERE, terwyl die volk deurtrek wat U verwerf het.
U bring hulle in en plant hulle op die bergland van u erfenis, die plek, o HERE, wat U as vaste woonplek vir U berei het, die heiligdom wat u hande gestig het, o Here!
Want Farao se perd, met sy strydwaens en sy ruiters, het in die see ingegaan, en die HERE het die waters van die see oor hulle laat terugkom. Maar die kinders van Israel het binne-in die see op droë grond getrek.
En Mirjam het hulle al singende geantwoord: Sing tot eer van die HERE, want Hy is hoog verhewe. Hy het die perd met sy ruiter in die see gewerp.
En hy het die HERE aangeroep, en die HERE het hom 'n stuk hout gewys; dit het hy in die water gegooi, en die water het soet geword. Daar het Hy vir hulle 'n insetting en verordening vasgestel en hulle daar beproef
en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.
En die kinders van Israel het aan hulle gesê: Het ons maar in Egipteland deur die hand van die HERE gesterwe toe ons by die vleispotte gesit en volop brood geëet het! Want julle het ons in hierdie woestyn uitgelei om hierdie hele vergadering van honger te laat sterwe.
Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek sal vir julle brood uit die hemel laat reën; dan kan die volk uitgaan en die dagmaat van elke dag insamel, sodat Ek hulle kan beproef, of hulle in my wet sal wandel of nie.
Toe sê Moses en Aäron aan al die kinders van Israel: Vanaand, dan sal julle weet dat die HERE julle uit Egipteland uitgelei het.
En môre vroeg, dan sal julle die heerlikheid van die HERE sien, omdat Hy julle murmureringe teen die HERE gehoor het--want wat is ons, dat julle teen ons murmureer?
Daarop sê Moses: Dít sal gebeur as die HERE julle in die aand vleis gee om te eet en in die môre volop brood, omdat die HERE julle murmureringe hoor wat julle teen Hom murmureer. Want wat is ons? Julle murmureringe is nie teen ons nie, maar teen die HERE.
Verder het Moses met Aäron gespreek: Sê aan die hele vergadering van die kinders van Israel: Kom nader voor die aangesig van die HERE, want Hy het julle murmureringe gehoor.
En onderwyl Aäron die hele vergadering van die kinders van Israel toespreek, draai hulle na die woestyn toe en meteens verskyn die heerlikheid van die HERE in die wolk.
Ek het die murmureringe van die kinders van Israel gehoor; spreek met hulle en sê: Teen die aand sal julle vleis eet en in die môre met brood versadig word; en julle sal weet dat Ek die HERE julle God is.
Toe die kinders van Israel dit sien, sê hulle vir mekaar: Wat is dit? Want hulle het nie geweet wat dit was nie. Daarop sê Moses vir hulle: Dit is die brood wat die HERE julle gee om te eet.
Dit is die saak wat die HERE beveel het: Samel daarvan in, elkeen na sy behoefte: 'n gomer vir elke persoon volgens julle sieletal; elkeen moet dit neem vir die wat in sy tent is.
Toe sê hy vir hulle: Dit is wat die HERE gespreek het: Môre is dit rusdag, 'n heilige sabbat van die HERE. Wat julle wil bak, bak dit; en wat julle wil kook, kook dit; en bêre vir julle alles wat oor is, om dit te bewaar tot die môre toe.
Toe sê Moses: Eet dit vandag, want dit is vandag die sabbat van die HERE. Vandag sal julle dit nie in die veld kry nie.
Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
Verder het Moses gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het: 'n Gomer vol moet daarvan bewaar word vir julle geslagte, dat hulle die brood kan sien wat Ek julle in die woestyn laat eet het, toe Ek julle uit Egipteland uitgelei het.
Moses sê toe vir Aäron: Neem 'n kruik en gooi 'n gomer vol manna daarin, en sit dit voor die aangesig van die HERE neer, om dit vir julle geslagte te bewaar.
Daarop het die hele vergadering van die kinders van Israel, volgens die bevel van die HERE, van plek tot plek uit die woestyn Sin getrek en laer opgeslaan in Ráfidim. En daar was geen water vir die volk om te drink nie.
Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle met my? Waarom versoek julle die HERE?
Toe het Moses die HERE aangeroep en gesê: Wat moet ek met hierdie volk doen? Dit skeel maar min of hulle stenig my.
En die HERE het Moses geantwoord: Trek voor die volk uit, en neem van die oudstes van Israel met jou saam; en neem jou staf waarmee jy die Nyl geslaan het, in jou hand en gaan weg.
en die plek Massa en Mériba genoem vanweë die twis van die kinders van Israel en omdat hulle die HERE versoek het deur te sê: Is die HERE in ons midde of nie?
Toe sê die HERE vir Moses: Skrywe dit as 'n aandenking in 'n boek en prent dit Josua in, dat Ek die gedagtenis van Amalek onder die hemel heeltemal sal uitdelg.
En hy het gesê: Waarlik, die hand op die troon van die HERE! Oorlog het die HERE teen Amalek van geslag tot geslag.
En ook was daar brandoffers in menigte, met die vetstukke van die dankoffers en met die drankoffers vir die brandoffer. So is dan die diens in die huis van die HERE gereël.
Daarna het Jehiskía gestuur na die hele Israel en Juda, en ook briewe geskrywe aan Efraim en Manasse om te kom na die huis van die HERE in Jerusalem, om die pasga tot eer van die HERE, die God van Israel, te hou.
En hulle het dit vasgestel om 'n oproep deur die hele Israel, van Berséba tot Dan, te laat gaan dat hulle moes kom om die pasga tot eer van die HERE, die God van Israel, in Jerusalem te hou; want hulle het dit nie as 'n menigte gehou soos voorgeskrywe was nie.
Die hardlopers gaan toe met die briewe uit die hand van die koning en sy owerstes deur die hele Israel en Juda, en volgens die gebod van die koning, om te sê: Kinders van Israel, bekeer julle tot die HERE, die God van Abraham, Isak en Israel, dat Hy Hom mag wend tot die vrygeraaktes wat vir julle oorgebly het uit die hand van die konings van Assirië.
En wees nie soos julle vaders en julle broers wat ontrou teen die HERE, die God van hulle vaders, gehandel het nie, sodat Hy hulle 'n voorwerp van verbasing gemaak het soos julle self sien.
Verhard nou nie julle nek soos julle vaders nie, gee aan die HERE die hand en kom na sy heiligdom wat Hy vir ewig geheilig het, en dien die HERE julle God, dat sy toorngloed van julle afgewend kan word.
Want as julle jul tot die HERE bekeer, sal julle broers en julle kinders barmhartigheid vind voor die wat hulle as gevangenes weggevoer het, sodat hulle na hierdie land kan terugkom; want die HERE julle God is genadig en barmhartig, en Hy sal die aangesig van julle nie afwend nie as julle jul tot Hom bekeer.
Ook was die hand van God in Juda, sodat Hy hulle 'n eensgesinde hart gegee het om die gebod van die koning en van die owerstes volgens die woord van die HERE uit te voer.
Toe het hulle die pasga geslag op die veertiende van die tweede maand; en die priesters en die Leviete het hulle geskaam en hulle geheilig en die brandoffers in die huis van die HERE gebring.
want daar was baie in die vergadering wat hulle nie geheilig het nie, daarom moes die Leviete die paasoffers slag vir elkeen wat nie rein was nie, om hulle aan die HERE te heilig.
Want die meerderheid van die volk, 'n menigte uit Efraim en Manasse, Issaskar en Sébulon, het hulle nie gereinig nie, maar die pasga geëet soos dit nie voorgeskrywe was nie. Maar Jehiskía het vir hulle gebid en gesê: Mag die HERE wat goed is, versoening doen
vir elkeen wat sy hart daarop gerig het om God die HERE, die God van sy vaders, te soek, al was dit nie volgens die reinheid van die heiligdom nie.
So het dan die kinders van Israel wat in Jerusalem aanwesig was, die fees van die ongesuurde brode sewe dae lank met groot blydskap gevier, terwyl die Leviete en die priesters die HERE dag vir dag geprys het met kragtige instrumente tot eer van die HERE.
En Jehiskía het na die hart van al die Leviete gespreek wat deeglik kennis geopenbaar het in die saak van die HERE; en hulle het die feesoffer sewe dae lank geëet, terwyl hulle dankoffers geslag en die HERE, die God van hulle vaders, geloof het.
En Hiskía het die afdelings van die priesters en die Leviete vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen volgens sy diens--as priesters of as Leviete vir die brandoffers en dankoffers, om te dien en te loof en te prys in die poorte van die laers van die HERE.
En die bydrae van die koning uit sy goed vir die brandoffers was: die môre-- en die aandbrandoffers en die brandoffers vir die sabbatte en die nuwemane en die feestye, soos voorgeskrywe is in die wet van die HERE.
En hy het die volk, die inwoners van Jerusalem, bevel gegee om die aandeel van die priesters en die Leviete te gee, sodat hulle aan die wet van die HERE al hulle krag kon wy.
En die kinders van Israel en Juda wat in die stede van Juda woonagtig was, hulle het ook die tiendes ingebring van beeste en kleinvee en die tiendes van die heilige gawes wat aan die HERE hulle God geheilig was, en dit op hope neergelê.
het die hoëpriester Asárja, van die huis van Sadok, met hom gespreek en gesê: Vandat hulle die offergawe na die huis van die HERE begin bring het, eet ons tot versadiging en hou nog oorvloedig oor; want die HERE het sy volk geseën, sodat ons hierdie menigte oorgehou het.
En Kore, die seun van Jimna, die Leviet, die poortwagter teen die ooste, was oor die vrywillige gawes aan God, om die offergawe aan die HERE en die hoogheilige gawes uit te deel.
behalwe die manspersone wat in hulle geslagsregister opgeneem was, van drie jaar oud en daarbo, almal naamlik wat in die huis van die HERE gekom het, na die eis van elke dag, om te dien in hulle ampsverpligtinge volgens hulle afdelings.
En so het Jehiskía in die hele Juda gedoen: hy het gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van die HERE sy God.
By hom is 'n vleeslike arm, maar by ons is die HERE onse God om ons te help en ons oorloë te voer! En die manskappe het gesteun op die woorde van Jehiskía, die koning van Juda.
Verlei Jehiskía julle nie, om julle van honger en dors te laat sterwe deur te sê: Die HERE onse God sal ons red uit die hand van die koning van Assirië?
Hy het ook 'n brief geskrywe om die HERE, die God van Israel, te smaad en teen Hom te spreek deur te sê: Soos die gode van die nasies van die lande wat hulle volk uit my hand nie gered het nie, so sal die God van Jehiskía sy volk uit my hand nie red nie.
stuur die HERE 'n engel, en dié het al die dapper helde en bevelhebbers en owerstes in die laer van die koning van Assirië verdelg, sodat hy met 'n beskaamde aangesig na sy land teruggegaan het; en toe hy in die huis van sy god kom, het die wat uit sy eie liggaam voortgekom het, hom daar met die swaard neergeslaan.
En die HERE het Jehiskía en die inwoners van Jerusalem verlos uit die hand van Sánherib, die koning van Assirië, en uit die hand van almal, en hulle rondom tot rus gebring.
En baie het geskenke aan die HERE na Jerusalem gebring en kosbare geskenke aan Jehiskía, die koning van Juda, sodat hy daarna in die oë van al die nasies hoog gestaan het.
In dié dae het Jehiskía dodelik siek geword, maar hy het tot die HERE gebid, en Hy het met hom gespreek en hom 'n wonderteken gegee.
Maar Jehiskía het hom verootmoedig in die hoogmoedigheid van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, sodat die toorn van die HERE nie oor hulle gekom het in die dae van Jehiskía nie.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
ook altare gebou in die huis van die HERE waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal my Naam vir ewig wees.
En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE.
Ook het hy self sy seuns deur die vuur laat deurgaan in die dal van die seun van Hinnom en met goëlery en verklaring van voortekens en towery omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg.
Maar Manasse het Juda en die inwoners van Jerusalem verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
Daarom het die HERE die leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en dié het Manasse met hake gevang en hom met koperkettings geboei en hom na Babel vervoer.
Maar in sy benoudheid het hy die aangesig van die HERE sy God om genade gesmeek en hom diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders
en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring. Toe het Manasse erken dat die HERE God is.
En hy het die vreemde gode en die afgodsbeeld uit die huis van die HERE verwyder, ook al die altare wat hy op die berg van die huis van die HERE en in Jerusalem gebou het, en dit buitekant die stad gegooi.
En hy het die altaar van die HERE weer opgerig en daar dankoffers en lofoffers op gebring en aan Juda bevel gegee om die HERE, die God van Israel, te dien.
En die verdere geskiedenis van Manasse en sy gebed tot sy God en die woorde van die sieners wat tot hom gespreek het in die Naam van die HERE, die God van Israel, kyk, dit is in die Geskiedenis van die konings van Israel.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het; en aan al die gesnede beelde wat sy vader Manasse gemaak het, het Amon ywerig geoffer en hulle gedien.
Maar hy het hom nie verootmoedig voor die aangesig van die HERE soos sy vader Manasse hom verootmoedig het nie; maar hy, Amon, het die skuld vermeerder.
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie.
En in die agttiende jaar van sy regering, toe hy besig was om die land en die tempel te reinig, het hy Safan, die seun van Asálja, en Maäséja, die owerste van die stad, en Joag, die seun van Jóahas, die kanselier, gestuur om die huis van die HERE sy God te herstel.
Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die huis van die HERE, en dié het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die huis van die HERE, om die huis reg te maak en te herstel.
En toe hulle die geld uithaal wat in die huis van die HERE gebring was, het die priester Hilkía die wetboek van die HERE gevind wat deur die diens van Moses gegee is.
Daarop het Hilkía aan die skrywer Safan gesê: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind! Toe gee Hilkía die boek aan Safan,
hulle het die geld wat daar in die huis van die HERE was, uitgeskud en oorhandig aan die opsigters en die uitvoerders van die werk.
Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie.
Toe sê sy aan hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het,
so spreek die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die vervloekinge wat geskrywe staan in die boek wat hulle aan die koning van Juda voorgelees het.
Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het--
omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van God verneder het toe jy sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners hoor, en jy jou voor my aangesig verneder het en jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek die HERE.
En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.
En die koning het op sy plek gaan staan en die verbond voor die aangesig van die HERE gesluit om die HERE te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te volbring.
Josía het toe al die gruwels uit al die landstreke van die kinders van Israel verwyder en almal wat in Israel te vinde was, diensbaar gemaak, om die HERE hulle God te dien; al sy dae het hulle nie van die HERE, die God van hulle vaders, afgewyk nie.
Toe Jetro, die priester van Mídian, Moses se skoonvader, hoor alles wat God aan Moses en aan sy volk Israel gedoen het--dat die HERE Israel uit Egipte uitgelei het--
Moses vertel toe aan sy skoonvader alles wat die HERE aan Farao en aan die Egiptenaars, ter wille van Israel, gedoen het; al die moeilikheid wat hulle op die pad oorgekom het, en dat die HERE hulle verlos het.
En Jetro het hom verheug oor al die goeie wat die HERE aan Israel gedoen het, dat Hy hulle uit die hand van die Egiptenaars verlos het.
Daarop sê Jetro: Geseënd is die HERE wat julle verlos het uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van Farao, wat die volk onder die hand van die Egiptenaars uit verlos het.
Nou weet ek dat die HERE groter is as al die gode, naamlik in die saak waarin hulle vermetel was teen hulle.
Maar Moses het opgeklim na God toe, en die HERE het hom van die berg af toegeroep en gesê: So moet jy aan die huis van Jakob sê en aan die kinders van Israel verkondig:
En Moses het gekom en die oudstes van die volk laat roep en hulle al hierdie woorde voorgehou wat die HERE hom beveel het.
Toe antwoord die hele volk eenparig en sê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen. En Moses het die woorde van die volk aan die HERE oorgebring.
En die HERE het met Moses gespreek: Kyk, Ek sal in 'n dik wolk na jou toe kom, dat die volk kan hoor as Ek met jou spreek, en hulle ook vir altyd aan jóu kan glo. Want Moses het die woorde van die volk aan die HERE meegedeel.
Verder het die HERE aan Moses gesê: Gaan na die volk en heilig hulle vandag en môre, en laat hulle hul klere was
en hulle gereed hou teen die derde dag. Want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die berg Sinai afdaal.
En die hele berg Sinai het gerook, omdat die HERE in 'n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe.
Terwyl die HERE op die berg Sinai neerdaal, op die top van die berg, het die HERE Moses na die top van die berg geroep, en Moses het opgeklim.
En die HERE het vir Moses gesê: Klim af, waarsku die volk, dat hulle nie na die HERE toe deurbreek om te sien en baie van hulle dan val nie.
En ook die priesters wat naby die HERE kom, moet hulleself heilig, sodat die HERE nie teen hulle losbreek nie.
Toe het Moses die HERE geantwoord: Die volk kan nie op die berg Sinai klim nie, want U het ons self gewaarsku en gesê: Baken die berg af en heilig dit.
Daarop sê die HERE vir hom: Gaan heen, klim af. Dan moet jy, en Aäron saam met jou, opklim; maar die priesters en die volk mag nie deurbreek om na die HERE toe op te klim nie, sodat Hy nie teen hulle losbreek nie.
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie--jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.
Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig.
Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
Toe sê die HERE vir Moses: So moet jy met die kinders van Israel spreek: Julle het self gesien dat Ek met julle van die hemel af gespreek het.
dan moet die eed by die HERE tussen hulle twee beslis, of hy nie sy hand na sy naaste se goed uitgesteek het nie; en die eienaar moet daarmee tevrede wees, en die ander hoef geen vergoeding te gee nie.
Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
En julle moet die HERE julle God dien; dan sal Hy jou brood en jou water seën, en Ek sal siektes uit jou midde verwyder.
Daarna het Hy vir Moses gesê: Klim na die HERE toe op, jy en Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel, en buig julle neer van ver af.
En laat Moses alleen nader kom na die HERE toe, maar hulle moet nie nader kom nie; en die volk mag nie saam met hom opklim nie.
Toe Moses kom en aan die volk al die woorde van die HERE en al die verordeninge vertel, antwoord die hele volk met een stem en sê: Al die woorde wat die HERE gespreek het, sal ons doen.
En Moses het al die woorde van die HERE opgeskrywe en die môre vroeg hom klaargemaak en onder die berg 'n altaar gebou, en twaalf gedenkstene volgens die twaalf stamme van Israel.
En hy het jongmanne van die kinders van Israel gestuur; dié het brandoffers geoffer en as dankoffers bulle vir die HERE geslag.
En hy het die boek van die verbond geneem en dit voor die ore van die volk gelees. En hulle het gesê: Alles wat die HERE gespreek het, sal ons doen en daarna luister.
Toe neem Moses die bloed en gooi dit uit op die volk en sê: Dit is die bloed van die verbond wat die HERE met julle gesluit het op grond van al hierdie woorde.
Toe sê die HERE vir Moses: Klim op die berg na My toe en vertoef daar, dat Ek jou die kliptafels kan gee en die wet en gebooie wat Ek geskryf het om hulle te onderrig.
En die heerlikheid van die HERE het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk.
En die verskyning van die HERE se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos 'n verterende vuur op die top van die berg.
In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal 'n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.
En jy moet die twee stene op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene vir die kinders van Israel--Aäron moet hulle name op sy twee skouers dra voor die aangesig van die HERE om hulle in gedagtenis te bring.
So moet Aäron dan die name van die kinders van Israel in die borstas van beslissing op sy hart dra as hy in die heiligdom ingaan, om hulle in gedagtenis te bring voor die aangesig van die HERE gedurigdeur.
Jy moet ook in die borstas van beslissing die Urim en die Tummim sit, dat hulle op die hart van Aäron kan wees as hy voor die aangesig van die HERE ingaan. So moet Aäron dan die beslissing van die kinders van Israel gedurigdeur op sy hart dra voor die aangesig van die HERE.
En Aäron moet dit aanhê om te kan dien, sodat die geluid daarvan gehoor word as hy in die heiligdom, voor die aangesig van die HERE, ingaan en as hy daar uitgaan, dat hy nie sterwe nie.
Verder moet jy 'n plaat van suiwer goud maak en daarop graveer, soos op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.
So moet dit dan op die voorhoof van Aäron wees, sodat Aäron die skuld kan dra met betrekking tot die heilige dinge wat die kinders van Israel sal heilig--al hulle heilige gawes. En dit moet gedurigdeur op sy voorhoof wees, dat hulle voor die aangesig van die HERE welgevalle mag vind.
Jy moet dan die hele ram op die altaar aan die brand steek. Dit is 'n brandoffer aan die HERE; 'n lieflike geur, 'n vuuroffer is dit aan die HERE.
en een ronde brood en een oliebroodkoek en een platkoek uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE is.
En lê dit alles op die hande van Aäron en op die hande van sy seuns, en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE.
Neem dit dan uit hulle hand en steek dit op die altaar aan die brand, bo-op die brandoffer, as lieflike geur voor die aangesig van die HERE. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
En neem die bors van die wydingsram van Aäron en beweeg dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; daarna moet dit jou deel wees.
En dit moet vir Aäron en sy seuns wees tot 'n ewige insetting van die kant van die kinders van Israel, want dit is 'n hefoffer; en dit sal 'n hefoffer wees van die kant van die kinders van Israel, van hulle dankoffers--hulle hefoffer aan die HERE.
En die ander lam moet jy teen die aand berei. Jy moet dit klaarmaak volgens die môrespysoffer en volgens die drankoffer wat daarby behoort, tot 'n lieflike geur. Dit is 'n vuuroffer aan die HERE.
Dit moet 'n voortdurende brandoffer vir julle geslagte wees, by die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, waar Ek met julle sal saamkom om daar met jou te spreek.
en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is wat hulle uit Egipteland uitgelei het om in hulle midde te woon. Ek is die HERE hulle God.
En as Aäron teen die aand die lampe opsteek, moet hy dit aan die brand steek as 'n voortdurende reukwerk voor die aangesig van die HERE in julle geslagte.
En Aäron moet een maal in die jaar aan die horings daarvan versoening doen; met die bloed van die sondoffer van versoening moet hy een maal in die jaar daarvoor versoening doen vir julle geslagte. Hoogheilig is dit aan die HERE.
As jy die volle getal van die kinders van Israel opneem volgens hulle geteldes, moet hulle, elkeen vir sy lewe, losgeld aan die HERE gee as hulle getel word, sodat geen plaag onder hulle mag wees as hulle getel word nie.
Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom--die sikkel is twintig gera--'n halfsikkel as offergawe aan die HERE.
Elkeen wat oorgaan na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, moet die offergawe van die HERE gee.
Die ryke moet nie meer en die arme moet nie minder as 'n halfsikkel bring nie, as hulle die offergawe van die HERE gee om vir julle siele versoening te doen.
Neem dan die versoeningsgeld van die kinders van Israel en bestee dit aan die bediening van die tent van samekoms, dat dit die kinders van Israel in gedagtenis kan bring voor die aangesig van die HERE, om vir julle siele versoening te doen.
As hulle in die tent van samekoms gaan, moet hulle hul met water was, sodat hulle nie sterwe nie; of as hulle naby die altaar kom om te dien deur 'n vuuroffer aan die HERE aan die brand te steek.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Neem vir jou speserye: storaksgom en naeltjies en g lbanum -- speserye en ook suiwer wierook; alles in gelyke hoeveelhede,
En die reukwerk wat jy moet maak -- na dieselfde voorskrif mag julle vir julle nie maak nie; as iets heiligs aan die HERE moet dit vir jou wees.
Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is 'n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees 'n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig 'n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
Toe Aäron dit sien, het hy daarvoor 'n altaar gebou. En Aäron het uitgeroep en gesê: Môre is daar fees tot eer van die HERE.
Toe sê die HERE vir Moses: Gaan heen, klim af, want jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.
Maar Moses het die HERE sy God om genade gesmeek en gesê: Waarom, o HERE, sou u toorn ontvlam teen u volk wat U met grote krag en met 'n sterke hand uit Egipteland uitgelei het?
het Moses in die poort van die laer gaan staan en gesê: Wie vír die HERE is, kom na my toe! Toe het al die seuns van Levi by hom versamel.
En hy het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Laat elkeen sy swaard aangord aan sy heup. Gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
Toe het Moses gesê: Vul vandag julle hand om te offer aan die HERE--want elkeen is teen sy seun en teen sy broer--sodat Hy vandag 'n seën oor julle kan gee.
En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het 'n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.
En Moses het na die HERE teruggegaan en gesê: Ag, hierdie volk het 'n groot sonde begaan en vir hulle goue gode gemaak.
Verder het die HERE met Moses gespreek: Gaan heen, trek hiervandaan op, jy en die volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, na die land wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob beloof het, met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee;
Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.
En Moses het elke keer 'n tent geneem en dit vir hom buitekant die laer opgeslaan, ver van die laer af; en hy het dit genoem die tent van samekoms. En elkeen wat die HERE wou raadpleeg, het uitgegaan na die tent van samekoms wat buitekant die laer was.
Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos 'n man met sy vriend spreek. Daarna gaan hy na die laer terug; maar sy dienaar Josua, 'n jongman, die seun van Nun, het hom nie uit die tent verwyder nie.
Toe het Moses met die HERE gespreek: U sê nou wel aan my: Ek moet hierdie volk laat optrek, maar U laat my nie weet wie U saam met my sal stuur nie, hoewel U gesê het: Ek ken jou by die naam, en jy het ook genade in my oë gevind.
Toe sê die HERE aan Moses: Ook hierdie versoek wat jy uitgespreek het, daaraan sal Ek voldoen; want jy het genade gevind in my oë, en Ek ken jou by die naam.
Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.
Toe het die HERE aan Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerstes, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim, soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.
En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here in ons midde trek; want dit is 'n hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as 'n erfdeel.
Toe antwoord Hy: Kyk, Ek sluit 'n verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos daar op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.
Want jy mag jou nie neerbuig voor 'n ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers--'n jaloerse God is Hy.
Al jou manspersone moet drie maal in die jaar voor die aangesig van die Here HERE, die God van Israel, verskyn.
Want Ek sal nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sodat niemand jou land sal begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, drie maal in die jaar.
Die beste van die eerstelinge van jou grond moet jy in die huis van die HERE jou God bring. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Skrywe vir jou hierdie woorde op, want volgens hierdie woorde het Ek 'n verbond gesluit met jou en met Israel.
En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En Hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
En daarna het al die kinders van Israel nader gekom, en hy het hulle alles beveel wat die HERE met hom gespreek het op die berg Sinai.
Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met Hom te spreek, neem hy die sluier weg, totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel is,
Toe het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel bymekaar laat kom en aan hulle gesê: Dit is die woorde wat die HERE beveel het, om dit te doen:
Ses dae lank kan daar werk verrig word, maar op die sewende dag moet daar vir julle 'n heiligheid, 'n dag van volkome rus wees tot eer van die HERE. Elkeen wat daarop werk verrig, moet gedood word.
Verder het Moses die hele vergadering van die kinders van Israel toegespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het:
Neem van julle besittings 'n offergawe aan die HERE. Laat elkeen wat gewillig is in sy hart, dit bring, die offergawe van die HERE: goud en silwer en koper;
En elkeen wie se hart hom opgewek en elkeen wie se gees hom aangedryf het, het gekom: hulle het die offergawe van die HERE gebring vir die werk aan die tent van samekoms en vir sy hele bediening en vir die heilige klere;
die manne het met die vroue gekom, elkeen wat gewillig van hart was; hulle het gespes en ringe en vingerringe en halssierade, allerhande goue goed, gebring. En elkeen wat 'n offer van goud aan die HERE gewy het,
Elkeen wat 'n offergawe van silwer of koper kon aanbied, het die offergawe van die HERE gebring; en elkeen wat akasiahout besit het, wat oral by die werk kon gebruik word, het dit gebring.
Elke man en vrou wie se hart hulle aangedryf het om iets by te dra vir al die werk wat die HERE deur die diens van Moses beveel het om te verrig--as vrywillige offergawe aan die HERE het die kinders van Israel dit gebring.
Daarop het Moses aan die kinders van Israel gesê: Kyk, die HERE het Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
So moet dan Besáleël en Ohóliab en elkeen wat kunsvaardig is, in wie die HERE wysheid en verstand gegee het om met kennis al die werk tot vervaardiging van die heiligdom te verrig, dit maak net soos die HERE beveel het.
En Moses het Besáleël en Ohóliab geroep en elkeen wat kunsvaardig was, in wie se hart die HERE wysheid gegee het; elkeen wie se hart hom opgewek het om aan die werk te gaan om dit klaar te maak.
en hulle het met Moses gespreek en gesê: Die volk bring meer as wat nodig is vir die uitvoering van die werk waarvan die HERE die vervaardiging beveel het.
En Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat die HERE Moses beveel het.
En Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe gemaak om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilige klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het.
En die band wat daaraan was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een stuk, van dieselfde werk, van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, soos die HERE Moses beveel het.
En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed bevestig as gedagtenisstene aan die kinders van Israel, soos die HERE Moses beveel het.
En hulle het die borstas, met sy ringe, aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed sou wees en die borstas nie van die skouerkleed kon afskuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het.
'n klokkie en 'n granaatjie, 'n klokkie en 'n granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het.
en die gordel van fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gemaak en daarop geskrywe met letters soos dit op 'n seëlsteen uitgesny word: HEILIG AAN DIE HERE.
En hulle het 'n pers toutjie daaraan vasgemaak om dit bo-op die tulband te bevestig, soos die HERE Moses beveel het.
So is dan al die werk aan die tabernakel van die tent van samekoms voltooi; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.
En Moses het die hele werk bekyk--en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle geseën.
En hy het die tentseil oor die tabernakel gespan en die dekkleed van die tent daar bo-oor getrek, soos die HERE Moses beveel het.
Toe het hy die ark in die tabernakel gebring en die voorhangsel tot bedekking opgehang en die ark van die Getuienis bedek, soos die HERE Moses beveel het.
En hy het die brood daarop gerangskik voor die aangesig van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
En hy het die brandofferaltaar by die ingang van die tabernakel van die tent van samekoms neergesit, en hy het daarop die brandoffer en die spysoffer gebring, soos die HERE Moses beveel het.
As hulle ingaan in die tent van samekoms of nader kom na die altaar, het hulle hul elke keer gewas, soos die HERE Moses beveel het.
Toe het die wolk die tent van samekoms oordek, en die heerlikheid van die HERE het die tabernakel vervul,
sodat Moses nie in die tent van samekoms kon ingaan nie, omdat die wolk daarop gerus en die heerlikheid van die HERE die tabernakel vervul het.
Want die wolk van die HERE was bedags op die tabernakel, en vuur was snags daarin, voor die oë van die hele huis van Israel, op al hulle togte.
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE 'n offer wil bring, kan julle jul offer bring van vee--van beeste of van kleinvee.
As sy offer 'n brandoffer is van beeste, moet dit 'n bul sonder gebrek wees wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.
Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed bring en die bloed rondom teen die altaar uitgooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.
Maar die binnegoed en die pote moet hy met water was, en die priester moet dit alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed daarvan rondom teen die altaar uitgooi.
Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles bring en op die altaar aan die brand steek; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En as sy offer aan die HERE 'n brandoffer is van voëls, moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.
Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; 'n brandoffer is dit, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En as iemand aan die HERE 'n spysoffer bring, moet sy offer fynmeel wees; en hy moet olie daarop giet en wierook daarby voeg;
en hy moet dit na die seuns van Aäron, die priesters, bring; en die priester moet daarvan 'n handvol neem, van die fynmeel met die olie, met al die wierook wat daarby behoort; en hy moet dit as die gedenkoffer op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
Dan moet jy die spysoffer wat daarvan berei word, aan die HERE bring: hulle moet dit na die priester aanbring, en hy moet dit na die altaar dra.
En die priester moet van die spysoffer die gedenkoffer daarvan aflig en op die altaar aan die brand steek, 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En wat oorbly van die spysoffer, is vir Aäron en sy seuns, 'n hoogheilige deel van die vuuroffers van die HERE.
Geen spysoffer wat julle aan die HERE bring, mag van iets wat ingesuur is, berei word nie; want van géén suurdeeg of heuning mag julle vir die HERE 'n vuuroffer aan die brand steek nie.
As 'n offer van eerstelinge mag julle dit aan die HERE bring, maar op die altaar mag dit nie as lieflike geur kom nie.
En as jy aan die HERE 'n spysoffer van eerstelinge bring, moet jy as spysoffer van jou eerstelinge bring: are wat oor die vuur gebraai is, gebreekte korrels van vars graan.
Dan moet die priester die gedenkoffer daarvan, 'n deel van die gebreekte koring en van die olie met al die wierook, aan die brand steek as 'n vuuroffer aan die HERE.
En as 'n dankoffer sy offer is, as hy dit bring van beeste, bul of vers, moet hy dit sonder gebrek voor die aangesig van die HERE bring.
Dan moet hy van die dankoffer 'n vuuroffer aan die HERE bring: die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
En die seuns van Aäron moet dit op die altaar aan die brand steek, op die brandoffer wat op die hout is, bo op die vuur, as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En as sy offer 'n stuk kleinvee is, as 'n dankoffer aan die HERE, moet hy dit bring sonder gebrek, ram of ooi.
Daarna moet hy van die dankoffer die vet as vuuroffer aan die HERE bring: die hele vetstert naby die stuitjie moet hy dit wegneem en die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
Dan moet hy daarvan sy offer as vuuroffer aan die HERE bring; die vet wat oor die binnegoed lê, en al die vet wat aan die binnegoed is,
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuurofferspys vir 'n lieflike geur. Al die vet behoort aan die HERE.
Spreek met die kinders van Israel en sê: As iemand in swakheid sondig teen een van alle gebooie van die HERE en een van die dinge wat nie gedoen mag word nie, tog doen
as die gesalfde priester sondig, sodat die volk daardeur skuldig word, moet hy vir die sonde wat hy gedoen het, 'n jong bul sonder gebrek aan die HERE as sondoffer bring;
en hy moet die bul bring na die ingang van die tent van samekoms, voor die aangesig van die HERE, en moet sy hand op die kop van die bul lê en die bul slag voor die aangesig van die HERE.
en die priester moet sy vinger in die bloed steek en van die bloed sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel van die heiligdom.
Ook moet die priester van die bloed stryk aan die horings van die altaar van die reukwerk van speserye, wat in die tent van samekoms is, voor die aangesig van die HERE; en hy moet al die orige bloed van die bul uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
En as die hele vergadering van Israel hulle misgaan sonder dat die vergadering hom daarvan bewus is; en hulle enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word;
en die oudstes van die vergadering moet hulle hande op die kop van die bul lê voor die aangesig van die HERE, en die bul moet voor die aangesig van die HERE geslag word.
en die priester moet sy vinger in die bloed steek en sewe maal voor die aangesig van die HERE, voor die voorhangsel sprinkel.
En hy moet van die bloed stryk aan die horings van die altaar wat in die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE is. Dan moet hy al die orige bloed uitgiet aan die onderkant van die brandofferaltaar wat by die ingang van die tent van samekoms is;
As 'n owerste sondig en in swakheid enigiets doen wat die HERE sy God verbied het, en hy skuldig word;
en hy moet sy hand op die kop van die bok lê en hom slag op die plek waar hulle die brandoffer voor die aangesig van die HERE slag; dit is 'n sondoffer.
En as iemand van die volk van die land in swakheid sondig, omdat hy enigiets doen wat die HERE verbied het, en hy skuldig word;
en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankoffer af weggeneem is, en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en dit sal hom vergewe word.
en al die vet moet hy wegneem soos die vet van die dankofferlam weggeneem word, en die priester moet dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek. So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE 'n ooi bring van die kleinvee, 'n skaaplam of 'n bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.
Maar as hy nie 'n stuk kleinvee kan bekostig nie, moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, een as sondoffer en een as brandoffer;
En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar 'n handvol van neem as die gedenkoffer en dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek; dit is 'n sondoffer.
As iemand in iets ontrou handel en in swakheid sondig met betrekking tot een van die heilige gawes van die HERE, moet hy as boete aan die HERE bring 'n ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as 'n skuldoffer.
En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,
As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy teenoor sy naaste ontken dat iets aan hom toevertrou of as pand gegee is of deur hom geroof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,
En hy moet van die kleinvee, na jou skatting, as boete aan die HERE 'n ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.
Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE, en dit sal hom vergewe word enigiets wat 'n mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.
En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die HERE voor die altaar bring,
en een moet daarvan 'n handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenkoffer daarvan aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.
Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig.
Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die HERE moet bring op die dag as hy gesalf word: die tiende van 'n efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.
Dit moet op 'n plaat met olie berei word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE.
Ook moet die priester wat uit sy seuns in sy plek gesalf word, dit berei, as 'n ewige insetting. Dit moet geheel en al vir die HERE aan die brand gesteek word.
Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die aangesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig.
En die priester moet dit op die altaar aan die brand steek as vuuroffer aan die HERE; dit is 'n skuldoffer.
En hy moet daarvan, een koek van elke gawe, as offergawe aan die HERE bring; aan die priester wat die bloed van die dankoffer uitgooi, aan hom kom dit toe.
Maar die een wat vleis eet van die dankoffer wat die HERE toekom, terwyl sy onreinheid aan hom is, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
En as iemand aan iets onreins raak, aan die onreinheid van 'n mens of aan 'n onrein dier of aan enige onrein verfoeisel, en dan eet van die vleis van die dankoffer wat die HERE toekom, dié siel moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Want elkeen wat vet eet van die vee waarvan hulle aan die HERE 'n vuuroffer bring, diegene wat dit eet, moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Spreek met die kinders van Israel en sê: Hy wat aan die HERE sy dankoffer bring, moet self aan die HERE die gawe uit sy dankoffer bring;
sy hande moet die vuuroffers van die HERE bring: die vet met die bors moet hy bring; die bors, om dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg.
Dit is die aandeel van Aäron en die aandeel van sy seuns uit die vuuroffers van die HERE, op die dag toe Hy hulle laat nader kom het om die priesteramp vir die HERE te bedien
wat die HERE beveel het om hulle te gee van die kant van die kinders van Israel, op die dag toe Hy hulle gesalf het. Dit is 'n ewige insetting vir hulle geslagte.
wat die HERE Moses by die berg Sinai beveel het, op die dag toe hy die kinders van Israel in die woestyn Sinai beveel het om hulle offers aan die HERE te bring.
En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het, en die vergadering het bymekaargekom by die ingang van die tent van samekoms.
En hy het die tulband op sy hoof gesit en aan die tulband, aan die voorkant, die goue plaat, die heilige kroon, bevestig, soos die HERE Moses beveel het.
Ook het Moses die seuns van Aäron laat nader kom en hulle die rokke aangetrek en hulle gegord met 'n gordel en hulle die musse omgebind soos die HERE Moses beveel het.
Maar die bul met sy vel en sy vleis en sy mis het hy buitekant die laer met vuur verbrand, soos die HERE Moses beveel het.
maar die binnegoed en die pote het hy met water gewas, en Moses het die hele ram op die altaar aan die brand gesteek; dit was 'n brandoffer as lieflike geur, 'n vuuroffer was dit aan die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
Ook het hy uit die mandjie met ongesuurde koeke wat voor die aangesig van die HERE was, een ongesuurde koek geneem en een oliebrood koek en een platkoek; en hy het dit op die stukke vet en op die regterboud neergesit
en dit alles op die hande van Aäron en die hande van sy seuns gelê; en hy het dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Daarop het Moses dit uit hulle hande geneem en dit op die altaar, bo op die brandoffer, aan die brand gesteek; 'n wydingsoffer was dit as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
Verder het Moses die bors geneem en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg; van die wydingsram het dit aan Moses as deel toegekom, soos die HERE Moses beveel het.
Julle moet dan by die ingang van die tent van samekoms bly, dag en nag, sewe dae lank; en julle moet die ordening van die HERE hou, dat julle nie sterwe nie; want so is aan my bevel gegee.
en aan Aäron gesê: Neem vir jou 'n bulkalf as sondoffer en 'n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van die HERE.
ook 'n bul en 'n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag verskyn die HERE aan julle.
Toe het hulle voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die HERE.
En Moses het gesê: Dit is die saak wat die HERE julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van die HERE aan julle kan verskyn.
En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die HERE beveel het.
Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek soos die HERE Moses beveel het.
Daarna het Josía in Jerusalem die pasga tot eer van die HERE gehou; en hulle het die pasga geslag op die veertiende van die eerste maand.
En hy het die priesters hulle dienspligte laat waarneem en hulle versterk vir die diens in die huis van die HERE.
Ook het hy aan die Leviete, die onderwysers van die hele Israel, wat heilig was aan die HERE, gesê: Sit die heilige ark in die huis wat Salomo, die seun van Dawid, die koning van Israel, gebou het; julle hoef niks meer op die skouers te dra nie: dien nou die HERE julle God en sy volk Israel;
en slag die pasga en heilig julle en berei dit vir julle broers, om te doen volgens die woord van die HERE deur die diens van Moses.
En hulle het wat vir die brandoffer bestem was, afgesonder om dit aan die familie-afdelings van die mense van die volk te gee om aan die HERE te offer, soos geskrywe is in die boek van Moses; en net so met die beeste.
Die hele diens van die HERE is toe op dié dag gereël--om die pasga te hou en brandoffers te bring op die altaar van die HERE volgens die gebod van koning Josía.
En die verdere geskiedenis van Josía en sy vrome dade, volgens wat geskrywe is in die wet van die HERE,
Vyf en twintig jaar was Jójakim oud toe hy koning geword het, en elf jaar het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God.
Ook van die voorwerpe van die huis van die HERE het Nebukadnésar na Babel gebring en dit in sy tempel in Babel gesit.
Agttien jaar was Jójagin oud toe hy koning geword het, en drie maande en tien dae het hy in Jerusalem geregeer; en hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
By die wisseling van die jaar het koning Nebukadnésar gestuur en hom na Babel laat bring, saam met die kosbare voorwerpe van die huis van die HERE, en sy broer Sedekía koning oor Juda en Jerusalem gemaak.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE sy God; hy het hom nie verootmoedig nie voor Jeremía, die profeet, wat gespreek het uit die mond van die HERE.
En hy het ook gerebelleer teen koning Nebukadnésar wat hom by God laat sweer het; maar hy was hardnekkig en het sy hart verhard, sodat hy hom nie tot die HERE, die God van Israel, bekeer het nie.
Ook al die owerstes van die priesters en die volk het baie ontrou gehandel, volgens al die gruwels van die heidene, en die huis van die HERE wat Hy in Jerusalem geheilig het, verontreinig.
En die HERE, die God van hulle vaders, het vroeg en laat na hulle gestuur deur die diens van sy boodskappers; want Hy het medelyde met sy volk en met sy woning gehad.
Maar hulle het die boodskappers van God uitgelag en sy woorde verag en met sy profete gespot, totdat die grimmigheid van die HERE teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing meer was nie.
En al die voorwerpe van die huis van God, groot en klein, en die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die koning en van sy vorste, alles het hy na Babel gebring.
sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía vervul sou word: totdat die land vir sy sabbatte vergoeding gekry het; al die dae van die verwoesting het dit gerus om sewentig jaar vol te maak.
En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE--sodat die woord van die HERE deur die mond van Jeremía in vervulling sou gaan--die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee, en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort--mag die HERE sy God met hom wees, en laat hom optrek!
En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE--sodat die woord van die HERE uit die mond van Jeremía vervul sou word--die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.
Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort--mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.
Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete--elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.
En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die HERE uitgelewer wat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.
En van die familiehoofde het, toe hulle by die huis van die HERE kom wat in Jerusalem is, vrywillig gegee vir die huis van God om dit weer op te rig op sy plek.
En hulle het die altaar op sy grondveste opgerig, omdat die skrik vir die volke van die lande op hulle gekom het; en hulle het daar brandoffers op geoffer aan die HERE, brandoffers smôrens en saans.
en daarna die voortdurende brandoffer en dié van die nuwemane en van al die geheiligde feestye van die HERE en van elkeen wat aan die HERE 'n vrywillige gawe gebring het.
Van die eerste dag van die sewende maand af het hulle begin om brandoffers aan die HERE te bring, alhoewel die fondament van die tempel van die HERE nog nie gelê was nie.
En in die tweede jaar ná hulle aankoms by die huis van God in Jerusalem, in die tweede maand, het Serubbábel, die seun van Seáltiël, 'n begin gemaak, hy en Jésua, die seun van Jósadak, en hulle ander broers, die priesters en die Leviete en almal wat uit die gevangenskap na Jerusalem gekom het: hulle het die Leviete van twintig jaar oud en daarbo aangestel om toesig te hou oor die werk aan die huis van die HERE.
Toe die bouers dan die fondament van die tempel van die HERE lê, het hulle die priesters in ampsgewaad met trompette, en die Leviete, die seuns van Asaf, met simbale opgestel om die HERE te loof volgens die instelling van Dawid, die koning van Israel.
En hulle het aangehef met lof en dank aan die HERE, want Hy is goed, want sy goedertierenheid oor Israel is vir ewig! En die hele volk het gejuig met groot gejuig toe hulle die HERE loof, omdat die fondament van die huis van die HERE gelê was.
En toe die teëstanders van Juda en Benjamin hoor dat die ballinge 'n tempel bou vir die HERE, die God van Israel,
Maar Serubbábel en Jésua en die ander familiehoofde van Israel het aan hulle gesê: Dit sal nie gaan dat julle saam met ons 'n huis vir onse God bou nie, maar óns alleen sal vir die HERE, die God van Israel, dit bou soos koning Kores, die koning van Persië, ons beveel het.
En die kinders van Israel wat uit die ballingskap teruggekeer het, het dit geëet en elkeen wat hom van die onreinheid van die nasies van die land afgesonder het om saam met hulle die HERE, die God van Israel, te soek.
Hulle het ook die fees van die ongesuurde brode met blydskap sewe dae lank gehou; want die HERE het hulle verbly en die hart van die koning van Assirië na hulle omgewend, om hul hande te versterk in die werk aan die huis van God, die God van Israel.
het hierdie Esra opgetrek uit Babel; en hy was 'n skrifgeleerde, vaardig in die wet van Moses wat die HERE, die God van Israel, gegee het; en die koning het, omdat die hand van die HERE sy God oor hom was, al sy begeertes ingewillig.
Want Esra het sy hart daarop gerig om die wet van die HERE te ondersoek en te betrag, en om Israel die insettinge en verordeninge te leer.
En dit is die afskrif van die brief wat koning Artasásta gegee het aan Esra, die priester-skrifgeleerde, wat skrifgeleerd was in die woorde van die gebooie en insettinge van die HERE oor Israel:
Geloofd sy die HERE, die God van ons vaders, wat so iets in die hart van die koning gegee het, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te versier;
en wat my guns laat vind het voor die koning en sy raadsmanne en voor al die magtige vorste van die koning. Toe het ek moed geskep, omdat die hand van die HERE my God oor my was, en ek het die hoofde uit Israel versamel om saam met my op te trek.
En ek het vir hulle gesê: Julle is heilig aan die HERE, en die voorwerpe is heilig, en die silwer en die goud is 'n vrywillige gawe aan die HERE, die God van julle vaders.
Waak daaroor en bewaar dit, totdat julle dit afweeg voor die owerstes van die priesters en die Leviete en die familie-owerstes van Israel in Jerusalem, in die vertrekke van die huis van die HERE.
Hulle wat uit die gevangenskap gekom het, die seuns van die ballingskap, het brandoffers gebring aan die God van Israel: twaalf bulle vir die hele Israel, ses en negentig ramme, sewe en sewentig lammers, twaalf bokke as sondoffer--dit alles as brandoffer aan die HERE.
Maar op die tyd van die aandoffer het ek opgestaan uit my verootmoediging; en terwyl ek my kleed en my mantel skeur, het ek op my knieë my gebuig en my hande uitgebrei na die HERE my God
En nou was daar vir 'n klein oomblik genade van die kant van die HERE onse God, om vrygeraaktes vir ons te laat oorbly en ons 'n pen te gee in sy heilige plek, sodat onse God ons oë verhelder het en ons 'n bietjie verademing geskenk het in ons diensbaarheid.
HERE, God van Israel, U is regverdig; want ons het as vrygeraaktes oorgebly soos dit vandag is. Hier is ons in ons skuld voor u aangesig, want niemand kan om sulke dinge voor u aangesig bestaan nie.
Gee dan nou aan die HERE, die God van julle vaders, die eer en doen wat Hom behaag en sonder julle af van die volke van die land en van die vreemde vroue.
en gesê: Ag, HERE, God van die hemel, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat U liefhet en u gebooie onderhou--
Ag, Here, laat u oor tog opmerksaam wees op die gebed van u kneg en op die gebed van u knegte wat verlang om u Naam te vrees; en laat dit tog vandag u kneg geluk, en verleen hom barmhartigheid voor die oë van hierdie man. Ek was naamlik skinker van die koning.
En naas hulle het die Tekoïete herstel; maar hulle vername manne het hulle nek nie gebuig onder die diens van hulle HERE nie.
En ek het dit gesien en my opgerig en aan die edeles en die leiers en die ander mense gesê: Julle moet nie bang wees vir hulle nie; dink aan die grote en gedugte HERE, en veg vir julle broers, julle seuns en julle dogters, julle vroue en julle huise.
Ook het ek my boesem uitgeskud en gesê: Mag God so elke man uitskud wat hierdie woord nie bevestig nie, uit sy huis en uit sy besitting; en mag hy so uitgeskud en leeg wees! Toe sê die hele vergadering: Amen! en hulle het die HERE geprys. En die volk het volgens hierdie woord gehandel.
het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die HERE Israel beveel het, te bring.
En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.
Daarop het Nehemía--hy was die goewerneur--en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die HERE julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor.
Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE--dit is julle beskutting.
Toe vind hulle uit dat in die wet wat die HERE deur die diens van Moses beveel het, geskrywe was dat die kinders van Israel op die fees in die sewende maand in hutte moes woon,
En hulle het van hulle plek opgestaan, en gedurende 'n vierde deel van die dag gelees uit die wetboek van die HERE hulle God, en gedurende 'n vierde deel belydenis gedoen en die HERE hulle God aanbid.
En op die verhoog van die Leviete het Jésua en Bani, Kádmiël, Sebánja, Bunni, Serébja, Bani, Kenáni opgestaan en met 'n groot stem die HERE hulle God aangeroep.
En die Leviete Jésua en Kádmiël, Bani, Hasábneja, Serébja, Hodía, Sebánja, Petágja het gesê: Staan op, loof die HERE julle God van ewigheid tot in ewigheid! En laat hulle u heerlike Naam loof wat bo alle lof en prys verhewe is!
U is alleen die HERE, U het die hemel, die hoogste hemel en al sy leërskare, gemaak, die aarde en alles wat daarop is, die seë en alles wat daarin is, en U hou dit alles in die lewe, en die leër van die hemel buig hulle voor U neer.
U is die HERE, die God wat Abram uitverkies het en hom uit Ur van die Chaldeërs uitgelei het en sy naam tot Abraham gemaak het.
Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg soos Moses beveel het.
Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn
vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.
En die seuns van Aäron, Nadab en Abíhu, het elkeen sy vuurpan geneem en vuur daarin gegooi en reukwerk daarop gesit en vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring, wat Hy hulle nie beveel het nie.
Daarop het daar vuur van die aangesig van die HERE uitgegaan en hulle verteer, en hulle het gesterwe voor die aangesig van die HERE.
Toe sê Moses vir Aäron: Dit is dit wat die HERE gespreek het deur te sê: In die wat naby My is, wil Ek My as die Heilige laat ken, en voor die oë van die hele volk wil Ek My verheerlik. Maar Aäron het stilgebly.
Daarop sê Moses aan Aäron en sy seuns Eleásar en Itamar: Laat julle hare nie loshang nie en maak geen skeure in julle klere nie, dat julle nie sterwe en Hy in toorn teen die hele vergadering losbreek nie. Maar julle broers, die hele huis van Israel, kan die brand beween wat die HERE aangesteek het.
Julle mag ook uit die ingang van die tent van samekoms nie uitgaan nie, dat julle nie sterwe nie; want die salfolie van die HERE is op julle. En hulle het gehandel ooreenkomstig die woord van Moses.
en julle moet die kinders van Israel leer al die insettinge wat die HERE deur die diens van Moses aan hulle verkondig het.
En Moses het met Aäron gespreek en met sy seuns Eleásar en Itamar wat oorgebly het: Neem die spysoffer wat van die vuuroffers van die HERE oorgebly het, en eet dit as ongesuurde koeke langs die altaar; want dit is hoogheilig.
Daarom moet julle dit op 'n heilige plek eet, want dit is wat aan jou en jou seuns toekom uit die vuuroffers van die HERE; want so is aan my bevel gegee.
Die hefboud en die beweegbors moet hulle saam met die vuuroffers van die stukke vet bring om as beweegoffer voor die aangesig van die HERE te beweeg; en dit sal vir jou en jou seuns saam met jou 'n deel wees wat aan julle vir ewig toekom soos die HERE beveel het.
Waarom het julle die sondoffer nie op 'n heilige plek geëet nie? Want dit is hoogheilig, en Hy het dit aan julle gegee om die ongeregtigheid van die vergadering weg te neem, om versoening vir hulle te doen voor die aangesig van die HERE.
Toe sê Aäron vir Moses: Kyk, hulle het vandag hul sondoffer en hul brandoffer voor die aangesig van die HERE gebring, en sulke dinge het my oorgekom; as ek vandag sondoffer geëet het, sou dit goed gewees het in die oë van die HERE?
Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom, verontreinig julle self nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het om julle God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.
dié moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van 'n seun of 'n dogter.
En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en dié gawes voor die aangesig van die HERE by die ingang van die tent van samekoms stel.
En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Hy moet hulle dan op die agtste dag ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.
En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewe maal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van die HERE.
die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom wat gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die HERE.
En op die agtste dag moet hy vir hom twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem en voor die aangesig van die HERE kom, by die ingang van die tent van samekoms, en dié aan die priester gee;
en die priester moet hulle berei, die een as sondoffer en die ander as brandoffer; so moet die priester dan vir hom vanweë sy vloeiing versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Dan moet die priester die een as sondoffer en die ander as brandoffer berei; en die priester moet vanweë haar onreine vloeiing vir haar versoening doen voor die aangesig van die HERE.
En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron, wat gesterf het toe hulle voor die aangesig van die HERE nader gekom het;
en die HERE het aan Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie te eniger tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.
Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.
maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel word, om oor hom versoening te bewerk deur hom vir Asásel in die woestyn te stuur.
en die vuurpan vol gloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee handevol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.
En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.
Dan moet hy na die altaar uitgaan wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bloed van die bok neem en dit rondom aan die horings van die altaar stryk
Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al julle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
En dit moet vir julle 'n ewige insetting wees om vir die kinders van Israel weens al hulle sondes een maal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Dit is die saak wat die HERE beveel het:
en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE 'n offer voor die tabernakel van die HERE te bring nie as bloedskuld moet dit dié man aangereken word. Hy het bloed vergiet; daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit;
sodat die kinders van Israel hulle slagoffers wat hulle gewoon was om op die oop veld te offer, aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag.
Dan moet die priester die bloed teen die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms uitgooi en die vet aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.
en dit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om dit vir die HERE te berei nie dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
Hou dan my insettinge en my verordeninge wat die mens moet doen, dat hy daardeur kan lewe. Ek is die HERE.
Niemand van julle mag naby sy naaste bloedverwant kom om die skaamte te ontbloot nie. Ek is die HERE.
En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Daarom moet julle my ordening onderhou om niks te doen van die gruwelike insettinge wat voor julle gedoen is nie, dat julle jul nie daardeur verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
Spreek met die hele vergadering van die kinders van Israel en sê vir hulle: Heilig moet julle wees, want Ek, die HERE julle God, is heilig.
En hy wat dit eet, moet sy ongeregtigheid dra, want wat heilig is aan die HERE, het hy ontheilig. Daarom moet dié siel uit sy volksgenote uitgeroei word.
Jou wingerd moet jy ook nie skoon afoes nie, en die trossies wat van jou wingerd val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
Jy mag 'n dowe nie vloek nie, en voor die blinde geen struikelblok lê nie; maar jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
Jy mag nie as 'n kwaadspreker onder jou volksgenote rondloop nie. Jy mag nie teen die lewe van jou naaste optree nie. Ek is die HERE.
Jy mag nie wraakgierig of haatdraend teenoor die kinders van jou volk wees nie, maar jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.
En hy moet sy skuldoffer aan die HERE bring by die ingang van die tent van samekoms 'n ram as skuldoffer;
en die priester moet met die skuldofferram vir hom versoening doen voor die aangesig van die HERE weens die sonde wat hy gedoen het; en hy sal vergifnis ontvang vir sy sonde wat hy gedoen het.
en in die vyfde jaar mag julle hulle vrugte eet dit alles om hulle opbrings vir julle meer te maak. Ek is die HERE julle God.
Julle mag ook ter wille van 'n dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die HERE.
Begeef julle nie tot die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê nie. Soek hulle nie om julle deur hulle te verontreinig nie. Ek is die HERE julle God.
Vir die grys hare moet jy opstaan, en die persoon van 'n grysaard eer; en jy moet jou God vrees. Ek is die HERE.
Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos 'n kind van die land wat onder julle is. En jy moet hom liefhê soos jouself, want julle was vreemdelinge in Egipteland. Ek is die HERE julle God.
Julle moet 'n regte weegskaal hê, regte weegstene, 'n regte efa en 'n regte hin. Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het.
En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke afgesonder het.
En julle moet vir My heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.
Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.
en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE.
Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. 'n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.
maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat 'n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Spreek met Aäron en sy seuns dat hulle versigtig moet wees met die heilige gawes van die kinders van Israel wat hulle aan My heilig sodat hulle my heilige Naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomelinge na die heilige gawes aankom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgeroei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
Hulle moet dan my ordening onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.
en op húlle geen strafbare skuld laai deurdat húlle die heilige gawes sou eet nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel of uit die vreemdelinge in Israel wat sy offer bring volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle aan die HERE as brandoffer bring
En as iemand 'n dankoffer aan die HERE offer om 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan wees; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.
Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurfte of uitslag dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar lê nie.
'n Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,
As 'n bees of 'n lam of 'n bok aankom, moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agtste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as 'n vuuroffergawe aan die HERE.
Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle moet daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. Ek is die HERE.
En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die HERE wat julle heilig,
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige samekomste dit is my feestye.
Ses dae lank kan werk gedoen word, maar op die sewende dag is dit 'n dag van volkome rus, 'n heilige vierdag; géén werk mag julle doen nie dit is 'n sabbat van die HERE in al julle woonplekke.
en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die HERE; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet.
Maar julle moet sewe dae lank aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die sewende dag moet daar 'n heilige vierdag wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
En hy moet die gerf voor die aangesig van die HERE beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag ná die sabbat moet die priester dit beweeg.
Julle moet ook op die dag as julle die gerf beweeg, 'n jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer aan die HERE berei,
en die spysoffer wat daarby behoort, twee tiendes van 'n efa fynmeel met olie gemeng as vuuroffer aan die HERE, 'n lieflike geur, en daarby die drankoffer van wyn, 'n kwart hin.
tot die dag ná die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle 'n nuwe spysoffer aan die HERE bring.
Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van 'n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die HERE.
Julle moet ook by die brood sewe jaaroud lammers sonder gebrek en een jong bul en twee ramme bring. Hulle moet 'n brandoffer aan die HERE wees saam met die spysoffer en die drankoffers wat daarby behoort as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
en die priester moet hulle saam met die eerstelingsbrood as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg saam met die twee lammers; dié moet aan die HERE heilig wees, ten voordele van die priester.
En as julle die opbrings van jul land oes, moet jy die kant van jou land as jy oes nie heeltemal afoes en die are wat val, nie versamel nie. Vir die arme en die vreemdeling moet jy dit laat oorbly. Ek is die HERE julle God.
Maar op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. 'n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die HERE 'n vuuroffer bring.
En op daardie selfde dag mag julle géén werk doen nie, want dit is 'n versoendag om vir julle versoening te doen voor die aangesig van die HERE julle God.
Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die HERE.
Sewe dae lank moet julle aan die HERE 'n vuuroffer bring. Op die agtste dag moet daar vir julle 'n heilige vierdag wees, en julle moet aan die HERE 'n vuuroffer bring. Dit is 'n feestyd; julle mag geen beroepswerk doen nie.
Dit is die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige vierdae om aan die HERE 'n vuuroffer te bring: 'n brandoffer en spysoffer, 'n slagoffer en drankoffers soos vir elke dag voorgeskrywe;
behalwe die sabbatte van die HERE en behalwe julle gawes en behalwe al julle geloftes en behalwe al julle vrywillige offers wat julle aan die HERE gee.
Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die HERE sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag.
En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die HERE julle God vrolik wees.
En julle moet dit as fees van die HERE sewe dae in die jaar vier. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier.
sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.
Aäron moet dit buitekant die voorhangsel van die Getuienis, in die tent van samekoms, regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur. Dit is 'n ewige insetting vir julle geslagte.
Hy moet op die rein kandelaar die lampe regmaak om te brand voor die aangesig van die HERE, gedurigdeur.
en jy moet hulle in twee stapels neersit, ses in 'n stapel, op die rein tafel voor die aangesig van die HERE.
En by elke stapel moet jy suiwer wierook byvoeg, wat vir die brood as gedenkoffer moet dien, as vuuroffer aan die HERE.
Op elke sabbatdag moet hy dit gedurigdeur voor die aangesig van die HERE regsit, van die kant van die kinders van Israel as 'n ewige insetting.
En dit moet aan Aäron en sy seuns toekom: hulle moet dit in 'n heilige plek eet; want as iets hoogheiligs behoort dit aan hom uit die vuuroffers van die HERE 'n ewige insetting.
En hulle het hom in die gevangenis gesit, dat hulle 'n beslissing kon verkry volgens die uitspraak van die HERE.
En wie die Naam van die HERE laster, moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom sekerlik stenig. Die vreemdeling net soos die kind van die land as hy die NAAM laster, moet hy gedood word.
Net een wet moet daar vir julle wees die vreemdeling moet soos die kind van die land wees; want Ek is die HERE julle God.
Moses het toe met die kinders van Israel gespreek, en hulle het die vloeker buitekant die laer uitgebring en hom gestenig. En die kinders van Israel het gedoen soos die HERE Moses beveel het.
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat Ek julle gee, moet die land 'n sabbat hou vir die HERE.
maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, 'n sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om julle die land Kanaän te gee, om julle God te wees.
Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulle wat Ek uit Egipteland uitgelei het. Ek is die HERE julle God.
Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en 'n gesnede beeld of 'n klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie en 'n steen met beeldhouwerk in julle land nie opstel om julle daarby neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.
Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek 'n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.
Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle 'n God te wees. Ek is die HERE.
Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur die diens van Moses gegee het.
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand 'n besondere gelofte aflê mense aan die HERE toewy volgens jou skatting,
En as dit vee is waarvan hulle aan die HERE 'n offer kan bring, moet alles wat hy daarvan aan die HERE gee, heilig wees.
En as dit enige onrein stuk vee is waarvan hulle aan die HERE geen offer mag bring nie, moet hy die dier voor die priester stel,
En as iemand sy huis as heilige gawe aan die HERE toewy, moet die priester dit skat of dit goed of sleg is; soos die priester dit skat, so moet dit bly.
En as iemand 'n stuk land van sy besitting aan die HERE heilig, moet jou skatting wees volgens die saad wat gesaai word: 'n homer garssaad op vyftig sikkels silwer.
maar die stuk land moet, as dit in die jubeljaar vry word, aan die HERE heilig wees soos 'n stuk land onder die ban; die besit daarvan kom aan die priester toe.
En as hy aan die HERE 'n stuk land heilig wat hy gekoop het, wat nie van die land van sy besitting is nie,
moet die priester vir hom die bedrag van die skatting tot die jubeljaar bereken; en hy moet op dieselfde dag die skatting gee as 'n heilige gawe aan die HERE.
Maar die eersgeborene van 'n dier wat as eersgeborene aan die HERE behoort, dit mag niemand heilig nie; of dit 'n bees is of 'n stuk kleinvee dit behoort aan die HERE.
Maar niks van die bangoed wat iemand aan die HERE wy, van alles wat aan hom behoort mense of vee of grond wat in sy besit is mag verkoop of gelos word nie. Al die bangoed moet aan die HERE hoogheilig wees.
Ook al die tiendes van die land, van die graan van die land, van die vrugte van die bome, behoort aan die HERE; dit is heilig aan die HERE.
Wat betref al die tiendes van beeste en kleinvee alles wat onder die herderstaf deurgaan die tiende moet aan die HERE heilig wees.
Verder het die HERE met Moses gespreek in die woestyn Sinai, in die tent van samekoms, op die eerste van die tweede maand, in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, en gesê:
En die kinders van Israel het gedoen net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle laer opgeslaan volgens hulle vaandels, en so het hulle opgebreek elkeen volgens sy geslagte, by sy families.
En dit is die nakomelinge van Aäron en Moses op die dag toe die HERE met Moses op die berg Sinai gespreek het.
Maar Nadab en Abíhu het gesterwe voor die aangesig van die HERE toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE in die woestyn Sinai gebring het, en hulle het geen kinders gehad nie; maar Eleásar en Itamar het die priesteramp bedien voor die oë van hulle vader Aäron.
Want al die eersgeborenes is myne: op die dag toe Ek al die eersgeborenes in Egipteland getref het, het Ek al die eersgeborenes in Israel vir My geheilig, mense sowel as diere; hulle moet myne wees. Ek is die HERE.
Al die geteldes van die Leviete wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE, volgens hulle geslagte getel het, almal wat manlik was, van 'n maand oud en daarbo, was twee en twintig duisend.
En die HERE het aan Moses gesê: Tel al die manlike eersgeborenes van die kinders van Israel, van 'n maand oud en daarbo, en neem die getal van hulle name op.
En jy moet vir My--Ek is die HERE--die Leviete neem in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die vee van die kinders van Israel.
En Moses het, soos die HERE hom beveel het, al die eersgeborenes onder die kinders van Israel getel.
Neem die Leviete in die plek van al die eersgeborenes onder die kinders van Israel, en die vee van die Leviete in die plek van hulle vee, sodat die Leviete myne kan wees. Ek is die HERE.
En Moses het die loskoopgeld aan Aäron en sy seuns gegee volgens die bevel van die HERE, soos die HERE Moses beveel het.
Dit is die geteldes van die geslagte van die Kehatiete, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.
Dit is die geteldes van die geslagte van Gerson se seuns, almal wat by die tent van samekoms gedien het, wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE getel het.
Dit is die geteldes van die geslagte van Merári se seuns wat Moses en Aäron volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses getel het.
Volgens die bevel van die HERE deur tussenkoms van Moses is hulle aangewys elkeen vir sy diens en vir sy drawerk; naamlik die geteldes, soos die HERE Moses beveel het.
En die kinders van Israel het so gedoen en hulle buitekant die laer gestuur; soos die HERE met Moses gespreek het, so het die kinders van Israel gedoen.
Spreek met die kinders van Israel: As 'n man of vrou enige menslike sonde doen, sodat ontrou teen die HERE gehandel word, en dié siel skuldig word,
Maar as die man geen losser het aan wie die skuld teruggegee kan word nie, behoort die skuld wat teruggegee moet word, aan die HERE, aan die priester, behalwe die versoeningsram waarmee hy vir hom versoening doen.
Daarna moet die priester die vrou voor die aangesig van die HERE stel en die hare van die vrou losmaak, en hy moet die gedenkoffer op haar hande sit--'n spysoffer van jaloersheid is dit; en in die hand van die priester moet daar wees die water van bitter smart wat die vloek bring.
so moet dan die priester die vrou met die eed van vervloeking besweer, en die priester moet aan die vrou sê: Mag die HERE jou tot 'n vervloeking en 'n verwensing maak onder jou volk deurdat die HERE jou heup laat inval en jou skoot laat opswel;
En die priester moet uit die hand van die vrou die spysoffer van jaloersheid neem en die spysoffer voor die aangesig van die HERE beweeg en dit na die altaar bring.
of as oor 'n man die gees van jaloersheid kom en hy op sy vrou jaloers word--dan moet hy die vrou voor die aangesig van die HERE stel, en die priester moet met haar handel volgens hierdie hele wet.
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As 'n man of 'n vrou 'n besondere gelofte aflê, die gelofte van 'n nasireër, om hom aan die HERE te wy,
Al die dae van die gelofte van sy nasireërskap mag geen skeermes oor sy hoof gaan nie. Totdat die dae om is dat hy hom aan die HERE toewy, moet hy heilig wees--hy moet die hare van sy hoof vry laat groei.
Daarna moet hy die dae van sy nasireërskap aan die HERE wy en 'n jaaroud lam as skuldoffer bring; en die vorige dae moet wegval, omdat sy nasireërskap verontreinig is.
en hy moet sy offer aan die HERE bring: een jaaroud lam sonder gebrek as brandoffer en een jaaroud ooilam sonder gebrek as sondoffer en een ram sonder gebrek as dankoffer
En die priester moet dit voor die aangesig van die HERE bring en die sondoffer en brandoffer vir hom berei.
Hy moet ook die ram as dankoffer aan die HERE gereedmaak saam met die mandjie ongesuurde koeke; en die priester moet die spysoffer en drankoffer vir hom berei.
En die priester moet dit beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE. Dit is iets heiligs vir die priester saam met die bors van die beweegoffer en die boud van die hefoffer. En daarna mag die nasireër wyn drink.
Dit is die wet vir die nasireër wat sy offer aan die HERE beloof op grond van sy nasireërskap, behalwe wat hy verder kan bekostig. Volgens sy gelofte wat hy afgelê het, só moet hy doen volgens die wet van sy nasireërskap.
hulle het hul offer voor die aangesig van die HERE gebring: ses tentwaens en twaalf beeste; 'n wa vir twee owerstes en 'n bees vir elkeen; en hulle het dit voor die tabernakel gebring.
En die HERE het aan Moses gesê: Elke owerste moet, elkeen op 'n afsonderlike dag, sy offer bring vir die inwyding van die altaar.
En Aäron het so gedoen: aan die voorkant van die kandelaar het hy dié lampe opgesteek soos die HERE Moses beveel het.
En dit was die maaksel van die kandelaar: dryfwerk uit goud; selfs sy voetstuk en sy blomme was dryfwerk; volgens die beeltenis wat die HERE aan Moses getoon het, so het hy die kandelaar gemaak.
Dan moet jy die Leviete voor die aangesig van die HERE laat nader kom, en die kinders van Israel moet hulle hande op die Leviete lê.
En Aäron moet die Leviete as beweegoffer beweeg voor die aangesig van die HERE namens die kinders van Israel, sodat hulle daar kan wees om die dienswerk van die HERE te verrig.
En die Leviete moet hulle hande op die kop van die bulle lê; en berei jy een as sondoffer en een as brandoffer vir die HERE, om vir die Leviete versoening te doen.
En Moses en Aäron en die hele vergadering van die kinders van Israel het met die Leviete gedoen net soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het; so het die kinders van Israel met hulle gedoen.
En die Leviete het hulleself ontsondig en hulle klere gewas, en Aäron het hulle beweeg as beweegoffer voor die aangesig van die HERE; en Aäron het versoening vir hulle gedoen om hulle te reinig.
En daarna het die Leviete gekom om hulle dienswerk in die tent van samekoms voor Aäron en sy seuns te verrig; soos die HERE Moses aangaande die Leviete beveel het, so het hulle met hulle gedoen.
En die HERE het met Moses gespreek in die woestyn Sinai--in die tweede jaar nadat hulle uit Egipteland uitgetrek het, in die eerste maand--en gesê
En hulle het die pasga gehou op die veertiende dag van die eerste maand, teen die aand, in die woestyn Sinai; net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel gedoen.
het by hulle broers, die vername manne onder hulle, aangesluit, en hulle het onder eed en met beswering hulleself verplig om te wandel in die wet van God, wat deur die diens van Moses, die kneg van God, gegee is, en om te hou en te doen al die gebooie van die HERE onse Here, en sy verordeninge en sy insettinge;
En ons, die priesters, die Leviete en die volk het die lot gewerp oor die lewering van hout, om dit volgens ons families op vasgestelde tye jaar vir jaar te bring na die huis van onse God om vuur te maak op die altaar van die HERE onse God soos geskrywe staan in die wet;
en om die eerstelinge van ons grond en die eerstelinge van allerhande vrugtebome jaar vir jaar in die huis van die HERE te bring;
Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die HERE, werk van 'n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen.
As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.
Die HERE sal maak dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou uit vlug.
Die HERE sal die seën oor jou gebied in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan; en Hy sal jou seën in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
Die HERE sal jou vir Hom as heilige volk bevestig soos Hy jou dit gesweer het, as jy die gebooie van die HERE jou God hou en in sy weë wandel.
En al die volke van die aarde sal sien dat die Naam van die HERE oor jou uitgeroep is, en hulle sal vir jou vrees.
En die HERE sal die goeie aan jou oorvloedig gee in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land, in die land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het om aan jou te gee.
Die HERE sal sy goeie skatkamer, die hemel, vir jou oopmaak om die reën van jou land op die regte tyd te gee en om al die werk van jou hand te seën; en jy sal aan baie nasies uitleen, maar self nie hoef te leen nie.
En die HERE sal jou die kop en nie die stert maak nie, en jy sal net boontoe en nie ondertoe gaan nie as jy luister na die gebooie van die HERE jou God wat ek jou vandag beveel om te hou en te doen,
Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.
En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom.
Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad.
Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.
en gesê: Naak het ek uit my moeder se skoot gekom, en naak sal ek daarheen terugkeer. Die HERE het gegee, en die HERE het geneem: die Naam van die HERE sy geloofd!
En op 'n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom om hom voor die HERE te stel.
Toe vra die HERE vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van 'n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het.
En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: 'n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad; en hy volhard nog in sy vroomheid, alhoewel jy My teen hom opgehits het om hom te vernietig sonder oorsaak.
Toe het die Satan die HERE geantwoord en gesê: Huid vir huid, en alles wat iemand het, sal hy gee vir sy lewe;
En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE, en hy het Job met bose swere getref, van sy voetsool tot sy skedel.
Volgens die bevel van die HERE het hulle laer opgeslaan, en volgens die bevel van die HERE het hulle weggetrek. Hulle het die voorskrif van die HERE in ag geneem volgens die bevel van die HERE deur die diens van Moses.
En as julle in jul land in oorlog kom teen die vyand wat met julle veg, moet julle met die trompette alarm blaas; dan sal aan julle gedink word voor die aangesig van die HERE julle God, en julle sal van jul vyande verlos word.
Op die dag as julle vrolik is, sowel as op julle feestye en by die begin van julle maande moet julle by jul brandoffers en by jul dankoffers op die trompette blaas: hulle sal dien om julle in gedagtenis te bring voor die aangesig van julle God. Ek is die HERE julle God.
En Moses het vir Hobab, die seun van Réhuel, die Midianiet, die swaer van Moses, gesê: Ons trek na die plek waarvan die HERE gesê het: Ek sal dit aan julle gee. Trek saam met ons en ons sal aan jou goed doen; want die HERE het oor Israel goeie dinge gespreek.
En hulle het van die berg van die HERE af drie dagreise ver getrek; en die verbondsark van die HERE het drie dagreise ver voor hulle uit getrek om vir hulle 'n rusplek uit te soek.
En as die ark wegtrek, het Moses gesê: Staan op, HERE, dat u vyande verstrooi kan word en u haters voor u aangesig kan vlug.
En die volk het hulle voor die ore van die HERE beklaag dat dit sleg gaan. En toe die HERE dit hoor, het sy toorn ontvlam, en die vuur van die HERE het onder hulle gebrand en het gewoed aan die kant van die laer.
Toe het Moses die volk, volgens hulle geslagte, elkeen by die deur van sy tent hoor ween; en die toorn van die HERE het grootliks ontvlam; ook was dit verkeerd in die oë van Moses.
En Moses sê aan die HERE: Waarom het U u kneg kwaad aangedoen en waarom het ek geen genade in u oë gevind nie, dat U die las van hierdie hele volk op my lê?
Toe sê die HERE aan Moses: Bring vir My sewentig manne uit die oudstes van Israel bymekaar, van wie jy weet dat hulle oudstes van die volk en sy opsigters is, en bring hulle by die tent van samekoms, dat hulle daar by jou kan staan.
En aan die volk moet jy sê: Heilig julle teen môre; dan sal julle vleis eet. Want julle het voor die ore van die HERE geween en gesê: Wie sal vir ons vleis gee om te eet? want dit was vir ons goed in Egipte. Daarom sal die HERE vir julle vleis gee, en julle sal eet.
'n hele maand lank, totdat dit uit julle neus uitkom en julle daarvan walg; omdat julle die HERE wat in julle midde is, verwerp en voor sy aangesig gehuil en gesê het: Waarom het ons tog uit Egipte uitgetrek?
Maar die HERE sê vir Moses: Sou die hand van die HERE te kort wees? Nou sal jy sien of my woord vir jou uitkom of nie.
Toe het Moses uitgegaan en die woorde van die HERE aan die volk te kenne gegee; en hy het sewentig manne uit die oudstes van die volk bymekaar laat kom en hulle rondom die tent laat staan.
Daarop het die HERE neergedaal in die wolk en met hom gespreek; en Hy het van die Gees wat op hom was, afgesonder en op die sewentig oudstes gelê. En terwyl die Gees op hulle rus, het hulle geprofeteer; maar daarna nie meer nie.
Maar Moses sê vir hom: Ywer jy vir my? Ag, as die hele volk van die HERE maar profete was, dat die HERE sy Gees oor hulle mag gee!
Toe het 'n wind wat van die HERE kom, uitgevaar en kwartels van die see af oorgedrywe en op die laer gestrooi omtrent 'n dagreis hier en omtrent 'n dagreis daar, rondom die laer; en hulle was omtrent twee el bokant die grond.
Die vleis was nog tussen hulle tande, voordat dit gekou was, toe die toorn van die HERE alreeds teen die volk ontvlam het, en die HERE het onder die volk 'n baie groot slagting teweeggebring.
En hulle het gesê: Het die HERE dan maar alleen met Moses gespreek? Het Hy nie ook met ons gespreek nie? En die HERE het dit gehoor.
Toe het die HERE dadelik met Moses en Aäron en Mirjam gespreek: Julle drie, kom uit na die tent van samekoms! En hulle drie het uitgekom.
En die HERE het in 'n wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tent gaan staan. Daarna het Hy Aäron en Mirjam geroep, en hulle twee het uitgekom.
Toe sê Hy: Hoor tog my woorde. As julle profeet van die HERE is, sal Ek deur 'n gesig My aan hom bekend maak, deur 'n droom sal Ek met hom spreek.
Mond tot mond spreek Ek met hom, en deur aanskouing en nie deur duister woorde nie; en hy sien die verskyning van die HERE. Waarom het julle dan nie gevrees om teen my kneg, teen Moses, te spreek nie?
En waarom bring die HERE ons na hierdie land om deur die swaard te val? Ons vroue en ons kinders sal 'n buit word. Sal dit nie beter vir ons wees om na Egipte terug te gaan nie?
As die HERE 'n welbehae in ons het, sal Hy ons in hierdie land inbring en dit aan ons gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
Wees net nie teen die HERE opstandig nie, en wees julle nie bevrees vir die volk van die land nie, want hulle is ons spys. Hulle beskutting het van hulle gewyk, en die HERE is met ons. Wees nie bevrees vir hulle nie!
Toe sê die hele vergadering dat hulle gestenig moet word. Maar die heerlikheid van die HERE het in die tent van samekoms verskyn voor al die kinders van Israel.
Daarop het die HERE aan Moses gesê: Hoe lank sal hierdie volk My verag? En hoe lank sal hulle in My nie glo nie, ondanks al die tekens wat Ek onder hulle gedoen het?
Toe het Moses aan die HERE gesê: Maar die Egiptenaars het gehoor dat U deur u krag hierdie volk onder hulle uit laat optrek het
en dit aan die inwoners van hierdie land gesê. Hulle het gehoor dat U, HERE, in die midde van hierdie volk is; dat U, HERE, duidelik waarneembaar verskyn; dat u wolk oor hulle staan en U in 'n wolkkolom voor hulle uit trek bedags en in 'n vuurkolom by nag.
Toe sê die HERE vir Moses: As haar vader net maar in haar gesig gespuug het, sou sy nie sewe dae lank beskaamd wees nie? Laat sy sewe dae lank buitekant die laer opgesluit wees, en daarna mag sy opgeneem word.
En Moses het hulle uitgestuur uit die woestyn Paran, volgens die bevel van die HERE--hulle almal manne wat hoofde was van die kinders van Israel.
Omdat die HERE hierdie volk nie kon inbring in die land wat Hy hulle met 'n eed beloof het nie, het Hy hulle in die woestyn omgebring.
Die HERE is lankmoedig en groot van goedertierenheid, wat die ongeregtigheid en oortreding vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie, wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die HERE, waarlik, soos julle voor my ore gespreek het, so sal Ek aan julle doen.
Ek, die HERE, het dit gespreek; waarlik, dit sal Ek aan hierdie hele bose vergadering doen wat teen My bymekaargekom het. Hulle sal in hierdie woestyn omkom en daar sterwe.
die manne wat 'n slegte gerug aangaande die land versprei het, het gesterwe deur 'n plaag voor die aangesig van die HERE.
en die môre vroeg klaargemaak en op die top van die berg geklim en gesê: Hier is ons, en ons wil optrek na die plek wat die HERE gesê het, want ons het gesondig.
Maar Moses het gesê: Waarom oortree julle tog die bevel van die HERE, aangesien dit tog nie sal geluk nie?
Moenie optrek nie, want die HERE is nie in julle midde nie--anders word julle verslaan voor julle vyande.
Want die Amalekiete en die Kanaäniete is daar voor julle, en julle sal deur die swaard val; omdat julle van die HERE afvallig geword het, daarom sal die HERE nie met julle wees nie.
Nogtans het hulle vermetel gehandel om op die top van die berg te klim; maar die verbondsark van die HERE en Moses het nie uit die laer gewyk nie.
en julle 'n vuuroffer aan die HERE wil berei, 'n brandoffer of slagoffer--deur 'n besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle feestye--om vir die HERE 'n lieflike geur van beeste of van kleinvee te berei,
dan moet die een wat sy offer aan die HERE bring, as spysoffer bring 'n tiende van 'n efa fynmeel, gemeng met 'n kwart-hin olie;
En as jy 'n jong bul as brandoffer of slagoffer berei, deur 'n besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die HERE,
Elke kind van die land moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE te bring.
En as 'n vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en 'n vuuroffer van lieflike geur vir die HERE berei--soos julle doen, so moet hy doen.
Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. 'n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.
Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle 'n offergawe aan die HERE gee in julle geslagte.
Verder, as julle jul misgaan en nie al hierdie gebooie doen wat die HERE aan Moses meegedeel het nie--
alles wat die HERE julle deur Moses beveel het van die dag af dat die HERE dit beveel het en verder in julle geslagte--
dan moet die hele vergadering, as dit buiten wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul berei vir 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE, met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; en een bokram as sondoffer.
En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want 'n swakheid was dit, en húlle het hul offer as vuuroffer aan die HERE en hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van die HERE gebring.
En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die HERE begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.
Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die HERE; en dié siel moet uitgeroei word onder sy volk uit.
Want die woord van die HERE het hy verag en sy gebod verbreek. Dié siel moet sekerlik uitgeroei word; sy ongeregtigheid is op hom.
Toe sê die HERE vir Moses: Die man moet sekerlik gedood word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.
Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos die HERE Moses beveel het.
En dit sal julle as klossies dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die HERE dink, dat julle dit doen en nie jul hart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle 'n God te wees. Ek is die HERE julle God.
