Skip to Content

"oorbring"

4 keer in AFR53

En die manskappe wat daarin was, het hy uitgebring en hy het hulle aan die werk gesit by die saag en by ysterpenne en ysterbyle, en hulle laat oorbring na die steenoonde; en so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Toe het Dawid met al die manskappe na Jerusalem teruggegaan.

Intussen het Jónatan en Ahímaäs by die fontein Rogel gestaan, terwyl 'n diensmeisie gaan om vir hulle berig te bring; hulle moes dan weer gaan en dit aan koning Dawid oorbring. Want hulle moes hulle nie laat sien deur in die stad in te gaan nie.

En laat ons die ark van onse God na ons toe oorbring, want in die dae van Saul het ons daar nie na gevra nie.

En sorg vir pakdiere, dat hulle Paulus daarop kan sit en veilig na Felix, die goewerneur, oorbring.