Skip to Content

"lelies"

11 keer in AFR53

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." 'n Psalm van Dawid.

Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies". 'n Getuienis. Van Asaf. 'n Psalm.

My beminde is myne, en ek is syne wat herder is onder die lelies.

U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok, wat onder die lelies wei.

Sy wange is soos balsembeddings, terrasbeddings van geurige plante; sy lippe is lelies wat van vloeiende mirre drup.

My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel.

Ek is my beminde s'n, en my beminde is myne--hy wat herder is onder die lelies.

U nawel is 'n ronde kom--laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies.

En wat kwel julle jul oor klere? Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie;

Kyk na die lelies, hoe hulle groei: hulle arbei nie en hulle spin nie; en Ek sê vir julle, selfs Salomo in al sy heerlikheid was nie bekleed soos een van hulle nie.