En hulle het bymekaargekom teen Moses en Aäron en aan hulle gesê: Dit is nou genoeg; want die hele vergadering, hulle almal, is heilig; en die HERE is in hulle midde! Waarom verhef julle jul dan oor die vergadering van die HERE?
en hy het met Korag en sy hele bende gespreek en gesê: Môre vroeg, dan sal die HERE bekend maak wie Hom toebehoort en wie die heilige is, en wie Hy na Hom laat nader kom: wie Hy uitkies, sal Hy na Hom laat nader kom.
en gooi daar môre vuur in en lê daar reukwerk op voor die aangesig van die HERE; dan sal die man wat die HERE uitkies, die heilige wees. Dit is nou genoeg, kinders van Levi!
Is dit julle nie genoeg dat die God van Israel julle uit die vergadering van Israel afgeskei het om julle na Hom te laat nader kom, om die dienswerk van die HERE se tabernakel te verrig en te staan voor die vergadering om hulle te dien nie,
Daarom, jy en jou hele bende is mense wat teen die HERE vergader; want Aäron, wat is hy, dat julle teen hom murmureer?
Toe het Moses baie kwaad geword, en hy het aan die HERE gesê: Sien hulle offer nie aan nie. Ek het nie een esel van hulle geneem en nie een van hulle kwaad aangedoen nie.
Verder het Moses vir Korag gesê: Jy en jou hele bende, sorg dat julle môre voor die aangesig van die HERE is, jy en hulle en Aäron.
En neem julle elkeen sy vuurpan en gooi daar reukwerk op, en bring voor die aangesig van die HERE elkeen sy vuurpan, twee honderd en vyftig vuurpanne, ook jy en Aäron elkeen sy vuurpan.
En Korag het die hele vergadering teen hulle bymekaar laat kom by die ingang van die tent van samekoms. Toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan die hele vergadering.
Toe sê Moses: Hieraan sal julle weet dat die HERE my gestuur het om al hierdie werke te doen, dat hulle nie uit my eie hart is nie:
as hierdie mense sterwe soos alle mense sterwe en met die besoeking van alle mense besoek word, dan het die HERE my nie gestuur nie.
Maar as die HERE iets nuuts skep en die grond sy mond oopmaak en hulle verslind met alles wat aan hulle behoort, en hulle lewendig na die doderyk afdaal, dan sal julle weet dat hierdie manne die HERE verag het.
Toe het 'n vuur van die HERE uitgegaan en die twee honderd en vyftig man verteer wat die reukwerk gebring het.
naamlik die vuurpanne van die wat gesondig het ten koste van hulle lewe; en daarvan moet dun plate geslaan word as 'n oortreksel vir die altaar. Want hulle het dié voor die aangesig van die HERE gebring--daarom is hulle heilig; en hulle sal vir die kinders van Israel 'n teken wees.
'n aandenking vir die kinders van Israel, sodat 'n onbevoegde wat nie uit die nageslag van Aäron is nie, nie sal nader kom om reukwerk voor die aangesig van die HERE aan die brand te steek nie; sodat hy nie word soos Korag en sy bende nie, soos die HERE aan hom deur die diens van Moses gesê het.
Maar die volgende dag het die hele vergadering van die kinders van Israel teen Moses en Aäron gemurmureer en gesê: Júlle het die volk van die HERE gedood.
En terwyl die vergadering teen Moses en Aäron bymekaarkom, het hulle hul na die tent van samekoms gedraai, en meteens het die wolk dit oordek en die heerlikheid van die HERE het verskyn.
en Moses sê vir Aäron: Neem die vuurpan en gooi vuur van die altaar daarin en lê reukwerk daarop, en bring dit gou na die vergadering en doen versoening vir hulle; want die toorn het van die HERE se aangesig uitgegaan, die plaag het begin!
Toe bring Moses al die stawe wat voor die aangesig van die HERE was, na al die kinders van Israel toe uit; en hulle het dit gesien en elkeen sy staf geneem.
Daarop het die HERE vir Moses gesê: Bring die staf van Aäron terug voor die Getuienis om dit te bewaar as teken vir die wederstrewiges, en bevry My eindelik van hulle murmureringe, dat hulle nie sterwe nie.
Elkeen wat enigsins nader kom na die tabernakel van die HERE, sal sterwe. Is ons dan geheel en al daarvoor bestemd om weg te sterwe?
En die HERE het vir Aäron gesê: Jy en jou seuns en die huis van jou vader saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot die heiligdom dra; en jy en jou seuns saam met jou moet die ongeregtigheid met betrekking tot julle priesteramp dra.
Want Ek self het julle broers, die Leviete, onder die kinders van Israel uit geneem as 'n geskenk vir julle, mense wat aan die HERE gegee is om die dienswerk van die tent van samekoms te verrig.
Verder het die HERE met Aäron gespreek: Ek self het jou die diens van my offergawes gegee; wat betref al die heilige gawes van die kinders van Israel, aan jou gee Ek dit as aandeel en aan jou seuns as ewige insetting.
Al die beste van die olie en al die beste van die mos en die koring, die eerste daarvan wat hulle aan die HERE gee, dit gee Ek aan jou.
Die eerstelinge van alles wat in hulle land is, wat hulle aan die HERE bring, moet joue wees. Elkeen wat rein is in jou huis, mag dit eet.
Alles wat die moederskoot open--alle vlees wat hulle vir die HERE aanbring, mense en diere--moet joue wees; maar die eersgeborenes van mense moet jy sekerlik loskoop; ook moet jy die eersgeborenes van onrein diere loskoop.
Maar die eersgeborene van 'n bees of die eersgeborene van 'n skaap of die eersgeborene van 'n bok moet jy nie loskoop nie; heilig is hulle; hulle bloed moet jy uitgooi teen die altaar en hulle vet aan die brand steek as 'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
Al die offergawes van die heilige dinge wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, gee Ek aan jou en jou seuns en jou dogters saam met jou as 'n ewige insetting. Dit is 'n ewige soutverbond voor die aangesig van die HERE, vir jou en jou nageslag saam met jou.
Ook het die HERE vir Aäron gesê: Jy sal in hulle land nie erwe nie, en jy sal geen deel onder hulle hê nie. Ek is jou deel en jou erfenis onder die kinders van Israel.
Want die tiendes van die kinders van Israel wat hulle aan die HERE as offergawe afgee, gee Ek aan die Leviete as erfdeel. Daarom het Ek aangaande hulle gesê: Hulle moet onder die kinders van Israel geen erfdeel kry nie.
Jy moet ook met die Leviete spreek en aan hulle sê: As julle van die kinders van Israel die tiendes neem wat Ek aan julle van hulle as jul erfdeel gegee het, moet julle daarvan 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n tiende van die tiende.
Só moet julle ook 'n offergawe aan die HERE afgee van al julle tiendes wat julle van die kinders van Israel neem, en julle moet daarvan die offergawe aan die HERE aan die priester Aäron gee.
Van al jul gawes moet julle die hele offergawe aan die HERE afgee, van al die beste daarvan, as die heilige gawe wat daarvan moet afgaan.
Dit is die wetsinsetting wat die HERE beveel het deur te sê: Spreek met die kinders van Israel dat hulle vir jou 'n rooi koei sonder gebrek bring waar geen liggaamsgebrek aan is, waarop geen juk gekom het nie.
Elkeen wat aan 'n dooie raak, aan die lyk van 'n mens wat gesterf het, en hom nie ontsondig nie, verontreinig die tabernakel van die HERE, en dié siel moet uit Israel uitgeroei word. Omdat geen reinigingswater op hom uitgegooi is nie, sal hy onrein wees;sy onreinheid is nog aan hom.
Maar as iemand onrein word en hom nie ontsondig nie, dan moet dié siel uitgeroei word uit die vergadering, want hy het die heiligdom van die HERE verontreinig: reinigingswater is op hom nie uitgegooi nie, hy is onrein.
En die volk het met Moses getwis, en hulle het gespreek en gesê: Ag, het ons tog maar gesterwe toe ons broers voor die aangesig van die HERE gesterf het!
En waarom het julle die vergadering van die HERE in hierdie woestyn gebring, dat ons en ons vee daar sou sterwe?
Daarop gaan Moses en Aäron van die vergadering af weg na die ingang van die tent van samekoms, en hulle het op hul aangesig geval; toe verskyn die heerlikheid van die HERE aan hulle.
Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.
Dit is die waters van Mériba waar die kinders van Israel met die HERE getwis het en Hy Hom onder hulle as die Heilige laat ken het.
Toe het ons die HERE aangeroep, en Hy het ons stem gehoor: Hy het 'n Engel gestuur en ons uit Egipte uitgelei. Hier is ons nou in Kades, 'n stad op die grens van jou grondgebied.
En die HERE het met Moses en Aäron by die berg Hor, op die grens van die land Edom, gespreek en gesê:
Toe het Moses gedoen soos die HERE beveel het: hulle het op die berg Hor geklim voor die oë van die hele vergadering.
Daarop het Israel aan die HERE 'n gelofte gedoen en gesê: As U hierdie volk heeltemal in my hand gee, sal ek hulle stede met die banvloek tref.
En die HERE het gehoor na die stem van Israel en die Kanaäniete oorgegee. En hy het hulle en hul stede met die banvloek getref en die plek Horma genoem.
Toe stuur die HERE giftige slange onder die volk wat die volk gebyt het; en baie mense uit Israel het gesterwe.
En die volk het na Moses gekom en gesê: Ons het gesondig dat ons teen die HERE en teen u gespreek het. Bid tot die HERE, dat Hy die slange van ons wegneem. En Moses het vir die volk gebid.
Daarop sê die HERE aan Moses: Maak vir jou 'n giftige slang en sit dit op 'n paal; dan sal elkeen wat gebyt is en daarna kyk, lewe.
En daarvandaan het hulle na Beër getrek. Dit is die put waarvan die HERE aan Moses gesê het: Laat die volk bymekaarkom, dat Ek vir hulle water kan gee.
Daarop sê die HERE vir Moses: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek het hom en sy hele volk en sy land in jou hand gegee; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.
Daarop antwoord hy hulle: Bly vannag hier oor; dan sal ek julle berig bring soos die HERE aan my sal sê. Toe het die vorste van Moab by Bíleam gebly.
Toe staan Bíleam die môre op, en hy sê aan die vorste van Balak: Gaan na julle land, want die HERE het geweier om my saam met julle te laat gaan.
Toe antwoord Bíleam en sê aan die dienaars van Balak: Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE my God nie oortree om klein of groot te doen nie.
Maar die toorn van God het ontvlam, omdat hy weggetrek het; en die Engel van die HERE het gaan staan in die pad as sy teëparty, terwyl hy op sy esel ry en sy twee dienaars by hom was.
En die esel het die Engel van die HERE in die pad sien staan, met sy ontblote swaard in sy hand; daarom het die esel uit die pad uitgedraai en die veld ingeloop. Maar Bíleam het die esel geslaan om haar na die pad te stuur.
Daarop gaan die Engel van die HERE in 'n hol pad tussen die wingerde staan--'n muur duskant en 'n muur anderkant.
En toe die esel die Engel van die HERE sien, druk sy haarself teen die muur en druk ook Bíleam se voet teen die muur; daarom het hy haar weer geslaan.
En die Engel van die HERE het weer verder gegaan en bly staan op 'n nou plek waar geen pad was om regs of links uit te draai nie.
Toe die esel die Engel van die HERE sien, gaan sy onder Bíleam lê. Daarop het Bíleam baie kwaad geword en die esel met 'n stok geslaan.
Maar die HERE het die bek van die esel geopen, en sy sê vir Bíleam: Wat het ek jou gedoen, dat jy my nou al drie maal geslaan het?
Toe open die HERE die oë van Bíleam, sodat hy die Engel van die HERE in die pad sien staan met sy ontblote swaard in sy hand, en hy het gebuig en op sy aangesig neergeval.
En die Engel van die HERE vra hom: Waarom het jy jou esel nou al drie maal geslaan? Kyk, Ek self het uitgegaan as 'n teëparty, want jou weg loop gevaarlik steil in my oog!
Toe antwoord Bíleam die Engel van die HERE: Ek het gesondig, want ek het nie geweet dat U teenoor my in die pad gestaan het nie. Maar nou, as dit verkeerd is in u oë, sal ek teruggaan.
En die Engel van die HERE sê vir Bíleam: Gaan saam met die manne, maar net die woord wat Ek jou sê, dit moet jy spreek. So het Bíleam dan met die vorste van Balak saamgegaan.
Daarop sê Bíleam vir Balak: Bly by jou brandoffer staan, en ek sal heengaan; miskien sal die HERE my tegemoetkom, en wat Hy my ook al laat sien, sal ek jou bekend maak. En hy het na 'n kaal heuwel gegaan.
En die HERE het Bíleam ontmoet en 'n woord in sy mond gelê en gesê: Gaan terug na Balak, en so moet jy spreek.
En hy het by hom gekom terwyl hy daar staan by sy brandoffer, en die vorste van Moab by hom. En Balak sê vir hom: Wat het die HERE gespreek?
'n Mens aanskou geen ongeregtigheid in Jakob en sien geen onheil in Israel nie. Die HERE sy God is met hom, en die gejubel tot eer van die Koning is by hom.
Maar Bíleam antwoord en sê vir Balak: Het ek nie dit met jou gespreek nie: Alles wat die HERE spreek, dit sal ek doen?
Toe Bíleam sien dat dit goed was in die oë van die HERE om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.
Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by 'n rivier, soos alewees wat die HERE geplant het, soos seders by die water.
Trek dan nou gou na jou woonplek! Ek het gesê dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, die HERE het jou van verering teruggehou.
Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek.
Toe sê die HERE vir Moses: Neem al die hoofde van die volk en hang die oortreders op in die volle son vir die HERE, sodat die toorngloed van die HERE van Israel afgewend kan word.
En ná die plaag het die HERE met Moses en met Eleásar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesê:
Laat hulle opneem van twintig jaar oud en daarbo, soos die HERE Moses beveel het. En die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het, was:
en die seuns van Elíab was: Némuel en Datan en Abíram. Dit is Datan en Abíram wat na die vergadering opgeroep was, wat getwis het teen Moses en Aäron in die bende van Korag toe daar teen die HERE getwis is.
Want die HERE het van hulle gesê: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.
Ons vader het in die woestyn gesterwe, en hy het nie behoort by die bende van die wat teen die HERE vergader het in die bende van Korag nie, maar hy het om sy sonde ontwil gesterwe en geen seuns gehad nie.
En as sy vader geen broers het nie, moet julle sy erfdeel aan sy bloedverwant gee wat naaste aan hom is uit sy geslag, en dié moet dit in besit neem. En dit moet vir die kinders van Israel 'n regsinsetting wees, soos die HERE Moses beveel het.
Daarna het die HERE aan Moses gesê: Klim op hierdie gebergte Abárim, en bekyk die land wat Ek aan die kinders van Israel gegee het.
En Moses het met die stamhoofde van die kinders van Israel gespreek en gesê: Dit is die saak wat die HERE beveel het:
wat voor hulle uittrek en wat voor hulle intrek, en wat hulle uitlei en wat hulle inlei; sodat die vergadering van die HERE nie mag wees soos skape wat geen wagter het nie.
Toe sê die HERE aan Moses: Neem vir jou Josua, die seun van Nun, 'n man in wie die Gees is; en lê hom die hand op,
En hy moet voor die priester Eleásar staan, dat dié vir hom die beslissing van die Urim kan vra voor die aangesig van die HERE; volgens sy uitspraak moet hulle uittrek en volgens sy uitspraak moet hulle intrek, hy en al die kinders van Israel saam met hom en die hele vergadering.
En Moses het gedoen soos die HERE hom beveel het: hy het Josua geneem en hom voor die priester Eleásar en voor die hele vergadering gestel,
en hy het hom die hande opgelê en hom 'n opdrag gegee soos die HERE deur die diens van Moses gespreek het.
En jy moet vir hulle sê: Dit is die vuuroffer wat julle aan die HERE moet bring: twee jaaroud lammers sonder gebrek elke dag as 'n voortdurende brandoffer.
Dit is die voortdurende brandoffer wat by die berg Sinai ingestel is as lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
En die drankoffer wat daarby behoort, moet wees 'n kwart-hin vir elke lam. In die heiligdom moet jy die drankoffer van sterk drank aan die HERE uitgiet.
En die ander lam moet jy teen die aand berei; met dieselfde spysoffer as in die môre en met die drankoffer wat daarby behoort, moet jy dit berei--'n vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En by die begin van julle maande moet julle 'n brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
en een-tiende fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, vir elke lam. Dit is 'n brandoffer, 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
Ook moet een bokram as sondoffer aan die HERE berei word, behalwe die voortdurende brandoffer en die drankoffer wat daarby behoort.
Maar julle moet as vuuroffer, as brandoffer aan die HERE bring: twee jong bulle en een ram en sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees.
Op dié manier moet julle elke dag, sewe dae lank, die vuurofferspys van lieflike geur vir die HERE berei; by die voortdurende brandoffer moet dit berei word--en die drankoffer wat daarby behoort.
En op die dag van die eerstelinge, as julle 'n nuwe spysoffer by julle fees van die weke aan die HERE bring, moet daar vir julle'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie.
Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: twee jong bulle, een ram, sewe jaaroud lammers;
Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur vir die HERE berei: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
behalwe die brandoffer van die nuwemaan en die spysoffer wat daarby behoort, en die voortdurende brandoffer en die spysoffer wat daarby behoort, en hulle drankoffers volgens die daarvoor geldende voorskrif--tot 'n lieflike geur, 'n vuuroffer aan die HERE.
Dan moet julle 'n brandoffer as lieflike geur aan die HERE bring: een jong bul, een ram, sewe jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle vir julle wees;
En op die vyftiende dag van die sewende maand moet daar vir julle 'n heilige samekoms wees; géén beroepswerk mag julle doen nie, maar julle moet sewe dae lank vir die HERE 'n fees vier.
En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: dertien jong bulle, twee ramme, veertien jaaroud lammers; sonder gebrek moet hulle wees;
En julle moet as brandoffer, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE bring: een bul, een ram, sewe jaaroud lammers sonder gebrek;
Dit moet julle tot eer van die HERE op jul feestye berei, behalwe julle geloftes en julle vrywillige gawes, of dit al brandoffers is of spysoffers of drankoffers of dankoffers.
As iemand aan die HERE 'n gelofte doen of 'n eed sweer waardeur hy homself verbind om hom van iets te onthou, moet hy sy woord nie breek nie; hy moet handel volgens alles wat uit sy mond uitgaan.
Maar as 'n vrou aan die HERE 'n gelofte doen of haarself verbind om haar te onthou, terwyl sy in haar vader se huis is in haar jeug,
Maar as haar vader haar terughou op die dag dat hy daarvan hoor, sal al haar geloftes en elke onthouding waartoe sy haarself verbind het, nie van krag wees nie; en die HERE sal haar dit vergewe, omdat haar vader haar teruggehou het.
Maar as haar man op die dag dat hy daarvan hoor, haar terughou, dan maak hy haar gelofte tot niet wat op haar rus, en ook wat onverskillig uitgespreek is, waardeur sy haarself verbind het; en die HERE sal haar dit vergewe.
Maar as haar man die dinge uitdruklik tot niet maak op die dag dat hy daarvan hoor, sal niks van alles wat uit haar lippe uitgegaan het, van haar geloftes of van die verbintenis tot onthouding, van krag wees nie; haar man het dit tot niet gemaak, en die HERE sal haar dit vergewe.
Dit is die insettinge wat die HERE Moses beveel het tussen 'n man en sy vrou, tussen 'n vader en sy dogter terwyl sy in haar jeug in haar vader se huis is.
Daarop het Moses met die volk gespreek en gesê: Laat manne uit julle midde hul vir die oorlog wapen, dat hulle teen Mídian kan trek om die wraakgerig van die HERE aan Mídian te voltrek.
En hulle het oorlog toe getrek teen Mídian, soos die HERE Moses beveel het, en al die manlike persone gedood.
Kyk, hulle was, deur die raad van Bíleam, vir die kinders van Israel 'n oorsaak van troubreuk teenoor die HERE in die saak van Peor, sodat die plaag in die vergadering van die HERE was.
En die priester Eleásar het aan die krygsmanne wat na die oorlog getrek het, gesê: Dit is die wetsinsetting wat die HERE Moses beveel het.
En hef 'n bydrae vir die HERE van die krygsmanne wat na die oorlog uitgetrek het--een uit elke vyf honderd--van die mense en van die beeste en van die esels en van die kleinvee.
Van hulle helfte moet julle dit neem, en gee dit aan die priester Eleásar as 'n offergawe aan die HERE.
Maar uit die helfte van die kinders van Israel moet jy een neem, uitgehaal uit elke vyftig, uit die mense, uit die beeste, uit die esels en die kleinvee, uit al die diere; en jy moet dit aan die Leviete gee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem.
En Moses het aan die priester Eleásar die bydrae gegee wat as offergawe aan die HERE bestem was, soos die HERE Moses beveel het.
uit die helfte van die kinders van Israel het Moses geneem--van wat uitgehaal was, een uit elke vyftig, van mense en van diere--en hy het dit aan die Leviete gegee wat die diens by die tabernakel van die HERE waarneem, soos die HERE Moses beveel het.
Daarom bring elkeen van ons as offer aan die HERE wat hy aan goue goed gevind het: armkettings en armbande, vingerringe, oorringe en halssierade, om versoening te doen vir ons siele voor die aangesig van die HERE.
En al die goud van die offergawe wat hulle aan die HERE afgegee het, was sestien duisend sewe honderd en vyftig sikkels, afkomstig van die owerstes oor duisend en die owerstes oor honderd.
So het Moses en die priester Eleásar dan die goud van die owerstes oor duisend en oor honderd aangeneem en dit in die tent van samekoms gebring om die kinders van Israel voor die aangesig van die HERE in gedagtenis te bring.
die land wat die HERE voor die vergadering van Israel uit verower het--is 'n land vir vee, en u dienaars het vee.
Waarom tog wil julle die hart van die kinders van Israel daarvan afkerig maak om deur te trek in die land wat die HERE aan hulle gegee het?
Toe hulle tot by die dal Eskol opgetrek en die land bekyk het, het hulle die hart van die kinders van Israel afkerig gemaak om in die land in te trek wat die HERE aan hulle gegee het.
behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, en Josua, die seun van Nun; want hulle het volhard om die HERE te volg.
En die toorn van die HERE het teen Israel ontvlam, en Hy het hulle veertig jaar lank in die woestyn laat rondswerwe, totdat die hele geslag verteer was wat kwaad gedoen het in die oë van die HERE.
En kyk, julle het opgestaan in die plek van julle vaders, 'n egte kroos van sondige mense, om die toorngloed van die HERE teen Israel nog te vermeerder.
Toe sê Moses vir hulle: As julle dit doen, as julle jul voor die aangesig van die HERE vir die oorlog wapen
en elke gewapende man van julle voor die aangesig van die HERE deur die Jordaan trek, totdat Hy sy vyande voor sy aangesig uit verdrywe het
en die land voor die aangesig van die HERE onderwerp is, en julle daarna teruggaan, dan sal julle vrygestel wees voor die HERE en voor Israel, en hierdie land sal vir julle 'n besitting word voor die aangesig van die HERE.
Maar as julle nie so doen nie, kyk, dan sondig julle teen die HERE, en weet dan dat julle sonde julle sal uitvind.
maar u dienaars, almal wat vir die oorlog gewapen is, sal voor die aangesig van die HERE na die oorlog oortrek soos my heer gespreek het.
en Moses het aan hulle gesê: As die kinders van Gad en die kinders van Ruben saam met julle deur die Jordaan trek, almal wat vir die oorlog gewapen is, voor die aangesig van die HERE, en die land voor julle uit onderwerp is, gee dan aan hulle die land Gílead as 'n besitting.
En die kinders van Gad en die kinders van Ruben het geantwoord en gesê: Wat die HERE aan u dienaars gesê het, so sal ons doen.
Ons sal gewapend oortrek voor die aangesig van die HERE na die land Kanaän, en ons erflike besitting oos van die Jordaan sal ons s'n wees.
Volgens die bevel van die HERE het Moses die plekke opgeskrywe vanwaar hulle van plek tot plek verder getrek het; en dit is hulle plekke vanwaar hulle al verder getrek het.
terwyl die Egiptenaars besig was om dié te begrawe wat die HERE onder hulle verslaan het, al die eersgeborenes; ook het die HERE aan hulle gode strafgerigte voltrek.
Toe het die priester Aäron volgens die bevel van die HERE op die berg Hor geklim en daar gesterwe, in die veertigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vyfde maand, op die eerste van die maand.
En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesê: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.
Dit is hulle aan wie die HERE bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.
'n volk groot en talryk en hoog van gestalte soos die Enakiete--maar die HERE het dié voor hulle uit verdelg, sodat hulle dié uit hulle besitting verdryf en in hulle plek gaan woon het;
soos die kinders van Esau wat in Seïr woon, en die Moabiete wat in Ar woon, met my gedoen het--totdat ek deur die Jordaan trek in die land wat die HERE onse God aan ons sal gee.
Maar Sihon, die koning van Hesbon, wou ons nie by hom laat deurtrek nie; want die HERE jou God het sy gees verhard en sy hart verstok, dat Hy hom in jou hand kon gee soos dit vandag is.
En die HERE het vir my gesê: Kyk, Ek begin om Sihon en sy land aan jou oor te gee; begin om in besit te neem, om sy land in besit te neem.
En jy mag die land waar julle in woon, nie verontreinig nie, omdat Ek daarin woon; want Ek, die HERE, woon in die midde van die kinders van Israel.
en gesê: Die HERE het aan my heer bevel gegee om die land deur die lot as erfenis aan die kinders van Israel te gee; ook het my heer van die HERE bevel ontvang om die erfdeel van ons broer Selófhad aan sy dogters te gee.
Toe het Moses die kinders van Israel volgens die bevel van die HERE gelas en gesê: Die stam van die kinders van Josef praat reg.
Dit is die saak wat die HERE aangaande die dogters van Selófhad beveel het deur te sê: Laat hulle die vroue word van hom wat goed is in hulle oë; hulle moet net trou in 'n geslag van die stam van hulle vader,
Dit is die gebooie en die verordeninge wat die HERE deur die diens van Moses die kinders van Israel beveel het, in die vlaktes van Moab by die Jordaan van Jérigo.
En in die veertigste jaar, in die elfde maand, op die eerste van die maand, het Moses met die kinders van Israel gespreek net soos die HERE ten opsigte van hulle aan hom bevel gegee het;
Die HERE onse God het met ons by Horeb gespreek en gesê: Julle het lank genoeg by hierdie berg gebly.
Kyk, Ek gee die land aan julle oor; gaan in en neem die land in besit wat die HERE aan julle vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee en aan hulle nageslag ná hulle.
Die HERE julle God het julle vermenigvuldig; en kyk, julle is vandag soos die sterre van die hemel in menigte.
Mag die HERE, die God van julle vaders, by julle byvoeg duisend maal soveel as wat julle is, en julle seën soos Hy julle beloof het!
Toe het ons van Horeb af opgebreek, en ons het daardie hele groot en vreeslike woestyn deurgetrek wat julle op pad na die gebergte van die Amoriete gesien het, soos die HERE onse God ons beveel het; en ons het tot by Kades-Barnéa gekom.
Toe het ek vir julle gesê: Julle het tot by die gebergte van die Amoriete gekom wat die HERE onse God aan ons sal gee.
Kyk, die HERE jou God het die land aan jou oorgegee; trek op, neem dit in besit soos die HERE, die God van jou vaders, jou gesê het; wees nie bevrees en wees nie verskrik nie.
Hulle het toe van die vrugte van die land met hulle saamgeneem en dit na ons afgebring en aan ons verslag gegee en gesê: Die land wat die HERE onse God aan ons sal gee, is goed.
En julle het in jul tente gemurmureer en gesê: Omdat die HERE ons haat, het Hy ons uit Egipteland uitgelei om ons in die hand van die Amoriete oor te gee, dat hulle ons verdelg.
Die HERE julle God wat voor jul uit trek, Hy sal vir julle stry net soos Hy voor julle oë met julle in Egipte gedoen het
en in die woestyn, waar jy gesien het hoe die HERE jou God jou gedra het soos 'n man sy seun dra, op die hele pad wat julle getrek het, totdat julle tot by hierdie plek gekom het.
behalwe Kaleb, die seun van Jefúnne; hy sal dit sien, en aan hom en sy kinders sal Ek die land gee waarop hy geloop het, omdat hy volhard het om die HERE te volg.
Toe het julle geantwoord en vir my gesê: Ons het teen die HERE gesondig; ons self sal optrek en veg net soos die HERE onse God ons beveel het. En toe julle elkeen sy oorlogswapens aangord en daar nog maklik oor dink om in die gebergte op te trek,
het die HERE vir my gesê: Sê vir hulle: Julle mag nie optrek en veg nie--want Ek is nie in julle midde nie--dat julle nie voor julle vyande verslaan word nie.
Maar toe ek met julle gespreek het, het julle nie geluister nie, maar julle was wederstrewig teen die bevel van die HERE en het vermetel in die gebergte opgetrek.
En julle het teruggekom en voor die aangesig van die HERE geween, maar die HERE het na julle stem nie geluister en julle geen gehoor gegee nie.
Daarna het ons gedraai en weggetrek na die woestyn, op pad na die Skelfsee, soos die HERE aan my gesê het, en ons het om die gebergte Seïr getrek, baie dae lank.
Want die HERE jou God het jou geseën in al die werk van jou hand; Hy ken jou trek deur hierdie groot woestyn; nou veertig jaar lank was die HERE jou God met jou; geen ding het jou ontbreek nie.
Toe het die HERE vir my gesê: Behandel Moab nie as vyand en begeef jou nie in die oorlog teen hulle nie; want Ek sal jou niks van sy land as besitting gee nie, omdat Ek Ar aan die kinders van Lot as 'n besitting gegee het.
Ook het die Horiete tevore in Seïr gewoon; maar die kinders van Esau het hulle uit hul besitting verdrywe en voor hulle uit verdelg en in hulle plek gaan woon, net soos Israel gedoen het met die land van sy besitting wat die HERE aan hulle gegee het.
En die dae van ons trek van Kades-Barnéa af totdat ons oor die spruit Sered gegaan het, was agt en dertig jaar--totdat die hele geslag, die krygsmanne, uit die laer omgekom het soos die HERE hulle dit gesweer het.
So was die hand van die HERE dan ook teen hulle om hulle uit die laer te vernietig totdat hulle omgekom het.
Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.
En die HERE onse God het hom aan ons oorgegee, sodat ons hom en sy seuns en sy hele volk verslaan het.
Van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lê, en die stad in die dal, tot by Gílead was daar vir ons geen vesting onneembaar nie--die HERE onse God het alles aan ons oorgegee.
Net naby die land van die kinders van Ammon het jy nie gekom nie: die hele kant van die Jabbokrivier en die stede van die gebergte en alles wat die HERE onse God verbied het.
Toe het die HERE vir my gesê: Wees nie bevrees vir hom nie, want Ek gee hom en sy hele volk en sy land in jou hand; en jy moet met hom doen soos jy gedoen het met Sihon, die koning van die Amoriete, wat in Hesbon gewoon het.
En die HERE onse God het ook Og, die koning van Basan, en sy hele volk in ons hand gegee, sodat ons hom verslaan het, totdat daar van hom niemand oor was wat vrygeraak het nie.
Verder het ek in dié tyd aan julle bevel gegee en gesê: Die HERE julle God het aan julle hierdie land gegee om dit in besit te neem; gewapend moet julle voor jul broers, die kinders van Israel, oortrek--al die dapper manne.
totdat die HERE aan julle broers soos aan julle rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle oorkant die Jordaan sal gee; dan kan julle teruggaan elkeen na sy besitting wat ek aan julle gegee het.
Ook het ek Josua in dié tyd beveel en gesê: Jou oë het alles gesien wat die HERE julle God aan hierdie twee konings gedoen het. So sal die HERE aan al die koninkryke doen waarheen jy oortrek.
Here, HERE! U het begin om u kneg u grootheid en u sterke hand te laat sien; want watter God is daar in die hemel en op die aarde wat sulke werke en sulke magtige dade kan doen soos U?
Maar die HERE het toornig op my geword om julle ontwil en my nie verhoor nie; maar die HERE het vir my gesê: Dit is nou genoeg! Moenie nog verder met My oor hierdie saak spreek nie.
Luister dan nou, Israel, na die insettinge en die verordeninge wat ek julle leer om te doen, sodat julle mag lewe en inkom en die land wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle sal gee, in besit mag neem.
Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.
Julle oë het gesien wat die HERE weens Baäl-Peor gedoen het; want al die manne wat agter Baäl-Peor aan geloop het, dié het die HERE jou God onder jou uit verdelg.
Kyk, ek het julle insettinge en verordeninge geleer soos die HERE my God my beveel het, om so te handel in die land waarheen julle gaan om dit in besit te neem.
Want watter groot nasie het gode wat vir hulle so naby is soos die HERE onse God so dikwels as ons Hom aanroep?
die dag dat jy voor die aangesig van die HERE jou God by Horeb gestaan het, toe die HERE aan my gesê het: Vergader die volk vir My, en Ek sal hulle my woorde laat hoor, dat hulle kan leer om My te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe, en dit aan hulle kinders kan leer.
En die HERE het met julle uit die vuur gespreek; julle het 'n stem van woorde gehoor, maar geen verskyning gesien nie--net 'n stem was daar.
Ook het die HERE my in dié tyd bevel gegee om julle die insettinge en verordeninge te leer, dat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem.
Neem julle dan terdeë in ag ter wille van julle siele--want julle het géén verskyning gesien op die dag dat die HERE by Horeb uit die vuur met julle gespreek het nie--
dat jy ook jou oë nie na die hemel opslaan, en as jy die son sien en die maan en die sterre, die hele leër van die hemel, jou laat verlei en voor hulle neerbuig en hulle dien nie--dinge wat die HERE jou God aan al die volke onder die hele hemel uitgedeel het.
Maar die HERE het julle geneem en julle uit die yster-smeltoond, uit Egipte, uitgelei om sy erfvolk te wees soos dit vandag is.
Ook was die HERE toornig op my om julle ontwil, en Hy het gesweer dat ek oor die Jordaan nie sal gaan en nie sal kom in die goeie land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee nie.
Neem julle in ag dat julle die verbond van die HERE julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet en vir julle geen gesnede beeld maak nie--'n gelykenis van enigiets wat die HERE jou God jou verbied het.
As jy kinders en kindskinders sal verwek en julle in die land verouderd sal wees en verderflik handel deurdat julle 'n gesnede beeld maak, 'n gelykenis van enigiets, en doen u wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God om Hom te terg,
En die HERE sal julle onder die volke verstrooi, en 'n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen die HERE julle sal drywe.
Dan sal julle daarvandaan die HERE jou God soek en vind as jy Hom met jou hele hart en jou hele siel soek.
As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die HERE jou God terugkeer en na sy stem luister.
Want die HERE jou God is 'n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie.
Of het 'n god probeer om vir hom 'n nasie uit 'n ander nasie te gaan neem deur versoekinge, deur tekens en wonders en deur oorlog en deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade soos die HERE julle God met julle voor jou oë in Egipte gedoen het?
Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die HERE God is; daar is geen ander buiten Hom nie.
daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die HERE God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.
En jy moet sy insettinge en sy gebooie hou wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan, en dat jy die dae mag verleng in die land wat die HERE jou God jou vir altyd sal gee.
Met ons vaders het die HERE hierdie verbond nie gesluit nie, maar met ons self, ons wat hier vandag almal in die lewe is.
ek het in dié tyd tussen die HERE en julle gestaan om aan julle die woord van die HERE bekend te maak, want julle was bevrees vir die vuur en het nie op die berg geklim nie--en Hy het gesê:
Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, en aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;
Jy mag die Naam van die HERE jou God nie ydellik gebruik nie, want die HERE sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.
maar die sewende dag is die sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie--jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou os of jou esel of enige dier van jou, of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie; sodat jou dienskneg en jou diensmaagd kan rus soos jy.
En jy moet daaraan dink dat jy in Egipteland 'n slaaf was, en die HERE jou God jou daarvandaan uitgelei het deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm; daarom het die HERE jou God jou beveel om die sabbatdag te hou.
Eer jou vader en jou moeder soos die HERE jou God jou beveel het, dat jou dae verleng mag word en dat dit met jou goed mag gaan in die land wat die HERE jou God aan jou gee.
Met hierdie woorde het die HERE julle hele vergadering op die berg, uit die vuur, die wolk en die wolkedonkerheid met 'n groot stem toegespreek, en niks meer nie; en Hy het dit op twee kliptafels geskrywe en dit aan my gegee.
en gesê: Kyk, die HERE onse God het ons sy heerlikheid en sy grootheid laat sien, en ons het sy stem uit die vuur gehoor; vandag het ons gesien dat God met die mens spreek en hy in die lewe bly.
Maar waarom moet ons nou sterwe? Want hierdie groot vuur sal ons verteer. As ons die stem van die HERE onse God nog langer hoor, sal ons sterwe.
Gaan ú naderby en hoor alles wat die HERE onse God sal sê; dan kan ú ons alles meedeel wat die HERE onse God met u sal spreek, en ons sal dit hoor en doen.
En die HERE het die stem van julle woorde gehoor toe julle met my gespreek het. Toe sê die HERE vir my: Ek het gehoor die stem van die woorde van hierdie volk wat hulle met jou gespreek het; dit is alles goed wat hulle gespreek het.
Sorg dan dat julle doen soos die HERE julle God julle beveel het; julle mag nie regs of links afwyk nie.
In al die weë wat die HERE julle God julle beveel het moet julle wandel, sodat julle kan lewe en dit met julle goed kan gaan en julle die dae kan verleng in die land wat julle in besit sal neem.
Dit is dan die gebod, die insettinge en die verordeninge wat die HERE julle God beveel het om julle te leer, sodat julle dit kan doen in die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem;
dat jy die HERE jou God kan vrees om al sy insettinge en sy gebooie wat ek jou beveel, te hou--jy en jou kind en jou kindskind al die dae van jou lewe; en dat jou dae verleng kan word.
Hoor dan, Israel, en onderhou dit sorgvuldig, dat dit met jou goed kan gaan en dat julle baie kan vermenigvuldig soos die HERE die God van jou vaders jou beloof het, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
En as die HERE jou God jou inbring in die land wat Hy aan jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, met 'n eed beloof het om jou te gee--groot en mooi stede wat jy nie gebou het nie,
neem jou dan in ag dat jy die HERE nie vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het nie.
want die HERE jou God is 'n jaloerse God by jou--sodat die toorn van die HERE jou God nie teen jou ontvlam en Hy jou van die aarde verdelg nie.
Julle moet die gebooie van die HERE julle God en sy getuienisse en sy insettinge wat Hy jou beveel het, ywerig onderhou.
En jy moet doen wat reg en goed is in die oë van die HERE, dat dit met jou goed kan gaan en jy kan inkom en in besit neem die goeie land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het,
As jou seun jou later vra en sê: Wat beteken die getuienisse en die insettinge en die verordeninge wat die HERE onse God julle beveel het?
dan moet jy aan jou seun sê: Ons was slawe van Farao in Egipte; maar die HERE het ons deur 'n sterke hand uit Egipte uitgelei.
En die HERE het groot en onheilbrengende tekens en wonders voor ons oë in Egipte aan Farao en sy hele huis gedoen.
En die HERE het ons beveel om al hierdie insettinge te volbring, om die Here onse God te vrees, dat dit met ons altyd goed mag gaan, om ons in die lewe te hou soos dit vandag is.
En dit sal geregtigheid vir ons wees as ons sorgvuldig al hierdie gebooie hou voor die aangesig van die HERE onse God soos Hy ons beveel het.
As die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, en Hy baie nasies voor jou uit verjaag: die Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete, sewe nasies, meer en magtiger as jy;
en die HERE jou God hulle aan jou oorgee, dat jy hulle verslaan, dan moet jy hulle geheel en al met die banvloek tref; jy mag geen verbond met hulle maak en hulle nie genadig wees nie.
want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg.
Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God; jou het die HERE jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees.
Die HERE het 'n welgevalle aan julle gehad en julle uitverkies, nie omdat julle meer was as al die ander volke nie, want julle was die geringste van al die volke.
Maar omdat die HERE julle liefgehad en die eed gehou het wat Hy vir julle vaders gesweer het, het die HERE julle met 'n sterke hand uitgelei en jou uit die slawehuis, uit die hand van Farao, die koning van Egipte, verlos.
Jy moet dan weet dat die HERE jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.
En omdat julle na hierdie verordeninge sal luister en dit hou en volbring, sal die HERE jou God vir jou die verbond en die goedertierenheid hou wat Hy jou vaders besweer het;
En die HERE sal elke krankheid van jou wegneem en al die kwaai siektes van Egipte wat jy ken, nie op jou lê nie; maar Hy sal dit lê op almal wat jou haat.
En jy sal al die volke verteer wat die HERE jou God aan jou oorgee; jou oog mag hulle nie verskoon nie, en jy mag hulle gode nie dien nie; want dit sal vir jou 'n strik wees.
wees dan nie bevrees vir hulle nie; dink gedurig aan wat die HERE jou God aan Farao en die hele Egipte gedoen het,
die groot versoekinge wat jou oë gesien het, en die tekens en die wonders en die sterke hand en die uitgestrekte arm waardeur die HERE jou God jou uitgelei het; so sal die HERE jou God aan al die volke doen vir wie jy bevrees is.
En die HERE jou God sal ook die perdebye onder hulle stuur totdat hulle omkom wat oorgebly het en wat vir jou weggekruip het.
En die HERE jou God sal hierdie nasies so langsamerhand voor jou uit verjaag; jy mag hulle nie gou vernietig nie, dat die ongediertes nie teen jou die oorhand kry nie.
Maar die HERE jou God sal hulle aan jou oorgee en hulle in groot verwarring bring totdat hulle verdelg word.
Die gesnede beelde van hulle gode moet julle met vuur verbrand; die silwer en die goud wat daaraan is, mag jy nie begeer of vir jou neem nie, dat jy nie daardeur verstrik raak nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het.
En jy moet dink aan die hele pad waarlangs die HERE jou God jou nou veertig jaar lank in die woestyn gelei het tot jou verootmoediging en beproewing, om te weet wat in jou hart is, of jy sy gebooie sal hou of nie.
En Hy het jou verootmoedig en jou laat honger ly en jou die manna laat eet wat jy en jou vaders nie geken het nie, om aan jou bekend te maak dat die mens nie van brood alleen lewe nie, maar dat die mens lewe van alles wat uit die mond van die HERE uitgaan.
Want die HERE jou God bring jou in 'n goeie land, 'n land van waterstrome, fonteine en onderaardse riviere wat in die laagtes en op die berge uitkom;
Neem jou in ag dat jy die HERE jou God nie vergeet deur sy gebooie en sy verordeninge en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, nie te hou nie;
en jou hart hom dan verhef, dat jy die HERE jou God vergeet wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het;
Maar dink aan die HERE jou God, dat dit Hy is wat jou krag gee om rykdom te verwerwe, dat Hy sy verbond kan bevestig wat Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, soos dit vandag is.
Maar as jy nogtans die HERE jou God vergeet en agter ander gode aan loop en hulle dien en voor hulle neerbuig, dan verseker ek julle vandag dat julle sekerlik sal omkom;
soos die nasies wat die HERE voor julle vernietig, so sal julle omkom, omdat julle na die stem van die Here julle God nie geluister het nie.
Weet dan vandag dat die HERE jou God die Een is wat voor jou oortrek soos 'n verterende vuur. Hy sal hulle vernietig en hulle voor jou onderwerp, sodat jy hulle gou kan verdrywe en tot niet maak soos die HERE jou beloof het.
As die HERE jou God hulle voor jou uit verjaag, moet dan nie in jou hart spreek en sê: Die HERE het my ter wille van my geregtigheid ingebring om hierdie land in besit te neem nie; want weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE hulle voor jou uit.
Nie ter wille van jou geregtigheid en die opregtheid van jou hart kom jy in om hulle land in besit te neem nie, maar weens die goddeloosheid van hierdie nasies verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit, en om die woord te vervul wat die HERE vir jou vaders, Abraham, Isak en Jakob, gesweer het.
Weet dan dat die HERE jou God nie ter wille van jou geregtigheid jou hierdie goeie land gee om dit in besit te neem nie, want jy is 'n hardnekkige volk.
Dink daaraan, vergeet nie hoe jy die HERE jou God in die woestyn vertoorn het nie; van die dag af dat jy uit Egipteland uitgetrek het, totdat julle by hierdie plek gekom het, was julle wederstrewig teen die HERE.
Toe ek op die berg geklim het om die kliptafels te ontvang, die tafels van die verbond wat die HERE met julle gesluit het, het ek veertig dae en veertig nagte lank op die berg gebly--brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie--
en die HERE het my die twee kliptafels gegee wat beskrywe was met die vinger van God, en daarop al die woorde soos die HERE op die berg, uit die vuur, met julle gespreek het, op die dag van die vergadering.
En aan die einde van veertig dae en veertig nagte het die HERE my die twee kliptafels gegee, die tafels van die verbond,
en die HERE het vir my gesê: Staan op, klim hiervandaan gou af, want jou volk wat jy uit Egipte uitgelei het, het verderflik gehandel; hulle het gou afgewyk van die weg wat Ek hulle beveel het; hulle het vir hulle 'n gegote beeld gemaak.
Verder het die HERE met my gespreek en gesê: Ek het hierdie volk aangesien, en kyk, dit is 'n hardnekkige volk. '
Toe sien ek dat julle waarlik teen die HERE julle God gesondig het; julle het vir julle 'n gegote kalf gemaak; julle het gou afgewyk van die weg wat die HERE julle beveel het.
Daarop het ek voor die aangesig van die HERE neergeval, soos die eerste keer, veertig dae en veertig nagte lank--brood het ek nie geëet en water nie gedrink nie--vanweë al julle sonde wat julle begaan het deur te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom te terg.
Want ek was bang vir die toorn en die grimmigheid waarmee die HERE op julle so toornig was, dat Hy julle wou verdelg; maar die HERE het my dié keer ook verhoor.
Ook was die HERE baie toornig op Aäron, sodat Hy hom wou verdelg; maar ek het ook vir Aäron in dié tyd gebid.
En toe die HERE julle uit Kades-Barnéa gestuur het met die woorde: Trek op en neem die land in besit wat Ek julle gegee het--was julle wederstrewig teen die bevel van die HERE julle God en het julle Hom nie geglo en na sy stem nie geluister nie.
En ek het neergeval voor die aangesig van die HERE, die veertig dae en veertig nagte wat ek neergeval het, omdat die HERE gesê het dat Hy julle wou verdelg.
En ek het die HERE gebid en gesê: Here, HERE, stort u volk en u erfdeel wat U deur u grootheid verlos het, wat U uit Egipte deur 'n sterke hand uitgelei het, nie in die verderf nie.
sodat die land waar U ons uitgelei het, nie kan sê nie: Omdat die HERE hulle nie kon bring in die land wat Hy hulle beloof het nie, en omdat Hy hulle haat, het Hy hulle uitgelei om hulle in die woestyn te laat sterwe!
In dié tyd het die HERE vir my gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerstes en klim op die berg na My toe; maak vir jou ook 'n ark van hout.
En Hy het op die tafels, volgens die eerste skrif, die tien woorde geskrywe wat die HERE op die dag van die vergadering by die berg uit die vuur met julle gespreek het; en die HERE het dit aan my gegee.
En ek het omgedraai en van die berg afgeklim en die tafels in die ark gesit wat ek gemaak het; en dit was daar, soos die HERE my beveel het.
In dié tyd het die HERE die stam van Levi afgesonder om die verbondsark van die HERE te dra, om voor die aangesig van die HERE in sy diens te staan en in sy Naam te seën tot vandag toe.
Daarom het Levi geen deel of erfenis saam met sy broers nie; die HERE is sy erfdeel, soos die HERE jou God hom beloof het.
En ék het op die berg gestaan soos die vorige dae, veertig dae en veertig nagte lank; en die HERE het my ook dié keer verhoor; die HERE wou jou nie in die verderf stort nie.
Maar die HERE het vir my gesê: Staan op, gaan heen om voor die volk uit verder te trek, dat hulle kan inkom en die land in besit neem wat Ek aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee.
En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om die HERE jou God te vrees, in al sy weë te wandel en Hom lief te hê en die HERE jou God te dien met jou hele hart en met jou hele siel,
om te hou die gebooie van die HERE en sy insettinge wat ek jou vandag beveel, dat dit met jou goed kan gaan?
Kyk, aan die HERE jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.
Maar net aan jou vaders het die HERE 'n welgevalle gehad om hulle lief te hê, en Hy het julle, hulle nageslag ná hulle, uit al die volke uitverkies, soos dit vandag is.
Want die HERE julle God is die God van die gode en die HERE van die here; die grote, magtige en gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie;
Sewentig siele sterk het jou vaders na Egipte afgetrek, maar nou het die HERE jou God jou gemaak soos die sterre van die hemel in menigte.
Daarom moet jy die HERE jou God liefhê en altyd sy ordening, sy insettinge sowel as sy verordeninge en sy gebooie onderhou.
En julle moet vandag weet dat ek nie spreek tot julle kinders wat die onderwysing van die HERE julle God nie geweet en nie gesien het nie: sy grootheid, sy sterke hand en sy uitgestrekte arm
en wat Hy gedoen het aan die leër van Egipte, aan sy perde en aan sy strydwaens waaroor Hy die waters van die Skelfsee laat aanstroom het toe hulle julle agtervolg het, sodat die HERE hulle omgebring het tot vandag toe;
en dat julle die dae kan verleng in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle en hul nageslag te gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning.
'n land waar die HERE jou God voor sorg; die oë van die HERE jou God is altyddeur daarop, van die begin van die jaar tot die einde van die jaar.
As julle dan goed luister na my gebooie wat Ek julle vandag beveel, om die HERE julle God lief te hê en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel,
en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy die hemel toesluit, sodat daar geen reën is en die aarde sy opbrings nie gee nie, en julle gou uit die goeie land omkom wat die HERE julle gee.
sodat julle dae en die dae van julle kinders in die land wat die HERE aan julle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee, kan vermenigvuldig soos die dae van die hemel bo-oor die aarde.
Want as julle ywerig al hierdie gebooie hou wat ek julle beveel, om dit te doen deur die HERE julle God lief te hê, in al sy weë te wandel en Hom aan te hang,
dan sal die HERE al hierdie nasies voor julle uit verdrywe, en julle sal groter en magtiger nasies as julle uit hulle besitting verdrywe.
Niemand sal teen julle standhou nie; die HERE julle God sal die skrik en vrees vir julle oor die hele land laat kom waarop julle sal loop, soos Hy julle beloof het.
en die vloek as julle nie luister na die gebooie van die HERE julle God nie, maar afwyk van die weg wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te loop wat julle nie geken het nie.
As dan die HERE jou God jou inbring in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem, moet jy die seën op die berg Gerísim lê en die vloek op die berg Ebal.
Want julle trek deur die Jordaan om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle sal gee; en julle sal dit in besit neem en daarin woon.
Dit is die insettinge en die verordeninge wat julle sorgvuldig moet hou in die land wat die HERE, die God van jou vaders, jou gegee het om dit in besit te neem al die dae wat julle op die aarde lewe.
maar die plek wat die HERE julle God uit al julle stamme sal uitkies om sy Naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom.
En daar moet julle voor die aangesig van die HERE julle God eet en vrolik wees, julle en jul huisgesinne, oor alles waar julle jul hand aan slaan, waarin die HERE jou God jou geseën het.
Maar julle sal deur die Jordaan trek en woon in die land wat die HERE julle God julle laat erwe, en Hy sal julle rus gee van al julle vyande rondom, en julle sal veilig woon.
Dan moet julle na die plek wat die HERE julle God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, alles bring wat ek julle beveel: julle brandoffers en julle slagoffers, julle tiendes en die offergawe van julle hand en al julle keurgelofte-offers wat julle die HERE sal belowe.
En julle moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE julle God, julle en julle seuns en julle dogters en julle slawe en julle slavinne en die Leviet wat in julle poorte is, want hy het geen deel of erfenis saam met julle nie.
Maar op die plek wat die HERE in een van jou stamme sal uitkies, daar moet jy jou brandoffers bring en daar alles doen wat ek jou beveel.
Maar na hartelus mag jy slag en vleis eet ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou in al jou poorte gee; die onreine en die reine mag daarvan eet, soos van die gemsbok en die takbok.
Maar jy moet dit eet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat die HERE jou God sal uitkies, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is; en jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God oor alles waar jy jou hand aan slaan.
As die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy jou beloof het, en jy sê: Ek wil vleis eet--omdat jy lus het om vleis te eet--dan mag jy na hartelus vleis eet.
As die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, ver van jou af is, dan mag jy van jou beeste en jou kleinvee slag wat die HERE jou gee, soos ek jou beveel het; en jy mag na hartelus in jou poorte eet.
Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.
Net jou heilige gawes wat jy het, en jou gelofte-offers moet jy neem en na die plek kom wat die HERE sal uitkies;
en jy moet jou brandoffers, die vleis en die bloed, berei op die altaar van die HERE jou God, en die bloed van jou slagoffers moet teen die altaar van die HERE jou God uitgegiet word; maar die vleis moet jy eet.
Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.
As die HERE jou God die nasies waar jy na toe gaan om hulle uit die besitting te verdrywe, voor jou uitroei, en jy hulle verdrywe en in hulle land woon,
So mag jy nie handel met die HERE jou God nie; want alles wat vir die HERE 'n gruwel is, wat Hy haat, het hulle vir hulle gode gedoen; want selfs hulle seuns en hulle dogters verbrand hulle met vuur vir hulle gode.
dan moet jy nie luister na die woorde van dié profeet of na dié man wat as dromer optree nie; want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
Julle moet die HERE julle God navolg en Hom vrees en sy gebooie hou en na sy stem luister en Hom dien en Hom aanhang.
Maar dié profeet of dié man wat as dromer optree, moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
En jy moet hom stenig, dat hy sterwe; want hy het probeer om jou weg te drywe van die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.
En al die buit daarvan moet jy op die stadsplein bymekaarbring en die stad en al die buit as voloffer met vuur verbrand aan die HERE jou God; en dit moet vir ewig 'n puinhoop wees, dit mag nie weer opgebou word nie.
Ook mag daar niks van wat bangoed is, aan jou hand bly kleef nie, sodat die HERE Hom van die gloed van sy toorn kan afwend en aan jou barmhartigheid kan bewys en Hom oor jou ontferm en jou vermenigvuldig, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het--
as jy luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die oë van die HERE jou God.
Julle is kinders van die HERE julle God; julle mag julle ter wille van 'n dooie nie stukkend kerwe of 'n kaalte tussen julle oë maak nie.
Want jy is 'n volk heilig aan die HERE jou God, en jou het die HERE uitverkies om sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is.
Julle mag geen aas eet nie; vir die vreemdeling wat in jou poorte is, kan jy dit gee, dat hy dit eet, of jy kan dit aan 'n uitlander verkoop; want jy is 'n heilige volk aan die HERE jou God. Jy mag die bokkie nie kook in sy moeder se melk nie.
En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, die tiendes eet van jou koring, van jou mos en van jou olie en die eersgeborenes van jou beeste en van jou kleinvee, dat jy kan leer om die HERE jou God altyd te vrees.
En as die pad vir jou te lank is, as jy dit nie kan vervoer nie, omdat die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te vestig, te ver van jou af is, as die HERE jou God jou sal seën,
dan moet jy dit tot geld maak en die geld in jou hand bind en na die plek gaan wat die HERE jou God sal uitkies.
Dan moet jy die geld gee vir alles wat jou siel begeer, vir beeste en kleinvee en wyn en sterk drank en vir alles wat jou siel van jou begeer, en jy moet daar eet voor die aangesig van die HERE jou God en vrolik wees, jy en jou huis.
dan moet die Leviet kom--omdat hy geen deel of erfenis saam met jou het nie--en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat in jou poorte is, en hulle moet eet en versadig word, sodat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hand wat jy doen.
En dit is die saak van die kwytskelding: elke skuldeiser moet kwytskeld wat hy aan sy naaste geleen het; hy moet sy naaste en sy broer nie aanmaan nie, want tot eer van die HERE is daar 'n kwytskelding uitgeroep.
Maar daar moet geen arme by jou wees nie, want die HERE sal jou ryklik seën in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem;
as jy net goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al hierdie gebooie wat ek jou vandag beveel.
Want die HERE jou God seën jou soos Hy jou beloof het, sodat jy aan baie nasies sal uitleen, maar self nie hoef te leen nie; en jy sal oor baie nasies heers, maar oor jou sal hulle nie heers nie.
As daar by jou 'n arme is, een uit jou broers, in een van jou poorte, in jou land wat die HERE jou God jou sal gee, dan moet jy jou hart nie verhard en jou hand nie toehou vir jou arm broer nie.
Neem jou in ag, dat daar in jou hart geen slegte gedagte is nie, naamlik: Die sewende jaar, die jaar van kwytskelding, is naby--en jou oog dan jou arm broer skeef aankyk, en jy hom niks gee nie, en hy teen jou na die HERE roep, en dit sonde in jou word.
Jy moet aan hom gewillig gee, en jou hart moet nie bedroef wees as jy aan hom gee nie; want ter wille hiervan sal die HERE jou God jou seën in al jou werk en in alles waar jy jou hand aan slaan.
Jy moet hom 'n behoorlike voorraad saamgee van jou kleinvee en jou dorsvloer en jou wyn pers; waarin die HERE jou God jou geseën het, daarvan moet jy aan hom gee.
En jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf in Egipteland was, en dat die HERE jou God jou verlos het; daarom beveel ek jou vandag hierdie saak.
Dit moet nie hard in jou oë wees as jy hom as vry man van jou laat weggaan nie, want die dubbele loon van 'n dagloner het hy vir jou ses jaar lank ingedien; en die HERE jou God sal jou seën in alles wat jy doen.
Al die eersgeborenes van die manlike geslag wat onder jou beeste en onder jou kleinvee aankom, moet jy aan die HERE jou God heilig; jy mag nie werk met die eersgeborene van jou beeste, en die eersgeborene van jou kleinvee nie skeer nie.
Voor die aangesig van die HERE jou God moet jy dit jaar vir jaar eet op die plek wat die HERE sal uitkies, jy en jou huis.
Maar as daar 'n liggaamsgebrek aan is--lam of blind, enige lelike gebrek--dan moet jy dit nie aan die HERE jou God offer nie;
Onderhou die maand Abib en hou pasga vir die HERE jou God; want in die maand Abib het die HERE jou God jou in die nag uit Egipte uitgelei.
En jy moet vir die HERE jou God as pasga kleinvee en beeste slag, op die plek wat die HERE sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.
Maar op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon, moet jy die pasga slag, in die aand teen sononder, op die tyd van jou uittog uit Egipte.
Dan moet jy dit kook en eet op die plek wat die HERE jou God sal uitkies; daarna moet jy in die môre omdraai en na jou tente gaan.
Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet, en op die sewende dag is daar 'n feestyd vir die HERE jou God; dan mag jy geen werk doen nie.
Dan moet jy die fees van die weke hou vir die HERE jou God ooreenkomstig die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee, namate die HERE jou God jou sal seën.
En jy moet vrolik wees voor die aangesig van die HERE jou God, jy en jou seun en jou dogter en jou slaaf en jou slavin en die Leviet wat in jou poorte is, en die vreemdeling en die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon.
Sewe dae lank moet jy vir die HERE jou God fees hou op die plek wat die HERE sal uitkies; want die HERE jou God sal jou seën in al jou inkomste en in al die werk van jou hande; en jy moet net maar vrolik wees.
Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die HERE jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; en hulle mag nie met leë hande voor die aangesig van die HERE verskyn nie;
elkeen volgens die gawe van sy hand ooreenkomstig die seën van die HERE jou God wat Hy jou gegee het.
Regters en opsigters moet jy vir jou aanstel in al jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee volgens jou stamme; en hulle moet die volk oordeel volgens 'n regverdige regspraak.
Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die HERE jou God jou sal gee.
Jy mag vir jou nie 'n heilige boomstam--enige boom--plant langs die altaar van die HERE jou God wat jy vir jou sal maak nie.
Jy mag aan die HERE jou God geen bees of stuk kleinvee waaraan 'n liggaamsgebrek, iets slegs, is, offer nie; want dit is vir die HERE jou God 'n gruwel.
As by jou, in een van jou poorte wat die HERE jou God jou sal gee, 'n man of 'n vrou gevind word wat doen wat verkeerd is in die oë van die HERE jou God deur sy verbond te oortree,
As 'n saak vir jou te swaar is om te beslis oor manslag, oor regsaansprake en oor verwonding--regsake in jou poorte--dan moet jy klaarmaak en opgaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies;
En jy moet handel ooreenkomstig die uitspraak wat hulle jou te kenne sal gee, uit dié plek wat die HERE sal uitkies; en jy moet sorgvuldig doen net soos hulle jou sal leer.
En die man wat vermetel handel, dat hy nie luister na die priester wat staan om daar die HERE jou God te dien, of na die regter nie--dié man moet sterwe. So moet jy dan die kwaad uit Israel uitroei.
As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in besit neem en daarin woon en dan sê: Ek wil 'n koning oor my aanstel soos al die nasies wat rondom my is,
dan moet jy sekerlik 'n koning oor jou aanstel wat die HERE jou God sal verkies; uit die midde van jou broers moet jy 'n koning oor jou aanstel; jy mag geen uitlander, wat jou broer nie is nie, oor jou aanstel nie.
Hy mag net nie vir hom baie perde aanskaf nie, en hy mag die volk nie na Egipte teruglei om baie perde aan te skaf nie, aangesien die HERE vir julle gesê het: Julle mag nooit meer teruggaan op hierdie pad nie.
en dit moet by hom wees, en hy moet al die dae van sy lewe daarin lees, dat hy kan leer om die HERE sy God te vrees deur al die woorde van hierdie wet en hierdie insettinge te hou, om dit te doen;
Die Levitiese priesters, die hele stam van Levi, mag geen deel of erfenis saam met Israel hê nie; van die vuuroffers van die HERE en van sy erfdeel moet hulle eet.
Want die HERE jou God het hom uit al jou stamme uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van die HERE, hy en sy seuns.
En as 'n Leviet uit een van jou poorte kom, uit die hele Israel waar hy as vreemdeling vertoef, en hy na hartelus kom na die plek wat die HERE sal uitkies,
dan moet hy dien in die Naam van die HERE sy God soos al sy broers, die Leviete, wat daar voor die aangesig van die HERE staan;
As jy kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy nie leer om volgens die gruwels van daardie nasies te doen nie.
Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die HERE 'n gruwel; en om hierdie gruwels ontwil verdryf die HERE jou God hulle voor jou uit.
Want hierdie nasies wat jy uit hulle besitting verdrywe, luister na goëlaars en waarsêers; maar wat jou aangaan, die HERE jou God het jou nie so iets toegelaat nie.
'n Profeet uit jou midde, uit jou broers, soos ek is, sal die HERE jou God vir jou verwek; na Hom moet julle luister--
net soos jy van die HERE jou God by Horeb gevra het toe jy op die dag van die vergadering gesê het: Ek kan die stem van die HERE my God nie langer hoor en hierdie groot vuur nie meer sien nie, anders sterf ek.
as die profeet in die Naam van die HERE spreek, en wat hy gesê het, gebeur nie en kom nie uit nie, dan is dit die woord wat die HERE nie gespreek het nie; deur vermetelheid het die profeet dit gespreek; jy mag vir hom nie bang wees nie.
As die HERE jou God die nasies uitroei wie se land die HERE jou God jou sal gee, en jy hulle uit hul besitting verdrywe en in hulle stede en in hulle huise woon,
dan moet jy vir jou drie stede afsonder in jou land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem.
Jy moet vir jou die pad regmaak en jou grondgebied wat die HERE jou God jou laat erwe, in drie dele verdeel, sodat elkeen wat 'n doodslag begaan het, daarheen kan vlug.
En as die HERE jou God jou grondgebied uitbrei, soos Hy aan jou vaders met 'n eed beloof het, en jou die hele land gee wat Hy beloof het om aan jou vaders te gee
--as jy sorgvuldig al hierdie gebooie hou wat ek jou vandag beveel om dit te doen, om die HERE jou God lief te hê en altyd in sy weë te wandel--dan moet jy vir jou nog drie stede by hierdie drie byvoeg,
sodat geen onskuldige bloed vergiet word binne-in jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, en bloedskuld op jou kom nie.
Jou naaste se grenslyn, deur die voorvaders getrek in jou erfdeel wat jy sal erwe in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, mag jy nie verlê nie.
dan moet die twee manne wat die regsaak het, gaan staan voor die aangesig van die HERE, voor die priesters en die regters wat daar in dié dae sal wees.
As jy na die oorlog uittrek teen jou vyand en perde en strydwaens sien, 'n volk meer in getal as jy, dan moet jy vir hulle nie vrees nie; want die HERE jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het, is met jou.
want dit is die HERE julle God wat saam met julle trek om vir julle te stry teen julle vyande, om aan julle die oorwinning te gee.
En die HERE jou God sal dit in jou hand gee, en jy moet al die manne daarin met die skerpte van die swaard verslaan;
net die vroue en die kinders en die vee en alles wat in die stad is--die hele buit moet jy vir jou roof; en jy moet die buit van jou vyande eet wat die HERE jou God jou gegee het.
Maar van die stede van hierdie volke wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, moet jy niks wat asem het, laat lewe nie.
Maar jy moet hulle heeltemal met die banvloek tref: die Hetiete en Amoriete, die Kanaäniete en Feresiete, die Hewiete en Jebusiete, soos die HERE jou God jou beveel het;
sodat hulle julle nie leer om te handel volgens al hulle gruwels wat hulle vir hul gode gedoen het, en julle teen die HERE julle God sondig nie.
As hulle in die land wat die HERE jou God jou sal gee om dit in besit te neem, een vind wat dood in die veld lê, sonder dat dit bekend is wie hom gedood het,
Dan moet die priesters, die seuns van Levi, aankom; want die HERE jou God het hulle uitverkies om Hom te dien en om in die Naam van die HERE te seën, en volgens hulle uitspraak moet elke saak van twis en verwonding afgehandel word.
Doen versoening vir u volk Israel wat U, o HERE, verlos het, en laat geen onskuldige bloed op u volk Israel rus nie, en laat die bloedskuld vir hulle versoen word.
As jy na die oorlog uittrek teen jou vyande en die HERE jou God hulle in jou hand gee en jy hulle gevangenes wegvoer,
dan mag sy lyk nie aan die paal oornag nie, maar jy moet hom sekerlik dié dag nog begrawe; want een wat opgehang is, is deur God vervloek. En jy mag jou land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, nie verontreinig nie.
'n Vrou mag geen mansklere dra nie, en 'n man mag geen vrouensklere aantrek nie; want almal wat dit doen, is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Hy wat deur verbryseling vermink of van wie die manlike deel afgesny is, mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.
Geen baster mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs sy tiende geslag mag in die vergadering van die HERE nie kom nie.
Geen Ammoniet of Moabiet mag in die vergadering van die HERE kom nie; selfs hulle tiende geslag mag nooit in die vergadering van die HERE kom nie;
Maar die HERE jou God wou nie na Bíleam luister nie; maar die HERE jou God het vir jou die vloek in 'n seën verander, omdat die HERE jou God jou liefgehad het.
Want die HERE jou God wandel midde-in jou laer om jou te red en jou vyande aan jou oor te gee; daarom moet jou laer heilig wees, sodat Hy niks skandeliks by jou mag sien en Hom van jou afwend nie.
Jy mag geen hoereloon of hondeprys in die huis van die HERE jou God as enige gelofte offer bring nie; want dié altwee is vir die HERE jou God 'n gruwel.
Die uitlander mag jy rente oplê, maar jou broer mag jy geen rente oplê nie, sodat die HERE jou God jou kan seën in alles waar jy jou hand aan slaan in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
As jy aan die HERE jou God 'n gelofte doen, moet jy nie versuim om dit te betaal nie; want die HERE jou God sal dit sekerlik van jou eis, en dit sal sonde in jou word.
Wat oor jou lippe gaan, moet jy hou en doen soos jy aan die HERE jou God vrywillig beloof het--wat jy met jou mond gespreek het.
dan mag haar eerste man wat haar weggestuur het, haar nie weer neem, dat sy sy vrou word nadat sy onrein geword het nie; want dit is 'n gruwel voor die aangesig van die HERE, en jy mag op die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee, geen skuld laai nie.
Jy moet hom sekerlik teen sonsondergang die pand teruggee, dat hy in sy kleed kan slaap en jou kan seën; en dit sal geregtigheid vir jou wees voor die aangesig van die HERE jou God.
Op die dag self moet jy sy loon gee, sodat die son oor hom nie ondergaan nie--want hy is arm en sy siel verlang daarna--dat hy nie teen jou tot die HERE roep en dit sonde in jou word nie.
Maar jy moet daaraan dink dat jy 'n slaaf was in Egipte en die HERE jou God jou daaruit verlos het; daarom beveel ek jou om hierdie saak te doen.
As jy jou oes op jou land insamel en 'n gerf op die land vergeet, mag jy nie omdraai om dit te gaan haal nie; vir die vreemdeling, die wees en die weduwee moet dit wees, dat die HERE jou God jou kan seën in al die werk van jou hande.
Jy moet 'n volle en regte gewig hê; jy moet 'n volle en regte efa hê; sodat jou dae verleng mag word in die land wat die HERE jou God jou sal gee.
As dan die HERE jou God vir jou rus gee van al jou vyande rondom, in die land wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee om dit in besit te neem, dan moet jy die gedagtenis van Amalek onder die hemel uitdelg; vergeet dit nie.
En as jy in die land kom wat die HERE jou God jou as erfenis sal gee en jy dit in besit neem en daarin woon,
dan moet jy neem uit die eerstelinge van al die vrugte van die land wat jy inbring uit jou land wat die HERE jou God jou sal gee, en dit in 'n mandjie sit; en jy moet gaan na die plek wat die HERE jou God sal uitkies om sy Naam daar te laat woon,
en na die priester kom wat daar in dié dae sal wees, en jy moet vir hom sê: Ek verklaar vandag aan die HERE u God dat ek in die land gekom het wat die HERE aan ons vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee.
En die priester moet die mandjie uit jou hand neem en dit voor die altaar van die HERE jou God neersit.
Dan moet jy voor die aangesig van die HERE jou God verklaar en sê: My vader was 'n swerwende Arameër en het na Egipte afgetrek en daar as vreemdeling vertoef met min mense; maar hy het daar 'n groot, magtige en talryke nasie geword.
Toe het ons die HERE, die God van ons vaders, aangeroep; en die HERE het ons stem gehoor en ons ellende en ons moeite en ons verdrukking aangesien;
en die HERE het ons uit Egipte uitgelei deur 'n sterke hand en 'n uitgestrekte arm en deur groot skrikwekkende dade en deur tekens en wonders;
Hier het ek dan nou die eerstelinge gebring van die vrugte van die land wat U, HERE, my gegee het. Dan moet jy dit neersit voor die aangesig van die HERE jou God en jou neerbuig voor die aangesig van die HERE jou God.
En jy moet vrolik wees oor al die goeie dinge wat die HERE jou God jou en jou huis gegee het; jy en die Leviet en die vreemdeling wat by jou is.
En jy moet voor die aangesig van die HERE jou God sê: Ek het die heilige goed uit die huis weggebring en dit ook aan die Leviet en die vreemdeling, die wees en die weduwee gegee, geheel en al volgens u gebod wat U my beveel het; ek het geeneen van u gebooie oortree of vergeet nie.
Ek het daarvan in my rou nie geëet en daarvan as 'n onreine niks weggebring en daarvan aan 'n dooie niks gegee nie; ek het na die stem van die HERE my God geluister; ek het gedoen net soos U my beveel het.
Vandag beveel die HERE jou God jou om hierdie insettinge en verordeninge na te kom; onderhou dan en doen dit met jou hele hart en met jou hele siel.
Vandag het jy die HERE laat verklaar dat Hy vir jou 'n God sal wees, en dat jy in sy weë moet wandel en sy insettinge en sy gebooie en sy verordeninge moet hou en na sy stem moet luister.
En die HERE het jou vandag laat verklaar dat jy vir Hom 'n eiendomsvolk sal wees soos Hy jou beloof het, en dat jy al sy gebooie sal onderhou;
en dat Hy jou dan die hoogste sal stel bo al die nasies wat Hy gemaak het, tot 'n lof en 'n roem en 'n sieraad, en dat jy 'n heilige volk aan die HERE jou God sal wees soos Hy beloof het.
En die dag as julle deur die Jordaan gaan in die land wat die HERE jou God jou sal gee, moet jy vir jou groot klippe oprig en dit met kalk bestryk.
En jy moet as jy oortrek daarop skrywe al die woorde van hierdie wet, sodat jy kan kom in die land wat die HERE jou God jou sal gee, 'n land wat oorloop van melk en heuning, soos die HERE, die God van jou vaders, jou beloof het.
En jy moet daar vir die HERE jou God 'n altaar bou, 'n altaar van klippe; jy mag geen yster daaroor swaai nie.
Van ongekapte klippe moet jy die altaar van die HERE jou God bou; en jy moet daarop brandoffers bring aan die HERE jou God.
Verder het Moses en die Levitiese priesters die hele Israel toegespreek en gesê: Wees stil en luister, o Israel! Vandag het jy die volk van die HERE geword.
Daarom moet jy na die stem van die HERE jou God luister en sy gebooie en sy insettinge volbring wat ek jou vandag beveel.
Die HERE sal teen jou stuur die vervloeking, die verwarring en die bedreiging in alles waar jy jou hand aan slaan, wat jy moet doen; totdat jy verdelg is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou handelinge, dat jy My verlaat het.
Die HERE sal maak dat die pes jou aankleef totdat Hy jou vernietig uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
Die HERE sal jou swaar tref met tering en koors en vurige koors en ontsteking en droogte en brandkoring en heuningdou; en hulle sal jou vervolg totdat jy omkom.
Die HERE sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy verdelg is.
Die HERE sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uit vlug--en jy sal 'n skrikbeeld vir al die koninkryke van die aarde word.
Die HERE sal jou swaar tref met swere van Egipte en met geswelle en skurfte en uitslag waarvan jy nie kan gesond word nie.
Die HERE sal jou tref met bose swere aan die knieë en aan die bene--waarvan jy nie gesond kan word nie--van jou voetsool tot jou skedel.
Die HERE sal jou en jou koning wat jy oor jou sal aanstel, na 'n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.
En jy sal 'n voorwerp van verbasing, 'n spreekwoord en 'n spot wees onder al die volke waarheen die HERE jou sal wegvoer.
En al hierdie vloeke sal oor jou kom en jou agtervolg en jou inhaal totdat jy verdelg is, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God om sy gebooie en sy insettinge wat Hy jou beveel het, te hou nie;
Omdat jy die HERE jou God nie met vreugde en vrolikheid van hart weens die oorvloed van alles gedien het nie,
sal jy jou vyand wat die HERE teen jou sal stuur, dien in honger en in dors en in naaktheid en in gebrek aan alles; en hy sal 'n ysterjuk op jou nek sit totdat hy jou verdelg het.
Die HERE sal teen jou 'n nasie bring van ver, van die einde van die aarde af, soos 'n arend vlieg--'n nasie wie se taal jy nie verstaan nie,
En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoë en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het; ja, hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte in jou hele land wat die HERE jou God jou gegee het.
En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak.
As jy nie sorgvuldig al die woorde van hierdie wet hou wat in hierdie boek geskryf is, om hierdie heerlike en gedugte Naam, die HERE jou God, te vrees nie,
dan sal die HERE oor jou en oor jou nageslag buitengewone plae bring, groot en aanhoudende plae, en kwaadaardige en aanhoudende siektes;
Ook allerhande siektes en allerhande plae wat in die boek van hierdie wet nie geskrywe is nie, dié sal die HERE teen jou laat opkom totdat jy verdelg is.
En julle sal met min mense oorbly, in plaas dat julle gewees het soos die sterre van die hemel in menigte, omdat jy nie geluister het na die stem van die HERE jou God nie.
En soos die HERE oor julle bly was om aan julle goed te doen en julle te vermenigvuldig, so sal die HERE oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te verdelg; en julle sal uitgeruk word uit die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
En die HERE sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde; en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.
En onder dié nasies sal jy geen rus hê nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die HERE sal jou daar 'n bewende hart gee en smagtende oë en 'n kwynende siel.
En die HERE sal jou op skepe na Egipte terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: Jy sal dit verder nie meer sien nie; en daar sal julle aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop word, maar daar sal geen koper wees nie.
Dit is die woorde van die verbond wat die HERE Moses beveel het om met die kinders van Israel te sluit in die land Moab, behalwe die verbond wat Hy met hulle by Horeb gesluit het.
En Moses het die hele Israel geroep en vir hulle gesê: Julle het self gesien alles wat die HERE in Egipteland voor julle oë aan Farao en aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het,
Maar die HERE het julle nie 'n hart gegee om te verstaan en oë om te sien en ore om te hoor tot vandag toe nie.
Brood het julle nie geëet en wyn en sterk drank nie gedrink nie, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.
Julle staan vandag almal voor die aangesig van die HERE julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle opsigters--al die manne van Israel;
om oor te gaan in die verbond van die HERE jou God--en in sy eedswering--wat die HERE jou God vandag met jou sluit;
maar met die wat vandag hier saam met ons voor die aangesig van die HERE onse God staan, én met die wat hier vandag nie saam met ons is nie.
sodat daar onder julle geen man of vrou of geslag of stam mag wees wat sy hart vandag van die HERE onse God afwend om die gode van dié nasies te gaan dien nie, sodat daar onder julle geen wortel mag wees wat gif en wilde-als dra nie,
Die HERE sal hom nie wil vergewe nie, maar dan sal die toorn van die HERE en sy ywer teen dié man rook, en die hele vloek wat in hierdie boek geskrywe is, sal op hom rus; en die HERE sal sy naam onder die hemel uitdelg.
En die HERE sal hom tot sy ongeluk van al die stamme van Israel afskei volgens al die vloeke van die verbond wat in hierdie wetboek geskrywe is.
En die volgende geslag, julle kinders wat ná julle opstaan, en die uitlander wat uit 'n ver land kom, sal sê, as hulle die plae van daardie land sien en sy siektes wat die HERE daarin laat uitbreek het--
ook swawel en sout deurdat sy hele oppervlakte uitgebrand is, wat nie besaai word en niks laat uitspruit nie, waarin hoegenaamd geen plante opslaan nie, soos die omkering van Sodom en Gomorra, Adma en Sebóim wat die HERE in sy toorn en in sy grimmigheid omgekeer het--
en al die nasies sal sê: Waarom het die HERE so met hierdie land gedoen? Wat beteken hierdie groot toorngloed?
Dan sal hulle antwoord: Omdat hulle die verbond van die HERE, die God van hulle vaders, verlaat het wat Hy met hulle gesluit het toe hulle deur Hom uit Egipteland uitgelei is,
daarom het die toorn van die HERE teen daardie land ontvlam om daaroor die hele vloek te bring wat in hierdie boek geskrywe is.
En die HERE het hulle uit hulle land uitgeruk in toorn en in grimmigheid en in groot verbolgenheid; en Hy het hulle weggeslinger na 'n ander land, soos dit vandag is.
Die verborge dinge is vir die HERE onse God; maar die geopenbaarde dinge is vir ons en ons kinders tot in ewigheid, om te doen al die woorde van hierdie wet.
En as al hierdie dinge oor jou kom, die seën en die vloek wat ek jou voorgehou het, en jy dit ter harte neem onder al die nasies waarheen die HERE jou God jou verdryf het,
en jy jou tot die HERE jou God bekeer en na sy stem luister net soos ek jou vandag beveel, jy en jou kinders, met jou hele hart en met jou hele siel,
dan sal die HERE jou God jou lot verander en Hom oor jou ontferm; en Hy sal jou weer versamel uit al die volke waarheen die HERE jou God jou verstrooi het.
Al was jou verstrooides aan die einde van die hemel, daarvandaan sal die HERE jou God jou versamel, en daarvandaan sal Hy jou gaan haal.
En die HERE jou God sal jou bring in die land wat jou vaders in besit geneem het, en jy sal dit in besit neem; en Hy sal aan jou goed doen en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.
En die HERE jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe.
En die HERE jou God sal die goeie aan jou oorvloedig gee in al die werk van jou hand, in die vrug van jou liggaam en in die vrug van jou vee en in die vrugte van jou land; want die HERE sal weer oor jou ten goede bly wees soos Hy bly was oor jou vaders,
as jy na die stem van die HERE jou God luister om sy gebooie en sy insettinge te hou wat in hierdie wetboek geskrywe is; as jy jou tot die HERE jou God bekeer met jou hele hart en met jou hele siel.
Wat ek jou vandag beveel, is om die HERE jou God lief te hê, in sy weë te wandel en sy gebooie en sy insettinge en sy verordeninge te hou, sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en die HERE jou God jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit in besit te neem.
deur die HERE jou God lief te hê, na sy stem te luister en Hom aan te hang; want dit is jou lewe en die lengte van jou dae, sodat jy kan woon in die land wat die HERE aan jou vaders Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het om dit aan hulle te gee.
en vir hulle gesê: Ek is vandag honderd en-twintig jaar oud; ek kan nie meer uit-- en ingaan nie, en die HERE het vir my gesê: Jy mag deur hierdie Jordaan nie gaan nie.
Die HERE jou God, Hy trek voor jou oor; Hy sal hierdie nasies voor jou uit verdelg, en jy sal hulle uit hul besitting verdrywe; Josua, hy trek voor jou oor soos die HERE gespreek het.
En die HERE sal met hulle doen soos Hy met Sihon en met Og, die konings van die Amoriete, en met hulle land gedoen het, wat Hy verdelg het;
die HERE sal hulle aan julle oorgee, en julle moet met hulle handel geheel en al volgens die gebod wat ek julle beveel het.
Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die HERE jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.
Toe het Moses Josua geroep en aan hom voor die oë van die hele Israel gesê: Wees sterk en vol moed, want jy sal met hierdie volk in die land ingaan wat die HERE aan hulle vaders met 'n eed beloof het om aan hulle te gee; en jy sal hulle dit laat erwe.
En dit is die HERE wat voor jou uit trek; Hy sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie; jy mag nie bevrees of verskrik wees nie.
En Moses het hierdie wet opgeskrywe en dit gegee aan die priesters, die seuns van Levi, wat die verbondsark van die HERE gedra het, en aan al die oudstes van Israel.
as die hele Israel kom om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God op die plek wat Hy sal uitkies, moet jy hierdie wet voor die hele Israel, voor hulle ore lees.
Laat die volk byeenkom, die manne en die vroue en die kinders en jou vreemdeling wat in jou poorte is, dat hulle kan hoor en dat hulle kan leer om die HERE julle God te vrees en sorgvuldig al die woorde van hierdie wet te hou.
En hulle kinders wat dit nie ken nie, moet hoor en leer om die HERE julle God te vrees al die dae wat julle lewe in die land waarheen julle deur die Jordaan trek om dit in besit te neem.
En die HERE het vir Moses gesê: Kyk, jou dae kom nader dat jy moet sterwe; roep Josua, en gaan julle in die tent van samekoms staan, dat Ek aan hom bevel kan gee. Toe het Moses en Josua gegaan en in die tent van samekoms gaan staan.
En die HERE het in die tent in 'n wolkkolom verskyn terwyl die wolkkolom by die ingang van die tent bly staan het.
Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, jy ontslaap met jou vaders, en hierdie volk sal opstaan, en hulle sal die vreemde gode van die land waarheen hulle gaan, in sy midde agternahoereer en My verlaat en my verbond verbreek wat Ek met hulle gemaak het.
Neem hierdie wetboek en sit dit neer aan die kant van die verbondsark van die HERE julle God, dat dit daar as getuie teen jou kan wees.
Want ék ken jou wederstrewigheid en jou hardnekkigheid. As julle, terwyl ek nog vandag by julle lewe, wederstrewig was teen die HERE--hoeveel te meer dan ná my dood!
