Skip to Content

"opgerys"

9 keer in AFR53

En die vloed was veertig dae lank op die aarde: die waters het vermeerder en die ark opgehef, sodat dit opgerys het bo die aarde.

Toe skuif daar 'n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.

bly die water staan wat van die bokant afkom: dit het opgerys soos een wal, baie ver weg by die stad Adam wat langs Sartan lê; en die wat afstroom na die See van die Vlakte, die Soutsee, het heeltemal verdwyn; toe het die volk deurgetrek, teenoor Jérigo.

berge het opgerys, laagtes het weggesak- na die plek wat U vir hulle reggemaak het.

Hulle het opgerys na die hemel, neergedaal na die dieptes- hulle siel het vergaan van wee.

En hulle het gekom en hom in Abel-Bet-Máäga beleër en 'n wal teen die stad opgegooi, wat teen die voorskans opgerys het. Terwyl al die manskappe van Joab besig was met verwoes om die muur te laat val,

Die see het oor Babel opgerys, deur die gebruis van sy golwe is hy oordek.

en die omgewende sykamers het op elke verdieping breër geword; die ombou van die huis het steeds hoër opgerys rondom die huis; so het die huis 'n verbreding na boontoe gekry; en so is uit die onderste na die boonste opgegaan deur die middelste.

Verder het hy nog duisend gemeet--'n stroom wat ek nie kon deurgaan nie! Want die waters het opgerys--waters om in te swem, 'n stroom waar 'n mens nie deur kan loop nie.