En van Josef het hy gesê: Geseënd deur die HERE is sy land met die kostelikste gawe van die hemel, met dou en met die wêreldvloed wat onder lê,
en met die kostelikste voortbrengsels van die son en met die kostelikste gewasse van die mane
en met die vernaamste voortbrengsel van die berge van die voortyd en met die kostelikste gawe van die ewige heuwels
en met die kostelikste gawe van die aarde en van sy volheid, en die welbehae van Hom wat in die doringbos gewoon het--laat dit kom op die hoof van Josef en op die hoofskedel van die vors onder sy broers.