Want ek weet dat julle ná my dood gewis verderflik sal handel en sal afwyk van die weg wat ek julle beveel het, sodat die onheil julle aan die einde van die dae sal teëkom, omdat julle sal doen wat verkeerd is in die oë van die HERE om Hom deur die werk van julle hande te terg.
Durf julle dit die HERE vergelde, o dwase en onwyse volk? Is Hy nie jou Vader wat jou geskape het nie; het Hy jou nie gemaak en jou toeberei nie?
as Ek nie vir die terging van die vyand bedug was nie, dat hulle teëstanders dit sou misverstaan en sê: Ons hand was hoog, en die HERE het dit alles nie gedoen nie.
Hoe kan een dan duisend agtervolg en twee tien duisend op die vlug jaag, was dit nie dat hul steenrots hulle verkoop en die HERE hulle oorgelewer het nie!
Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.
En hy het gesê: Die HERE het gekom van Sinai en vir hulle opgegaan van Seïr af; Hy het in ligglans verskyn van die gebergte Paran en gekom van heilige tien duisende af; aan sy regterhand was vlammende vuur vir hulle.
En dít vir Juda, en hy het gesê: Hoor, HERE, die stem van Juda, en bring hom na sy volk toe; met sy hande het hy geveg vir hulle, en wees U vir hom 'n hulp teenoor sy teëstanders.
Seën, HERE, sy krag, en laat die werk van sy hande U welgevallig wees; verpletter die lendene van die wat teen hom opstaan en hom haat, sodat hulle nie kan opstaan nie.
Van Benjamin het hy gesê: Die beminde van die HERE--hy sal veilig by Hom woon; Hy beskerm hom die hele dag en woon tussen sy berghange.
En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,
En hy het vir hom 'n eerstelingsaandeel uitgekies, want daar was die deel van 'n veldheer bewaar; en hy het gekom na die hoofde van die volk, hy het die geregtigheid van die HERE uitgevoer en sy verordeninge met Israel.
En van Náftali het hy gesê: Náftali, versadig van geluk en vol van die seën van die HERE--neem jy see en suidland in besit!
Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? 'n Volk wat deur die HERE verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande julle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap.
Toe het Moses opgeklim uit die vlaktes van Moab na die berg Nebo, die top van Pisga wat teenoor Jérigo lê; en die HERE het hom die hele land, Gílead tot Dan toe, laat sien;
En die HERE het vir hom gesê: Dit is die land wat Ek aan Abraham, Isak en Jakob met 'n eed beloof het met die woorde: Aan jou nageslag sal Ek dit gee; Ek het jou dit met jou oë laat sien, maar jy sal daarheen nie oortrek nie.
Toe het Moses, die kneg van die HERE, daar gesterwe in die land Moab, volgens die bevel van die HERE.
En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê. En die kinders van Israel het na hom geluister en gedoen soos die HERE Moses beveel het.
En soos Moses, vir wie die HERE van aangesig tot aangesig geken het, het daar geen profeet meer in Israel opgestaan nie--
wat betref al die tekens en die wonders wat die HERE hom opgedra het om in Egipteland aan Farao en aan al sy dienaars en sy hele land te doen,
En ná die dood van Moses, die kneg van die HERE, het die HERE met Josua, die seun van Nun, die dienaar van Moses, gespreek en gesê:
Het Ek jou nie beveel nie: Wees sterk en vol moed, wees nie bevrees of verskrik nie; want die HERE jou God is met jou, oral waar jy heengaan.
Gaan die laer deur en gee die volk bevel en sê: Maak vir julle padkos klaar; want oor drie dae sal julle deur hierdie Jordaan trek om die land in besit te gaan neem wat die HERE julle God aan julle gee, om dit in besit te neem.
Dink aan die saak wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het toe hy gesê het: Die HERE julle God verskaf 'n rusplek aan julle en sal hierdie land aan julle gee.
totdat die HERE aan julle broers, soos aan julle, rus gee, en hulle ook die land in besit neem wat die HERE julle God aan hulle sal gee; dan kan julle teruggaan na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle gegee het oos van die Jordaan, teen sonop, en dit in besit neem.
Net soos ons na Moses geluister het, so sal ons na u luister; mag die HERE u God net met u wees soos Hy met Moses gewees het.
en aan die manne gesê: Ek weet dat die HERE die land aan julle gegee het en dat die skrik vir julle op ons geval het en dat al die inwoners van die land vir julle bewe;
want ons het gehoor dat die HERE die water van die Skelfsee voor julle by jul uittog uit Egipte laat opdroog het en wat julle die twee konings van die Amoriete, Sihon en Og, oorkant die Jordaan aangedoen het, dat julle hulle met die banvloek getref het.
Toe ons dit hoor, het ons hart gesmelt, sodat daar by niemand enige moed meer oorgebly het teenoor julle nie; want die HERE julle God, Hy is God in die hemel daarbo en op die aarde hieronder.
Sweer dan nou tog vir my by die HERE dat, terwyl ek aan julle 'n guns bewys het, julle ook aan my familie 'n guns sal bewys; en gee my 'n betroubare teken
Toe sê die manne vir haar: Mag ons siel in julle plek sterwe! As julle nie hierdie saak van ons bekend maak nie, dan sal ons, as die HERE ons die land gee, aan jou guns en trou bewys.
Verder het hulle vir Josua gesê: Sekerlik gee die HERE die hele land in ons hand, ja, al die inwoners van die land bewe selfs vir ons.
En aan die volk het hy gesê: Trek op en gaan om die stad; maar die gewapendes moet voor die ark van die HERE optrek.
en aan die volk bevel gegee en gesê: Net soos julle die verbondsark van die HERE julle God sien en die Levitiese priesters wat hom dra, moet julle van jul staanplek af opbreek en agter hom aan trek.
Daarop sê die HERE vir Josua: Vandag sal Ek begin om jou groot te maak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle kan weet dat Ek met jou sal wees soos Ek met Moses gewees het.
Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Kom nader hierheen en luister na die woorde van die HERE julle God.
en net soos die voetsole van die priesters wat die ark van die HERE, die Here van die hele aarde, dra, in die water van die Jordaan rus, sal die water van die Jordaan afgekeer word--die water wat van die bokant afkom, en dit sal soos een wal bly staan.
Maar die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, het onbeweeglik bly staan op droë grond binne-in die Jordaan, terwyl die hele Israel op droë grond deurtrek, totdat die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het.
En toe die hele volk die deurtog deur die Jordaan voleindig het, het die HERE met Josua gespreek en gesê:
en Josua het vir hulle gesê: Trek uit voor die ark van die HERE julle God tot binne-in die Jordaan, en tel vir julle 'n klip op, elke man een op sy skouer, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel,
moet julle vir hulle sê: Omdat die water van die Jordaan afgekeer is voor die verbondsark van die HERE by sy deurtog deur die Jordaan--die water van die Jordaan is afgekeer; daarom is hierdie klippe as 'n aandenking vir die kinders van Israel vir altyd.
Die kinders van Israel het toe so gedoen soos Josua beveel het: hulle het twaalf klippe uit die middel van die Jordaan op-- getel soos die HERE met Josua gespreek het, volgens die getal van die stamme van die kinders van Israel; en hulle het dit saam met hulle deurgebring na die slaapplek toe en dit daar neergesit.
En die priesters wat die ark gedra het, het bly staan in die middel van die Jordaan totdat alles volbring was wat die HERE Josua beveel het om aan die volk te sê, volgens alles wat Moses Josua beveel het; en die volk het gou deurgetrek.
En toe die hele volk die deurtog voleindig het, het die ark van die HERE met die priesters voor die oë van die volk deurgegaan.
Omtrent veertig duisend wat vir oorlog gewapen was, het voor die aangesig van die HERE deurgetrek om te veg, na die vlaktes van Jérigo toe.
Dié dag het die HERE Josua groot gemaak voor die oë van die hele Israel, sodat hulle hom gevrees het soos hulle Moses gevrees het al die dae van sy lewe.
En toe die priesters wat die verbondsark van die HERE gedra het, opklim uit die middel van die Jordaan, het die priesters skaars hulle voetsole gelig en die droë grond bereik, of die water van die Jordaan het na sy plek teruggekeer en soos gister en eergister op al sy walle geloop.
deurdat die HERE julle God die water van die Jordaan voor julle uit laat opdroog het, totdat julle deurgetrek het, soos die HERE julle God gedoen het met die Skelfsee wat Hy voor ons uit laat opdroog het, totdat ons deurgetrek het;
dat al die volke van die aarde kan weet dat die hand van die HERE sterk is, sodat julle die HERE julle God altyd mag vrees.
En toe al die konings van die Amoriete wat anderkant die Jordaan na die weste was, en al die konings van die Kanaäniete wat by die see woon, hoor dat die HERE die water van die Jordaan voor die kinders van Israel uit laat opdroog het, totdat hulle deurgetrek het, het hulle hart versmelt en was daar in hulle geen moed meer vanweë die kinders van Israel nie.
In dié tyd het die HERE vir Josua gesê: Maak vir jou klipmesse en besny weer die kinders van Israel vir die tweede keer.
Want veertig jaar lank het die kinders van Israel in die woestyn getrek, totdat die hele volk omgekom het, die krygsmanne wat uit Egipte weggetrek het, wat nie aan die stem van die HERE gehoorsaam was nie; vir wie die HERE gesweer het dat Hy hulle die land nie sou laat sien wat die HERE hulle vaders met 'n eed beloof het om aan ons te gee nie--'n land wat oorloop van melk en heuning.
Toe het die HERE vir Josua gesê: Vandag het Ek die smaad van Egipte van julle afgewentel. Daarom het hulle dié plek Gilgal genoem tot vandag toe.
En Hy sê: Nee, maar Ek is die leërowerste van die HERE; Ek het nou gekom. Toe val Josua met sy aangesig op die grond en buig hom neer en vra Hom: Wat wil my Here aan sy dienskneg sê?
Toe sê die leërowerste van die HERE vir Josua: Trek jou skoene van jou voete af, want die plek waar jy op staan, is heilig. En Josua het so gedoen.
Toe het Josua, die seun van Nun, die priesters geroep en aan hulle gesê: Neem die verbondsark op, en laat sewe priesters sewe ramshorings voor die ark van die HERE dra.
En net toe Josua dit aan die volk gesê het, het die sewe priesters, die draers van die sewe ramshorings, opgetrek voor die aangesig van die HERE en geblaas op die horings, terwyl die verbondsark van die HERE agter hulle aan gaan.
Toe het die ark van die HERE om die stad getrek, een keer rondom; daarna het hulle in die laer gekom en in die laer die nag oorgebly.
en die sewe priesters wat die sewe ramshorings gedra het, het voor die ark van die HERE gedurig geloop en blaas op die horings, terwyl die gewapendes voor hulle loop; en die agterhoede het agter die ark van die HERE aan gegaan, terwyl gedurig op die horings geblaas word.
En toe die priesters die sewende keer op die horings blaas, sê Josua vir die volk: Skreeu! want die HERE gee die stad aan julle oor.
Maar die stad met al wat daarin is, moet 'n banoffer aan die HERE wees; net Ragab, die hoer, mag lewe, sy en almal wat by haar in die huis is, omdat sy die boodskappers wat deur ons gestuur was, weggesteek het.
Maar al die silwer en goud en die koper-- en ystervoorwerpe is heilig aan die HERE: dit moet by die skat van die HERE kom.
En nadat die HERE Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die HERE aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.
Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die HERE aan hulle gesê het; en die HERE het Job in guns aangeneem.
En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.
Ook het al sy broers en al sy susters en al sy bekendes van vroeër na hom gekom en met hom saam brood geëet in sy huis; en hulle het met hom medelyde gehad en hom vertroos oor al die onheil wat die HERE oor hom gebring het. En hulle het hom elkeen 'n geldstuk gegee en elkeen 'n goue ring.
En die HERE het die einde van Job meer geseën as sy begin; en hy het veertien duisend stuks kleinvee en ses duisend kamele en duisend paar beeste en duisend eselinne gehad.
Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:
Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.
Jou vreeslikheid het jou bedrieg, die vermetelheid van jou hart, o jy wat woon in die rotsklowe, jy wat die top van die heuwel in besit hou! Al maak jy jou nes so hoog soos die arend--daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.
Soos die omkering van Sodom en Gomorra met hulle bure, sê die HERE, sal daar niemand woon en geen mensekind daar vertoef nie.
Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Edom geneem en sy planne wat Hy teen die inwoners van Teman beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
Daarom sal sy jongmanne val op sy pleine, en al die krygsmanne in dié dag omkom, spreek die HERE van die leërskare.
Oor Kedar en oor die koninkryke van Hasor wat Nebukadrésar, die koning van Babel, verslaan het. So sê die HERE: Maak julle klaar, trek op teen Kedar, en verdelg die kinders van die Ooste.
Vlug, vlug haastig, skuil diep weg, o inwoners van Hasor, spreek die HERE; want Nebukadrésar, die koning van Babel, het 'n besluit teen julle geneem en 'n plan teen julle beraam.
Maak julle klaar, trek op teen 'n sorgelose nasie wat in gerustheid woon, spreek die HERE, wat geen poorte of grendel het nie, wat alleen woon.
En hulle kamele sal 'n roof en die menigte van hulle vee 'n buit wees; en Ek sal hulle verstrooi na al die windstreke, die wat aan die rand hulle hare wegskeer; en Ek sal hulle ondergang van alle kante aanbring, spreek die HERE.
Die woord van die HERE wat tot die profeet Jeremia gekom het oor Elam, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, naamlik:
En Ek sal Elam verskrik voor hulle vyande en voor die wat hulle lewe soek, en Ek sal onheil oor hulle bring, die gloed van my toorn, spreek die HERE; en Ek sal die swaard agter hulle aan stuur totdat Ek hulle vernietig het.
Die woord wat die HERE deur die profeet Jeremia gespreek het oor Babel, oor die land van die Chaldeërs.
In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die kinders van Israel kom, hulle met die kinders van Juda saam; onder geween sal hulle voorttrek en die HERE hulle God soek.
Hulle sal na Sion vra; op die pad hierheen sal hulle aangesig gerig wees; hulle sal kom en by die HERE aansluit in 'n ewige verbond wat nie vergeet sal word nie.
Verder het die HERE Samuel weer geroep, en Samuel het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Maar hy antwoord: Ek het nie geroep nie, my seun, gaan slaap maar weer.
Maar Samuel het die HERE nog nie geken nie; ook was die woord van die HERE nog nie aan hom geopenbaar nie.
En die HERE het Samuel weer geroep vir die derde maal; en hy het opgestaan en na Eli gegaan en gesê: Hier is ek, want u het my geroep. Toe merk Eli dat die HERE die seun geroep het.
Daarom het Eli vir Samuel gesê: Gaan lê, en as Hy jou roep, moet jy antwoord: Spreek, HERE, want u kneg hoor. Toe het Samuel geloop en op sy plek gaan lê.
Toe het die HERE gekom en gaan staan en geroep soos die vorige kere: Samuel, Samuel! En Samuel het geantwoord: Spreek, want u kneg hoor.
Toe het die HERE aan Samuel gesê: Kyk, Ek gaan 'n ding doen in Israel waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
En Samuel het bly lê tot die môre toe. En hy het die deure van die huis van die HERE oopgemaak; maar Samuel was bevrees om die gesig aan Eli mee te deel.
En Samuel het hom al die woorde meegedeel, en niks vir hom verberg nie. En hy het gesê: Hy is die HERE; laat Hom doen wat goed is in sy oë.
En Samuel het groot geword, en die HERE was met hom; en Hy het nie een van al sy woorde onvervuld laat bly nie.
En die hele Israel van Dan tot Berséba het erken dat Samuel betroubaar was as 'n profeet van die HERE.
En die HERE het weer verskyn in Silo; want die HERE het Hom geopenbaar aan Samuel in Silo deur die woord van die HERE.
Terwyl die manskappe die laer inkom, sê die oudstes van Israel: Waarom het die HERE ons vandag voor die Filistyne verslaan? Laat ons die verbondsark van die HERE uit Silo na ons toe bring, dat dit onder ons inkom en ons verlos uit die hand van ons vyande.
Daarop het die manskappe na Silo gestuur, en hulle het die verbondsark van die HERE van die leërskare wat op die gérubs troon, daarvandaan gaan haal; en die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, was daar by die verbondsark van God.
En net toe die verbondsark van die HERE in die laer inkom, hef die hele Israel 'n groot krygsgeskreeu aan, sodat die aarde gedreun het.
En die Filistyne het die geluid van die gejuig gehoor en gesê: Watter geluid van 'n groot krygsgeskreeu is dit in die laer van die Hebreërs? Toe verneem hulle dat die ark van die HERE in die laer gekom het.
Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.
Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.
Sjiggajon van Dawid wat hy tot eer van die HERE gesing het weens die woorde van Kus, die Benjaminiet.
Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!
Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.
o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.
Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood;
Die HERE het Hom bekend gemaak; Hy het strafgerig geoefen; die goddelose is verstrik in die werk van sy hande. Higgajon. Sela.
Want die goddelose juig oor die begeerte van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid. By die HERE skuil ek. Hoe kan julle dan vir my sê: Vlug na julle berg soos 'n voël!
Die HERE is in sy heilige paleis; die troon van die HERE is in die hemel; sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders.
Red, o Here, want daar is geen vrome meer nie; want die getroues het verdwyn onder die mensekinders.
Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag.
Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal.
En die stad met alles wat daarin was, het hulle met vuur verbrand; net die silwer en die goud en die koper-- en ystervoorwerpe het hulle by die skat van die huis van die HERE gevoeg.
Maar ek- op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.
In dié tyd het Josua hulle laat sweer met die woorde: Vervloek is die man voor die aangesig van die HERE wat sal opstaan om hierdie stad Jérigo op te bou: ten koste van sy eersgeborene sal hy sy fondamente lê, en ten koste van sy jongste sal hy sy poorte insit.
Maar die kinders van Israel het hulle vergryp aan die bangoed; want Agan, die seun van Karmi, die seun van Sabdi, die seun van Serag, van die stam van Juda, het van die bangoed geneem, sodat die toorn van die HERE ontvlam het teen die kinders van Israel.
Toe het Josua sy klere geskeur en met sy aangesig op die grond geval voor die ark van die HERE, tot die aand toe, hy en die oudstes van Israel, en hulle het stof op hul hoofde gegooi.
En Josua het gesê: Ag, Here HERE, waarom het U hierdie volk ooit deur die Jordaan laat trek om ons oor te gee in die hand van die Amoriete, sodat hulle ons kan vernietig? Het ons tog maar besluit om oorkant die Jordaan te bly!
Staan op! Heilig die volk en sê: Heilig julleself teen môre; want so sê die HERE, die God van Israel: Daar is 'n ban in jou midde, Israel! Jy sal nie kan standhou voor jou vyande totdat julle die ban onder julle uit verwyder het nie.
Kom dan môre vroeg aan volgens julle stamme; en die stam wat die HERE deur die lot aanwys, moet aankom volgens die geslagte; en die geslag wat die HERE aanwys, moet aankom volgens die huisgesinne, en die huisgesin wat die HERE aanwys, moet aankom man vir man.
En hy wat in besit van die bangoed aangewys is, moet met vuur verbrand word, hy met alles wat aan hom behoort, omdat hy die verbond van die HERE oortree en 'n skanddaad in Israel begaan het.
Toe sê Josua vir Agan: My seun, maak tog die HERE, die God van Israel, heerlik en gee Hom die eer; en gee my tog te kenne wat jy gedoen het; steek dit nie vir my weg nie.
Toe het Agan Josua geantwoord en gesê: Waarlik, ek het gesondig teen die HERE, die God van Israel, en so en so het ek gedoen.
En hulle het dit uit die tent uitgehaal en dit na Josua en al die kinders van Israel gebring en dit voor die aangesig van die HERE uitgeskud.
En Josua het gesê: Hoe het jy ons in die ongeluk gestort! Die HERE sal jou vandag in die ongeluk stort! Daarop het die hele Israel hom gestenig, en hulle het hulle met vuur verbrand en klippe op hulle gegooi.
En hulle het 'n groot hoop klippe op hom gestapel wat tot vandag toe daar is. Toe het die HERE Hom afgewend van die gloed van sy toorn. Daarom noem hulle daardie plek Dal Agor tot vandag toe.
Daarop sê die HERE vir Josua: Wees nie bevrees of verskrik nie; neem al die weerbare manskappe met jou saam en maak jou klaar, trek op na Ai; kyk, Ek gee die koning van Ai en sy volk en sy stad en sy land in jou hand.
Dan moet julle uit die hinderlaag opstaan en die stad inneem; want die HERE julle God sal dit in julle hand gee.
En as julle die stad verower het, moet julle die stad aan die brand steek, na die woord van die HERE moet julle handel; kyk, ek gee julle bevel.
En die HERE het vir Josua gesê: Steek die spies wat in jou hand is, na Ai toe uit, want Ek wil dit in jou hand gee. Daarop steek Josua die spies wat in sy hand was, na die stad uit.
Net die vee en die buit van daardie stad het die Israeliete vir hulle buitgemaak, volgens die woord van die HERE wat Hy Josua beveel het.
soos Moses, die kneg van die HERE, die kinders van Israel beveel het, soos geskrywe staan in die wetboek van Moses: 'n Altaar van ongekapte klippe waaroor geen yster geswaai is nie; en dáárop het hulle aan die HERE brandoffers gebring en dankoffers geslag.
terwyl die hele Israel met sy oudstes en die opsigters en sy regters aan weerskante van die ark staan--teenoor die Levitiese priesters, die draers van die verbondsark van die HERE--die vreemdeling sowel as die kind van die land: die een helfte daarvan teen die berg Gerísim en die ander helfte daarvan teen die berg Ebal, soos Moses, die kneg van die HERE, tevore bevel gegee het om die volk van Israel te seën.
En hulle sê vir hom: U dienaars kom van 'n baie ver land af, vanweë die Naam van die HERE u God; want ons het die gerug van Hom gehoor, en alles wat Hy in Egipte gedoen het;
Maar die kinders van Israel het hulle nie verslaan nie, omdat die owerstes van die vergadering vir hulle gesweer het by die HERE, die God van Israel; die hele vergadering het toe teen die owerstes gemurmureer.
Daarop sê al die owerstes aan die hele vergadering: Ons het self vir hulle gesweer by die HERE, die God van Israel; en nou mag ons hulle nie aanraak nie.
Toe het hulle Josua geantwoord en gesê: Omdat aan u dienaars verseker meegedeel was dat die HERE u God aan Moses, sy kneg, bevel gegee het om die hele land aan julle te gee en al die inwoners van die land voor julle uit te verdelg, daarom was ons vir julle baie bevrees ter wille van ons lewe en het ons hierdie ding gedoen.
So het Josua dan op dié dag houtkappers en waterputters van hulle gemaak vir die vergadering en vir die altaar van die HERE, tot vandag toe, op die plek wat Hy sou uitkies.
En die HERE het aan Josua gesê: Wees nie bevrees vir hulle nie, want Ek gee hulle in jou hand; niemand van hulle sal voor jou standhou nie.
het die HERE hulle in verwarring gebring voor Israel, en hy het 'n groot slag onder hulle geslaan by Gíbeon en hulle agtervolg op pad na die hoogte van Bet-Horon en hulle verslaan tot by Aséka en tot by Makkéda.
En toe hulle voor Israel uit vlug terwyl hulle op die afdraand van Bet-Horon was, het die HERE groot haelstene uit die hemel op hulle gewerp tot by Aséka, sodat hulle gesterf het; daar het meer gesterf deur die haelstene as wat die kinders van Israel met die swaard doodgeslaan het.
Toe het Josua met die HERE gespreek, op die dag dat die HERE die Amoriete aan die kinders van Israel oorgegee het, en voor die oë van Israel gesê: Son, staan stil in Gíbeon, en maan, in die dal van Ajalon!
En daar was geen dag soos hierdie een, voor hom en ná hom, dat die HERE na die stem van 'n man geluister het nie; want die HERE het vir Israel gestry.
Maar julle, moenie bly staan nie; jaag julle vyande agterna en sny hulle agterhoede af; laat hulle nie toe om in hul stede in te kom nie, want die HERE julle God gee hulle in julle hand.
En Josua sê vir hulle: Wees nie bevrees of verskrik nie; wees sterk en vol moed, want so sal die HERE met al julle vyande doen teen wie julle sal veg.
En die HERE het dit ook met sy koning in die hand van Israel gegee, en hy het dit verslaan met die skerpte van die swaard en al die siele wat daarin was; hy het niemand daarin laat vryraak nie; en hy het met sy koning gedoen net soos met die koning van Jérigo.
En die HERE het Lagis in die hand van Israel gegee, sodat hy dit ingeneem het op die tweede dag en dit met al die siele wat daarin was, met die skerpte van die swaard verslaan het net soos hy met Libna gedoen het.
So het Josua dan die hele land verslaan, die Gebergte en die Suidland en die Laeveld en die Hange met al hulle konings sonder om iemand te laat oorbly wat vrygeraak het; en alles wat asemhaal, het hy met die banvloek getref, soos die HERE, die God van Israel, beveel het.
En al hierdie konings met hulle land het Josua in een slag geneem, omdat die HERE, die God van Israel, vir Israel gestry het.
Toe sê die HERE vir Josua: Wees vir hulle nie bevrees nie; want môre omtrent sulke tyd sal Ek hulle, almal verslaan, aan Israel oorgee; hulle perde se hakskeensenings moet jy afsny en hulle waens met vuur verbrand.
En die HERE het hulle in die hand van Israel gegee, sodat dié hulle verslaan en hulle agtervolg het tot by Groot-Sidon en tot by Mísrefot-Maim en tot by die laagte van Mispe teen die ooste; en hulle het hul verslaan totdat daar niemand van hulle was wat vrygeraak het nie.
En Josua het met hulle gedoen soos die HERE aan hom gesê het: hulle perde se hakskeensenings het hy afgesny en hulle strydwaens met vuur verbrand.
En al daardie koningstede met al hulle konings het Josua geneem en hulle met die skerpte van die swaard verslaan; hy het hulle met die banvloek getref, soos Moses, die kneg van die HERE, beveel het.
Soos die HERE Moses, sy kneg, beveel het, so het Moses aan Josua bevel gegee, en so het Josua gehandel; hy het niks nagelaat van alles wat die HERE Moses beveel het nie.
Want die HERE het dit so bestier dat hulle hul hardnekkig voorgeneem het om Israel te bestry, sodat dié hulle met die banvloek sou tref, dat daar vir hulle geen genade sou wees nie; maar dat dié hulle sou verdelg, soos die HERE Moses beveel het.
So het Josua dan die hele land ingeneem net soos die HERE met Moses gespreek het; en Josua het dit as 'n erfdeel aan Israel gegee volgens hulle afdelings, volgens hulle stamme; en die land het gerus van oorlog.
Moses, die kneg van die HERE, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die HERE, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.
En toe Josua oud en ver op sy dae was, het die HERE vir hom gesê: Jy is oud en ver op jou dae, en daar het nog 'n baie groot stuk land oorgebly om in besit te neem.
Saam met hom het die Rubeniete en die Gadiete hulle erfdeel ontvang wat Moses oorkant die Jordaan na die ooste toe aan hulle gegee het, soos Moses, die kneg van die HERE, dit aan hulle gegee het:
Net aan die stam van Levi het hy geen erfdeel gegee nie: die vuuroffers van die HERE, die God van Israel, dit is sy erfdeel, soos Hy hom beloof het.
maar aan die stam van Levi het Moses geen erfdeel gegee nie; die HERE, die God van Israel, is self hulle erfdeel, soos Hy hulle beloof het.
deur verloting van hulle erfdeel, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het, met betrekking tot die nege en 'n halwe stam.
Toe het die kinders van Juda nader gekom na Josua in Gilgal, en Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, het vir hom gesê: U weet die woord wat die HERE met Moses, die man van God in Kades-Barnéa gespreek het met betrekking tot my en met betrekking tot u.
Veertig jaar was ek oud toe Moses, die kneg van die HERE, my uitgestuur het van Kades-Barnéa af om die land te verken, en ek het hom berig gebring soos dit in my hart was;
maar my broers wat saam met my opgetrek het, het die hart van die volk laat versmelt, terwyl ek volgehou het om die HERE my God te volg.
En dié dag het Moses gesweer en gesê: Waarlik, die land wat jou voet betree het, sal aan jou en aan jou kinders in ewigheid as 'n erfdeel behoort, omdat jy volgehou het om die HERE my God te volg.
En nou, kyk, die HERE het my laat lewe, soos Hy gespreek het, nou al vyf en veertig jaar sedert die HERE hierdie woord met Moses gespreek het toe Israel in die woestyn getrek het; en kyk nou, ek is vandag vyf en tagtig jaar oud;
Gee my dan nou hierdie bergland waarvan die HERE daardie dag gespreek het; want u self het dié dag gehoor dat dáár Enakiete is en groot versterkte stede; miskien sal die HERE met my wees, sodat ek hulle kan verdrywe, soos die HERE gespreek het.
Daarom het Hebron die erfdeel geword van Kaleb, die seun van Jefúnne, die Kenissiet, tot vandag toe, omdat hy volgehou het om die HERE, die God van Israel, te volg.
Maar aan Kaleb, die seun van Jefúnne, het hy 'n aandeel onder die kinders van Juda gegee, volgens die bevel van die HERE aan Josua: die stad van Arba, die vader van Enak, dit is Hebron.
Toe het die kinders van Josef met Josua gespreek en gesê: Waarom het u my as erfdeel net een lot en een aandeel gegee terwyl ek tog 'n groot volk is, omdat die HERE my tot hiertoe geseën het?
Toe sê Josua aan die kinders van Israel: Hoe lank sal julle jul so traag hou om die land in besit te gaan neem wat die HERE, die God van julle vaders, aan julle gegee het?
Maar julle moet die land in sewe dele beskrywe en die beskrywing hier na my toe bring; dan sal ek vir julle die lot werp, hier voor die aangesig van die HERE onse God.
Want die Leviete het geen aandeel onder julle nie, omdat die priesterskap van die HERE hulle erfdeel is; en Gad en Ruben en die halwe stam van Manasse het hulle erfdeel ontvang oorkant die Jordaan in die ooste, wat Moses, die kneg van die HERE, hulle gegee het.
Die manne het toe klaargemaak en gegaan; en by hulle vertrek het Josua hulle bevel gegee om die land te beskrywe, met die woorde: Gaan heen, trek rond in die land en beskrywe dit, en kom na my terug; dan sal ek hier vir julle die lot werp voor die aangesig van die HERE in Silo.
Toe het Josua vir hulle die lot gewerp in Silo, voor die aangesig van die HERE; en Josua het die land daar onder die kinders van Israel verdeel volgens hulle afdelings.
op bevel van die HERE het hulle hom die stad gegee wat hy gevra het, Timnat-Serag op die gebergte van Efraim; en hy het die stad opgebou en daarin gaan woon.
Dit is die erfdele wat Eleásar, die priester, en Josua, die seun van Nun, en die familiehoofde aan die stamme van die kinders van Israel as erfenis uitgedeel het deur die lot, in Silo, voor die aangesig van die HERE, by die ingang van die tent van samekoms; en hulle het die verdeling van die land beëindig.
en met hulle gespreek in Silo, in die land Kanaän, en gesê: Die HERE het deur die diens van Moses bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.
Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die HERE, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:
So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het.
So het die HERE dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.
En die HERE het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met 'n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die HERE in hulle hand gegee.
Geen woord van al die goeie woorde wat die HERE met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.
en aan hulle gesê: Julle het alles onderhou wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, en julle het na my geluister in alles wat ek julle beveel het.
Julle het jul broers nie in die steek gelaat nie--dit is nou baie dae al tot vandag toe--en het die ordening van die gebod van die HERE julle God onderhou.
Maar nou het die HERE julle God jul broers rus gegee, soos Hy hulle beloof het; draai dan nou om en gaan na julle tente, na die land van julle besitting wat Moses, die kneg van die HERE, julle oorkant die Jordaan gegee het.
Neem net noukeurig in ag die onderhouding van die gebod en die wet wat Moses, die kneg van die HERE, julle beveel het, om die HERE julle God lief te hê en in al sy weë te wandel en sy gebooie te onderhou en Hom aan te hang en Hom te dien met julle hele hart en met julle hele siel.
So het die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die halwe stam van Manasse dan teruggegaan, en hulle het weggetrek van die kinders van Israel af, uit Silo wat in die land Kanaän lê, om te gaan na die land Gílead, na die land van hulle besitting waarin hulle, op bevel van die HERE deur die diens van Moses, vaste besittings verkry het.
So sê die hele vergadering van die HERE: Wat is dit vir 'n troubreuk wat julle begaan teen die God van Israel, dat julle vandag van die HERE afvallig word deur vir julle 'n altaar te bou, deur vandag teen die HERE in opstand te kom?
Is die ongeregtigheid in verband met Peor vir ons nog nie genoeg nie, waarvan ons tot vandag toe ons nie gereinig het nie--toe die plaag oor die vergadering van die HERE gekom het?
En julle wil vandag van die HERE afvallig word! As julle dan vandag in opstand kom teen die HERE, sal Hy môre toornig word op die hele vergadering van Israel.
As die land van julle besitting egter onrein is, trek dan oor na die eie land van die HERE waar die tabernakel van die HERE gevestig is, en verkry onder ons vaste besittings; maar kom nie teen die HERE in opstand nie, en moenie teen ons opstandig wees deur vir julle 'n altaar te bou naas die altaar van die HERE onse God nie.
Die God van die gode, die HERE, die God van die gode, die HERE, Hy weet dit; en ook Israel mag dit weet: As dit deur opstandigheid of deur troubreuk teen die HERE is--verlos ons nie vandag nie, HERE! --
dat ons 'n altaar vir ons gebou het om van die HERE afvallig te word; en as dit is om daarop 'n brandoffer en spysoffer te bring of om daarop dankoffers te berei, dan mag die HERE self dit wreek.
Maar waarlik, ons het dit uit 'n sekere besorgdheid gedoen en gesê: Later sou julle kinders met ons kinders kan spreek en sê: Wat het julle te doen met die HERE, die God van Israel?
Die HERE het tog tussen ons en julle, kinders van Ruben en kinders van Gad, die Jordaan as grens gestel; julle het geen deel aan die HERE nie; so sal julle kinders dan maak dat ons kinders die HERE nie meer vrees nie.
maar dat dit 'n getuie kan wees tussen ons en julle en ons geslagte ná ons dat ons die diens van die HERE sal waarneem voor sy aangesig met ons brandoffers en ons slagoffers en ons dankoffers, sodat julle kinders later nie aan ons kinders kan sê: Julle het geen deel aan die HERE nie.
En ons het gedink: As hulle dit later aan ons en ons geslagte sou sê, sal ons sê: Kyk na die boustyl van die altaar van die HERE wat ons vaders gemaak het, nie vir brandoffer en nie vir slagoffer nie, maar'n getuie is hy tussen ons en julle.
Dit is ver van ons dat ons opstandig sou word teen die HERE en vandag afvallig sou word van die HERE deur 'n altaar te bou vir brandoffer, spysoffer en slagoffer naas die altaar van die HERE onse God wat voor sy tabernakel staan.
Toe sê Pínehas, die seun van Eleásar, die priester, aan die kinders van Ruben en die kinders van Gad en die kinders van Manasse: Vandag weet ons dat die HERE in ons midde is, omdat julle hierdie troubreuk teen die HERE nie begaan het nie; nou het julle die kinders van Israel gered uit die hand van die HERE.
En die kinders van Ruben en die kinders van Gad het die altaar genoem: Hy is getuie tussen ons dat die HERE God is.
'n Geruime tyd daarna, nadat die HERE aan Israel rus gegee het van al sy vyande rondom, en Josua oud en ver op sy dae was,
en julle het self gesien alles wat die HERE julle God aan al hierdie nasies voor julle uit gedoen het; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry.
En die HERE julle God self sal hulle voor julle verjaag en hulle voor julle uit verdrywe, sodat julle hulle land in besit kan neem soos die HERE julle God julle beloof het.
Die HERE tog het groot en magtige nasies voor julle uit verdrywe; en wat julle betref--niemand het tot vandag toe voor julle standgehou nie.
Een man uit julle het duisend agtervolg; want die HERE julle God, Hy het vir julle gestry soos Hy julle beloof het.
weet dan verseker dat die HERE julle God nie langer hierdie nasies voor julle uit sal verdrywe nie; maar hulle sal vir julle 'n vangnet en 'n strik wees en 'n angel in julle sye en dorings in julle oë, totdat julle omkom uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.
En kyk, ek gaan vandag die weg van die ganse aarde, maar julle moet erken met jul hele hart en met jul hele siel dat nie een woord van al die goeie woorde wat die HERE julle God oor julle gespreek het, onvervuld gebly het nie; alles het vir julle uitgekom, nie een woord daarvan het onvervuld gebly nie.
Maar soos al die goeie woorde oor julle gekom het wat die HERE julle God oor julle gespreek het, so sal die HERE oor julle al die onheilswoorde laat kom, totdat Hy julle verdelg het uit hierdie goeie land wat die HERE julle God aan julle gegee het.
As julle die verbond van die HERE julle God wat Hy julle beveel het, oortree en ander gode gaan dien en julle voor hulle neerbuig, dan sal die toorn van die HERE teen julle ontvlam, en julle sal gou omkom uit die goeie land wat Hy aan julle gegee het.
Toe sê Josua aan die hele volk: So sê die HERE, die God van Israel: Oorkant die Eufraat het julle vaders van oudsher gewoon--Tera, die vader van Abraham en die vader van Nahor, en hulle het ander gode gedien.
maar hulle het die HERE aangeroep, en Hy het 'n duisternis gestel tussen julle en die Egiptenaars en die see oor hulle laat kom, sodat dit hulle oordek het, en julle eie oë het gesien wat Ek aan Egipte gedoen het. Daarna het julle baie dae in die woestyn gebly.
En terwyl die Engel van die HERE met hierdie woorde al die kinders van Israel toespreek, het die volk hulle stem verhef en geween;
Vrees dan nou die HERE en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die HERE.
Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.
Toe antwoord die volk en sê: Dit is ver van ons, dat ons die HERE sou verlaat om ander gode te dien;
want die HERE onse God, dit is Hy wat ons en ons vaders uit Egipteland uit die slawehuis laat optrek het, en wat voor ons oë hierdie groot tekens gedoen het en ons bewaar het op die hele pad wat ons gegaan en onder al die volke waar ons dwarsdeur getrek het;
en die HERE het al die volke en die Amoriet, die inwoner van die land, voor ons uit verdrywe. Ook ons sal die HERE dien, want Hy is onse God.
Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die HERE nie dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie.
As julle die HERE verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.
Daarop sê Josua aan die volk: Julle is getuies teen julleself dat julle vir julleself die HERE gekies het om Hom te dien. En hulle sê: Ons is getuies.
Verwyder dan nou die vreemde gode wat onder julle is, en neig julle hart tot die HERE, die God van Israel.
En Josua het hierdie woorde in die wetboek van God geskrywe en'n groot klip geneem en dié daar opgerig onder die eikeboom wat by die heilige plek van die HERE is.
Toe sê Josua aan die hele volk: Kyk, hierdie klip sal 'n getuie teen ons wees, want hy het al die woorde van die HERE gehoor wat Hy met ons gespreek het; en hy sal 'n getuie teen julle wees, sodat julle jul God nie verloën nie.
En ná hierdie dinge het Josua, die seun van Nun, die kneg van die HERE, gesterwe, honderd en-tien jaar oud.
En Israel het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat lank ná Josua nog in die lewe was en met al die werke van die HERE bekend was wat Hy vir Israel gedoen het.
En ná die dood van Josua het die kinders van Israel die HERE geraadpleeg en gesê: Wie van ons moet eerste optrek teen die Kanaäniete om teen hulle te veg?
en toe Juda optrek, het die HERE die Kanaäniete en Feresiete in hul hand gegee, sodat hulle tien duisend man van hulle by Besek verslaan het.
En die HERE was met Juda, sodat hy die gebergte in besit geneem het; maar die bewoners van die laagte kon hy nie verdrywe nie, omdat hulle ysterwaens gehad het.
Toe trek die Engel van die HERE van Gilgal op na Bogim en sê: Ek het julle uit Egipte laat optrek en julle gebring in die land wat Ek julle vaders met 'n eed beloof het, en gesê: Ek sal my verbond met julle in ewigheid nie verbreek nie;
En die volk het die HERE gedien al die dae van Josua en al die dae van die oudstes wat ná Josua nog in die lewe was, en al die groot werke van die HERE gesien het wat Hy vir Israel gedoen het.
En toe ook daardie hele geslag by hulle vaders versamel is, staan daar 'n ander geslag ná hulle op wat die HERE en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie.
En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE: hulle het die Baäls gedien
en die HERE, die God van hulle vaders, verlaat wat hulle uit Egipteland uitgelei het, en hulle het agter ander gode aan geloop, van die gode van die volke wat rondom hulle was, en hulle daarvoor neergebuig en die HERE geterg.
het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle oorgegee in die hand van rowers wat hulle beroof het; en Hy het hulle verkoop in die hand van hulle vyande rondom, sodat hulle nie meer kon standhou voor hulle vyande nie.
Waarheen hulle ook al uittrek, was die hand van die HERE teen hulle ten kwade, soos die HERE gespreek en soos die HERE vir hulle gesweer het. Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak,
Na hulle rigters het hulle egter ook nie geluister nie, maar agter ander gode aan gehoereer en hulle daarvoor neergebuig; gou het hulle afgewyk van die weg wat hulle vaders bewandel het in gehoorsaamheid aan die gebooie van die HERE: so het hulle nie gedoen nie.
En wanneer die HERE vir hulle rigters verwek, was die HERE met die rigter om hulle te verlos uit die hand van hul vyande al die dae van die rigter, omdat die HERE medelyde gehad het vanweë hulle gekerm oor hulle verdrukkers en hulle verdringers.
Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het gesê: Omdat hierdie nasie my verbond wat Ek hulle vaders beveel het, oortree en na my stem nie luister nie,
om Israel deur hulle op die proef te stel, of hulle die weg van die HERE sal hou deur daarin te wandel soos hulle vaders dit gehou het, of nie.
Daarom het die HERE daardie nasies laat oorbly sonder om hulle dadelik te verdrywe, en hulle nie in die hand van Josua gegee nie.
En dit is die nasies wat die HERE laat oorbly het om Israel, almal wat al die oorloë van Kanaän nie geken het nie, deur hulle op die proef te stel--
Hulle was dan daar om deur hulle Israel op die proef te stel; om te weet of hulle na die gebooie van die HERE wat Hy hulle vaders deur Moses beveel het, sou luister.
En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en die HERE hulle God vergeet en die Baäls en die heilige boomstamme gedien.
Daarop het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, en Hy het hulle verkoop in die hand van Kusan Risatáim, die koning van Mesopotámië, en die kinders van Israel het Kusan Risatáim agt jaar lank gedien.
Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE 'n verlosser vir die kinders van Israel verwek, wat hulle verlos het: Otniël, die seun van Kenas, die jonger broer van Kaleb.
En die Gees van die HERE het op hom gekom, en hy het Israel gerig en uitgetrek om oorlog te voer; en die HERE het Kusan Risatáim, die koning van Aram, in sy hand gegee, sodat hy die oorhand oor Kusan Risatáim gekry het.
En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE. Toe maak die HERE Eglon, die koning van Moab, sterk teen Israel, omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE;
Maar toe die kinders van Israel die HERE aanroep, het die HERE vir hulle as verlosser verwek: Ehud, die seun van Gera, die Benjaminiet, 'n man wat links was. Deur hom stuur toe die kinders van Israel die belasting aan Eglon, die koning van Moab.
Toe sê hy vir hulle: Volg my, want die HERE gee julle vyande, die Moabiete, in julle hand; en hulle het agter hom aan afgetrek en die Moabiete van die driwwe van die Jordaan afgesny en niemand toegelaat om deur te gaan nie.
Maar ná die dood van Ehud het die kinders van Israel weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
Daarom het die HERE hulle verkoop in die hand van Jabin, die koning van Kanaän, wat in Hasor geregeer het; en sy leërowerste was Sísera, 'n inwoner van Haróset van die heidene.
En die kinders van Israel het die HERE aangeroep; want hy het nege honderd ysterwaens gehad en die kinders van Israel twintig jaar lank swaar verdruk.
Toe laat sy Barak, die seun van Abinóam, uit Kedes in Náftali, roep en sê vir hom: Het die HERE, die God van Israel, nie bevel gegee nie: Gaan, trek na die berg Tabor, en neem tien duisend man van die kinders van Náftali en van die kinders van Sébulon met jou saam?
Toe sê sy: Ek sal sekerlik met jou saamtrek, maar die eer sal nie joue wees op die pad wat jy sal gaan nie; want die HERE sal Sísera in die hand van 'n vrou verkoop; en Debóra het opgestaan en saam met Barak na Kedes getrek.
Daarop sê Debóra vir Barak: Maak jou klaar, want dit is die dag waarop die HERE Sísera in jou hand gee. Trek die HERE nie voor jou uit nie? Toe trek Barak van die berg Tabor af, en tien duisend man agter hom aan.
En die HERE het Sísera met al die waens en die hele leër deur die skerpte van die swaard in verwarring gebring voor Barak uit, en Sísera het van sy wa afgeklim en te voet gevlug.
Hoor, o konings! Luister, o vorste! Ek, tot eer van die HERE wil ek sing, tot eer van die HERE, die God van Israel, wil ek psalmsing.
HERE, toe U uitgetrek het uit Seïr, toe U voortgestap het uit die veld van Edom, het die aarde gebeef, ook het die hemel gedrup, ook het die wolke water gedrup.
Berge het gewankel voor die aangesig van die HERE uit, hierdie Sinai voor die aangesig van die HERE, die God van Israel.
My hart is vir die aanvoerders van Israel wat hulle gewillig betoon het onder die volk--prys die HERE!
Vanweë die stem van die boogskutters tussen die drinkplekke, besing hulle daar die regverdige dade van die HERE, die regverdige dade van sy leiding in Israel. Toe het die volk van die HERE afgetrek na die poorte toe.
Toe het die oorblyfsel van die vername manne van die volk afgetrek, toe het die HERE vir my afgetrek onder die helde.
Vloek Meros, sê die Engel van die HERE; ja, vervloek sy inwoners, omdat hulle die HERE nie tot hulp gekom het nie, die HERE tot hulp onder die helde.
So moet al u vyande, HERE, omkom! Maar die wat Hom liefhet, is soos die opgang van die son in sy krag. En die land het veertig jaar lank gerus.
Maar toe die kinders van Israel gedoen het wat verkeerd was in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Midianiete, sewe jaar lank.
En Israel het deur die Midianiete baie arm geword, maar die kinders van Israel het die HERE aangeroep.
het die HERE 'n profeet na die kinders van Israel gestuur, en dié het vir hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek self het julle laat optrek uit Egipte en julle uit die slawehuis uitgelei
En Ek het aan julle gesê: Ek is die HERE julle God; julle mag die gode van die Amoriete in wie se land julle woon, nie vrees nie. Maar julle het nie na my stem geluister nie.
Toe het die Engel van die HERE gekom en gaan sit onder die terpentynboom wat by Ofra staan, wat aan Joas, die Abiësriet, behoort het, terwyl sy seun Gídeon juis koring uitslaan in die parskuip om dit te beveilig teen die Midianiete.
Toe vra Gídeon Hom: Ag, my heer, as die HERE met ons is, waarom het al hierdie dinge ons dan oorgekom? En waar is al sy wonders waar ons vaders ons van vertel het, deur te sê: Het die HERE ons nie uit Egipte laat optrek nie? Maar nou het die HERE ons verwerp en ons oorgegee in die hand van die Midianiete.
Toe draai die HERE na hom toe en sê: Gaan in hierdie krag van jou en verlos Israel uit die hand van die Midianiete. Is dit nie Ek wat jou stuur nie?
Maar hy vra Hom: Ag, Here, waarmee sou ek Israel verlos? Kyk, my geslag is die swakste in Manasse, en ek self die geringste in my familie.
Daarop steek die Engel van die HERE die punt van die staf wat in sy hand was, uit en raak die vleis en die ongesuurde koeke aan; toe gaan daar vuur op uit die rots en verteer die vleis en die ongesuurde koeke. Intussen het die Engel van die HERE verdwyn uit sy oë.
Toe Gídeon bemerk dat dit die Engel van die HERE was, sê Gídeon: Ag, Here HERE! want ek het die Engel van die HERE gesien van aangesig tot aangesig!
Toe bou Gídeon daar 'n altaar vir die HERE en noem dit: Die HERE is vrede! Dit staan vandag nog daar by Ofra van die Abiësriete.
En in dieselfde nag het die HERE vir hom gesê: Neem die bul van jou vader, naamlik die tweede bul van sewe jaar, en breek die altaar van Baäl af wat aan jou vader behoort, en kap die heilige boomstam af wat daar langsaan staan.
En bou vir die HERE jou God 'n altaar op die top van hierdie vesting deur opstapeling, en neem die tweede bul en bring dit as 'n brandoffer met die hout van die heilige boomstam wat jy moet afkap.
Toe het Gídeon tien man van sy dienaars geneem en gedoen soos die HERE aan hom gesê het; maar omdat hy te bang was vir sy familie en vir die manne van die stad, om dit oordag te doen, het hy dit in die nag gedoen.
En die Gees van die HERE het Gídeon vervul; en hy het op die ramshoring geblaas, en die Abiësriete is agter hom aan opgeroep.
En die HERE het daardie nag so gedoen: op die vlies alleen was dit droog, maar oral op die grond was daar dou.
Toe sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe by jou is te veel vir My om die Midianiete in hulle hand te gee; anders kan Israel hom teen My beroem deur te sê: My eie hand het my verlos.
Daarop sê die HERE vir Gídeon: Die manskappe is nog te veel; bring hulle af na die water, dan sal Ek hulle daar vir jou uitsoek; en van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag met jou saamgaan--dié mag met jou saamgaan; maar elkeen van wie Ek aan jou sê: Hierdie een mag nie met jou saamgaan nie--dié mag nie gaan nie.
Hy bring toe die manskappe af na die water; en die HERE sê vir Gídeon: Elkeen wat met sy tong die water oplek soos 'n hond lek, moet jy eenkant laat staan; en elkeen wat op sy knieë vooroor buig om te drink, anderkant.
Toe sê die HERE vir Gídeon: Deur die drie honderd man wat gelek het, sal Ek julle verlos en die Midianiete in jou hand gee; maar al die ander manskappe kan elkeen na sy woonplek gaan.
En daardie nag het die HERE vir hom gesê: Staan op, gaan af in die laer, want Ek gee dit in jou hand.
Toe Gídeon dan die verhaal van die droom en sy uitlegging hoor, het hy aanbid; en hy het teruggekeer na die laer van Israel en gesê: Maak klaar, want die HERE gee die laer van die Midianiete in julle hand.
En as ek en almal wat by my is, op die ramshoring blaas, moet julle ook op die ramshorings blaas rondom die hele laer, en julle moet sê: Vir die HERE en vir Gídeon!
Toe blaas die drie dele op die ramshorings en breek die kruike en hou met hulle linkerhand die fakkels en met hulle regterhand die ramshorings om te blaas, terwyl hulle uitroep: Die swaard van die HERE en van Gídeon!
En toe die drie honderd op die ramshorings blaas, het die HERE die swaard van die een teen die ander gerig, ja, in die hele laer; en die laer het gevlug na Bet-Sitta, na Seréda toe, tot by die oewer van Abel-Mehóla by Tabbat.
Toe sê Gídeon: Daarom, as die HERE Seba en Sálmuna in my hand gee, sal ek julle vlees met woestyndorings en distels dors.
Daarop sê hy: Dit was my broers, seuns van my moeder. So waar as die HERE leef, as julle hulle laat leef het, sou ek julle nie doodmaak nie.
Maar Gídeon antwoord hulle: Ek wil nie oor julle heers nie, en ook my seun mag nie oor julle heers nie: die HERE sal oor julle heers.
En die kinders van Israel het nie gedink aan die HERE hulle God wat hulle uit die hand van al hul vyande rondom gered het nie.
En die kinders van Israel het weer gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en hulle het die Baäls en die Astartes gedien, en die gode van Aram en die gode van Sidon en die gode van Moab en die gode van die kinders van Ammon en die gode van die Filistyne, en hulle het die HERE verlaat en Hom nie gedien nie.
Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen Israel, en Hy het hulle verkoop in die hand van die Filistyne en in die hand van die kinders van Ammon.
Toe roep die kinders van Israel die HERE aan en sê: Ons het teen U gesondig, want ons het onse God verlaat en die Baäls gedien.
Maar die HERE het aan die kinders van Israel gesê: Het Ek julle nie van die Egiptenaars en van die Amoriete, van die kinders van Ammon en van die Filistyne--
Toe sê die kinders van Israel aan die HERE: Ons het gesondig; maak met ons net soos dit goed is in u oë; verlos ons tog net vandag.
En hulle het die vreemde gode uit hulle midde verwyder en die HERE gedien; toe het Hy ongeduldig geword oor die moeite van Israel.
Daarop antwoord Jefta die oudstes van Gílead: As julle my laat terugkom om teen die kinders van Ammon te veg en die HERE hulle aan my oorgee, dan moet ek julle hoof word.
Toe sê die oudstes van Gílead vir Jefta: Die HERE sal hoorder wees tussen ons. Waarlik, soos jy gesê het, so sal ons doen.
So het Jefta dan met die oudstes van Gílead saamgegaan, en die volk het hom as hoof en aanvoerder oor hulle aangestel, en Jefta het al sy woorde voor die aangesig van die HERE in Mispa gespreek.
Maar die HERE, die God van Israel, het Sihon en sy hele volk in die hand van Israel gegee, en dié het hulle verslaan; sodat Israel die hele land van die Amoriete, die inwoners van daardie land, in besit geneem het.
So het die HERE, die God van Israel, dan die Amoriete voor sy volk Israel uit verdrywe, en wil u dit in besit neem?
Sal u dit nie in besit neem wat u god Kamos u as 'n besitting gee, en óns alles wat die HERE onse God voor ons uit verdrywe, in besit neem nie?
So het ék dan nie teen u gesondig nie, maar ú handel so sleg met my om teen my oorlog te voer. Mag die HERE, die Regter, vandag oordeel tussen die kinders van Israel en die kinders van Ammon!
Toe het die Gees van die HERE op Jefta gekom, en hy het oorgetrek na Gílead en Manasse en verder deur na Mispe in Gílead; en van Mispe in Gílead het hy deurgetrek na die kinders van Ammon.
En Jefta het aan die HERE 'n gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee,
dan sal wat uitkom, wat uit die deure van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die HERE behoort, en ek sal dit as 'n brandoffer bring.
Daarop het Jefta deurgetrek na die kinders van Ammon om teen hulle te veg, en die HERE het hulle in sy hand gegee.
En net toe hy haar sien, skeur hy sy klere en sê: Ag, my dogter, jy druk my heeltemal neer, en jy stort my in die ongeluk! Want ek het my mond geopen teenoor die HERE, en ek kan nie terugtrek nie.
En sy antwoord hom: My vader, as u u mond geopen het teenoor die HERE, maak met my soos uit u mond uitgegaan het nadat die HERE u volkome wraak verskaf het op u vyande, op die kinders van Ammon.
En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?
En toe die kinders van Israel weer doen wat verkeerd is in die oë van die HERE, het die HERE hulle oorgegee in die hand van die Filistyne, veertig jaar lank.
Maar die Engel van die HERE het aan die vrou verskyn en vir haar gesê: Kyk, jy is onvrugbaar en het geen kinders gehad nie, maar jy sal swanger word en 'n seun baar.
En Manóag het tot die HERE gebid en gesê: Ag, Here, laat tog die man van God wat U gestuur het, nog 'n keer na ons toe kom, dat hy ons kan leer hoe ons moet maak met die seun wat gebore sal word.
Toe sê die Engel van die HERE aan Manóag: Vir alles wat Ek aan die vrou gesê het, moet sy haar in ag neem.
En die Engel van die HERE antwoord Manóag: Al hou jy My op, Ek sal nie van jou brood eet nie; maar as jy 'n brandoffer wil berei, offer dit dan aan die HERE. Want Manóag het nie geweet dat dit die Engel van die HERE was nie.
Toe neem Manóag die bokkie en die spysoffer en offer dit op die rots aan die HERE terwyl Hy wonderbaarlik handel voor die oë van Manóag en sy vrou:
toe die vlam van die altaar opstyg na bo, het die Engel van die HERE in die vlam van die altaar opgevaar; en Manóag en sy vrou het dit gesien en met hulle aangesig op die grond geval.
En die Engel van die HERE het verder nie meer aan Manóag en sy vrou verskyn nie. Daarop bemerk Manóag dat dit die Engel van die HERE was.
Maar sy vrou sê vir hom: As die HERE ons wou laat sterwe, sou Hy nie uit ons hand 'n brandoffer en 'n spysoffer aangeneem en ons al hierdie dinge laat sien en ons nou sulke dinge laat hoor het nie.
En die vrou het 'n seun gebaar en hom Simson genoem; en die kind het groot geword, en die HERE het hom geseën.
Maar sy vader en sy moeder het nie geweet dat dit van die HERE kom nie; want hy het rede gesoek teen die Filistyne; in dié tyd naamlik het die Filistyne oor Israel geheers.
Maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword; en hy het dit verskeur soos 'n mens 'n bokkie verskeur sonder dat daar iets in sy hand was; maar hy het sy vader en sy moeder nie vertel wat hy gedoen het nie.
En die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword. Toe gaan hy af na Askelon en slaan dertig man van hulle dood, en neem hulle uitrustings en gee die stelle klere aan die wat die raaisel uitgelê het; en hy het kwaad geword en opgegaan na die huis van sy vader.
Toe hy tot by Legi kom, juig die Filistyne hom tegemoet; maar die Gees van die HERE het oor hom vaardig geword, en die toue wat aan sy arms was, het geword soos linnedrade wat in die vuur brand, en sy bande het versmelt van sy hande af.
Daarop kry hy baie dors en roep die HERE aan en sê: U het deur die hand van u kneg hierdie groot verlossing gegee, en moet ek nou van dors sterwe en in die hand van die onbesnedenes val?
Toe sê sy: Die Filistyne op jou, Simson! En toe hy uit sy slaap wakker word, sê hy: Ek sal vry uitgaan soos die vorige kere en my losruk. Want hy het nie geweet dat die HERE van hom gewyk het nie.
Die HERE het uit die hemel neergesien op die mensekinders, om te sien of daar iemand verstandig is, wat na God vra.
Het al die werkers van ongeregtigheid dan geen kennis nie, die wat my volk opeet asof hulle brood eet? Hulle roep die HERE nie aan nie.
Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die HERE die lot van sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.
in wie se oë die verworpene veragtelik is, maar hy eer die wat die HERE vrees; al het hy gesweer tot sy skade, hy verander nie;
met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.
Vir die musiekleier. 'n Psalm van Dawid, die kneg van die HERE, wat die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek het op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
Die HERE is my rots en my bergvesting en my redder; my God, my rots by wie ek skuil; my skild en die horing van my heil, my rotsvesting.
Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het tot my God geroep om hulp; Hy het my stem uit sy paleis gehoor, en my hulpgeroep voor sy aangesig het in sy ore gekom.
En die HERE het in die hemel gedonder, en die Allerhoogste het sy stem laat hoor; hael en gloeiende kole.
En die beddings van die waters het sigbaar geword, en die fondamente van die wêreld is blootgelê vanweë u dreiging, o HERE, vanweë die geblaas van die wind van u neus.
Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie- tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid- tesame is hulle regverdig.
Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!
Ons wil juig oor u oorwinning en die vaandels opsteek in die Naam van onse God. Mag die HERE al u begeertes vervul!
Nou weet ek dat die HERE sy gesalfde verlos; Hy sal hom verhoor uit sy heilige hemel met magtige dade van verlossing van sy regterhand.
Want die koning vertrou op die HERE, en deur die goedertierenheid van die Allerhoogste sal hy nie wankel nie.
U sal hulle maak soos 'n vurige oond as U verskyn; die HERE sal hulle verslind in sy toorn, en vuur sal hulle verteer.
Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!
Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!
Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.
Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon;
Get. Dink nie aan die sondes van my jonkheid en aan my oortredinge nie; dink aan my na u goedertierenheid, om u goedheid ontwil, o HERE!
Kaf. Al die paaie van die HERE is goedertierenheid en trou vir die wat sy verbond en sy getuienisse bewaar.
Samek. Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.
'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.
'n Psalm van Dawid. Die HERE is my lig en my heil: vir wie sou ek vrees? Die HERE is die toevlug van my lewe: vir wie sou ek vervaard wees?
Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel.
En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE.
o, As ek nie geglo het dat ek die goedheid van die HERE sal sien in die land van die lewendes nie....
'n Psalm van Dawid. Ek roep U aan, o HERE! My rots, draai nie stilswygend van my af weg nie, sodat ek nie, as U teenoor my bly swyg, word soos die wat in die kuil neerdaal nie.
Omdat hulle nie let op die dade van die HERE of op die werk van sy hande nie, sal Hy hulle afbreek en hulle nie bou nie.
Die HERE is my sterkte en my skild; op Hom het my hart vertrou, en ek is gehelp; daarom jubel my hart en sal ek Hom loof met my gesang.
Die stem van die HERE laat die takbokke lam en maak die bosse kaal; maar in sy paleis sê elkeen: Heerlikheid!
HERE, U het my siel uit die doderyk laat opkom; U het my lewend gemaak uit die wat in die kuil neerdaal.
HERE, U het my berg deur u welbehae sterk laat staan. U het u aangesig verberg- ek het verskrik geword!
Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.
HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!
Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.
Welgeluksalig is die mens aan wie die HERE die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie.
My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesê: Ek wil aan die HERE my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe. Sela.
Die goddelose het baie smarte, maar hy wat op die HERE vertrou- met goedertierenheid sal Hy hom omring.
Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.
Sajin. Hierdie ellendige het geroep, en die HERE het gehoor, en Hy het hom uit al sy benoudhede verlos.
Kaf. Die jong leeus ly armoede en het honger; maar die wat die HERE soek, het geen gebrek aan enigiets nie.
Pe. Die aangesig van die HERE is teen die kwaaddoeners, om hulle gedagtenis van die aarde af uit te roei.
Al my beendere sal sê: HERE, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!
Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.
Laat húlle jubel en bly wees wat 'n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die HERE wat 'n welbehae het in die vrede van sy kneg!
U geregtigheid is soos die berge van God; u oordele is 'n groot watervloed. HERE, U behou mense en diere!
Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.
Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.
want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.
Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.
En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.
Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders.
En Hy het 'n nuwe lied in my mond gegee, 'n lofsang tot eer van onse God. Baie sal dit sien en vrees en op die HERE vertrou.
Welgeluksalig is die man wat sy vertroue in die HERE stel en hom nie wend tot hoogmoediges en leuendienaars nie.
Groot dinge het U gedoen, HERE my God- u wonders en gedagtes vir ons; niemand kan met U vergelyk word nie. Wil ek dit verkondig en uitspreek, dan is dit te veel om te vertel.
Ek het 'n blye boodskap van geregtigheid in die groot vergadering verkondig; kyk, my lippe bedwing ek nie. HERE, U weet dit.
U, o HERE, sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed.
Laat almal wat U soek, in U vrolik en bly wees; laat die liefhebbers van u heil altyddeur sê: Groot is die HERE!
Al is ek ellendig en behoeftig- die Here dink aan my; U is my hulp en my redder; my God, vertoef tog nie!
Die HERE sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie.
Maar die HERE sal oordag sy goedertierenheid gebied, en in die nag sal sy lied by my wees, 'n gebed tot die God van my lewe.
Soos ons gehoor het, so het ons gesien in die stad van die HERE van die leërskare, in die stad van onse God: God sal dit bevestig tot in ewigheid. Sela.
'n Psalm van Asaf. Die God van die gode, die HERE, spreek en roep die aarde, van die opgang van die son af tot sy ondergang toe.
Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!
Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.
Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!
Die regverdige sal bly wees in die HERE en by Hom skuil, en al die opregtes van hart sal hulle beroem.
Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!
Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.
Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.
U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!
Toe roep Simson die HERE aan en sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God, dat ek my oor een van my twee oë op die Filistyne kan wreek!
Dié het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het--hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun!
En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee.
En hulle het die ark van die HERE op die wa gesit en die kissie met die goue muise en die beelde van hulle geswelle.
En hy sê vir hom: Ons trek deur van Betlehem-Juda tot agter in die gebergte van Efraim; ek kom daarvandaan en het tot by Betlehem-Juda gereis, en ek gaan na die huis van die HERE; maar hier is niemand wat my in sy huis opneem nie,
Toe het al die kinders van Israel uitgetrek, en die vergadering het soos een man, van Dan tot Berséba, saam met die land Gílead, byeengekom by die HERE in Mispa;
En hulle het klaargemaak en opgetrek na Bet-el en God geraadpleeg; en die kinders van Israel het gesê: Wie van ons moet eerste optrek om te veg teen die kinders van Benjamin? Toe sê die HERE: Juda eerste.
En die kinders van Israel het opgetrek en geween voor die aangesig van die HERE tot die aand toe en die HERE geraadpleeg en gesê: Moet ek weer nader trek om te veg teen die kinders van Benjamin, my broer? En die HERE sê: Trek teen hom op!
Daarop trek al die kinders van Israel, ja, die hele volk weg, en hulle het na Bet-el gekom; en hulle het geween en daar gebly voor die aangesig van die HERE en dié dag gevas tot die aand toe en brandoffers en dankoffers voor die aangesig van die HERE gebring.
En die kinders van Israel het die HERE geraadpleeg--want die verbondsark van God was in dié dae daar,
en Pínehas, die seun van Eleásar, die seun van Aäron, het in dié dae voor Hom gedien--en gesê: Moet ek nog weer uittrek om teen die kinders van Benjamin, my broer, te veg, of moet ek ophou? Toe sê die HERE: Trek op, want môre sal Ek hom in jou hand gee.
Toe het die HERE Benjamin voor Israel verslaan, en die kinders van Israel het op dié dag in Benjamin vyf en twintig duisend een honderd man wat almal die swaard uittrek, vernietig.
en gesê: Waarom, o HERE, God van Israel, het dit in Israel gebeur dat daar vandag een stam uit Israel vermis word?
En die kinders van Israel het gesê: Wie is daar van al die stamme van Israel wat nie opgegaan het na die vergadering, na die HERE toe nie? Want daar was 'n plegtige eed teen die een wat nie opgaan na die HERE in Mispa nie--hy moet sekerlik gedood word.
Wat kan ons doen vir hulle wat oorgebly het, wat vroue aanbetref? Want ons het by die HERE gesweer dat ons nie van ons dogters aan hulle as vroue sal gee nie.
Toe sê hulle: Wie is diegene wat van die stamme van Israel nie opgegaan het na die HERE in Mispa nie? En kyk, niemand het uit Jabes in Gílead na die laer, na die vergadering gekom nie.
En die volk het Benjamin jammer gekry, omdat die HERE 'n skeuring gemaak het onder die stamme van Israel.
Toe sê hulle: Kyk, daar is jaar vir jaar 'n fees van die HERE in Silo wat noord van Bet-el lê, oostelik van die grootpad wat opgaan van Bet-el na Sigem, en suid van Lebóna.
het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die HERE op sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee.
sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het.
Mag die HERE gee dat julle 'n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween
sou julle in dié geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in dié geval julleself opsluit om nie aan 'n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle dat die hand van die HERE teen my uitgestrek is.
Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen--net die dood sal skeiding maak tussen my en u.
Vol het ek weggetrek, maar leeg het die HERE my laat terugkom. Waarom sou julle my Naómi noem, terwyl die HERE teen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het?
En Boas het juis van Betlehem af gekom en aan die snyers gesê: Mag die HERE met julle wees! En hulle het hom geantwoord: Mag die HERE u seën!
Mag die HERE jou daad vergelde, en mag jou loon volkome wees van die HERE, die God van Israel, onder wie se vleuels jy kom skuil het.
En Naómi sê vir haar skoondogter: Mag hy geseënd wees deur die HERE, wat sy guns aan lewende en dode nie onttrek het nie. Verder sê Naómi vir haar: Die man is ons nabestaande, hy is een van ons lossers.
En hy sê: Geseënd is jy deur die HERE, my dogter! Jy het jou laaste liefde beter gemaak as die eerste, omdat jy nie agter jongmanne, arm of ryk, aan geloop het nie.
Bly vannag oor; en as hy jou môre wil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal ék jou los, so waar as die HERE leef! Bly lê tot môre.
Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag die HERE die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saam die huis van Israel gebou het; en verwerf mag in Éfrata en maak 'n naam in Betlehem!
En mag jou huis word soos die huis van Peres wat Tamar vir Juda gebaar het--uit die nageslag wat die HERE jou uit hierdie jong vrou sal gee!
So het Boas Rut dan geneem, en sy het sy vrou geword; en hy het by haar ingegaan, en die HERE het vir haar swangerskap gegee, en sy het 'n seun gebaar.
Toe sê die vroue vir Naómi: Geloofd sy die HERE wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word!
En dié man het van jaar tot jaar opgegaan uit sy stad om te aanbid en aan die HERE van die leërskare te offer in Silo, waar die twee seuns van Eli, Hofni en Pínehas, priesters van die HERE was.
maar aan Hanna het hy 'n dubbele deel gegee; want hy het Hanna liefgehad; maar die HERE het haar moederskoot toegesluit.
En haar mededingster het haar ook bitterlik geterg om haar te vertoorn, omdat die HERE haar moederskoot toegesluit het.
So het hy gedoen van jaar tot jaar, telkens as sy opgaan in die huis van die HERE. Só het sy haar geterg, dat sy geween het en nie wou eet nie.
Toe staan Hanna op nadat hulle geëet en nadat hulle gedrink het in Silo, terwyl die priester Eli op die stoel sit by die deurpos van die tempel van die HERE.
en sy het 'n gelofte gedoen en gesê: HERE van die leërskare, as U waarlik die ellende van u diensmaagd aansien en aan my dink en u diensmaagd nie vergeet nie, maar u diensmaagd 'n manlike kind skenk, dan sal ek hom aan die HERE gee al die dae van sy lewe; en geen skeermes sal op sy hoof kom nie.
Maar Hanna antwoord en sê: Nee, my heer, ek is 'n vrou beswaard in my gemoed: wyn of sterk drank het ek nie gedrink nie, maar ek het my siel voor die aangesig van die HERE uitgestort.
Toe het hulle die môre vroeg klaargemaak en voor die aangesig van die HERE aanbid en teruggegaan en by hulle huis in Rama gekom; en Élkana het sy vrou Hanna beken, en die HERE het aan haar gedink.
En by die wisseling van die jaar het Hanna, wat swanger was, 'n seun gebaar en hom Samuel genoem; want, het sy gesê, ek het hom van die HERE gebid.
Toe die man Élkana dan met sy hele huisgesin opgaan om aan die HERE die jaarlikse offer en sy gelofte-offer te bring,
het Hanna nie opgegaan nie; maar sy het aan haar man gesê: Eers wanneer die seun gespeen is, sal ek hom bring, dat hy kan verskyn voor die aangesig van die HERE en daar vir altyd bly.
En haar man Élkana het aan haar gesê: Doen wat goed is in jou oë, bly totdat jy hom gespeen het; mag die HERE net sy woord bevestig. Die vrou het toe gebly en haar seun gesoog totdat sy hom gespeen het.
En sodra sy hom gespeen het, het sy hom met haar saam gebring, met drie bulle en 'n efa meel en 'n sak wyn, en sy het hom gebring in die huis van die HERE in Silo. En die seun was nog jonk.
en sy het gesê: Ag, my heer, so waar as u siel leef, my heer, ek is die vrou wat hier by u gestaan het om tot die HERE te bid.
So staan ek hom dan ook af aan die HERE al die dae wat hy leef; hy is aan die HERE afgestaan. En hy het die HERE daar aanbid.
Toe het Hanna gebid en gesê: My hart jubel in die HERE, my horing is hoog in die HERE; my mond is wyd oop oor my vyande, want ek verheug my in u verlossing.
Niemand is heilig soos die HERE nie; ja, daar is niemand buiten U, en daar is geen rots soos onse God nie.
Spreek nie voortdurend alte hoog nie, laat vermetele taal nie uit julle mond uitgaan nie; want die HERE is 'n God van diepe kennis, en deur Hom word die dade beproef.
toe die lamp van God nog nie doodgegaan het nie, en Samuel lê en slaap in die tempel van die HERE waar die ark van God was,
Hy rig die geringe op uit die stof, uit die ashoop verhef Hy die behoeftige, om hulle te laat sit by die vorste en hulle 'n erestoel te laat beërwe. Want aan die HERE behoort die pilare van die aarde, en Hy het die wêreld daarop gevestig.
Die wat met die HERE twis, word verpletter; oor hulle donder Hy in die hemel; die HERE oordeel die eindes van die aarde, en Hy gee sterkte aan sy koning en verhef die horing van sy gesalfde.
Daarna het Élkana na sy huis, na Rama, gegaan, terwyl die seun by die priester Eli die HERE bly dien het.
En die sonde van die jongmanne was baie groot voor die aangesig van die HERE, want die mense het die offer aan die HERE verag.
Dan seën Eli Élkana en sy vrou en sê: Mag die HERE jou 'n nageslag gee uit hierdie vrou ter vergoeding van wat aan die HERE afgestaan is. Daarop gaan hulle na sy woonplek toe.
En die HERE het ag gegee op Hanna, sodat sy swanger geword en nog drie seuns en twee dogters gebaar het; en die seun Samuel het groot geword by die HERE.
Dit moenie wees nie, my seuns, want dit is geen goeie gerug wat ek hoor nie; julle maak dat die volk van die HERE oortree.
As mens teen mens sondig, dan beslis die owerheid oor hom, maar as 'n mens teen die HERE sondig, wie sal dan vir hom as skeidsregter optree? Maar hulle het nie na hul vader geluister nie, want die HERE wou hulle ombring.
En daar het 'n man van God by Eli gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Het Ek My nie duidelik geopenbaar aan die huis van jou vader toe hulle in Egipte in die huis van Farao was nie?
Daarom spreek die HERE, die God van Israel: Ek het wel duidelik gesê: Jou huis en die huis van jou vader sal voor my aangesig wandel tot in ewigheid. Maar nou spreek die HERE: Dit is ver van My; want die wat My eer, sal Ek eer; maar die wat My verag, sal veragtelik wees.
En die seun Samuel het die HERE gedien voor Eli, en die woord van die HERE was skaars in die dae: gesigte was daar nie baie nie.
Toe die Asdodiete vroeg die volgende môre daarheen gaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE. En hulle het Dagon geneem en hom weer op sy plek gesit.
Maar toe hulle die volgende môre vroeg opstaan, sien hulle Dagon lê met sy gesig op die grond voor die ark van die HERE; maar die hoof van Dagon en sy twee handpalms lê afgebreek op die drumpel: net Dagon se lyf het aan hom oorgebly.
Maar die hand van die HERE was swaar op die Asdodiete, en Hy het hulle verskrik en hulle getref met geswelle, Asdod en sy grondgebied.
En nadat hulle dit oorgebring het, was die hand van die HERE teen die stad met 'n baie groot verwarring, en Hy het die mense van die stad getref, van die kleinste tot die grootste, sodat geswelle aan hulle uitgebreek het.
het die Filistyne die priesters en die waarsêers geroep en gesê: Wat moet ons met die ark van die HERE doen? Gee ons te kenne waarmee ons dit na sy plek kan wegstuur.
Neem dan die ark van die HERE en sit dit op die wa, en die goue voorwerpe wat julle Hom as skuldoffer teruggee, moet julle in 'n kissie langsaan neerlê; stuur dit dan weg om heen te gaan.
En die wa het by die land van Josua van Bet-Semes gekom en daar gaan staan; daar was 'n groot klip, en hulle het die hout van die wa gekloof en die koeie as 'n brandoffer aan die HERE geoffer.
En die Leviete het die ark van die HERE afgehaal met die kissie wat daarby was, waar die goue voorwerpe in was, en op die groot klip neergesit; en die manne van Bet-Semes het dieselfde dag aan die HERE brandoffers geoffer en slagoffers geslag.
En dit is die goue geswelle wat die Filistyne as 'n skuldoffer aan die HERE teruggegee het: vir Asdod een, vir Gasa een, vir Askelon een, vir Gat een, vir Ekron een.
En die goue muise was volgens die getal van al die stede van die Filistyne wat aan die vyf vorste behoort het, van die versterkte stede sowel as van die onbemuurde dorpe. En die groot klip waar hulle die ark van die HERE op neergesit het, is tot vandag toe getuie op die stuk land van Josua, van Bet-Semes.
En Hy het onder die mense van Bet-Semes 'n slagting aangerig; Hy het naamlik onder die volk sewentig man en vyftig duisend man gedood, omdat hulle die ark van die HERE bekyk het; en die volk het getreur, omdat die HERE 'n groot slagting onder die volk aangerig het.
Toe sê die manne van Bet-Semes: Wie kan diens doen voor die aangesig van die HERE, hierdie heilige God? En na wie toe sal Hy optrek van ons af?
Daarom het hulle boodskappers gestuur na die inwoners van Kirjat-Jeárim om te sê: Die Filistyne het die ark van die HERE teruggebring; kom af, bring dit op na julle toe.
Toe het die manne van Kirjat-Jeárim gekom en die ark van die HERE gaan haal en dit in die huis van Abinádab op die heuwel gebring; en hulle het sy seun Eleásar geheilig om die ark van die HERE te bewaak.
En van die dag af dat die ark in Kirjat-Jeárim gebly het, het daar geruime tyd verloop--dit was twintig jaar--en die hele huis van Israel het agter die HERE aan geweeklaag.
Maar Samuel het met die hele huis van Israel gespreek en gesê: As julle met jul hele hart julle tot die HERE bekeer, verwyder dan die vreemde gode en die Astartes onder julle uit, en rig julle hart op die HERE en dien Hom alleen; dan sal Hy julle red uit die hand van die Filistyne.
Hulle kom toe bymekaar by Mispa, en hulle het water geskep en dit voor die aangesig van die HERE uitgegiet, en dié dag het hulle gevas en daar gesê: Ons het gesondig teen die HERE. En Samuel het die kinders van Israel in Mispa gerig.
En die kinders van Israel sê aan Samuel: Laat nie ná om die HERE onse God vir ons aan te roep nie, dat Hy ons uit die hand van die Filistyne verlos.
Toe het Samuel 'n suiglam geneem en dit as 'n brandoffer in sy geheel aan die HERE geoffer, en Samuel het die HERE aangeroep vir Israel; en die HERE het hom verhoor.
Want onderwyl Samuel die brandoffer bring en die Filistyne nader kom om teen Israel te veg, het die HERE dit dié dag met 'n groot geluid laat donder oor die Filistyne, en Hy het hulle in verwarring gebring, sodat hulle verslaan is voor Israel.
Toe het Samuel 'n klip geneem en dit opgerig tussen Mispa en Sen, en dit Ebenhaéser genoem en gesê: Tot hiertoe het die HERE ons gehelp.
En die Filistyne is verneder, sodat hulle verder nie meer die gebied van Israel binnegekom het nie, en die hand van die HERE was teen die Filistyne al die dae van Samuel.
Dan gaan hy na Rama terug, want daar was sy huis; en daar het hy Israel gerig en daar vir die HERE 'n altaar gebou.
Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid.
Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na die volk in alles wat hulle aan jou sê, want nie jou het hulle verwerp nie, maar My het hulle verwerp om nie koning oor hulle te wees nie.
En in dié dag sal julle roep vanweë jul koning wat julle vir jul verkies het, en die HERE sal julle in dié dag nie verhoor nie.
Toe sê die HERE vir Samuel: Luister na hulle en stel 'n koning oor hulle aan. En Samuel het vir die manne van Israel gesê: Gaan heen, elkeen na sy stad.
Toe Samuel vir Saul sien, het die HERE hom geantwoord: Hier is die man van wie Ek jou gesê het: Hy sal oor my volk heers.
En Samuel het die kruik met olie geneem en dit op sy hoof uitgegiet en hom gesoen en gesê: Het die HERE jou nie gesalf as vors oor sy erfdeel nie?
En die Gees van die HERE sal oor jou vaardig word, sodat jy saam met hulle sal profeteer en in 'n ander mens verander word.
en aan die kinders van Israel gesê: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het Israel uit Egipte laat optrek en julle gered uit die hand van die Egiptenaars en uit die hand van al die koninkryke wat julle verdruk het.
Nadat Jakob in Egipte gekom en julle vaders die HERE aangeroep het, het die HERE Moses en Aäron gestuur; en hulle het julle vaders uit Egipte gelei, en Hy het hulle op hierdie plek laat woon.
Maar julle verwerp vandag julle God wat julle uit al jul onheile en node verlos het, en sê: Nee, maar jy moet 'n koning oor ons aanstel. Stel julle dan nou op voor die aangesig van die HERE volgens julle stamme en volgens julle geslagte.
En hulle het die HERE verder geraadpleeg: Het nog iemand hierheen gekom? En die HERE sê: Kyk, hy het tussen die pakgoed weggekruip.
En Samuel sê aan die hele volk: Sien julle hom wat die HERE uitgekies het? Want daar is nie een onder die hele volk soos hy nie. Toe juig die hele volk en sê: Mag die koning lewe!
Daarna het Samuel die reg van die koningskap voor die volk afgekondig en dit in 'n boek geskrywe en voor die aangesig van die HERE neergelê. En Samuel het die hele volk elkeen na sy huis laat gaan
En hy het 'n paar beeste geneem en hulle stukkend gesny en met boodskappers deur die hele gebied van Israel gestuur om te sê: Wie nie agter Saul en agter Samuel aan uittrek nie--so sal met sy beeste gedoen word. Toe val die skrik van die HERE op die volk en hulle trek soos een man uit.
Maar Saul antwoord: Op hierdie dag mag geen man gedood word nie, want vandag het die HERE 'n verlossing in Israel bewerk.
En die hele volk het na Gilgal getrek en daar Saul voor die aangesig van die HERE in Gilgal koning gemaak; en hulle het daar dankoffers voor die aangesig van die HERE geslag, en Saul met al die manne van Israel was daar uitermate vrolik.
Hier is ek; getuig teen my voor die HERE en voor sy gesalfde: wie se bees ek geneem het, en wie se esel ek geneem het, en wie ek verdruk of hard behandel het; en uit wie se hand ek omkoopgeld aangeneem het om my oë daarmee toe te maak--dan sal ek dit aan julle teruggee.
Daarop sê hy vir hulle: Die HERE is getuie teen julle, en getuie is sy gesalfde vandag, dat julle niks in my hand gevind het nie. En hulle roep: Hy is getuie.
Verder het Samuel aan die volk gesê: Getuie is die HERE wat Moses en Aäron voortgebring en julle vaders uit Egipteland laat optrek het.
Gaan staan dan nou, dat ek met julle gerig kan hou voor die aangesig van die HERE oor al die regverdige dade van die HERE wat Hy aan julle en julle vaders gedoen het.
Maar hulle het die HERE hul God vergeet; daarom het Hy hulle verkoop in die hand van Sísera, die leërowerste van Hasor, en in die hand van die Filistyne en in die hand van die koning van Moab--wat teen hulle geveg het.
Toe het hulle die HERE aangeroep en gesê: Ons het gesondig, want ons het die HERE verlaat en die Baäls en Astartes gedien; maar red ons nou uit die hand van ons vyande, dan sal ons U dien.
En die HERE het Jerúbbaäl en Bedan en Jefta en Samuel gestuur en julle uit die hand van jul vyande rondom gered, sodat julle veilig gewoon het.
Maar toe julle sien dat Nahas, die koning van die kinders van Ammon, teen julle aankom, het julle aan my gesê: Nee, maar 'n koning moet oor ons regeer, terwyl die HERE julle God tog jul koning is.
Hier is dan nou die koning wat julle uitgekies het, wat julle begeer het, en kyk, die HERE het 'n koning oor julle aangestel.
