En die seuns van Segánja was Semája; en die seuns van Semája was: Hattus en Jígeal en Baríag en Neárja en Safat, ses;
en die seuns van Neárja was: Eljoënai en Hiskía en Asríkam, drie;
Ook het van hulle, van die seuns van Símeon, vyf honderd man getrek na die gebergte Seïr; en Pelátja en Neárja en Refája en Ussiël, die seuns van Jíseï, was aan hulle hoof.