Skip to Content

"nagwaak"

6 keer in AFR53

Toe kom Gídeon en die honderd man wat by hom was, by die buitenste lyn van die laer, met die begin van die middelste nagwaak toe hulle skaars die wagte uitgesit het, en hulle blaas op die ramshorings en slaan die kruike stukkend wat hulle in hul hand gehad het.

Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak.

Maar in die vierde nagwaak het Jesus na hulle gekom, al wandelende op die see.

En Hy het gesien dat hulle swaar kry met roei, want die wind was teen hulle. En omtrent die vierde nagwaak het Hy na hulle gekom, al wandelende op die see. En Hy wou by hulle verbygaan.

Maar weet dit: as die huisheer geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak en nie toegelaat het dat in sy huis ingebreek word nie.

En as hy in die tweede of in die derde nagwaak kom, en dit so vind gelukkig is daardie diensknegte.