Skip to Content

"reg"

373 keer in AFR53

As jy verdrukking van die arme en berowing van reg en geregtigheid sien in die land--verwonder jou nie oor die saak nie, want 'n hoër een loer op die hoë, en die hoëres weer op hulle.

En my niere sal jubel as jou lippe spreek wat reg is.

Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! --die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.

Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.

Want Ek het hom verkies, dat hy aan sy kinders en sy huis ná hom bevel sou gee dat hulle die weg van die HERE moet hou om geregtigheid en reg te doen; sodat die HERE oor Abraham kan bring wat Hy oor hom gespreek het.

Laat dit ver van U wees om so iets te doen: om die regverdige saam met die goddelose om te bring, sodat die regverdige gelyk is met die goddelose. Laat dit ver van U wees! Sal die Regter van die ganse aarde geen reg doen nie?

Toe sê Ragel: God het aan my reg verskaf en my ook verhoor en my 'n seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.

Kyk, ek gaan 'n huis bou vir die Naam van die HERE my God, om dit aan Hom te heilig--om voor sy aangesig reukwerk van speserye aan die brand te steek en die toonbrode gedurig reg te sit en die brandoffers smôrens en saans te bring op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye van die HERE onse God--'n ewige verpligting op Israel.

wil U dan hoor uit die hemel en handel en aan u knegte reg verskaf deur die skuldige te vergelde en sy wandel op sy hoof te lê, en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.

wil dan uit die hemel hulle gebed hoor en hulle smeking, en aan hulle hul reg verskaf.

wil dan uit die hemel, uit u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smekinge hoor en aan hulle hul reg verskaf en u volk vergewe wat hulle teen U gesondig het.

Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op sy troon as koning vir die HERE u God te laat sit! Omdat u God Israel liefhet om dit vir ewig in stand te hou, het Hy u as koning oor hulle aangestel om reg en geregtigheid te doen.

En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van die HERE sy God:

En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die HERE; en Hy is by julle in die regspraak.

En hy het gewandel in die weg van sy vader Asa en daar nie van afgewyk nie, en het gedoen wat reg was in die oë van die HERE.

En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al die dae van die priester Jójada.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, maar nie met 'n volkome hart nie.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Amásia gedoen het.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Ussía gedoen het; alleenlik het hy nie in die tempel van die HERE ingegaan nie; en die volk het nog verderflik gehandel.

Agas was twintig jaar oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE soos sy vader Dawid nie.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het.

En Juda het dit herken en gesê: Sy het reg teenoor my, want ek het haar mos nie aan my seun Sela gegee nie. En hy het haar verder nie meer beken nie.

Dan sal aan sy volk reg verskaf net soos enigeen van die stamme van Israel.

Maar Moses antwoord: Dit is nie reg om so te doen nie; want wat ons aan die HERE onse God offer, is 'n gruwel vir die Egiptenaars. As ons iets wat 'n gruwel is vir die Egiptenaars, voor hulle oë offer, sal hulle ons dan nie stenig nie?

Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. Die HERE is reg, maar ek en my volk het ongelyk.

En Moses antwoord: U het reg gepraat. Ek sal u aangesig nie weer sien nie.

Sê aan die kinders van Israel dat hulle moet omdraai en laer opslaan voor Pi-Hágirot, tussen Migdol en die see. Reg teenoor Baäl-Sefon moet julle laer opslaan by die see.

en gesê: As jy getrou na die stem van die HERE jou God luister en doen wat reg is in sy oë, en luister na sy gebooie en al sy insettinge hou, dan sal Ek geeneen van die siektes op jou lê wat Ek op Egipteland gelê het nie; want Ek is die HERE wat jou gesond maak.

En die saak was reg in die oë van die koning en in die oë van die hele vergadering.

En so het Jehiskía in die hele Juda gedoen: hy het gedoen wat goed en reg en trou was voor die aangesig van die HERE sy God.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie.

Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die huis van die HERE, en dié het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die huis van die HERE, om die huis reg te maak en te herstel.

En die volgende dag het Moses gesit om reg te spreek vir die volk; en die volk het voor Moses gestaan van die môre tot die aand toe.

Maar as hy haar vir sy seun bestem, moet hy met haar handel volgens die reg van die dogters;

Of dit 'n seun gestoot het of 'n dogter, volgens hierdie reg moet met hom gehandel word.

Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in 'n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie.

Jy mag die reg van jou arm mense in hulle regsaak nie verdraai nie.

Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.

