Skip to Content

"majesteit"

33 keer in AFR53

Aan U, HERE, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit, ja, alles in hemel en op aarde; aan U, HERE, kom toe die koningskap en die selfverhoging as Hoof oor alles.

En die HERE het Salomo buitengewoon groot gemaak voor die oë van die hele Israel, en Hy het 'n koninklike majesteit op hom gelê wat op geen enkele koning oor Israel voor hom gewees het nie.

Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.

Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.

Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!

o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.

Groot is sy eer deur u hulp; majesteit en heerlikheid het U op hom gelê.

Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;

Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en sieraad in sy heiligdom.

Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed-

He. Sy dade is majesteit en heerlikheid; Wau. en sy geregtigheid bestaan tot in ewigheid.

He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.

laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!

Majesteit en heerlikheid is voor sy aangesig, sterkte en blydskap is in sy woonplek.

Gaan in die rots en steek jou weg in die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil.

En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

om te gaan in die skeure van die rotse en in die klowe van die kranse vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik.

Hulle daar hef hul stem op, hulle jubel; vanweë die majesteit van die HERE juig hulle van die see af:

En die HERE sal sy stem vol majesteit laat hoor en die neerdaling van sy arm laat sien, met grimmige toorn en die vlam van 'n verterende vuur, storm en stortreën en haelkorrels.

Daarom sê die HERE so van Jójakim, die seun van Josía, koning van Juda: Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, my broer! of ag, suster! nie. Hulle sal hom nie beklaag met: Ag, heer! of--ag, majesteit! nie.

het die koning aangehef en gesê: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot 'n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?

In dié tyd het my verstand in my teruggekeer; en wat die eer van my koningskap betref--my majesteit en my glans het in my teruggekeer, en my raadsmanne en my maghebbers het my opgesoek; en ek is in my koningskap herstel, en buitengewone grootheid is my toegevoeg.

Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadnésar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee.

En Hy sal optree en hulle laat wei in die sterkte van die HERE, in die majesteit van die Naam van die HERE sy God; en hulle sal rustig woon, want nou sal Hy groot wees tot aan die eindes van die aarde.

God kom van Teman en die Heilige van die berg Paran. Sela. Sy majesteit bedek die hemel, en die aarde is vol van sy lof.

Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.

En almal was verslae oor die majesteit van God. En toe almal verwonderd was oor alles wat Jesus gedoen het, sê Hy vir sy dissipels:

Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die wêreld, vereer, ook tot niet sal gaan.

Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,

Die hoofsaak nou van wat ons gesê het, is dít: Ons het so 'n Hoëpriester wat gaan sit het aan die regterhand van die troon van die Majesteit in die hemele,

Want ons het nie kunstig verdigte fabels nagevolg toe ons julle die krag en koms van onse Here Jesus Christus bekend gemaak het nie, maar ons was aanskouers van sy majesteit;

aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen.