"koningin"
41 keer in AFR53
En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor, het sy, ten einde Salomo in Jerusalem met raaisels op die proef te stel, gekom met 'n baie groot trek en kamele wat speserye en goud in menigte en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.
Verder het sy aan die koning honderd en twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; en daar was nooit soveel speserye as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.
En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee, wat sy maar gevra het, bo wat sy na die koning gebring het. Daarop het sy teruggekeer en na haar land getrek, sy en haar dienaars.
Toe vra die koning my, terwyl die koningin langs hom sit: Hoe lank sal jou reis duur, en wanneer sal jy terugkom? En die koning het dit goedgevind om my te stuur. En ek het hom 'n bepaalde tyd aangegee
dat hulle koningin Vasti met die koninklike kroon op voor die koning moet bring om haar skoonheid aan die volke en die vorste te toon, want sy was mooi van aansien.
Maar koningin Vasti het geweier om te kom op die bevel van die koning deur middel van die hofdienaars aan haar oorgebring. Toe het die koning baie kwaad geword, en sy woede het in hom ontvlam.
wat moet volgens wet gedoen word met koningin Vasti, omdat sy die bevel van koning Ahasvéros, deur middel van sy hofdienaars, nie opgevolg het nie?
Toe sê Memúgan voor die koning en die vorste: Nie alleen teen die koning het koningin Vasti misdaan nie, maar ook teen al die vorste en al die volke wat in al die provinsies van koning Ahasvéros is.
Want die geval van die koningin sal by al die vroue bekend word, sodat dit hulle manne in hul oë veragtelik sal maak as daar gesê word: Koning Ahasvéros het bevel gegee om koningin Vasti voor hom te bring, maar sy het nie gekom nie.
Dieselfde dag nog sal die vorstinne van die Perse en Meders, as hulle die geval van die koningin hoor, dit aan al die vorste van die koning vertel; en dan sal dit genoeg veragting en gramskap afgee!
En die jongmeisie wat die koning geval, moet in die plek van Vasti koningin word. Hierdie woord dan was goed in die oë van die koning, en hy het so gedoen.
En die koning het Ester liefgekry meer as al die vroue, en sy het guns en welwillendheid voor hom gevind meer as al die jongmeisies; en hy het die koninklike kroon op haar hoof gesit en haar koningin gemaak in die plek van Vasti.
Maar Mórdegai het dit te wete gekom en dit aan koningin Ester meegedeel; en Ester het dit uit naam van Mórdegai aan die koning gesê.
Toe die meisies van Ester en haar hofdienaars kom en haar dit meedeel, was die koningin baie beangs, en sy het klere gestuur om Mórdegai dit aan te trek en om sy roukleed van hom weg te neem; maar hy het dit nie aangeneem nie.
En net toe die koning koningin Ester in die voorhof sien staan, het sy genade in sy oë gevind; en die koning het die goue septer wat in sy hand was, na Ester uitgesteek; en Ester het nader gekom en die punt van die septer aangeraak.
Toe sê die koning vir haar: Wat wil jy hê, koningin Ester, of wat is jou versoek? Al was dit ook die helfte van die koninkryk--dit sal jou gegee word.
Verder sê Haman: Selfs het koningin Ester niemand saam met die koning na die maaltyd laat kom wat sy aangerig het nie, as net vir my, en ook vir môre is ek deur haar genooi saam met die koning.
sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink: Wat is jou bede, koningin Ester? --dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk--daaraan sal voldoen word.
En koningin Ester antwoord en sê: As ek genade in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe my geskenk word op my bede en my volk op my versoek.
Toe spreek koning Ahasvéros en sê aan koningin Ester: Wie is hy, en waar is hy wie se hart hom ingegee het om so te maak?
En Ester sê: Die teëstander en vyand is hierdie slegte Haman! Toe skrik Haman voor die koning en die koningin.
En die koning het in sy woede van die wynmaaltyd opgestaan en na die tuin van die paleis gegaan, terwyl Haman daar bly staan om van koningin Ester die behoud van sy lewe af te smeek; want hy het gesien dat die onheil oor hom by die koning vas besluit was.
Toe die koning uit die tuin van die paleis in die saal van die wynmaaltyd terugkom, en Haman juis op die rusbank neergeval het waar Ester op sit, sê die koning: Wil hy die koningin ook nog geweld aandoen by my in die huis? Die woord was nouliks uit die mond van die koning of hulle het die gesig van Haman bedek.
Op dieselfde dag het koning Ahasvéros aan koningin Ester die huis gegee van Haman, die teëstander van die Jode; en Mórdegai het voor die koning gekom, want Ester het vertel wat hy van haar was.
Toe sê koning Ahasvéros aan koningin Ester en aan die Jood Mórdegai: Kyk, die huis van Haman het ek aan Ester gegee, en hom het hulle aan die galg opgehang, omdat hy sy hand teen die Jode uitgesteek het.
en die koning het aan koningin Ester gesê: In die vesting Susan het die Jode vyf honderd man gedood en uitgeroei benewens die tien seuns van Haman; wat sou hulle wel in die ander provinsies van die koning gedoen het? Wat is dan jou bede? --dit sal jou toegestaan word. En wat is verder jou versoek? --daaraan sal voldoen word.
En koningin Ester, die dogter van Abígail, en die Jood Mórdegai het met alle nadruk geskrywe om hierdie tweede brief oor die Purim krag te verleen.
om dié Purim-dae op hulle bepaalde tye vas te stel soos die Jood Mórdegai en koningin Ester dit vir hulle verorden het, en soos hulle vir hulself en hul nageslag die voorskrifte aangaande die vastyd en die daarby behorende weeklag vasgestel het.
En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.
Verder het sy aan die koning honderd en twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so 'n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.
En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee wat sy gevra het, bo wat hy haar na die vermoë van koning Salomo gegee het. Daarop het sy omgedraai en na haar land getrek, sy en haar dienaars.
Na aanleiding van die woorde van die koning en van sy maghebbers het die koningin in die eetsaal ingegaan; die koningin het begin spreek en gesê: Mag die koning in ewigheid lewe! Laat u gedagtes u nie verskrik en u gelaatskleur nie verander nie.
Die koningin van die Suide sal in die oordeel opstaan saam met hierdie geslag en dit veroordeel; want sy het gekom van die eindes van die aarde af om die wysheid van Salomo te hoor, en--meer as Salomo is hier!
Toe het hy opgestaan en gegaan. En daar was 'n man van Ethiópië, 'n hofdienaar, 'n staatsamptenaar van Kandacé, die koningin van die Ethiópiërs, wat oor al haar skatte was en na Jerusalem gekom het om te aanbid.