En jy, Esra, volgens die wysheid van jou God wat jy besit, stel owerhede en regters aan om vir die hele volk wat wes van die Eufraat is, reg te spreek, almal wat die wette van jou God ken; en wie dit nie ken nie, moet julle dit leer.

Toe antwoord ek hulle en sê vir hulle: Die God van die hemel, Hy sal ons dit laat geluk, en ons, sy knegte, sal ons klaarmaak en bou; maar julle het geen deel of reg of gedagtenis in Jerusalem nie.

En as iemand 'n woonhuis in 'n ommuurde stad verkoop, moet daar reg van lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is; 'n jaar lank moet daar reg van lossing wees.

Maar die huise van die dorpe wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die land gereken word; daar moet reg van lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.

Wat die stede van die Leviete aangaan, die huise in die stede wat in hulle besit is vir die Leviete moet daar 'n ewige reg van lossing wees.

dan moet daar vir hom, nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broers kan hom los,

En by die Fonteinpoort het hulle, reg voor hulle uit, met die trappe van die Dawidstad opgegaan, waar die muur opgaan bo die huis van Dawid, tot by die Waterpoort teen die ooste.

En die koning het aan die wyse manne, die kenners van die tye, gesê--want só word die sake van die koning aan al die kenners van wet en reg voorgelê;

Vervloek is hy wat die reg van vreemdeling, wees en weduwee verdraai; en die hele volk moet sê: Amen.

en gesê: As die koning dit goedvind en ek genade voor hom gevind het en die saak reg is voor die koning en ek welgevallig is in sy oë, laat dan geskrywe word om die briewe met die plan van Haman, die seun van Hammedáta, die Agagiet, te herroep wat hy geskrywe het om die Jode wat in al die provinsies van die koning is, uit te roei.

Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.

Verder sê Balak vir Bíleam: Kom tog, ek sal jou na 'n ander plek saamneem; miskien sal dit reg wees in die oë van God dat jy hulle vir my daarvandaan vervloek.

Die dogters van Selófhad praat reg. Jy moet hulle sekerlik 'n erflike besitting onder die broers van hulle vader gee en die erfdeel van hulle vader op hulle laat oorgaan.

Toe het Moses die kinders van Israel volgens die bevel van die HERE gelas en gesê: Die stam van die kinders van Josef praat reg.

Sou God die reg verdraai, of die Almagtige die geregtigheid krenk?

Kom dit aan op die krag van die sterkste--hier is Ek! En kom dit op reg aan--wie kan My dagvaar?

Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?

Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.

As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.

So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het--

Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos 'n mantel en 'n tulband.

As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle 'n geskil met my gehad het--

Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.

Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as 'n mens.

Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie.

Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.

Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.

Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!

Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.

Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?

Hou u dit vir reg, noem u dit: my geregtigheid voor God,

Ek sal my kennis van ver af ophaal en aan my Skepper reg verskaf.

Hy laat die goddelose nie lewe nie, maar aan die ellendiges verskaf Hy reg.

Die Almagtige--ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

En jy moet doen wat reg en goed is in die oë van die HERE, dat dit met jou goed kan gaan en jy kan inkom en in besit neem die goeie land wat die HERE aan jou vaders met 'n eed beloof het,

wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee.

Julle moet nie doen net soos ons vandag hier doen nie--elkeen net maar wat reg is in sy eie oë.

Jy mag dit nie eet nie, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.

Luister sorgvuldig na al hierdie woorde wat ek jou beveel, dat dit met jou en jou kinders ná jou goed kan gaan tot in ewigheid, as jy doen wat goed en reg is in die oë van die HERE jou God.

as jy luister na die stem van die HERE jou God om al sy gebooie te hou wat ek jou vandag beveel, deur te doen wat reg is in die oë van die HERE jou God.

Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie partydig wees nie; ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want die geskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die sake van die wat reg het.

En dit moet die reg van die priesters wees van die kant van die volk, van die wat 'n slagoffer bring, of dit 'n bees of 'n stuk kleinvee is: hulle moet aan die priester die blad en die twee kakebene en die maag gee.

En jy sal die onskuldige bloed uit jou midde verwyder as jy doen wat reg is in die oë van die HERE.

Jy mag die reg van vreemdeling en wees nie verdraai nie en die kleed van 'n weduwee nie as pand neem nie.

Die Rots--volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.

Want die HERE sal aan sy volk reg verskaf, en Hy sal medelyde hê met sy knegte as Hy sien dat hulle vashouplek weg is en dit met almal sonder uitsondering gedaan is.