As julle maar die HERE vrees en Hom dien en na sy stem luister en nie wederstrewig is teen die mond van die HERE nie en julle self sowel as die koning wat oor julle regeer, die HERE julle God maar volg!
Maar as julle nie na die stem van die HERE luister nie en wederstrewig is teen die mond van die HERE, dan sal die hand van die HERE teen julle wees soos teen julle vaders.
Is dit nie koringoestyd vandag nie? Ek sal die HERE aanroep, dat Hy donderslae en reën gee: weet dan en sien dit in dat julle kwaad groot is wat julle in die oë van die HERE gedoen het deur 'n koning vir julle te begeer.
Toe het Samuel die HERE aangeroep, en die HERE het donderslae en reën op dié dag gegee, sodat die hele volk baie bevrees geword het vir die HERE en vir Samuel.
Daarom het die hele volk vir Samuel gesê: Bid tot die HERE u God vir u knegte, dat ons nie sterf nie, omdat ons by al ons sondes nog kwaad gedoen het deur 'n koning vir ons te begeer.
Toe sê Samuel vir die volk: Wees nie bevrees nie. Julle het al hierdie kwaad gedoen; maar wyk nie van die HERE af nie, en dien die HERE met julle hele hart.
Want die HERE sal sy volk ter wille van sy grote Naam nie verwerp nie, omdat dit die HERE behaag het om van julle vir Hom 'n volk te maak.
Ook wat my betref, dit is ver van my dat ek teen die HERE sou sondig, dat ek sou ophou om vir julle te bid; maar ek sal julle in die goeie en regte weg onderrig.
Vrees net die HERE en dien Hom getrou met julle hele hart; want kyk watter groot dinge Hy by julle gedoen het.
het ek gesê: Nou sal die Filistyne na my toe aftrek in Gilgal, en ek het die aangesig van die HERE nie om genade gesmeek nie; daarom het ek myself sterk gehou en die brandoffer gebring.
Toe sê Samuel vir Saul: Jy het dwaas gehandel, jy het die gebod van die HERE jou God wat Hy jou beveel het, nie gehou nie; want anders sou die HERE jou koningskap oor Israel vir goed bevestig het.
Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie. Die HERE het vir Hom 'n man na sy hart gesoek; en die HERE het hom as vors oor sy volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat die HERE jou beveel het nie.
En Ahía, die seun van Ahítub, die broer van Ikabod, die seun van Pínehas, die seun van Eli, die priester van die HERE in Silo, het die skouerkleed gedra. Maar die manskappe het nie geweet dat Jónatan weggegaan het nie.
Jónatan dan het aan die dienaar wat sy wapens dra, gesê: Kom, ons gaan oor na die wagpos van daardie onbesnedenes; miskien sal die HERE vir ons optree, want by die HERE is daar geen verhindering om deur baie of deur min te verlos nie.
Maar as hulle só sê: Kom op na ons toe! dan klim ons op, want dan het die HERE hulle in ons hand gegee; en dit sal vir ons die teken wees.
En die manne van die wagpos het Jónatan en sy wapendraer aangespreek en gesê: Klim op na ons toe, dan sal ons julle 'n les leer! Daarop sê Jónatan aan sy wapendraer: Klim op agter my aan, want die HERE het hulle in die hand van Israel gegee.
Toe daar aan Saul geboodskap is: Kyk, die manskappe besondig hulle teen die HERE deur met bloed en al te eet, het hy gesê: Julle handel troueloos; rol nou 'n groot klip na my toe.
Verder het Saul gesê: Versprei julle onder die manskappe en sê aan hulle: Bring na my elkeen sy bees en elkeen sy stuk kleinvee, en slag dit hier en eet; maar besondig julle nie teen die HERE deur met bloed en al te eet nie. En al die manskappe het elkeen in die nag sy bees met sy hand gebring en dit daar geslag.
Want so waar as die HERE leef wat Israel verlos, al was dit ook in my seun Jónatan, dan moet hy sekerlik sterwe! Maar niemand uit al die manskappe het hom geantwoord nie.
Toe sê Saul aan die HERE: God van Israel, gee tog die waarheid! En Jónatan en Saul is aangewys, maar die manskappe het vry uitgegaan.
Maar die manskappe het aan Saul gesê: Moet Jónatan sterwe wat hierdie groot verlossing in Israel bewerk het? Volstrek nie! So waar as die HERE leef, geen haar van sy hoof sal op die aarde val nie! Want met God het hy dit vandag gedoen. So het die volk dan Jónatan losgekoop, dat hy nie gesterf het nie.
Toe sê Samuel vir Saul: Die HERE het my gestuur om jou as koning te salf oor sy volk, oor Israel; luister dan nou na die stem van die woorde van die HERE.
So sê die HERE van die leërskare: Ek het terdeë gelet op wat Amalek Israel aangedoen het, dat hy hom in die weg gestaan het by sy optog uit Egipte.
Ek het berou gekry dat Ek Saul koning gemaak het, want hy het van My afvallig geword en my woorde nie uitgevoer nie. Toe het Samuel kwaad geword en die hele nag deur die HERE aangeroep.
Toe Samuel by Saul kom, sê Saul vir hom: Mag u geseënd wees deur die HERE: ek het die woord van die HERE uitgevoer.
En Saul sê: Van die Amalekiete het hulle dit gebring, want die manskappe het die beste kleinvee en beeste gespaar om aan die HERE u God te offer; maar die ander het ons met die banvloek getref.
Toe sê Samuel vir Saul: Hou op, dat ek jou kan meedeel wat die HERE vannag met my gespreek het. En hy antwoord hom: Spreek.
En Samuel sê: Is jy, hoewel jy klein was in jou eie oë, nie tog die hoof van die stamme van Israel nie? En die HERE het jou as koning oor Israel gesalf.
En die HERE het jou op die pad gestuur en gesê: Gaan heen en tref die sondaars, die Amalekiete, met die banvloek en veg teen hulle totdat hulle vernietig is.
Waarom het jy dan nie na die stem van die HERE geluister nie en op die buit afgestorm en gedoen wat verkeerd is in die oë van die HERE?
Toe sê Saul vir Samuel: Ek het na die stem van die HERE geluister en gegaan op die pad waar die HERE my op gestuur het, en Agag, die koning van Amalek, gebring; maar die Amalekiete het ek met die banvloek getref.
Maar die manskappe het van die buit kleinvee en beeste geneem, die beste van die bangoed, om aan die HERE u God in Gilgal te offer.
Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.
Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
Toe sê Saul vir Samuel: Ek het gesondig, omdat ek die bevel van die HERE en u woorde oortree het, want ek was bevrees vir die manskappe en het na hulle geluister.
Maar Samuel sê vir Saul: Ek sal nie met jou saam teruggaan nie, omdat jy die woord van die HERE verwerp het, en nou het die HERE jou verwerp om koning oor Israel te wees.
En Samuel sê vir hom: Vandag het die HERE die koningskap oor Israel van jou afgeskeur en dit aan jou naaste gegee wat beter is as jy.
En hy sê: Ek het gesondig; eer my tog nou voor die oudstes van my volk en voor Israel, en kom saam met my terug, dat ek die HERE u God kan aanbid.
Maar Samuel het gesê: Soos jou swaard vroue kinderloos gemaak het, so sal jou moeder onder die vroue kinderloos wees. Daarop het Samuel Agag in stukke gekap voor die aangesig van die HERE in Gilgal.
En Samuel het Saul tot die dag van sy dood nie meer gesien nie, want Samuel het getreur oor Saul; en die HERE het berou gehad dat Hy Saul koning gemaak het oor Israel.
Daarna sê die HERE aan Samuel: Hoe lank sal jy treur oor Saul, terwyl Ek hom verwerp het om koning te wees oor Israel? Vul jou horing met olie en gaan heen: Ek stuur jou na Isai, die Betlehemiet, want Ek het onder sy seuns vir My 'n koning uitgesoek.
Maar Samuel vra: Hoe kan ek gaan? As Saul dit hoor, sal hy my doodmaak. Toe sê die HERE: Neem 'n jong koei met jou saam en sê: Ek kom om aan die HERE te offer.
En Samuel het gedoen wat die HERE gespreek het; en toe hy by Betlehem aankom, het die oudstes van die stad hom bewend tegemoetgegaan en gevra: Is u koms vrede?
En hy sê: Vrede! Ek kom om aan die HERE te offer; heilig julle, en kom met my saam aan die offermaaltyd. En hy het Isai en sy seuns geheilig en hulle na die offermaaltyd genooi.
Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.
Toe roep Isai Abinádab en laat hom voor Samuel verbygaan. Maar hy sê: Hierdie een het die HERE ook nie uitgekies nie.
So het Isai dan sy sewe seuns voor Samuel laat verbygaan, maar Samuel het aan Isai gesê: Die HERE het hulle nie uitgekies nie.
Daarop het hy gestuur en hom laat kom; en hy was rooierig, met mooi oë en 'n mooi voorkoms. En die HERE sê: Staan op, salf hom, want dit is hy.
Samuel neem toe die horing met olie en salf hom te midde van sy broers, en die Gees van die HERE het van dié dag af en verder oor Dawid vaardig geword. En Samuel het klaargemaak en na Rama gegaan.
Maar die Gees van die HERE het van Saul gewyk, en 'n bose gees, deur die HERE gestuur, het hom verskrik.
En een van die dienaars antwoord en sê: Kyk, ek het 'n seun van Isai, die Betlehemiet, gesien wat kan speel, en hy is 'n dapper held en 'n krygsman en wel ter tale en mooi gebou, en die HERE is met hom.
Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die HERE met jou wees!
Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.
Vandag sal die HERE jou in my hand oorlewer, dat ek jou kan verslaan en jou hoof van jou wegneem, en die lyke van die leër van die Filistyne vandag aan die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde kan gee, sodat die hele aarde kan weet dat Israel 'n God het.
Dan sal hierdie hele menigte moet erken dat die HERE nie deur swaard en deur spies verlos nie; want die stryd behoort aan die HERE, en Hy sal julle in ons hand gee.
Verder het Saul vir Dawid gesê: Hier is my oudste dogter Merab, haar sal ek aan jou as vrou gee; wees net vir my 'n dapper man en voer die oorloë van die HERE. Want Saul het gedink: Laat my hand nie teen hom wees nie, maar laat die hand van die Filistyne teen hom wees.
hy het sy lewe gewaag en die Filistyn verslaan, en die HERE het aan die hele Israel 'n groot oorwinning besorg. U het dit gesien en u was bly; waarom sal u dan aan onskuldige bloed u besondig deur Dawid sonder oorsaak dood te maak?
En Saul het na Jónatan geluister, en Saul het gesweer: So waar as die HERE leef, hy sal nie gedood word nie!
Maar 'n bose gees van die HERE het oor Saul gekom terwyl hy in sy huis sit met sy spies in sy hand en Dawid met die hand op die snare speel.
Toe sweer Dawid verder en sê: Jou vader weet baie goed dat ek guns in jou oë gevind het; daarom het hy gedink: Laat Jónatan dit nie weet nie, anders word hy bedroef. Maar so waar as die HERE leef en jou siel leef, daar is maar net een tree tussen my en die dood!
Bewys dan guns aan jou dienaar, want jy het jou dienaar met jou saam in 'n verbond van die HERE gebring. Maar as daar by my 'n misdaad is, maak jy my dan self dood--waarom tog sou jy my na jou vader bring?
Daarop sê Jónatan vir Dawid: Die HERE, die God van Israel,is getuie dat ek my vader môre of oormôre op hierdie tyd sal uitvra; en as dit gunstig is vir Dawid, sal ek dan nie na jou stuur en jou dit openbaar nie?
Mag die HERE so aan Jónatan doen en so daaraan toedoen: as my vader goedvind om onheil oor jou te bring, dan sal ek jou dit openbaar en jou laat gaan, dat jy veilig kan wegkom; en mag die HERE met jou wees soos Hy met my vader gewees het.
Jy sal ook nimmer aan my huis jou guns onttrek nie; wanneer die HERE die vyande van Dawid, een vir een, van die aarde af uitroei nie.
So het Jónatan dan 'n verbond gesluit met die huis van Dawid. En die HERE het dit geëis van die hand van Dawid se vyande.
En kyk, ek sal die dienaar stuur en sê: Gaan soek die pyle! As ek uitdruklik aan die dienaar sê: Daar is die pyle, van jou af duskant toe, bring dit--dan kan jy maar kom; want jy is veilig en daar is niks nie, so waar as die HERE leef!
Maar as ek só aan die jongman sê: Daar lê die pyle van jou af, verder--gaan dan weg, want die HERE stuur jou weg.
En wat die saak aangaan wat ons bespreek het, ek en jy--kyk, die HERE is tussen my en jou tot in ewigheid.
En Jónatan sê vir Dawid: Gaan in vrede, omdat ons twee in die Naam van die HERE gesweer en gesê het: Die HERE sal tussen my en jou wees, en tussen my nageslag en jou nageslag vir altyd.
Toe gee die priester hom die heilige brood, want daar was geen ander brood nie, behalwe die toonbrode wat voor die aangesig van die HERE weggeneem word, om vars brood neer te sit op die dag as dit weggeneem word.
Maar daar was 'n man uit die dienaars van Saul wat dieselfde dag opgesluit was voor die aangesig van die HERE, en sy naam was Doëg, die Edomiet, die opsigter oor die veewagters van Saul.
En dié het vir hom die HERE geraadpleeg en hom padkos gegee; hy het ook die swaard van Góliat, die Filistyn, aan hom gegee.
En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van die HERE dood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van die HERE aan te val nie.
Toe raadpleeg Dawid die HERE en vra: Sal ek gaan en daardie Filistyne verslaan? En die HERE sê vir Dawid: Gaan en verslaan die Filistyne en verlos Kehíla.
Toe raadpleeg Dawid die HERE nog weer, en die HERE het hom geantwoord en gesê: Maak klaar, trek af na Kehíla, want Ek gee die Filistyne in jou hand.
En Dawid sê: HERE, God van Israel, u kneg het verseker gehoor dat Saul na Kehíla wil trek om die stad om my ontwil te verwoes.
Sal die burgers van Kehíla my in sy hand uitlewer? Sal Saul afkom soos u kneg verneem het? HERE, God van Israel, gee u kneg dit tog te kenne! Toe antwoord die HERE: Hy sal afkom.
Daarop sê Dawid: Sal die burgers van Kehíla my en my manne in die hand van Saul uitlewer? En die HERE antwoord: Hulle sal uitlewer.
Toe sluit hulle twee 'n verbond voor die aangesig van die HERE; en Dawid het in Hores gebly, maar Jónatan het na sy huis gegaan.
En die manne van Dawid sê aan hom: Kyk, dit is die dag dat die HERE aan u sê: Nou gee Ek jou vyand in jou hand, en maak met hom soos goed is in jou oë. Toe staan Dawid op en sny stilletjies die slip van Saul se mantel af.
en hy het aan sy manne gesê: Mag die HERE my bewaar dat ek so iets aan my heer, die gesalfde van die HERE, sou doen om my hand teen hom uit te steek; want hy is die gesalfde van die HERE.
Kyk, vandag sien u eie oë dat die HERE u vandag in die spelonk in my hand gegee het; en hulle het gesê ek moet u doodmaak, maar ek het u verskoon en gesê: Ek sal my hand nie uitsteek teen my heer nie, want hy is die gesalfde van die HERE.
Die HERE sal oordeel tussen my en u, en die HERE sal my aan u wreek; maar my hand sal teen u nie wees nie.
Maar die HERE sal regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my reg verskaf teenoor u.
En jy het vandag bewys dat jy goed aan my gedoen het; dat naamlik die HERE my in jou hand oorgelewer het, maar jy het my nie gedood nie.
Want as iemand sy vyand aantref, sal hy hom op 'n goeie pad laat gaan? Maar die HERE sal jou die goeie vergelde vir wat jy vandag aan my gedoen het.
Sweer dan nou vir my by die HERE dat jy my geslag ná my nie sal uitroei en my naam uit my familie nie sal uitdelg nie.
Mag die HERE my bewaar dat ek my hand aan die gesalfde van die HERE sou slaan! Maar neem nou tog die spies wat aan sy koppenent is, en die waterkruik, en laat ons weggaan.
En nou, my heer, so waar as die HERE leef en u siel leef, dit is die HERE wat u teruggehou het om in bloedskuld te geraak en u met eie hand te help; mag dan nou u vyande en die wat onheil soek teen my heer, soos Nabal word.
Vergeef tog die oortreding van u dienares, want die HERE sal sekerlik vir my heer 'n bestendige huis stig, omdat my heer die oorloë van die HERE voer en in u hele lewe in u geen kwaad gevind is nie.
As 'n mens opstaan om u te agtervolg en u lewe te soek, mag die siel van my heer dan saamgebind wees in die bondeltjie van die lewendes by die HERE u God; maar mag Hy die siel van u vyande uit die holte van die slinger wegslinger.
En as die HERE aan my heer sal doen volgens al die goeie wat Hy aan u beloof het, en u aanstel as vors oor Israel,
dan sal daar vir u geen struikelblok en vir my heer geen gewetenswroeging wees dat u sonder oorsaak bloed vergiet het en my heer homself hulp verskaf het nie; en as die HERE goed sal doen aan my heer, moet u aan u dienares dink.
Toe sê Dawid vir Abígail: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat jou vandag my tegemoet gestuur het!
Maar so waar as die HERE, die God van Israel, leef wat my verhinder het om aan jou kwaad te doen--as jy my nie gou tegemoetgekom het nie, voorwaar, daar sou van Nabal niemand wat manlik is, tot die môrelig oorgebly het nie!
Toe Dawid hoor dat Nabal dood was, sê hy: Geseënd is die HERE wat die regsaak, in die smaad my aangedoen, teen Nabal verdedig het en sy kneg teruggehou het van die kwaad, terwyl die HERE die kwaad van Nabal op sy eie hoof laat neerkom het. En Dawid het by Abígail aansoek laat doen om haar vir hom as vrou te neem.
Maar Dawid sê vir Abísai: Bring hom nie om nie, want wie slaan sy hand aan die gesalfde van die HERE en bly ongestraf?
Verder sê Dawid: So waar as die HERE leef, sekerlik sal die HERE hom slaan, òf sy dag sal kom dat hy sterwe, òf hy sal aftrek in die geveg en omkom!
Toe neem Dawid die spies en die waterkruik van Saul se koppenent weg, en hulle het heengegaan sonder dat iemand dit sien of merk of wakker word; want hulle was almal aan die slaap, omdat 'n diepe slaap van die HERE op hulle geval het.
Hierdie ding is nie goed wat jy gedoen het nie! So waar as die HERE leef, voorwaar, julle verdien die dood, omdat julle nie wag gehou het oor julle heer, oor die gesalfde van die HERE nie. En kyk nou, waar is die spies van die koning en die waterkruik wat aan sy koppenent was!
Laat my heer die koning dan nou luister na die woorde van sy dienaar: As die HERE u teen my aanhits, bied Hom dan 'n spysoffer aan; maar as dit mensekinders is--vervloek is hulle voor die aangesig van die HERE, omdat hulle my vandag verdrywe, sodat ek my nie kan aansluit by die erfdeel van die HERE nie deurdat hulle sê: Gaan weg, dien ander gode!
Laat my bloed dan nou nie op die aarde val ver van die aangesig van die HERE nie, want die koning van Israel het uitgetrek om een enkele vlooi te soek, soos 'n man 'n patrys op die berge agtervolg.
Die HERE tog vergeld aan elkeen sy regverdigheid en sy getrouheid--die HERE het u vandag in my hand gegee, maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die HERE uitsteek nie.
En kyk, soos vandag u lewe in my oë kosbaar was, mag so my lewe in die oë van die HERE kosbaar wees, en mag Hy my red uit elke benoudheid.
En Saul het die HERE geraadpleeg, maar die HERE het hom nie geantwoord nie--nie deur drome en nie deur die Urim en nie deur die profete nie.
Toe sweer Saul vir haar by die HERE en sê: So waar as die HERE leef, geen straf sal jou ter wille hiervan tref nie!
Die HERE het dan vir Homself gedoen soos Hy deur my diens gespreek het, en die HERE het die koningskap uit jou hand geskeur en dit aan jou naaste, aan Dawid, gegee.
Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister en die gloed van sy toorn teen Amalek nie uitgevoer het nie, daarom het die HERE jou vandag hierdie ding aangedoen.
En die HERE sal Israel ook saam met jou in die hand van die Filistyne gee, en môre sal jy met jou seuns by my wees; ook die leër van Israel sal die HERE in die hand van die Filistyne gee.
het die woord van die HERE uitdruklik gekom tot Eségiël, die seun van Busi, die priester, in die land van die Chaldeërs, by die Kebarrivier; en die hand van die HERE was daar op hom.
Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!
Maar ek- my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!
Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.
Maar ek is ellendig en behoeftig: o God, kom tog gou na my! U is my hulp en my redder; HERE, vertoef tog nie!
Maar wat my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees; in die Here HERE het ek my toevlug gestel, om al u werke te vertel.
Want in die hand van die HERE is 'n beker, en die wyn skuim; dit is oorvloedig gemeng, en Hy skink daaruit; ja, die afsaksel daarvan moet al die goddelose van die aarde opslurp, uitdrink.
Doen geloftes en betaal dié aan die HERE julle God! Laat almal wat rondom Hom is, geskenke bring aan die Vreeslike,
Op die dag van my benoudheid soek ek die HERE; snags bly my hand uitgestrek sonder om moeg te word; my siel weier om getroos te word.
sal ons nie verberg vir hulle kinders nie, maar aan die volgende geslag vertel die roemryke dade van die HERE en sy mag en sy wonders wat Hy gedoen het.
Daarom het die HERE gehoor en toornig geword, en 'n vuur is aangesteek teen Jakob, en toorn het ook opgegaan teen Israel;
Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.
My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God.
Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!
Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie.
Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!
Al die nasies wat U gemaak het, sal kom en hulle voor u aangesig neerbuig, Here, en hulle sal u Naam eer;
Doen aan my 'n teken ten goede, sodat my haters dit sien en beskaamd kan staan, omdat U, o HERE, my gehelp en getroos het.
Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.
En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!
Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.
Die HERE is Koning; Hy is met hoogheid bekleed. Die HERE is bekleed, Hy het Hom met sterkte gegord. Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie.
Die riviere, o HERE, het verhef, die riviere het hulle gebruis verhef; die riviere verhef hulle geraas!
Meer as die gebruis van groot, geweldige waters, van die golwe van die see, is die HERE geweldig in die hoogte!
En Hy laat hulle ongeregtigheid op hulle terugkeer en verdelg hulle in hul boosheid; die HERE onse God verdelg hulle.
Sê onder die volke: Die HERE is Koning! Ook staan die wêreld vas, sodat dit nie wankel nie. Hy sal die volke regverdig oordeel.
voor die aangesig van die HERE; want Hy kom, want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke in sy trou.
Berge smelt weg soos was voor die aangesig van die HERE, voor die aangesig van die HERE van die hele aarde.
o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.
'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.
voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.
Moses en Aäron was onder sy priesters, en Samuel onder die aanroepers van sy Naam. Hulle het die HERE aangeroep, en Hy het hulle verhoor.
o HERE onse God, U het hulle verhoor, U was vir hulle 'n vergewende God en Een wat wraak oefen oor hulle dade.
Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor sy heilige berg. Want heilig is die HERE onse God.
Elke môre sal ek al die goddelose van die land vernietig, om al die werkers van ongeregtigheid uit die stad van die HERE uit te roei.
Die weg van God is volmaak; die woord van die HERE is gelouter; Hy is 'n skild vir almal wat by Hom skuil.
Dit sal vir die volgende geslag opgeskrywe word, en die volk wat geskape gaan word, sal die HERE loof;
Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,
Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!
Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!
Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.
Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!
Verlos ons, HERE onse God, en versamel ons uit die nasies, dat ons u heilige Naam kan loof en ons beroem in u lof!
Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En laat die hele volk sê: Amen. Halleluja!
Agis het Dawid toe geroep en aan hom gesê: So waar as die HERE leef, sekerlik, jy is opreg, en jou uitgang en jou ingang in die leër met my saam is goed in my oë; want ek het geen kwaad in jou gevind van die dag af dat jy na my gekom het tot vandag toe nie. Maar in die oë van die vorste is jy nie goed nie.
En Dawid het dit baie benoud gehad, want die manskappe het gepraat om hom te stenig; want die siel van al die manskappe was verbitterd, elkeen oor sy seuns en sy dogters; maar Dawid het homself versterk in die HERE sy God.
En Dawid het die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek hierdie bende agternajaag? Sal ek dit inhaal? En Hy sê vir hom: Agtervolg, want jy sal sekerlik inhaal en sekerlik uitred.
Maar Dawid het gesê: Julle mag nie so maak nie, my broers, met wat die HERE ons gegee het, en Hy het ons bewaar en die bende wat ons oorval het, in ons hand gegee.
Toe Dawid dan in Siklag aankom, het hy van die buit aan die oudstes van Juda, sy stamgenote, gestuur en gesê: Hier is 'n geskenk vir julle uit die buit van die vyande van die HERE:
En hulle het gerouklaag en geween en gevas tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Jónatan en oor die volk van die HERE en oor die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard geval het.
En Dawid sê vir hom: Hoe? Jy was nie bevrees om jou hand uit te steek om die gesalfde van die HERE om te bring nie?
En Dawid het vir hom gesê: Jou bloed is op jou hoof, want jou mond getuig teen jou, omdat jy sê: Ek het die gesalfde van die HERE gedood.
En daarna het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek in een van die stede van Juda? En die HERE het hom geantwoord: Trek op. Toe sê Dawid: Waarheen moet ek optrek? En Hy antwoord: Na Hebron.
stuur Dawid boodskappers na die manne van Jabes in Gílead om aan hulle te sê: Mag julle geseënd wees deur die HERE, dat julle hierdie guns bewys het aan julle heer, aan Saul, en hom begrawe het.
Mag die HERE julle dan nou guns en trou bewys, en ek self bewys ook hierdie goedheid aan julle, omdat julle hierdie ding gedoen het.
Mag God so aan Abner doen en so daaraan toedoen, sekerlik, soos die HERE Dawid met 'n eed beloof het, net so sal ek aan hom doen
Voer dit dan nou uit, want die HERE het van Dawid gespreek en gesê: Deur die hand van my kneg Dawid sal Ek my volk Israel uit die hand van die Filistyne en uit die hand van al hulle vyande verlos.
Toe Dawid dit daarna hoor, sê hy: Ek en my koninkryk is voor die HERE vir ewig onskuldig aan die bloed van Abner, die seun van Ner.
Maar ek is vandag swak, alhoewel ek as koning gesalf is, terwyl hierdie manne, die seuns van Serúja, harder is as ek. Mag die HERE die kwaaddoener vergelde na sy boosheid!
en die hoof van Isbóset na Dawid in Hebron gebring en aan die koning gesê: Hier is die hoof van Isbóset, die seun van Saul, u vyand wat u lewe gesoek het; maar die HERE het aan my heer die koning vandag wraak gegee op Saul en sy nageslag.
Maar Dawid het Régab en sy broer Báëna, die seuns van Rimmon, die Beërotiet, geantwoord en aan hulle gesê: So waar as die HERE leef wat my siel uit alle benoudheid verlos het,
Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú Israel uit-- en ingelei; en die HERE het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor Israel.
So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle 'n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.
So het Dawid dan gewaar geword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.
Toe het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.
Daarop het Dawid na Baäl-Pérasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die HERE het voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim genoem.
Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.
En as jy 'n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die HERE voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.
En Dawid het gedoen net soos die HERE hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser.
en Dawid het hom klaargemaak en met al die mense opgetrek wat by hom was, van Báäle-Juda, om die ark van God, waaroor die Naam uitgeroep is, die Naam van die HERE van die leërskare wat op die gérubs troon, daarvandaan te gaan haal.
En Dawid en die hele huis van Israel het voor die aangesig van die HERE gespeel met allerhande instrumente van sipreshout, naamlik met siters en harpe en tamboeryne, en bekkens en simbale.
Daarop het die toorn van die HERE teen Ussa ontvlam, en God het hom daar getref oor dié vergryp, sodat hy daar by die ark van God gesterf het.
En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.
En Dawid het daardie dag vir die HERE bevrees geword en gesê: Hoe kan die ark van die HERE na my kom?
Daarom wou Dawid nie die ark van die HERE by hom in die stad van Dawid laat inkom nie, maar Dawid het dit na die huis van Obed-Edom, die Gittiet, laat wegdraai.
En die ark van die HERE het drie maande lank in die huis van Obed-Edom, die Gittiet, gebly, en die HERE het Obed-Edom en sy hele huis geseën.
En toe aan koning Dawid meegedeel is: Die HERE het die huis van Obed-Edom en alles wat aan hom behoort, geseën ter wille van die ark van God, het Dawid gegaan en die ark van God met vreugde uit die huis van Obed-Edom na die stad van Dawid gebring.
En toe die draers van die ark van die HERE ses treë geloop het, het hy 'n bees en 'n vetgemaakte kalf geoffer.
Daarby het Dawid met alle mag gedans voor die aangesig van die HERE; en Dawid was omgord met 'n linneskouerkleed.
So het Dawid en die hele huis van Israel dan die ark van die HERE met gejuig en basuingeklank opgehaal.
Toe die ark van die HERE die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die HERE; en sy het hom in haar hart verag.
Nadat hulle dan die ark van die HERE ingebring en dit op sy plek neergesit het binne-in die tent wat Dawid daarvoor opgeslaan het, het Dawid brandoffers en dankoffers gebring voor die aangesig van die HERE.
Toe Dawid gereed was met die brandoffer en dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE van die leërskare geseën
Maar Dawid sê vir Migal: Voor die aangesig van die HERE wat my verkies het bo jou vader en bo sy hele huis, deur my as vors aan te stel oor die volk van die HERE, oor Israel--ja, voor die aangesig van die HERE sal ek vrolik wees!
So moet jy dan nou aan my kneg, aan Dawid, sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk, oor Israel;
naamlik van die dag af dat Ek rigters oor my volk Israel aangestel het. Maar Ek sal jou rus gee van al jou vyande; en die HERE gee jou te kenne dat die HERE vir jou 'n huis sal stig.
Koning Dawid het toe ingegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, Here HERE, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?
En dit was nog te gering in u oë, Here HERE, sodat U ook aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek het; en dit is die wet vir mense, Here HERE!
Daarom is U groot, HERE God! Want daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
En U het u volk Israel vir U bevestig as 'n volk vir U tot in ewigheid; en U, HERE, het vir hulle 'n God geword.
Laat dan nou, HERE God, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, in vervulling gaan tot in ewigheid, en doen soos U gespreek het;
sodat u Naam groot kan wees tot in ewigheid deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare is God oor Israel; en die huis van u kneg Dawid sal voor u aangesig bestendig wees.
Want U, HERE van die leërskare, God van Israel, het die oor van u kneg geopen en gesê: Ek sal vir jou 'n huis bou; daarom het u kneg vrymoedigheid gevind om hierdie gebed tot U te bid.
Laat dit U dan nou behaag en seën die huis van u kneg, sodat dit vir ewig voor u aangesig kan wees; want U, Here HERE, het dit gespreek, en deur u seën sal die huis van u kneg vir ewig geseënd wees.
En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus uitgesit, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig, saam met die silwer en die goud wat hy geheilig het van al die nasies wat hy onderwerp het:
En Dawid het wagposte in Edom uitgesit, in die hele Edom het hy wagposte uitgesit, en al die Edomiete het Dawid se knegte geword; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
Wees sterk en laat ons ons sterk hou vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!
Nadat die routyd verby was, het Dawid gestuur en haar in sy huis opgeneem; en sy het sy vrou geword en vir hom 'n seun gebaar. Maar die ding wat Dawid gedoen het, was verkeerd in die oë van die HERE.
Daarom het die HERE Natan na Dawid gestuur. Toe hy by hom inkom, sê hy vir hom: Daar was twee manne in 'n sekere stad, die een was ryk en die ander arm.
En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as die HERE leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!
Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê die HERE, die God van Israel: Ék het jou as koning gesalf oor Israel, en Ék het jou gered uit die hand van Saul;
Waarom het jy die woord van die HERE verag deur te doen wat verkeerd is in sy oë? Uría, die Hetiet, het jy met die swaard verslaan, en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem, nadat jy hom deur die swaard van die kinders van Ammon vermoor het.
So sê die HERE: Kyk, Ek sal uit jou huis onheil oor jou verwek, en jou vroue voor jou oë neem en aan jou naaste gee, sodat hy by jou vroue sal slaap voor die oog van hierdie son.
En Dawid sê vir Natan: Ek het gesondig teen die HERE! En Natan sê vir Dawid: So het die HERE dan ook u sonde vergewe: u sal nie sterf nie.
Maar omdat u die vyande van die HERE deur hierdie saak aanleiding gegee het om grootliks te laster, sal die kind wat vir u gebore is, ook sekerlik sterwe.
Toe gaan Natan na sy huis. En die HERE het die kind wat die vrou van Uría vir Dawid gebaar het, getref, sodat dit ernstig siek geword het.
Toe het Dawid van die grond opgestaan en hom gewas en gesalf en ander klere aangetrek en in die huis van die HERE gegaan en aanbid. Daarop het hy in sy huis gekom en gevra dat hulle brood aan hom moet voorsit; en hy het geëet.
En hy sê: Toe die kind nog in die lewe was, het ek gevas en geween, want ek het gedink: Wie weet--die HERE kan my genadig wees, sodat die kind in die lewe bly.
Daarna het Dawid sy vrou Bátseba getroos en by haar ingegaan en by haar geslaap. En sy het 'n seun gebaar, en hy het hom Salomo genoem. En die HERE het hom liefgehad,
En sy sê: Laat die koning tog dink aan die HERE u God, sodat die bloedwreker nie te veel vernieling aanrig en hulle my seun nie verdelg nie. Toe sê hy: So waar as die HERE leef, nie een haar van jou seun sal op die grond val nie!
Verder het u dienares gedink: Mag tog die woord van my heer die koning tot gerusstelling wees. Want soos 'n engel van God, so is my heer die koning om goed en kwaad te verstaan. En mag die HERE u God met u wees!
En ná verloop van vier jaar het Absalom aan die koning gesê: Laat my tog gaan en my gelofte wat ek aan die HERE gedoen het, in Hebron betaal;
want u dienaar het 'n gelofte gedoen toe ek in Gesur in Aram gewoon het, en gesê: As die HERE my werklik in Jerusalem terugbring, sal ek die HERE dien.
Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê: So waar as die HERE leef en my heer die koning leef, voorwaar, op die plek waar my heer die koning sal wees vir dood of vir lewe, daar sal u dienaar sekerlik ook wees!
Toe sê die koning vir Sadok: Bring die ark van God terug in die stad. As ek genade vind in die oë van die HERE, sal Hy my terugbring, en Hy sal my dit en sy woning laat sien.
Nadat aan Dawid meegedeel is: Agitófel is onder die samesweerders met Absalom saam, het Dawid gesê: o HERE, verydel tog die raad van Agitófel!
Die HERE het al die bloed van die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom; en die HERE het die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee, en hier is jy nou in jou ongeluk, omdat jy 'n bloedvergieter is.
Maar die koning sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Serúja? As hy vloek, en as die HERE aan hom gesê het: Vloek Dawid! wie mag dan vra: Waarom maak jy so?
Verder het Dawid aan Abísai en al sy dienaars gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my lewe: hoeveel te meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want die HERE het hom dit beveel.
Miskien sal die HERE my ellende aansien en sal die HERE my goed vergelde vir die vloek wat my vandag tref.
Toe sê Húsai vir Absalom: Nee, maar aan hom wat die HERE verkies, en hierdie volk en al die manne van Israel, aan hom behoort ek, en by hom sal ek bly.
Toe sê Absalom en al die manne van Israel: Die raad van Húsai, die Arkiet, is beter as die raad van Agitófel. Maar die HERE het dit beskik om die goeie raad van Agitófel te verydel, sodat die HERE die onheil oor Absalom kon bring.
Daarop sê Ahímaäs, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat die HERE aan hom reg verskaf het teenoor sy vyande.
En Ahímaäs het uitgeroep en aan die koning gesê: Vrede! En hy het hom voor die koning gebuig met sy aangesig na die aarde en gesê: Geloofd sy die HERE u God wat die manne oorgelewer het wat hulle hand teen my heer die koning opgetel het.
kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die HERE aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.
Staan dan nou op, gaan uit en spreek na die hart van u dienaars, want ek sweer by die HERE--as u nie uitgaan nie, sal sekerlik vannag geen man by u bly nie; en dit sal vir u 'n groter onheil wees as al die onheile wat u oorgekom het van u jeug af tot nou toe.
Toe het Abísai, die seun van Serúja, geantwoord en gesê: Moet Símeï nie hieroor gedood word, dat hy die gesalfde van die HERE gevloek het nie?
Ek is een van die vredeliewendes, van die getroues in Israel. U is daarop uit om 'n stad te vernietig, nogal 'n moeder in Israel. Waarom wil u die erfdeel van die HERE te gronde rig?
En toe daar in die dae van Dawid 'n hongersnood was, drie jaar lank, jaar ná jaar, het Dawid die aangesig van die HERE gesoek; en die HERE het gesê: Vanweë Saul en vanweë sy huis waarop bloedskuld rus, omdat hy die Gibeoniete omgebring het.
Dawid dan het aan die Gibeoniete gesê: Wat moet ek vir julle doen, en waarmee moet ek versoening doen, dat julle die erfdeel van die HERE kan seën?
laat sewe manne van sy seuns aan ons gegee word, dat ons hulle voor die HERE kan ophang in Gíbea van Saul, die uitverkorene van die HERE! En die koning het gesê: Ek sal hulle gee.
Maar die koning het Mefibóset, die seun van Jónatan, die seun van Saul, verskoon vanweë die eed by die HERE wat tussen hulle was, tussen Dawid en Jónatan, die seun van Saul.
en hy het hulle oorgegee in die hand van die Gibeoniete, wat hulle opgehang het op die berg voor die aangesig van die HERE, sodat al sewe tesame omgekom het; en hulle is gedood in die eerste dae van die oes, in die begin van die gars-oes.
En Dawid het die woorde van hierdie lied tot die HERE gespreek op die dag toe die HERE hom gered het uit die hand van al sy vyande en uit die hand van Saul.
Toe ek benoud was, het ek die HERE aangeroep, en ek het geroep tot my God; en uit sy paleis het Hy my stem gehoor, en my hulpgeroep was in sy ore.
En die beddings van die see het sigbaar geword, die fondamente van die wêreld is blootgelê, deur die dreiging van die HERE, vanweë die geblaas van die wind van sy neus.
Hulle het rondgekyk, maar daar was geen verlosser nie; na die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
het hy opgestaan en onder die Filistyne geslaan totdat sy hand moeg geword en sy hand aan die swaard gekleef het, sodat die HERE daardie dag 'n groot oorwinning bewerk het. En die manskappe het teruggekom agter hom aan net om te buit.
het hy hom opgestel in die middel van die stuk land en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.
Toe het die drie helde deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar hy wou dit nie drink nie, en het dit tot eer van die HERE uitgegiet
en gesê: Dit is ver van my, HERE, dat ek dit sou doen! Sou ek die bloed drink van die manne wat met lewensgevaar gegaan het? En hy wou dit nie drink nie. Dit het die drie helde gedoen.
En die toorn van die HERE het weer teen Israel ontvlam, en Hy het Dawid teen hulle aangehits en gesê: Gaan tel Israel en Juda.
En Joab het aan die koning gesê: Ja, mag die HERE u God by die volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle ook al is, en die oë van my heer die koning dit sien; maar waarom het my heer die koning behae in hierdie saak?
Maar Dawid se gewete het hom gekwel nadat hy die volk getel het, en Dawid het aan die HERE gesê: Ek het swaar gesondig deur wat ek gedoen het; HERE, vergeef dan nou tog die skuld van u kneg, want ek het baie dwaas gehandel.
Toe Dawid die môre opstaan--die woord van die HERE het naamlik tot die profeet Gad, die siener van Dawid, gekom en gesê:
Gaan heen en spreek met Dawid: So sê die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek jou dit kan aandoen--
Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat ons tog val in die hand van die HERE, want sy barmhartighede is groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
En die HERE het 'n pes onder Israel beskik van die môre af tot op die bepaalde tyd, en van Dan tot Berséba het daar van die volk sewentig duisend man gesterwe.
Maar toe die engel sy hand uitsteek na Jerusalem om dit te verwoes, het dit die HERE berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting onder die volk moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! Die engel van die HERE was toe by die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
Toe Dawid sien hoe die engel onder die volk doodslaan, het hy tot die HERE gespreek en gesê: Kyk, ék het gesondig, en ék het verkeerd gehandel, maar wat het hierdie skape gedoen? Laat u hand tog teen my wees en teen my familie.
Daarop kom Gad dieselfde dag by Dawid en sê vir hom: Gaan op, bou vir die HERE 'n altaar op die dorsvloer van Arauna, die Jebusiet.
En Arauna het gesê: Waarom kom my heer die koning na sy dienaar? Daarop sê Dawid: Om die dorsvloer van jou te koop, om vir die HERE 'n altaar te bou, sodat die plaag onder die volk kan ophou.
Dit gee Arauna alles, o koning, aan die koning. Verder het Arauna aan die koning gesê: Mag die HERE u God 'n behae in u hê.
Maar die koning het Arauna geantwoord: Nee, maar ek wil dit verseker van jou koop vir sy prys; en ek wil nie verniet aan die HERE my God brandoffers bring nie. En Dawid het die dorsvloer en die beeste gekoop vir vyftig sikkels silwer.
Toe het Dawid daar vir die HERE 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring; en die HERE het Hom oor die land ontferm, en die plaag is van Israel afgewend.
En sy antwoord hom: My heer, ú het by die HERE u God vir u dienares gesweer: U seun Salomo sal sekerlik ná my koning word, en hy sal op my troon sit.
sekerlik, soos ek u by die HERE, die God van Israel, gesweer en gesê het dat u seun Salomo ná my koning moet word en hy op my troon moet sit in my plek, sekerlik so doen ek vandag nog.
Toe antwoord Benája, die seun van Jójada, die koning en sê: Amen! Mag die HERE, die God van my heer die koning, ook so sê.
Soos die HERE met my heer die koning was, mag Hy so met Salomo wees; en mag Hy sy troon groter maak as die troon van my heer die koning Dawid.
en die koning het ook so gesê: Geseënd is die HERE, die God van Israel, wat vandag gegee het dat een op my troon sit terwyl my oë dit sien.
en onderhou die ordening van die HERE jou God deur te wandel in sy weë, deur sy insettinge, sy gebooie en sy verordeninge en sy getuienisse te onderhou, soos geskrywe is in die wet van Moses, sodat jy voorspoedig kan uitvoer alles wat jy doen, en alles waartoe jy jou begewe;
sodat die HERE sy woord mag vervul wat Hy oor my gespreek het, naamlik: As jou seuns ag gee op hulle weg deur voor my aangesig getrou te wandel met hulle hele hart en met hulle hele siel, dan sal daar nie vir jou 'n man op die troon van Israel ontbreek nie.
Verder is daar by jou Símeï, die seun van Gera, die Benjaminiet, uit Bahúrim; hy naamlik het my gevloek met 'n hewige vloek die dag toe ek na Mahanáim gegaan het; en hy het afgekom om my te ontmoet by die Jordaan, sodat ek vir hom by die HERE gesweer en gesê het: Ek sal jou nie met die swaard doodmaak nie.
En hy sê: U weet dat die koningskap myne was en die hele Israel sy aangesig op my gerig het, dat ek koning sou word; maar die koningskap het oorgegaan en my broer s'n geword, want deur die HERE was dit vir hom bestem.
En koning Salomo het gesweer by die HERE en gesê: Mag God so aan my doen en so daaraan toedoen--sekerlik, Adónia het hierdie woord ten koste van sy lewe gespreek.
En nou, so waar as die HERE leef wat my bevestig het en my op die troon van my vader Dawid laat sit en vir my 'n huis gestig het volgens sy belofte--Adónia sal sekerlik vandag gedood word!
En vir Abjatar, die priester, sê die koning: Gaan na Anatot op jou grond, want jy verdien die dood; maar vandag sal ek jou nie doodmaak nie, omdat jy die ark van die Here HERE voor my vader Dawid uit gedra het en omdat jy deelgenoot was van alles wat my vader gely het.
So het Salomo dan Abjatar verdrywe, sodat hy nie meer priester van die HERE was nie, om die woord van die HERE te vervul wat Hy oor die huis van Eli in Silo gespreek het.
Toe die gerug by Joab kom--want Joab was aan die kant van Adónia, alhoewel hy nie aan die kant van Absalom was nie--het Joab gevlug na die tent van die HERE en die horings van die altaar vasgehou.
En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van die HERE, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Benája, die seun van Jójada, weet: Gaan heen, val op hom aan.
Daarop het Benája by die tent van die HERE gekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Benája het die koning 'n antwoord gebring en gesê: Só het Joab gespreek, en só het hy my geantwoord.
en dat die HERE sy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, en Amása, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;
en dat hulle bloed op die hoof van Joab en op die hoof van sy nageslag vir ewig kan neerkom, maar Dawid en sy nageslag en sy huis en sy troon vrede kan hê van die HERE tot in ewigheid.
Daarop laat die koning Símeï roep, en hy sê vir hom: Het ek jou nie by die HERE besweer en jou gewaarsku nie en gesê: Die dag dat jy uitgaan en êrens heen trek, moet jy voorwaar weet dat jy sekerlik sal sterwe? En jy het aan my gesê: Dit is goed; ek het gehoor.
Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken self al die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat die HERE jou boosheid op jou eie hoof neerkom.
Maar mag koning Salomo geseënd wees en die troon van Dawid bevestig word voor die aangesig van die HERE tot in ewigheid!
En Salomo het hom verswaer met Farao, die koning van Egipte; hy het naamlik die dogter van Farao geneem en haar in die stad van Dawid ingebring totdat hy met die bou van sy huis en die huis van die HERE en die muur van Jerusalem rondom klaar sou wees.
Alleenlik het die volk gedurig op die hoogtes geoffer, omdat tot op daardie dae daar geen huis vir die Naam van die HERE gebou was nie.
En Salomo het die HERE liefgehad deur in die insettinge van sy vader Dawid te wandel; hy het net gedurig op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan.
Toe verskyn die HERE in Gíbeon in 'n nagtelike droom aan Salomo; en God het gesê: Begeer wat Ek jou moet gee.
Nou dan, HERE my God, U het u kneg koning gemaak in my vader Dawid se plek; maar ek is 'n jong seun; ek weet nie om uit of in te gaan nie.
Toe word Salomo wakker, en--dit was 'n droom! Daarop het hy in Jerusalem gekom en voor die verbondsark van die Here gaan staan en brandoffers gebring en dankoffers berei en 'n maaltyd vir al sy dienaars aangerig.
U weet self dat my vader Dawid geen huis vir die Naam van die HERE sy God kon bou nie vanweë die oorlog waarmee hulle hom omring het, totdat die HERE hulle onder sy voetsole gebring het.
Maar nou het die HERE my God my rus gegee rondom; daar is geen teëstander en daar is geen onheil wat dreig nie.
En kyk, ek is van plan om vir die Naam van die HERE my God 'n huis te bou soos die HERE met my vader Dawid gespreek en gesê het: Jou seun wat Ek in jou plek op jou troon sal sit, hy sal die huis vir my Naam bou.
Net toe Hiram die woorde van Salomo hoor, was hy baie bly en sê: Geseënd is die HERE vandag wat vir Dawid 'n wyse seun gegee het oor hierdie groot volk.
En die HERE het aan Salomo wysheid gegee volgens sy belofte, en daar was vrede tussen Hiram en Salomo, en hulle twee het 'n verbond gesluit.
En in die vier honderd en tagtigste jaar ná die uittog van die kinders van Israel uit Egipteland, in die vierde jaar van Salomo se regering oor Israel, in die maand Sif--dit is die tweede maand--het hy die huis vir die HERE gebou.
En die huis wat koning Salomo vir die HERE gebou het, was sestig el in sy lengte en twintig in sy breedte en dertig el in sy hoogte.
So het hy dan 'n binneste vertrek binnekant in die middel van die huis ingerig om die verbondsark van die HERE daar neer te sit.
En die groot voorhof was rondom van drie lae gekapte klip en 'n laag sederbalke, net soos by die binneste voorhof van die huis van die HERE en by die saal van die paleis.
Wie wys is, laat hy op hierdie dinge ag gee, en laat hulle let op die goedertierenhede van die HERE.
Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.
Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.
Van Dawid. 'n Psalm. Die HERE het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak 'n voetbank vir u voete.
Die HERE het gesweer, en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
Halleluja! Alef. Ek wil die HERE loof van ganser harte; Bet. in die kring van die opregtes en in die vergadering.
Gimel. Die werke van die HERE is groot; Dalet. nagespeur word hulle deur almal wat daar 'n welbehae in het.
Resj. Die vrees van die HERE is die beginsel van die wysheid; Sin. almal wat dit beoefen, het 'n goeie verstand. Tau. Sy lof bestaan tot in ewigheid.
Halleluja! Alef. Welgeluksalig is die man wat die HERE vrees, Bet. wat 'n groot welbehae in sy gebooie het.
Nie aan ons, o HERE, nie aan ons nie, maar aan u Naam gee eer, om u goedertierenheid, om u trou ontwil.
Die HERE het aan ons gedink: Hy sal seën, Hy sal die huis van Israel seën, Hy sal die huis van Aäron seën.
Ag, HERE, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.
Want sy goedertierenheid is geweldig oor ons, en die trou van die HERE is tot in ewigheid. Halleluja!
Hulle het my omsingel, ja, hulle het my omsingel; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
Hulle het my omsingel soos bye- hulle is uitgeblus soos 'n doringtakvuur; dit is in die Naam van die HERE dat ek hulle stukkend gekap het.
'n Stem van gejubel en van heil is in die tente van die regverdiges: die regterhand van die HERE doen kragtige dade.
Die HERE is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar.
Sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Hierdie las sien op die vors in Jerusalem en die hele huis van Israel wat onder hulle woon.
Dan sal hulle weet dat Ek die HERE is, as Ek hulle onder die nasies versprei en hulle in die lande verstrooi;
maar Ek sal van hulle 'n klein klompie laat oorbly van die swaard, die hongersnood en die pes, sodat hulle al húlle gruwels kan vertel onder die nasies waar hulle kom; en dié sal weet dat Ek die HERE is.
En jy moet aan die mense van die land sê: So spreek die Here HERE aangaande die inwoners van Jerusalem, in die land Israel: Hulle sal hul brood met kommer eet en hul water in stomme smart drink, sodat hulle land, van sy volheid beroof, woes sal lê vanweë die geweldpleging van almal wat daarin woon.
En die stede wat bewoon is, sal woes word, en die land sal 'n wildernis wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Ek maak 'n einde aan hierdie spreekwoord, sodat hulle dit nie meer as spreekwoord in Israel sal gebruik nie. Maar sê vir hulle: Die dae is naby, en die woord van elke gesig.
Want Ek, die HERE, Ek sal spreek--wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur; dit sal nie meer uitgestel word nie. Want in julle dae, o wederstrewige huis, sal Ek 'n woord spreek en dit uitvoer ook, spreek die Here HERE.
Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Geeneen van my woorde sal meer uitgestel word nie; wat Ek as woord spreek, dit sal gebeur, spreek die Here HERE.
Mensekind, profeteer teen die profete van Israel wat profeteer, en sê aan die wat profete uit hulle eie hart is: Hoor die woord van die HERE!
So spreek die Here HERE: Wee die dwase profete wat agter hulle eie gees aan wandel en agter dinge wat hulle nie gesien het nie.
Julle het in die bresse nie opgegaan nie en die muur nie gebou om die huis van Israel, om in die stryd pal te staan in die dag van die HERE nie.
Hulle het nietigheid gesien en leuenagtige waarsêery, hulle wat daar sê: Die HERE het gespreek--terwyl die HERE hulle nie gestuur het nie; en dan wag hulle op vervulling van die woord!
Het julle nie 'n bedrieglike gesig gesien en leuenagtige waarsêery gespreek nie deurdat julle sê: Die HERE spreek, terwyl Ék nie gespreek het nie?
Daarom, so spreek die Here HERE: Omdat julle valsheid gespreek en leuenagtige gesigte gesien het, daarom kyk, Ek het dit teen julle, spreek die Here HERE.
'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!
waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE- 'n voorskrif vir Israel! - om die Naam van die HERE te loof.
Kyk, soos die oë van die knegte is op die hand van hulle heer, soos die oë van die diensmaagd is op die hand van haar meesteres- so is ons oë op die HERE onse God, totdat Hy ons genadig is.
'n Bedevaartslied. Die wat op die HERE vertrou, is soos die berg Sion wat nie wankel nie, maar bly tot in ewigheid.
Maar die wat langs krom paaie wegdraai, sal die HERE laat vergaan saam met die werkers van ongeregtigheid. Vrede oor Israel!
Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesê: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen.
'n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.
Mag die HERE jou seën uit Sion, dat jy die voorspoed van Jerusalem mag aanskou al die dae van jou lewe!
Sodat die wat verbygaan, nie sê nie: Die seën van die HERE oor julle! Ons seën julle in die Naam van die HERE.
Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing;
'n Bedevaartslied. Van Dawid. o HERE, my hart is nie hoog en my oë nie trots nie; ook wandel ek nie in dinge wat vir my te groot en te wonderbaar is nie.
Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.
Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied die HERE die seën, die lewe tot in ewigheid!
'n Bedevaartslied. Kom, loof die HERE, o alle knegte van die HERE wat snags in die huis van die HERE staan!
Verder het Hiram die potte en die skoppe en die komme gemaak. So het Hiram dan al die werk voleindig wat hy vir koning Salomo in die huis van die HERE gedoen het:
en die potte en die skoppe en die komme: al hierdie voorwerpe wat Hiram vir koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het, was van gepolyste koper.
Verder het Salomo al die voorwerpe wat in die huis van die HERE was, gemaak: die goue altaar en die tafel waar die toonbrode op moes lê, van goud;
En toe al die werk wat koning Salomo in die huis van die HERE gemaak het, gereed was, het Salomo die geheiligde gawes van sy vader Dawid ingebring; die silwer en die goud en die voorwerpe het hy in die skatkamers van die huis van die HERE neergesit.
Daarna het Salomo die oudstes van Israel en al die stamhoofde, die familie-owerstes van die kinders van Israel, by koning Salomo in Jerusalem byeen laat kom om die verbondsark van die HERE uit die stad van Dawid, dit is Sion, op te bring.
en die ark van die HERE en die tent van samekoms gebring saam met al die heilige voorwerpe wat in die tent was; naamlik die priesters en die Leviete het dit gebring.
Verder het die priesters die verbondsark van die HERE na sy plek gebring, in die binneste vertrek van die huis, in die Allerheiligste, onder die vlerke van die gérubs in.
Daar was niks in die ark nie as net die twee kliptafels wat Moses by Horeb daarin neergelê het, toe die HERE 'n verbond met die kinders van Israel gesluit het by hulle uittog uit Egipteland.
En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die HERE het die huis van die HERE vervul.
En hy sê: Geloofd sy die HERE, die God van Israel, wie se hand volbring het wat sy mond met my vader Dawid gespreek en gesê het:
Toe dit dan in die hart van my vader Dawid was om 'n huis te bou vir die Naam van die HERE, die God van Israel,
het die HERE aan my vader Dawid gesê: Dat dit in jou hart was om vir my Naam 'n huis te bou--daarin het jy goed gehandel, dat dit in jou hart was.
En die HERE het sy woord vervul wat Hy gespreek het, sodat ek opgestaan het in die plek van my vader Dawid, en ek sit op die troon van Israel soos die HERE gespreek het; en ek het die huis gebou vir die Naam van die HERE, die God van Israel,
en daar 'n plek ingerig vir die ark, waarin die verbond van die HERE is, met ons vaders gesluit toe Hy hulle uit Egipteland uitgelei het.
Toe het Salomo voor die altaar van die HERE gaan staan, teenoor die hele vergadering van Israel, en sy hande uitgebrei na die hemel
en gesê: HERE, God van Israel, daar is bo in die hemel of onder op die aarde geen God soos U nie, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir u knegte wat voor u aangesig wandel met hulle hele hart,
Hou nou ook, HERE, God van Israel, die belofte wat U aan u kneg, my vader Dawid, gedoen het, naamlik: Daar sal vir jou nooit 'n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns net hulle weg in ag neem deur te wandel voor my aangesig soos jy voor my aangesig gewandel het.
Wend U dan tot die gebed van u kneg en tot sy smeking, HERE my God, deur te luister na die geroep en die gebed wat u kneg vandag voor u aangesig bid;
As u volk uittrek in die oorlog teen sy vyand op die pad waarop U hulle stuur, en hulle bid tot die HERE in die rigting van die stad wat U verkies het, en van die huis wat ek vir u Naam gebou het,
Want U het hulle vir U as erfdeel afgesonder uit al die volke van die aarde, soos U deur die diens van u kneg Moses gespreek het toe U, Here HERE, ons vaders uit Egipte uitgelei het.
Net toe Salomo gereed was om hierdie hele gebed en smeking tot die HERE te bid, het hy voor die altaar van die HERE opgestaan uit sy knielende houding, met sy hande na die hemel uitgebrei;
Geloofd sy die HERE wat aan sy volk Israel rus gegee het net soos Hy gespreek het: geen enkele woord het onvervuld gebly van al die goeie woorde wat Hy deur die diens van sy kneg Moses gespreek het nie.
Mag die HERE onse God met ons wees soos Hy met ons vaders gewees het; mag Hy ons nie verlaat en ons nie verwerp nie--
En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die aangesig van die HERE gesmeek het, dag en nag naby die HERE onse God wees, sodat Hy reg kan verskaf aan sy kneg en aan sy volk Israel na die eis van elke dag;
Laat julle hart dan volkome met die HERE onse God wees om te wandel in sy insettinge en sy gebooie te onderhou, soos vandag.
En die koning, en die hele Israel saam met hom, was besig om slagoffers voor die aangesig van die HERE te slag.
Salomo het naamlik as die dankoffer wat hy aan die HERE gebring het, twee en twintig duisend beeste en honderd en twintig duisend stuks kleinvee geslag; so het hulle dan die huis van die HERE ingewy, die koning en al die kinders van Israel.
Op dié dag het die koning die middel van die voorhof geheilig wat voor die huis van die HERE was; want daar het hy die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers berei, omdat die koperaltaar voor die aangesig van die HERE te klein was om die brandoffer en die spysoffer en die vetstukke van die dankoffers te bevat.
So het Salomo dan in dié tyd die fees gehou en die hele Israel saam met hom, 'n groot vergadering van die ingang na Hamat af tot by die spruit van Egipte, voor die aangesig van die HERE onse God, sewe dae en sewe dae, veertien dae lank.
Op die agtste dag het hy die volk laat gaan, en hulle het die koning geseën en na hul tente gegaan, verheug en opgeruimd oor al die goeie dinge wat die HERE aan sy kneg Dawid en sy volk Israel gedoen het.
Net toe Salomo gereed was met die bou van die huis van die HERE en die huis van die koning en elke begeerte wat Salomo wou uitvoer,
en die HERE sê vir hom: Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor my aangesig uitgespreek het; Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my Naam daar te vestig tot in ewigheid; en my oë en my hart sal daar altyd wees.
En hierdie huis wat so hoog is--elkeen wat daarlangs verbygaan, sal hom verbaas en spot, en hulle sal vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie land en met hierdie huis?
Dan sal hulle sê: Omdat hulle die HERE hul God verlaat het wat hulle vaders uit Egipteland uitgelei het, en ander gode aangehang en daarvoor neergebuig en hulle gedien het--daarom het die HERE al hierdie onheil oor hulle gebring.
En aan die einde van twintig jaar waarin Salomo die twee huise, die huis van die HERE en die huis van die koning, gebou het--
En dit was die saak van die dwangarbeiders wat koning Salomo laat opkom het om die huis van die HERE en sy huis en Millo en die muur van Jerusalem en Hasor en Megíddo en Geser te bou.
En Salomo het drie maal in die jaar brandoffers en dankoffers gebring op die altaar wat hy vir die HERE gebou het, hy het naamlik rook laat opgaan by die altaar wat daar was voor die aangesig van die HERE, sodat hy die huis voltooi het.
En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.
en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie.
Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.
En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die huis van die HERE en die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie.
uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan--Salomo het hulle met liefde aangehang.
En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie.
So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie.
Daarom was die HERE toornig op Salomo, omdat sy hart afgewyk het van die HERE, die God van Israel, wat twee maal aan hom verskyn het,
en hom bevel gegee het omtrent hierdie saak om nie agter ander gode aan te loop nie; maar hy het die bevel van die HERE nie gehou nie.
Daarom het die HERE vir Salomo gesê: Omdat dit so ver is met jou dat jy my verbond en my insettinge wat Ek jou beveel het, nie hou nie, sal Ek verseker die koningskap van jou afskeur en dit aan jou dienaar gee.
En die HERE het vir Salomo as teëstander verwek Hadad, die Edomiet; hy was van die koninklike familie in Edom.
en hy sê vir Jeróbeam: Neem vir jou tien stukke, want so spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek gaan die koninkryk uit die hand van Salomo afskeur en aan jou die tien stamme gee;
So het die koning dan nie na die volk geluister nie, want dit was 'n beskikking van die HERE, sodat Hy sy woord sou vervul wat die HERE gespreek het deur die diens van Ahía, die Siloniet, tot Jeróbeam, die seun van Nebat.
So spreek die HERE: Julle mag nie optrek en teen julle broers, die kinders van Israel, oorlog voer nie; julle moet omdraai, elkeen na sy huis; want van My het hierdie saak gekom. Hulle het toe geluister na die woord van die HERE en weer teruggetrek volgens die woord van die HERE.
as hierdie volk opgaan om offers te bring in die huis van die HERE in Jerusalem, dan sal die hart van hierdie volk terugkeer na hulle heer, na Rehábeam, die koning van Juda, en hulle sal my om die lewe bring en teruggaan na Rehábeam, die koning van Juda.
Toe kom daar 'n man van God uit Juda deur die woord van die HERE in Bet-el aan, terwyl Jeróbeam op die altaar staan om offerrook te laat opgaan;
en hy het uitgeroep teen die altaar deur die woord van die HERE en gesê: Altaar, altaar, so spreek die HERE: Kyk, 'n seun sal gebore word vir die huis van Dawid met die naam van Josía, en hy sal op jou slag die priesters van die hoogtes wat op jou offerrook laat opgaan, en op jou sal mensbene verbrand word.
En hy het dieselfde dag 'n wonderteken aangekondig en gesê: Dit is die wonderteken dát die HERE gespreek het: Kyk, die altaar sal uitmekaarskeur en die as wat daarop is, afgegooi word.
En die altaar is uitmekaargeskeur, en die as is van die altaar afgegooi volgens die wonderteken wat die man van God aangekondig het deur die woord van die HERE.
Toe begin die koning om aan die man van God te sê: Smeek tog die aangesig van die HERE jou God om genade en bid vir my, dat my hand tot my terugkeer. En die man van God het die aangesig van die HERE om genade gesmeek, sodat die hand van die koning tot hom teruggekeer het en dit soos tevore was.
Want so het die HERE my bevel gegee deur sy woord en gesê: Jy mag geen brood eet of water drink nie, en jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
want aan my is gesê deur die woord van die HERE: Jy mag daar geen brood eet of water drink nie; jy mag nie terugkeer met die pad waarmee jy gegaan het nie.
Maar hy sê vir hom: Ek is ook 'n profeet net soos jy, en 'n engel het met my gespreek deur die woord van die HERE en gesê: Bring hom terug saam met jou na jou huis, dat hy brood kan eet en water kan drink. Hy het vir hom gelieg.
Maar terwyl hulle aan tafel sit, kom die woord van die HERE tot die profeet wat hom laat omdraai het;
en hy het die man van God wat uit Juda gekom het, toegeroep en gesê: So spreek die HERE: Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die HERE deur nie die gebod te hou wat die HERE jou God jou beveel het nie,
Toe die profeet wat hom van die pad af laat omdraai het, dit hoor, sê hy: Dit is die man van God wat teen die mond van die HERE wederstrewig was; daarom het die HERE hom aan die leeu oorgegee wat hom verskeur en hom gedood het volgens die woord van die HERE wat Hy met hom gespreek het.
Want die woord sal sekerlik uitkom wat hy deur die woord van die HERE uitgeroep het teen die altaar wat in Bet-el is, en teen al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samaría is.
Maar die HERE het vir Ahía gesê: Kyk, die vrou van Jeróbeam kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê. En toe sy inkom, terwyl sy haar as 'n vreemde aanstel,
Gaan sê vir Jeróbeam: So spreek die HERE, die God van Israel: Omdat Ek jou onder die volk uit verhef het en jou as 'n vors oor my volk Israel aangestel het
Die een wat van Jeróbeam in die stad sterwe, hom sal die honde eet; en wat in die veld sterwe, sal die voëls van die hemel eet, want die HERE het dit gespreek.
En die hele Israel sal hom beklaag en hom begrawe, want hy alleen van Jeróbeam sal in 'n graf kom, omdat in hom iets goeds voor die HERE, die God van Israel, te vinde was in die huis van Jeróbeam.
Maar die HERE sal vir Hom 'n koning oor Israel verwek wat die huis van Jeróbeam dié dag sal uitroei; ja, wat sê ek? Nou al.
En die HERE sal Israel slaan, soos 'n riet in die water heen en weer beweeg, en sal Israel uitruk uit hierdie goeie land wat Hy aan hulle vaders gegee het, en hulle anderkant die Eufraat verstrooi, omdat hulle hul heilige boomstamme gemaak en die HERE geterg het.
En hulle het hom begrawe, en die hele Israel het hom beklaag volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg, die profeet Ahía.
En Rehábeam, die seun van Salomo, was koning in Juda; een en veertig jaar was Rehábeam oud toe hy koning geword het, en sewentien jaar het hy geregeer in Jerusalem, die stad wat die HERE verkies het uit al die stamme van Israel om sy Naam daar te vestig. En die naam van sy moeder was Naäma, die Ammonitiese.
En Juda het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en sy ywer opgewek, meer as al die dade van hulle vaders, deur hul sondes wat hulle gedoen het.
En daar was ook skandseuns in die land; hulle het gehandel volgens al die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
en hy neem die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning weg; ja, hy het alles weggeneem; ook al die goue skilde wat Salomo gemaak het, het hy weggeneem.
So dikwels as die koning in die huis van die HERE ingaan, dra die hardlopers dit en bring dit weer terug in die wagkamer van die hardlopers.
En hy het gewandel in al die sondes van sy vader wat hy voor hom gedoen het; en sy hart was nie volkome met die HERE sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.
Maar ter wille van Dawid het die HERE sy God vir hom 'n lamp in Jerusalem gegee deur sy seun ná hom te verwek en Jerusalem in stand te hou,
omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Uría, die Hetiet.
En hy het die heilige gawes van sy vader en sy heilige gawes in die huis van die HERE gebring: silwer en goud en allerhande voorwerpe.
Toe neem Asa al die silwer en die goud wat oorgebly het in die skatkamers van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning, en gee dit in die hand van sy dienaars; en koning Asa het hulle gestuur na Bénhadad, die seun van Tabrímmon, die seun van Hésjon, die koning van Aram wat in Damaskus gewoon het, om te sê:
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en gewandel in die weg van sy vader en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
En sodra hy koning was, het hy die hele huis van Jeróbeam omgebring; hy het van Jeróbeam niks laat oorbly wat asemhaal nie, totdat hy hom verdelg het, volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het deur die diens van sy kneg Ahía, die Siloniet--
vanweë die sondes van Jeróbeam wat hy gedoen en waarmee hy Israel laat sondig het, deur sy geterg waarmee hy die HERE, die God van Israel, geterg het.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en gewandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde waarmee hy Israel laat sondig het.
Ook het die woord van die HERE deur die diens van Jehu, die seun van Hanáni, die profeet, gekom teen Baésa en teen sy huis, nie alleen oor al die kwaad wat hy in die oë van die HERE gedoen het, deur Hom te terg met sy handewerk om soos die huis van Jeróbeam te wees nie, maar ook omdat hy hom verslaan het.
So het Simri dan die hele huis van Baésa verdelg volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het oor Baésa deur die diens van die profeet Jehu,
vanweë al die sondes van Baésa en die sondes van sy seun Ela wat hulle gedoen het en waarmee hulle Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.
vanweë sy sondes wat hy begaan het deur te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, deur te wandel in die weg van Jeróbeam en in sy sonde wat hy gedoen het om Israel te laat sondig.
En Omri het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en meer kwaad gedoen as al sy voorgangers.
Hy het naamlik gewandel in al die weë van Jeróbeam, die seun van Nebat, en in sy sondes waarmee hy Israel laat sondig het, om die HERE, die God van Israel, te terg met hulle nietige afgode.
En Agab, die seun van Omri, het gedoen wat kwaad is in die oë van die HERE, meer as al sy voorgangers.
Ook het Agab die heilige boomstam gemaak, en Agab het nog meer gedoen om die HERE, die God van Israel, te terg as al die konings van Israel, sy voorgangers.
In sy dae het Hiël, van Bet-el, Jérigo opgebou; ten koste van Abíram, sy eersgeborene, het hy sy fondament gelê, en ten koste van Segub, sy jongste, sy poorte opgerig, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Josua, die seun van Nun, gespreek het.
En Elía, die Tisbiet, uit Tisbe in Gílead, het vir Agab gesê: So waar as die HERE, die God van Israel, leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!
En hy het gegaan en gehandel volgens die woord van die HERE: hy het gaan bly by die spruit Krit wat oos van die Jordaan is.
Maar sy antwoord: So waar as die HERE u God leef, ek het nie 'n broodkoek nie, net maar 'n handvol meel in die pot en 'n bietjie olie in die kruik; en hier maak ek nou 'n paar houtjies bymekaar; dan gaan ek en maak dit vir my en my seun klaar, dat ons dit kan eet en sterwe.
Want so sê die HERE, die God van Israel: Die meel in die pot sal nie opraak en die olie in die kruik sal nie minder word nie, tot op die dag dat die HERE reën op die aarde sal gee.
die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Elía gespreek het.
en hy het die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, het U selfs oor die weduwee by wie ek as vreemdeling vertoef, 'n onheil gebring deur haar seun te laat sterwe?
Daarop het hy hom drie maal uitgestrek oor die kind en die HERE aangeroep en gesê: HERE my God, laat die siel van hierdie kind tog in hom terugkeer.
En die HERE het Elía verhoor; en die siel van die kind het in hom teruggekeer, sodat hy weer lewendig geword het.
En die vrou sê vir Elía: Nou weet ek dit dat u 'n man van God is en dat die woord van die HERE in u mond waarheid is.
En geruime tyd daarna het die woord van die HERE in die derde jaar tot Elía gekom en gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde.
Want toe Isébel die profete van die HERE uitgeroei het, het Obádja honderd profete geneem en hulle vyftig by vyftig man in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou.
So waar as die HERE u God leef, daar is geen nasie of koninkryk waar my heer nie heen gestuur het om u te soek nie; en as hulle sê: Hy is nie hier nie--dan laat hy die koninkryk en die nasie sweer dat hulle u nie kon vind nie.
As ek nou van u af weggaan en die Gees van die HERE u wegneem--ek weet nie waarheen nie--en ek kom om Agab berig te bring en hy vind u nie, dan sal hy my doodmaak; en u dienaar vrees die HERE van sy jeug af.
Is dit nie aan my heer meegedeel wat ek gedoen het toe Isébel die profete van die HERE gedood het nie: dat ek van die profete van die HERE honderd man, vyftig by vyftig, in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou het?
Maar Elía sê: So waar as die HERE van die leërskare leef, voor wie se aangesig ek staan, ek sal my verseker vandag aan hom vertoon!
Toe sê hy: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het.
En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na! Maar die volk het hom niks geantwoord nie.
Toe sê Elía vir die volk: Ek het alleen oorgebly as profeet van die HERE, terwyl die profete van Baäl vier honderd en vyftig is.
Roep julle dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. En die hele volk het geantwoord en gesê: Die woord is goed.
Toe sê Elía vir die hele volk: Kom nader na my. En die hele volk het nader gekom na hom; en hy het die altaar van die HERE herstel wat afgebreek was.
Daarop neem Elía twaalf klippe volgens die getal van die stamme van Jakob se kinders tot wie die woord van die HERE gekom het om te sê: Israel sal jou naam wees--
en hy bou met die klippe 'n altaar in die Naam van die HERE. Daarna het hy 'n sloot gemaak rondom die altaar, 'n ruimte vir omtrent twee mate saad,
En op die tyd dat hulle die spysoffer bring, het die profeet Elía nader gekom en gesê: HERE, God van Abraham, Isak en Israel, laat dit vandag bekend word dat U God in Israel is, en ek u kneg, en dat ek al hierdie dinge op u woord gedoen het.
Antwoord my, HERE, antwoord my, sodat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is, en dat U hulle hart tot U laat terugkeer.
Daarop het die vuur van die HERE neergeval en die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek.
En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!
maar die hand van die HERE was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël.
maar self het hy 'n dagreis ver die woestyn ingegaan en daar onder 'n besembos gaan sit en gewens dat hy mag sterwe. En hy sê: Dit is genoeg, neem nou my siel weg, HERE, want ek is nie beter as my vaders nie.
En die engel van die HERE het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel.
En hy het daar in 'n spelonk gegaan en die nag daar oorgebly. En kyk, die woord van die HERE het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elía?
En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het, en hulle soek my lewe om dit weg te neem.
En Hy sê: Gaan uit en staan op die berg voor die aangesig van die HERE. En kyk, die HERE het verbygegaan, terwyl 'n groot en sterk wind die berge skeur en die rotse verbreek voor die HERE uit; in die wind was die HERE nie. En ná die wind 'n aardbewing; in die aardbewing was die HERE nie.
En ná die aardbewing 'n vuur; in die vuur was die HERE nie. En ná die vuur die gesuis van 'n sagte koelte.
En hy antwoord: Ek het baie geywer vir die HERE, die God van die leërskare; want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem.
Maar die HERE sê vir hom: Gaan terug op jou pad na die woestyn van Damaskus, en gaan heen en salf Hásael as koning oor Aram.
Opeens kom daar 'n profeet na Agab, die koning van Israel, en sê: So spreek die HERE: Het jy hierdie hele groot menigte gesien? Kyk, Ek gee hulle vandag in jou hand, dat jy kan weet dat Ek die HERE is.
En Agab sê: Deur wie? En hy antwoord: So spreek die HERE: Deur die jongmanne van die owerstes van die provinsies. En hy sê: Wie moet die geveg begin? En hy antwoord: U.
Toe kom die man van God nader en sê aan die koning van Israel: So spreek die HERE: Omdat die Arameërs gesê het: Die HERE is 'n god van die berge, en Hy is nie 'n god van die laagtes nie--daarom sal Ek hierdie hele groot menigte in jou hand gee, dat julle kan weet dat Ek die HERE is.
Daarna het 'n sekere man uit die profete-seuns deur die woord van die HERE aan sy maat gesê: Slaan my tog! Maar die man het geweier om hom te slaan.
Toe sê hy vir hom: Omdat jy nie na die stem van die HERE geluister het nie, kyk, as jy van my af weggaan, sal 'n leeu jou doodmaak. En toe hy van hom af weggaan, het 'n leeu hom gekry en hom gedood.
En hy sê vir hom: So spreek die HERE: Omdat jy die man wat deur my banvloek getref was, uit die hand laat gaan het, daarom sal jou siel in die plek van sy siel en jou volk in die plek van sy volk wees.
Maar Nabot het vir Agab gesê: Mag die HERE my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee!
En jy moet met hom spreek en sê: So sê die HERE: Het jy doodgeslaan en ook in besit geneem? Verder moet jy met hom spreek en sê: So spreek die HERE: Op die plek waar die honde die bloed van Nabot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed lek.
Daarop sê Agab vir Elía: Het jy my gekry, my vyand? En hy antwoord: Ek het u gekry, omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE!
En ook oor Isébel het die HERE gespreek en gesê: Die honde sal Isébel eet by die voorskans van Jísreël.
Waarlik, daar was niemand soos Agab wat homself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van die HERE nie, omdat sy vrou Isébel hom verlei het.
En hy het baie afskuwelik gehandel deur agter die drekgode aan te loop net soos die Amoriete gedoen het wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
Toe laat die koning van Israel die profete bymekaarkom, omtrent vier honderd man, en hy sê aan hulle: Sal ek teen Ramot in Gílead trek om te veg of dit laat staan? En hulle antwoord: Trek op, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
En die koning van Israel antwoord Jósafat: Daar is nog een man om deur hom die HERE te raadpleeg; maar ék haat hom, omdat hy oor my niks goeds profeteer nie, maar onheil: Miga, die seun van Jimla. En Jósafat sê: Die koning moet nie so spreek nie!
het Sedekía, die seun van Kenaäna, vir hom ysterhorings gemaak en gesê: So spreek die HERE: Hiermee sal u die Arameërs stoot totdat hulle vernietig is.
En al die profete het so geprofeteer en gesê: Trek op na Ramot in Gílead en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
Toe hy by die koning kom, sê die koning vir hom: Miga, sal ons na Ramot in Gílead trek om te veg, of sal ons dit laat staan? En hy antwoord hom: Trek op, en u sal voorspoedig wees, en die HERE sal dit in die hand van die koning gee.
En die koning sê vir hom: Hoeveel maal moet ek jou besweer dat jy niks as die waarheid in die Naam van die HERE tot my moet spreek nie?
Daarop antwoord hy: Ek het die hele Israel gesien, verstrooid op die berge soos skape wat geen wagter het nie. En die HERE het gesê: Hulle het geen heer nie; laat hulle elkeen in vrede teruggaan na sy huis.
Verder sê hy: Daarom, hoor die woord van die HERE: Ek het die HERE sien sit op sy troon terwyl al die hemelse leërskare by Hom staan, aan sy regter-- en aan sy linkerhand.
En die HERE het gesê: Wie sal Agab oorhaal, dat hy kan optrek en val by Ramot in Gílead? En die een het so gesê, en die ander weer so.
Toe kom die gees vorentoe en gaan voor die aangesig van die HERE staan en sê: Ek sal hom oorhaal. En die HERE vra hom: Waarmee?
En nou, kyk, die HERE het 'n leuengees in die mond van al hierdie profete van u gegee, en die HERE het onheil oor u gespreek.
Daarop kom Sedekía, die seun van Kenaäna, nader en hy slaan Miga op die kakebeen en sê: Hoe dan het die Gees van die HERE van my af weggegaan om met jou te spreek?
Daarop sê Miga: As u ooit behoue tuiskom, dan het die HERE nie deur my gespreek nie. Verder sê hy: Volke, luister almal saam!
En toe hulle die wa uitspoel by die dam van Samaría, het die honde sy bloed gelek (terwyl die hoere hulle daarin was), volgens die woord van die HERE wat Hy gespreek het.
En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel--daarvan het hy nie afgewyk nie--deur te doen wat reg was in die oë van die HERE.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE--hy het gewandel in die weg van sy vader en in die weg van sy moeder en in die weg van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het.
En hy het Baäl gedien en voor hom neergebuig en die HERE, die God van Israel, geterg, net soos sy vader gedoen het.
Maar die Engel van die HERE het vir Elía, die Tisbiet, gesê: Maak jou klaar, gaan op, die boodskappers van die koning van Samaría tegemoet, en spreek met hulle: Gaan julle, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg?
Daarom dan, so sê die HERE: Van die bed waar jy op geklim het, sal jy nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe. En Elía het gegaan.
En hulle antwoord hom: 'n Man het opgekom ons tegemoet en aan ons gesê: Gaan terug na die koning wat julle gestuur het, en spreek met hom: So sê die HERE: Stuur jy, omdat daar glad geen God in Israel is nie, om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg? Daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
Toe sê die Engel van die HERE vir Elía: Gaan saam met hom af; wees nie bevrees vir hom nie. En hy het opgestaan en saam met hom na die koning afgegaan
en met hom gespreek: So sê die HERE: Omdat jy boodskappers gestuur het om Baäl-Sebub, die god van Ekron, te raadpleeg--is dit omdat daar glad geen God in Israel is om sy woord te raadpleeg nie? --daarom sal jy van die bed waar jy op geklim het, nie afkom nie, want jy sal sekerlik sterwe.
En hy het gesterwe volgens die woord van die HERE wat Elía gespreek het; en Joram het in sy plek koning geword in die tweede jaar van Joram, die seun van Jósafat, die koning van Juda; want hy het geen seun gehad nie.
En Elísa antwoord hom: Gaan sê: Jy sal sekerlik nie gesond word nie; want die HERE het my laat sien dat hy sekerlik sal sterwe.
En Elía het vir Elísa gesê: Bly tog hier, want die HERE stuur my na Bet-el. Maar Elísa het gesê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het na Bet-el afgegaan.
Toe gaan die profete-seuns wat in Bet-el was, na Elísa uit en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.
En Elía sê vir hom: Elísa, bly tog hier, want die HERE stuur my na Jérigo. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle het in Jérigo aangekom.
Daarop kom die profete-seuns wat in Jérigo was, na Elísa toe aan en vra hom: Weet u dat die HERE vandag u heer van u hoof sal wegneem? En hy antwoord: Ek weet dit ook; bly stil.
En Elía sê vir hom: Bly tog hier, want die HERE stuur my na die Jordaan. Maar hy sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hulle twee het gegaan.
en hy neem die mantel van Elía wat van hom afgeval het, en slaan op die water en sê: Waar is die HERE, die God van Elía, ja, Hy? En toe hy op die water slaan, is dit na weerskante verdeel, en Elísa het deurgegaan.
en vir hom gesê: Kyk, hier is by u dienaars vyftig kragtige manne; laat hulle tog u heer gaan soek, of nie miskien die Gees van die HERE hom opgeneem en hom op een van die berge of in een van die dale gewerp het nie. Maar hy het beveel: Stuur hulle nie!
Daarop gaan hy uit na die plek waar die water uitkom en gooi die sout daarin en sê: So spreek die HERE: Ek het dié water gesond gemaak; daar sal geen dood of onvrugbaarheid meer van kom nie.
Toe het hy agter hom omgekyk en hulle gesien en hulle gevloek in die Naam van die HERE; en twee berinne het uit die bos gekom en van hulle twee en veertig kinders verskeur.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, maar nie soos sy vader en sy moeder nie, want hy het die klippilaar van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het.
Toe sê die koning van Israel: Ag, die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee!
En Jósafat vra: Is hier nie 'n profeet van die HERE, dat ons deur hom die HERE kan raadpleeg nie? Toe antwoord een van die koning van Israel se dienaars en sê: Hier is Elísa, die seun van Safat, wat water op die hande van Elía gegiet het.
Daarop sê Jósafat: By hom is die woord van die HERE. So het die koning van Israel en Jósafat en die koning van Edom dan na hom afgegaan.
Maar Elísa het aan die koning van Israel gesê: Wat het ek met u te doen? Gaan na die profete van u vader en die profete van u moeder! Maar die koning van Israel antwoord hom: Ag nee, want die HERE het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van die Moabiete te gee.
En Elísa sê: So waar as die HERE van die leërskare leef voor wie se aangesig ek staan, as ek nie agting gehad het vir die persoon van Jósafat, die koning van Juda, nie, ek sou na u nie kyk en u nie aansien nie.
Maar bring nou vir my 'n siterspeler. En toe die siterspeler op die snare speel, het die hand van die HERE op hom gekom,
Want so spreek die HERE: Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen reën sien nie, en tog sal hierdie dal vol water word, sodat julle self en julle vee en julle ander diere kan drink.
En 'n sekere vrou uit die vroue van die profete-seuns het na Elísa geroep en gesê: U dienaar, my man, is dood, en u weet self dat u dienaar die HERE gevrees het; nou het die skuldeiser gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem.
