Skip to Content

"lans"

6 keer in AFR53

Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.

Raak iemand hom met die swaard--dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.

Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.

Maar Dawid sê vir die Filistyn: Jy kom na my met 'n swaard en met 'n spies en met 'n lans, maar ek kom na jou in die Naam van die HERE van die leërskare, die God van die slagordes van Israel, wat jy uitgedaag het.

Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle stem bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos 'n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Sion!

Boog en lans hanteer hulle; hulle is wreed en sonder barmhartigheid; hulle geluid bruis soos die see, en hulle ry op perde, gewapend soos 'n man vir die oorlog, teen jou, o dogter van Babel!