Want reg voor sal jy die land sien, maar jy sal daar nie inkom, in die land wat Ek aan die kinders van Israel sal gee nie.

en as hulle lang geluide op die ramshoring blaas, as julle die geluid van die horing hoor, moet die hele volk 'n groot krygsgeskreeu aanhef: dan sal die stadsmuur op sy plek inval; en die volk moet inklim, elkeen reg voor hom uit.

Toe skreeu die volk, en hulle het op die horings geblaas; en toe die volk die geluid van die horing hoor, het die volk 'n groot krygsgeskreeu aangehef; en die muur het op sy plek ingeval, en die volk het in die stad geklim, elkeen reg voor hom uit, en hulle het die stad ingeneem.

Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?

En nadat die HERE Job toegespreek het met hierdie woorde, sê die HERE aan Élifas, die Temaniet: My toorn het ontvlam teen jou en jou twee vriende; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring 'n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie; want julle het nie reg van My gespreek soos my kneg Job nie.

HERE, lei my in u geregtigheid om my vyande ontwil; maak u weg voor my reg.

Staan op, HERE, in u toorn, verhef U teen die grimmigheid van my teëstanders en ontwaak vir my, U wat die reg beveel het!

Die HERE oordeel die volke. Doen aan my reg, HERE, na my geregtigheid en na my onskuld wat by my is.

Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!

En Hy self sal die wêreld oordeel in geregtigheid en die volke vonnis met reg.

om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.

Maar hier is ons nou in u hand: doen soos dit goed en reg is in u oë om met ons te handel.

En op dié dag het Josua met die volk 'n verbond gesluit en vir hulle 'n insetting en 'n reg vasgestel in Sigem.

dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.

En Simson sê aan hulle: Laat my tog vir julle 'n raaisel opgee; as julle dit vir my reg uitlê gedurende die sewe dae van die maaltyd en dit uitvind, dan sal ek julle dertig hemde en dertig stel klere gee;

Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.

Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.

Tet. Die HERE is goed en reg; daarom sal Hy sondaars leer aangaande die weg.

Jod. Hy sal die ootmoediges lei in die reg en die ootmoediges sy weg leer.

'n Psalm van Dawid. Doen aan my reg, o HERE, want ék wandel in my opregtheid en vertrou op die HERE sonder om te wankel.

Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.

Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.

Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.

Doen aan my reg na u geregtigheid, HERE my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!

en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.

want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.

Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.

Doen aan my reg, o God, en verdedig my regsaak teen 'n onbarmhartige volk; red my van die man van bedrog en onreg!

o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!

In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë.

Maar sy seuns het nie in sy weë gewandel nie: hulle het onregverdige wins agternageloop en omkoopgeskenke aangeneem en die reg verdraai.

Luister dan nou na hulle: jy moet hulle net ernstig waarsku en hulle die reg van die koning meedeel wat oor hulle sal regeer.

En hy het gesê: Dit sal die reg wees van die koning wat oor julle sal regeer: Julle seuns sal hy neem en hulle vir homself aanstel by sy wa en by sy perde, dat hulle voor sy wa uit hardloop;

Daarna het Samuel die reg van die koningskap voor die volk afgekondig en dit in 'n boek geskrywe en voor die aangesig van die HERE neergelê. En Samuel het die hele volk elkeen na sy huis laat gaan

so dikwels as die snykant stomp was aan ploegskare en pikke en drietandvurke en byle; en om die osprikkels reg te maak.

Maar Migal, die dogter van Saul, het Dawid liefgekry; en toe hulle dit aan Saul meedeel, was die saak in sy oë reg.

Toe sy dienaars hierdie woorde aan Dawid meedeel, was die saak reg in die oë van Dawid om skoonseun van die koning te word. En voordat die dae verstreke was,

Maar die HERE sal regter wees en oordeel tussen my en u. Ja, mag Hy toesien en my saak verdedig en aan my reg verskaf teenoor u.

Laat hy u volk oordeel met geregtigheid en u ellendiges met reg.

Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel.

Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.

Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.

om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.

Wolke en donkerheid is rondom Hom; geregtigheid en reg is die grondslag van sy troon.

voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.

Ook die sterkte van die Koning wat die reg liefhet. U het bevestig wat regverdig is; U het reg en geregtigheid gedoen in Jakob.

Van Dawid. 'n Psalm. Ek wil sing van goedertierenheid en reg; tot u eer wil ek psalmsing, o HERE!

Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.

Welgeluksalig is hulle wat die reg bewaar, die wat altyd geregtigheid doen.

En Dawid het oor die hele Israel geregeer, en Dawid het aan sy hele volk reg en geregtigheid gedoen.

dan sê Absalom vir hom: Kyk, jou saak is goed en reg, maar van die koning se kant sal niemand jou gehoor gee nie.

