Skip to Content

"klaag"

11 keer in AFR53

Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.

Saans en smôrens en smiddags klaag ek en steun, en Hy hoor my stem.

En sy poorte sal klaag en treur, en hy sal uitgeskud op die aarde sit.

Daarom klaag my ingewande oor Moab soos 'n siter, en my binneste oor Kir-Heres.

En die vissers sal klaag, en almal wat hoeke in die Nyl uitgooi, rou bedrywe; en die wat visnette uitsprei oor die waters, sal verkwyn.

Daarom, omgord julle met rouklere, klaag en huil, want die toorngloed van die HERE teen ons het nie bedaar nie.

Want ek het die skindertaal van baie gehoor--skrik rondom! --Klaag aan, en ons sal hom aanklaag! Al die mense wat met my in vrede lewe, loer op my val; hulle sê: Miskien laat hy hom verlei, dan kan ons hom oorweldig en ons wraak op hom neem.

Daarom klaag my hart oor Moab soos fluite, ja, my hart klaag oor die manne van Kir-Heres soos fluite; omdat die oorwins wat hulle verwerf het, verlore gegaan het.

Wat klaag 'n mens in sy lewe? Laat elkeen klaag oor sy sondes.

En die wat uit hulle ontvlug, sal ontvlug; maar hulle sal op die berge wees soos duiwe van die klowe wat almal klaag, elkeen vanweë sy ongeregtigheid.

Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.