Maar toe sy by die man van God op die berg kom, het sy sy voete gegryp. En Gehási het aangekom om haar weg te stoot; maar die man van God sê: Laat haar staan, want haar siel is bitter bedroef in haar, en die HERE het dit vir my verberg en my dit nie meegedeel nie.
Maar die moeder van die seun sê: So waar as die HERE leef en u siel leef, ek sal u nie verlaat nie! En hy het opgestaan en agter haar aan geloop.
En sy dienaar antwoord: Hoe kan ek dit aan honderd man voorsit? Maar hy sê: Gee vir die mense, dat hulle eet, want so spreek die HERE: Hulle sal eet en oorhou.
En Naäman, die leërowerste van die koning van Aram, was 'n groot man voor sy heer en hoog in aansien; want deur hom het die HERE aan die Arameërs 'n oorwinning gegee; en die man was 'n dapper held, maar melaats.
Maar Naäman het baie kwaad geword en weggegaan en gesê: Kyk, ek het gedink: Hy sal sekerlik na my uitkom en staan en die Naam van die HERE sy God aanroep en sy hand oor die plek heen en weer beweeg en die melaatsheid wegneem.
Maar hy sê: So waar as die HERE leef voor wie se aangesig ek staan, ek sal dit nie aanneem nie! En hy het by hom aangehou om dit aan te neem, maar hy het geweier.
En Naäman het gesê: So nie, laat dan tog aan u dienaar 'n vrag grond gegee word, soveel as 'n paar muile kan dra; want u dienaar sal nie meer brandoffer of slagoffer aan ander gode bring nie as net aan die HERE.
Mag die HERE in hierdie saak u dienaar vergewe: as my heer in die huis van Rimmon ingaan om hom daar neer te buig, terwyl hy op my hand leun, sodat ek my ook in die huis van Rimmon neerbuig--as ek my neerbuig in die huis van Rimmon, mag die HERE dan tog in hierdie saak u dienaar vergewe.
sê Gehási, die dienaar van Elísa, die man van God: Kyk, my heer het hierdie Arameër Naäman verskoon deur nie uit sy hand aan te neem wat hy gebring het nie. So waar as die HERE leef, sekerlik sal ek agter hom aan loop en iets van hom aanneem.
En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.
En toe hulle na hom afkom, het Elísa tot die HERE gebid en gesê: Slaan tog hierdie mense met blindheid. En Hy het hulle op die woord van Elísa met blindheid geslaan.
En by hulle aankoms in Samaría, sê Elísa: HERE, open hulle oë, dat hulle kan sien. En die HERE het hulle oë geopen, dat hulle kon sien, en daar was hulle binne-in Samaría!
Maar hy antwoord: As die HERE jou nie help nie, waarvandaan moet ek jou dan help? Van die dorsvloer of van die parskuip?
Terwyl hy nog met hulle spreek, kom die boodskapper juis af na hom toe. En die koning sê: Kyk, hierdie onheil kom van die HERE; wat sou ek langer op die HERE wag?
Toe sê Elísa: Hoor die woord van die HERE! So spreek die HERE: Môre omtrent sulke tyd sal 'n maat fynmeel 'n sikkel, en twee mate gars 'n sikkel kos in die poort van Samaría.
Maar die adjudant op wie se arm die koning geleun het, antwoord die man van God en sê: Al maak die HERE ook vensters in die hemel, sou dit kan gebeur? En hy sê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.
Want die HERE het die leër van die Arameërs 'n gedruis van waens en 'n gedruis van perde, 'n gedruis van 'n groot leërmag laat hoor, sodat hulle die een vir die ander gesê het: Kyk, die koning van Israel het die konings van die Hetiete en die konings van die Egiptenaars teen ons gehuur om ons te oorval.
Toe gaan die volk uit om die laer van die Arameërs te plunder; en 'n maat fynmeel het 'n sikkel gekos, en twee mate gars 'n sikkel, volgens die woord van die HERE.
het die adjudant die man van God geantwoord en gesê: Al maak die HERE ook vensters in die hemel, sou so iets kan gebeur? En hy het gesê: Kyk, jy sal dit met jou oë sien, maar nie daarvan eet nie.
En Elísa het met die vrou gespreek wie se seun hy lewendig gemaak het, en gesê: Maak jou klaar en vertrek, jy met jou huisgesin, en vertoef as vreemdeling waar jy kan vertoef, want die HERE het 'n hongersnood geroep--wat ook vir sewe jaar oor die land gekom het.
Toe sê die koning vir Hásael: Neem 'n geskenk in jou hand en gaan die man van God tegemoet en raadpleeg die HERE deur hom en vra: Sal ek van hierdie siekte gesond word?
Maar Hásael sê: Wat is u dienaar, die hond, dat hy hierdie groot ding sou doen? En Elísa antwoord: Die HERE het my jou laat sien as koning oor Aram.
En hy het gewandel in die weg van die konings van Israel, soos die huis van Agab gedoen het; want hy het die dogter van Agab as vrou gehad en het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
Maar die HERE wou Juda nie vernietig nie ter wille van Dawid, sy kneg, volgens sy belofte aan hom dat Hy hom altyd 'n lamp vir sy seuns sou gee.
En hy het gewandel in die weg van die huis van Agab en gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos die huis van Agab; want hy was verswaer met die huis van Agab.
neem dan die kruik met olie en giet dit op sy hoof uit en sê: So spreek die HERE: Ek salf jou tot koning oor Israel. Maak dan die deur oop en vlug en vertoef nie.
En hy het opgestaan en in die huis ingegaan. Toe giet hy die olie op sy hoof uit en sê vir hom: So spreek die HERE, die God van Israel: Ek salf jou as koning oor die volk van die HERE, oor Israel.
En jy sal die huis van Agab, jou heer, verwoes, sodat Ek die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van die HERE op Isébel kan wreek;
Maar hulle sê: Leuens! Vertel ons tog. En hy antwoord: So en so het hy met my gespreek en gesê: So spreek die HERE: Ek salf jou as koning oor Israel.
Daarop sê hy aan sy adjudant Bidkar: Tel op, gooi hom op die stuk grond van Nabot, die Jisreëliet; want onthou hoe ek en jy saam langs mekaar agter sy vader Agab gery het en die HERE oor hom hierdie uitspraak gegee het:
Voorwaar, Ek het die bloed van Nabot en die bloed van sy seuns verlede nag gesien, spreek die HERE, en Ek sal dit aan jou vergelde op hierdie stuk grond, spreek die HERE. Tel dan nou op, gooi hom op die stuk grond volgens die woord van die HERE.
Daarop kom hulle terug en gee hom dit te kenne; en hy sê: Dit is die woord van die HERE wat Hy deur die diens van sy kneg Elía, die Tisbiet, gespreek het, naamlik: Op die dorpsgrond van Jísreël sal die honde die vlees van Isébel eet.
Erken dan dat niks onvervuld bly van die woord van die HERE wat die HERE gespreek het teen die huis van Agab nie--die HERE het gedoen wat Hy deur die diens van sy kneg Elía gespreek het.
en gesê: Gaan saam met my en aanskou met welgevalle my ywer vir die HERE. En hulle het hom op sy wa laat ry.
En toe hy in Samaría aankom, het hy almal omgebring wat van Agab in Samaría oor was, totdat hy hom verdelg het volgens die woord van die HERE wat Hy tot Elía gespreek het.
Daarop gaan Jehu saam met Jónadab, die seun van Regab, in die tempel van Baäl in en sê aan die dienaars van Baäl: Ondersoek en kyk of nie miskien van die dienaars van die HERE hier by julle is nie, net die dienaars van Baäl alleen.
Toe sê die HERE vir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë--volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het--sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.
Maar Jehu het nie sorgvuldig in die wet van die HERE, die God van Israel, met sy hele hart gewandel nie; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam wat Israel laat sondig het nie.
In dié dae het die HERE Israel begin inkort, en Hásael het hulle in die hele gebied van Israel verslaan:
En hy was saam met haar in die huis van die HERE verborge, ses jaar lank, terwyl Atália oor die land regeer.
Maar in die sewende jaar het Jójada die owerstes oor honderd van die Kariërs en van die hardlopers laat haal en by hom in die huis van die HERE laat kom en met hulle 'n verbond gesluit onder eedswering in die huis van die HERE, en vir hulle die koning se seun gewys.
En die twee ander afdelings van julle, almal wat op die sabbat uitgaan, moet die wag by die huis van die HERE by die koning hou;
En die priester het aan die owerstes oor honderd die spiese en die skilde van koning Dawid gegee wat in die huis van die HERE was.
Toe Atália die stem van die hardlopers en van die volk hoor, het sy na die volk in die huis van die HERE gekom;
Maar die priester Jójada het die owerstes oor honderd, die aanvoerders van die leër, bevel gegee en vir hulle gesê: Neem haar weg tot binne die rye in en maak dood met die swaard die wat agter haar aankom--want die priester het gesê: Sy moet nie in die huis van die HERE gedood word nie.
En Jójada het die verbond gesluit tussen die HERE en die koning en die volk, dat hulle 'n volk van die HERE sou wees; ook tussen die koning en die volk.
Daarna het die hele volk van die land in die tempel van Baäl ingegaan en dit afgebreek; sy altare en sy beelde het hulle kort en klein gebreek, en Mattan, die priester van Baäl, voor die altare doodgeslaan. Verder het die priester wagte aangestel oor die huis van die HERE.
Toe neem hy die owerstes oor honderd en die Kariërs en die hardlopers en die hele volk van die land; en hulle het die koning afgebring uit die huis van die HERE en deur die poort van die hardlopers in die huis van die koning gegaan, en hy het op die koningstroon gaan sit.
En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al sy dae waarin die priester Jójada hom onderrig het.
En Joas het aan die priesters gesê: Al die geld wat as heilige gawes in die huis van die HERE gebring word, gangbare geld, elkeen se personegeld waarvoor hy geskat is, en al die geld wat iemand vrywillig in die huis van die HERE bring,
Toe neem die priester Jójada 'n kis en boor 'n opening in sy deksel en sit dit langs die altaar neer aan die regterkant as 'n mens in die huis van die HERE inkom; en die priesters wat die drumpel bewaak, het al die geld wat in die huis van die HERE ingebring is, daarin gegooi.
En toe hulle sien dat daar baie geld in die kis was, het die skrywer van die koning opgegaan en die hoëpriester en dit saamgebind en die geld getel wat in die huis van die HERE gevind is.
En hulle het die afgetelde geld oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat oor die huis van die HERE aangestel was, en hulle het dit uitbetaal aan die skrynwerkers en die bouers wat aan die huis van die HERE gewerk het,
en aan die messelaars en aan die klipkappers, en om houte en gekapte klippe te koop om die bouvallige plekke van die huis van die HERE te herstel, ja, vir alles wat uitgegee moes word aan die huis om dit te herstel.
Ewenwel is daar in die huis van die HERE geen silwerskottels, messe, komme, trompette--enige goue gereedskap of silwergereedskap gemaak van die geld wat in die huis van die HERE gebring is nie.
Maar hulle het dit aan die uitvoerders van die werk gegee om daarmee die huis van die HERE te herstel.
Die geld van die skuldoffer en die geld van sondoffers is nie in die huis van die HERE gebring nie; dit was vir die priesters.
Toe neem Joas, die koning van Juda, al die heilige gawes wat sy vaders Jósafat en Joram en Ahásia, die konings van Juda, geheilig het, met sy eie heilige gawes en al die goud wat te vinde was in die skatkamers van die HERE se huis en van die koning se huis, en stuur dit aan Hásael, die koning van Aram. Daarop het hy van Jerusalem af weggetrek.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, en agter die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het, aan geloop; hy het daar nie van afgewyk nie.
Daarom het die toorn van die HERE teen Israel ontvlam, sodat Hy hulle oorgegee het in die hand van Hásael, die koning van Aram, en in die hand van Bénhadad, die seun van Hásael, al die dae.
Maar Jóahas het die aangesig van die HERE om genade gesmeek. Toe verhoor die HERE hom, want Hy het die verdrukking van Israel gesien, dat die koning van Aram hulle verdruk.
Die HERE het aan Israel 'n verlosser gegee, sodat hulle onder die mag van Aram uitgekom het en die kinders van Israel in hul tente kon woon soos gister en eergister.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie; hy het daarin gewandel.
Verder sê hy: Maak oop die venster na die ooste toe! En hy het dit oopgemaak. En Elísa sê: Skiet! En hy het geskiet. Toe sê hy: 'n Pyl van oorwinning van die HERE en 'n pyl van oorwinning op Aram: jy moet die Arameërs volkome verslaan in Afek.
Maar die HERE was hulle genadig en het Hom oor hulle ontferm en Hom tot hulle gewend ter wille van sy verbond met Abraham, Isak en Jakob; en Hy wou hulle nie vernietig en tot nog toe nie van sy aangesig wegwerp nie.
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen.
Maar die kinders van die moordenaars het hy nie laat doodmaak nie, soos geskrywe is in die wetboek van Moses, waar die HERE dit beveel het: Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; maar elkeen moet vir sy eie sonde sterwe.
En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning te vinde was, en ook die gyselaars, en omgedraai na Samaría.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, hy het nie afgewyk van al die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
Hy het die grondgebied van Israel herower van die ingang na Hamat af tot by die see van die Vlakte, volgens die woord van die HERE, die God van Israel, wat Hy gespreek het deur die diens van sy dienskneg Jona, die seun van Amíttai, die profeet, wat uit Gat-Hefer was.
Want die HERE het gesien dat die ellende van Israel baie bitter was en dit met almal sonder uitsondering gedaan was en Israel geen helper gehad het nie.
En die HERE het nog nie gespreek dat Hy die naam van Israel onder die hemel sou uitdelg nie; daarom het Hy hulle verlos deur Jeróbeam, die seun van Joas.
En die HERE het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE soos sy vaders gedoen het; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
Dit was die woord van die HERE wat Hy tot Jehu gespreek het, naamlik: Seuns van die vierde geslag sal vir jou op die troon van Israel sit. En dit was so.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het al sy dae nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE; hy het nie afgewyk van die sondes van Jeróbeam, die seun van Nebat, wat Israel laat sondig het nie.
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE; net soos sy vader Ussía gedoen het, het hy gedoen.
Net die hoogtes is nie afgeskaf nie; die volk het nog op die hoogtes geoffer en rook laat opgaan; dit is hy wat die Boonste Poort van die huis van die HERE gebou het.
In dié dae het die HERE Resin, die koning van Aram, en Peka, die seun van Remália, teen Juda begin stuur.
Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE sy God soos sy vader Dawid nie.
Maar hy het gewandel in die weg van die konings van Israel; ja, hy het selfs sy seun deur die vuur laat deurgaan volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het.
HERE, bring in herinnering vir die kinders van Edom die dag van Jerusalem, hulle wat gesê het: Breek weg, breek weg, tot op die grond met hom!
Want die HERE is verhewe; nogtans sien Hy die nederige aan, en die hoogmoedige ken Hy uit die verte.
Die HERE sal dit vir my voleindig! U goedertierenheid, HERE, is tot in ewigheid: laat nie vaar die werke van u hande nie!
Bewaar my, HERE, vir die hande van die goddelose; behoed my vir die manne van geweld wat planne beraam om my voete weg te stoot.
HERE, gee tog nie die begeertes van die goddelose nie; laat sy listige plan nie geluk, sodat hulle hul verhef nie. Sela.
'n Psalm van Dawid. o HERE, hoor my gebed; luister tog na my smekinge; verhoor my in u trou, in u geregtigheid.
Verhoor my tog gou, HERE: my gees beswyk! Verberg u aangesig nie vir my nie, sodat ek nie word soos hulle wat in die kuil neerdaal nie.
'n Psalm van Dawid. Geloofd sy die HERE, my rots, wat my hande leer om te veg, my vingers om oorlog te voer-
Tau. My mond sal die lof van die HERE uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.
Ek wil die HERE prys solank as ek lewe; ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek nog daar is.
wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los.
Die HERE open die oë van die blindes; die HERE rig die wat geboë is, op; die HERE het die regverdiges lief.
Die HERE behoed die vreemdelinge; Hy rig wees en weduwee weer op; maar die weg van die goddelose maak Hy krom.
laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!
Die vloek van die HERE is in die huis van die goddelose, maar Hy seën die woning van die regverdiges.
Die vrees van die HERE is om te haat wat sleg is; hoogmoed en trotsheid en 'n slegte wandel en 'n huigelagtige mond haat ek.
Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
Die wat verkeerd van hart is, is vir die HERE 'n gruwel; maar Hy het behae in die wat regskape van wandel is.
In die vrees van die HERE lê 'n sterk sekerheid, ook vir die kinders van 'n sodanige sal daar 'n toevlug wees.
Die offer van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar die gebed van die opregtes is Hom welgevallig.
Die wandel van die goddelose is vir die HERE 'n gruwel, maar hom wat geregtigheid najaag, het Hy lief.
Die doderyk en die plek van vertering lê oop voor die HERE, hoeveel te meer die harte van die mensekinders!
Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die HERE wyk 'n mens af van die kwaad.
Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.
Tegelykertyd neem Agas die silwer en die goud wat te vinde was in die huis van die HERE en in die skatkamers van die huis van die koning en stuur dit as 'n geskenk aan die koning van Assirië.
Maar die koperaltaar wat voor die aangesig van die HERE was, het hy van die voorkant van die huis gebring, tussen sy altaar en die huis van die HERE uit, en dit aan die noordekant van sy altaar gesit.
En die oordekte gang vir die sabbat wat by die tempel gebou is, en die buitenste ingang van die koning, het hy uit die huis van die HERE verwyder ter wille van die koning van Assirië.
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, maar nie soos die konings van Israel wat voor hom was nie.
Want die kinders van Israel het gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees
en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die konings van Israel wat dit bewerk het.
En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor die HERE hulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.
En hulle het daar offerrook laat opgaan, op al die hoogtes, soos die nasies wat die HERE voor hulle uit weggevoer het, en verkeerde dinge gedoen om die HERE te terg.
En die HERE het Israel en Juda gewaarsku deur die diens van elke profeet en elke siener en gesê: Bekeer julle van jul verkeerde weë en onderhou my gebooie, my insettinge, volgens die hele wet wat Ek julle vaders beveel het, en wat Ek deur die diens van my diensknegte, die profete, vir julle gestuur het.
Maar hulle het nie geluister nie en hul nek verhard soos die nek van hul vaders wat nie op die HERE hulle God vertrou het nie.
En hulle het sy insettinge en sy verbond verwerp wat Hy met hulle vaders gesluit het, en sy getuienisse waarmee Hy hulle gewaarsku het, en agter nietige afgode aan geloop en self nietig geword, en agter die nasies aan wat rondom hulle was, van wie die HERE hulle beveel het om nie soos hulle te maak nie.
En hulle het al die gebooie van die HERE hulle God verlaat en vir hulle gegote beelde, twee kalwers, gemaak, ja, 'n heilige boomstam gemaak en gebuig voor die hele leër van die hemel en Baäl gedien.
En hulle het hul seuns en hul dogters deur die vuur laat deurgaan en met waarsêery omgegaan en voortekens verklaar en hulleself verkoop om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE, om Hom te terg.
So het die HERE dan baie toornig op Israel geword, sodat Hy hulle van sy aangesig verwyder het; niks het oorgebly nie as net die stam van Juda alleen.
Selfs Juda het die gebooie van die HERE hulle God nie gehou nie, maar gewandel in die insettinge van Israel wat hulle gemaak het.
Daarom het die HERE die hele geslag van Israel verwerp en hulle verneder en hulle in die hand van rowers oorgegee totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het.
Want Hy het Israel van die huis van Dawid afgeskeur, en hulle het Jeróbeam, die seun van Nebat, koning gemaak; en Jeróbeam het Israel agter die HERE weggetrek en hulle 'n groot sonde laat doen.
totdat die HERE Israel van sy aangesig verwyder het soos Hy gespreek het deur al sy diensknegte, die profete; en Israel is in ballingskap uit sy land weggevoer na Assirië, tot vandag toe.
En in die begin van hulle vestiging daar het hulle die HERE nie gevrees nie. Toe stuur die HERE leeus onder hulle, en dié het onder hulle sommige gedood.
En een van die priesters wat uit Samaría weggevoer is, het gekom en hom in Bet-el gevestig en hulle geleer hoe hulle die HERE moet vrees.
Hulle het die HERE ook gevrees en vir hulle priesters van die hoogtes uit al hul stande aangestel, wat vir hulle in die tempels van die hoogtes diens doen.
Hulle het die HERE gevrees en hulle eie gode gedien volgens die gebruik van die nasies waar hulle vandaan weggevoer is.
Tot vandag toe handel hulle volgens die vroeëre gebruike: hulle vrees die HERE nie, en handel ook nie volgens hulle insettinge en volgens hulle gebruike nie, of volgens die wet en volgens die gebod wat die HERE die kinders van Jakob beveel het, aan wie Hy die naam Israel gegee het.
Tog het die HERE met hulle 'n verbond gesluit en hulle bevel gegee en gesê: Julle mag geen ander gode vrees of julle voor hulle neerbuig of hulle dien of aan hulle offer nie.
Maar die HERE wat julle uit Egipteland laat optrek het met groot krag en met 'n uitgestrekte arm, Hom moet julle vrees en voor Hom buig en aan Hom offer.
So het hierdie nasies dan die HERE gevrees en hulle gesnede beelde gedien; ook hulle kinders en hulle kindskinders doen soos hulle vaders gedoen het, tot vandag toe.
Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie.
Ja, hy het die HERE aangehang sonder om van Hom af te wyk en sy gebooie onderhou wat die HERE Moses beveel het.
En die HERE was met hom; waar hy ook heen uittrek, was hy voorspoedig; en hy het in opstand gekom teen die koning van Assirië en hom nie gedien nie.
omdat hulle nie gehoorsaam was aan die stem van die HERE hulle God nie, maar sy verbond oortree het--alles wat Moses, die kneg van die HERE, beveel het--sonder om daarna te luister en te handel.
En Hiskía het al die silwer gegee wat in die huis van die HERE te vinde was en in die skatkamers van die huis van die koning.
In dieselfde tyd het Hiskía die goud van die deure in die tempel van die HERE afgesny en van die deurposte wat Hiskía, die koning van Juda, oorgetrek het, en dit aan die koning van Assirië gegee.
Maar as julle vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God--is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hiskía verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar in Jerusalem moet julle buig?
Het ek nou sonder die HERE opgetrek teen hierdie plek om dit te verwoes? Die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.
En Hiskía moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red, en hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.
totdat ek julle kom haal na 'n land soos julle land, 'n land van koring en mos, 'n land van brood en wingerde, 'n land van olyfbome en heuning; dan sal julle lewe en nie sterwe nie; en luister nie na Hiskía nie, want hy verlei julle deur te sê: Die HERE sal ons red.
Wie is daar onder al die gode van die lande wat hulle land uit my hand gered het, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red?
En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan.
Miskien sal die HERE u God al die woorde hoor van die rábsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die HERE u God gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.
sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.
En toe Hiskía die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hiskía het dit voor die aangesig van die HERE uitgesprei.
En Hiskía het voor die aangesig van die HERE gebid en gesê: HERE, God van Israel, wat op die gérubs troon, U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde, U het die hemel en die aarde gemaak!
o HERE, neig u oor en luister. Open u oë, HERE, en kyk; en hoor die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!
Verlos ons dan nou tog uit sy hand, HERE onse God, dat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, alleen God is.
Toe laat Jesaja, die seun van Amos, Hiskía weet: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het insake Sánherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor.
Dit is die woord wat die HERE oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.
Deur jou boodskappers het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my waens het ék die hoogte van die berge opgeklim, die uithoeke van die Líbanon, en ek het sy statige seders, die keur van sy sipresse, omgekap en deurgedring tot in sy diepste skuilhoeke, sy bos wat is soos 'n tuin.
Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opgooi nie.
Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die HERE.
En in dieselfde nag het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van die Assiriërs honderd vyf en tagtig duisend verslaan; en toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak--was dit almal dooie liggame!
In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en Jesaja, die seun van Amos, die profeet, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
En Jesaja het die middelste voorhof nog nie uitgegaan nie of die woord van die HERE het tot hom gekom en gesê:
Draai om en sê vir Hiskía, die vors van my volk: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, Ek het jou trane gesien; kyk, Ek sal jou gesond maak; op die derde dag sal jy opgaan na die huis van die HERE.
Hiskía het vir Jesaja gevra: Wat is die teken dat die HERE my gesond sal maak, en dat ek op die derde dag sal opgaan na die huis van die HERE?
En Jesaja antwoord: Dit sal vir jou die teken van die kant van die HERE wees dat die HERE die woord sal volbring wat Hy gespreek het: Moet die skaduwee tien grade vooruit gaan, of moet dit tien grade agteruit gaan?
En Jesaja, die profeet, het die HERE aangeroep, en Hy het die skaduwee op die grade waarlangs dit op die grade van Agas se sonnewyser gedaal het, laat teruggaan, tien grade agteruit.
Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders tot vandag toe opgehoop het, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.
Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Waarom dan nie, as daar maar vrede en bestendigheid in my dae sal wees!
En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
ook het hy altare gebou in die huis van die HERE, waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.
En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE;
ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE om Hom te terg.
Hy het ook 'n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die HERE vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.
Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
daarom, so sê die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek sal 'n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.
En in die agttiende jaar van koning Josía het die koning Safan, die skrywer, die seun van Asália, die seun van Mesúllam, in die huis van die HERE gestuur en gesê:
Gaan op na Hilkía, die hoëpriester, en laat hy die geld optel wat in die huis van die HERE gebring is, wat die drumpelwagters versamel het uit die volk,
en laat hulle dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die HERE, sodat hulle dit kan gee aan die wat die werk doen, wat in die huis van die HERE is om die bouvallige plekke van die huis te herstel,
Toe sê die hoëpriester Hilkía vir Safan, die skrywer: Ek het die wetboek in die huis van die HERE gevind; en Hilkía het die boek aan Safan gegee, en hy het dit gelees.
Daarna het Safan, die skrywer, by die koning gekom en die koning antwoord gebring en gesê: U dienaars het die geld uitgeskud wat in die huis te vinde was, en dit oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel is oor die huis van die HERE.
Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want die grimmigheid van die HERE is groot wat teen ons ontvlam het, omdat ons vaders nie geluister het na die woorde van hierdie boek om te handel volgens alles wat ons voorgeskrywe is nie.
En sy sê aan hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het--
so spreek die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die woorde van die boek wat die koning van Juda gelees het;
Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die HERE te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het--
omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van die HERE verneder het toe jy hoor wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners gespreek het, dat hulle 'n voorwerp van verbasing en vervloeking sal word, en omdat jy jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ék ook verhoor, spreek die HERE.
En die koning het opgegaan in die huis van die HERE en al die manne van Juda en al die inwoners van Jerusalem saam met hom, en die priesters en die profete en die hele volk, klein en groot; en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die HERE gevind is, voor hulle ore gelees.
En die koning het op die verhoog gaan staan en die verbond voor die aangesig van die HERE gesluit om die HERE te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met die hele hart en met die hele siel te onderhou, om die woorde van hierdie verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te bevestig. En die hele volk het toegetree tot die verbond.
Toe gee die koning die hoëpriester Hilkía en die priesters van die tweede rang en die drumpelwagters bevel om uit die tempel van die HERE al die voorwerpe uit te bring wat gemaak is vir Baäl en Asjéra en die hele leër van die hemel; en hy het dit buitekant Jerusalem in die velde van Kidron verbrand en die as daarvan na Bet-el laat dra.
En hy het die Asjéra uit die huis van die HERE buitekant Jerusalem uitgebring na die spruit Kidron en dit by die spruit Kidron verbrand en dit tot stof vermaal en sy stof gegooi op die algemene begraafplaas.
En hy het die huise van die skandseuns afgebreek wat in die huis van die HERE was, waar die vroue tente geweef het vir Asjéra.
Die priesters van die hoogtes mag egter nie op die altaar van die HERE in Jerusalem geklim het nie, maar hulle het ongesuurde brode onder hulle broers geëet.
En hy het die perde uitgeroei wat die konings van Juda gegee het tot verering van die son, by die ingang van die huis van die HERE, by die kamer van Natan-Meleg, die hofdienaar, in die aanbousel; en die waens van die son het hy met vuur verbrand.
Verder, die altare wat op die dak van die bo-kamer van Agas was, wat die konings van Juda gemaak het, en die altare wat Manasse in die twee voorhowe van die huis van die HERE gemaak het, het die koning afgebreek en dit daarvandaan verbrysel en die stof daarvan in die spruit Kidron gegooi.
En toe Josía hom omdraai, sien hy die grafte wat daar op die berg was; en hy het die bene uit die grafte laat haal en op die altaar verbrand en dit verontreinig, volgens die woord van die HERE wat verkondig is deur die man van God wat hierdie woorde uitgeroep het.
En ook al die tempels van die hoogtes wat in die stede van Samaría was, wat die konings van Israel gebou het om die HERE te terg, het Josía afgeskaf en daarmee gehandel ooreenkomstig alles wat hy in Bet-el gedoen het.
Toe gee die koning die hele volk bevel en sê: Hou pasga vir die HERE julle God soos geskrywe is in hierdie verbondsboek.
Ook het Josía die dodebesweerders en die waarsêers en die huisgode en die drekgode en al die verfoeisels wat in die land van Juda en in Jerusalem te sien was, uitgeroei, om die woorde van die wet te bevestig wat geskrywe is in die boek wat die priester Hilkía in die huis van die HERE gekry het.
En voor hom was daar geen koning soos hy nie wat hom tot die HERE bekeer het met sy hele hart en met sy hele siel en met al sy krag volgens die hele wet van Moses, en ná hom het nie een soos hy opgestaan nie.
Nogtans het die HERE Hom nie afgewend van sy groot toorngloed waarmee sy toorn teen Juda ontvlam het oor al die terginge waarmee Manasse Hom geterg het nie.
En die HERE het gesê: Ek sal Juda ook van my aangesig verwyder soos Ek Israel verwyder het; en Ek sal hierdie stad Jerusalem verwerp wat Ek verkies het, en die huis waarvan Ek gesê het: My Naam sal daar wees.
Toe stuur die HERE die bendes van die Chaldeërs teen hom en die bendes van die Arameërs en die bendes van die Moabiete en die bendes van die kinders van Ammon--Hy stuur hulle teen Juda om dit te verdelg volgens die woord van die HERE wat hy gespreek het deur die diens van sy knegte, die profete.
Sekerlik het dit volgens die bevel van die HERE oor Juda gekom, om hulle van sy aangesig te verwyder vanweë die sondes van Manasse, volgens alles wat hy gedoen het;
en ook oor die onskuldige bloed wat hy vergiet het, sodat hy Jerusalem met onskuldige bloed gevul het; daarom wou die HERE nie vergewe nie.
En hy het daarvandaan uitgebring al die skatte van die huis van die HERE en die skatte van die huis van die koning en al die goud van die voorwerpe afgesny wat Salomo, die koning van Israel, gemaak het in die tempel van die HERE, soos die HERE gespreek het.
Want weens die toorn van die HERE het dit oor Jerusalem en Juda gekom, totdat Hy hulle van sy aangesig weggewerp het. En Sedekía het teen die koning van Babel gerebelleer.
En hy het die huis van die HERE en die huis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem, ja, elke groot huis met vuur verbrand.
Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, stukkend gebreek en die koper daarvan na Babel weggevoer.
die twee pilare, die een see en die afspoelwaentjies wat Salomo vir die huis van die HERE gemaak het--die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.
Die seuns van Juda was: Er en Onan en Sela, drie vir hom gebore uit die dogter van Sua, die Kanaänitiese vrou; en Er, die eersgeborene van Juda, het die HERE mishaag, daarom het Hy hom laat sterwe.
en Jósadak het saamgegaan toe die HERE Juda en Jerusalem deur die hand van Nebukadnésar in ballingskap weggevoer het.
En dit is hulle wat Dawid aangestel het vir die leiding van die sang in die huis van die HERE vandat die ark 'n rusplek gevind het.
En hulle het as sangers gedien voor die tabernakel van die tent van samekoms, totdat Salomo die huis van die HERE in Jerusalem gebou het; en hulle het in hul dienswerk gestaan volgens hulle ordening.
En Sallum, die seun van Kore, die seun van Ébjasaf, die seun van Korag, en sy broers uit sy familie, die Koragiete, was oor die dienswerk, as drumpelwagters van die tent, omdat hulle vaders by die laer van die HERE die ingang bewaak het.
En hulle met hul seuns was aangestel oor die poorte van die huis van die HERE, van die tenthuis, om wag te hou.
En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het,
maar die HERE nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Isai.
Gister sowel as eergister, selfs toe Saul koning was, het u Israel uit-- en ingelei; en die HERE u God het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet 'n vors wees oor my volk Israel.
So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom, en Dawid het met hulle 'n verbond gesluit in Hebron voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf volgens die woord van die HERE deur die diens van Samuel.
En dít was die hoofde van die helde van Dawid wat hom kragtig bygestaan het in sy koningskap saam met die hele Israel om hom volgens die woord van die HERE koning te maak oor Israel.
Maar hy het hom in die middel van die stuk land opgestel en dit afgeneem en die Filistyne verslaan, sodat die HERE 'n groot oorwinning bewerk het.
Toe het die drie deur die laer van die Filistyne gebreek en water geskep uit die put van Betlehem wat by die poort was, en dit gedra en na Dawid gebring; maar Dawid wou dit nie drink nie en het dit voor die HERE uitgegiet
En dít is die getalle van die leërafdelings van die wat vir oorlog gewapen was, wat na Dawid in Hebron gekom het om die koningskap van Saul op hom oor te bring volgens die bevel van die HERE.
en Dawid het aan die hele vergadering van Israel gesê: As julle dit goedvind en dit van die HERE onse God is, laat ons ons versprei en na ons broers stuur wat nog oor is in al die landstreke van Israel, en saam met hulle na die priesters en die Leviete in die stede waar hulle weiveld het, dat hulle by ons bymekaar moet kom.
Daarna het Dawid met die hele Israel opgetrek na Báäla, na Kirjat-Jeárim wat aan Juda behoort, om daarvandaan op te bring die ark van God die HERE wat op die gérubs troon, waaroor die Naam uitgeroep is.
Daarop het die toorn van die HERE ontvlam teen Ussa, en Hy het hom getref, omdat hy sy hand na die ark uitgesteek het, sodat hy daar voor die aangesig van God gesterf het.
En Dawid het ontroerd geword, omdat die HERE 'n skeur aan Ussa geskeur het; daarom het hy daardie plek genoem Peres-Ussa, tot vandag toe.
En die ark van God het by die huis van Obed-Edom in sy huis gebly drie maande lank, en die HERE het die huis van Obed-Edom geseën met alles wat hy gehad het.
So het Dawid dan gewaargeword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig het en dat sy koningskap hoog verhewe was ter wille van sy volk Israel.
Toe het Dawid God geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne, en sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan hom gesê: Trek op, en Ek sal hulle in jou hand gee.
En die naam van Dawid het uitgegaan in al die lande, en die HERE het die skrik vir hom op al die nasies gelê.
Toe sê Dawid: Niemand mag die ark van God dra nie, behalwe die Leviete; want die HERE het hulle uitverkies om die ark van God te dra en om Hom tot in ewigheid te dien.
En Dawid het die hele Israel in Jerusalem versamel om die ark van die HERE te bring na sy plek wat hy daarvoor reggemaak het.
en aan hulle gesê: Julle is hoofde van families van die Leviete; heilig julle, julle en jul broers, en bring die ark van die HERE, die God van Israel, op na die plek wat ek daarvoor reggemaak het.
Want omdat julle in die begin nie by was nie, het die HERE onse God teen ons uitgebreek, omdat ons Hom nie gesoek het soos dit behoort nie.
Daarop het die priesters en die Leviete hulle geheilig om die ark van die HERE, die God van Israel, te gaan haal.
En die seuns van die Leviete het die ark van God, soos Moses volgens die woord van die HERE beveel het, op hulle skouers gedra, met die draaghoute op hulle.
Dawid en die oudstes van Israel en die owerstes oor duisend het toe gegaan om die verbondsark van die HERE met vreugde uit die huis van Obed-Edom te gaan haal.
En terwyl God die Leviete help wat die verbondsark van die HERE dra, het hulle sewe bulle en sewe ramme geoffer.
En die hele Israel het die verbondsark van die HERE gaan haal met gejuig en basuingeklank en met trompette en simbale, onderwyl hulle musiek maak op harpe en siters.
Toe die verbondsark van die HERE by die stad van Dawid kom, kyk Migal, die dogter van Saul, deur die venster uit en sien koning Dawid dans en speel, en sy het hom in haar hart verag.
Toe Dawid gereed was met die brandoffer en die dankoffers, het hy die volk in die Naam van die HERE geseën.
En hy het uit die Leviete dienaars aangestel voor die ark van die HERE, en dit om die HERE, die God van Israel, te roem en te loof en te prys:
Op dieselfde dag, toe vir die eerste maal, het Dawid aan Asaf en sy broers opgedra om "loof die HERE" te sing.
Gee aan die HERE die eer van sy Naam, bring offers en kom voor sy aangesig, aanbid die HERE in heilige gewaad.
Dan sal die bome van die bos jubel voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel.
Geloofd sy die HERE, die God van Israel, van ewigheid tot ewigheid! En die hele volk het gesê: Amen! en: Prys die HERE!
En hy het daar voor die verbondsark van die HERE Asaf en sy broers laat staan om gedurigdeur te dien voor die ark na die eis van elke dag;
maar Sadok, die priester, met sy broers, die priesters, voor die tabernakel van die HERE, op die hoogte wat in Gíbeon is,
om gedurigdeur smôrens en saans op die brandofferaltaar brandoffers aan die HERE te bring, en dit volgens alles wat geskrywe is in die wet van die HERE wat Hy Israel beveel het;
en saam met hulle Heman en Jedútun en die ander uitgesoektes wat met hulle name aangewys was om die HERE te loof dat sy goedertierenheid tot in ewigheid is;
En toe Dawid in sy huis gewoon het, sê Dawid aan die profeet Natan: Kyk, ék woon in 'n huis van sederhout, maar die verbondsark van die HERE onder tentdoeke.
So moet jy dan nou aan my kneg Dawid sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek self het jou geneem uit die weiveld, agter die skape weg, om 'n vors te wees oor my volk Israel.
naamlik van die dae af dat Ek Rigters oor my volk Israel aangestel het; en Ek sal al jou vyande verneder. Daarom gee ek jou te kenne dat die HERE vir jou 'n huis sal stig.
Toe het koning Dawid heengegaan en voor die aangesig van die HERE gebly en gesê: Wie is ek, HERE God, en wat is my huis, dat U my tot hiertoe gebring het?
En dit was nog te gering in u oë, o God, sodat U aangaande die huis van u kneg tot ver in die toekoms gespreek en my vorentoe as 'n reeks van mense gesien het, HERE God!
HERE, ter wille van u kneg en volgens u hart het U hierdie hele groot saak gedoen om al hierdie groot dinge bekend te maak.
HERE, daar is niemand soos U, en daar is geen God behalwe U nie, volgens alles wat ons met ons ore gehoor het.
En U het u volk Israel vir U as 'n volk tot in ewigheid gemaak; en U, HERE, U het vir hulle 'n God geword.
Laat dan nou, HERE, die woord wat U oor u kneg en oor sy huis gespreek het, tot in ewigheid waar gemaak word, en doen soos U gespreek het.
Ja, laat dit waar gemaak word en laat u Naam groot word tot in ewigheid, deurdat hulle sê: Die HERE van die leërskare, die God van Israel, is Israel se God, en die huis van u kneg Dawid is bestendig voor u aangesig.
Dit het U dan nou behaag om die huis van u kneg te seën om vir ewig voor u aangesig te wees; want U, HERE, het geseën, en dit sal vir ewig geseënd wees.
En Dawid het wagposte in Aram-Damaskus geplaas, sodat die Arameërs Dawid se belastingpligtige knegte was; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
Dit het koning Dawid ook aan die HERE geheilig saam met die silwer en die goud wat hy van al die nasies geneem het, van die Edomiete en van die Moabiete en van die kinders van Ammon en van die Filistyne en van die Amalekiete.
En hy het wagposte in Edom geplaas, sodat al die Edomiete knegte van Dawid geword het; en die HERE het Dawid die oorwinning gegee oral waar hy getrek het.
Wees sterk en laat ons saam moedig wees vir ons volk en vir die stede van onse God. Mag die HERE dan doen wat goed is in sy oë!
En Joab sê: Mag die HERE by sy volk honderd maal meer byvoeg as wat hulle is; hulle is tog almal, my heer koning, my heer se dienaars. Waarom verlang my heer dit? Waarom moet Israel skuldig word?
Gaan heen en spreek met Dawid en sê: So spreek die HERE: Drie dinge lê Ek jou voor; kies vir jou een daaruit, dat Ek dit aan jou kan doen.
óf drie jaar lank hongersnood, óf om drie maande lank om te kom vanweë jou teëstanders deurdat die swaard van jou vyande jou inhaal, óf drie dae lank die swaard van die HERE, naamlik pes in die land deurdat die engel van die HERE verderf aanrig in die hele grondgebied van Israel; oorweeg dan nou watter antwoord ek my Sender moet bring.
Daarop sê Dawid vir Gad: Ek is baie benoud; laat my tog in die hand van die HERE val, want sy barmhartighede is baie groot, maar laat my in die hand van mense nie val nie.
En God het 'n engel na Jerusalem gestuur om dit te verwoes; en terwyl hy dit verwoes, het die HERE dit gesien, en dit het Hom berou oor die onheil, en Hy het aan die engel wat die verwoesting moes aanrig, gesê: Genoeg, trek nou jou hand terug! En die engel van die HERE het by die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, gestaan.
Toe Dawid sy oë opslaan, sien hy die engel van die HERE staan tussen die aarde en die hemel met sy ontblote swaard in sy hand oor Jerusalem uitgestrek. Daarop val Dawid en die oudstes, met rouklere bedek, op hulle aangesig.
En Dawid sê tot God: Is dit nie ék wat beveel het om die volk te tel nie? Ja, dit is ek wat gesondig en baie verkeerd gehandel het; maar hierdie skape, wat het hulle gedoen? HERE, my God, laat u hand tog teen my en my familie wees, maar nie as 'n plaag teen u volk nie.
Daarop gee die engel van die HERE bevel aan Gad om aan Dawid te sê dat Dawid moet opgaan om vir die HERE 'n altaar op te rig op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet.
Daarop sê Dawid vir Ornan: Gee aan my die plek van die dorsvloer, dat ek daarop vir die HERE 'n altaar kan bou; gee dit aan my vir die volle geld, sodat die plaag van die volk afgewend kan word.
Maar koning Dawid het vir Ornan gesê: Nee, maar ek wil dit verseker koop vir die volle geld; want ek wil nie wat aan jou behoort, vir die HERE neem, dat ek verniet 'n brandoffer sou bring nie.
En Dawid het daar vir die HERE 'n altaar gebou en brandoffers en dankoffers gebring. Onderwyl hy die HERE aanroep, het Hy hom met vuur uit die hemel op die brandofferaltaar geantwoord.
In dié tyd, toe Dawid sien dat die HERE hom geantwoord het op die dorsvloer van Ornan, die Jebusiet, het hy daar geoffer;
want die tabernakel van die HERE wat Moses in die woestyn gemaak het, en die brandofferaltaar was in dié tyd op die hoogte in Gíbeon.
En Dawid het nie daarvoor durf verskyn om God te soek nie, want hy was verskrik vanweë die swaard van die engel van die HERE.
Die vrees van die HERE is tot die lewe; en versadig bring 'n mens die nag deur, sonder om deur 'n onheil besoek te word.
dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
Sjin. Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die HERE vrees, sy moet geprys word.
Dra my soos 'n seëlring op u hart, soos 'n seëlring op u arm; want liefde is sterk soos die dood, die liefdes-ywer is hard soos die doderyk, sy gloed is 'n gloed van vuur, 'n vlam van die HERE.
Hoor, o hemele, en luister, o aarde, want die HERE spreek: Ek het kinders grootgemaak en verhoog, maar húlle het teen My oortree.
Wee die sondige nasie, die volk swaar van skuld, die geslag van kwaaddoeners, die kinders wat verderflik handel! Hulle het die HERE verlaat, die Heilige van Israel verag, hulle het agtertoe weggedraai.
As die HERE van die leërskare vir ons nie 'n klein oorblyfsel oorgelaat het nie--soos Sodom sou ons geword het, ons sou net soos Gomorra gewees het.
Wat het Ek aan die menigte van julle slagoffers? sê die HERE. Ek is sat van die brandoffers van ramme en die vet van vetgemaakte kalwers; en Ek het geen behae in die bloed van stiere of lammers of bokke nie.
Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.
Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit gespreek.
Daarom spreek die Here HERE van die leërskare, die Magtige van Israel: o Wee, Ek sal vir My voldoening verskaf van my teëstanders en My wreek op my vyande!
Maar daar sal verbreking wees van die oortreders en die sondaars almal saam; en die wat die HERE verlaat, sal omkom.
En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.
En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.
Die hoë oë van die mense sal verneder word, en die hoogheid van die manne neergebuig word; en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees.
Want 'n dag is daar vir die HERE van die leërskare oor al wat trots en hoog is, en oor al wat verhewe is, sodat dit verneder kan word;
Dan sal die hoogheid van die mense neergebuig en die trotsheid van die manne verneder word; en die HERE alleen sal in dié dag verhewe wees.
En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.
Want kyk, die Here HERE van die leërskare sal uit Jerusalem en uit Juda wegneem die stut en die steun, elke stut van brood en elke stut van water,
Want Jerusalem het gestruikel, en Juda het geval; want hulle tong en hulle dade is teen die HERE om sy oë, vol heerlikheid, te trotseer.
Die HERE gaan na die gereg met die oudstes en die vorste van sy volk. Ja, júlle het die wingerd afgewei; wat aan die arm man ontroof is, is in julle huise.
Wat is dit met julle dat julle my volk vertrap en die ellendiges mishandel? spreek die Here HERE van die leërskare.
Verder het die HERE gesê: Omdat die dogters van Sion trots is en loop met uitgerekte nek en met die oë lok, wegstap met trippelgang en hulle voetringe laat rinkel,
daarom sal die HERE die skedel van die dogters van Sion skurf maak, en die HERE sal hulle skaamte ontbloot.
In dié dag sal die Spruit van die HERE wees tot sieraad en heerlikheid, en die vrug van die land tot hoogheid en versiering vir die vrygeraaktes van Israel.
as die Here die onreinheid van die dogters van Sion afgewas en die bloedskulde van Jerusalem daaruit weggespoel het deur die Gees van strafgerig en die Gees van uitdelging.
Dan skep die HERE oor elke woonplek van die berg Sion en oor sy plekke van samekoms 'n wolk bedags en rook met die glans van vuurvlamme in die nag; want oor alles wat heerlik is, sal daar 'n beskutting wees.
Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!
In my ore het die HERE van die leërskare gespreek: Waarlik, baie huise sal 'n woesteny word, die grotes en mooies sonder inwoner.
En daar is siter en harp, tamboeryn en fluit en wyn by hulle maaltyd; maar op die dade van die HERE gee hulle geen ag nie, en die werk van sy hande sien hulle nie.
Maar hoog sal die HERE van die leërskare wees deur die strafgerig, en die heilige God sal Hom as die Heilige laat ken deur geregtigheid.
Daarom, soos die vuurtong stoppels verteer en droë gras in die vlam inmekaarsak, so sal hulle wortel soos poeier word en hulle uitspruitsel soos stof opstuiwe; omdat hulle die wet van die HERE van die leërskare verwerp het en die woord van die Heilige van Israel verag het.
Daarom het die toorn van die HERE ontvlam teen sy volk en het Hy sy hand teen hulle uitgestrek en hulle swaar getref, sodat die berge gebeef het en hulle lyke soos vuilnis op die strate was. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar is sy hand nog uitgestrek.
In die sterfjaar van koning Ussía het ek die Here sien sit op 'n hoë en verhewe troon, terwyl sy some die tempel gevul het.
En die een het die ander toegeroep en gesê: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!
Toe het ek gesê: Wee my, ek is verlore! Want ek is 'n man onrein van lippe en woon onder 'n volk wat onrein van lippe is; want my oë het die Koning, die HERE van die leërskare, gesien!
Daarop hoor ek die stem van die Here wat sê: Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan? Toe antwoord ek: Hier is ek, stuur my.
Toe sê ek: Hoe lank, Here? En Hy antwoord: Totdat die stede verwoes lê, sonder inwoners, en die huise sonder mense en die land verwoes is tot 'n wildernis,
En die HERE het vir Jesaja gesê: Gaan tog uit, Agas tegemoet, jy en jou seun Sjear Ja-sjub, aan die end van die watervoor van die Boonste Dam, by die grootpad van die Bleikveld,
Daarom sal die HERE self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem.
Maar die HERE sal oor jou en jou volk en die huis van jou vader dae laat kom soos daar nie gekom het van die dag dat Efraim van Juda afgeval het nie--die koning van Assur!
En in dié dag sal die HERE vir die vlieë fluit wat aan die einde van die strome van Egipte is, en die bye wat in die land Assur is;
In dié dag sal die HERE met die skeermes wat anderkant die Eufraat gehuur is, met die koning van Assur, afskeer die hoof en die hare van die voete; en dit sal ook die baard wegneem.
Verder het die HERE aan my gesê: Neem vir jou 'n groot tafel en skrywe daarop met 'n mensegriffel: Netnou is daar buit, gou is daar roof;
En ek het na die profetes gekom, en sy het swanger geword en 'n seun gebaar; en die HERE het vir my gesê: Noem hom: Netnou is daar buit, gou is daar roof.
kyk, daarom sal die Here oor hulle laat opkom die sterk en magtige waters van die Eufraat--die koning van Assur en al sy heerlikheid--en hy sal bo al sy beddings styg en gaan oor al sy walle;
Want so het die HERE met my gespreek toe sy hand my oorweldig het en Hy my vermaan het om nie te wandel op die weg van hierdie volk nie, met die woorde:
Die HERE van die leërskare--Hom moet julle heilig, en laat Hy julle vrees en Hy julle verskrikking wees!
Hier is ek en die kinders wat die HERE my gegee het--tot tekens en sinnebeelde is ons in Israel, vanweë die HERE van die leërskare wat op die berg Sion woon.
tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Maar die HERE gee aan die teëstanders van Resin die oorhand oor hulle, en hulle vyande sal Hy ophits:
Maar die volk bekeer hulle nie tot Hom wat hulle slaan nie, en hulle soek nie die HERE van die leërskare nie.
Daarom sal die Here oor hulle jongmanne nie bly wees nie en Hom nie ontferm oor hulle wese en hulle weduwees nie; want hulle is almal roekelose mense en kwaaddoeners, en elke mond spreek goddeloosheid. Ondanks dit alles is sy toorn nie afgewend nie, maar sy hand is nog uitgestrek.
Deur die grimmigheid van die HERE van die leërskare staan die land in vlamme en het die volk geword soos 'n prooi van die vuur; die een spaar die ander nie.
Maar as die HERE al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë.
Daarom sal die Here HERE van die leërskare onder sy vettes 'n maerte stuur; en onder sy heerlikheid sal Hy 'n brand laat uitslaan soos die brand van vuur.
En in dié dag sal die oorblyfsel van Israel en die wat ontvlug het van die huis van Jakob, nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op die HERE, die Heilige van Israel, in opregtheid.
Want 'n verdelging wat vas besluit is, sal die Here HERE van die leërskare voltrek in die midde van die hele aarde.
Daarom, so sê die Here HERE van die leërskare: o My volk wat in Sion woon, wees nie bevrees vir Assur wat jou met die staf slaan en sy stok teen jou ophef op die manier van Egipte nie.
En die HERE van die leërskare sal oor hom die gésel swaai soos Mídian verslaan is by die rots Oreb; en sy staf sal wees oor die see, en Hy sal dit ophef op die manier van Egipte.
Maar kyk, die Here HERE van die leërskare slaan met skrikwekkende geweld die takke af, en die hoog uitgegroeides word omgekap en die verhewenes neergegooi;
en op Hom sal die Gees van die HERE rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die HERE.
En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die HERE; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie;
Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly uit Assirië en Egipte en Patros en Kus en Elam en Sínear en Hamat en uit die kuslande van die see;
En die HERE sal die seetong van Egipte met die banvloek tref en deur sy gloeiende wind sy hand oor die Eufraat swaai en dit uitmekaar slaan in sewe strome, sodat 'n mens met skoene daardeur kan loop.
En in dié dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.
Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.
In daardie tyd het Jesus gespreek en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het.
Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword; en toe hy begin sink, roep hy uit en sê: Here, red my!
Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!
Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde.
Hoor, 'n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, 'n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die HERE van die leërskare hou wapenskouing oor 'n oorlogsleër.
Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af, die HERE en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes.
Kyk, die dag van die HERE kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde 'n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg.
Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanweë die grimmigheid van die HERE van die leërskare en vanweë die dag van sy toorngloed.
Want die HERE sal Hom oor Jakob ontferm, en Hy sal Israel nog verkies en hulle in hul land laat vestig; en die vreemdeling sal hom by hulle voeg, en hulle sal hul aansluit by die huis van Jakob.
En die volke sal hulle neem en op hul woonplek bring; en die huis van Israel sal hulle in die land van die HERE as besitting verwerwe, as slawe en slavinne; en hulle sal dié gevange hou wat hulle as gevangenes weggevoer het, en oor hulle drywers heers.
En op die dag as die HERE jou rus gee van jou smart en van jou onrus en van die harde diensbaarheid waarmee hulle jou laat dien het,
So sal Ek dan teen hulle opstaan, spreek die HERE van die leërskare, en van Babel uitroei die naam en die oorblyfsel, kroos en nageslag, spreek die HERE.
En Ek sal dit 'n besitting maak van krimpvarkies en tot waterplasse; en Ek sal dit wegvee met die besem van verdelging, spreek die HERE van die leërskare.
Die HERE van die leërskare het gesweer en gesê: Waarlik, soos Ek gedink het, so gebeur dit; en soos Ek besluit het, kom dit tot stand:
want die HERE van die leërskare het dit besluit--wie sal dit kan verydel? En sy hand is uitgestrek--wie sal dit kan afkeer?
Wat sal hulle dan die boodskappers van die nasie antwoord? Dat die HERE Sion gegrondves het, en dat die ellendiges van sy volk daarin sal skuil.
En nou spreek die HERE en sê: Binne drie jaar--soos die jare van 'n dagloner--sal die heerlikheid van Moab veragtelik gemaak word saam met die hele groot menigte; en die oorblyfsel sal min, gering, onmagtig wees.
En die vesting sal verdwyn uit Efraim, en die koningskap uit Damaskus; en met die oorblyfsel van Aram sal dit gaan soos met die heerlikheid van die kinders van Israel, spreek die HERE van die leërskare.
Maar 'n na-oes sal daarin oorbly soos by die afslaan van die olywe: twee, drie vruggies bo in die top; vier, vyf in die takke van die vrugteboom, spreek die HERE, die God van Israel.
Want so het die HERE vir my gesê: Ek wag rustig en aanskou uit my woonplek, soos glinsterende hitte bo die sonlig, soos 'n douwolk in die hitte van die oestyd.
In dié tyd sal aan die HERE van die leërskare geskenke gebring word van die hoog uitgegroeide volk met die blink vel en van die wyd en syd gevreesde volk, die nasie gewoond om te gebied en te vertrap, wie se land deur riviere deursny word, na die plek van die Naam van die HERE van die leërskare, na die berg Sion.
Godspraak oor Egipte. Kyk, die HERE ry op 'n vinnige wolk en kom na Egipte toe; en die afgode van Egipte wankel voor sy aangesig, en die hart van Egipte smelt in sy binneste.
En Ek sal Egipte oorgee in die hand van 'n harde meester, en 'n strenge koning sal oor hulle heers, spreek die Here HERE van die leërskare.
Waar is hulle dan, jou wyse manne? Laat hulle jou tog te kenne gee, dat 'n mens kan weet wat die HERE van die leërskare oor Egipte besluit het.
Die HERE het daarin 'n gees van bedwelming gegiet, en Egipte is op 'n dwaalweg gebring in al sy werk, soos 'n dronkaard tuimel in sy uitbraaksel.
In dié dag sal die Egiptenaars wees soos die vroue: hulle sal bewe en vrees vir die handgeswaai van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle swaai.
En die land Juda sal vir die Egiptenaars 'n skrik wees: as iemand daarvan melding maak by hulle, bewe hulle vanweë die besluit van die HERE van die leërskare wat Hy teen hulle geneem het.
In dié dag sal daar vyf stede in Egipteland wees wat die taal van Kanaän spreek en by die HERE van die leërskare sweer; een sal genoem word: Stad van verwoesting.
In dié dag sal daar 'n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die HERE by die grens.
En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.
En die HERE sal Hom aan die Egiptenaars bekend maak, en die Egiptenaars sal die HERE ken in dié dag; en hulle sal Hom dien met slagoffers en spysoffers en geloftes doen aan die HERE en dit betaal.
En die HERE sal die Egiptenaars slaan, slaan en genees; en hulle sal hul tot die HERE bekeer, en Hy sal hulle verhoor en hulle genees.
In dié dag sal daar 'n grootpad wees van Egipte na Assirië, en Assiriërs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assirië; en Egipte sal saam met Assirië die HERE dien.
omdat die HERE van die leërskare hom geseën het, met die woorde: Geseënd is my volk Egipte en my maaksel Assirië en my erfdeel Israel!
in dié tyd het die HERE deur die diens van Jesaja, die seun van Amos, gespreek en gesê: Gaan gord die haarmantel van jou heupe af los, en trek jou skoene van jou voete af. Hy het toe so gedoen en naak en kaalvoet geloop.
Daarop het die HERE gesê: Soos my kneg Jesaja naak en kaalvoet geloop het, drie jaar lank, as teken en sinnebeeld met betrekking tot Egipte en Kus,
En hy het geroep soos 'n leeu. Op die wagtoring, Here, staan ek gedurig by dag, en op my wagpos stel ek my al die nagte.
o My vertrapte en gedorste volk, wat ek gehoor het van die HERE van die leërskare, die God van Israel, het ek julle bekend gemaak.
Want so het die Here vir my gesê: Binne 'n jaar--soos die jare van 'n dagloner--sal al die heerlikheid van Kedar verdwyn.
En wat oorbly van die getal boë van die Kedareense helde, sal min wees; want die HERE, die God van Israel, het dit gespreek.
want dit is 'n dag van rumoer en vertrapping en verwarring deur die Here, die HERE van die leërskare, in die dal van die gesig--omgooi van mure en geskreeu na die gebergte toe!
En in dié dag roep die Here, die HERE van die leërskare, tot geween en tot rouklag en tot kaalskering en tot omgording van die roukleed;
Maar die HERE van die leërskare het Hom in my ore geopenbaar en gesê: Waarlik, hierdie ongeregtigheid word vir julle nie versoen totdat julle sterwe nie! sê die Here, die HERE van die leërskare.
So sê die Here, die HERE van die leërskare: Kom, gaan in by daardie bestuurder, by Sebna, wat oor die paleis aangestel is, en sê:
In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal die pen padgee wat in 'n vaste plek ingeslaan is: dit word afgebreek en val, en die drag goed wat daaraan hang, raak tot niet, want die HERE het dit gespreek.
Die HERE van die leërskare het dit besluit, om te ontheilig al die pralende trots, om die edeles van die aarde in veragting te bring.
Hy het sy hand uitgestrek oor die see, koninkryke laat sidder! Die HERE het bevel gegee met betrekking tot Kanaän, dat sy vestings verwoes moet word.
En aan die einde van sewentig jaar sal die HERE op Tirus ag gee, en sy sal terugkeer na haar hoereloon en hoereer met al die koninkryke van die aarde wat op die aardbodem is.
Maar haar handelswins en haar hoereloon sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie opgehoop of weggesit word nie; maar haar wins sal wees vir die wat voor die aangesig van die HERE woon, om te eet tot versadiging en vir pragtige klere.
Kyk, die HERE maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners.
Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die HERE het hierdie woord gespreek.
Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle van die see af:
Daarom, eer die HERE in die lande van die son, op die kuslande van die see die Naam van die HERE, die God van Israel!
En in dié dag sal die HERE besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;
En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die HERE van die leërskare sal regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en voor sy oudstes sal daar heerlikheid wees.
HERE, U is my God! U sal ek verhoog; u Naam sal ek loof; want U het wonders gedoen, raadsbesluite uit ver tye, waarheid en trou.
En die HERE van die leërskare sal op hierdie berg vir al die volke berei 'n maaltyd van vetspyse, 'n maaltyd van ou wyn, van vetspyse vol murg, van gesuiwerde ou wyn.
Hy sal die dood vir ewig vernietig, en die Here HERE sal die trane van alle aangesigte afvee; en Hy sal die smaad van sy volk van die hele aarde af wegneem; want die HERE het dit gespreek.
En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die HERE op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp.
Want die hand van die HERE sal rus op hierdie berg; maar Moab sal vertrap word op sy plek soos strooi vertrap word in die water van 'n miskuil.
Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.
HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.
HERE, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.
Soos 'n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, o HERE!
Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.
In dié dag sal die HERE met sy harde en groot en sterk swaard besoeking doen oor die Leviátan, die vinnige slang, en oor die Leviátan, die kronkelende slang; en Hy sal die draak doodmaak wat in die groot water is.
Ek, die HERE, bewaak dit: elke oomblik sal Ek hom bevogtig; Ek sal hom nag en dag bewaak, sodat niks hom kan tref nie.
En in dié dag sal die HERE vrugte afslaan, van die stroom van die Eufraat af tot by die spruit van Egipte, en júlle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel!
En in dié dag sal daar met 'n groot basuin geblaas word; dan sal kom die wat verlore is in die land Assur en die wat verdryf is in Egipteland, en hulle sal die HERE aanbid op die heilige berg in Jerusalem.
Kyk, die Here het een wat sterk en magtig is, soos 'n haelstorm, 'n storm vol verwoesting, soos 'n stortbui van geweldige, oorlopende waters wat teen die grond gooi met krag.
In dié dag sal die HERE van die leërskare wees tot 'n sierlike kroon en 'n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk,
Daarom sal die woord van die HERE vir hulle wees gebod op gebod, gebod op gebod, reël op reël, reël op reël, hier 'n bietjie, daar 'n bietjie, sodat hulle kan heengaan en agteruit struikel en verbreek en verstrik en gevang word.
daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek lê in Sion 'n grondsteen, 'n beproefde steen, 'n kosbare hoeksteen wat vas gegrondves is; hy wat glo, sal nie haastig wees nie.
Want die HERE sal Hom gereed maak soos by die berg Pérasim; Hy sal aanstorm soos in die dal by Gíbeon om sy werk te doen--vreemd is sy werk! En om sy daad te verrig--ongehoord is sy daad!
Gedra julle dan nou nie soos spotters, dat julle bande nie vaster word nie; want ek het van die Here HERE van die leërskare gehoor 'n verdelging wat vas besluit is, oor die hele aarde.
Vanweë die HERE van die leërskare sal jy in genade besoek word, met donder en aardbewing en groot gedruis, wind en storm en die vlam van 'n verterende vuur.
Want die HERE het oor julle uitgegiet 'n gees van diepe slaap, en Hy het julle oë--die profete--toegesluit en julle hoofde--die sieners--toegebind.
En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is,
Wee hulle wat planne diep verberg vir die HERE, wie se werk in duisternis plaasvind; en hulle sê: Wie sien ons en wie ken ons?
En die ootmoediges sal vreugde op vreugde smaak in die HERE, en die behoeftiges onder die mense sal juig in die Heilige van Israel.
Daarom, so sê die HERE tot die huis van Jakob, Hy wat Abraham verlos het: Jakob sal nou nie meer beskaamd staan nie, en nou sal sy aangesig nie meer bleek word nie;
Wee die opstandige kinders, spreek die HERE, wat 'n plan uitvoer, maar dit is nie uit My nie; wat 'n verbond sluit, en dit is nie uit my Gees nie, om sonde op sonde te stapel;
Want dit is 'n wederstrewige volk, leuenagtige kinders, kinders wat die wet van die HERE nie wil hoor nie;
Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie
En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is 'n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!
Die Here gee julle wel brood van benoudheid en water van bedruktheid, maar jou leraars sal hulle nie langer verberg nie--maar jou oë sal jou leraars sien;
En die lig van die maan sal wees soos die lig van die son, en die lig van die son sal sewevoudig wees, soos die lig van sewe dae, op die dag as die HERE die breuk van sy volk verbind en die wond gesond maak wat aan hulle geslaan is.
Kyk, die Naam van die HERE kom van ver af, sy toorn brand, swaar wolke kom op; sy lippe is vol grimmigheid en sy tong soos 'n verterende vuur,
Die lied sal by julle wees soos in die nag as die fees gevier word, en julle sal vrolik wees van hart soos die wat met die fluite loop, om te kom op die berg van die HERE, na die Steenrots van Israel.
En die HERE sal sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van 'n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.
en elke swaai van die roede wat vir hom beskik is, wat die HERE op hom laat val, sal wees onder begeleiding van tamboeryn en sitermusiek, en met 'n uitgeswaaide vegtersarm sal Hy teen hulle veg.
Want 'n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die HERE is soos 'n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.
Wee hulle wat na Egipte aftrek om hulp en hulle verlaat op perde, en wat vertrou op strydwaens, omdat daar baie is, en op ruiters, omdat hulle baie talryk is, maar hulle sien nie op die Heilige van Israel en hulle soek nie die HERE nie.
Ja, die Egiptenaars is mense en nie God nie, en hulle perde is vlees en nie gees nie; as die HERE sy hand uitstrek, dan struikel die helper, en wie gehelp is, val; en saam gaan hulle almal te gronde.
Want so het die HERE vir my gesê: Soos 'n leeu en 'n jong leeu knor oor sy prooi wanneer die volle getal herders teen hom bymekaargeroep word, sonder dat hy skrik vir hulle stem of ingee vir hulle geraas--só sal die HERE van die leërskare neerdaal om in die stryd uit te trek teen die berg Sion en teen sy heuwel.
Soos voëls wat fladder, so sal die HERE van die leërskare Jerusalem beskut, beskut en red, verskoon en bevry.
en sy rots sal uitmekaar stuif van skrik, en sy vorste sal verskrik die banier verlaat, spreek die HERE, wat 'n vuur het op Sion en 'n oond in Jerusalem.
Want 'n dwaas spreek dwaasheid en sy hart bring onheil voort, deur goddeloosheid te bedrywe en dwaling te spreek oor die HERE, deur die begeerte van die hongerige onvervuld te laat en die drank van die dorstige te laat ontbreek.
HERE, wees ons genadig, op U wag ons; wees hulle arm elke môre, ja, ons verlossing in die tyd van benoudheid!
En daar sal bestendigheid van jou tye wees, 'n rykdom van volle verlossing, van wysheid en kennis; die vrees van die HERE sal sy skat wees.
Maar daar sal die HERE vir ons heerlik wees; dit sal 'n plek van riviere wees, van breë strome; geen vloot van roeiskepe sal daarop vaar nie, en geen trotse skip sal daaroor gaan nie.
Want die toorn van die HERE is oor al die nasies, en grimmigheid oor al hulle leërskare; Hy het hulle met die banvloek getref, Hy het hulle oorgegee om geslag te word.
Die swaard van die HERE is vol bloed, dit drup van vet, van die bloed van lammers en bokke, van die niervet van ramme; want die HERE het 'n slagoffer in Bosra en 'n groot slagting in die land Edom.
Soek in die boek van die HERE en lees! Nie een van hierdie wesens ontbreek nie, die een mis die ander nie; want my mond--dié het dit beveel, en sy Gees--dié het hulle bymekaargebring.
dit sal lustig bloei en juig, ja, met gejuig en gejubel; die heerlikheid van die Líbanon is aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God.
en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.
Maar as jy vir my sê: Ons vertrou op die HERE onse God--is dit nie Hy wie se hoogtes en wie se altare Hiskía verwyder het nie deur aan Juda en Jerusalem te sê: Voor hierdie altaar moet julle buig?
Het ek dan nou sonder die HERE teen hierdie land opgetrek om dit te verwoes? Die HERE het vir my gesê: Trek op teen hierdie land en verwoes dit.
En Hiskía moet julle nie op die HERE laat vertrou nie deur te sê: Die HERE sal ons sekerlik red; hierdie stad sal nie in die hand van die koning van Assirië oorgegee word nie.
Laat Hiskía julle nie verlei nie deur te sê: Die HERE sal ons red! Het die gode van die nasies elkeen sy land gered uit die hand van die koning van Assirië?
Wie is daar onder al die gode van hierdie lande wat hulle land gered het uit my hand, dat die HERE Jerusalem uit my hand sou red?
En toe koning Hiskía dit hoor, het hy sy klere geskeur en hom met 'n roukleed bedek en in die huis van die HERE gegaan.
Miskien sal die HERE u God die woorde hoor van die rábsake wat deur sy heer, die koning van Assirië, gestuur is om die lewende God te smaad, en sal Hy hom straf oor die woorde wat die HERE u God gehoor het; hef dan 'n gebed op vir die oorblyfsel wat nog aanwesig is.
sê Jesaja vir hulle: So moet julle jul heer antwoord: So spreek die HERE: Vrees nie vir die woorde wat jy gehoor het, waarmee die dienaars van die koning van Assirië My gelaster het nie.
En toe Hiskía die brief uit die hand van die boodskappers ontvang en dit gelees het, het hy opgegaan na die huis van die HERE; en Hiskía het dit uitgesprei voor die aangesig van die HERE,
o HERE van die leërskare, God van Israel wat op die gérubs troon! U alleen is die God van al die koninkryke van die aarde; U het die hemel en die aarde gemaak.
o HERE, neig u oor en luister! HERE, open u oë en kyk en hoor al die woorde van Sánherib, wat hy gestuur het om die lewende God te smaad!
HERE onse God, verlos ons dan nou uit sy hand, sodat al die koninkryke van die aarde kan weet dat U, HERE, dit alleen is.
Toe laat Jesaja, die seun van Amos, vir Hiskía weet: So spreek die HERE, die God van Israel: Wat jy tot My gebid het aangaande Sánherib, die koning van Assirië, het Ek gehoor.
Dit is die woord wat die HERE oor hom gespreek het: Die jonkvrou, die dogter van Sion, verag jou, bespot jou; agter jou skud die dogter van Jerusalem die hoof.
Deur jou dienaars het jy die HERE gesmaad en gesê: Met die menigte van my strydwaens het ek geklim op die hoogte van die berge, die uithoeke van die Líbanon, en ek wil sy statige seders, die keur van sy sipresse, omkap en deurdring tot sy uiterste hoogte, sy bos wat is soos 'n tuin.
Want uit Jerusalem sal 'n oorblyfsel uitgaan en vrygeraaktes van die berg Sion. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.
Daarom, so sê die HERE aangaande die koning van Assirië: Hy sal in hierdie stad nie inkom en daar geen pyl in skiet nie en dit met geen skild aanval en daar geen wal teen opwerp nie.
Met die pad wat hy gekom het, sal hy teruggaan; maar in hierdie stad sal hy nie inkom nie, spreek die HERE.
Toe het die engel van die HERE uitgetrek en in die laer van Assirië honderd vyf en tagtig duisend verslaan. En toe hulle die môre vroeg hul klaarmaak--was dit almal dooie liggame.
In dié dae het Hiskía dodelik siek geword; en die profeet Jesaja, die seun van Amos, het by hom gekom en vir hom gesê: So spreek die HERE: Gee bevel aan jou huis, want jy sal sterwe en nie lewe nie.
en gesê: Ag, HERE, dink tog daaraan dat ek voor u aangesig in trou en met 'n volkome hart gewandel het en gedoen het wat goed is in u oë. En Hiskía het bitterlik geween.
Gaan sê vir Hiskía: So spreek die HERE, die God van jou vader Dawid: Ek het jou gebed gehoor, jou trane gesien; kyk, Ek sal vyftien jaar by jou dae byvoeg,
En dit sal vir jou die teken wees van die kant van die HERE, dat die HERE hierdie woord wat Hy gespreek het, sal volbring:
Ek het gesê: Ek sal die HERE nie sien nie, die HERE, in die land van die lewendes; ek sal die mense nie meer aanskou onder die inwoners van die wêreld nie.
Soos 'n swaweltjie of kraanvoël, so het ek gepiep; ek het gekir soos 'n duif; my oë het dof gekyk na bo: HERE, ek is benoud, wees U my Borg!
Here, by hierdie dinge leef 'n mens, en geheel en al is daarin die lewe van my gees: laat my dan gesond word en laat my lewe!
Die HERE staan gereed om my te verlos; daarom sal ons op my snaarinstrumente speel al die dae van ons lewe, by die huis van die HERE.
Kyk, daar kom dae dat alles wat in jou huis is en wat jou vaders opgehoop het tot vandag toe, na Babel weggevoer sal word; daar sal niks oorbly nie, sê die HERE.
Toe sê Hiskía vir Jesaja: Die woord van die HERE wat u gespreek het, is goed. Ook sê hy: Daar sal tog vrede en bestendigheid wees in my dae!
Spreek na die hart van Jerusalem, en roep haar toe dat haar stryd verby is, dat haar skuld betaal is, dat sy uit die hand van die HERE dubbel ontvang het vir al haar sondes.
'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die HERE; maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God!
En die heerlikheid van die HERE sal geopenbaar word, en alle vlees tesame sal dit sien: want die mond van die HERE het dit gespreek.
Die gras verdor, die blom verwelk as die asem van die HERE daarin blaas. Voorwaar, die volk is gras!
Kyk, die Here HERE sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers; kyk, sy loon is by Hom, en sy beloning is voor sy aangesig.
Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby?
Weet jy dit nie? Of het jy dit nie gehoor nie? 'n Ewige God is die HERE, Skepper van die eindes van die aarde; Hy word nie moeg of mat nie; daar is geen deurgronding van sy verstand nie.
maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.
Wie het dit gedoen en tot stand gebring? Hy wat die geslagte roep van die begin af; Ek, die HERE, die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde.
Want Ek, die HERE jou God, gryp jou regterhand aan, Ek wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou.
Wees nie bevrees nie, wurmpie Jakob, volkie Israel! Ék help jou, spreek die HERE, en jou Losser is die Heilige van Israel.
Jy sal hulle uitwan, en die wind sal hulle wegneem en die storm hulle verstrooi; maar jy sal juig in die HERE, jou beroem op die Heilige van Israel.
Die ellendiges en behoeftiges soek water, maar daar is nie; hulle tong verdroog van dors; Ek, die HERE, sal hulle verhoor; Ek, die God van Israel, sal hulle nie verlaat nie.
sodat hulle almal saam kan sien en beken en opmerk en verstaan dat die hand van die HERE dit gedoen het en die Heilige van Israel dit geskape het.
So sê God, die HERE, wat die hemele geskape en hulle uitgesprei het, die aarde uitgespan het saam met wat daaruit voortkom, wat aan die aardbewoners die asem gee en die gees aan wie daarop wandel:
Ek, die HERE, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n lig van die nasies,
Ek is die HERE, dit is my Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie.
Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, sy lof van die einde van die aarde af--julle wat op die see vaar, en alles wat daarin is, eilande en bewoners daarvan.
Die HERE sal uittrek soos 'n held; Hy sal die ywer opwek soos 'n krygsman; Hy sal die strydkreet aanhef, ja uitskreeu, teen sy vyande Hom as held openbaar.
Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE?
Wie het Jakob oorgegee as 'n plundering en Israel aan die berowers? Is dit nie die HERE teen wie ons gesondig het nie? En hulle wou in sy weë nie wandel nie en het na sy wet nie geluister nie.
Maar nou, so sê die HERE, jou Skepper, o Jakob, en jou Formeerder, o Israel: Wees nie bevrees nie, want Ek het jou verlos; Ek het jou by jou naam geroep; jy is myne!
Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland; Ek het Egipte gegee as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek.
Júlle is my getuies, spreek die HERE, en my kneg wat Ek uitverkies het, sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is--voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie.
Ék het verkondig en verlos en dit laat hoor, en daar was geen ander god onder julle nie; en julle is my getuies, spreek die HERE, en Ek is God.
So sê die HERE, jou Losser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil het Ek na Babel gestuur, en Ek sal hulle almal as vlugtelinge laat afdaal, naamlik die Chaldeërs, in die skepe waarop hulle gejuig het.
So sê die HERE, jou Maker en jou Formeerder van die moederskoot af, wat jou help: Wees nie bevrees nie, Jakob, my kneg, en Jesúrun wat Ek uitverkies het!
Die een sal sê: Ek behoort aan die HERE; en die ander sal die naam van Jakob uitroep; en die ander sal met sy hand skrywe: Ek behoort aan die HERE, en hom met die erenaam Israel noem.
So sê die HERE, die Koning van Israel en sy Losser, die HERE van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie.
Jubel, o hemele, want die HERE het dit gedoen. Juig, dieptes van die aarde! Breek uit in gejubel, o berge, bosse en al die bome daarin! Want die HERE het Jakob verlos, en Hy sal Homself verheerlik aan Israel.
So sê die Here, jou Verlosser, en Hy wat jou geformeer het van die moederskoot af: Ek is die HERE wat alles volbring, wat die hemel uitspan, Ek alleen, en wat die aarde uitsprei--wie was met My? --
So sê die HERE aan sy gesalfde, aan Kores, wie se regterhand Ek gevat het om nasies voor hom neer te werp, terwyl Ek die lendene van konings losgord; om voor hom deure oop te maak, en poorte sal nie gesluit bly nie:
En Ek sal jou die skatte gee wat in die donkerheid is en die verborge rykdomme, sodat jy kan weet dat Ek die HERE is wat jou by jou naam roep, die God van Israel;
Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;
wat die lig formeer en die duisternis skep, die heil bewerk en die onheil skep: Ek, die HERE, is dit wat al hierdie dinge doen.
Laat dit drup, o hemele, van bo af, en laat die wolke vloei van geregtigheid; laat die aarde oopgaan, en laat heil voortkom en geregtigheid; laat hulle saam uitspruit. Ek, die HERE, het dit geskape.
So sê die HERE, die Heilige van Israel en sy Formeerder: Vra My aangaande die toekomstige dinge; vertrou my seuns en die werk van my hande aan My toe!
Ek het hom verwek in geregtigheid, en al sy weë sal Ek gelykmaak; hy sal my stad bou en my ballinge loslaat sonder koopprys en sonder geskenk, sê die HERE van die leërskare.
So sê die HERE: Die opbrings van Egipte en die handelswins van Kus en die Sabeërs, manne van hoë gestalte, sal na jou toe oorkom en joue wees; hulle sal agter jou loop; in kettings sal hulle oortrek en hulle voor jou buig; hulle sal jou smeek en sê: Waarlik, God is in jou; en anders is daar geen, geen God meer nie!
Israel word verlos deur die HERE met 'n ewige verlossing; julle sal nie beskaamd staan of in die skande kom tot in alle ewigheid nie.
Want so sê die HERE, wat die hemele geskape het--Hy is God! --wat die aarde geformeer en dit gemaak het--Hy het dit bevestig; Hy het dit nie geskape om woes te wees nie, maar dit geformeer om bewoon te word--Ek is die HERE, en daar is geen ander nie.
Ek het in die geheim nie gespreek nie--op 'n plek van die donker land; Ek het aan die geslag van Jakob nie gesê: Soek My tevergeefs nie. Ek is die HERE wat geregtigheid spreek, wat regte dinge verkondig.
Verkondig en bring voor, ja, laat hulle saam raad hou: Wie het dit van ouds af laat hoor, lank tevore dit verkondig? Is dit nie Ek, die HERE, nie? En buiten My is daar geen ander God nie: 'n regverdige en reddende God is daar buiten My nie.
Hulle sal van My sê: Alleen in die HERE is volle geregtigheid en sterkte; na Hom sal hulle kom; maar hulle almal sal beskaamd staan wat op Hom toornig is.
Hoor dit, huis van Jakob wat julleself noem met die naam van Israel en uit die waters van Juda voortgekom het, wat sweer by die Naam van die HERE en die God van Israel roem, maar nie in waarheid of in geregtigheid nie--
want hulle noem hul na die heilige stad en steun op die God van Israel, HERE van die leërskare is sy Naam.
Kom bymekaar, julle almal, en luister! Wie onder hulle het dit verkondig? Hy vir wie die HERE liefhet, sal sy welbehae voltrek aan Babel, en sy mag aan die Chaldeërs.
Kom julle nader na My, hoor dit: Ek het van die begin af nie in die geheim gespreek nie; van die tyd af dat dit gebeur, is Ek daar! En nou het die Here HERE my met sy Gees gestuur.
So sê die HERE, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die HERE jou God, wat jou leer wat heilsaam is, wat jou lei op die weg wat jy moet gaan.
Gaan weg uit Babel, vlug weg van die Chaldeërs! Verkondig met jubelklank, laat dit hoor, bring dit uit tot by die einde van die aarde! Sê: Die HERE het sy kneg Jakob verlos;
Hoor na My, eilande, en luister, volke wat ver is! Die HERE het My geroep van die moederskoot af, van my geboorte af het Hy my naam genoem.
Maar Ék het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God.
En nou sê die HERE wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word--en Ek word geëer in die oë van die HERE, en my God is my sterkte--
So sê die HERE, die Verlosser van Israel, sy Heilige, aan die diep veragte, aan Hom wat 'n afsku is by die volk, 'n Kneg van die heersers: Konings sal dit sien en opstaan, vorste, en hulle sal hul neerbuig ter wille van die HERE wat getrou is, van die Heilige van Israel wat U uitverkies het.
So sê die HERE: In die tyd van die welbehae het Ek U verhoor, en in die dag van heil het Ek U gehelp; en Ek behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, om die land weer op te rig, om verwoeste erfenisse te laat beërwe;
Jubel, o hemele, en juig, aarde; en berge breek uit in gejubel! Want die HERE het sy volk getroos en ontferm Hom oor sy ellendiges.
Slaan jou oë rondom op en kyk: hulle almal kom bymekaar, hulle kom na jou toe! So waar as Ek leef, spreek die HERE, sekerlik sal jy hulle almal aansit soos 'n versiersel, hulle ombind soos 'n bruid.
So sê die Here HERE: Kyk, Ek sal my hand ophef na die nasies en my banier opsteek na die volke; dan sal hulle jou seuns aan die boesem bring, en jou dogters sal op die skouer gedra word;
en konings sal jou oppassers wees, hulle vorstinne jou pleegmoeders; hulle sal voor jou neerbuig met die aangesig na die aarde toe en die stof van jou voete lek; en jy sal weet dat Ek die HERE is, dat hulle nie beskaamd staan wat My verwag nie.
Waarlik, so sê die HERE: Ja, die gevangenes van die held sal afgeneem word, en die buit van die tiran sal ontvlug; en jou bestryder sal Ék bestry en jou kinders sal Ek verlos.
En Ek sal jou verdrukkers hulle eie vlees laat eet, en van hulle eie bloed sal hulle dronk word soos van mos. Dan sal alle vlees gewaar word dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Verlosser die Magtige van Jakob.
So sê die HERE: Waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee Ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers aan wie Ek julle verkoop het? Kyk, weens jul ongeregtighede is julle verkoop, en weens jul oortredinge is julle moeder verstoot.
Die Here HERE het My 'n geoefende tong gegee, dat Ek kan weet om die vermoeide te verkwik met woorde; Hy wek elke môre, Hy wek my oor om te hoor soos die leerlinge.
Maar die Here HERE help My; daarom kom Ek nie in die skande nie; daarom het Ek my aangesig gemaak soos 'n keisteen, en Ek weet dat Ek nie beskaamd sal staan nie.
Kyk, die Here HERE help My: wie is dit wat My kan veroordeel? Kyk, hulle sal almal verslyt soos 'n kleed; die mot sal hulle eet.
Wie is daar onder julle wat die HERE vrees, wat na die stem van sy Kneg luister, wat in duisternisse wandel en geen ligstraal sien nie? --laat hy vertrou op die Naam van die HERE en steun op sy God!
Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.
Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.
