"pilaar"
8 keer in AFR53
Hy het naamlik die twee pilare van koper gevorm; agttien el was die hoogte van die een pilaar, en 'n lyn van twaalf el kon die tweede pilaar omspan.
Die hoogte van een pilaar was agttien el, en 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van die kapiteel was drie el; met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met die vlegwerk.
Wat betref die pilare, agttien el was die hoogte van een pilaar, en 'n lyn van twaalf el kon dit omspan; en sy dikte was vier vinger; dit was hol.
En 'n kapiteel van koper was daarop, en die hoogte van een kapiteel was vyf el, met vlegwerk en granaatjies op die kapiteel rondom, alles van koper; en net so aan die tweede pilaar, met granaatjies.
Ek het die Here by die altaar sien staan, en Hy het gesê: Slaan die kapiteel van die pilaar, sodat die drumpels bewe; en verpletter hulle bo die hoof van almal! En Ek sal die wat van hulle oorbly, met die swaard ombring: die vlugteling uit hulle sal nie ontsnap nie, en geen vrygeraakte onder hulle homself red nie.