Skip to Content

"kehat"

29 keer in AFR53

En Dawid het hulle verdeel in afdelings volgens die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

Die seuns van Kehat was: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël, vier.

En die seuns van Levi: Gerson, Kehat en Merári.

En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehat en Merári. En die lewensjare van Levi was honderd sewe en dertig jaar.

En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjare van Kehat was honderd drie en dertig jaar.

En dit was die seuns van Levi volgens hulle name: Gerson en Kehat en Merári.

En die seuns van Kehat volgens hulle geslagte: Amram en Jishar, Hebron en Ussiël.

En aan Kehat het behoort die geslag van die Amramiete en die geslag van die Jishariete en die geslag van die Hebroniete en die geslag van die Ussiëliete. Dit is die geslagte van die Kehatiete.

Die geslagte van die seuns van Kehat moet laer opslaan aan die kant van die tabernakel, aan die suidekant.

Neem die volle getal van die seuns van Kehat op, onder die seuns van Levi uit, volgens hulle geslagte, volgens hulle families,

Dit sal die dienswerk van die seuns van Kehat by die tent van samekoms wees, naamlik die hoogheilige dinge.

En eers nadat Aäron en sy seuns, by die opbreek van die laer, klaar is met die toemaak van die heiligdom en van al die gereedskap van die heiligdom, moet die seuns van Kehat kom om te dra; maar hulle mag nie aan die heilige dinge raak nie, sodat hulle nie sterwe nie. Hierdie dinge is dit wat die seuns van Kehat moet dra van die tent van samekoms.

Maar aan die seuns van Kehat het hy niks gegee nie; want die diens van die heiligdom het op hulle gerus: hulle moes dit op die skouers dra.

En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben, het manne geneem,

En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.

Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.

en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;

En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;

alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.

Die seuns van Levi was: Gerson, Kehat en Merári.

En die seuns van Kehat was: Amram, Jishar en Hebron en Ussiël.

Die seuns van Levi was: Gersom, Kehat en Merári.

En die seuns van Kehat was: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël.

Die seuns van Kehat was: sy seun Amminádab, sy seun Korag, sy seun Assir,

die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, die seun van Israel.

En aan die ander seuns van Kehat uit die geslag van die stam, uit die halwe stam, half Manasse, tien stede deur die lot.

En aan die ander uit die geslagte van die seuns van Kehat--die stede van hulle grondgebied was uit die stam van Efraim.

en uit die halwe stam van Manasse: Aner met sy weiveld, en Bíleam met sy weiveld--vir die geslag van die ander seuns van Kehat.

van die seuns van Kehat: Uriël, die owerste, en sy broers, honderd en twintig;