"issaskar"
41 keer in AFR53
Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem.
Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Issaskar en Sébulon.
Want die meerderheid van die volk, 'n menigte uit Efraim en Manasse, Issaskar en Sébulon, het hulle nie gereinig nie, maar die pasga geëet soos dit nie voorgeskrywe was nie. Maar Jehiskía het vir hulle gebid en gesê: Mag die HERE wat goed is, versoening doen
Van die seuns van Issaskar, hulle nakomelinge volgens hulle geslagte, volgens hulle families, na die getal name, van twintig jaar oud en daarbo, almal wat op kommando moet uittrek--
En die wat langs hom laer opslaan, moet wees die stam van Issaskar; en Netáneël, die seun van Suar, moet owerste oor die seuns van Issaskar wees.
Hierdie stamme moet staan om die volk te seën op die berg Gerísim as julle deur die Jordaan getrek het: Símeon en Levi en Juda en Issaskar en Josef en Benjamin.
Die seuns van Issaskar volgens hulle geslagte: van Tola die geslag van die Tolaïete; van Puwa die geslag van die Puniete;
Suid behoort dit aan Efraim, maar noord aan Manasse; en die see is sy lyn; dan raak hulle in die noorde aan Aser en in die ooste aan Issaskar.
En aan Manasse behoort in Issaskar en Aser: Bet-Sean met sy onderhorige plekke en Jíbleam met sy onderhorige plekke en die inwoners van Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van En-Dor met sy onderhorige plekke en die inwoners van Táänag met sy onderhorige plekke en die inwoners van Megíddo met sy onderhorige plekke, die drie hoogtes.
Dit is die erfdeel van die stam van die kinders van Issaskar volgens hulle geslagte, die stede met hulle dorpe.
en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;
en vorste in Issaskar met Debóra saam; en Issaskar soos Barak: in die dal storm hulle op sy voetspore. In die afdelings van Ruben was die voornemens van die hart groot.
En ná Abiméleg het Tola, die seun van Pua, die seun van Dodo, 'n man uit Issaskar, opgetree om Israel te verlos; en hy het gewoon in Samir op die gebergte van Efraim.
Maar Baésa, die seun van Ahía, van die huis van Issaskar, het 'n sameswering teen hom gesmee, en Baésa het hom verslaan by Gíbbeton wat aan die Filistyne behoort, terwyl Nadab en die hele Israel besig was om Gíbbeton te beleër.
En aan die seuns van Gersom, volgens hulle geslagte, uit die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die stam van Manasse in Basan, dertien stede.
En hulle broers, van al die geslagte van Issaskar, dapper helde: sewe en tagtig duisend tel hulle geslagsregister in sy geheel.
en van die seuns van Issaskar, met kundige insig wat die tye betref, om te weet wat Israel moes doen; hulle hoofde was twee honderd, en al hulle broers onder hulle bevel;
En selfs hulle nabestaandes tot by Issaskar en Sébulon en Náftali het brood gebring op esels en op kamele en op muile en op beeste, meelkos, vyekoeke en rosynekoeke en wyn en olie en beeste en kleinvee in menigte, want daar was blydskap in Israel.