Ontwaak, ontwaak, beklee u met sterkte, arm van die HERE! Ontwaak soos in die dae van die voortyd, onder die geslagte van lank gelede. Is dit nie u wat Rahab neergekap, wat die seemonster deurboor het nie?
So sal dan die losgekooptes van die HERE teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry; kommer en gesug vlug weg.
dat jy vergeet die HERE wat jou gemaak het, wat die hemel uitgesprei en die aarde gegrond het; dat jy gedurigdeur die hele dag bewe vir die grimmigheid van die verdrukker as hy dit daarop toelê om te verwoes? Waar is dan die grimmigheid van die verdrukker?
Maar Ek is die HERE jou God wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis; HERE van die leërskare is sy Naam!
Ontwaak, ontwaak, staan op, Jerusalem, jy wat uit die hand van die HERE die beker van sy grimmigheid gedrink het; die kelk van bedwelming het jy uitgedrink, uitgesuig.
Jou kinders het onmagtig gelê by al die straathoeke soos 'n eland in 'n vangkuil, vol van die grimmigheid van die HERE, van die dreiging van jou God.
So sê jou Here, die HERE, en jou God wat die saak van sy volk verdedig: Kyk, Ek neem die beker van bedwelming uit jou hand, die kelk van my grimmigheid; jy sal dit verder nie meer drink nie.
Want so sê die Here HERE: In vroeër dae het my volk afgetrek na Egipte om daar as vreemdeling te vertoef, en Assur het hom sonder rede verdruk.
Maar nou, wat vind Ek hier? spreek die HERE; want my volk is vir niks weggeneem, sy oorheersers maak geraas, spreek die HERE, en my Naam word gedurigdeur die hele dag gelaster.
Hoor! Jou wagte! Hulle verhef die stem, hulle jubel almal saam; want hulle sien vlak voor hulle oë hoe die HERE terugkeer na Sion.
Breek uit, jubel almal saam, puinhope van Jerusalem! Want die HERE het sy volk getroos, Jerusalem verlos.
Die HERE het sy heilige arm ontbloot voor die oë van al die nasies, en al die eindes van die aarde sal sien die heil van onse God.
Vertrek, vertrek, gaan weg daarvandaan, raak nie aan wat onrein is nie; gaan uit hulle midde uit, reinig julle, draers van die heilige voorwerpe van die HERE!
Want julle sal nie baie haastig weggaan en nie soos vlugtelinge vertrek nie; want die HERE trek voor julle uit, en die God van Israel is julle agterhoede.
Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom.
Maar dit het die HERE behaag om Hom te verbrysel; Hy het Hom krank gemaak; as sy siel 'n skuldoffer aangebied het, sal Hy 'n nakroos sien; Hy sal die dae verleng, en die welbehae van die HERE sal deur sy hand voorspoedig wees.
Jubel, onvrugbare, wat nie gebaar het nie! Breek uit in gejubel en juig, jy wat geen weë gehad het nie! Want die kinders van die eensame is meer as die kinders van die getroude, sê die HERE.
Want jou Maker is jou Man; HERE van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal die God van die hele aarde genoem word.
Want soos 'n verlate vrou en 'n bedroefde van gees het die HERE jou geroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God.
In 'n uitstorting van toorn het Ek vir 'n oomblik my aangesig vir jou verberg, maar met ewige goedertierenheid ontferm Ek My oor jou, sê die HERE, jou Verlosser.
Want berge mag wyk en heuwels wankel, maar my goedertierenheid sal van jou nie wyk en my vredeverbond nie wankel nie, sê die HERE, jou Ontfermer.
Elke wapen wat teen jou gesmee word, sal niks uitrig nie; en elke tong wat teen jou opstaan in die gereg, sal jy weerlê. Dit is die erfdeel van die knegte van die HERE en hulle geregtigheid wat uit My is, spreek die HERE.
Kyk, nasies wat jy nie geken het nie, sal jy roep; en nasies wat jou nie geken het nie, sal na jou hardloop, ter wille van die HERE jou God en van die Heilige van Israel, omdat Hy jou verheerlik het.
Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die HERE bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik.
Vir 'n doringboom sal 'n sipres opgaan; vir 'n distel sal 'n mirteboom opgaan; en dit sal vir die HERE wees tot 'n naam, tot 'n ewige teken wat nie uitgeroei sal word nie.
So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.
En laat die uitlander wat hom by die HERE aangesluit het, nie spreek en sê: Die HERE sal my gewis afskei van sy volk nie; en laat die ontmande nie sê: Kyk, ek is 'n droë boom nie.
Want so sê die HERE aan die ontmandes wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vashou aan my verbond:
En die uitlanders wat hulle by die HERE aangesluit het, om Hom te dien en om die Naam van die HERE lief te hê deur sy knegte te wees--elkeen wat die sabbat hou, sodat hy dit nie ontheilig nie, en hulle wat vashou aan my verbond,
Die Here HERE wat versamel diegene wat van Israel verdryf is, spreek: Ek sal by hom nog meer versamel, by sy versameldes.
Ek skep die vrug van die lippe; vrede, vrede vir die wat ver en die wat naby is, sê die HERE; en Ek sal hulle genees.
Is dít die vas wat Ek verkies, die dag as die mens sy siel gaan kwel: dat hy sy hoof buig soos 'n biesie en sak en as uitsprei om sy bed te wees? Noem jy dit vas en 'n dag wat die HERE welgevallig is?
Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uit gaan, die heerlikheid van die HERE jou agterhoede wees.
Dan sal jy roep, en die HERE sal antwoord; jy sal skreeu om hulp, en Hy sal sê: Hier is Ek! As jy van jou verwyder die verdrukking, die uitsteek van die vinger en die leuenagtige woord,
En die HERE sal jou gedurigdeur lei en jou siel versadig in dor plekke en jou gebeente sterk maak; en jy sal wees soos 'n tuin wat goed besproei is en soos 'n fontein van waters waarvan die water nooit teleurstel nie.
As jy jou voet terughou van die sabbat--om nie jou sake op my heilige dag te doen nie, en as jy die sabbat 'n verlustiging noem en die heilige dag van die HERE hooghou; en as jy dit eer deur nie jou gewone gang te gaan nie, nie geleentheid vir jou sake soek of ydele taal spreek nie;
dan sal jy jou verlustig in die HERE, en Ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob; want die mond van die HERE het dit gespreek.
die afval en verloëning van die HERE en afwyking van agter onse God; die uitspreek van verdrukking en oortreding, die opneem en uitstoot van leuentaal uit die hart.
Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het die HERE dit gesien, en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie.
En hulle sal die Naam van die Here vrees van die westekant af, en sy heerlikheid van die opgang van die son af; want Hy sal kom soos 'n saamgeperste stroom wat die asem van die HERE aandrywe.
Maar vir Sion kom Hy as Verlosser en vir die wat in Jakob hulle bekeer van oortreding, spreek die HERE.
Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE: My Gees wat op jou is, en my woorde wat Ek in jou mond gelê het, sal uit jou mond nie wyk nie, en ook nie uit die mond van jou kroos en uit die mond van die kroos van jou kroos, sê die HERE, van nou af tot in ewigheid nie.
Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jóu sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word.
'n Menigte kamele sal jou oordek, die jong kamele van Mídian en Efa; hulle sal almal uit Skeba kom; hulle bring goud en wierook en verkondig met blydskap die roemryke dade van die HERE.
Ja, op My wag die eilande, en die skepe van Tarsis kom vooraan, om jou seuns van ver te bring. Hul silwer en hul goud is by hulle, vir die Naam van die HERE jou God en vir die Heilige van Israel, omdat Hy jou heerlik gemaak het.
En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die HERE, Sion van die Heilige van Israel.
En jy sal die melk van nasies suig en die bors van konings suig en sal weet dat Ek, die HERE, jou Heiland is, en jou Losser die Magtige van Jakob.
Die son sal bedags jou lig nie meer wees nie, en as glans sal die maan vir jou geen skynsel gee nie; maar die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en jou God sal jou sieraad wees.
Jou son sal nie meer ondergaan nie, en jou maan nie kleiner word nie; want die HERE sal vir jou wees 'n ewige lig, en die dae van jou treurigheid is verby.
Die kleinste sal 'n geslag word en die geringste 'n magtige nasie. Ek, die HERE, sal dit op die regte tyd gou laat kom.
Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om 'n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes 'n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
om uit te roep 'n jaar van die welbehae van die HERE en 'n dag van die wraak van onse God; om al die treurendes te troos;
om vir die treurendes in Sion te beskik dat aan hulle gegee word sieraad vir as, vreugde-olie vir treurigheid, 'n gewaad van lof vir 'n verslae gees; sodat hulle genoem kan word terebinte van geregtigheid, 'n planting van die HERE, tot sy verheerliking.
Maar júlle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesê word: Dienaars van onse God! Julle sal die rykdom van die nasies eet en op hulle heerlikheid julle beroem.
Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en 'n ewige verbond met hulle sluit.
En hulle nageslag sal bekend word onder die nasies en hulle nakomelinge onder die volke; almal wat hulle sien, sal hulle daarvoor aansien dat hulle 'n geslag is wat die HERE geseën het.
Ek is baie bly in die HERE, my siel juig in my God; want Hy het my beklee met die klere van heil, my in die mantel van geregtigheid gewikkel--soos 'n bruidegom wat priesterlik die hoofversiersel ombind, en soos 'n bruid wat haar versier met haar juwele.
Want soos die aarde sy plante voortbring, en soos 'n tuin sy gewasse laat uitspruit, so sal die Here HERE geregtigheid en lof laat uitspruit voor die oog van al die nasies.
En die nasies sal jou geregtigheid sien en al die konings jou heerlikheid; en jy sal met 'n nuwe naam genoem word wat die mond van die HERE sal noem.
En jy sal 'n sierlike kroon wees in die hand van die HERE en 'n koninklike tulband in die hand van jou God.
Jy sal nie meer genoem word Verlatene nie, en jou land sal nie meer genoem word Wildernis nie. Maar jy sal genoem word: my welbehae, en jou land: die getroude; want die Here het 'n behae in jou, en jou land sal getroud wees.
o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes--moenie rus nie
Die HERE het gesweer by sy regterhand en by sy magtige arm: Waarlik, Ek sal jou koring nie meer gee dat jou vyande dit eet nie, en uitlanders sal jou mos nie drink waarvoor jy gewerk het nie.
Maar hulle wat dit insamel, sal dit eet en die HERE prys; en hulle wat dit oes, sal dit drink in my heilige voorhowe.
Kyk, die HERE laat dit hoor tot by die einde van die aarde: Sê aan die dogter van Sion: Kyk, jou heil kom; kyk, sy loon is by Hom en sy beloning is voor sy aangesig.
En hulle sal genoem word: die heilige volk, die verlostes van die HERE; en jy sal genoem word: die begeerde, die stad wat nie verlaat is nie.
Ek sal die goedertierenhede van die HERE prys, die roemryke dade van die HERE, ooreenkomstig alles wat die HERE aan ons bewys het, en die veelvuldige goedheid jeens die huis van Israel wat Hy aan hulle bewys het, na sy barmhartighede en na die grootheid van sy goedertierenhede.
Soos vee wat aftrek in die laagte, het die Gees van die HERE hulle na die rus gelei. Só het U u volk gelei, om vir U 'n heerlike Naam te maak.
Want U is ons Vader! Want Abraham weet van ons nie, en Israel ken ons nie. U, o HERE, is ons Vader; ons Verlosser is van ouds af u Naam.
HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!
Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand.
HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is.
julle ongeregtighede en die ongeregtighede van julle vaders tesame, sê die HERE; dat hulle offerrook laat opgaan het op die berge en My smaadheid aangedoen het op die heuwels--ja, Ek sal vóór alles hulle loon in hulle boesem toemeet.
So sê die HERE: Watter onreg het julle vaders in My gevind, dat hulle ver van My afgewyk en agter nietige afgode aan geloop het en self nietig geword het?
So spreek die HERE: Soos wanneer iemand mos vind in 'n tros druiwe en sê: Verniel dit nie, want daar is 'n seën in--sal Ek doen ter wille van my knegte, om nie alles te verniel nie.
Maar julle wat die HERE verlaat, wat my heilige berg vergeet, wat 'n tafel dek vir die geluksgod en die mengsel inskink vir die godin van die noodlot--
Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my knegte sal eet, maar julle sal honger bly; kyk, my knegte sal drink, maar julle sal dors wees; kyk, my knegte sal bly wees, maar julle sal beskaamd staan.
En julle sal jul naam vir my uitverkorenes as 'n woord van verwensing laat agterbly, en die Here HERE sal jou ombring. Maar sy knegte sal Hy noem met 'n ander naam,
Hulle sal hul nie tevergeefs vermoei of baar vir skielike ondergang nie; want hulle is 'n geslag van die wat deur die HERE geseën is, en hulle nakomelinge is by hulle.
Die wolf en die lam sal saam wei, en die leeu sal strooi eet soos 'n bees, en stof sal die voedsel van die slang wees; hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my hele heilige berg nie, sê die HERE.
So sê die HERE: Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Waar is dan die huis wat julle vir My sal bou? En waar die plek wat my rusplek sal wees?
Want my hand het al hierdie dinge gemaak, en so het dit alles ontstaan, spreek die HERE. Maar op hierdie een sal Ek let: op hom wat arm is en verslae van gees, en wat bewe vir my woord.
Hoor die woord van die HERE, julle wat vir sy woord bewe! Julle broers, julle haters wat julle verstoot om my Naam ontwil, sê: Laat die HERE heerlik word, dat ons julle vreugde kan aanskou! Maar hulle sal beskaamd staan!
Hoor--'n rumoer uit die stad! Hoor--uit die tempel! Hoor--dit is die HERE wat sy vyande hulle dade vergeld!
Sou Ek naby die geboorte bring en nie laat baar nie? sê die HERE. Of sou Ek wat laat baar, self toesluit? sê jou God.
Want so sê die HERE: Kyk, die vrede lei Ek na haar toe soos 'n rivier en die rykdom van die nasies soos 'n oorlopende stroom; en julle sal suig, julle sal op die heup gedra word en op die knieë getroetel word.
En julle sal dit sien, en julle hart sal vrolik wees, en julle gebeente sal groei soos die jong gras; dan sal die hand van die HERE bekend word aan sy knegte, en Hy sal op sy vyande grimmig wees.
Want kyk, die HERE sal kom in vuur, en sy waens soos 'n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging.
Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees.
Die wat hulleself heilig en hulleself reinig vir die tuine, terwyl hulle die een nadoen wat in die middel staan; wat varkvleis eet en verfoeisels en muise--almal saam sal hulle tot niet raak, spreek die HERE.
En hulle sal al julle broers bring uit al die nasies as offergawe aan die HERE, op perde en op waens en in draagstoele en op muilesels en op kamele na my heilige berg, na Jerusalem, sê die HERE, net soos die kinders van Israel die spysoffer in 'n rein voorwerp bring na die huis van die HERE.
Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.
En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die HERE.
tot wie die woord van die HERE gekom het in die dae van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, in die dertiende jaar van sy regering,
Maar die HERE het vir my gesê: Moenie sê: Ek is jonk nie; want na wie Ek jou ook al stuur, moet jy gaan; en wat Ek jou ook al beveel, moet jy spreek.
Toe het die HERE sy hand uitgestrek en my mond aangeroer; en die HERE het vir my gesê: Hiermee lê Ek my woorde in jou mond.
Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek antwoord: Ek sien 'n amandeltak.
En die woord van die HERE het vir die tweede keer tot my gekom en gesê: Wat sien jy? En ek antwoord: Ek sien 'n kokende pot wat van die noorde af kyk.
Want kyk, Ek roep al die geslagte van die koninkryke van die noorde, spreek die HERE; en hulle sal kom, en hulle sal elkeen sy troon neersit by die ingang van die poorte van Jerusalem en teen al sy mure rondom en teen al die stede van Juda.
En hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorwin nie; want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou uit te red.
Gaan en roep uit voor die ore van Jerusalem en sê: So spreek die HERE: Ek onthou die geneentheid van jou jeug, die liefde van jou bruidstyd, toe jy agter My aan geloop het in die woestyn, in 'n onbesaaide land.
Israel was vir die HERE 'n heiligheid, die eerstelinge van sy opbrings; almal wat hom opeet, sal skuld op hulle laai, onheil sal oor hulle kom, spreek die HERE.
En hulle het nie gesê nie: Waar is die HERE wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in 'n land van wildernis en kuile, in 'n land van droogte en doodskaduwee, in 'n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?
Die priesters het nie gesê: Waar is die HERE nie? En die wat die wet handhaaf, het My nie geken nie; en die vorste het teen My oortree, en die profete het geprofeteer deur Baäl en agter dinge aan geloop wat geen voordeel bring nie.
Het jou verlating van die HERE jou God in die tyd toe Hy jou op die pad gelei het, jou dit nie berokken nie?
Jou eie boosheid sal jou tugtig, en jou afkerighede sal jou straf; weet dan en sien dat dit verkeerd en bitter is dat jy die HERE jou God verlaat het, en dat my vrees nie by jou is nie, spreek die Here, die HERE van die leërskare.
Want al sou jy jou was met loog en baie seep vir jou neem, tog bly jou ongeregtigheid 'n vlek voor my aangesig, spreek die Here HERE.
o Geslag, verneem die woord van die HERE! Het Ek vir Israel 'n woestyn geword of 'n land van duisternis? Waarom sê my volk dan: Ons swerf vry rond, ons sal nie meer na U toe kom nie?
Ook daarvan sal jy uitgaan met jou hande op jou hoof; want die HERE het hulle verwerp op wie jy vertrou, en jy sal met hulle geen voorspoed hê nie.
Klim op sy mure en rig verwoesting aan, maar maak daar geen einde aan nie; neem weg sy ranke, want hulle behoort nie aan die HERE nie.
Hy sê: As 'n man sy vrou verstoot, en sy gaan van hom af weg en word 'n ander man s'n, kan hy dan nog na haar teruggaan? Sal daardie land nie skandelik ontheilig word nie? En jy het met baie minnaars gehoereer en wil na My terugkom, spreek die HERE!
En die HERE het vir my gesê in die dae van koning Josía: Het jy gesien wat die afkerige, Israel, gedoen het? Sy het op elke hoë berg en tot onder elke groen boom gegaan en daar gehoereer.
Maar ook ondanks dit alles het die ontroue, haar suster Juda, haar nie met haar hele hart tot My bekeer nie, maar valslik, spreek die HERE.
Toe het die HERE vir my gesê: Die afkerige, Israel, het haar siel geregverdig meer as die ontroue, Juda.
Gaan en roep hierdie woorde na die noorde toe uit en sê: Keer terug, o afkerige, Israel, spreek die HERE. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, spreek die HERE; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie.
Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen die HERE jou God oortree het en jou weë gerig het na die vreemdes, onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, spreek die HERE.
Keer terug, o afkerige kinders, spreek die HERE, want Ek is heer oor julle; en Ek sal julle neem, een uit 'n stad en twee uit 'n geslag en sal julle in Sion bring.
En as julle vermenigvuldig en vrugbaar word in die land in dié dae, spreek die HERE, dan sal hulle nie meer sê: Die verbondsark van die HERE nie. Ook sal dit in die hart nie opkom nie, en hulle sal daaraan nie dink en dit nie soek nie, en dit sal nie weer gemaak word nie.
In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die HERE; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die HERE in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie.
Maar soos 'n vrou troueloos skei van haar minnaar, so het julle troueloos teen My gehandel, o huis van Israel, spreek die HERE.
'n Stem is gehoor op die kaal heuwels, smekende geween van die kinders van Israel, omdat hulle hul weg verdraai het, die HERE hulle God vergeet het.
Keer terug, o afkerige kinders; Ek sal julle afkerighede genees. Hier is ons, ons kom na U toe, want U is die HERE onse God.
Waarlik, tevergeefs verwag hulle dit van die heuwels en van die rumoer op die berge; waarlik, in die HERE onse God is Israel se heil.
Ons wil neerlê in ons skande, en ons smaad moet ons oordek; want ons het teen die HERE onse God gesondig, ons en ons vaders van ons jeug af tot vandag toe, en ons het nie geluister na die stem van die HERE onse God nie.
As jy jou bekeer, Israel, spreek die HERE, bekeer jou tot My; en as jy jou verfoeisels van my aangesig af verwyder, hoef jy nie rond te swerwe nie.
Dan sal jy sweer: So waar as die HERE leef! in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.
Want so sê die HERE aan die manne van Juda en aan Jerusalem: Braak vir julle 'n braakland en saai nie onder die dorings nie.
Besny julle vir die HERE en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem, dat my grimmigheid nie soos 'n vuur uitgaan en brand sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.
Daarom, omgord julle met rouklere, klaag en huil, want die toorngloed van die HERE teen ons het nie bedaar nie.
En op dié dag, spreek die HERE, sal die moed van die koning en die moed van die vorste vergaan, en die priesters sal verskrik wees en die profete verstom staan.
Toe het ek gesê: Ag, Here HERE, waarlik, U het hierdie volk en Jerusalem grootliks mislei met die woorde: Julle sal vrede hê--terwyl die swaard tot aan die siel raak.
Soos veldwagters is hulle teen die stad rondom, omdat dit teen My wederstrewig was, spreek die HERE.
Ek het gekyk, en die land van tuine was 'n woestyn, en al sy stede was afgebreek voor die HERE, voor sy toorngloed.
Want so sê die HERE: Die hele land sal 'n wildernis word, alhoewel Ek daar geen einde aan sal maak nie.
o HERE, is u oë nie op opregtheid gerig nie? U het hulle geslaan, maar hulle het geen pyn gevoel nie, hulle tot niet gemaak, maar hulle het geweier om tugtiging aan te neem; hulle het hul aangesig harder gemaak as 'n rots, geweier om hulle te bekeer.
Maar ek het gesê: Hulle is maar die geringes; hulle het dwaas gehandel, omdat hulle die weg van die HERE, die reg van hulle God, nie ken nie.
Laat ek na die grotes gaan en met hulle spreek, want hulle ken die weg van die HERE, die reg van hulle God. Maar hulle het almal saam die juk verbreek, die stroppe stukkend geruk.
Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?
Hulle het die HERE verloën en gesê: Dit is nie Hy nie; en geen onheil sal oor ons kom nie; ons sal geen swaard of hongersnood sien nie;
Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare: Omdat julle hierdie woord spreek, kyk, Ek maak my woorde in jou mond 'n vuur en hierdie volk hout, en dit sal hulle verteer.
Kyk, Ek bring oor julle 'n nasie van ver af, o huis van Israel, spreek die HERE; 'n eeue-oue nasie is dit, 'n nasie van ouds af, 'n nasie waarvan jy die taal nie ken en jy nie verstaan wat hulle praat nie.
En as julle sê: Waarvoor het die HERE onse God ons al hierdie dinge aangedoen? antwoord hulle dan: Soos julle My verlaat het en vreemde gode in julle land gedien het, so sal julle vreemdes dien in 'n land wat julle s'n nie is nie.
Sou julle vir My nie bevrees wees nie, spreek die HERE, of voor my aangesig nie bewe nie, wat die sand gestel het as grens vir die see, 'n ewige beperking waaroor hy nie sal gaan nie? Al rol sy golwe, hulle is onmagtig; al bruis hulle, hulle sal daaroor nie gaan nie.
en hulle het nie in hul hart gesê nie: Laat ons tog die HERE onse God vrees, wat reën gee, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, wat vir ons die vasgestelde weke van die oes in stand hou.
Sou Ek hieroor geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?
Want so sê die HERE van die leërskare: Kap haar bome af, en gooi teen Jerusalem 'n wal op; dit is die stad wat besoek word; binne-in haar is net verdrukking.
So sê die HERE van die leërskare: Hulle sal die oorblyfsel van Israel skoon afoes soos 'n wingerdstok. Slaan jou hand weer soos 'n druiwesnyer aan die lote!
Wie sal ek toespreek en waarsku, dat hulle kan hoor? Kyk, hulle oor is onbesnede, sodat hulle nie kan luister nie. Kyk, die woord van die HERE is vir hulle 'n smaad, hulle het daar geen behae in nie.
Daarom is ek vol van die grimmigheid van die HERE; ek het my moeg gemaak om uit te hou. Giet dit uit oor die kinders op die straat en oor die versameling van jongmanne, oor almal; want ook die man saam met die vrou sal gevang word, die grysaard saam met die oue van dae.
En hulle huise sal oorgaan op ander mense, landerye en vroue, alles tesame; want Ek sal my hand uitstrek teen die inwoners van die land, spreek die HERE.
Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het; tog skaam hulle hul nie in die minste nie, tog weet hulle nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; in die tyd dat Ek aan hulle besoeking doen, sal hulle struikel, sê die HERE.
So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek gooi struikelblokke voor hierdie volk waaroor hulle sal struikel, vaders en seuns tesame; die buurman en sy vriend sal omkom.
So sê die HERE: Kyk, daar kom 'n volk uit die Noordland, en 'n groot nasie word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.
Staan in die poort van die huis van die HERE, en roep hierdie woord daar uit en sê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda, wat deur hierdie poorte ingaan om die HERE te aanbid!
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Maak julle weë en julle handelinge goed, dat Ek julle kan laat woon in hierdie plek.
Vertrou nie op bedrieglike woorde nie--wat sê: Die HERE se tempel, die HERE se tempel, die HERE se tempel is dit!
Is hierdie huis waaroor my Naam uitgeroep is, 'n spelonk van moordenaars in julle oë? Ook Ek--kyk, Ek het dit gesien, spreek die HERE.
Omdat julle dan nou al hierdie dinge gedoen het, spreek die HERE, en Ek met julle gespreek het, vroeg en laat, maar julle nie geluister het nie, en Ek julle geroep, maar julle nie geantwoord het nie,
Terg hulle My? spreek die HERE. Doen hulle dit nie aan hulleself tot beskaming van hul aangesig nie?
Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, my toorn en my grimmigheid sal uitgestort word oor hierdie plek, oor die mense en oor die diere en oor die bome van die veld en oor die vrugte van die land; en dit sal brand en nie uitgeblus word nie.
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Voeg julle brandoffers by julle slagoffers en eet vleis.
Sê dan vir hulle: Dit is die nasie wat na die stem van die HERE hulle God nie geluister het nie en die tugtiging nie aangeneem het nie; die opregtheid het verdwyn en is uitgeroei uit hulle mond.
Skeer jou mooi hare af, o Jerusalem, en gooi dit weg, en hef op die kaal heuwels 'n klaaglied aan; want die HERE het die geslag van sy grimmigheid verwerp en verstoot.
Want die kinders van Juda het gedoen wat verkeerd is in my oë, spreek die HERE. Hulle het hul verfoeisels gesit in die huis waaroor my Naam uitgeroep is, om dit te verontreinig.
Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat nie meer gesê sal word: Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal. En hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees nie.
In dié tyd, spreek die HERE, sal hulle die bene van die konings van Juda en die bene van sy vorste en die bene van die priesters en die bene van die profete en die bene van die inwoners van Jerusalem uit hulle grafte uithaal,
En die dood sal bo die lewe verkies word deur die hele oorblyfsel, die wat oor is van hierdie bose geslag in al die plekke waarheen Ek hulle verdryf het, spreek die HERE van die leërskare.
En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Sal iemand val en nie weer opstaan nie? Of sal hy weggaan en nie weer terugkom nie?
Selfs 'n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en 'n tortelduif en 'n swaweltjie en 'n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die HERE nie.
Hoe durf julle sê: Ons is wys, en die wet van die HERE is by ons? Waarlik, kyk, bedrieglik werk die leuenpen van die skrywers.
Die slim mense kom in die skande, is verslae en verstrik. Kyk, hulle het die woord van die HERE verwerp, en watter wysheid sou hulle hê?
Hulle kom in die skande, omdat hulle gruwel bedryf het, tog skaam hulle hul nie in die minste nie en weet nie om te bloos nie. Daarom sal hulle val onder die wat val; en die tyd van hulle besoeking sal hulle struikel, sê die HERE.
Saamskraap, wegraap sal Ek hulle, spreek die HERE. Daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, ja, die blare verdor. So het Ek ook vir hulle dié bestel wat dwarsoor hulle sal gaan.
Waarom bly ons sit? Kom bymekaar, en laat ons in die versterkte stede ingaan en daar omkom; want die HERE onse God laat ons omkom, en Hy laat ons gifwater drink, omdat ons teen die HERE gesondig het.
Want kyk, Ek stuur slange, basiliske onder julle waarteen daar geen beswering is nie, en hulle sal julle byt, spreek die HERE.
Daar is die hulpgeroep van die dogter van my volk uit 'n baie ver land: Is die HERE nie in Sion nie? Of is sy Koning nie daarin nie? Waarom het hulle My geterg met hulle gesnede beelde, met vreemde, nietige afgode?
En hulle span hulle tong, soos hulle boog, met leuens, en nie volgens waarheid is hulle magtig in die land nie; want van boosheid tot boosheid gaan hulle voort, maar My ken hulle nie, spreek die HERE.
Daarom, so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek smelt hulle en toets hulle; want hoe sou Ek anders handel vanweë die dogter van my volk?
Sou Ek hieroor aan hulle geen besoeking doen nie? spreek die HERE. Of sou my siel hom nie wreek op 'n nasie soos hierdie een nie?
Wie is die wyse man wat dit kan verstaan? En met wie het die mond van die HERE gespreek, dat hy dit kan verkondig? Waarom het die land te gronde gegaan, is dit verwoes soos die woestyn, sodat niemand daar deurtrek nie?
En die HERE het gesê: Omdat hulle my wet wat Ek hulle voorgehou het, verlaat het en na my stem nie geluister en daarin nie gewandel het nie,
daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek gee aan hulle, aan hierdie volk, wilde-als om te eet, en Ek laat hulle gifwater drink,
So sê die HERE van die leërskare: Let op, en roep die klaagvroue, dat hulle kom; en stuur na die wyse vroue, dat hulle kom;
Want hoor, o vroue, die woord van die HERE, en laat julle oor opvang die woord van sy mond; en leer julle dogters 'n weeklag en vir mekaar 'n klaaglied.
Sê dit: So spreek die HERE: En die lyke van die mense sal neerval soos mis op die oop veld en soos gerwe agter die maaier sonder dat iemand dit versamel.
So sê die HERE: Laat die wyse hom nie beroem op sy wysheid nie, en laat die sterke hom nie beroem op sy sterkte nie, laat die ryke hom nie beroem op sy rykdom nie;
maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE.
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor almal wat besny is, wat nogtans onbesnede is:
So sê die HERE: Maak julle nie gewend aan die weg van die heidene nie, en skrik nie vir die tekens van die hemel, omdat die heidene daarvoor skrik nie.
Maar die HERE is waarlik God, Hy is die lewende God en 'n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie--
Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is die stam van sy erfenis; HERE van die leërskare is sy Naam.
Want so sê die HERE: Kyk, Ek slinger die inwoners van die land hierdie keer weg, en Ek doen hulle benoudheid aan, dat hulle kan vind.
Want die herders het dom geword en die HERE nie gesoek nie; daarom was hulle nie voorspoedig nie, en hulle hele kudde is verstrooi.
Ek weet, o HERE, dat aan die mens sy weg nie toebehoort nie; nie aan 'n man om te loop en sy voetstappe te rig nie.
en sê vir hulle: So spreek die HERE, die God van Israel: Vervloek is die man wat nie luister na die woorde van hierdie verbond
om te bevestig die eed wat Ek vir julle vaders gesweer het om aan hulle te gee 'n land wat oorloop van melk en heuning soos dit vandag is. Toe het ek geantwoord en gesê: Amen, o HERE!
En die HERE het vir my gesê: Roep al hierdie woorde uit in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem: Hoor die woorde van hierdie verbond en doen dit.
Verder het die HERE vir my gesê: Daar is 'n sameswering ontdek onder die manne van Juda en onder die inwoners van Jerusalem:
So het die HERE vir my gesê: Gaan koop vir jou 'n linnegord en bind dit om jou heupe; maar laat dit nie in die water kom nie.
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bring 'n onheil oor hulle, waaruit hulle nie sal kan uitkom nie; dan sal hulle na My roep, maar Ek sal na hulle nie luister nie.
Die HERE het jou die naam gegee: groen olyfboom, skoon deur mooi gevormde vrugte; maar by die geluid van 'n groot gedruis het Hy 'n vuur daarteen aangesteek, en sy takke het gebreek.
Want die HERE van die leërskare wat jou geplant het, het onheil teen jou gespreek weens die boosheid van die huis van Israel en die huis van Juda, wat hulle graag gedoen het, om My te terg deur rook te laat opgaan vir Baäl.
Maar, o HERE van die leërskare, regverdige Regter, wat niere en hart toets, laat my u wraak op hulle sien, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
Daarom, so spreek die HERE aangaande die manne van Anatot wat jou lewe soek en sê: Jy mag nie profeteer in die Naam van die HERE nie, anders sal jy sterwe deur ons hand--
daarom, so spreek die HERE van die leërskare: Kyk, Ek doen besoeking oor hulle; die jongmanne sal sterwe deur die swaard, hulle seuns en hulle dogters sal sterwe deur hongersnood,
Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe?
Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting.
Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die HERE verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie.
Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die HERE.
So sê die HERE: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het--kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk.
En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die HERE leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl--dan sal hulle onder my volk gebou word.
Maar as hulle nie luister nie, dan sal Ek dié nasie heeltemal uitruk en tot niet maak, spreek die HERE.
En ná verloop van baie dae het die HERE vir my gesê: Maak klaar, gaan na die Eufraat en haal die gord daarvandaan wat Ek jou beveel het om daar weg te steek.
So spreek die HERE: So sal Ek laat bederwe die hoogmoed van Juda en dié van Jerusalem, wat so groot is.
Want soos die gord kleef aan die heupe van 'n man, so het Ek die hele huis van Israel en die hele huis van Juda aan My laat klewe, spreek die HERE, om vir My te wees 'n volk en 'n roem en 'n lof en 'n sieraad; maar hulle het nie geluister nie.
Sê verder aan hulle hierdie woord: So spreek die HERE, die God van Israel: Elke kan word vol wyn gemaak. Dan sal hulle vir jou sê: Weet ons dit dan nie dat elke kan vol wyn gemaak word nie?
Maar jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek vul met dronkenskap al die inwoners van hierdie land, selfs die konings wat op die troon van Dawid sit, en die priesters en die profete en al die inwoners van Jerusalem.
En Ek sal hulle verbrysel, die een teen die ander, die vaders en die kinders almal saam, spreek die HERE. Ek sal nie spaar of verskoon of My ontferm nie, dat Ek hulle nie sou verdelg nie.
Gee eer aan die HERE julle God voordat Hy dit donker laat word en voordat julle voete stamp teen die berge in die skemering; terwyl julle wag op lig, maar Hy dit doodskaduwee maak, in donkerheid verander.
Maar as julle daar nie na luister nie, sal my siel in skuilplekke ween vanweë die hoogmoed; en my oog sal bitterlik huil en afloop in trane, omdat die kudde van die HERE as gevangenes weggevoer is.
Dit is jou lot, die deel wat Ek jou toegemeet het, spreek die HERE, omdat jy My vergeet en op leuens vertrou het.
Hoewel ons ongeregtighede teen ons getuig, o HERE, doen dit om u Naam ontwil; want ons afkerighede is baie, ons het teen U gesondig.
Waarom sou U wees soos 'n man wat verslae is, soos 'n held wat nie kan verlos nie? U is tog in ons midde, o HERE, en u Naam is oor ons uitgeroep. Verlaat ons nie!
So sê die HERE van hierdie volk: Só het hulle daarvan gehou om te swerwe, hulle het hul voete nie teruggehou nie; daarom het die HERE geen behae in hulle nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en hulle sondes besoek.
Toe sê ek: Ag, Here HERE, kyk, die profete sê vir hulle: Julle sal geen swaard sien en geen hongersnood hê nie; maar Ek sal julle 'n duursame vrede gee in hierdie plek.
En die HERE het vir my gesê: Die profete profeteer vals in my Naam; Ek het hulle nie gestuur en hulle geen bevel gegee en met hulle nie gespreek nie; hulle profeteer vir julle 'n leuengesig en nietige waarsêery en bedrieëry van hulle hart.
Daarom, so spreek die HERE: Aangaande die profete wat profeteer in my Naam sonder dat Ek hulle gestuur het, en wat sê: Daar sal geen swaard of hongersnood in hierdie land wees nie--dié profete sal deur die swaard en die hongersnood omkom.
Is daar onder die nietige afgode van die nasies wat reën kan maak? Of kan die hemel reënbuie gee? Is U dit nie, o HERE onse God? En ons wag op U, want U doen al hierdie dinge.
Maar die HERE het vir my gesê: Al staan Moses en Samuel voor my aangesig, my siel wil niks van hierdie volk weet nie; dryf hulle van my aangesig af weg, en laat hulle heengaan.
En as hulle jou vra: Waar moet ons heengaan? sê dan vir hulle: So spreek die HERE: Wie vir die pes bestem is, na die pes; en wie vir die swaard, na die swaard; en wie vir die hongersnood, na die hongersnood; en wie vir die gevangenskap, na die gevangenskap.
En Ek sal oor hulle vier soorte besoekinge doen, spreek die HERE: die swaard om dood te maak en die honde om weg te sleep en die voëls van die hemel en die wilde diere van die aarde om op te eet en te vernietig.
Jy het My verwerp, spreek die HERE, jy het ál agteruitgegaan; daarom strek Ek my hand teen jou uit en verwoes jou; Ek is moeg om berou te hê.
Sy wat sewe gebaar het, het weggekwyn; sy het magteloos neergesink; haar son het ondergegaan terwyl dit nog dag was; sy staan beskaamd en het rooi van skaamte geword. En hulle oorblyfsel gee Ek aan die swaard oor, voor hulle vyande, spreek die HERE.
Die HERE het gesê: Waarlik, Ek bevry jou ten goede; waarlik, Ek maak dat die vyand jou ootmoedig smeek in tyd van onheil en in tyd van benoudheid.
o HERE, U weet dit; dink aan my en besoek my, en wreek my op my vervolgers. Neem my in u lankmoedigheid nie weg nie. Weet dat ek smaad dra om U ontwil.
Toe u woorde gevind is, het ek hulle opgeëet, en u woord was vir my vreugde en vrolikheid vir my hart; want u Naam is oor my uitgeroep, HERE, God van die leërskare!
Daarom, so sê die HERE: As jy terugkeer, sal Ek jou laat terugkeer, sal jy voor my aangesig staan; en as jy voortbring wat edel is, en niks onedels nie, sal jy soos my mond wees. Laat húlle na jou terugkeer, maar jy moet nie na hulle terugkeer nie.
En Ek sal jou 'n onneembare kopermuur vir hierdie volk maak; en hulle sal teen jou veg, maar jou nie oorweldig nie; want Ek is met jou om jou te verlos en om jou te red, spreek die HERE.
Want so sê die HERE van die seuns en die dogters wat in hierdie plek gebore word, en van hulle moeders wat hulle baar, en van hulle vaders wat hulle verwek in hierdie land:
Want so sê die HERE: Kom nie in die klaaghuis en gaan nie om te rouklaag nie, en betuig geen deelneming met hulle nie; want Ek het my vrede van hierdie volk weggeneem, spreek die HERE, die goedertierenheid en die barmhartigheid.
Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek laat uit hierdie plek ophou voor julle oë en in julle dae die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid.
En as jy al hierdie woorde aan hierdie volk bekend maak en hulle jou vra: Waarom het die HERE al hierdie groot onheile oor ons gespreek? En wat is ons ongeregtigheid en ons sonde wat ons teen die HERE onse God begaan het? --
dan moet jy vir hulle sê: Omdat julle vaders My verlaat het, spreek die HERE, en agter ander gode aan geloop en hulle gedien en hul daarvoor neergebuig het, maar My verlaat het en my wet nie gehou het nie,
Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat daar nie meer gesê sal word: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie;
maar: So waar as die HERE leef, wat die kinders van Israel laat optrek het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Hy hulle verdryf het. Ja, Ek sal hulle terugbring in hulle land wat Ek aan hulle vaders gegee het.
Kyk, Ek stuur baie vissers, spreek die HERE, wat hulle sal vang, en daarna sal Ek baie jagters stuur wat hulle sal opjaag, van elke berg en van elke heuwel en uit die klipskeure.
o HERE, my sterkte en my beskutting en my toevlug in die dag van benoudheid, tot U sal volke van die eindes van die aarde af kom en sê: Net leuens het ons vaders geërwe, nietige afgode, en daaronder was niks wat voordeel kon bring nie.
Daarom, kyk, Ek laat hulle hierdie keer voel, voel my hand en my mag; en hulle sal weet dat my Naam HERE is.
So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk.
Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.
o HERE, Verwagting van Israel! almal wat U verlaat, sal beskaamd staan; wie van My afwyk, sal op die aarde geskryf word; want hulle het die HERE, die fontein van lewende water, verlaat.
So het die HERE vir my gesê: Gaan staan in die poort van die kinders van die volk, waardeur die konings van Juda ingaan en waardeur hulle uitgaan, ja, al die poorte van Jerusalem;
en sê vir hulle: Hoor die woord van die HERE, konings van Juda en die hele Juda en al die inwoners van Jerusalem wat deur hierdie poorte ingaan:
So spreek die HERE: Neem julle in ag om julle siele ontwil, dat julle geen las dra op die sabbatdag en dit inbring deur die poorte van Jerusalem nie.
As julle dan aandagtig na My luister, spreek die HERE, om geen las deur die poorte van hierdie stad op die sabbatdag in te bring nie en om die sabbatdag te heilig deur daarop géén werk te doen nie,
En hulle sal kom uit die stede van Juda en uit die omstreke van Jerusalem en uit die land Benjamin en uit die Laeveld en uit die Gebergte en uit die Suidland, hulle wat brandoffer en slagoffer en spysoffer en wierook aanbring, en lofoffer aanbring in die huis van die HERE.
Sal Ek nie soos hierdie pottebakker met julle kan maak nie, o huis van Israel? spreek die HERE. Kyk, soos klei in die hand van die pottebakker, so is julle in my hand, o huis van Israel!
Sê dan nou tog aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem dit: So spreek die HERE: Kyk, Ek maak onheil gereed teen julle, en Ek dink 'n plan uit teen julle; bekeer julle tog, elkeen van sy verkeerde weg, en maak julle weë en julle handelinge goed.
Daarom, so spreek die HERE: Vra tog onder die volke: Wie het sulke dinge gehoor? Die jonkvrou van Israel het 'n baie afskuwelike ding gedoen.
Maar U, HERE, ken hulle hele plan teen my om my dood te maak; doen geen versoening oor hulle ongeregtigheid en delg hulle sonde nie uit voor u aangesig nie, ja, laat hulle tot 'n val kom voor u aangesig, tree teen hulle op in die tyd van u toorn.
So sê die HERE: Gaan koop vir jou 'n pottebakkerskruik, saam met oudstes uit die volk en oudstes uit die priesters.
En jy moet sê: Hoor die woord van die HERE, o konings van Juda en inwoners van Jerusalem! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring onheil oor hierdie plek waarvan elkeen wat dit hoor, se ore sal tuit;
Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hierdie plek nie meer sal genoem word Tofet en die dal van die seun van Hinnom nie, maar Moorddal.
en vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Net so sal Ek hierdie volk en hierdie stad verbreek, soos 'n mens 'n erdepot breek, wat nie meer heelgemaak kan word nie; en hulle sal in Tofet begrawe, omdat daar geen plek sal wees om te begrawe nie.
So sal Ek met hierdie plek maak, spreek die HERE, en met sy inwoners, en hierdie stad maak soos Tofet.
Toe het Jeremia uit Tofet gekom, waarheen die HERE hom gestuur het om te profeteer, en hy het gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE en aan die hele volk gesê:
So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor hierdie stad en al sy stede al die onheil wat Ek daaroor gespreek het, omdat hulle hul nek verhard het om na my woorde nie te luister nie.
En Pashur, die seun van Immer, die priester--wat hoofopsigter was in die huis van die HERE--het Jeremia hierdie woorde hoor profeteer.
Toe het Pashur die profeet Jeremia geslaan en hom in die blok gesit wat in die Boonste Poort van Benjamin was, by die huis van die HERE.
Maar die volgende dag het Pashur Jeremia uit die blok laat uithaal. Toe sê Jeremia vir hom: Die HERE noem jou nie Pashur nie, maar Skrik--rondom!
Want so spreek die HERE: Kyk, Ek maak jou 'n skrik vir jouself en vir al jou vriende; en hulle sal val deur die swaard van hul vyande, terwyl jou oë dit sien, en die hele Juda sal Ek gee in die hand van die koning van Babel, wat hulle in ballingskap sal wegvoer na Babel en hulle met die swaard sal verslaan.
HERE, U het my oorgehaal, en ek het my laat oorhaal; U was te sterk vir my en het oorwin; ek was 'n belagging die hele dag, almal saam spot met my.
Want elke keer as ek spreek, moet ek dit uitskreeu, moet ek roep: Geweld en verdrukking! --omdat die woord van die HERE vir my 'n smaad en spot geword het die hele dag.
Maar die HERE is met my soos 'n geweldige held; daarom sal my vervolgers struikel en nie oorwin nie; hulle staan diep beskaamd, omdat hulle nie geslaag het nie, 'n ewige smaad wat nie vergeet sal word nie.
Maar, HERE van die leërskare, wat die regverdige toets, wat die niere en die hart sien--laat my u wraak sien op hulle, want aan U het ek my regsaak toevertrou.
Sing tot eer van die HERE, prys die HERE! Want Hy het die siel van die behoeftige uit die hand van die kwaaddoeners verlos.
Ja, laat dié man wees soos die stede wat die HERE omgekeer het sonder dat dit Hom berou het; en laat hom in die môre angsgeroep hoor en op die middagtyd krygsgeskreeu,
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het toe Sedekía, die koning, Pashur, die seun van Malkía, en Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, na hom gestuur het met die woorde:
Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek.
So spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek laat die oorlogswapens terugdraai wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer buitekant die muur teen die koning van Babel en teen die Chaldeërs wat julle beleër; en Ek sal dit binne-in hierdie stad versamel.
En daarna, spreek die HERE, sal Ek Sedekía, die koning van Juda, en sy dienaars en die volk--die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, die swaard en die hongersnood--oorgee in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard; hy sal geen medelyde met hulle hê of hulle spaar of hom ontferm nie.
En aan hierdie volk moet jy sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood:
Want Ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek die HERE. Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.
o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos 'n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.
Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal, rots van die vlakte, spreek die HERE. Julle wat sê: Wie sal kan afkom teen ons, of wie sal in ons skuilplekke indring?
En Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek die HERE; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy bos, en dit sal alles verteer wat rondom hom lê.
en sê: Hoor die woord van die HERE, o koning van Juda, wat sit op die troon van Dawid; jy en jou dienaars en jou volk wat deur hierdie poorte ingaan.
So spreek die HERE: Doen reg en geregtigheid, en red die beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade, geen geweld aan vreemdeling, wees en weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.
Maar as julle na hierdie woorde nie luister nie, dan sweer Ek by Myself, spreek die HERE, dat hierdie huis 'n puinhoop sal word.
Want so sê die HERE aangaande die huis van die koning van Juda: 'n Gílead is jy vir My, die top van die Líbanon. Waarlik, Ek sal jou 'n woestyn maak, stede wat nie bewoon word nie!
Dan sal baie nasies by hierdie stad verbytrek en die een aan die ander vra: Waarom het die HERE so gedoen met hierdie groot stad?
En hulle sal sê: Omdat hulle die verbond van die HERE hulle God verlaat het en voor ander gode hulle neergebuig en dié gedien het.
Want so sê die HERE aangaande Sallum, die seun van Josía, die koning van Juda, wat in die plek van sy vader Josía geregeer het, wat uit hierdie plek uitgegaan het: Hy sal daar nie meer terugkom nie;
Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan. Is dit nie My erken nie? spreek die HERE.
Daarom sê die HERE so van Jójakim, die seun van Josía, koning van Juda: Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, my broer! of ag, suster! nie. Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, heer! of--ag, majesteit! nie.
So waar as Ek leef, spreek die HERE, al was Gonja, die seun van Jójakim, koning van Juda, 'n seëlring aan my regterhand, tog sal Ek jou daar afruk,
So sê die HERE: Skryf hierdie man op as kinderloos, 'n man wat nie voorspoedig sal wees in sy dae nie; want dit sal niemand van sy geslag geluk om te sit op die troon van Dawid en nog oor Juda te heers nie.
Daarom, so sê die HERE, die God van Israel, aangaande die herders wat my volk oppas: Júlle het my skape verstrooi en hulle verdrywe en hulle nie opgesoek nie. Kyk, Ek besoek oor julle die boosheid van julle handelinge, spreek die HERE.
En Ek sal herders oor hulle verwek wat hulle sal oppas; en hulle sal nie meer bevrees of verskrik wees of vermis word nie, spreek die HERE.
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.
In sy dae sal Juda verlos word en Israel veilig woon; en dit is sy naam waarmee Hy genoem sal word: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat hulle nie meer sal sê: So waar as die HERE leef wat die kinders van Israel uit Egipteland laat optrek het nie,
maar: So waar as die HERE leef wat die geslag van die huis van Israel laat optrek en laat kom het uit die Noordland en uit al die lande waarheen Ek hulle verdryf het. En hulle sal woon in hulle land.
Wat die profete betref--my hart is gebreek in my binneste, my hele gebeente sidder; ek is soos 'n dronk man en soos 'n man wat deur die wyn oorweldig is, vanweë die HERE en sy heilige woorde.
Want profeet sowel as priester is goddeloos; selfs in my huis het Ek hulle boosheid gevind, spreek die HERE.
Daarom sal hulle weg vir hulle wees soos glyerige plekke in die donkerheid; hulle sal neergestoot word en daarin val. Want Ek sal onheil oor hulle bring in die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.
Daarom, so sê die HERE van die leërskare aangaande die profete: Kyk, Ek laat hulle wilde-als eet en laat hulle gifwater drink; want van die profete van Jerusalem het goddeloosheid in die hele land uitgegaan.
So sê die HERE van die leërskare: Luister nie na die woorde van die profete wat vir julle profeteer nie; hulle vervul julle met ydele verwagtinge; gesigte uit hul eie hart verkondig hulle, nie uit die mond van die HERE nie.
Hulle sê gedurig aan my veragters: Die HERE het gespreek: Julle sal vrede hê; en aan elkeen wat wandel in die verharding van sy hart, sê hulle: Geen onheil sal oor julle kom nie.
Want wie het in die raad van die HERE gestaan, dat hy sy woord sou sien en hoor? Wie het sy woord beluister en gehoor?
Kyk, 'n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, ja, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
Die toorn van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit duidelik verstaan.
Sou iemand hom in skuilplekke kan wegsteek dat Ek hom nie sien nie? spreek die HERE. Vervul Ek nie die hemel en die aarde nie? spreek die HERE.
Die profeet by wie 'n droom is, laat hom 'n droom vertel; en by wie my woord is, laat hom my woord spreek in waarheid. Wat het die strooi met die koring te doen? spreek die HERE.
Daarom, kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat my woorde steel, die een van die ander.
Kyk, Ek het dit teen die profete, spreek die HERE, wat hulle eie tong gebruik en sê: Die HERE spreek!
Kyk, Ek het dit teen hulle wat leuenagtige drome profeteer, spreek die HERE, en dit rondvertel en my volk verlei met hulle leuens en hulle grootpratery, terwyl Ek hulle nie gestuur en aan hulle geen bevel gegee het nie, en hulle vir hierdie volk hoegenaamd geen voordeel bring nie, spreek die HERE.
As hierdie volk of profeet of priester jou dan vra en sê: Wat het die HERE gelas? --dan moet jy vir hulle sê: Júlle is die las. En Ek sal julle afwerp, spreek die HERE.
En wat betref die profeet of die priester of die volk wat sê: Die HERE het gelas--oor dié man en oor sy huis sal Ek besoeking doen.
So moet julle sê, elkeen vir sy naaste en elkeen vir sy broer: Wat het die HERE geantwoord? En wat het die HERE gespreek?
Maar van: die HERE het gelas--mag julle nie meer melding maak nie; want vir elkeen sal sy eie woord die las wees: dat julle verdraai die woorde van die lewende God, van die HERE van die leërskare, onse God.
Maar as julle sê: Die HERE het gelas--daarom, so spreek die HERE: Omdat julle hierdie woord sê: Die HERE het gelas--alhoewel Ek na julle gestuur het met die woorde: Julle mag nie sê: Die HERE het gelas nie--
Die HERE het my laat sien, en daar was twee mandjies met vye, reggesit voor die tempel van die HERE--nadat Nebukadrésar, die koning van Babel, Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en die vorste van Juda en die smede en die slotmakers uit Jerusalem in ballingskap weggevoer en hulle in Babel gebring het.
En die HERE het vir my gesê: Wat sien jy, Jeremia? En ek het geantwoord: Vye; die goeie vye is baie goed en die slegtes baie sleg, te sleg om te eet.
So spreek die HERE, die God van Israel: Soos hierdie goeie vye, so sal Ek ten goede aansien die ballinge van Juda wat Ek uit hierdie plek na die land van die Chaldeërs weggestuur het;
En Ek sal hulle 'n hart gee om My te ken, dat Ek die HERE is; en hulle sal vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, want hulle sal na My terugkeer met hul hele hart.
En soos die slegte vye wat te sleg is om te eet--waarlik, so sê die HERE--só sal Ek Sedekía, die koning van Juda, maak en sy vorste en die oorblyfsel van Jerusalem wat in hierdie land oorgebly het en die wat in Egipteland woon;
Vanaf die dertiende jaar van Josía, die seun van Amon, die koning van Juda, tot op hierdie dag--nou drie en twintig jaar lank--het die woord van die HERE tot my gekom; en ek het julle toegespreek, vroeg en laat, maar julle het nie geluister nie.
Ook het die HERE al sy knegte, die profete, na julle gestuur, vroeg en laat--maar julle het nie geluister of julle oor geneig om te hoor nie--
met die woorde: Bekeer julle tog elkeen van sy verkeerde weg en van die boosheid van julle handelinge, en woon in die land wat die HERE aan julle en julle vaders gegee het, van eeu tot eeu;
Maar julle het na My nie geluister nie, spreek die HERE--om My te terg met die werk van julle hande, julle tot skade.
laat Ek al die geslagte van die Noorde haal, spreek die HERE, en Nebukadrésar, die koning van Babel, my dienaar; en Ek sal hulle bring oor hierdie land en sy inwoners en oor al hierdie nasies rondom, en Ek sal hulle met die banvloek tref en hulle maak 'n voorwerp van verbasing en van bespotting en ewige puinhope.
En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor dié nasie, spreek die HERE, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chaldeërs, en sal dit ewige wildernisse maak.
Want so het die HERE, die God van Israel, vir my gesê: Neem hierdie beker van die wyn van grimmigheid uit my hand en gee dit om te drink aan al die nasies na wie Ek jou stuur,
En ek het die beker uit die hand van die HERE geneem en al die volke laat drink na wie die HERE my gestuur het;
En jy moet vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Drink en word dronk en spuug en val neer en staan nie weer op nie weens die swaard wat Ek onder julle stuur.
En as hulle weier om die beker uit jou hand te neem om te drink, moet jy vir hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Drink sál julle!
Want kyk, in die stad waaroor my Naam uitgeroep is, begin Ek met onheile--en sal júlle heeltemal ongestraf bly? Julle sal nie ongestraf bly nie, want Ek roep die swaard op teen al die inwoners van die aarde, spreek die HERE van die leërskare.
Jy moet dan al hierdie woorde vir hulle profeteer en aan hulle sê: Die HERE sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwetrappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.
Oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die HERE het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose--aan die swaard het Hy hulle oorgegee, spreek die HERE.
So sê die HERE van die leërskare: Kyk, onheil gaan uit van volk tot volk, en 'n groot storm word opgewek uit die agterhoeke van die aarde.
En die wat deur die HERE verslaan is, sal dié dag lê van die een einde van die aarde tot die ander einde van die aarde; hulle sal nie beklaag of versamel of begrawe word nie; hulle sal mis op die aarde wees.
Hoor! Geskreeu van die herders en gehuil van die maghebbers van die kudde, omdat die HERE hulle kudde verwoes.
In die begin van die regering van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het hierdie woord van die HERE gekom:
So sê die HERE: Gaan staan in die voorhof van die huis van die HERE, en spreek tot al die stede van Juda wat kom om te aanbid in die huis van die HERE, al die woorde wat Ek jou beveel het om aan hulle te sê; laat geen woord weg nie.
Sê dan vir hulle: So spreek die HERE: As julle na My nie luister nie, om in my wet te wandel wat Ek julle voorgehou het,
En die priesters en die profete en die hele volk het Jeremia hierdie woorde hoor spreek in die huis van die HERE.
En toe Jeremia klaar gespreek het alles wat die HERE beveel het om aan die hele volk te sê, het die priesters en die profete en die hele volk hom gegryp en gesê: Jy moet sekerlik sterwe!
Waarom het jy in die Naam van die HERE geprofeteer en gesê: Hierdie huis sal soos Silo word, en hierdie stad sal verwoes word, sonder inwoner? En die hele volk het bymekaargekom teen Jeremia in die huis van die HERE.
Toe die vorste van Juda hierdie woorde hoor, het hulle uit die huis van die koning opgegaan na die huis van die HERE; en hulle het gaan sit by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die HERE.
Maar Jeremia het al die vorste en die hele volk toegespreek en gesê: Die HERE het my gestuur om teen hierdie huis en teen hierdie stad te profeteer al die woorde wat julle gehoor het.
Maak dan nou julle weë en julle handelinge goed, en luister na die stem van die HERE julle God; dan sal dit die HERE berou oor die onheil wat Hy teen julle gespreek het.
Maar weet verseker as julle my doodmaak dat julle onskuldige bloed bring op julleself en op hierdie stad en op sy inwoners; want die HERE het my waarlik na julle gestuur om al hierdie woorde voor julle ore te spreek.
Toe sê die vorste en die hele volk aan die priesters en die profete: Hierdie man verdien nie die dood nie, want hy het met ons gespreek in die Naam van die HERE onse God.
Miga, die Morastiet, het as profeet opgetree in die dae van Hiskía, koning van Juda, en met die hele volk van Juda gespreek en gesê: So spreek die HERE van die leërskare: Sion sal soos 'n land omgeploeg word, en Jerusalem sal puinhope word en die tempelberg bosrante.
Het Hiskía, koning van Juda, en die hele Juda hom ooit gedood? Het hy nie die HERE gevrees en die HERE om genade gesmeek, sodat dit die HERE berou het oor die onheil wat Hy teen hulle gespreek het nie? En ons is besig om ons siele 'n groot onheil te berokken!
En daar was ook 'n man wat in die Naam van die HERE geprofeteer het, Uría, die seun van Semája, van Kirjat-Jeárim; en hy het geprofeteer teen hierdie stad en teen hierdie land ooreenkomstig al die woorde van Jeremia.
In die begin van die regering van Sedekía, die seun van Josía, koning van Juda, het van die HERE hierdie woord tot Jeremia gekom:
en gee hulle opdrag aan hul gebieders, met die woorde: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: So moet julle aan jul gebieders sê:
En die nasie en die koninkryk wat hom, Nebukadnésar, die koning van Babel, nie sal dien nie, en wat sy nek nie sal steek onder die juk van die koning van Babel nie--oor daardie nasie sal Ek, spreek die HERE, besoeking doen met die swaard en die hongersnood en die pes, totdat Ek hulle heeltemal in sy mag gebring het.
Maar die nasie wat sy nek sal bring onder die juk van die koning van Babel en hom sal dien, dié sal Ek in sy land laat bly, spreek die HERE, en hulle sal dit bewerk en daarin woon.
Waarom moet julle sterwe, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos die HERE gespreek het van die nasie wat die koning van Babel nie sal dien nie?
Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE, en hulle profeteer vals in my Naam, dat Ek julle kan verdrywe en dat julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.
Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesê: So spreek die HERE: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sê: Kyk, die voorwerpe van die huis van die HERE sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.
Maar as hulle profete is, en as die woord van die HERE by hulle is, laat hulle tog die HERE van die leërskare dringend smeek, dat die voorwerpe wat in die huis van die HERE en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babel kom nie.
Want so sê die HERE van die leërskare van die pilare en van die see en van die afspoelwaentjies en van die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,
want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat in die huis van die HERE en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het:
Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek die HERE, en dit opvoer en terugbring na hierdie plek.
En in dié jaar, in die begin van die regering van Sedekía, die koning van Juda, in die vierde jaar, in die vyfde maand, het Hanánja, die seun van Assur, die profeet, wat uit Gíbeon afkomstig was, met my gespreek in die huis van die HERE in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk en gesê:
So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Ek het die juk van die koning van Babel verbreek.
In nog twee jaar bring Ek in hierdie plek terug al die voorwerpe van die huis van die HERE wat Nebukadnésar, die koning van Babel, uit hierdie plek weggeneem en na Babel gebring het.
Ook Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, en al die ballinge van Juda wat na Babel gegaan het, bring Ek in hierdie plek terug, spreek die HERE; want Ek sal die juk van die koning van Babel verbreek.
Toe het die profeet Jeremia aan die profeet Hanánja gesê in teenwoordigheid van die priesters en van die hele volk wat in die huis van die HERE gestaan het,
en die profeet Jeremia het gesê: Amen, laat die HERE so doen! Laat die HERE vervul jou woorde wat jy geprofeteer het, deur die voorwerpe van die huis van die HERE en al die ballinge uit Babel na hierdie plek terug te bring!
Die profeet wat profeteer van vrede--as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die HERE waarlik gestuur het.
En Hanánja het gespreek in teenwoordigheid van die hele volk en gesê: So spreek die HERE: So sal Ek verbreek die juk van Nebukadnésar, die koning van Babel, in nog twee jaar, van die nek van al die nasies. En die profeet Jeremia het weggegaan.
Maar die woord van die HERE het tot Jeremia gekom, nadat die profeet Hanánja die juk van die nek van die profeet Jeremia afgeneem en verbreek het, en gesê:
Gaan spreek met Hanánja en sê: So spreek die HERE: Houtjukke het jy verbreek, maar jy moet in die plek daarvan ysterjukke maak.
Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Ek het 'n ysterjuk gelê op die nek van al hierdie nasies om Nebukadnésar, die koning van Babel, te dien, en hulle sal hom dien; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee.
En die profeet Jeremia het aan die profeet Hanánja gesê: Luister tog, Hanánja! Die HERE het jou nie gestuur nie, maar jy het hierdie volk op leuens laat vertrou.
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek werp jou van die aarde af weg; hierdie jaar sal jy sterwe, omdat jy afval van die HERE verkondig het.
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aan al die ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel in ballingskap weggevoer het:
en soek die vrede van die stad waarheen Ek julle in ballingskap weggevoer het, en bid daarvoor tot die HERE; want in die vrede daarvan sal julle vrede hê.
Want so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Laat julle profete en julle waarsêers wat onder julle is, julle nie bedrieg nie, en luister nie na julle dromers vir wie julle laat droom nie.
Want so sê die HERE: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring.
Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle 'n hoopvolle toekoms te gee.
En Ek sal My deur julle laat vind, spreek die HERE, en julle lot verander en julle versamel uit al die nasies en uit al die plekke waarheen Ek julle verdryf het, spreek die HERE; en Ek sal julle terugbring na die plek vanwaar Ek julle in ballingskap weggevoer het.
nee, so sê die HERE aangaande die koning wat op die troon van Dawid sit, en aangaande die hele volk wat in hierdie stad woon, julle broers wat nie saam met julle in ballingskap uitgetrek het nie,
so sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek stuur die swaard, die hongersnood en die pes onder hulle, en Ek sal hulle maak soos bedorwe vye wat te sleg is om te eet.
omdat hulle na my woorde nie geluister het nie, spreek die HERE, waarmee Ek my knegte, die profete, na hulle gestuur het, vroeg en laat, sonder dat julle geluister het, spreek die HERE.
Luister dan na die woord van die HERE, al julle ballinge wat Ek uit Jerusalem na Babel weggestuur het!
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande Agab, die seun van Kolája, en aangaande Sedekía, die seun van Maäséja, wat vir julle in my Naam leuens profeteer: Kyk, Ek gee hulle in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal hulle voor julle oë verslaan.
En aan hulle sal 'n vloek ontleen word by al die ballinge van Juda wat in Babel is, deurdat gesê word: Mag die HERE jou maak soos Sedekía en soos Agab, wat die koning van Babel in die vuur gebraai het! --
omdat hulle 'n skanddaad in Israel begaan het en owerspel met die vroue van hulle naaste bedryf het en 'n leuenwoord in my Naam gespreek het, wat Ek hulle nie beveel het nie; en Ek is die Een wat weet en getuie is, spreek die HERE.
So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Omdat jy 'n brief in jou naam gestuur het na die hele volk wat in Jerusalem is, en na Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, en na al die priesters, met die woorde:
Die HERE het jou as priester aangestel in die plek van die priester Jójada, dat daar opsigters kan wees in die huis van die HERE oor elkeen wat kranksinnig is en as profeet optree, dat jy hom in die blok en in die nekyster kan sit--
Laat al die ballinge weet: So sê die HERE aangaande Semája, die Nehelamiet: Omdat Semája vir julle geprofeteer het sonder dat hy deur My gestuur is, en hy julle op leuens laat vertrou het,
daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek doen besoeking oor Semája, die Nehelamiet, en oor sy geslag; hy sal niemand hê wat onder hierdie volk woon nie, en hy sal die goeie nie sien wat Ek aan my volk sal doen nie, spreek die HERE; want hy het teen die HERE afval verkondig.
So spreek die HERE, die God van Israel: Skryf vir jou in 'n boek al die woorde wat Ek met jou gespreek het;
want kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die lot van my volk Israel en Juda sal verander, sê die HERE; en Ek sal hulle terugbring in die land wat Ek aan hulle vaders gegee het, en hulle sal dit in besit neem.
En op dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek sy juk verbreek van jou nek af en jou stroppe stukkend ruk; en vreemdes sal hom nie meer diensbaar maak nie.
Jy dan, wees nie bevrees nie, o my kneg Jakob, spreek die HERE; en wees nie verskrik nie, o Israel! Want kyk, Ek verlos jou uit ver plekke en jou nageslag uit die land van hulle gevangenskap; en Jakob sal terugkom en stil en gerus wees sonder dat iemand hom skrikmaak.
Want Ek is met jou, spreek die HERE, om jou te verlos. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verstrooi het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Want Ek sal genesing vir jou tot stand laat kom en jou van jou wonde gesond maak, spreek die HERE; omdat hulle jou noem: die verjaagde. Dit is Sion, sê hulle, niemand vra na haar nie.
So sê die HERE: Kyk, Ek verander die lot van die tente van Jakob en sal My oor sy wonings ontferm; en die stad sal op sy puinhoop herbou word, en die paleis sal op sy regte plek staan.
En sy maghebber sal uit hom afkomstig wees, en sy heerser uit sy midde voortkom; en Ek sal hom laat aankom, en hy sal nader kom na My toe. Want wie is hy tog wat sy lewe daaraan waag om nader te kom na My toe? spreek die HERE.
Kyk, 'n storm van die HERE, grimmigheid het uitgegaan, 'n dwarrelstorm! Op die hoof van die goddelose mense breek dit los.
Die toorngloed van die HERE sal nie afgewend word nie, totdat Hy uitgevoer en tot stand gebring het die raadslae van sy hart; aan die einde van die dae sal julle dit verstaan.
In dié tyd, spreek die HERE, sal Ek vir al die geslagte van Israel 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
So sê die HERE: Die volk van diegene wat van die swaard vrygeraak het, het genade gevind in die woestyn, op weg om sy rus te geniet, naamlik Israel.
Die HERE het aan my verskyn uit die verte: Ja, Ek het jou liefgehad met 'n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.
Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die HERE onse God.
Want so sê die HERE: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en sê: o HERE, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel!
Hoor die woord van die HERE, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en sê: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde.
En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel en toestroom na die seëninge van die HERE, na die koring en die mos en die olie en na die jong skape en beeste; en hulle siel sal wees soos 'n welbesproeide tuin, en hulle sal verder nie meer kwyn nie.
En Ek sal die siel van die priesters verkwik met vettigheid, en my volk sal versadig word met my seëninge, spreek die HERE.
So sê die HERE: 'n Stem word gehoor in Rama, geklaag, bitter geween; Ragel ween oor haar kinders; sy weier om getroos te word oor haar kinders, omdat hulle daar nie is nie.
So sê die HERE: Bedwing jou stem van geween en jou oë van trane; want daar is loon vir jou arbeid, spreek die HERE; en hulle sal uit die land van die vyand terugkom.
Ja, daar is verwagting vir jou nakomelinge, spreek die HERE; en die kinders sal terugkom na hulle grondgebied.
Sekerlik het Ek Efraim hoor weeklaag: U het my getugtig en ek het my laat tugtig soos 'n ongeleerde kalf. Bekeer my, dan sal ek my bekeer, want U is die HERE my God.
Is Efraim vir My 'n dierbare seun of 'n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die HERE.
Hoe lank sal jy bly aarsel, o afkerige dogter? Want die HERE het iets nuuts op die aarde geskape: Die vrou sal die man beskerm.
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Weer sal hulle hierdie woord sê in die land Juda en in die stede daarvan, as Ek hulle lot verander: Mag die HERE jou seën, o woning van geregtigheid, heilige berg!
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die huis van Israel en die huis van Juda sal besaai met saad van mense en van diere.
En soos Ek oor hulle wakker was om uit te ruk en om te gooi en te verwoes en te vernietig en skade aan te doen, so sal Ek oor hulle wakker wees om te bou en te plant, spreek die HERE.
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond sal sluit;
nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie--my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.
Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.
So sê die HERE wat die son gee tot 'n lig oordag, die ordeninge van die maan en van die sterre tot 'n lig in die nag; wat die see in beroering bring, sodat sy golwe bruis, HERE van die leërskare is sy Naam:
As hierdie verordeninge voor my aangesig sal wyk, spreek die HERE, dan sal die nageslag van Israel ook ophou om 'n volk te wees voor my aangesig vir altyd.
So sê die HERE: As die hemele daarbo gemeet en die fondamente van die aarde daaronder nagespeur kan word, dan sal Ek ook die hele nageslag van Israel verwerp weens alles wat hulle gedoen het, spreek die HERE.
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat die stad vir die HERE herbou sal word, van die toring Hanáneël af tot by die Hoekpoort.
En die hele dal van die lyke en van die as, en al die velde tot by die spruit Kidron, tot by die hoek van die Perdepoort teen die ooste, sal aan die HERE heilig wees; dit sal nie weer uitgeruk of verwoes word in ewigheid nie.
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het in die tiende jaar van Sedekía, die koning van Juda--hierdie jaar was die agttiende jaar van Nebukadrésar.
waar Sedekía die koning van Juda, hom opgesluit het, met die woorde: Waarom profeteer jy en sê: So spreek die HERE: Kyk, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit inneem;
en hy sal Sedekía na Babel bring, en daar sal hy wees totdat Ek op hom ag gee, spreek die HERE. Alhoewel julle teen die Chaldeërs veg, sal julle tog geen voorspoed hê nie.)
En Hanámeël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van die HERE in die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Anatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van die HERE was.
So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Neem hierdie briewe, hierdie koopbrief, die verseëlde een sowel as hierdie oop brief, en sit hulle in 'n erdepot, dat hulle baie dae kan bly bestaan.
Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Daar sal weer huise en gronde en wingerde in hierdie land gekoop word.
En nadat ek die koopbrief aan Barug, die seun van Nería, gegee het, het ek tot die HERE gebid en gesê:
Ag, Here HERE, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm; geen ding is vir U te wonderbaar nie.
U wat guns bewys aan duisende en die ongeregtigheid van die vaders vergeld in die skoot van hulle kinders ná hulle; die grote, die geweldige God, wie se Naam is HERE van die leërskare,
En tog het U, Here HERE, self aan my gesê: Koop vir jou die stuk grond vir geld en neem getuies, terwyl die stad in die hand van die Chaldeërs oorgegee is!
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek gee hierdie stad oor in die hand van die Chaldeërs en in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal dit inneem.
Want die kinders van Israel en die kinders van Juda het van hulle jeug af net gedoen wat verkeerd is in my oë; want die kinders van Israel het My deur die werk van hulle hande net geterg, spreek die HERE.
Daarom, so spreek dan nou die HERE, die God van Israel, aangaande hierdie stad waarvan julle sê: Dit is in die hand van die koning van Babel oorgegee deur die swaard en die hongersnood en die pes--
Want so sê die HERE: Soos Ek oor hierdie volk gebring het al hierdie groot onheile, so bring Ek oor hulle al die goeie wat Ek oor hulle spreek.
Gronde sal hulle vir geld koop en die briewe onderteken en verseël en getuies neem, in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda en in die stede van die Gebergte en in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland; want Ek sal hulle lot verander, spreek die HERE.
Verder het die woord van die HERE vir die tweede keer tot Jeremia gekom, terwyl hy nog opgesluit was in die voorhof van bewaking, en gesê:
Want so sê die HERE, die God van Israel, met betrekking tot die huise van hierdie stad en die huise van die konings van Juda wat omgegooi is as verdediging teen die walle en die swaard--
So spreek die HERE: In hierdie plek waarvan julle sê: Dit is woes, sonder mens en sonder dier--in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem wat verwoes is, sonder mens en sonder inwoner en sonder dier, sal weer gehoor word
die stem van vreugde en die stem van vrolikheid, die stem van die bruidegom en die stem van die bruid, die stem van die wat sê: Loof die HERE van die leërskare, want die HERE is goed, want sy goedertierenheid is in ewigheid! --van die wat 'n lofoffer bring in die huis van die HERE; want Ek sal die lot van die land verander soos tevore, sê die HERE.
So spreek die HERE van die leërskare: In hierdie plek wat woes is, sonder mens of dier, en in al die stede daarvan sal weer 'n weiveld vir die herders wees wat troppe kleinvee laat lê en rus.
In die stede van die Gebergte, in die stede van die Laeveld en in die stede van die Suidland en in die land Benjamin en in die omstreke van Jerusalem en in die stede van Juda sal die troppe kleinvee weer by die teller verbygaan, sê die HERE.
Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda.
In dié dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: DIE HERE ONS GEREGTIGHEID.
Want so sê die HERE: Daar sal vir Dawid nie 'n man ontbreek wat sit op die troon van die huis van Israel nie;
So spreek die HERE: As julle my verbond met die dag en my verbond met die nag kan verbreek, dat daar geen dag of nag op hulle tyd is nie,
Het jy nie gemerk wat hierdie volk spreek nie as hulle sê: Die twee geslagte wat die HERE uitverkies het, dié het Hy verwerp? En hulle verag my volk, sodat dit geen nasie voor hulle meer is nie.
So sê die HERE: As Ek my verbond met dag en nag, die insettinge van hemel en aarde, nie vasgestel het nie,
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het--toe Nebukadnésar, die koning van Babel, en sy hele leër en al die koninkryke van die land van sy heerskappy en al die volke teen Jerusalem en al die stede daarvan oorlog gevoer het--
so sê die HERE, die God van Israel: Gaan en spreek met Sedekía, die koning van Juda, en sê vir hom: So spreek die HERE: Kyk, Ek gee hierdie stad in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.
Maar luister na die woord van die HERE, o Sedekía, koning van Juda! So sê die HERE aangaande jou: Jy sal deur die swaard nie sterwe nie.
Jy sal in vrede sterwe, en net so 'n wierookbrand as vir jou vaders, die vorige konings wat voor jou gewees het, sal hulle vir jou aansteek en jou beklaag met: Ag, heer! Want Ék het die woord gespreek, spreek die HERE.
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het nadat koning Sedekía 'n verbond gesluit het met die hele volk wat in Jerusalem was, om vir hulle 'n vrylating uit te roep,
So spreek die HERE, die God van Israel: Ek het 'n verbond gesluit met julle vaders op die dag toe Ek hulle uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het, met die woorde:
Daarom, so sê die HERE: Júlle het na My nie geluister om 'n vrylating uit te roep elkeen vir sy broer en vir sy naaste nie; kyk, Ek roep 'n vrylating uit, spreek die HERE, om julle oor te gee aan die swaard, die pes en die hongersnood, en Ek sal julle 'n skrikbeeld maak vir al die koninkryke van die aarde.
Kyk, Ek gee bevel, spreek die HERE, en sal hulle na hierdie stad terugbring; en hulle sal daarteen oorlog voer en dit inneem en met vuur verbrand; en Ek sal die stede van Juda 'n wildernis maak, sonder inwoner.
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het in die dae van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda:
Gaan na die huis van die Regabiete en spreek met hulle en bring hulle in die huis van die HERE, in een van die kamers en gee hulle wyn om te drink.
en ek het hulle gebring in die huis van die HERE, in die kamer van die seuns van Hanan, die seun van Jigdálja, die man van God, wat langs die kamer van die vorste is, bo die kamer van Maäséja, die seun van Sallum, die drumpelwagter.
So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Gaan sê aan die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem: Wil julle hieruit geen lering trek om na my woorde te luister nie? spreek die HERE.
Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring oor Juda en oor al die inwoners van Jerusalem al die onheil wat Ek teen hulle gespreek het; omdat Ek met hulle gespreek, maar hulle nie geluister en Ek hulle geroep, maar hulle nie geantwoord het nie.
En aan die huis van die Regabiete het Jeremia gesê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Omdat julle geluister het na die gebod van julle vader Jónadab en al sy gebooie gehou en gedoen het net soos hy julle beveel het,
daarom, so spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Daar sal vir Jónadab, die seun van Regab, nooit 'n man ontbreek wat altyd voor my aangesig sal staan nie.
En in die vierde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, het van die HERE hierdie woord tot Jeremia gekom:
En Jeremia het Barug, die seun van Nería, geroep; en Barug het op 'n boekrol geskrywe, uit die mond van Jeremia, al die woorde van die HERE wat Hy met hom gespreek het.
En Jeremia het aan Barug bevel gegee en gesê: Ek is verhinder, ek kan nie gaan in die huis van die HERE nie.
Gaan jy dan en lees uit die rol wat jy uit my mond beskrywe het, die woorde van die HERE voor die ore van die volk in die huis van die HERE, op die vasdag; en jy moet dit ook lees voor die ore van die hele Juda wat uit hulle stede kom.
Miskien sal hulle smeking voor die aangesig van die HERE kom en sal hulle hul bekeer elkeen van sy verkeerde weg; want groot is die toorn en die grimmigheid wat die HERE teen hierdie volk uitgespreek het.
En Barug, die seun van Nería, het gedoen net soos die profeet Jeremia hom beveel het deur uit die boek te lees die woorde van die HERE, in die huis van die HERE.
Want in die vyfde jaar van Jójakim, die seun van Josía, die koning van Juda, in die negende maand, het hulle 'n vasdag voor die aangesig van die HERE uitgeroep--die hele volk in Jerusalem en die hele volk wat uit die stede van Juda in Jerusalem gekom het.
En Barug het uit die boek gelees die woorde van Jeremia, in die huis van die HERE, in die kamer van Gemárja, die seun van Safan, die skrywer, in die boonste voorhof by die ingang van die Nuwe Poort van die huis van die HERE, voor die ore van die hele volk.
En toe Migája, die seun van Gemárja, die seun van Safan, al die woorde van die HERE uit die boek hoor,
Toe gee die koning bevel aan Jerágmeël, die seun van die koning, en Serája, die seun van Asriël, en Selémja, die seun van Abdeël, om die skrywer Barug en die profeet Jeremia te vang. Maar die HERE het hulle verberg.
Toe kom die woord van die HERE tot Jeremia--nadat die koning die rol verbrand het met die woorde wat Barug uit die mond van Jeremia opgeskrywe het--en sê:
En aangaande Jójakim, die koning van Juda, moet jy sê: So spreek die HERE: Jy het hierdie rol verbrand met die woorde: Waarom het jy daarop geskrywe en gesê: Die koning van Babel sal sekerlik kom en hierdie land verwoes en mens en dier daar uitroei?
Daarom, so spreek die HERE aangaande Jójakim, die koning van Juda: Hy sal nooit een hê wat op die troon van Dawid sit nie, en sy lyk sal weggegooi lê, bedags in die hitte en snags in die koue.
Maar hy het nie geluister, hy en sy dienaars en die volk van die land, na die woorde van die HERE wat Hy deur die diens van die profeet Jeremia gespreek het nie.
Nogtans het koning Sedekía met Jugal, die seun van Selémja, en Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, die profeet Jeremia laat weet: Bid tog tot die HERE onse God vir ons.
So spreek die HERE, die God van Israel: So moet julle sê aan die koning van Juda wat julle na My gestuur het om My te raadpleeg: Kyk, die leër van Farao wat uitgetrek het om julle te help, sal teruggaan na sy land, na Egipte toe;
So spreek die HERE: Bedrieg julleself nie deur te sê: Die Chaldeërs sal sekerlik van ons af wegtrek--want hulle sal nie wegtrek nie.
het koning Sedekía gestuur en hom laat haal; en die koning het hom in sy huis in die geheim gevra en gesê: Is daar 'n woord van die HERE? Toe antwoord Jeremia: Ja. Ook sê hy: U sal in die hand van die koning van Babel oorgelewer word.
So spreek die HERE: Wie in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard, die hongersnood of die pes, maar wie na die Chaldeërs uitgaan, sal lewe, en sy siel sal vir hom 'n buit wees, en hy sal lewe.
So spreek die HERE: Hierdie stad sal sekerlik oorgegee word in die mag van die leër van die koning van Babel, en hy sal dit inneem.
Maar Jesus het hom dit nie toegelaat nie, maar vir hom gesê: Gaan na jou huis na jou mense toe, en vertel hulle watter groot dinge die Here aan jou gedoen het, en dat Hy jou barmhartig was.
Toe stuur koning Sedekía en hy laat die profeet Jeremia na hom bring in die derde ingang wat by die huis van die HERE was; en die koning het vir Jeremia gesê: Ek wil jou iets vra; steek vir my niks weg nie.
Toe sweer koning Sedekía vir Jeremia in die geheim en sê: So waar as die HERE leef wat aan ons hierdie lewe verleen het--ek sal jou nie doodmaak en jou nie oorgee in die hand van hierdie manne wat jou lewe soek nie!
Daarop sê Jeremia vir Sedekía: So spreek die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: As u vrywillig uitgaan na die vorste van die koning van Babel, sal u siel lewe en sal hierdie stad nie met vuur verbrand word nie; en u sal lewe, u en u huis.
Maar Jeremia antwoord: Hulle sal u nie oorgee nie. Luister tog na die stem van die HERE in wat ek aan u sê; dan sal dit goed met u gaan en u siel sal lewe.
Ook het die woord van die HERE tot Jeremia gekom, terwyl hy in die voorhof van bewaking opgesluit was, naamlik:
Gaan en spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sê: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in dié dag.
Maar Ek sal jou in dié dag red, spreek die HERE; en jy sal nie oorgegee word in die hand van die manne vir wie jy bang is nie.
Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou 'n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE.
Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het, nadat Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, hom vrygelaat het uit Rama deur hom te laat haal, terwyl hy met kettings geboei was onder al die gevangenes van Jerusalem en Juda wat in ballingskap weggevoer sou word na Babel toe.
Die owerste van die lyfwag het naamlik Jeremia laat haal en vir hom gesê: Die HERE jou God het hierdie onheil oor hierdie plek gespreek,
en die HERE het dit laat kom en gedoen soos Hy gespreek het, omdat julle gesondig het teen die HERE en nie geluister het na sy stem nie; daarom het dit oor julle gekom.
kom daar manne van Sigem, van Silo en van Samaría, tagtig man, met afgeskeerde baard en geskeurde klere, wat hulleself stukkend gekerwe het; en spysoffer en wierook was in hulle hand om dit na die huis van die HERE te bring.
en aan die profeet Jeremia gesê: Laat ons smeking tog voor u kom en bid tot die HERE u God vir ons, vir hierdie hele oorblyfsel--want ons het as 'n klein klompie uit baie oorgebly, soos u oë ons sien--
En die profeet Jeremia het hulle geantwoord: Ek hoor; kyk, ek sal tot die HERE julle God bid volgens julle woorde; en alles wat die HERE julle antwoord, sal ek julle bekend maak; ek sal vir julle niks agterhou nie.
