Skip to Content

"huisraad"

6 keer in AFR53

Nou dat u al my goed deurgevoel het--wat het u van al u huisraad gevind? Sit dit hier neer voor my broers en u broers, en laat hulle oordeel tussen ons twee.

En julle hoef geen spyt te hê oor julle huisraad nie, want die beste van die hele Egipteland is julle s'n.

En ek was erg ontstemd, sodat ek al die huisraad van Tobía uit die kamer buitentoe gegooi het,

Hulle sal hulle tente en kleinvee wegvoer, hulle tentdoeke en al hulle huisraad en hulle kamele meeneem, en oor hulle uitroep: Skrik rondom!

En hulle sal aan hom ophang die hele swaarte van die huis van sy vader, die spruite en die wilde lote, al die klein huisraad, van komme af tot allerhande kruike toe.

In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.