Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
Hulle is begeerliker as goud, ja, as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
want die lippe van die vreemde vrou drup heuningstroop, en haar verhemelte is gladder as olie,
'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir 'n hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die Líbanon.