Want 'n Tofet is van gister af gereedgemaak, ook is dit vir die koning berei; diep en wyd het Hy die houtstapel daarvan aangelê met vuur en hout in menigte; die asem van die HERE is soos 'n stroom van swawel wat dit aan die brand steek.
Daarom, so sê die Here HERE: Wee die bloedstad! Ék sal ook die houtstapel groot maak.