Die lankmoedige is groot van verstand, maar die kortgebondene behaal sotheid.
'n Driftige man verwek twis, maar die lankmoedige laat die geskil bedaar.
Die lankmoedige is beter as 'n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat 'n stad inneem.
Die einde van 'n saak is beter as sy begin; 'n lankmoedige is beter as 'n hoogmoedige.