Skip to Content

"meetroede"

8 keer in AFR53

En Hy het my daarheen gebring; en kyk, daar was 'n man wat in sy voorkoms soos koper gelyk het; en in sy hand was 'n linnetou en 'n meetroede; en hy het by die poort gestaan.

En kyk, daar was 'n muur aan die buitekant van die huis al rondom, en in die man se hand was die meetroede van ses el (elkeen was 'n el en 'n handbreedte); en hy het die dikte van die bouwerk gemeet: een roede, en die hoogte: een roede.

Hy het die oostekant met die meetroede gemeet: vyf honderd roede, met die meetroede rondom.

Hy het die noordekant gemeet: vyf honderd roede, met die meetroede rondom.

Die suidekant het hy gemeet: vyf honderd roede, met die meetroede.

Hy het hom begewe na die westekant en gemeet: vyf honderd roede, met die meetroede.

En hy wat met my gespreek het, het 'n goue meetroede gehad, om die stad en sy poorte en sy muur te meet.

En die stad het vierkantig gelê, en sy lengte was net so groot as sy breedte. En hy het die stad met die meetroede gemeet op duisend vyf honderd myl; sy lengte en breedte en hoogte was gelyk.