"obádja"
18 keer in AFR53
En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;
En die manne het getrou gearbei aan die werk; en oor hulle was aangestel: Jahat en Obádja, Leviete uit die kinders van Merári, en Sagaría en Mesúllam uit die kinders van die Kehatiete, om leiding te gee; en die Leviete, elkeen wat verstand gehad het van musiekinstrumente,
En die seuns van Hanánja was Pelátja, sy seun was Jesaja, sy seun was Refája, sy seun was Arnan, sy seun was Obádja, sy seun was Segánja.
van die kinders van Joab: Obádja, die seun van Jéhiël, en saam met hom twee honderd en agttien manspersone;
Mattánja en Bakbúkja, Obádja. Mesúllam, Talmon, Akkub was poortwagters wat wag gehou het by die voorraadkamers van die poorte.
Want toe Isébel die profete van die HERE uitgeroei het, het Obádja honderd profete geneem en hulle vyftig by vyftig man in 'n spelonk weggesteek en hulle met brood en water onderhou.
En Agab het vir Obádja gesê: Trek deur die land na al die waterfonteine en na al die spruite; miskien sal ons gras kry, sodat ons die perde en muile in die lewe kan hou en van die vee nie hoef uit te roei nie.
En hulle het die land onder mekaar verdeel om dit deur te trek: Agab het afsonderlik met een pad getrek, en Obádja het afsonderlik met 'n ander pad getrek.
Terwyl Obádja op pad was, kom Elía hom meteens tegemoet; en toe hy hom herken, val hy op sy aangesig en vra: Is dit u, my heer Elía?
En die seuns van Ussi was Jisrágja; en die seuns van Jisrágja was: Mígael en Obádja en Joël, Jissía, vyf, almal hoofde.
En Asel het ses seuns gehad; en dít was hulle name: Asríkam, Bogru en Ismael en Seárja en Obádja en Hanan; hulle almal was seuns van Asel.
en Obádja, die seun van Semája, die seun van Galal, die seun van Jedútun; en Berégja, die seun van Asa, die seun van Élkana wat in die dorpe van die Netofatiete gewoon het.