Toe sê hulle vir Jeremia: Laat die HERE 'n waaragtige en geloofwaardige getuie teen ons wees as ons nie stip handel ooreenkomstig elke woord waarmee die HERE u God u na ons sal stuur nie.
Laat dit goed of sleg wees--ons sal luister na die stem van die HERE onse God na wie ons u stuur, dat dit met ons goed kan gaan as ons luister na die stem van die HERE onse God.
en aan hulle gesê: So spreek die HERE, die God van Israel, na wie julle my gestuur het om julle smeking eerbiediglik voor sy aangesig te bring:
Vrees nie vir die koning van Babel vir wie julle bang is nie; wees nie vir hom bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met julle om julle te verlos en julle uit sy hand te red.
Maar as julle sê: Ons wil in hierdie land nie bly nie, sodat julle nie luister na die stem van die HERE julle God nie,
daarom hoor dan nou die woord van die HERE, o oorblyfsel van Juda! So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: As julle werklik julle aangesig rig om na Egipte te trek en weggaan om daar as vreemdelinge te vertoef,
Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Soos my toorn en my grimmigheid uitgestort is oor die inwoners van Jerusalem, so sal my grimmigheid oor julle uitgestort word as julle na Egipte trek; en julle sal wees 'n voorwerp van verwensing, van verbasing, van vervloeking en van smaad, en julle sal hierdie plek nie meer sien nie.
Die HERE het oor julle gespreek, o oorblyfsel van Juda: Trek nie na Egipte nie! Weet verseker dat ek julle vandag waarsku.
Want julle het gedwaal ten koste van julle lewe, dat júlle my na die HERE julle God gestuur het, met die woorde: Bid tot die HERE onse God vir ons; en net soos die HERE onse God sal sê, maak dit ons so bekend en ons sal dit doen.
So het ek julle dit dan vandag bekend gemaak, en julle het nie geluister na die stem van die HERE julle God, naamlik na alles waarmee Hy my na julle gestuur het nie.
En toe Jeremia geëindig het om die hele volk toe te spreek met al die woorde van die HERE hulle God, waarmee die HERE hulle God hom na hulle gestuur het, naamlik al hierdie woorde,
het Asárja, die seun van Hosája, en Jóhanan, die seun van Karéag, en al die vermetele manne gespreek en aan Jeremia gesê: U spreek onwaarheid; die HERE onse God het u nie gestuur om te sê: Julle mag nie na Egipte trek om daar as vreemdelinge te vertoef nie.
So het Jóhanan, die seun van Karéag, en al die owerstes van die leërs en die hele volk dan nie geluister na die stem van die HERE om in die land Juda te bly nie.
en hulle het na Egipteland getrek; want hulle het nie geluister na die stem van die HERE nie. En hulle het tot by Tagpánhes gekom.
en sê vir hulle: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek stuur en laat my kneg Nebukadrésar, die koning van Babel, haal, en Ek sal sy troon neersit bo-op hierdie klippe wat Ek begrawe het; en hy sal sy pragtapyt daaroor uitspan.
So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Julle het self gesien al die onheil wat Ek oor Jerusalem en oor al die stede van Juda gebring het; en kyk, hulle is vandag 'n puinhoop, sonder dat daar iemand in woon;
So sê dan nou die HERE, die God van die leërskare, die God van Israel: Waarom berokken julle julself 'n groot onheil om onder julle man en vrou, kind en suigling uit Juda uit te roei, om vir julle niemand te laat oorbly nie,
Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek rig my aangesig teen julle ten kwade en om die hele Juda uit te roei.
Aan die offerrook wat julle laat opgaan het in die stede van Juda en op die strate van Jerusalem, julle en julle vaders, julle konings en julle vorste en die volk van die land--het die HERE daaraan nie gedink nie en het dit nie in sy hart opgekom nie? --
sodat die HERE dit nie langer kon verdra weens die boosheid van julle handelinge, weens die gruwels wat julle bedryf het nie. So het julle land dan 'n puinhoop geword en 'n voorwerp van verbasing en van vervloeking, sonder inwoners, soos dit vandag is;
omdat julle rook laat opgaan het en teen die HERE gesondig en nie na die stem van die HERE geluister het nie en in sy wet en in sy insettinge en in sy getuienisse nie gewandel het nie; daarom het hierdie onheil oor julle gekom soos dit vandag is.
Verder het Jeremia aan die hele volk en al die vroue gesê: Hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland is!
So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel, en sê: Julle en julle vroue, julle het dan met julle mond gespreek en dit met julle hande in vervulling laat gaan, terwyl julle sê: Ons sal ons geloftes wat ons gedoen het, stellig hou om rook te laat opgaan vir die hemelkoningin en vir haar drankoffers uit te giet--bevestig dan nou maar julle geloftes, ja, hou nou maar julle geloftes!
Daarom, hoor die woord van die HERE, o hele Juda wat in Egipteland woon! Kyk, Ek sweer by my grote Naam, sê die HERE: Nooit sal my Naam meer aangeroep word deur die mond van enige man van Juda in die hele Egipteland nie, met die woorde: So waar as die Here HERE leef!
En dit sal vir julle die teken wees, spreek die HERE, dat Ek oor julle besoeking sal doen in hierdie plek, sodat julle kan weet dat my woorde sekerlik teen julle sal bestaan ten kwade--
so sê die HERE: Kyk, Ek gee Farao Hofra, die koning van Egipte, in die hand van sy vyande en in die hand van die wat sy lewe soek, soos Ek Sedekía, die koning van Juda, gegee het in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, sy vyand, wat ook sy lewe gesoek het.
Jy sê: Wee my tog, want die HERE het kommer aan my smart toegevoeg; ek is moeg van my gesug en vind geen rus nie!
So moet jy vir hom sê: So spreek die HERE: Kyk, wat Ek gebou het, breek Ek self af; en wat Ek geplant het, ruk Ek self uit; en dit betref die hele aarde.
En sou jy vir jou groot dinge soek? Soek dit nie; want kyk, Ek bring onheil oor alle vlees, spreek die HERE; maar Ek sal jou siel vir jou as buit gee in al die plekke waarheen jy sal gaan.
Waarom sien ek--hulle is verslae, hulle wyk agteruit? Ja, hulle helde is verslaan en vlug al verder sonder om om te draai. Daar is skrik rondom, spreek die HERE.
Maar dié dag behoort aan die Here HERE van die leërskare, 'n dag van wraak, om wraak te neem op sy teëstanders; en die swaard sal verslind en versadig en dronk word van hulle bloed; want die Here HERE van die leërskare het 'n slagoffer in die Noordland, by die Eufraatrivier.
Die woord wat die HERE tot die profeet Jeremia gespreek het aangaande die koms van Nebukadrésar, die koning van Babel, om Egipteland te verower.
So waar as Ek leef, spreek die Koning, wie se Naam is HERE van die leërskare, daar sal sekerlik een kom soos Tabor onder die berge en soos Karmel by die see.
Hulle kap haar bos om, spreek die HERE; want hulle is onberekenbaar: want hulle is meer as sprinkane, sodat 'n mens hulle nie kan tel nie.
Die HERE van die leërskare, die God van Israel, sê: Kyk, Ek doen besoeking oor Amon van No en oor Farao en Egipte en sy gode en sy konings, ja, oor Farao en die wat op hom vertrou;
en Ek sal hulle oorgee in die hand van die wat hulle lewe soek, en in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van sy dienaars. Maar daarna sal dit bewoon word soos in die dae van die voortyd, spreek die HERE.
Jy, o my kneg Jakob, wees nie bevrees nie, spreek die HERE, want Ek is met jou. Want Ek sal 'n einde maak aan al die nasies waarheen Ek jou verdryf het; maar aan jou sal Ek geen einde maak nie, maar Ek sal jou tugtig met mate, al sal Ek jou sekerlik nie ongestraf laat bly nie.
Die woord van die HERE wat aangaande die Filistyne tot die profeet Jeremia gekom het voordat Farao Gasa verslaan het.
So sê die HERE: Kyk, die waters rys op uit die noorde en hulle sal 'n oorlopende stroom word; ja, hulle oorstroom die land en sy volheid, die stad en die wat daarin woon; en die mense sal skreeu, en al die inwoners van die land sal huil,
weens die dag wat kom om al die Filistyne tot niet te maak, om van Tirus en Sidon die laaste een uit te roei wat kan help; want die HERE maak die Filistyne tot niet, die oorblyfsel van die eiland Kaftor.
Wee, swaard van die HERE, hoe lank sal jy geen rus hê nie? Keer terug in jou skede, rus en wees stil.
Hoe sou dit rus hê, terwyl die HERE daaraan bevel gegee het teen Askelon en teen die seekus? Daar het Hy dit bestel.
Oor Moab. So sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Wee oor Nebo, want dit is verwoes; Kirjatáim staan beskaamd, dit is ingeneem; die rotsvesting is beskaamd en verskrik.
En die verwoester sal kom oor elke stad, sodat geen stad sal vryraak nie; en die dal sal te gronde gaan, en die gelyk veld sal verwoes word, soos die HERE gesê het.
Vervloek is hy wat nalatig is om die werk van die HERE te doen; ja, vervloek is hy wat sy swaard van bloed terughou!
Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek aftappers na hom sal stuur wat hom sal aftap en sy vate sal leegmaak en sy kruike stukkend slaan.
Moab is verwoes, en hulle het opgegaan in sy stede, en sy beste jongmanne het afgegaan om geslag te word, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare.
Maak hom dronk, omdat hy hom groot gehou het teen die HERE, sodat Moab neerslaan in sy uitbraaksel en hy self ook 'n belagging word.
Ek ken sy grimmigheid, spreek die HERE, en sy onbehoorlike grootpratery; onbehoorlik het hulle gehandel.
En Ek sal in Moab 'n einde maak, spreek die HERE, aan hom wat op die hoogte offer en rook laat opgaan vir sy god.
Op al die dakke van Moab en op sy pleine is net rouklag, want Ek het Moab verbreek soos 'n ding waar 'n mens geen behae in het nie, spreek die HERE.
Hy wat vlug vir die vrees, sal val in die kuil; en hy wat uit die kuil klim, sal gevang word in die net; want Ek sal oor hom, oor Moab, bring die jaar van hulle besoeking, spreek die HERE.
Maar aan die einde van die dae sal Ek die lot van Moab verander, spreek die HERE. Tot sover die oordeel van Moab.
Oor die kinders van Ammon. So sê die HERE: Het Israel geen kinders nie? Het hy geen erfgenaam nie? Waarom het Milkom Gad uit sy besitting verdrywe en woon sy mense in die stede daarvan?
Daarom, kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek teen Rabba van die kinders van Ammon oorlogsgeskreeu sal laat hoor, en dit sal word 'n woeste puinhoop, en sy onderhorige plekke sal met vuur verbrand word; dan sal Israel die wat hom in besit geneem het, in besit neem, sê die HERE.
Kyk, Ek bring vrees oor jou vir almal wat rondom jou is, spreek die Here HERE van die leërskare; en julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge vergader.
Oor Edom. So sê die HERE van die leërskare: Is daar geen wysheid meer in Teman nie? Ontbreek raad by die verstandiges? Is hulle wysheid uitgeput?
Want so sê die HERE: Kyk, hulle wat eintlik die beker nie moes drink nie, moet sekerlik drink; en jy, sou jy heeltemal ongestraf bly? Jy sal nie ongestraf bly nie, maar sekerlik drink.
Want Ek het by Myself gesweer, spreek die HERE, dat Bosra 'n voorwerp van verbasing, van smaad, 'n woestheid en 'n vervloeking sal word; en al sy stede sal ewige puinhope wees.
Ek het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is gestuur onder die nasies om te sê: Versamel julle en kom aan teen hom en maak julle gereed vir die oorlog.
Almal wat hulle kry, het hulle opgeëet; en hulle teëstanders het gesê: Ons maak ons nie skuldig nie, omdat hulle gesondig het teen die HERE, die Woning van geregtigheid en die Verwagting van hulle vaders, die HERE.
Weens die toorn van die HERE sal dit nie bewoon word nie, maar geheel en al 'n wildernis wees; elkeen wat by Babel verbygaan, sal verbaas wees en spot oor al sy plae.
Stel julle op teen Babel rondom, julle almal wat die boog span! Beskiet hom, spaar die pyle nie! Want hy het teen die HERE gesondig.
Juig oor hom rondom--hy het hom oorgegee, sy pilare het geval, sy mure is afgebreek; want dit is die wraak van die HERE; wreek julle op hom, doen aan hom soos hy gedoen het!
Daarom, so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek doen besoeking oor die koning van Babel en oor sy land, soos Ek besoeking gedoen het oor die koning van Assur.
In dié dae en in dié tyd, spreek die HERE, sal die ongeregtigheid van Israel gesoek word, maar dit sal daar nie wees nie; en die sondes van Juda, maar hulle sal nie gevind word nie; want Ek sal vergifnis skenk aan diegene wat Ek laat oorbly.
Teen die land Meratáim, trek daarteen op en teen die inwoners van Pekod! Verwoes en tref met die banvloek agter hulle, spreek die HERE, en doen net soos Ek jou beveel het.
Ek het vir jou 'n strik gespan, en jy is ook gevang, o Babel, sonder dat jy dit geweet het; jy is betrap en ook gegryp, omdat jy jou teen die HERE in die stryd begeef het.
Die HERE het sy skatkamer oopgemaak en die werktuie van sy grimmigheid uitgebring; want 'n werk is dit wat die Here HERE van die leërskare te doen het in die land van die Chaldeërs.
Hoor! Vlugtelinge en mense wat vrygeraak het uit die land van Babel, om in Sion te verkondig die wraak van die HERE onse God, die wraak van sy tempel.
Roep teen Babel skutters op, almal wat die boog span; slaan laer op rondom teen hom, laat daar geen ontkoming wees nie! Vergeld hom na sy werk, doen met hom net soos hy gedoen het, want hy was vermetel teen die HERE, teen die Heilige van Israel.
Kyk, Ek het dit teen jou, o vermetele, spreek die Here HERE van die leërskare; want jou dag het gekom, die tyd dat Ek oor jou besoeking sal doen.
So sê die HERE van die leërskare: Die kinders van Israel en die kinders van Juda is saam verdruk; en almal wat hulle as gevangenes weggevoer het, hou hulle vas, weier om hulle te laat trek.
Maar hulle Verlosser is sterk, HERE van die leërskare is sy Naam; Hy sal hulle saak sekerlik verdedig, om die aarde rus te gee en die inwoners van Babel in onrus te bring.
Die swaard oor die Chaldeërs, spreek die HERE, en oor die inwoners van Babel en oor sy vorste en oor sy wyse manne!
Soos God Sodom en Gomorra met hulle bure omgekeer het, spreek die HERE, sal daar niemand woon nie, en geen mensekind daar vertoef nie.
Daarom, hoor die raadsbesluit van die HERE wat Hy teen Babel geneem en sy planne wat Hy teen die land van die Chaldeërs beraam het: Waarlik, die kleinstes van die kudde sal weggesleep word; waarlik, hulle weiveld sal oor hulle verslae wees.
So sê die HERE: Kyk, Ek wek op teen Babel en teen die inwoners van "die Hart van my Teëstanders" die gees van 'n verwoester.
Want Israel en Juda is nie in weduweeskap gelaat deur hulle God, deur die HERE van die leërskare nie, al was hulle land vol skuld voor die Heilige van Israel.
Vlug uit Babel uit, en red elkeen sy lewe; kom nie om in sy ongeregtigheid nie; want dit is die tyd van wraak vir die HERE: Hy gee hom sy verdiende loon.
Babel was in die hand van die HERE 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword.
Die HERE het ons geregtighede te voorskyn gebring; kom en laat ons in Sion vertel die werk van die HERE onse God!
Maak skerp die pyle, vat die skilde! Die HERE het die gees van die konings van Médië opgewek; want sy voorneme is teen Babel om hom te verwoes; want dit is die wraak van die HERE, die wraak van sy tempel.
Hef 'n banier op teen die mure van Babel, versterk die wagposte, sit wagte uit, hou hinderlae klaar; want soos die HERE Hom voorgeneem het, so het Hy gedoen wat Hy oor die inwoners van Babel gespreek het.
Die HERE van die leërskare het by Homself gesweer: Al het Ek jou vol mense gemaak soos sprinkane, tog sal hulle oor jou 'n vreugdegeroep aanhef.
Jakob se deel is nie soos hulle nie; want Hy is die Formeerder van alles, en Israel is die stam van sy erfenis; HERE van die leërskare is sy Naam.
Maar Ek sal voor julle oë aan Babel en aan al die inwoners van Chaldéa vergelde al hulle kwaad wat hulle in Sion gedoen het, spreek die HERE.
Kyk, Ek het dit teen jou, o berg wat verwoes, spreek die HERE; jy wat die hele aarde verwoes. En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou van die rotse afrol en sal jou maak 'n afgebrande berg.
En hulle sal uit jou geen klip neem vir 'n hoek of 'n klip vir fondamente nie; want jy sal ewige wildernisse wees, spreek die HERE.
Dan bewe die aarde en krimp inmekaar; want die gedagtes van die HERE kom tot stand teen Babel, om die land van Babel 'n woesteny te maak, sonder inwoner.
Want so sê die HERE van die leërskare, die God van Israel: Die dogter van Babel is soos 'n dorsvloer in die tyd as dit vasgetrap word; nog 'n kort rukkie, dan kom die oestyd vir hom.
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek verdedig jou saak en sal vir jou wraak neem; en Ek sal sy see droogmaak en sy fontein laat opdroë.
As hulle verhit is, berei Ek hulle maaltyd en maak hulle dronk, sodat hulle uitgelate word en 'n ewige slaap kan slaap en nie wakker word nie, spreek die HERE.
Dan sal oor Babel juig hemel en aarde en alles wat daarin is; want uit die noorde kom die verwoesters oor hom, spreek die HERE.
Vrygeraaktes van die swaard, gaan weg, bly nie staan nie, dink aan die HERE uit die verte, en laat Jerusalem in julle hart opkom!
Ons staan beskaamd, want ons het smaadwoorde gehoor, skande het ons aangesig bedek; want vreemdes het gekom oor die heiligdomme van die huis van die HERE.
Daarom kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek besoeking sal doen oor sy gesnede beelde; en die gewondes sal kerm in sy hele land.
Al sou Babel in die hemel opklim, en al sou hy die hoogte van sy vesting versterk--van My af sal verwoesters oor hom kom, spreek die HERE.
want die HERE verwoes Babel en sal uit hom die groot geraas laat verdwyn; en hulle golwe sal bruis soos groot waters, die gedruis van hulle geluid sal weergalm.
Want 'n verwoester oorval hom, oorval Babel, en sy helde word gevang, hulle boë word stukkend gebreek; want 'n God van vergelding is die HERE; Hy sal gewis vergelde.
En Ek sal sy vorste en sy wyse manne, sy goewerneurs en sy owerstes en sy helde dronk maak; en hulle sal slaap 'n ewige slaap en nie wakker word nie, spreek die Koning wie se Naam is HERE van die leërskare.
So sê die HERE van die leërskare: Die breë muur van Babel sal tot op die grond toe afgebreek en sy hoë poorte sal met vuur verbrand word, sodat volke vir niks gearbei het en nasies vir die vuur; en hulle sal afgemat wees.
en sê: o HERE, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees.
Want dit het oor Jerusalem en Juda gekom weens die toorn van die HERE, totdat Hy hulle van sy aangesig af weggewerp het. En Sedekía het gerebelleer teen die koning van Babel;
en hy het die huis van die HERE en die paleis van die koning verbrand; ook al die huise van Jerusalem en elke groot huis met vuur verbrand.
Verder het die Chaldeërs die koperpilare wat in die huis van die HERE was, en die afspoelwaentjies en die kopersee wat in die huis van die HERE was, stukkend gebreek en al die koper daarvan na Babel weggevoer.
die twee pilare, die een see en die twaalf koperbeeste daaronder; die afspoelwaentjies wat koning Salomo vir die huis van die HERE gemaak het--die koper van al hierdie voorwerpe kon nie geweeg word nie.
He. Haar teëstanders het die oorhand gekry, haar vyande lewe rustig; want die HERE het haar droefheid aangedoen vanweë die menigte van haar oortredinge; haar kinders het in gevangenskap gegaan voor die teëstander uit.
Tet. Haar onreinheid kleef aan haar some, sy het aan haar einde nie gedink nie, en sy het wonderbaarlik gesink, sonder dat sy 'n trooster het. Sien my ellende aan, HERE, want die vyand hou hom groot.
Kaf. Haar hele bevolking sug, hulle soek brood, hulle het hul kosbaarhede vir voedsel gegee, om hulleself te verkwik. Aanskou, HERE, en merk op dat ek 'n veragte geword het.
Lamed. Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan? Aanskou en kyk of daar 'n smart is soos my smart wat my aangedoen is, waarmee die HERE my bedroef het op die dag van sy toorngloed.
Noen. Die juk van my oortredinge is vasgebind deur sy hand, hulle is saamgevleg, hulle het op my nek gekom, dit het my krag laat struikel. Die Here het my oorgegee in die hande van een teen wie ek geen teëstand kon bied nie.
Samek. Die Here het al my magtiges binne-in my verwerp, Hy het teen my 'n feestyd uitgeroep om my jongmanne te verbreek; die Here het die parskuip getrap vir die jonkvrou, die dogter van Juda.
Pe. Sion brei haar hande uit, sy het geen trooster nie; die HERE het die wat rondom hom was, teen Jakob ontbied as sy teëstanders; Jerusalem het in hul midde 'n voorwerp van afsku geword.
Sade. Regverdig is Hy, die HERE, want ek was teen sy mond wederstrewig. Hoor tog, alle volke, en aanskou my smart; my jonkvroue en my jongmanne het in gevangenskap gegaan.
Resj. Aanskou, HERE, hoe benoud ek is, my ingewande is in beroering, my hart draai om in my binneste, want ek was baie wederstrewig; buitekant het die swaard berowe, binnekant is dit soos die pes.
Alef. Ag, hoe het die Here in sy toorn die dogter van Sion met wolke oordek! Hy het die sieraad van Israel uit die hemel op die aarde neergewerp en nie gedink aan die voetbank van sy voete op die dag van sy toorn nie.
Bet. Die Here het al die woonplekke van Jakob sonder verskoning verslind; in sy grimmigheid het Hy die vestings van die dogter van Juda verwoes, op die grond gewerp, die koninkryk en sy vorste ontheilig.
He. Die Here het soos 'n vyand geword, Hy het Israel verslind, al sy paleise verslind, sy vestings verwoes en geklaag en geklag by die dogter van Juda vermenigvuldig.
Wau. En Hy het sy eie omheining soos 'n tuin verniel, sy eie feesplek verwoes; die HERE het in Sion feestyd en sabbat laat vergeet, en in sy grimmige toorn koning en priester verwerp.
Sajin. Die Here het sy altaar verwerp, sy heiligdom ontheilig, die mure van haar paleise in die hand van die vyand oorgelewer; hulle het gedruis gemaak in die huis van die HERE soos op 'n feesdag.
Get. Die HERE het Hom voorgeneem om die muur van die dogter van Sion te verwoes; Hy het die meetsnoer gespan, sy hand nie teruggetrek van vernietiging nie; ja, Hy het voorskans en muur laat treur, saam sak hulle inmekaar.
Tet. Haar poorte het in die grond gesink, Hy het haar grendels te gronde gerig en verbreek; haar koning en haar vorste is onder die heidene; daar is geen onderwysing nie, en haar profete ontvang geen gesig van die HERE nie.
Ajin. Die HERE het gedoen wat Hy Hom voorgeneem het, sy woord volbring wat Hy sedert die dae van die voortyd beveel het; Hy het sonder verskoning afgebreek en die vyand oor jou bly gemaak, die horing van jou teëstanders verhoog.
Sade. Hulle hart roep na die HERE. Muur van die dogter van Sion, laat trane afloop soos 'n stroom, dag en nag; gun jouself geen verposing nie, laat jou oogappel nie rus nie.
Kof. Staan op, skreeu in die nag by die begin van die nagwake, stort jou hart uit soos water voor die aangesig van die HERE, hef jou hande op na Hom, ter wille van die lewe van jou kinders wat versmag van honger by die hoek van al die strate.
Resj. Aanskou, HERE, en merk op aan wie U so gedoen het! Moet vroue dan hulle vrug eet, kindertjies wat op die hande gedra word? Moet dan in die heiligdom van die HERE priester en profeet gedood word?
Tau. U het soos op 'n feesdag my verskrikkinge geroep van rondom, en niemand het op die dag van die HERE se toorn vrygeraak of ontkom nie; die wat ek op die hande gedra en grootgemaak het--my vyand het hulle omgebring.
Get. dit is die goedertierenhede van die HERE dat ons nie omgekom het nie, want sy barmhartighede het geen einde nie;
Kaf. Die HERE het sy grimmigheid laat uitwoed, sy toorngloed uitgegiet en in Sion 'n vuur aangesteek wat die fondamente daarvan verteer het.
Pe. Die aangesig van die HERE het hulle verstrooi, Hy sal hulle verder nie meer met welgevalle aansien nie. Vir die persoon van die priesters het hulle geen agting gehad, aan die grysaards het hulle geen genade bewys nie.
Resj. Die asem van ons neus, die gesalfde van die HERE, is in hulle kuile gevang, hy onder wie se skaduwee ons gedink het om te lewe onder die nasies.
Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op 'n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die HERE gelyk. En toe ek dit sien, het ek op my aangesig geval en die stem gehoor van Een wat spreek.
En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here HERE!
en kom, gaan na die ballinge, na die kinders van jou volk, en spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE--of hulle al luister of nie.
Toe het die Gees my opgeneem, en ek het agter my die geluid van 'n groot gedreun gehoor wat sê: Geloofd sy die heerlikheid van die HERE uit sy woonplek!
Toe het die Gees my opgehef en my weggeneem, en ek het gegaan, verbitterd in die grimmigheid van my gees; maar die hand van die HERE was sterk op my.
En die hand van die HERE was daar op my, en Hy het vir my gesê: Staan op, gaan uit na die laagte, en Ek sal daar met jou spreek.
Ek staan toe op en gaan na die laagte uit; en kyk, die heerlikheid van die HERE het daar gestaan soos die heerlikheid wat ek by die Kebarrivier gesien het. En ek het op my aangesig geval.
Maar as Ek met jou spreek, sal Ek jou mond open, en jy moet aan hulle sê: So spreek die Here HERE. Wie hoor, laat hom hoor; en wie dit nalaat, laat hom dit nalaat; want hulle is 'n wederstrewige huis.
Toe sê die HERE: So sal die kinders van Israel hulle brood onrein eet onder die nasies waarheen Ek hulle sal verdrywe.
En ek sê: Ag, Here HERE! Kyk, my siel is nooit verontreinig nie, en ek het van my jeug af tot nou toe geen aas of iets wat verskeur is, geëet nie, en daar het geen bedorwe vleis in my mond gekom nie.
So sê die Here HERE: Dit is Jerusalem. Ek het dit onder die nasies gestel, en lande is daar rondomheen.
Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle opstandiger is as die nasies wat rondom julle is, in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie betrag het nie--selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie;
daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies;
Daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeisels en met al jou gruwels, sal Ék My ook onttrek; my oog sal nie verskoon nie, en Ék sal ook nie spaar nie.
So sal dan my toorn uitwoed, en Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen hulle en aan My voldoening verskaf; en hulle sal weet dat Ek, die HERE, in my ywer gespreek het as Ek my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.
En dit sal 'n voorwerp van smaad en skimp wees, 'n waarskuwing en 'n voorwerp van verbasing vir die nasies wat rondom jou is, as Ek strafgerigte in jou oefen in toorn en grimmigheid en in grimmige strawwe; Ek, die HERE, het dit gespreek.
Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal 'n swaard oor jou bring. Ek, die HERE, het dit gespreek.
en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE! So sê die Here HERE vir die berge en vir die heuwels en vir die klowe en vir die dale: Kyk, Ek bring 'n swaard oor julle, en Ek sal julle hoogtes vernietig;
En hulle sal weet dat Ek die HERE is; Ek het nie tevergeefs gespreek dat Ek hulle hierdie onheil sal berokken nie.
So sê die Here HERE: Slaan in jou hand, en stamp met jou voet, en sê: Wee oor al die growwe gruweldade van die huis van Israel, omdat hulle deur die swaard, die honger en die pes moet val.
En julle sal weet dat Ek die HERE is, as die wat uit hulle verslaan is, onder hulle drekgode lê rondom hulle altare op elke hoë heuwel, op al die bergtoppe en onder elke groen boom en onder elke digte terpentynboom, die plek waar hulle aan al hulle drekgode 'n lieflike offergeur gebring het.
En Ek sal my hand teen hulle uitstrek en sal die land 'n wildernis maak en 'n woesteny, van die Woestyn af tot by Ribla in al hulle woonplekke. En hulle sal weet dat Ek die HERE is.
En jy, mensekind, so spreek die Here HERE tot die land van Israel: Einde! Die einde het gekom oor die vier hoeke van die land.
en my oog sal jou nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie, maar Ek sal jou wandel op jou laat neerkom, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
En my oog sal nie verskoon nie, en Ek sal nie spaar nie; Ek sal dit op jou laat neerkom volgens jou weë, en jou gruwels sal in jou midde wees; en julle sal weet dat Ek die HERE is wat slaan.
Hul silwer sal hulle op die strate gooi, en hulle goud sal 'n voorwerp van afsku wees; hul silwer en hul goud sal hulle nie kan red in die dag van die grimmigheid van die HERE nie; hul siel sal hulle daarmee nie versadig of hul ingewande daarmee vul nie, want dit was die struikelblok tot hulle ongeregtigheid.
Die koning sal rou, en die vors sal hom beklee met verbasing, en die hande van die mense van die land sal deur skrik verlam wees. Ek sal met hulle handel volgens hulle weg, en volgens hulle verordeninge sal Ek hulle vonnis; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
En in die sesde jaar, in die sesde maand, op die vyfde van die maand, terwyl ek in my huis sit en die oudstes van Juda voor my sit, het die hand van die Here HERE daar op my geval.
Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers met beeldwerk? Want hulle dink: Die HERE sien ons nie; die HERE het die land verlaat.
Hy het my toe gebring na die noordelike ingang van die poort by die huis van die HERE, en kyk, daar het die vroue gesit wat Tammus beween.
En die heerlikheid van die HERE het van die drumpel van die huis af weggetrek en bo die gérubs gaan staan.
Toe bring Hy my na die binneste voorhof van die huis van die HERE; en kyk, by die ingang van die tempel van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar, was omtrent vyf en twintig man, met hulle rug na die tempel van die HERE en hulle gesig na die ooste, en hulle het hul voor die son neergebuig na die ooste.
En die HERE sê vir hom: Trek dwarsdeur die stad, dwarsdeur Jerusalem, en maak 'n teken op die voorhoofde van die manne wat sug en steun oor al die gruwels wat daarin gedoen word.
En toe hulle besig was om neer te slaan en ek oorgebly het, het ek op my aangesig geval en uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, gaan U die hele oorblyfsel van Israel vernietig deurdat U u grimmigheid oor Jerusalem uitgiet?
Toe sê Hy vir my: Die ongeregtigheid van die huis van Israel en van Juda is buitengewoon groot, en die land is vol bloedskuld, en die stad is vol regsverbreking; want hulle sê: Die HERE het die land verlaat, en die HERE sien nie.
Toe het die heerlikheid van die HERE van die gérub af opgestyg oor die drumpel van die huis; en die huis is gevul met die wolk, en die voorhof was vol van die glans van die HERE se heerlikheid.
En die gérubs het hulle vlerke opgehef en voor my oë van die grond af opgestyg toe hulle weggetrek het, en die wiele gelyktydig met hulle saam; en hulle het gaan staan by die ingang van die Oostelike Poort van die huis van die HERE, terwyl die heerlikheid van die God van Israel bo-oor hulle was.
En die Gees het my opgehef en my gebring na die Oostelike Poort van die huis van die HERE wat na die ooste kyk; en kyk, by die ingang van die poort was daar vyf en twintig man, en onder hulle het ek gesien Jaäsanja, die seun van Assur, en Pelatja, die seun van Benája, vorste van die volk.
Toe val die Gees van die HERE op my, en Hy sê vir my: Spreek, so sê die HERE: So het julle gespreek, o huis van Israel; en wat in julle gees opkom, weet Ék.
Daarom, so sê die Here HERE: Die wat deur julle verslaan is, wat julle daarin neergelê het, hulle is die vleis, en hierdie stad is die pot, maar júlle sal Ek daar uitbring.
Julle sal deur die swaard val; by die grens van Israel sal Ek julle oordeel. En julle sal weet dat Ek die HERE is.
En julle sal weet dat Ek die HERE is, omdat julle nie in my insettinge gewandel en my verordeninge nie gehou het nie, maar gehandel het volgens verordeninge van die nasies wat rondom julle is.
En terwyl ek profeteer, het Pelatja, die seun van Benája, gesterwe. Toe het ek op my aangesig geval en hardop uitgeroep en gesê: Ag, Here HERE, wil U 'n einde maak aan die oorblyfsel van Israel?
Mensekind, jou broers, jou broers, die manne wat aan jou verwant is, en die hele huis van Israel, almal saam, van wie die inwoners van Jerusalem sê: Bly ver van die HERE af, aan óns is dit, die land, as besitting gegee--
Daarom sê: So spreek die Here HERE: Omdat Ek hulle ver weggedryf het onder die nasies, en omdat Ek hulle verstrooi het in die lande en Ek vir hulle 'n kort rukkie 'n heiligdom geword het in die lande waar hulle gekom het--
daarom sê: So spreek die Here HERE: Ek sal julle bymekaarmaak uit die volke en julle versamel uit die lande waarin julle verstrooi is, en Ek sal aan julle die land Israel gee.
Maar hulle wie se hart agter die hart van hulle verfoeisels en hulle gruwels aan loop--hulle wandel laat Ek op hul hoof neerkom, spreek die Here HERE.
En die heerlikheid van die HERE het opgestyg uit die stad uit weg en het gaan staan op die berg wat oos van die stad lê.
En my hand sal wees teen die profete wat bedrieglike gesigte sien en leuens waarsê: hulle sal in die vergadering van my volk nie wees nie en in die boek van die huis van Israel nie opgeskryf word nie en in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
Daarom, so spreek die Here HERE: Ja, Ek sal 'n stormwind in my grimmigheid laat losbreek, en daar sal 'n oorstromende stortreën kom in my toorn en haelstene in grimmigheid tot vernietiging.
En Ek sal die muur afbreek wat julle met los kalk gepleister het, en dit op die grond gooi, sodat sy fondament blootgelê sal word; dan sal die stad val, en julle sal daarin omkom; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
naamlik die profete van Israel wat profeteer aangaande Jerusalem en vir hom gesigte van vrede sien, terwyl daar geen vrede is nie, spreek die Here HERE.
en sê: So spreek die Here HERE: Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?
Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen julle bande waarmee julle die siele vang soos voëls, en Ek sal hulle van julle arms afskeur; en Ek sal die siele losmaak, die siele wat julle vang soos voëls.
Ek sal ook julle sluiers skeur en my volk uit julle hand red, sodat hulle nie meer 'n buit in julle hand sal wees nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
daarom sal julle geen bedrieglike gesigte meer sien en geen waarsêery meer drywe nie; maar Ek sal my volk uit julle hand red, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom--Ek, die HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee;
Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend julle aangesig af van al julle gruwels.
Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg--hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee.
Ek sal my aangesig rig teen dié man en hom tot 'n teken en 'n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
En as die profeet hom laat verlei om 'n woord te spreek--Ek, die HERE, het dié profeet verlei, en Ek sal my hand teen hom uitstrek en hom verdelg uit die midde van my volk Israel.
sodat die huis van Israel nie meer agter My wegdwaal nie en hulle nie meer verontreinig met al hul oortredinge nie. Dan sal hulle vir My 'n volk wees, en Ek sal vir hulle 'n God wees, spreek die HERE.
al was hierdie drie manne, Noag, Daniël en Job, daarin, dan sou hulle deur hul geregtigheid net hulle eie siel red, spreek die Here HERE.
al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie; net hulle sou gered word, maar die land sou 'n wildernis wees.
al was hierdie drie manne daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seuns of dogters red nie, maar net hulle sou gered word.
al was Noag, Daniël en Job daarin, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, hulle sou geen seun of dogter red nie; hulle sou net hulle eie siel deur hul geregtigheid red.
Want so sê die Here HERE: Hoeveel te meer as Ek my vier kwaai gerigte, swaard en hongersnood en wilde diere en pes, op Jerusalem afstuur om daaruit mens en dier uit te roei!
Ja hulle sal julle troos as julle hulle weg en hulle handelinge sien; en julle sal weet dat Ek nie tevergeefs alles gedoen het wat Ek daarin gedoen het nie, spreek die Here HERE.
Daarom, so sê die Here HERE: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:
Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my aangesig teen hulle rig
en sê: So spreek die Here HERE tot Jerusalem: Jou afkoms en jou geboorte is uit die land van die Kanaäniete; jou vader was 'n Amoriet en jou moeder 'n Hetitiese vrou.
En Ek het by jou verbygegaan en jou gesien, en kyk, jou tyd was die tyd van liefde. Toe het Ek my vleuel oor jou uitgesprei en jou naaktheid toegedek. Ja, Ek het vir jou gesweer en met jou 'n verbond aangegaan, spreek die Here HERE, en jy het myne geword.
Daarby het daar 'n naam van jou af uitgegaan onder die nasies vanweë jou skoonheid, want dit was volmaak deur my versiersels wat Ek op jou aangebring het, spreek die Here HERE.
En my brood wat Ek jou gegee het--fynmeel en olie en heuning waarmee Ek jou gespysig het--dit het jy voor hulle neergesit as 'n lieflike reuk; ja, so was dit, spreek die Here HERE.
Hoe smagtend is jou hart, spreek die Here HERE, dat jy al hierdie dinge gedoen het, die werk van 'n onbeskaamde hoer;
So sê die Here HERE: Omdat jou koper uitgestort is en jou skaamte ontbloot is deur jou hoererye met jou minnaars en met al jou afskuwelike drekgode, en vanweë die bloed van jou kinders wat jy aan hulle gegee het,
Omdat jy nie gedink het aan die dae van jou jeug nie en my toorn opgewek het met al hierdie dinge--kyk, so sal Ek dan ook jou wandel op jou hoof laat neerkom, spreek die Here HERE; en het jy dan nie die skandelike daad gedoen bo al jou gruwels nie?
So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, jou suster Sodom, sy met haar dogters, het nie gehandel soos jy gehandel het, jy met jou dogters nie.
Want so sê die Here HERE: Ja, Ek doen aan jou soos jy gedoen het, wat die eedswering geminag het deur die verbond te verbreek.
sodat jy kan nadink en beskaamd staan en jou mond nie meer oopmaak vanweë jou skande nie, as Ek vir jou versoening sal bewerk oor alles wat jy gedoen het, spreek die Here HERE.
en sê: So spreek die Here HERE: Die groot arend met groot vleuels, met lang vlerke, vol vere wat veelkleurig was, het na die Líbanon gekom en die top van die seder weggeneem.
Sê: So spreek die Here HERE: Sal dit voorspoedig wees? Sal hy nie die wortels daarvan uitruk en die vrugte daarvan afsny, sodat dit verdroog, ja, verdroog in al sy uitgespruite blaartjies nie? En dit nie deur 'n magtige arm en baie mense om dit van sy wortels af uit te lig nie.
So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, in die plek waar die koning woon wat hom koning gemaak het, wie se eed hy geminag en wie se verbond hy verbreek het, by hom, binne-in Babel, sal hy sterwe.
Daarom, so sê die Here HERE: So waar as Ek leef, Ek sal gewis my eed wat hy geminag het, en my verbond wat hy verbreek het, op sy hoof laat neerkom.
En al sy vlugtelinge in al sy leërs sal deur die swaard val, en die wat oorgebly het, sal na al die windstreke verstrooi word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek het.
So sê die Here HERE: Dan sal Ek self van die verhewe top van die seder 'n steggie neem en dit insit--van die boonste van sy lootjies sal Ek 'n teer puntjie afpluk en self dit plant op 'n hoë en verhewe berg.
En al die bome van die veld sal weet dat Ek, die HERE, die hoë boom verneder, die nederige boom verhoog het; die groen boom laat verdroog en die droë boom laat bloei het. Ek, die HERE, het dit gespreek en gedoen.
So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, dit sal julle nie meer in die gedagte kom om hierdie spreekwoord in Israel te gebruik nie.
in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou om eerlik te handel--hy is regverdig, hy sal sekerlik lewe, spreek die Here HERE.
Het Ek dan miskien 'n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here HERE. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie?
Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my weg nie reg nie? Is júlle weë nie onreg nie?
Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë nie onreg nie?
Daarom sal Ek julle oordeel, o huis van Israel, elkeen volgens sy weë, spreek die Here HERE. Bekeer julle en wend julle af van al julle oortredinge, sodat dit nie 'n struikelblok tot ongeregtigheid vir julle mag wees nie.
Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here HERE. Bekeer julle dan en lewe.
En in die sewende jaar, in die vyfde maand, op die tiende van die maand, het daar manne uit die oudstes van Israel gekom om die HERE te raadpleeg; en hulle het voor my gaan sit.
Mensekind, spreek met die oudstes van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kom julle om My te raadpleeg? So waar as Ek leef, gewis, Ek laat my deur julle nie raadpleeg nie, spreek die Here HERE.
en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Die dag toe Ek Israel uitverkies het, het Ek my hand opgehef vir die geslag van die huis van Jakob en My aan hulle bekend gemaak in Egipteland; ja, Ek het my hand vir hulle opgehef en gesê: Ek is die HERE julle God.
En Ek het aan hulle gesê: Gooi weg, elkeen die verfoeisels van sy oë, en verontreinig julle nie met die drekgode van Egipte nie: Ek is die HERE julle God.
En die brandoffer wat die vors aan die HERE moet bring op die sabbatdag, is ses lammers sonder gebrek en 'n ram sonder gebrek;
Daarby het Ek ook my sabbatte aan hulle gegee om 'n teken te wees tussen My en hulle, dat hulle kan weet dat dit Ek, die HERE, is wat hulle heilig.
En heilig my sabbatte; en hulle sal 'n teken wees tussen My en julle, dat julle kan weet dat Ek die HERE julle God is.
En Ek het hulle verontreinig deur hulle offergawes, omdat hulle deur die vuur laat deurgaan het alles wat die moederskoot open; sodat Ek hulle kon vernietig, dat hulle sou weet dat Ek die HERE is.
Daarom, mensekind, spreek met die huis van Israel en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Verder het julle vaders My in hierdie saak smaadheid aangedoen, dat hulle troubreuk teen My begaan het:
Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Wat? Julle is verontreinig in die weg van julle vaders, en julle hoereer agter hulle verfoeisels aan;
ja, deur die aanbieding van julle offergawes, deur julle seuns deur die vuur te laat gaan, is julle verontreinig met al jul drekgode tot vandag toe--en sou Ek My deur julle laat raadpleeg, o huis van Israel? So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek laat My deur julle nie raadpleeg nie!
So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek sal gewis met 'n sterke hand en met 'n uitgestrekte arm en met uitgestorte grimmigheid oor julle regeer.
Soos Ek met julle vaders in die woestyn van Egipteland in die gerig getree het, so sal Ek met julle in die gerig tree, spreek die Here HERE.
En Ek sal uit julle afsonder die wat opstandig is en teen My oortree; Ek sal hulle uit die land van hul vreemdelingskap uitlei, maar hulle sal in die land van Israel nie kom nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Maar julle, o huis van Israel, so sê die Here HERE: Gaan weg en dien elkeen sy drekgode; maar hierná--sekerlik sal julle na My luister en my heilige Naam nie meer ontheilig met julle offergawes en julle drekgode nie.
Want op my heilige berg, op die verhewe berg van Israel, spreek die Here HERE, daar sal die hele huis van Israel, hulle almal, My dien in die land; daar sal Ek 'n behae in hulle hê en daar sal Ek julle offergawes eis en die eerstelinge van julle aanbiedinge by al julle heilige gawes.
En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle in die land van Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee.
En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek met julle handel ter wille van my Naam en nie volgens julle verkeerde weë of julle verdorwe handelinge nie, o huis van Israel, spreek die Here HERE.
en sê aan die bos van die Suidland: Hoor die woord van die HERE: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek steek 'n vuur in jou aan wat in jou elke groen boom en elke droë boom sal verteer; die uitslaande vlam sal nie uitgeblus word nie, maar daardeur sal alle aangesigte verbrand word van die Suidland af tot die noorde toe;
en sê aan die land van Israel: So spreek die HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek en uit jou uitroei die regverdige en die goddelose.
En alle vlees sal weet dat Ek, die HERE, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie.
En as hulle vir jou sê: Waarom sug jy? dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, en al die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die Here HERE.
Mensekind, profeteer en sê: So spreek die HERE. Sê: 'n Swaard, 'n swaard is skerpgemaak en ook geskuur;
Want die proef is gemaak--en hoe dan as ook die septer wat verag, daar nie meer sal wees nie? spreek die Here HERE.
So sal Ek dan ook my hand teen my hand slaan en my grimmigheid tot rus bring; Ek, die HERE, het dit gespreek.
Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle jul ongeregtigheid in herinnering bring deurdat julle oortredinge openbaar word, sodat julle sondes in al jul handelinge gesien word--omdat julle in herinnering gebring is, sal julle met die hand gegryp word.
so sê die Here HERE: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is!
En jy, mensekind, profeteer en sê: So spreek die Here HERE aangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sê: 'n Swaard, 'n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos 'n weerligstraal te wees--
Voedsel sal jy wees vir die vuur; jou bloed sal binne-in die land wees; aan jou sal nie meer gedink word nie; want Ek, die HERE, het dit gespreek.
en sê: So spreek die Here HERE: Stad wat daarbinne bloed vergiet, dat sy tyd kan kom, en drekgode teen homself maak, om hom te verontreinig!
Hulle het omkoopgeskenke in jou aangeneem om bloed te vergiet; rente en woeker het jy geneem en jou naaste te veel laat betaal deur verdrukking, maar My het jy vergeet, spreek die Here HERE.
Sal jou hart standhou of jou hande sterk wees in die dae as Ek met jou handel? Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen.
En jy sal deur jouself ontheilig wees voor die oë van die nasies; en jy sal weet dat Ek die HERE is.
Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle almal skuim geword het, kyk, daarom sal Ek julle binne-in Jerusalem bymekaarmaak.
Soos silwer in die smeltoond gesmelt word, so sal julle dáárin gesmelt word; en julle sal weet dat Ek, die HERE, my grimmigheid oor julle uitgegiet het.
En sy profete pleister vir hulle met los kalk deur bedrieglike gesigte te sien en vir hulle leuens te voorspel met die woorde: So sê die Here HERE--terwyl die HERE nie gespreek het nie.
Daarom het Ek my toorn oor hulle uitgegiet; deur die vuur van my grimmigheid het Ek hulle verteer; hulle wandel het Ek op hulle hoof laat neerkom, spreek die Here HERE.
Daarom, o Ohóliba, so sê die Here HERE: Kyk, Ek verwek jou minnaars, van wie jou siel vervreemd geraak het, teen jou, en Ek sal hulle van alle kante teen jou aanbring:
Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jy haat, in die hand van hulle van wie jou siel vervreemd geraak het.
So sê die Here HERE: Jy sal die beker van jou suster drink wat diep en wyd is--jy sal tot 'n belagging en 'n spot word--die beker wat so baie bevat.
En jy sal dit drink en uitsuig en aan sy skerwe knaag en jou borste oopskeur; want Ek het dit gespreek, spreek die Here HERE.
Daarom, so sê die Here HERE: Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug gewerp het, so dra jy dan ook nou jou skandelike dade en jou hoererye.
En die HERE het vir my gesê: Mensekind, wil jy Ohóla en Ohóliba oordeel? Maak hulle dan hul gruwels bekend.
Want so sê die Here HERE: Laat hulle teen hulle 'n vergadering oproep en hulle tot 'n skrikbeeld maak en 'n plundering.
En hulle sal julle skandelike dade op julle laat neerkom, en julle sal die sondes van julle drekgode dra; en julle sal weet dat Ek die Here HERE is.
En in die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende van die maand, het die woord van HERE tot my gekom en gesê:
En dra aan die wederstrewige huis 'n gelykenis voor en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Sit die pot op, sit dit op, en gooi ook water daarin.
Daarom, so sê die Here HERE: Wee die bloedstad, die pot waar roes in is en waarvan die roes nie afgegaan het nie. Haal stuk vir stuk daaruit; geen lot is daaroor gewerp nie.
Ek, die HERE, het dit gespreek; dit kom, en Ek sal dit doen; Ek sal nie ophou nie en sal nie verskoon of berou hê nie; volgens jou wandel en jou handelinge sal hulle jou oordeel, spreek die Here HERE.
Sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal my heiligdom ontheilig, die glorie van julle sterkte, die lus van julle oë, die medelyde van julle siel; en julle seuns en julle dogters wat julle laat agterbly het, sal deur die swaard val.
En Eségiël sal vir julle 'n sinnebeeld wees; net soos hy gedoen het, sal julle doen; as dit kom, sal julle weet dat Ek die Here HERE is.
Op dié dag sal jou mond geopen word tegelyk met dié van die vlugteling, en jy sal spreek en nie meer stom wees nie. So sal jy dan vir hulle 'n sinnebeeld wees, en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
En sê aan die kinders van Ammon: Hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE: Omdat jy ha, ha! geroep het oor my heiligdom, omdat dit ontheilig is, en oor die land van Israel, omdat dit verwoes is, en oor die huis van Juda, omdat hulle in ballingskap gegaan het--
En Ek sal Rabba 'n weiveld maak vir kamele en die kinders van Ammon 'n lêplek vir kleinvee, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Want so sê die Here HERE: Omdat jy in die hand geklap en met die voet gestamp het en bly was met volle veragting in die siel oor die land van Israel--
daarom, kyk, Ek strek my hand teen jou uit en gee jou as buit vir die nasies, en Ek sal jou uitroei uit die volke en jou uit die lande verdelg; Ek sal jou vernietig, en jy sal weet dat Ek die HERE is.
So sê die Here HERE: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig gemaak het en hom op hulle gewreek het--
daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit 'n puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.
En Ek sal my wraak op Edom in die hand van my volk Israel gee, en hulle sal met Edom handel volgens my toorn en my grimmigheid; so sal hulle dan my wraak gewaar word, spreek die Here HERE.
So sê die Here HERE: Omdat die Filistyne wraaksugtig gehandel het en hulle erg gewreek het met veragting in die siel, om te verwoes met ewige vyandskap--
daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek strek my hand uit teen die Filistyne en sal die Kretiërs uitroei en die oorblyfsel van die seekus vernietig.
En Ek sal gedugte wraak aan hulle oefen met grimmige strawwe; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my wraak oor hulle bring.
daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek.
Hy sal binne-in die see 'n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE; en hy sal 'n buit vir die nasies wees.
En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek laat Nebukadrésar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en 'n menigte en baie mense.
Ja, Ek sal jou 'n kaal rots maak, 'n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesê, spreek die Here HERE.
So sê die Here HERE aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle 'n moord in jou aanrig nie?
Want so sê die Here HERE: As Ek jou 'n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek;
Maar jou sal Ek tot 'n voorwerp van verskrikking maak, en jy sal daar nie wees nie; jy sal gesoek word, maar vir ewig nie meer gevind word nie, spreek die Here HERE.
en sê aan Tirus, wat woon by die ingange van die see, wat handel drywe met die volke na baie kuslande toe: So spreek die Here HERE: o Tirus, jy sê: Ek is volmaak in skoonheid.
Mensekind, sê aan die vors van Tirus: So spreek die Here HERE: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë--terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie--en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god;
Jy sal die dood van onbesnedenes sterwe, deur die hand van vreemdes; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE.
Mensekind, hef 'n klaaglied aan oor die koning van Tirus, en sê vir hom: So spreek die Here HERE: Jy was die seëlring van eweredigheid, vol wysheid en volmaak in skoonheid.
en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Sidon, en Ek sal My verheerlik in jou midde; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek in hom strafgerigte voltrek en My in hom as die Heilige laat ken.
En Ek sal die pes in hom stuur en bloed op sy strate, en die gewondes sal in hom val deur die swaard wat teen hom is van alle kante, en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
En daar sal vir die huis van Israel geen steekdoring en smartlike distel meer wees onder almal wat rondom hulle is nie, wat hulle verag; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.
So sê die Here HERE: As Ek die huis van Israel versamel uit die volke onder wie hulle verstrooi is, en Ek My in hulle as die Heilige laat ken voor die oë van die nasies, dan sal hulle in hul land woon wat Ek aan my kneg Jakob gegee het.
En hulle sal daarin veilig woon en huise bou en wingerde plant; ja, hulle sal veilig woon as Ek strafgerigte voltrek teen almal wat hulle van alle kante verag; en hulle sal weet dat Ek die HERE hulle God is.
In die tiende jaar, in die tiende maand, op die twaalfde van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Spreek en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Farao, koning van Egipte, jou groot draak wat in jou strome lê, wat sê: My stroom is myne, en ek het dit vir my gemaak.
En al die inwoners van Egipte sal weet dat Ek die HERE is, omdat hulle vir die huis van Israel 'n rietstok is--
En Egipteland sal 'n wildernis en puinhoop word, en hulle sal weet dat Ek die HERE is. Omdat hy sê: Die Nyl is myne, en ek het dit gemaak--
Want so sê die Here HERE: Aan die einde van veertig jaar sal Ek die Egiptenaars versamel uit die volke waarheen hulle verstrooi was.
En dit sal vir die huis van Israel geen voorwerp van vertroue meer wees, wat die ongeregtigheid in gedagtenis bring as Israel omdraai agter hulle aan nie; en hulle sal weet dat Ek die Here HERE is.
En in die sewe en twintigste jaar, in die eerste maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek gee Egipteland aan Nebukadrésar, die koning van Babel, en hy sal die rykdom daarvan wegdra en die buit daarvan buitmaak en die roof daarvan rowe, en dit sal die loon vir sy leër wees.
As sy arbeidsloon waar hy voor gedien het, gee Ek hom Egipteland, omdat hulle vir My gewerk het, spreek die Here HERE.
In dié dag sal Ek vir die huis van Israel 'n horing laat uitspruit, en Ek sal vir jou opening van die mond gee onder hulle; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Want naby is 'n dag, ja, naby is 'n dag van die HERE, 'n dag van wolke; die tyd van die nasies sal dit wees.
So sê die HERE: Ja, hulle sal val wat Egipte ondersteun, en sy trotse mag sal wegsink; van Migdol af tot by Siëne sal hulle daarin val deur die swaard, spreek die Here HERE.
So sê die Here HERE: Ja, Ek sal aan die menigte van Egipte 'n einde maak deur die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel.
En Ek sal die strome droë grond maak en die land verkoop in die hand van kwaaddoeners en die land met sy volheid verwoes deur die hand van vreemdes. Ek, die HERE, het dit gespreek.
So sê die Here HERE: Ek sal ook die drekgode vernietig en die afgode laat verdwyn uit Nof, en daar sal geen vors meer wees uit Egipteland nie; en Ek sal vrees in Egipteland verwek.
En in die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen Farao, die koning van Egipte! En Ek sal sy arms verbreek, die sterk een en die gebreekte een, en sal die swaard uit sy hand laat val.
Ja, Ek sal die arms van die koning van Babel versterk, maar Farao se arms sal afval; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my swaard in die hand van die koning van Babel gee, dat hy dit kan uitstrek oor Egipteland.
En Ek sal die Egiptenaars verstrooi onder die nasies en hulle versprei in die lande. So sal hulle dan weet dat Ek die HERE is.
En in die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Daarom, so het die Here HERE gesê: Omdat hy hoog uitgegroei het, en hy sy top tussen die wolke verhef het en hoogmoedig geword het oor sy hoogte,
So sê die Here HERE: Op die dag toe hy na die doderyk neergedaal het, het Ek laat treur: Ek het om sy ontwil die watervloed oordek en die strome daarvan teruggehou, sodat die groot waters gestuit is; en Ek het om sy ontwil die Líbanon in swart gehul, en al die bome van die veld het gesmag om sy ontwil.
Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussen die onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard. Dit is Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.
En in die twaalfde jaar, in die twaalfde maand, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
So sê die Here HERE: So sal Ek dan my net oor jou uitsprei deur 'n vergadering van baie volke, en hulle sal jou optrek in my vangnet.
Al die skynende ligte aan die hemel, dié sal Ek om jou ontwil duister maak, en Ek sal duisternis gee oor jou land, spreek die Here HERE.
As Ek Egipteland 'n wildernis maak en die land woes lê, van sy volheid beroof, as Ek almal wat daarin woon, verslaan het, dan sal hulle weet dat Ek die HERE is.
'n Klaaglied is dit, en hulle moet dit sing; die dogters van die nasies moet dit sing; hulle moet dit sing oor Egipte en oor sy hele menigte, spreek die Here HERE.
En in die twaalfde jaar, op die vyftiende van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê:
Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here HERE.
Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard--Farao en sy hele menigte, spreek die Here HERE.
Sê vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde weë! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel?
Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie.
Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!
En die hand van die HERE was op my in die aand, voordat die vlugteling gekom het; en Hy het my mond geopen teen die tyd dat hy in die môre na my gekom het. So is dan my mond geopen, en ek was nie meer stom nie.
Daarom, sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Julle eet vleis saam met die bloed en slaan julle oë op na jul drekgode en vergiet bloed--en sal julle die land as besitting ontvang?
So moet jy vir hulle sê: So spreek die Here HERE: So waar as Ek leef, die wat in die puinhope is, sal gewis deur die swaard val; en hom wat op die oop veld is, gee Ek aan die wilde diere oor om opgeëet te word; en die wat in die vestings en in die spelonke is, sal deur die pes sterwe.
Dan sal hulle weet dat Ek die HERE is, as Ek die land 'n wildernis en 'n woesteny maak oor al hul gruwels wat hulle bedryf het.
En jy, mensekind, die kinders van jou volk wat oor jou gesels langs die mure en in die deure van die huise--hulle spreek die een met die ander, elkeen met sy broer, en sê: Kom tog en hoor wat die woord is wat van die HERE uitgaan.
Mensekind, profeteer teen die herders van Israel; profeteer en sê vir hulle, die herders: So spreek die Here HERE: Wee die herders van Israel wat aan hulleself weiding verskaf! Moet die herders nie die skape laat wei nie?
So waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat my skape'n prooi geword het en my skape as voedsel gedien het van al die wilde diere van die veld, omdat daar geen herder was nie, en my herders na my skape nie vra nie; en die herders aan hulleself weiding verskaf, maar my skape nie laat wei nie--
So sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen die herders! En Ek sal my skape van hulle hand eis en maak dat hulle geen skape meer oppas nie, sodat die herders aan hulleself nie meer weiding sal verskaf nie; en Ek sal my skape uit hulle mond uitruk, sodat dit hulle nie as voedsel sal dien nie.
En wat julle aangaan, my skape, so sê die Here HERE, kyk, Ek sal oordeel tussen skape en skape, die ramme en die bokramme.
Daarom, so sê die Here HERE vir hulle: Kyk, hier is Ek, en Ek sal oordeel tussen die vet skape en die maer skape.
En Ek, die HERE, Ek sal vir hulle 'n God wees, en my kneg Dawid 'n vors in hulle midde. Ek, die HERE, het dit gespreek.
En die bome van die veld sal hulle vrugte gee, en die land sal sy opbrings gee, en hulle sal veilig wees in hul land; en hulle sal weet dat Ek die HERE is as Ek hulle jukskeie stukkend breek en hulle red uit die hand van die wat hulle diensbaar gemaak het.
Maar hulle sal weet dat Ek, die HERE hulle God, met hulle is, en dat hulle, die huis van Israel, my volk is, spreek die Here HERE.
En julle is my skape, die skape van my weide; julle is mense, Ek is julle God, spreek die Here HERE.
En sê vir hom: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o berg Seïr! En Ek sal my hand teen jou uitstrek en jou 'n wildernis en 'n woesteny maak.
Ek sal jou stede 'n puinhoop maak, en jy self sal 'n wildernis word; en jy sal weet dat Ek die HERE is.
daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, Ek sal jou tot bloed maak, en bloed sal jou vervolg; omdat jy bloed nie gehaat het nie, sal bloed jou vervolg.
Ewige wildernisse sal Ek jou maak, en jou stede sal nie bewoon word nie; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Omdat jy sê: Die twee nasies daar en die twee lande sal myne wees, en ons sal dit in besit neem--terwyl tog die HERE daar gewees het--
daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, Ek sal handel volgens jou toorn en jou naywer waarmee jy uit jou haat teen hulle gehandel het; en Ek sal onder hulle bekend word as Ek jou oordeel.
En jy sal weet dat Ek, die HERE, al jou lasterlike woorde gehoor het wat jy teen die berge van Israel gespreek het deur te sê: Hulle lê woes, hulle is aan ons gegee tot spys.
Soos jy vrolik was oor die erfdeel van die huis van Israel, omdat dit verwoes is, so sal Ek met jou maak: jy sal 'n wildernis word, o berg Seïr en die hele Edom, almal saam. En hulle sal weet dat Ek die HERE is.
En jy, mensekind, profeteer tot die berge van Israel en sê: Berge van Israel, hoor die woord van die HERE!
So sê die Here HERE: Omdat die vyand ha, ha! oor julle roep; en: Die ewige hoogtes het vir ons 'n besitting geword! --
daarom profeteer en sê: So spreek die Here HERE: Omdat, ja, omdat hulle julle van alle kante verwoes en vertrap het, sodat julle vir die oorblyfsel van die nasies 'n besitting kan wees, en julle in opspraak gekom het en deur die mense beskinder is--
daarom, o berge van Israel, hoor die woord van die Here HERE. So spreek die Here HERE tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale, tot die verwoeste puinhope en die verlate stede wat 'n buit en 'n spot geword het vir die oorblyfsel van die nasies wat rondom is--
daarom, so sê die Here HERE: Waarlik, in die vuur van my ywer spreek Ek teen die oorblyfsel van die nasies en teen die hele Edom wat my land vir hulleself as besitting bestem het--in volle vreugde van die hart, met diepste veragting--sodat die weiveld daarvan 'n buit sou wees.
Daarom, profeteer oor die land van Israel, en spreek tot die berge en die heuwels, tot die klowe en die dale: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek spreek in my ywer en in my grimmigheid, omdat julle die smaad van die nasies gedra het.
Daarom, so sê die Here HERE, hef Ek my hand op: Waarlik, die nasies wat rondom julle is--hulle sal hul smaad dra.
Ja, Ek sal mense en diere op julle vermenigvuldig, en hulle sal vermenigvuldig en vrugbaar wees; en Ek sal julle laat bewoon soos in jul voortyd en aan julle weldoen meer as in julle vroeër dae, en julle sal weet dat Ek die HERE is.
So spreek die Here HERE: Omdat hulle vir julle sê: 'n Menseter is jy en een wat sy eie nasie kinderloos maak--
En Ek sal nie meer teen jou laat hoor die skimp van die nasies nie, en die smaad van die volke sal jy nie meer dra nie; en jy sal jou nasie nie meer laat struikel nie, spreek die Here HERE.
En toe hulle by die nasies kom waarheen hulle getrek het, het hulle my heilige Naam ontheilig deurdat van hulle gesê is: Hierdie mense is die volk van die HERE, en hulle moes uit sy land uittrek.
Daarom, sê vir die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Ek doen dit nie om julle ontwil nie, o huis van Israel, maar ter wille van my heilige Naam wat julle ontheilig het onder die nasies waar julle gekom het.
En Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, spreek die Here HERE, as Ek My in julle voor hul oë as die Heilige laat ken.
Ek doen dit nie om julle ontwil nie, spreek die Here HERE; laat dit julle bekend wees! Skaam julle en bloos oor jul weë, o huis van Israel.
So sê die Here HERE: In die dag as Ek julle reinig van al jul ongeregtighede, sal Ek die stede laat bewoon, en die puinhope sal opgebou word.
Dan sal die nasies weet wat rondom julle oorgebly het, dat Ek, die HERE, opgebou het wat afgebreek was, beplant het wat verwoes was; Ek, die HERE, het dit gespreek en sal dit doen.
So sê die Here HERE: Ook dit sal Ek My laat vra deur die huis van Israel om dit vir hulle te doen: Ek sal hulle mense vermenigvuldig soos skape.
Soos die geheiligde skape, soos die skape van Jerusalem op sy feestye, so sal die stede wat in puin lê, vol wees van kuddes van mense; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
Die hand van die HERE was op my, en Hy het my uitgebring deur die Gees van die HERE en my neergesit in die laagte; en dit was vol bene.
Daarop sê Hy vir my: Profeteer oor hierdie bene en sê vir hulle: Dor bene, hoor die woord van die HERE!
So spreek die Here HERE tot hierdie bene: Kyk, Ek bring gees in julle in, sodat julle lewendig kan word.
En Ek sal senings op julle lê en vlees oor julle laat opkom en 'n vel oor julle trek en gees in julle gee, sodat julle lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die HERE is.
Daarop sê Hy vir my: Profeteer tot die gees, profeteer, mensekind, en sê aan die gees: So spreek die Here HERE: Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie dooies, dat hulle lewendig kan word.
Daarom, profeteer en sê aan hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle bring in die land van Israel.
En julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk!
En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle vestig in jul land; en julle sal weet dat Ek, die HERE, dit gespreek en gedoen het, spreek die HERE.
sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk hout maak; en hulle sal een word in my hand.
en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land.
En die nasies sal weet dat Ek die HERE is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees.
So sê die Here HERE: In dié dag sal daar gedagtes in jou hart opkom, en jy sal 'n listige plan beraam
Daarom, profeteer, o mensekind, en sê aan Gog: So spreek die Here HERE: Sal jy dit nie opmerk in dié dag as my volk Israel veilig woon nie?
So sê die Here HERE: Is jy dit van wie Ek in die voortyd gespreek het deur my knegte, die profete van Israel, wat in dié dae geprofeteer het, jare lank, dat Ek jou teen hulle sal laat aankom?
Maar in dié dag, die dag as Gog teen die land van Israel aankom, spreek die Here HERE, sal my grimmigheid in my neus opkom.
En Ek sal die swaard oproep teen hom na al my berge, spreek die Here HERE; die swaard van die een sal teen die ander wees.
So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken en Myself bekend maak voor die oë van baie nasies; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
En jy, mensekind, profeteer teen Gog en sê: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal.
En Ek sal 'n vuur slinger in Magog en onder hulle wat in die kuslande veilig woon; en hulle sal weet dat Ek die HERE is.
En Ek sal my heilige Naam bekend maak onder my volk Israel en sal my heilige Naam nie meer laat ontheilig nie; en die nasies sal weet dat Ek die HERE is, die Heilige in Israel.
sodat hulle geen hout uit die veld sal dra of in die bosse sal kap nie, maar met die wapens vuur sal maak; en hulle sal plunder die wat hulle geplunder het, en berowe die wat hulle beroof het, spreek die Here HERE.
En al die mense van die land sal begrawe, en dit sal hulle roem wees, die dag as Ek My verheerlik, spreek die Here HERE.
En jy, mensekind, so spreek die Here HERE: Sê vir die voëls van allerhande vere en vir al die wilde diere van die veld: Kom bymekaar en kom aan, versamel julle van alle kante by my slagoffer wat Ek vir julle slag, 'n groot slagoffer op die berge van Israel; en eet vlees en drink bloed!
En julle sal aan my tafel versadig word van perde en ruiters, van helde en alle soorte krygsmanne, spreek die Here HERE.
Daarom, so sê die Here HERE: Nou sal Ek die lot van Jakob verander en My ontferm oor die hele huis van Israel en ywer vir my heilige Naam.
En hulle sal weet dat Ek, die HERE, hulle God is, daaraan dat Ek hulle in ballingskap laat gaan het na die nasies, maar hulle weer versamel het in hulle land en dáár niemand meer uit hulle agter laat bly het nie.
En Ek sal my aangesig nie meer vir hulle verberg nie, omdat Ek my Gees oor die huis van Israel uitgegiet het, spreek die Here HERE.
In die vyf en twintigste jaar van ons ballingskap, in die begin van die jaar, op die tiende van die eerste maand, in die veertiende jaar nadat die stad ingeneem is, op daardie selfde dag, was die hand van die HERE op my, en Hy het my daarheen gebring.
En die kamer waarvan die voorkant na die noorde lê, is vir die priesters wat die diens van die altaar waarneem; dit is die seuns van Sadok wat uit die kinders van Levi na die HERE mag nader kom om Hom te dien.
Die altaar was van hout, drie el hoog, en sy lengte twee el, en dit het sy hoekstukke gehad; en sy voetstuk en sy sykante was van hout. En hy het vir my gesê: Dit is die tafel wat voor die aangesig van die HERE is.
Toe het hy vir my gesê: Die noordelike kamers en die suidelike kamers wat teenoor die afgeslote ruimte lê, hulle is die heilige kamers waar die priesters wat na die HERE nader kom, die hoogheilige gawes moet eet; daar moet hulle die hoogheilige gawes neersit: die spysoffer en die sondoffer en die skuldoffer, want die plek is heilig.
En die heerlikheid van die HERE het in die huis ingetrek deur die poort waarvan die voorkant na die ooste lê.
En die Gees het my opgeneem en my in die binneste voorhof gebring; en kyk, die heerlikheid van die HERE het die huis vervul.
En hy het vir my gesê: Mensekind, so spreek die Here HERE: Dit is die verordeninge van die altaar: Op die dag as dit gemaak word om brandoffers daarop te bring en om bloed daarteen uit te gooi,
moet jy aan die Levitiese priesters wat uit die geslag van Sadok is, wat na My mag nader kom--spreek die Here HERE--om My te dien, 'n jong bul gee as sondoffer.
En jy moet hulle bring voor die aangesig van die HERE; en die priesters moet sout daarop strooi en dit as brandoffer aan die HERE bring.
En hulle moet die dae voleindig; dan moet die priesters op die agtste dag en verder julle brandoffers en julle dankoffers op die altaar berei; en Ek sal 'n behae in julle hê, spreek die Here HERE.
En die HERE het vir my gesê: Hierdie poort moet toegesluit bly, dit mag nie oopgemaak word nie, en niemand mag daardeur ingaan nie, omdat die HERE, die God van Israel, daardeur ingegaan het; daarom moet dit gesluit bly.
Wat betref die vors, hy moet as vors daarin sit om brood te eet voor die aangesig van die HERE; van die voorportaal van die poort af moet hy ingaan en op dieselfde weg daar uitgaan.
Daarop het hy my gebring na die noordpoort, aan die voorkant van die huis; ek kyk toe en sien dat die heerlikheid van die HERE die huis van die HERE vervul; toe het ek op my aangesig geval.
En die HERE het vir my gesê: Mensekind, gee ag daarop en kyk met jou oë en hoor met jou ore alles wat Ek jou sal sê aangaande al die verordeninge van die huis van die HERE en al die wette daarvan; en gee ag op die ingang in die huis deur al die uitgange van die heiligdom.
En sê aan die wederstrewiges, aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Laat dit genoeg wees met al julle gruwels, o huis van Israel!
So sê die Here HERE: Geen uitlander, onbesnede van hart en onbesnede van vlees, mag in my heiligdom ingaan, van al die uitlanders wat onder die kinders van Israel is nie.
Omdat hulle hul gedien het voor hulle drekgode en vir die huis van Israel 'n struikelblok tot ongeregtigheid was, daarom het Ek my hand teen hulle opgehef, spreek die Here HERE, sodat hulle hul ongeregtigheid moet dra.
Maar die Levitiese priesters, die kinders van Sadok, wat die diens van my heiligdom waargeneem het toe die kinders van Israel van My af weggedwaal het, hulle moet na My toe nader kom om My te dien en voor my aangesig staan om aan My die vet en die bloed te offer, spreek die Here HERE.
En op die dag as hy in die heiligdom ingaan, in die binneste voorhof, om in die heiligdom te dien, moet hy sy sondoffer bring, spreek die Here HERE.
En as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf en twintig duisend el die lengte, en die breedte: twintig duisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.
Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet wees vir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om die HERE te dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en 'n heiligdom vir die heiligdom.
So sê die Here HERE: Dit is nou genoeg, o vorste van Israel! Verwyder geweld en verdrukking, en doen reg en geregtigheid; hou op om my volk uit hulle besittings te verdring, spreek die Here HERE.
Verder van die kleinvee: een stuk uit twee honderd, uit die waterryke weiveld van Israel--as spysoffers en brandoffers en dankoffers om versoening vir hulle te doen, spreek die Here HERE.
So sê die Here HERE: In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy 'n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.
En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan die HERE gereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, en daagliks 'n bokram as sondoffer.
So sê die Here HERE: Die poort van die binneste voorhof wat na die ooste kyk, moet gedurende die ses werkdae gesluit wees; maar op die sabbatdag moet dit oopgemaak word; ook moet dit op die dag van die nuwemaan oopgemaak word.
Ook moet die volk van die land aanbid voor die ingang van dié poort, op die sabbatte en op die nuwemane, voor die aangesig van die HERE.
Maar as die volk van die land voor die aangesig van die HERE kom op die feestye, moet hy wat deur die noordpoort ingaan om te aanbid, deur die suidpoort uitgaan; en hy wat deur die suidpoort ingaan, moet deur die noordpoort uitgaan; hy mag nie teruggaan deur die poort waardeur hy ingegaan het nie, maar moet reguit vorentoe uitgaan.
En as die vors 'n vrywillige offer gereedmaak, 'n brandoffer of dankoffers as vrywillige offer aan die HERE, dan moet hulle vir hom die poort oopmaak wat na die ooste kyk; en hy moet sy brandoffer en sy dankoffers berei soos hy op die sabbatdag doen; en as hy uitgaan, moet hulle die poort sluit nadat hy uitgegaan het.
Verder moet jy 'n jaaroud lam sonder gebrek daagliks berei as brandoffer aan die HERE; elke môre moet jy dit berei.
En jy moet elke môre daarby as spysoffer gereedmaak: 'n sesde van 'n efa en 'n derde van 'n hin olie om die fynmeel te bevogtig, as spysoffer aan die HERE--ewige insettinge, altyddeur.
So sê die Here HERE: As die vors aan een van sy seuns 'n geskenk gee van sy erfdeel, dan moet dit vir sy seuns wees: dit is hulle besitting as erfenis.
So sê die Here HERE: Dit moet die grondgebied wees waarin julle die land as erfdeel sal verwerf volgens die twaalf stamme van Israel--vir Josef twee dele.
En in die stam waar die vreemdeling by vertoef, daar moet julle hom sy erfdeel gee, spreek die Here HERE.
Die offergawe wat julle aan die HERE moet afgee, moet vyf en twintig duisend el lank wees en tien duisend breed.
En aan hulle, aan die priesters, moet die heilige offergawe toebehoort: teen die noorde 'n lengte van vyf en twintig duisend el en teen die weste 'n breedte van tien duisend en teen die ooste 'n breedte van tien duisend en teen die suide 'n lengte van vyf en twintig duisend; en die heiligdom van die HERE moet in die middel daarvan wees.
En hulle mag niks daarvan verkoop of verruil nie, en die beste van die land mag nie in ander hande oorgaan nie; want dit is heilig aan die HERE.
Dit is die land wat julle as erfenis moet laat toekom aan die stamme van Israel, en dit is hulle gedeeltes, spreek die Here HERE.
En die Here het Jójakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met 'n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sínear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring.
Die koning het Daniël geantwoord en gesê: Waarlik, julle God is die God van die gode en die Here van die konings en die Openbaarder van geheimenisse, daarom was jy in staat om hierdie geheim te openbaar.
maar u het u verhef teen die Here van die hemel, en die voorwerpe van sy huis het hulle voor u gebring; en u en u maghebbers, u vroue en u byvroue het wyn daaruit gedrink; en u het die gode van silwer en goud, koper, yster, hout en klip geprys, wat nie sien en nie hoor en nie weet nie, maar die God in wie se hand u asem en voor wie al u paaie is, Hom het u nie vereer nie.
En toe haar bure en bloedverwante hoor dat die Here sy barmhartigheid aan haar groot gemaak het, was hulle saam met haar bly.
En almal wat dit gehoor het, het dit ter harte geneem en gesê: Wat sal tog van hierdie kindjie word? En die hand van die Here was met hom.
Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het,
En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;
En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig.
En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.
in die eerste jaar van sy regering het ek, Daniël, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die HERE tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was.
En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.
En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,
Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.
Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het.
en na die stem van die HERE onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie.
soos in die wet van Moses geskrywe is--al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die HERE onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie.
Daarom was die HERE wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die HERE onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie.
Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met 'n sterke hand uitgelei en vir U 'n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos.
o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk 'n voorwerp van versmading vir almal rondom ons.
Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes lê.
Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep.
Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die HERE my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God,
Die woord van die HERE wat gekom het tot Hoséa, die seun van Beëri, in die dae van Ussía, Jotam, Agas, Jehiskía, konings van Juda, en in die dae van Jeróbeam, die seun van Joas, koning van Israel.
Die begin van wat die HERE met Hoséa gespreek het; die HERE het aan Hoséa gesê: Gaan heen, neem vir jou 'n hoervrou en hoerkinders; want die land het grootliks owerspel bedrywe deur van die HERE afvallig te word.
En die HERE het vir hom gesê: Noem hom Jísreël, want nog 'n klein tydjie, dan sal Ek die bloedskuld van Jísreël aan die huis van Jehu besoek en 'n einde maak aan die koninkryk van die huis van Israel.
Maar oor die huis van Juda sal Ek My ontferm en hulle verlos deur die HERE hulle God, en Ek sal hulle nie deur boog of swaard of oorlog, deur perde of ruiters verlos nie.
So besoek Ek dan aan haar die dae van die Baäls toe sy vir hulle offerrook laat opgaan het en haar met haar neusring en haar halssierade versier en haar minnaars agternageloop het; maar My het sy vergeet, spreek die HERE.
En in dié dag sal Ek verhoor, spreek die HERE, Ek sal die hemel verhoor en dié sal die aarde verhoor.
En die HERE het vir my gesê: Gaan nog 'n keer, bemin 'n vrou wat bemin word deur haar vriend, maar wat owerspel bedrywe, net soos die HERE die kinders van Israel bemin, terwyl hulle hul tot ander gode wend en versot is op rosynekoeke.
Daarna sal die kinders van Israel hulle bekeer en die HERE hulle God soek en Dawid hulle koning, en met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste van die dae.
Hoor die woord van die HERE, o kinders van Israel! Want die HERE het 'n regsaak met die inwoners van die land, omdat daar geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land is nie.
Dan sal hulle eet, maar nie versadig word nie; hulle sal hoereer, maar nie uitbreek in menigte nie; want hulle het nagelaat om die HERE te vereer.
As jy hoereer, o Israel, laat Juda hom tog nie skuldig maak nie! Kom dan nie na Gilgal nie, en gaan nie op na Bet-Awen nie, en sweer nie: So waar as die HERE leef!
Want Israel is wederstrewig soos 'n wederstrewige koei; nou sal die HERE hulle laat wei soos 'n lam in die oop veld.
Hulle dade gedoog geen terugkeer tot hulle God nie, want daar is 'n gees van hoerery in hulle binneste, en hulle ken die HERE nie.
Met hulle kleinvee en hulle beeste sal hulle heengaan om die HERE te soek, maar Hom nie vind nie. Hy het Hom aan hulle onttrek.
Hulle het troueloos gehandel teen die HERE, want hulle het onegte kinders verwek; nou sal die nuwemaan hulle met hul velde verteer.
Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind.
En laat ons ken--laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
Ja, die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die HERE hulle God nie, en ondanks dit alles soek hulle Hom nie.
Die basuin aan jou mond! Soos 'n arend skiet dit neer op die huis van die HERE! Omdat hulle my verbond oortree het en teen my wet gesondig het.
Slagoffers, My aangebied, offer hulle--vleis is dit, en hulle eet; die HERE het geen behae daarin nie. Nou sal Hy aan hulle ongeregtigheid dink en oor hulle sondes besoeking doen; hulle sal teruggaan na Egipte.
Hulle sal in die land van die HERE nie bly nie; maar Efraim sal na Egipte teruggaan, en in Assur sal hulle eet wat onrein is.
Hulle sal vir die HERE geen wyn uitgiet nie, en hulle slagoffers sal vir Hom nie welgevallig wees nie; soos tranebrood sal hulle spys vir hulle wees. Almal wat daarvan eet, word verontreinig; want hulle brood is vir hulleself: dit sal nie in die huis van die HERE kom nie.
Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het die HERE nie gevrees nie; en die koning--wat sou hy vir ons kan doen?
Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle 'n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën.
Hulle sal agter die HERE aan trek; Hy sal brul soos 'n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders sal met siddering van die seekant aankom.
Hulle sal sidderende aankom soos 'n voëltjie uit Egipte en soos 'n duif uit die land Assur; en Ek sal hulle laat woon in hulle huise, spreek die HERE.
Die HERE het ook 'n twis met Juda, en Hy sal oor Jakob besoeking doen volgens sy weë, hom vergelde na sy dade.
Maar Ek is die HERE jou God van Egipteland af, Ek sal jou weer in tente laat woon soos in die dae van die huttefees.
Maar deur 'n profeet het die HERE Israel uit Egipte laat optrek, en deur 'n profeet is hulle opgepas.
Efraim het die HERE bitterlik geterg; daarom sal Hy sy bloedskulde op hom laat neerkom, ja, sy Here sal hom vir die aangedane smaad vergelde.
Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.
Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom 'n oostewind, 'n wind van die HERE, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal 'n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.
Neem woorde met julle, en bekeer julle tot die HERE; sê aan Hom: Vergeef alle ongeregtigheid, en neem aan wat goed is; dan sal ons as offerdiere ons lippe aanbied.
Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!
Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.
Heilig 'n vasdag, roep 'n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE.
Tot U, o HERE, roep ek, want 'n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en 'n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.
Blaas die basuin op Sion, en blaas alarm op my heilige berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van die HERE kom, want hy is naby--
En die HERE verhef sy stem voor sy leërmag uit; want geweldig groot is sy leër, ja, magtig die uitvoerder van sy woord. Want die dag van die HERE is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra?
Maar selfs nou nog, spreek die HERE, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag.
En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die HERE julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil;
wie weet of dit Hom nie weer sal berou nie, sodat Hy 'n seën sal agterlaat--'n spysoffer en 'n drankoffer aan die HERE julle God.
Laat die priesters, die dienaars van die HERE, tussen die voorportaal en die altaar ween en sê: o HERE, spaar u volk, en gee u erfdeel nie oor aan smaadheid, dat die nasies met hulle spot nie; waarom sou hulle onder die volke sê: Waar is hulle God?
En die HERE het geantwoord en aan sy volk gesê: Kyk, Ek stuur vir julle koring en mos en olie, sodat julle daarvan versadig word, en Ek maak julle nie meer tot 'n voorwerp van smaad onder die nasies nie.
En julle, kinders van Sion, juig en wees bly in die HERE julle God, want Hy gee julle die leraar tot geregtigheid en laat op julle neerdaal die reën, die vroeë reëns en die laat reëns, soos voorheen.
Dan sal julle oorvloedig eet en versadig wees en die Naam van die HERE julle God prys wat wonderbaar met julle gehandel het, en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
En julle sal weet dat Ek in die midde van Israel is, en dat Ek die HERE julle God is, en niemand anders nie; en my volk sal in ewigheid nie beskaamd staan nie.
Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE kom.
En elkeen wat die Naam van die HERE aanroep, sal gered word; want op die berg Sion en in Jerusalem sal daar ontkoming wees soos die HERE gesê het, en onder die vrygeraaktes die wat die HERE sal roep.
