Skip to Content

"klank"

7 keer in AFR53

Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.

Want die HERE vertroos Sion; Hy vertroos al sy puinhope en maak sy woestyn soos Eden en sy wildernis soos die tuin van die HERE; vreugde en blydskap sal daarin gevind word, danksegging en die klank van liedere.

En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie.

Net soos met lewelose dinge wat 'n klank gee, 'n fluit of 'n siter, as hulle nie 'n onderskeid in toon laat hoor nie, hoe sal 'n mens weet wat op die fluit of siter gespeel word?

Want as die basuin ook 'n onduidelike klank gee, wie sal klaarmaak vir die oorlog?

Daar is wie weet hoeveel soorte tale in die wêreld, en geeneen daarvan is sonder klank nie.

As ek dan die betekenis van die klank nie ken nie, sal ek vir die spreker 'n vreemdeling wees, en die spreker sal vir my 'n vreemdeling wees.