En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan 'n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.
Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal 'n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel.
Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar 'n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon.
En hy het gesê: Die HERE brul uit Sion en verhef sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Damaskus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle Gílead met ysterdorssleë gedors het.
En Ek sal die grendel van Damaskus verbreek en die inwoners uit die laagte van Awen uitroei en die wat die septer dra, uit Bet-Eden, en die volk van Aram sal in ballingskap gaan na Kir, sê die HERE.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Gasa, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking in ballingskap weggevoer het om dit aan Edom uit te lewer.
En Ek sal die inwoners uit Asdod uitroei en die wat die septer dra, uit Askelon; en Ek sal my hand teen Ekron uitstrek, en die oorblyfsel van die Filistyne sal omkom, sê die Here HERE.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Tirus, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle 'n ganse bevolking as ballinge aan Edom uitgelewer het en nie gedink het aan die broederverbond nie.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Edom, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy sy broer met die swaard agtervolg het en sy jammergevoel verstik het, sodat sy toorn altyd verskeur en hy gedurigdeur sy grimmigheid behou.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van die kinders van Ammon, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die swanger vroue van Gílead oopgesny het om hulle grondgebied uit te brei.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Moab, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hy die beendere van die koning van Edom tot kalk verbrand het.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Juda, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die wet van die HERE verwerp het en sy insettinge nie onderhou het nie; en hulle leuengode het hulle verlei waar hulle vaders agter aan geloop het.
So sê die HERE: Oor drie oortredinge van Israel, ja, oor vier, sal Ek dit nie afwend nie; omdat hulle die regverdige vir geld verkoop het en die behoeftige vir 'n paar skoene.
En Ek het uit julle seuns profete en uit julle jongelinge nasireërs verwek. Is dit nie so nie, o kinders van Israel? spreek die HERE.
Hoor hierdie woord wat die HERE oor julle gespreek het, o kinders van Israel, oor die hele geslag wat Ek uit Egipteland laat optrek het, naamlik:
Sal die basuin in die stad geblaas word en die bevolking nie skrik nie? Sal daar 'n onheil in die stad voorval as die HERE dit nie bewerk het nie?
Want die Here HERE doen niks tensy Hy sy raadsbesluit aan sy knegte, die profete, geopenbaar het nie.
Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek die HERE--hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise.
Daarom, so sê die Here HERE: 'n Vyand! En dit rondom die land; en hy sal jou vesting van jou af neerwerp, en jou paleise sal geplunder word.
So sê die HERE: Soos 'n herder 'n paar pote of 'n oorlappie red uit die bek van 'n leeu, net so sal gered word die kinders van Israel wat daar in Samaría in die hoek van 'n bed of op die damás van 'n rusbank sit.
Dan sal Ek die winterhuis saam met die somerhuis tref, en die huise van ivoor sal te gronde gaan, en baie huise sal verdwyn, spreek die HERE.
Hoor hierdie woord, koeie van Basan, wat op die gebergte van Samaría is! Wat die armes verdruk, die behoeftiges hard behandel; wat aan hulle here sê: Bring aan en laat ons drink!
Die Here HERE het gesweer by sy heiligheid: Kyk, daar sal dae oor julle kom dat hulle julle met hake sal optrek en die wat van julle oor is, met vishoeke.
En julle sal deur bresse in die muur uittrek, elkeen sonder om weg te kyk, en julle sal weggewerp word na Harmon, spreek die Here HERE.
En laat van wat gesuurd is, 'n lofoffer rook, en roep vrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here HERE.
Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam met die wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos 'n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is--nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.
Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam!
Want so sê die Here HERE: Die stad wat met duisend uitgetrek het, hou honderd oor; en die wat met honderd uitgetrek het, hou tien oor vir die huis van Israel.
Soek die HERE, dan sal julle lewe, sodat Hy nie teen die huis van Josef uitbreek soos 'n vuur wat verteer sonder dat iemand dit vir Bet-el kan blus nie.
Hy wat die Sewe-ster en die Oríon gemaak het en die duisternis in môrelig verander en die dag tot nag verduister, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die oppervlakte van die aarde--HERE is sy Naam!
Soek wat goed is, en nie wat sleg is nie, sodat julle kan lewe en die HERE, die God van die leërskare, só met julle kan wees soos julle sê.
Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort--miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.
Daarom, so sê die HERE, die God van die leërskare, die Here: Op al die pleine weeklag! En op al die strate sal hulle sê: Ag, ag! En hulle sal na die landbouer roep om te treur, en te weeklaag na die wat verstaan om treurliedere te sing.
Wee die wat na die dag van die HERE verlang! Wat sal tog die dag van die HERE vir julle wees? Dit sal duisternis wees en geen lig nie.
Daarom sal Ek julle anderkant Damaskus in ballingskap wegvoer, sê die HERE wie se Naam God van die leërskare is.
Die Here HERE het by Homself gesweer, spreek die HERE, die God van die leërskare: Ek het 'n afsku van die trotsheid van Jakob en haat sy paleise; daarom lewer Ek die stad oor en al wat daarin is.
En wanneer iemand se bloedverwant, die een wat hom wil verbrand, hom optel om die bene uit die huis te verwyder, en aan iemand wat in die agterste vertrekke is, sê: Is daar nog iemand by jou? en hy antwoord: Nee--dan sal die eerste sê: Bly stil, want dit is nie gepas om die Naam van die HERE te vermeld nie!
Want kyk, die HERE gee bevel, en hulle slaan die groot huis tot 'n puinhoop en die klein huis tot splinters.
Want kyk, Ek gaan teen julle, o huis van Israel, 'n volk opwek, spreek die HERE, die God van die leërskare, en hulle sal julle verdruk van die ingang na Hamat af tot by die spruit van die Vlakte.
Dit het die Here HERE my laat sien--kyk, Hy het sprinkane geformeer toe die na-gras begin uitspruit het; en kyk, dit was die na-gras nadat die snysels van die koning af was.
En toe hulle al die gewasse van die land afgeëet het, sê ek: Here HERE, vergeef tog! Hoe sal Jakob staande bly? want hy is klein.
Dit het die Here HERE my laat sien--kyk, die Here HERE roep om 'n regstryd te voer deur vuur, en dit het die groot watervloed verteer en sou die akkerland verteer het.
Dit het Hy my laat sien--kyk, die Here het op 'n loodregte muur gestaan, en daar was 'n skietlood in sy hand.
Toe sê die HERE vir my: Wat sien jy, Amos? En ek het geantwoord: 'n Skietlood. Daarop sê die Here: Kyk, Ek gaan 'n skietlood aanlê in die midde van my volk Israel. Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.
Maar die HERE het my agter die kleinvee weggeneem, en die HERE het aan my gesê: Gaan heen, profeteer teen my volk Israel.
Hoor dan nou die woord van die HERE! Jy sê: Jy mag nie teen Israel profeteer nie, en jy mag geen woorde laat druppel teen die huis van Isak nie.
Daarom, so sê die HERE: Jou vrou sal in die stad hoereer, en jou seuns sowel as jou dogters sal deur die swaard val, en jou grond met die meetsnoer verdeel word, en jy self sal in 'n onrein land sterwe, en Israel sekerlik in ballingskap uit sy land gaan.
En Hy sê: Wat sien jy, Amos? En ek antwoord: 'n Mandjie met somervrugte. Toe sê die HERE vir my: Die einde het vir my volk Israel gekom; Ek sal hom verder nie meer verbygaan nie.
En die liedere van die paleis sal in dié dag weeklaag, spreek die Here HERE: 'n menigte lyke; hulle gooi dit oral neer. Stilte!
Die HERE het gesweer by die hoogheid van Jakob: Gewis, Ek sal in ewigheid nie een van hulle werke vergeet nie.
En in dié dag, spreek die Here HERE, laat Ek die son op die middag ondergaan en vir die aarde die lig duister word terwyl dit nog dag is.
Kyk, daar kom dae, spreek die Here HERE, dat Ek 'n honger in die land stuur, nie 'n honger na brood nie en nie 'n dors na water nie, maar om die woorde van die HERE te hoor.
En hulle sal swerwe van see tot see en rondslinger van noord na oos, om na die woord van die HERE te soek, maar hulle sal dit nie vind nie.
Ek het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die kapiteel van die pilaar, sodat die drumpels bewe; en verpletter hulle bo die hoof van almal! En Ek sal die wat van hulle oorbly, met die swaard ombring: die vlugteling uit hulle sal nie ontsnap nie, en geen vrygeraakte onder hulle homself red nie.
Ja, dit is die Here HERE van die leërskare wat die aarde aanraak, sodat dit bewe en almal treur wat daarop woon; en dit sal in sy geheel oprys soos die Nyl en wegsak soos die rivier van Egipte.
Dit is Hy wat sy solders in die hemele bou en sy hemelgewelf bo die aarde vestig, wat die waters van die see roep en dit uitgiet oor die aardbodem, HERE is sy Naam!
Is julle nie vir My soos die kinders van Kus nie, o kinders van Israel? spreek die HERE. Het Ek Israel nie laat optrek uit Egipteland en die Filistyne uit Kaftor en die Arameërs uit Kir nie?
Kyk, die oë van die Here HERE is gerig teen die sondige koninkryk, en Ek sal dit van die aardbodem verdelg; maar Ek sal die huis van Jakob nie heeltemal verdelg nie, spreek die HERE.
sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die HERE wat dit doen.
Kyk, die dae kom, spreek die HERE, dat die ploeër die maaier inhaal, en die druiwetrapper die saadsaaier; en dat die berge van mos sal drup, en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees.
En Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, sê die HERE jou God.
Die gesig van Obadja. So sê die Here HERE aangaande Edom: Ons het 'n tyding van die HERE gehoor, en 'n boodskapper is uitgestuur onder die nasies om te sê: Staan op, en laat ons klaarmaak om teen hom te veg!
Al woon jy so hoog soos die arend en al was jou nes tussen die sterre gestel--daarvandaan sal Ek jou neerwerp, spreek die HERE.
Sal Ek nie in dié dag, spreek die HERE, die wyse manne uit Edom verdelg nie en die verstand uit die gebergte van Esau?
Want die dag van die HERE is naby oor al die nasies; soos jy gedoen het, sal aan jou gedoen word, jou daad sal op jou hoof neerkom.
Dan sal die huis van Jakob 'n vuur wees en die huis van Josef 'n vlam, maar die huis van Esau 'n stoppel; en dié sal hulle aan die brand steek en hulle verteer, sodat daar geen oorblyfsel vir die huis van Esau sal wees nie, want die HERE het dit gespreek.
Dan sal daar verlossers die berg Sion opgaan om die gebergte van Esau te oordeel, en die koninkryk sal aan die HERE toebehoort.
Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na Jafo afgegaan en 'n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.
Maar die HERE het 'n sterk wind op die see gewerp, en toe daar 'n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.
En hy antwoord hulle: Ek is 'n Hebreër, en ek vrees die HERE, die God van die hemel, wat die see en die droë land gemaak het.
Toe word die manne baie bang en sê vir hom: Wat het jy nou gedoen! Want die manne het geweet dat hy van die aangesig van die HERE af wegvlug; want hy het hulle dit te kenne gegee.
Toe roep hulle tot die HERE en sê: Ag, HERE, laat ons tog nie vergaan weens die lewe van hierdie man nie, en bring geen onskuldige bloed oor ons nie; want U, HERE, het gedoen na u welbehae.
Toe het die manne die HERE gevrees met 'n groot vrees en 'n slagoffer aan die HERE gebring en geloftes gedoen.
En die HERE het 'n groot vis beskik om Jona in te sluk; en Jona was drie dae en drie nagte in die ingewande van die vis.
en gesê: Uit my benoudheid het ek die HERE aangeroep, en Hy het my verhoor; uit die binneste van die doderyk het ek geroep om hulp--U het my stem gehoor.
Ek het afgedaal tot by die grondslae van die berge, die grendels van die aarde het my vir altyd ingesluit; maar U het my lewe uit die kuil opgetrek, HERE my God!
Toe my siel in my versmag het, het ek aan die HERE gedink; en my gebed het tot by U gekom in u heilige tempel.
Ek daarenteen sal aan U offer met 'n stem van lof; wat ek beloof het, sal ek betaal. Die heil behoort aan die HERE.
Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die HERE. En Ninevé was 'n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.
Toe bid hy tot die HERE en sê: Ag, HERE, het ek dit nie gedink terwyl ek nog in my land was nie? Daarom het ek tevore na Tarsis gevlug; want ek het geweet dat U 'n genadige en barmhartige God is, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.
Toe beskik die HERE God 'n wonderboom en laat dit oor Jona opskiet om te dien as skaduwee oor sy hoof, om hom van sy ontstemdheid te bevry; en Jona was baie bly oor die wonderboom.
Verder sê die HERE: Jy wil die wonderboom spaar waar jy geen arbeid aan bestee het nie en wat jy nie grootgemaak het nie, wat in een nag ontstaan en in een nag vergaan het.
Die woord van die HERE wat tot Miga, die Morastiet, gekom het, in die dae van Jotam, Agas, Hiskía, konings van Juda; wat hy gesien het aangaande Samaría en Jerusalem.
o Volke, luister almal saam! o Aarde en sy volheid, let op! Sodat die Here HERE getuie teen julle kan wees, die Here uit sy heilige paleis.
Want die inwoners van Marot wag in pyn op iets goeds, omdat onheil neerdaal van die HERE na die poort van Jerusalem.
Daarom, so sê die HERE: Kyk, Ek bedink onheil teen hierdie geslag, waar julle jul nekke nie sal kan uittrek nie, en waarby julle nie regop sal kan loop nie; want dit sal 'n tyd van onheil wees!
Daarom sal daar vir jou niemand wees wat die meetsnoer werp in'n erfdeel in die vergadering van die HERE nie.
Mag dit gesê word, o huis van Jakob: Sou die HERE dan ongeduldig wees? Of is dit sy dade? Is my woorde nie vriendelik teenoor hom wat as opregte wandel nie?
Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die HERE heeltemal vooraan.
Dan sal hulle die HERE aanroep, en Hy sal hulle nie antwoord nie; maar Hy sal sy aangesig in dié tyd vir hulle verberg, omdat hulle verkeerde dinge gedoen het.
So sê die HERE aangaande die profete wat my volk verlei, wat as hulle maar iets het om met hulle tande te byt, vrede verkondig; maar teen hom wat niks in hulle mond steek nie, verklaar hulle 'n heilige oorlog!
Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.
Sy hoofde spreek vonnisse uit vir 'n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsêers vir geld. Nogtans steun hulle op die HERE en sê: Is die HERE nie in ons midde nie? Geen onheil sal ons wedervaar nie!
En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.
En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE en na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die HERE uit Jerusalem.
Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond van die HERE van die leërskare het dit gespreek.
Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God vir ewig en altoos.
In dié dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek kwaad aangedoen het.
Dan sal Ek die wat kreupel was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie. En die HERE sal koning wees oor hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.
Krimp inmekaar en bring voort, o dogter van Sion, soos een wat baar! Want nou sal jy die stad verlaat en op die veld gaan woon; en jy sal in Babel aankom--dáár sal jy gered word, dáár sal die HERE jou verlos uit die hand van jou vyande.
Maar hulle ken nie die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe op die dorsvloer.
Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn trap; en jy sal hulle onregverdige wins aan die HERE toewy en hulle rykdom aan die Here van die ganse aarde.
En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.
Dan sal die oorblyfsel van Jakob onder baie volke wees soos dou van die HERE, soos reënbuie op die plante, wat op geen mens wag nie en ter wille van geen mensekind vertoef nie.
Hoor tog wat die HERE sê: Staan op, twis in teenwoordigheid van die berge, en laat die heuwels na jou stem luister!
Hoor, berge, die twis van die HERE! En onwankelbares, grondslae van die aarde! Want die HERE het 'n twis met sy volk en sal met Israel 'n regsgeding hou.
My volk, dink tog aan wat Balak, die koning van Moab, beraadslaag het, en wat Bíleam, die seun van Beor, hom geantwoord het, en wat gebeur het van Sittim af tot by Gilgal, sodat jy kennis kan dra van die regverdige dade van die HERE.
Waarmee sal ek die HERE tegemoetgaan en my buig voor die hoë God? Sal ek Hom tegemoetgaan met brandoffers, met jaaroud kalwers?
Sal die HERE 'n welbehae hê in duisende ramme en tien duisende strome van olie? Sal ek my eersgeborene gee vir my oortreding, die vrug van my liggaam vir die sonde van my siel?
Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?
Die stem van die HERE roep tot die stad--dit is heilsaam om u Naam te vrees--:Hoor die roede, en wie dit bestel het.
Wees nie bly oor my nie, o my vyandin! Al het ek geval, ek staan weer op; al sit ek in duisternis, die HERE is 'n lig vir my.
Die toorn van die HERE sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen.
Ook sal my vyandin dit sien, en skaamte sal haar bedek wat vir my sê: Waar is die HERE, jou God? My oë sal met welgevalle op haar neersien. Nou sal sy vertrap word soos modder van die strate.
Hulle sal stof lek soos die slang, hulle sal soos grondkruipers bewende uit hulle vestings te voorskyn kom, hulle sal sidderende kom na die HERE onse God, en hulle sal vir U vrees.
'n Jaloerse God en 'n wreker is die HERE, 'n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; 'n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.
Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.
Wat wil julle beraam teen die HERE? Hy maak daar 'n einde aan; die benoudheid sal nie twee maal opkom nie.
Van jou, o stad, het een uitgegaan wat kwaad teen die HERE beraam het, wat verderflike planne gemaak het.
So sê die HERE: Al is hulle ook in volle krag en só groot in getal, tog sal hulle net só afgemaai word en vergaan. (Ek het jou verneder, Ek sal jou nie meer verneder nie;
Maar die HERE sal dit oor jóu verorden: Van jou naam sal daar nie meer gesaai word nie; Ek sal uit die huis van jou god uitroei die gesnede en die gegote beelde; Ek sal vir jou 'n graf maak, want jy is te lig bevind.
Want die HERE herstel die heerlikheid van Jakob net soos die heerlikheid van Israel; want plunderaars het hulle geplunder en hulle wingerdlote verniel.
Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek laat jou strydwaens in rook opgaan; en die swaard sal jou jong leeus verslind, en Ek sal jou roof van die aarde verdelg; en die stem van jou gesante sal nie meer gehoor word nie.
Kyk, Ek het dit teen jou, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal jou slippe optel oor jou aangesig en nasies jou naaktheid laat sien en koninkryke jou skande.
Is U dan nie uit die voortyd nie, o HERE, my God, my Heilige? Ons sal nie sterwe nie. HERE, tot 'n strafoordeel het U hom bestel en, o Rots, tot 'n tugroede het U hom bestem!
Toe antwoord die HERE my en sê: Skryf die gesig op en graveer dit op tafels, sodat hulle dit in die verbygaan kan lees.
Kyk, kom dit nie van die HERE van die leërskare dat volke arbei vir vuur en nasies hulle afmat vir niks nie?
Want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek.
Jy het jou versadig met skande in plaas van met eer--drink jy ook nou, en wees ontbloot. Na jou toe sal die beker van die regterhand van die HERE omgaan, en skande tref jou eer.
HERE, ek het die tyding aangaande U verneem, ek het gevrees! HERE, roep u werk in die lewe in die midde van die jare; in die midde van die jare laat dit bekend word. In toorn, dink aan ontferming.
Is dit teen riviere, o HERE, teen die riviere, dat u toorn ontvlam het? Of geld u grimmigheid die see dat U ry met u perde, u oorwinningswaens?
Die HERE Here is my sterkte, en Hy maak my voete soos dié van herte, en Hy laat my tree op my hoogtes. Vir die musiekleier op snaarinstrumente.
Die woord van die HERE wat gekom het tot Sefánja, die seun van Kusi, die seun van Gedálja, die seun van Amárja, die seun van Hiskía, in die dae van Josía, die seun van Amon, koning van Juda.
Ek sal wegraap mense en diere, Ek sal wegraap die voëls van die hemel en die visse van die see en die struikelblokke saam met die goddelose, ja, Ek sal die mense uitroei van die aardbodem af weg, spreek die HERE.
en die wat op die dakke die leër van die hemel aanbid; en die aanbidders wat by die HERE sweer en sweer by Milkom.
Swyg voor die Here HERE! Want die dag van die HERE is naby; want die HERE het 'n offer berei, sy gaste geheilig.
En op die dag van die offer van die HERE sal Ek besoeking doen oor die vorste en die prinse en oor almal wat uitlandse klere dra.
Ek sal ook op dié dag besoeking doen oor almal wat oor die drumpel spring, wat die huis van hulle here vul met geweld en bedrog.
En op dié dag, spreek die HERE--hoor! 'n geskreeu van die Vispoort af en 'n gehuil van die Nuwe Stad af en 'n groot gekraak van die heuwels af!
En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel, wat in hulle hart sê: Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.
Naby is die groot dag van die HERE, naby en baie haastig. Hoor! die dag van die HERE! Bitterlik skreeu die held daar.
En Ek sal die mense in benoudheid bring, en hulle sal rondloop soos blindes, omdat hulle teen die HERE gesondig het; en hulle bloed sal vergiet word soos stof en hulle ingewande soos drek.
Hulle silwer of hulle goud sal nie in staat wees om hulle op die dag van die grimmigheid van die HERE te red nie, maar deur die vuur van sy ywer sal die hele aarde verteer word; want Hy bring vernietiging, ja, 'n verskriklike, oor die inwoners van die aarde.
Voordat die besluit baar--soos kaf gaan die dag verby--voordat daar oor julle kom die toorngloed van die HERE, voordat oor julle kom die dag van die toorn van die HERE.
Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid--miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE.
Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne--Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie.
En dit sal wees 'n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander.
Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra--'n veld van brandnekels en soutpanne en 'n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe.
Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die HERE van die leërskare.
Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies.
Dit luister na geen stem nie, dit neem geen tugtiging aan nie; op die HERE vertrou dit nie, tot sy God kom dit nie nader nie.
Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.
Daarom, verwag My, spreek die HERE, op die dag wat Ek My gereed maak vir die buit; want dit is my strafoordeel om nasies te versamel, koninkryke te vergader om my grimmigheid oor hulle uit te stort, al die gloed van my toorn. Want die ganse aarde sal deur die vuur van my ywer verteer word!
Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die HERE sal aanroep en Hom met 'n eenparige skouer sal dien.
En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die HERE skuiling soek.
Die HERE het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die HERE is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie.
Die HERE jou God is by jou, 'n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel.
In dié tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot 'n roem en tot 'n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oë julle lot verander, sê die HERE.
In die tweede jaar van koning Daríus, op die eerste dag van die sesde maand, het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom tot Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en tot Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en gesê:
So spreek die HERE van die leërskare: Hierdie volk sê: Nog het die tyd nie gekom, die tyd dat die huis van die HERE gebou moet word nie.
Klim op die berg en bring hout aan en bou die huis; dan sal Ek 'n welgevalle daaraan hê en My verheerlik, sê die HERE.
Julle het uitgesien na baie, en kyk, dit het min geword; en julle het dit in die huis gebring, maar Ek het dit weggeblaas. Waarom? spreek die HERE van die leërskare. Ter wille van my huis wat in puin lê, terwyl elkeen van julle vir sy eie huis hardloop.
Toe het Serubbábel, die seun van Seáltiël, en Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en die hele oorblyfsel van die volk gehoor gegee aan die stem van die HERE hulle God en aan die woorde van Haggai, die profeet, volgens die opdrag waarmee die HERE hulle God hom gestuur het; en die volk was vervul met vrees voor die aangesig van die HERE.
Daarop het Haggai, die boodskapper van die HERE, kragtens die boodskap van die HERE, met die volk gespreek en gesê: Ek is met julle, spreek die HERE.
En die HERE het die gees van Serubbábel, die seun van Seáltiël, die goewerneur van Juda, en die gees van Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, en die gees van die hele oorblyfsel van die volk opgewek. En toe het hulle gekom en die werk begin aan die huis van die HERE van die leërskare, hulle God.
Op die een en twintigste dag van die sewende maand het die woord van die HERE deur die diens van die profeet Haggai gekom en gesê:
Nou dan, skep moed, Serubbábel, spreek die HERE, en skep moed, Josua, hoëpriester, seun van Jósadak, en skep moed, julle almal, volk van die land, spreek die HERE, en werk! Want Ek is met julle, spreek die HERE van die leërskare,
Want so sê die HERE van die leërskare: 'n Rukkie nog, 'n kort tydjie, dan sal Ek die hemel en die aarde en die see en die droë grond laat bewe.
Ek sal ook al die nasies laat bewe, sodat die skatte van al die nasies sal toevloei; en Ek sal hierdie huis met heerlikheid vervul, sê die HERE van die leërskare.
Die toekomstige heerlikheid van hierdie huis sal groter wees as die vroeëre, sê die HERE van die leërskare; en op hierdie plek sal Ek vrede gee, spreek die HERE van die leërskare.
Op die vier en twintigste van die negende maand in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE gekom deur die diens van die profeet Haggai en gesê:
Toe antwoord Haggai en sê: Só is in my oë hierdie volk en só hierdie nasie, spreek die HERE, en só is al die werk van hulle hande en wat hulle dáár offer--onrein is dit.
Merk dan nou tog op, van hierdie dag af terug! Voordat hulle steen op steen gelê het in die tempel van die HERE,
Ek het julle swaar getref met brandkoring en heuningdou en hael--al die werk van julle hande--nogtans het niemand van julle hom tot My gewend nie, spreek die HERE.
Merk tog op, van hierdie dag af terug, van die vier en twintigste dag van die negende maand, naamlik van die dag af toe hulle die fondament van die tempel van die HERE gelê het; merk op:
Vir die tweede maal het die woord van die HERE tot Haggai gekom op die vier en twintigste van die maand en gesê:
In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek jou neem, Serubbábel, seun van Seáltiël, my kneg, spreek die HERE, en jou maak tot 'n seëlring, want jou het Ek verkies, spreek die HERE van die leërskare.
In die agtste maand, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE gekom tot Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, die profeet, en gesê:
So moet jy dan aan hulle sê: So spreek die HERE van die leërskare: Keer terug na My, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare.
Moenie soos julle vaders wees nie, tot wie die vroeëre profete geroep en gesê het: So sê die HERE van die leërskare: Bekeer julle tog van julle bose weë en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE.
Maar my woorde en my insettinge wat Ek my knegte, die profete, beveel het, het dit julle vaders nie ingehaal nie, sodat hulle tot inkeer gekom en gesê het: Soos die HERE van die leërskare Hom voorgeneem het om aan ons te doen ooreenkomstig ons weë en ons werke, so het Hy met ons gedoen?
Op die vier en twintigste dag van die elfde maand, dit is die maand Sebat, in die tweede jaar van Daríus, het die woord van die HERE tot die profeet Sagaría, die seun van Berégja, die seun van Iddo, gekom en gesê:
En die man wat tussen die mirtebome gestaan het, het aangehef en gesê: Dit is hulle wat die HERE gestuur het om die aarde te deurkruis.
Daarop het hulle die Engel van die HERE, wat tussen die mirtebome gestaan het, toegespreek en gesê: Ons het die aarde deurkruis, en kyk, die ganse aarde is stil en rustig.
Daarop het die Engel van die HERE aangehef en gesê: HERE van die leërskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem en oor die stede van Juda waarop U alreeds sewentig jaar vertoornd was?
Daarop sê die engel wat met my gespreek het: Roep en sê: So spreek die HERE van die leërskare: Ek ywer oor Jerusalem en oor Sion met 'n groot ywer;
Daarom, so sê die HERE: Ek wend My met ontferming tot Jerusalem; my huis sal daarin gebou word, spreek die HERE van die leërskare, en 'n meetsnoer oor Jerusalem gespan word.
Roep verder en sê: So spreek die HERE van die leërskare: My stede sal weer oorstroom wees van goeie dinge, en die HERE sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies.
Op, op, vlug uit die Noordland, spreek die HERE! Want Ek het julle na die vier windstreke van die hemel verstrooi, spreek die HERE.
Want so sê die HERE van die leërskare: Hy het my gestuur agter heerlikheid aan na die nasies wat julle uitgebuit het; want wie julle aanraak, raak sy oogappel aan.
Want kyk, Ek sal my hand oor hulle swaai, sodat hulle 'n buit word vir hulle knegte. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my gestuur het.
En baie nasies sal hulle in dié dag by die HERE aansluit, en hulle sal My tot 'n volk wees; en Ek sal in jou midde woon. Dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na jou gestuur het.
Daarna het Hy my Josua, die hoëpriester, laat sien, terwyl hy voor die Engel van die HERE staan, en die Satan aan sy regterhand staan om hom aan te klae.
Toe sê die HERE aan die Satan: Mag die HERE jou bestraf, o Satan! Ja, mag die HERE, wat Jerusalem verkies het, jou bestraf! Is hierdie een nie 'n brandhout wat uit die vuur geruk is nie?
Daarop sê ek: Laat hulle 'n rein tulband op sy hoof sit. En hulle het die rein tulband op sy hoof gesit en hom die klere aangetrek, terwyl die Engel van die HERE daarby staan.
So sê die HERE van die leërskare: As jy in my weë wandel en as jy my verordening onderhou, dan sal jy my huis bestuur sowel as my voorhowe bewaak, en Ek sal jou vrye toegang verleen onder diegene wat hier staan.
Want kyk, die steen wat Ek voor Josua neergelê het--op die een steen is daar sewe oë; kyk, Ek sal sy graveersel graveer, spreek die HERE van die leërskare, en Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg.
In dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal julle mekaar uitnooi onder die wingerdstok en onder die vyeboom.
Toe antwoord hy en sê vir my: Dit is die woord van die HERE aan Serubbábel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare.
Die hande van Serubbábel het die fondament van hierdie huis gelê, en sy hande sal dit voltooi; dan sal jy weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het.
Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe--die oë van die HERE wat die ganse aarde deurloop--met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbábel?
En laat dit uitgaan, spreek die HERE van die leërskare, en dit sal kom in die huis van die dief en in die huis van hom wat vals sweer by my Naam; en dit sal binne-in sy huis vernag en dit verteer saam met sy balke en sy klippe.
En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde.
en sê vir hom dit: So spreek die HERE van die leërskare: Kyk, daar kom 'n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou.
Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.
En die kroon moet as gedagtenis bly aan Helem en Tobía en Jedája, en aan die vriendelikheid van die seun van Sefánja in die tempel van die HERE.
En die wat ver is, sal kom en aan die tempel van die HERE bou. Dan sal julle weet dat die HERE van die leërskare my na julle gestuur het. En dit sal so wees, as julle nougeset luister na die stem van die HERE julle God.
En in die vierde jaar van koning Daríus het die woord van die HERE tot Sagaría gekom, op die vierde dag van die negende maand, in die maand Kislew.
Bet-el het toe Saréser en Regem-Meleg met sy manne gestuur om die aangesig van die HERE om genade te smeek
deur aan die priesters wat by die huis van die HERE van die leërskare was, en aan die profete die vraag te stel: Moet ek in die vyfde maand ween met vas soos ek nou al so baie jare gedoen het?
Is dit nie so met die woorde wat die HERE deur die diens van die vroeëre profete verkondig het nie, toe Jerusalem en sy omliggende stede nog bewoond en rustig was, en ook die Suidland en die Laeveld nog bewoond was?
So het die HERE van die leërskare gespreek en gesê: Spreek 'n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander.
Ook het hulle hul hart soos 'n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die HERE van die leërskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeëre profete gestuur het nie. So het daar dan van die HERE van die leërskare 'n groot toorn gekom.
Daarom, soos Hy geroep en hulle nie gehoor het nie--so sal hulle roep, maar Ek nie hoor nie, het die HERE van die leërskare gesê.
So spreek die HERE van die leërskare: Ek ywer oor Sion met 'n groot ywer, ja, Ek ywer met groot grimmigheid daarvoor.
So sê die HERE: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon; en Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leërskare: Die heilige berg.
So sê die HERE van die leërskare: Daar sal weer ou manne en ou vroue op die pleine van Jerusalem sit--elkeen met sy stok in sy hand vanweë die veelheid van hulle dae.
So sê die HERE van die leërskare: As dit te wonderbaar is in die oë van die oorblyfsel van hierdie volk in dié dae, sal dit ook in my oë te wonderbaar wees? spreek die HERE van die leërskare.
So sê die HERE van die leërskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste
So sê die HERE van die leërskare: Laat julle hande sterk wees, julle wat in hierdie dae sulke woorde gehoor het uit die mond van die profete op die dag toe die fondament gelê is van die huis van die HERE van die leërskare, die tempel, om gebou te word.
Maar nou sal Ek vir die oorblyfsel van hierdie volk nie wees soos in vroeër dae nie, spreek die HERE van die leërskare.
Want so sê die HERE van die leërskare: Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sê die HERE van die leërskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie--
En julle moet nie mekaar se onheil in jul hart versin nie, en nie die valse eed liefhê nie. Want dit alles haat Ek, spreek die HERE.
So sê die HERE van die leërskare: Die vasdag in die vierde en die vasdag in die vyfde en die vasdag in die sewende en die vasdag in die tiende maand moet vir die huis van Juda 'n vreugde en blydskap wees en vrolike feestye, maar julle moet die waarheid en die vrede liefhê.
En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die HERE om genade te smeek en die HERE van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!
So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die HERE van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die HERE om genade te smeek.
So sê die HERE van die leërskare: In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van 'n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is.
Godspraak. Die woord van die HERE teen die land Hadrag, en op Damaskus bly dit rus--want die HERE hou die oog op die mense en op al die stamme van Israel.
Dan sal die HERE oor hulle verskyn, en soos weerlig sal sy pyl uitskiet; en die Here HERE sal met die basuin blaas en intrek met die storms uit die suide.
Die HERE van die leërskare sal hulle beskut; en hulle sal verslind, ja, slingerstene vertrap; ook sal hulle drink, 'n gedruis maak soos deur wyn en vol wees soos die offerkomme, soos die hoeke van 'n altaar.
En die HERE hulle God sal hulle in dié dag verlos as die kudde wat sy volk is; want hulle is kroongesteentes wat hulle skitterend verhef oor sy land.
Bid tot die HERE om reën in die tyd van die laat reëns; die HERE maak die weerligte, en Hy sal aan hulle 'n stortreën gee, plante op die veld aan iedereen.
Teen die herders het my toorn ontvlam, en oor die voorbokke sal Ek besoeking bring; want die HERE van die leërskare gee ag op sy kudde, op die huis van Juda, en maak hulle tot sy pragtige perd in die stryd.
En hulle sal wees soos helde wat in die oorlog die modder van die strate vertrap; en hulle sal veg, want die HERE is met hulle; en die ruitery sal beskaamd uitkom.
En Ek sal die huis van Juda sterk maak en aan die huis van Josef hulp verleen en hulle 'n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die HERE hulle God, en Ek sal hulle verhoor.
En Efraim sal wees soos 'n held, en hulle hart sal vrolik wees soos deur wyn, en hulle kinders sal dit sien en hulle verbly, hulle hart sal juig in die HERE.
hulle kopers maak hulle dood, sonder om skuldig te voel; hulle verkopers sê: Geloofd sy die HERE; ek word ryk! En hulle herders het geen medelyde met hulle nie.
Want Ek sal met die inwoners van die land geen medelyde meer hê nie, spreek die HERE; maar kyk, Ek gaan die mense oorlewer, elkeen in die hand van sy naaste en in die hand van sy koning; en hulle sal die land verwoes, en Ek sal uit hulle hand nie red nie.
En dit is op dié dag verbreek. En so het die ellendiges onder die skape wat op my ag gegee het, bemerk dat dit 'n woord van die HERE was.
Hierop sê die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker--die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi.
Godspraak. Die woord van die HERE oor Israel. Die HERE spreek, wat die hemele uitsprei en die aarde grondves en die gees van die mens in sy binneste formeer:
Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die HERE van die leërskare.
In dié dag, spreek die HERE, sal Ek al die perde met verwarring slaan en hulle ruiters met waansin; maar oor die huis van Juda sal Ek my oë oophou, terwyl Ek al die perde van die volke met blindheid slaan.
Dan sal die stamhoofde van Juda in hulle hart sê: Die inwoners van Jerusalem is vir my 'n sterkte deur die HERE van die leërskare, hulle God.
En die HERE sal eers die tente van Juda verlos, sodat die roem van die huis van Dawid en die roem van die inwoners van Jerusalem dié van Juda nie sal oortref nie.
In dié dag sal die HERE die inwoners van Jerusalem rondom beskut, en die struikelende onder hulle sal in dié dag wees soos Dawid, en die huis van Dawid soos 'n hemelse wese, soos die Engel van die HERE voor hulle uit.
En in dié dag, spreek die HERE van die leërskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek.
En as iemand nog wil profeteer, sal sy vader en sy moeder wat hom verwek het, vir hom sê: Jy mag nie langer lewe nie, want jy het leuens in die Naam van die HERE verkondig; en sy vader en sy moeder wat hom verwek het, sal hom deurboor as hy wil profeteer.
Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is! spreek die HERE van die leërskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word; en Ek sal my hand weer uitstrek oor die geringes.
En in die ganse land, spreek die HERE--twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly.
Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos 'n mens silwer smelt en hulle toets soos 'n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sê: Dit is my volk! En hulle sal sê: Die HERE, my God!
Kyk, daar kom 'n dag vir die HERE; dan sal wat van jou buitgemaak is, binne-in jou verdeel word, o Jerusalem!
En die HERE sal uittrek en stryd voer teen dié nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog.
En julle sal vlug in die dal van my berge--want die dal van die berge sal loop tot by Asal--en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussía, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!
En dit sal 'n enige dag wees wat aan die HERE bekend is--geen dag en geen nag nie; maar teen die aand sal dit lig word.
En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond.
En in dié dag sal 'n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander.
En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.
En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie--hulle sal geen reën kry nie.
En as die geslag van Egipte nie optrek en nie kom nie, op wie geen reën sal val nie, dan sal tog die plaag hulle tref waarmee die HERE die nasies tref wat nie opgaan om die huttefees te vier nie.
In dié dag sal op die klokke van die perde staan: Heilig aan die HERE! En die potte in die huis van die HERE sal wees soos die komme voor die altaar.
Ja, al die potte in Jerusalem en Juda sal aan die HERE van die leërskare heilig wees; en almal wat wil offer, sal kom en daarvan neem en daarin kook; en in dié dag sal daar geen Kanaäniet in die huis van die HERE van die leërskare meer wees nie.
Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,
As Edom sê: Ons is wel verwoes, maar ons sal die puinhope weer opbou--dan sê die HERE van die leërskare dit: Laat hulle bou, Ek breek dit tog af; en die mense sal hulle noem: Grondgebied van goddeloosheid, en: Die volk waarop die HERE vertoornd is tot in ewigheid!
'n Seun eer die vader, en 'n kneg sy heer. As Ek dan 'n Vader is, waar is my eer? En as Ek 'n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?
Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik.
En as julle 'n blinde dier bring om te offer, is dit geen kwaad nie! En as julle 'n lam of 'n siek dier bring, is dit geen kwaad nie! Bring dit tog vir jou goewerneur! Sal hy 'n welgevalle aan jou hê of jou goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.
Smeek dan nou tog die aangesig van God, dat Hy ons genadig kan wees! Sulke dinge is deur julle gedoen--sal Hy dan om julle ontwil goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.
Ag, was daar maar iemand onder julle wat die deure wou sluit, sodat julle nie tevergeefs vuur op my altaar kan aansteek nie! Ek het in julle geen welgevalle nie, sê die HERE van die leërskare, en in 'n offer uit julle hand het Ek geen behae nie.
Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en 'n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die HERE van die leërskare.
Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die HERE is verontreinig, en wat sy opbrings betref--sy spys is veragtelik.
En julle sê: Kyk, wat 'n moeite! En julle verag dit, sê die HERE van die leërskare; en julle bring geroofde en lam en siek diere--so bring julle dan die offer! Kan Ek dit met welgevalle uit julle hand aanneem? sê die HERE.
Vervloek is ook die bedrieër wat, terwyl daar onder sy kleinvee 'n manlike dier is, 'n gelofte doen en tog iets wat vermink is, aan die HERE offer; want Ek is 'n groot Koning, sê die HERE van die leërskare, en my Naam is gedug onder die heidene.
As julle nie gehoor gee nie, en as julle dit nie ter harte neem om my Naam eer te bewys nie, sê die HERE van die leërskare, dan sal Ek die vloek onder julle stuur en julle seëninge in 'n vloek verander; ja, Ek het dit alreeds vervloek, omdat julle niks ter harte neem nie.
En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit my verbond kan wees met Levi, sê die HERE van die leërskare.
Maar júlle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die HERE van die leërskare.
Juda het troueloos gehandel, en 'n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die HERE, wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van 'n uitlandse god getrou.
Mag die HERE van die man wat so iets doen, uitroei hom wat roep en hom wat antwoord gee uit die tente van Jakob, en hom wat 'n offer aan die HERE van die leërskare bring.
En boonop doen julle dít: julle bedek die altaar van die HERE met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie.
En julle vra: Waarom? Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.
Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
Julle vermoei die HERE met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die HERE, en in hulle het Hy 'n behae; of waar is anders die God van die reg?
Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare.
En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid 'n offer sal bring.
Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.
En Ek sal tot julle nader om strafgerig te hou, en Ek sal 'n haastige getuie wees teen die towenaars en teen die egbrekers en teen die meinediges en teen die wat die dagloner in sy loon, die weduwee en die wees verdruk; en teen die wat die vreemdeling wegstoot en My nie vrees nie, sê die HERE van die leërskare.
Sedert die dae van julle vaders het julle van my insettinge afgewyk en dit nie onderhou nie. Keer terug na My, en Ek wil na julle terugkeer, sê die HERE van die leërskare. Maar julle vra: Waarin moet ons terugkeer?
Bring die hele tiende na die skathuis, sodat daar spys in my huis kan wees; en beproef My tog hierin, sê die HERE van die leërskare, of Ek vir julle nie die vensters van die hemel sal oopmaak en op julle 'n oorvloedige seën sal uitstort nie.
Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.
Vermetel is julle woorde teen My, sê die HERE. Maar julle vra: Wat het ons onder mekaar teen U gespreek?
Julle het gesê: Dit is tevergeefs om God te dien, en wat baat dit ons om sy verordening te onderhou en in rouklere voor die aangesig van die HERE van die leërskare te wandel?
Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.
En hulle sal My tot 'n eiendom wees, sê die HERE van die leërskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelyde hê soos 'n man medelyde het met sy seun wat hom dien.
Want kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie.
En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.
Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;
En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:
En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem;
En toe hulle teruggegaan het, verskyn daar 'n engel van die HERE in 'n droom aan Josef en sê: Staan op, neem die Kindjie en sy moeder en vlug na Egipte, en bly daar totdat ek jou sê; want Herodes gaan die Kindjie soek om Hom dood te maak.
En hy was daar tot die dood van Herodes, sodat die woord vervul sou word wat die Here gespreek het deur die profeet: Uit Egipte het Ek my Seun geroep.
Want dit is hy van wie deur die profeet Jesaja gespreek is toe hy gesê het: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
Verder het julle gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie vals sweer nie, maar jy moet jou ede aan die Here hou.
Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!
Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
En die hoofman oor honderd antwoord en sê: Here, ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net 'n woord, en my kneg sal gesond word.
En 'n ander een van sy dissipels het vir Hom gesê: Here, laat my toe om eers te gaan en my vader te begrawe.
En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.
En 'n Kananése vrou het van daardie gebied gekom en na Hom geroep en gesê: Wees my barmhartig, Here, Seun van Dawid! My dogter is erg van die duiwel besete.
En sy sê: Ja, Here, maar die hondjies eet darem van die krummels wat van die tafel van hulle base afval.
Toe neem Petrus Hom opsy en begin Hom bestraf en sê: Mag God dit verhoed, Here, dit sal U nooit oorkom nie!
Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía.
Here, ontferm U oor my seun, want hy is maansiek en ly swaar; want dikwels val hy in die vuur en dikwels in die water.
Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe? Tot sewe maal toe?
En daar het twee blindes langs die pad gesit; en toe hulle hoor dat Jesus verbygaan, roep hulle uit en sê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!
En die skare het hulle bestraf, dat hulle moes stilbly; maar hulle het al harder geroep en gesê: Wees ons barmhartig, Here, Seun van Dawid!
En as iemand vir julle iets sê, moet julle antwoord: Die Here het hulle nodig; en dadelik sal hy hulle stuur.
En die skare wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna vir die Seun van Dawid! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Hosanna in die hoogste hemele!
En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.
Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors, en te drinke gegee?
Dan sal hulle Hom ook antwoord en sê: Here, wanneer het ons U honger gesien of dors of 'n vreemdeling of naak of siek of in die gevangenis, en U nie gedien nie?
En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit.
Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het;
En sy antwoord en sê vir Hom: Ja, Here, maar die hondjies eet darem onder die tafel van die kinders se krummels.
En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig; en dadelik sal hy hom hierheen stuur.
En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele!
En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here;
en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod.
Want Dawid self het deur die Heilige Gees gesê: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete.
Dawid self noem Hom dus Here; waarvandaan is Hy dan sy seun? En die groot menigte het graag na Hom geluister.
En as die Here dié dae nie verkort het nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes wat Hy uitverkies het, het Hy dié dae verkort.
Nadat die Here dan met hulle gespreek het, is Hy opgeneem in die hemel en het gaan sit aan die regterhand van God.
Maar hulle het uitgegaan en oral gepreek, en die Here het saamgewerk en die woord bevestig deur die tekens wat daarop gevolg het. Amen.
En hulle was altwee regverdig voor God en het in al die gebooie en regte van die Here onberispelik gewandel.
het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.
Daarop sê die dissipel--die een vir wie Jesus liefgehad het--aan Petrus: Dit is die Here! En toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, gord hy sy bo-kleed om--want hy was naak--en werp homself in die see.
Jesus sê vir hulle: Kom eet! En niemand van die dissipels het gewaag om Hom te vra: Wie is U nie? omdat hulle wis dat dit die Here was.
Toe hulle dan klaar was met die môre-ete, vra Jesus vir Simon Petrus: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief, meer as hulle hier? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Laat my lammers wei.
Hy vra hom weer die tweede maal: Simon, seun van Jona, het jy My waarlik lief? Hy antwoord Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Hy sê vir hom: Pas my skape op.
Hy vra hom die derde maal: Simon, seun van Jona, het jy My lief? Petrus het bedroef geword, omdat Hy hom die derde maal vra: Het jy My lief? En hy antwoord Hom: Here, U weet alles, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Laat my skape wei.
En Petrus het hom omgedraai en die dissipel sien volg vir wie Jesus liefgehad het, die een wat by die maaltyd op sy bors geval en gesê het: Here, wie is u verraaier?
Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom.
Want Dawid sê van Hom: Ek het die Here altyddeur voor My gesien, want Hy is aan my regterhand, dat Ek nie sou wankel nie.
Want Dawid het nie in die hemele opgevaar nie, maar hy self sê: Die Here het gespreek tot my Here: Sit aan my regterhand
Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het.
Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep.
want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus.
Maar Simon het geantwoord en gesê: Bid julle tot die Here vir my, sodat niks van wat julle gesê het, oor my mag kom nie.
Nadat hulle dan kragtig getuig en die woord van die Here gespreek het, het hulle na Jerusalem teruggegaan en die evangelie aan baie dorpe van die Samaritane verkondig.
En 'n engel van die Here het met Filippus gespreek en gesê: Staan op en gaan na die suide op die pad wat afloop van Jerusalem na Gasa. Dit is 'n eensame pad.
Toe verskyn daar aan hom 'n engel van die Here, wat aan die regterkant van die reukofferaltaar staan.
want hy sal groot wees voor die Here. En wyn en sterk drank sal hy nooit drink nie, en hy sal vervul word met die Heilige Gees reeds van die skoot van sy moeder af.
En hy sal voor Hom uit gaan in die gees en die krag van Elía, om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van die regverdiges, om vir die Here 'n toegeruste volk te berei.
So het die Here met my gedoen in die dae toe Hy my aangesien het om my smaad onder die mense weg te neem.
En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue.
Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee,
En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord. En die engel het van haar weggegaan.
En nadat die dae van haar reiniging volgens die wet van Moses vervul was, het hulle Hom na Jerusalem gebring om Hom aan die Here voor te stel,
soos geskrywe is in die wet van die Here: Elke manlike kind wat die moederskoot open, sal heilig vir die Here genoem word;
en om die offer te gee volgens wat gesê is in die wet van die Here: 'n paar tortelduiwe of twee jong duiwe.
En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie.
En sy het in dieselfde uur daar gekom en die Here geprys en van Hom gespreek met almal in Jerusalem wat die verlossing verwag het.
En toe hulle alles volbring het wat volgens die wet van die Here was, het hulle teruggegaan na Galiléa, na hulle stad Násaret.
soos geskrywe is in die boek van die woorde van Jesaja, die profeet, waar hy sê: Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit.
En Jesus antwoord en sê vir hom: Gaan weg agter My, Satan, want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
Die Gees van die Here is op My, omdat Hy My gesalf het om die evangelie aan die armes te bring. Hy het My gestuur om die wat verbryseld van hart is, te genees;
om aan gevangenes vrylating te verkondig en aan blindes herstel van gesig; om die wat gebroke is, in vryheid weg te stuur; om die aangename jaar van die Here aan te kondig.
En toe Simon Petrus dit sien, val hy neer aan die knieë van Jesus en sê: Gaan weg van my, Here, want ek is 'n sondige man!
En terwyl Hy in een van die stede was, kom daar 'n man vol van melaatsheid; en toe hy Jesus sien, val hy op sy aangesig en smeek Hom en sê: Here, as U wil, kan U my reinig.
En op een van dié dae was Hy besig om te leer; en Fariseërs en wetgeleerdes wat gekom het uit elke dorp van Galiléa en Judéa en uit Jerusalem, het daar gesit, en daar was krag van die Here om hulle te genees.
En Jesus het saam met hulle gegaan; maar toe Hy nie meer ver van die huis af was nie, stuur die hoofman oor honderd vriende na Hom om vir Hom te sê: Here, moenie moeite doen nie, want ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie.
Toe sê die Here: Waarmee sal Ek dan die mense van hierdie geslag vergelyk, en waaraan is hulle gelyk?
En toe sy dissipels, Jakobus en Johannes, dit sien, sê hulle: Here, wil U hê ons moet sê dat vuur van die hemel afdaal en hulle verteer, soos Elía ook gedoen het?
En terwyl hulle op reis was, sê iemand op die pad vir Hom: Here, ek sal U volg, waar U ook mag gaan!
En Hy sê aan 'n ander een: Volg My. Maar hy antwoord: Here, laat my toe om eers my vader te gaan begrawe.
En 'n ander een het ook gesê: Here, ek sal U volg, maar laat my eers toe om afskeid te neem van die wat in my huis is.
En ná hierdie dinge het die Here weer sewentig ander aangestel, en hulle twee-twee voor Hom uit gestuur na elke stad en plek waar Hy sou kom.
Hy sê toe vir hulle: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur.
En die sewentig het met blydskap teruggekom en gesê: Here, ook die duiwels onderwerp hulle aan ons in u Naam.
In dieselfde uur het Jesus Hom in die gees verheug en gesê: Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het. Ja, Vader, want so was dit u welbehae.
En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.
Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.
En toe Hy op 'n sekere plek besig was om te bid, sê een van sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het.
Maar die Here sê vir hom: Ja, julle Fariseërs, julle maak die buitekant van die beker en die bord skoon, maar van binne is julle vol roof en boosheid.
En die Here antwoord: Wie is dan die getroue en verstandige bestuurder wat die heer oor sy diensvolk sal aanstel om hulle rantsoen op tyd te gee?
Toe antwoord die Here hom en sê: Jou geveinsde, maak elkeen van julle nie op die sabbat sy os of esel van die krip los en lei hom weg om hom te laat drink nie?
Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te sê: Here, Here, maak vir ons oop--sal Hy antwoord en vir julle sê: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
Kyk, julle huis word vir julle woes gelaat. Voorwaar Ek sê vir julle dat julle My sekerlik nie sal sien nie totdat die dag kom wanneer julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!
Geen huiskneg kan twee here dien nie; want hy sal òf die een haat en die ander een liefhê, òf die een aanhang en die ander een verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie.
En die Here sê: As julle geloof gehad het soos 'n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant--en hy sou julle gehoorsaam wees.
En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
Maar Saggéüs het gaan staan en aan die Here gesê: Here, kyk, die helfte van my goed gee ek vir die armes; en as ek van iemand iets afgepers het, gee ek dit vierdubbel terug.
En as iemand julle vra: Waarom maak julle hom los? --moet julle so vir hom sê: Die Here het hom nodig.
terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele!
En dat die dode opgewek word, het Moses ook in die gedeelte oor die doringbos aangedui, waar hy die Here noem die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob.
En Dawid self sê in die boek van die Psalms: Die Here het tot my Here gespreek: Sit aan my regterhand
En hy het vir Hom gesê: Here, ek is gereed om saam met U selfs in die gevangenis en in die dood te gaan.
Want so het die Here aan ons bevel gegee: Ek het U 'n lig van die nasies gemaak, sodat U tot redding sal wees tot aan die einde van die aarde.
En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe.
Hulle het toe 'n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.
En toe die wat rondom Hom was, sien wat gaan gebeur, sê hulle vir Hom: Here, moet ons met die swaard slaan?
En die Here het Hom omgedraai en Petrus aangekyk, en Petrus het die woord van die Here onthou wat Hy vir hom gesê het: Voordat die haan kraai, sal jy My drie maal verloën.
Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.
Toe die Here dan verneem dat die Fariseërs gehoor het dat Jesus meer dissipels maak en doop as Johannes--
Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende water?
Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.
Die sieke antwoord Hom: Here, ek het niemand om my in die bad te sit as die water geroer word nie; en onderwyl ek kom, gaan 'n ander een voor my in.
Maar ander skuite het van Tibérias aangekom naby die plek waar hulle die brood geëet het, nadat die Here gedank het.
En sy antwoord: Niemand nie, Here. En Jesus sê vir haar: Ek veroordeel jou ook nie. Gaan heen en sondig nie meer nie.
En dit was Maria wat die Here gesalf het met salf en sy voete afgedroog het met haar hare, wie se broer, Lasarus, siek was.
Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die Seun van God, wat in die wêreld sou kom.
En toe Maria kom waar Jesus was en Hom sien, val sy aan sy voete neer en sê vir Hom: Here, as U hier gewees het, sou my broer nie gesterf het nie.
Jesus sê: Neem die steen weg. Martha, die suster van die oorledene, sê vir Hom: Here, hy ruik al, want hy is al vier dae dood.
palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here, die Koning van Israel.
sodat die woord van die profeet Jesaja vervul sou word wat hy gesê het: Here, wie het ons prediking geglo, en aan wie is die arm van die Here geopenbaar?
As Ek dan, die Here en die Meester, julle voete gewas het, is julle ook verplig om mekaar se voete te was.
Simon Petrus sê vir Hom: Here, waar gaan U heen? Jesus antwoord hom: Waar Ek heengaan, kan jy My nou nie volg nie, maar later sal jy My volg.
Judas, nie die Iskáriot nie, sê vir Hom: Here, hoe is dit dat U aan ons U sal openbaar en nie aan die wêreld nie?
Sy hardloop toe en kom by Simon Petrus en by die ander dissipel vir wie Jesus liefgehad het, en sê vir hulle: Hulle het die Here uit die graf weggeneem, en ons weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
En hulle sê vir haar: Vrou, waarom ween jy? Sy antwoord hulle: Omdat hulle my Here weggeneem het, en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie.
Maria Magdaléna het aan die dissipels gaan vertel dat sy die Here gesien het en dat Hy dit vir haar gesê het.
En nadat Hy dit gesê het, wys Hy hulle sy hande en sy sy. En die dissipels was bly toe hulle die Here sien.
Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy het vir hulle gesê: As ek nie in sy hande die merk van die spykers sien en my vinger steek in die merk van die spykers en my hand in sy sy steek nie, sal ek nooit glo nie.
Die wat bymekaargekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig?
Van die manne dan wat saam met ons rondgegaan het al die tyd waarin die Here Jesus by ons in-- en uitgegaan het,
En hulle het gebid en gesê: U, Here, wat die harte van almal ken, wys uit hierdie twee die een aan wat U uitverkies het
terwyl hulle God geprys het en in guns was by die hele volk. En die Here het daagliks by die gemeente gevoeg die wat gered is.
Kom dan tot inkeer en bekeer julle, sodat julle sondes uitgewis kan word en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom,
Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek.
En toe hulle dit hoor, het hulle eendragtig die stem tot God verhef en gesê: Here, U is die God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het,
Die konings van die aarde het saamgestaan en die owerstes het saam vergader teen die Here en teen sy Gesalfde.
En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u woord te spreek,
En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal.
En Petrus sê vir haar: Waarom het julle ooreengekom om die Gees van die Here te versoek? Kyk, die voete van die wat jou man begrawe het, is by die deur, en hulle sal jou uitdra.
Maar 'n engel van die Here het in die nag die deure van die gevangenis oopgemaak en hulle uitgelei en gesê:
En toe veertig jaar verby was, het 'n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos.
En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:
Toe sê die Here vir hom: Trek die skoene van jou voete af, want die plek waarop jy staan, is heilige grond.
Dit is dié Moses wat aan die kinders van Israel gesê het: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broers net soos ek is; na Hom moet julle luister.
Die hemel is my troon en die aarde die voetbank van my voete. Watter soort huis sal julle vir My bou, sê die Here, of hoedanig is die plek van my rus?
En hy het op sy knieë neergeval en met 'n groot stem uitgeroep: Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie! En met dié woorde het hy ontslaap.
En toe hulle uit die water opklim, het die Gees van die Here Filippus skielik weggevoer, en die hofdienaar het hom nie meer gesien nie, want hy het sy weg met blydskap gereis.
Maar Saulus, wat nog dreiging en moord geblaas het teen die dissipels van die Here, het na die hoëpriester gegaan
En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg. Dit is hard vir jou om teen die prikkels te skop.
En terwyl hy bewe en verbaas was, sê hy: Here, wat wil U hê moet ek doen? En die Here antwoord hom: Staan op en gaan na die stad, en dit sal jou gesê word wat jy moet doen.
En daar was 'n dissipel in Damaskus met die naam van Ananías; en die Here het vir hom in 'n gesig gesê: Ananías! En hy antwoord: Hier is ek, Here.
Toe sê die Here vir hom: Staan op en gaan na die straat wat genoem word Reguitstraat, en vra in die huis van Judas na 'n man met die naam van Saulus van Tarsus, want kyk, hy bid;
Maar Ananías antwoord: Here, ek het van baie mense aangaande hierdie man gehoor hoeveel kwaad hy u heiliges in Jerusalem aangedoen het;
Maar die Here sê vir hom: Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel.
En Ananías het gegaan en in die huis gekom en hom die hande opgelê en gesê: Saul, broeder, die Here het my gestuur, naamlik Jesus wat aan jou verskyn het op die pad waarmee jy gekom het, sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul word.
Maar Bárnabas het hom geneem en na die apostels gebring en hulle vertel hoe hy op die pad die Here gesien het en dat Hy met hom gespreek het, en hoe hy in Damaskus vrymoediglik in die Naam van Jesus gespreek het.
en vrymoediglik gespreek in die Naam van die Here Jesus, en ook met die Griekssprekende Jode gepraat en geredetwis, maar hulle het probeer om hom dood te maak.
En die gemeentes deur die hele Judéa en Galiléa en Samaría het vrede gehad; en terwyl hulle opgebou is en gewandel het in die vrees van die Here en die vertroosting van die Heilige Gees, het hulle vermeerder.
Dit is die woord wat Hy gestuur het aan die kinders van Israel toe Hy die evangelie van vrede verkondig het deur Jesus Christus--Hy is die Here van almal.
En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here. Toe het hulle hom gevra om nog 'n paar dae te bly.
En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.
As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?
En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.
En die hand van die Here was met hulle, en 'n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.
Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;
want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
En meteens staan daar 'n engel van die Here by hom, en 'n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval.
Toe kom Petrus tot homself en sê: Nou weet ek waarlik dat die Here sy engel gestuur en my gered het uit die hand van Herodes en uit al die verwagtinge van die Joodse volk.
Maar hy het vir hulle met die hand gewink om stil te bly en aan hulle vertel hoe die Here hom uit die gevangenis uitgelei het. En hy sê: Vertel dit aan Jakobus en die broeders. En hy het uitgegaan en na 'n ander plek vertrek.
En onmiddellik het 'n engel van die Here hom getref, omdat hy die eer nie aan God gegee het nie; en hy is deur wurms verteer en het gesterwe.
En terwyl hulle besig was om die Here te dien en te vas, het die Heilige Gees gesê: Sonder nou Bárnabas en Saulus vir My af vir die werk waarvoor Ek hulle geroep het.
Kind van die duiwel, vol van alle bedrog en alle listigheid, vyand van alle geregtigheid, sal jy nie ophou om die reguit weë van die Here te verdraai nie?
En nou, kyk, die hand van die Here is op jou, en jy sal blind wees en die son 'n tyd lank nie sien nie. En onmiddellik het daar donkerheid en duisternis op hom geval, en hy het rondgegaan en gesoek na mense wat hom by die hand kon lei.
Toe die goewerneur dan sien wat daar gebeur het, was hy verslae oor die leer van die Here en het geglo.
En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
Maar ons glo dat ons deur die genade van die Here Jesus Christus gered word op dieselfde manier as hulle ook.
sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen.
En Paulus en Bárnabas het in Antiochíë gebly en, saam met nog baie ander, onderrig gegee en die blye boodskap van die woord van die Here verkondig.
En 'n paar dae daarna het Paulus vir Bárnabas gesê: Laat ons teruggaan en ons broeders besoek in al die stede waarin ons die woord van die Here verkondig het, om te sien hoe dit met hulle gaan.
En toe hy die gesig gesien het, het ons dadelik probeer om na Macedónië te gaan, omdat ons versekerd was dat die Here ons geroep het om die evangelie aan hulle te verkondig.
En 'n vrou met die naam van Lídia, 'n purperverkoopster van die stad Thiatíre, 'n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is.
En toe sy en haar huisgesin gedoop is, het sy by ons aangedring en gesê: As u oordeel dat ek in die Here glo, kom dan in my huis en bly daar. En sy het ons gedwing.
Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, Hy wat Here van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie.
sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie;
En Crispus, die hoof van die sinagoge, het met sy hele huisgesin in die Here geglo; en ook baie van die Korinthiërs het, toe hulle hom hoor, gelowig geword en is gedoop.
En die Here het deur 'n gesig in die nag aan Paulus gesê: Wees nie bevrees nie, maar spreek en moenie swyg nie;
Hy het onderrig ontvang in die weg van die Here; en vurig van gees, het hy gespreek en die dinge aangaande die Here noukeurig geleer, alhoewel hy net van die doop van Johannes geweet het.
En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.
En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sê: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
en die Here gedien het met alle nederigheid en baie trane en beproewinge wat oor my gekom het deur die komplotte van die Jode;
terwyl ek kragtig by die Jode sowel as die Grieke aangedring het op die bekering tot God en die geloof in onse Here Jesus Christus.
Maar ek bekommer my glad nie en ek ag ook my lewe vir myself nie dierbaar nie, sodat ek met blydskap my loopbaan kan volbring en die bediening wat ek van die Here Jesus ontvang het, om kragtig te getuig vir die evangelie van die genade van God.
Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
Maar Paulus het geantwoord: Wat doen julle dat julle ween en my hart week maak? Want ek is bereid nie alleen om gebind te word nie, maar ook om in Jerusalem te sterwe vir die Naam van die Here Jesus.
En toe hulle dit hoor, het hulle die Here verheerlik en vir hom gesê: U sien, broeder, hoeveel duisende Jode daar is wat gelowig geword het, en almal is yweraars vir die wet.
En ek het geantwoord: Wie is U, Here? En Hy het vir my gesê: Ek is Jesus, die Nasaréner, wat jy vervolg.
En ek het gesê: Wat moet ek doen, Here? En die Here het vir my gesê: Staan op en gaan na Damaskus, en daar sal jou vertel word alles wat aan jou opgedra is om te doen.
En nou, waarom versuim jy? Staan op, laat jou doop en jou sondes afwas, terwyl jy die Naam van die Here aanroep.
En ek het gesê: Here, hulle weet self dat ek besig was om die wat in U glo, in die gevangenis te werp en in die sinagoges te slaan;
En die volgende nag het die Here by hom gestaan en gesê: Hou goeie moed, Paulus, want soos jy aangaande My in Jerusalem kragtig getuig het, so moet jy in Rome ook getuig.
terwyl hy die koninkryk van God gepreek en onderrig gegee het aangaande die Here Jesus Christus, met volle vrymoedigheid sonder enige verhindering.
en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode, Jesus Christus, onse Here,
aan al die geliefdes van God, geroepe heiliges wat in Rome is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,
En nie alleen dit nie, maar ons roem ook in God deur onse Here Jesus Christus, deur wie ons nou die versoening verkry het.
sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here.
So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.
of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
want Hy volbring 'n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here 'n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.
En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie 'n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?
Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!
Moenie julle wreek nie, geliefdes, maar gee plek vir die toorn; want daar is geskrywe: Aan My kom die wraak toe, Ek sal vergeld, spreek die Here.
Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie.
Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God.
Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here; of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
Want daar is geskrywe: So waaragtig as Ek leef, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal God bely.
Ek weet en is oortuig in die Here Jesus dat niks op sigself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom is dit onrein.
sodat julle die God en Vader van onse Here Jesus Christus eendragtiglik uit een mond kan verheerlik.
Maar ek vermaan julle, broeders, by onse Here Jesus Christus en by die liefde van die Gees, om saam met my in die gebede te stry vir my by God,
dat julle haar ontvang in die Here, soos dit die heiliges betaam, en haar bystaan in elke saak waarin sy julle nodig mag hê. Want sy was vir baie 'n beskermster en ook vir my.
Groet Heródion, my stamgenoot. Groet hulle wat van die huis van Narcíssus is, die wat in die Here is.
Groet Triféna en Trifósa, vroue wat in die Here arbei. Groet Pérsis, die geliefde vrou, wat baie in die Here gearbei het.
Want sulke mense dien nie onse Here Jesus nie, maar hulle eie buik; en hulle verlei deur hul vriendelike en mooi woorde die harte van die eenvoudiges.
En die God van vrede sal die Satan spoedig onder julle voete verbrysel. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle! Amen.
aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:
sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus,
wat julle ook sal bevestig tot die einde toe, om in die dag van onse Here Jesus Christus onberispelik te wees.
Maar ek vermaan julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, om almal eenstemmig te wees, en dat daar geen skeuringe onder julle moet wees nie, maar dat julle verenig moet wees in dieselfde gesindheid en in dieselfde mening.
wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie--want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie--
Want wie het die sin van die Here geken, dat hy Hom sou kan onderrig? Maar ons het die sin van Christus.
Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het.
want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.
Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang.
Daarom het ek Timótheüs, wat my geliefde en getroue seun in die Here is, na julle gestuur. Hy sal julle herinner aan my handelwyse in Christus, soos ek oral in elke gemeente leer.
tog sal ek gou na julle kom, as die Here wil, en dan sal ek te wete kom, nie die woorde van die wat opgeblase is nie, maar hulle krag;
in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus--
om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
En dit was sommige van julle; maar julle het jul laat afwas, maar julle is geheilig, maar julle is geregverdig in die Naam van die Here Jesus en deur die Gees van onse God.
Die voedsel is vir die maag, en die maag is vir die voedsel, maar God sal die een sowel as die ander tot niet maak. En die liggaam is nie vir hoerery nie, maar vir die Here; en die Here vir die liggaam.
En aan die getroudes beveel ek--nie ek nie, maar die Here--dat die vrou nie van die man moet skei nie;
Maar vir die ander sê ek--nie die Here nie--as enige broeder 'n ongelowige vrou het en sy dit goedvind om met hom saam te lewe, moet hy haar nie verstoot nie;
Maar elkeen moet wandel net soos God hom dit toebedeel het, soos die Here elkeen geroep het. En so bepaal ek in al die gemeentes.
Want die slaaf wat in die Here geroep is, is 'n vrygemaakte van die Here; so is ook hy wat as vryman geroep is, 'n slaaf van Christus.
In verband met die maagde het ek geen bevel van die Here nie, maar ek gee my mening as iemand wat deur die barmhartigheid van die Here betroubaar is.
En ek wil hê dat julle onbesorg moet wees. Die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here, hoe hy die Here sal behaag,
Daar is ook onderskeid tussen 'n vrou en 'n maagd; die ongetroude is besorg oor die dinge van die Here om heilig te wees na die liggaam sowel as na die gees, maar die getroude is besorg oor die dinge van die wêreld, hoe sy die man sal behaag.
Ek sê dit tot julle eie voordeel, nie om julle van jul vryheid te beroof nie, maar met die oog op 'n welvoeglike en onafgebroke toewyding aan die Here.
'n Vrou is deur die wet gebonde so lank as haar man lewe; maar as die man ontslaap het, is sy vry om te trou met wie sy wil, maar net in die Here.
Want al is daar ook sogenaamde gode, of dit in die hemel en of dit op die aarde is--soos daar baie gode en baie here is--
tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom.
Is ek nie 'n apostel nie? Is ek nie vry nie? Het ek nie Jesus Christus, onse Here, gesien nie? Is julle nie my werk in die Here nie?
As ek vir ander geen apostel is nie, is ek dit tog seker vir julle, want julle is die seël op my apostelskap in die Here.
Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie?
So het die Here ook vir die wat die evangelie verkondig, bepaal dat hulle van die evangelie moet lewe.
Julle kan nie die beker van die Here drink en ook die beker van die duiwels nie. Julle kan nie deel hê aan die tafel van die Here en ook aan die tafel van die duiwels nie.
Maar as iemand aan julle sê: Dit is afgodsoffer--moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete--want die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan--
Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het, dat die Here Jesus in die nag waarin Hy verraai is, brood geneem het;
Want so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat Hy kom.
Wie dan op onwaardige wyse hierdie brood eet of die beker van die Here drink, sal skuldig wees aan die liggaam en bloed van die Here.
Want wie op onwaardige wyse eet en drink, eet en drink 'n oordeel oor homself, terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie.
Maar as ons geoordeel word, word ons deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.
Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
In die wet is geskrywe: Ek sal deur mense van ander tale en deur ander lippe tot hierdie volk spreek, en ook so sal hulle na My nie luister nie, sê die Here.
As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is.
Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.
Want ek wil julle nie nou net in die verbygaan sien nie, maar ek hoop om 'n tyd lank by julle te bly as die Here dit toelaat.
En as Timótheüs kom, sorg dat hy sonder vrees by julle is, want hy doen die werk van die Here net soos ek.
Die gemeentes van Asië groet julle. Aquila en Priscílla saam met die gemeente wat in hulle huis is, laat vir julle baie groete weet in die Here.
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus, die Vader van ontferminge en die God van alle vertroosting,
soos julle ook gedeeltelik van ons verstaan het dat ons julle roem is, net soos julle ook ons roem is in die dag van die Here Jesus.
Maar toe ek in Troas gekom het om die evangelie van Christus te verkondig, hoewel 'n deur vir my in die Here geopen was, het ek geen rus vir my gees gehad nie, omdat ek my broeder Titus nie aangetref het nie;
En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here, en onsself as julle diensknegte om Jesus wil.
Gedurig dra ons die doding van die Here Jesus in die liggaam om, sodat ook die lewe van Christus in ons liggaam openbaar kan word.
Want ons weet dat Hy wat die Here Jesus opgewek het, ons ook deur Jesus sal opwek en saam met julle voor Hom sal stel.
Omdat ons dan die vrees van die Here ken, probeer ons om die mense te oortuig; maar voor God is ons openbaar, en ek hoop om ook in julle gewetens openbaar te wees.
Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.
en het nie alleen gedoen soos ons verwag het nie, maar het hulself eers aan die Here gegee, en toe aan ons deur die wil van God,
Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word.
En dit nie alleen nie, maar hy is ook deur die gemeentes gekies as ons reisgenoot in verband met hierdie liefdewerk wat deur ons berei word, tot die heerlikheid van die Here self en as bewys van julle bereidwilligheid,
want al sou ek ook nog meer roem oor ons gesag wat die Here ons gegee het om julle op te bou en nie neer te werp nie, sal ek nie beskaamd uitkom nie--
Wat ek spreek, sê ek nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie vertroue dat ek mag roem.
Dit is waarlik vir my nie nuttig om te roem nie, want ek sal kom tot gesigte en openbaringe van die Here.
Daarom skryf ek dit in my afwesigheid om nie, as ek teenwoordig is, strengheid te gebruik nie, volgens die gesag wat die Here my gegee het om op te bou en nie om af te breek nie.
Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sy met julle almal! Amen.
Ek vertrou van julle in die Here dat julle nie anders sal dink nie; maar die een wat julle in die war bring, sal die oordeel dra, wie dit ook mag wees.
Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld.
Verder moet niemand my moeite aandoen nie, want ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam.
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
Daarom--vandat ek gehoor het van die geloof in die Here Jesus wat onder julle is en die liefde tot al die heiliges--
dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee,
Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie--
Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here--wandel soos kinders van die lig.
Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,
want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
En vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.
Diensknegte, wees gehoorsaam aan julle here na die vlees, met vrees en bewing, in opregtheid van julle hart, soos aan Christus;
omdat julle weet dat elkeen vir die goeie wat hy doen, loon van die Here sal ontvang, of hy 'n slaaf is of 'n vryman.
En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.
En dat julle ook my omstandighede kan ken, hoe dit met my gaan, alles sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar in die Here, julle bekend maak.
en die meeste van die broeders wat in die Here deur my boeie vertroue gekry het, dit des te meer waag om die woord onbevrees te spreek.
En ek hoop in die Here Jesus om Timótheüs gou na julle te stuur, sodat ek ook welgemoed kan wees as ek julle omstandighede te wete gekom het.
Verder, my broeders, verbly julle in die Here. Dit is vir my nie lastig om dieselfde dinge aan julle te skrywe nie, en dit gee julle sekerheid.
Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry
Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.
Ek het my grootliks verbly in die Here dat julle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maar julle het die geleentheid nie gehad nie.
aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
sodat julle waardiglik voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en julle in elke goeie werk vrug mag dra en in die kennis van God mag groei,
Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.
omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
Betoon reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook 'n Here in die hemele het.
Al my omstandighede sal Tíchikus, die geliefde broeder en getroue dienaar en mededienskneg in die Here, julle bekend maak.
Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
en onophoudelik in gedagte hou die werk van julle geloof en die arbeid van julle liefde en die lydsaamheid van julle hoop op onse Here Jesus Christus, voor onse God en Vader,
En julle het navolgers van ons geword en van die Here deurdat julle die woord in baie verdrukking ontvang het met die blydskap van die Heilige Gees,
Want van julle uit het die woord van die Here weerklink nie alleen in Macedónië en Acháje nie, maar ook op elke plek het julle geloof in God uitgegaan, sodat ons nie nodig het om daar iets van te sê nie.
wat ook die Here Jesus en hulle eie profete gedood en ons vervolg het en God nie behaag nie en teen alle mense gekant is,
Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?
en mag die Here julle ryk en oorvloedig maak in liefde vir mekaar en vir almal, soos ons ook teenoor julle is,
sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.
Verder dan, broeders, vra en vermaan ons julle in die Here Jesus dat julle, soos julle van ons geleer het hoe julle moet wandel en God behaag, nog oorvloediger mag wees.
dat niemand sy broeder in hierdie saak moet bedrieg en benadeel nie, omdat die Here 'n wreker is oor al hierdie dinge, soos ons aan julle ook vantevore gesê en betuig het.
Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.
Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.
Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.
Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus
Maar ons vra julle, broeders, erken die wat onder julle arbei en julle voorgangers in die Here is en julle vermaan;
En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!
Paulus en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense in God onse Vader en die Here Jesus Christus:
en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in julle verheerlik kan word en julle in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus.
Maar ons vra julle, broeders, met die oog op die wederkoms van onse Here Jesus Christus en ons vereniging met Hom,
en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak,
Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,
waartoe Hy julle geroep het deur ons evangelie om die heerlikheid van onse Here Jesus Christus te verkry.
En mag onse Here Jesus Christus self en onse God en Vader, wat ons liefgehad het en 'n ewige troos en goeie hoop in genade gegee het,
Verder, broeders, bid vir ons dat die woord van die Here sy snelle loop mag hê en verheerlik word net soos by julle;
Ons beveel julle, broeders, in die Naam van onse Here Jesus Christus, dat julle jul onttrek aan elke broeder wat onordelik wandel en nie volgens die oorlewering wat hy van ons ontvang het nie.
Sulke mense beveel en vermaan ons deur onse Here Jesus Christus, om rustig te werk en hulle eie brood te eet.
En mag Hy, die Here van die vrede, julle altyd vrede gee op allerlei wyse! Mag die Here met julle almal wees!
Paulus, 'n apostel van Jesus Christus, volgens die bevel van God, ons Verlosser, en van die Here Jesus Christus, ons Hoop,
aan Timótheüs, my ware kind in die geloof: Genade, barmhartigheid, vrede van God onse Vader en Christus Jesus, onse Here!
En ek dank Hom wat my krag gegee het, Christus Jesus, onse Here, dat Hy my getrou geag en in die bediening gestel het,
Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie.
Almal wat diensknegte is onder 'n juk, moet hulle eie here alle eer waardig ag, sodat die Naam van God en die leer nie belaster mag word nie.
En die wat gelowige here het, moet hulle nie verag omdat hulle broeders is nie, maar moet hulle des te meer dien, omdat hulle wat die weldade ontvang, gelowiges en geliefdes is. Leer hierdie dinge en wek daartoe op.
As iemand iets anders leer en nie instem met die gesonde woorde van onse Here Jesus Christus en met die leer wat volgens die godsaligheid is nie,
wat op sy eie tyd vertoon sal word deur die salige en enigste Heerser, die Koning van die konings en Here van die here,
aan Timótheüs, my geliefde kind: Genade, barmhartigheid, vrede van God die Vader en Christus Jesus, onse Here!
Skaam jou dan nie oor die getuienis van onse Here of oor my, sy gevangene nie, maar ly saam verdrukkinge vir die evangelie na die krag van God
Mag die Here aan die huis van Onesíforus barmhartigheid bewys, want hy het my dikwels verkwik en hom oor my kettings nie geskaam nie;
Mag die Here hom skenk dat hy barmhartigheid mag verkry van die Here in dié dag! En jy weet baie goed hoeveel dienste hy in Éfese bewys het.
Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.
Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.
As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.
Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
en 'n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel by sy verskyning en sy koninkryk:
Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het.
Maar die Here het my bygestaan en my krag gegee, sodat deur my die prediking heeltemal volbring kan word en al die heidene dit kan hoor; en ek is uit die bek van die leeu verlos.
En die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het,
nie meer as 'n slaaf nie, maar méér as 'n slaaf, as 'n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.
hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid veronagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het,
Want dit is volkome duidelik dat onse Here uit Juda voortgespruit het, en met betrekking tot hierdie stam het Moses niks gesê van die priesterskap nie.
maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek--
'n Bedienaar van die heilige dinge en van die ware tabernakel wat die Here opgerig het en nie 'n mens nie.
Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond tot stand sal bring,
nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipteland uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here.
Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle.
want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe,
Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel.
En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie;
Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?
Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
Kyk, die loon van die arbeiders wat julle lande afgeoes het, wat deur julle agtergehou is, roep uit; en die geroep van die maaiers het gekom tot in die ore van die Here van die leërskare.
Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het.
Neem as voorbeeld van lyding, my broeders, en van geduld die profete wat in die Naam van die Here gespreek het.
Kyk, ons reken hulle geluksalig wat verdra. Julle het gehoor van die lydsaamheid van Job, en julle het die einddoel van die Here met hom gesien, dat die Here vol medelye en ontferming is.
Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het.
En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word.
Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot 'n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode,
Wees dan onderdanig aan elke menslike verordening ter wille van die Here--of dit die koning is as opperheer,
Diensknegte, wees julle here onderdanig met alle vrees, nie alleen aan die wat goed en vriendelik is nie, maar ook aan die wat verkeerd is.
Want die oë van die Here is op die regverdiges en sy ore tot hulle gebed, maar die aangesig van die Here is teen die kwaaddoeners.
Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees;
Want as hierdie dinge by julle aanwesig is en toeneem, dan laat dit julle nie ledig of onvrugbaar tot die kennis van onse Here Jesus Christus nie;
Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.
omdat ek weet dat die aflegging van my tentwoning ophande is, soos onse Here Jesus Christus dit ook aan my bekend gemaak het.
Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;
Maar daar was ook valse profete onder die volk, net soos daar onder julle valse leraars sal wees wat verderflike ketterye heimlik sal invoer, en ook die Here wat hulle gekoop het, verloën en 'n vinnige verderf oor hulleself bring;
die Here weet om die godsaliges uit versoeking te verlos en die onregverdiges te bewaar vir die dag van oordeel om gestraf te word;
terwyl die engele, hoewel groter in sterkte en krag, geen lasterlike oordeel teen hulle by die Here voorbring nie.
Want as hulle, nadat hulle deur die kennis van die Here en Saligmaker, Jesus Christus, die besmettinge van die wêreld ontvlug het, hulle tog weer deur hierdie dinge laat verstrik en oorwin word, dan het vir hulle die laaste erger geword as die eerste.
sodat julle die woorde kan onthou wat deur die heilige profete tevore gespreek is, en die gebod van ons, apostels van die Here en Verlosser.
Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.
Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet kom.
Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand.
En ag die lankmoedigheid van onse Here as saligheid, soos ons geliefde broeder Paulus ook met die wysheid wat aan hom gegee is, aan julle geskryf het,
Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom kom die heerlikheid toe, nou sowel as in die dag van die ewigheid. Amen.
genade, barmhartigheid, vrede sal met julle wees van God die Vader en van die Here Jesus Christus, die Seun van die Vader, in waarheid en liefde.
Want sekere mense het ingesluip wat lank tevore al opgeskryf is vir hierdie oordeel, goddelose mense wat die genade van onse God verander in ongebondenheid, en die enigste Heerser, God, en onse Here Jesus Christus verloën.
Maar ek wil julle daaraan herinner, al weet julle dit nou eenmaal, dat die Here, nadat Hy die volk uit Egipteland gered het, daarna die wat ongelowig was, omgebring het.
Maar toe Mígael, die aartsengel, met die duiwel in woordestryd was oor die liggaam van Moses, het hy geen oordeel van lastering durf uitspreek nie, maar het gesê: Die Here bestraf jou!
En Henog, die sewende van Adam af, het ook teen hulle geprofeteer en gesê: Kyk, die Here het gekom met sy heilige tien duisendtalle,
Maar julle, geliefdes, moet die woorde onthou wat tevore gespreek is deur die apostels van onse Here Jesus Christus,
en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag.
Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.
Ek was in die Gees op die dag van die Here, en ek het agter my 'n groot stem gehoor, soos van 'n basuin, wat sê:
En die vier lewende wesens het elkeen vir homself ses vlerke gehad, en hulle was rondom en van binne vol oë; en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!
U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape.
en hulle lyke sal lê op die straat van die groot stad wat geestelik genoem word Sodom en Egipte, waar ook onse Here gekruisig is.
En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het.
En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle.
En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!
Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het.
En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;
En ek het 'n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou.
daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.
En ná hierdie dinge het ek iets soos 'n groot stem van 'n groot menigte in die hemel gehoor wat sê: Halleluja, die heil en die heerlikheid en die eer en die krag aan die Here onse God!
En ek het iets gehoor soos die stem van 'n groot menigte en soos die geluid van baie waters en soos die geluid van sterk donderslae wat sê: Halleluja! want die Here God, die Almagtige, het die koningskap aanvaar.
En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die konings en die Here van die here.
En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is sy tempel, en die Lam.
En nag sal daar nie wees nie; en hulle het geen lamp of sonlig nodig nie, omdat die Here God hulle verlig; en hulle sal as konings regeer tot in alle ewigheid.