Verder het Absalom gesê: Mag hulle my as regter in die land aanstel, dat elkeen wat 'n geskil of regsaak het, na my kan kom; dan sal ék aan hom reg laat geskied.

En die woord was reg in die oë van Absalom en in die oë van al die oudstes van Israel.

Daarop sê Ahímaäs, die seun van Sadok: Laat my tog hardloop en aan die koning die goeie boodskap bring dat die HERE aan hom reg verskaf het teenoor sy vyande.

kom die Kusiet juis aan; en die Kusiet sê: My heer die koning moet die blye boodskap ontvang dat die HERE aan u vandag reg verskaf het teenoor almal wat teen u opgestaan het.

deur lief te hê diegene wat u haat, en te haat diegene wat u liefhet; want u gee vandag te kenne dat owerstes en onderdane vir u niks is nie, want ek merk vandag dat, as Absalom lewendig en ons almal vandag dood was, dit dan in u oë reg sou gewees het.

En die manne van Israel het die manne van Juda geantwoord en gesê: Ek het tien aandele aan die koning en ook meer reg op Dawid as jy. Waarom het jy my dan veragtelik behandel? Was my woord dan nie die eerste om my koning terug te bring nie? Maar die woord van die manne van Juda was heftiger as die woord van die manne van Israel.

Gee dus aan u kneg 'n opmerksame hart om reg te spreek oor u volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sou hierdie talryke volk van U kan regeer?

En die hele Israel het gehoor van die vonnis wat die koning uitgespreek het, en was bevrees vir die koning; want hulle het gesien dat daar goddelike wysheid in sy binneste was om reg te doen.

Mem. Die werke van sy hande is trou en reg; Noen. al sy bevele is betroubaar.

Tet. Gelukkig die man wat hom ontferm en uitleen, Jod. wat sy sake volgens reg besorg.

Ajin. Ek het reg en geregtigheid gedoen: gee my nie oor aan my verdrukkers nie.

Daarom hou ek al die bevele aangaande alles vir reg; elke leuenpad haat ek.

Wend U tot my en wees my genadig volgens die reg van die wat u Naam liefhet.

Sade. HERE, U is regverdig, en reg is u verordeninge.

Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.

wil U dan hoor in die hemel en handel en u knegte reg verskaf deur die skuldige skuldig te verklaar en sy wandel op sy hoof te lê en die regverdige regverdig te verklaar deur hom te gee na sy geregtigheid.

wil dan in die hemel hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf.

wil dan in die hemel, u vaste woonplek, hulle gebed en hulle smeking hoor en aan hulle hul reg verskaf,

En mag hierdie woorde van my, waarmee ek voor die aangesig van die HERE gesmeek het, dag en nag naby die HERE onse God wees, sodat Hy reg kan verskaf aan sy kneg en aan sy volk Israel na die eis van elke dag;

En Hiram het uit Tirus uitgetrek om die stede te bekyk wat Salomo hom gegee het, maar hulle was nie reg in sy oë nie.

Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.

omdat hulle My verlaat en hul neergebuig het voor Astárte, die godin van die Sidoniërs, voor Kamos, die god van die Moabiete, en voor Milkom, die god van die kinders van Ammon, en nie gewandel het in my weë deur te doen wat reg is in my oë, naamlik my insettinge en my verordeninge, soos sy vader Dawid nie.

En as jy luister na alles wat Ek jou beveel en wandel in my weë en doen wat reg is in my oë deur my insettinge en my gebooie te hou, soos my kneg Dawid gedoen het, dan sal Ek met jou wees en vir jou 'n bestendige huis stig, soos Ek vir Dawid gestig het, en Israel aan jou gee.

en die koningskap van die huis van Dawid afgeskeur en dit aan jou gegee het, maar jy nie soos my kneg Dawid was wat my gebooie gehou en My met sy hele hart nagevolg het om net te doen wat reg is in my oë nie,

omdat Dawid gedoen het wat reg was in die oë van die HERE, sonder om af te wyk van alles wat Hy hom beveel het, al die dae van sy lewe, behalwe in die saak van Uría, die Hetiet.

En Asa het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid:

En hy het geheel en al in die weg van sy vader Asa gewandel--daarvan het hy nie afgewyk nie--deur te doen wat reg was in die oë van die HERE.

Toe sê hulle die een vir die ander: Ons doen nie reg nie. Hierdie dag is 'n dag van goeie boodskap, en ons bly stil! As ons vertoef tot die môrelig toe, dan sal ons skuldig staan. Kom dan nou, laat ons gaan en dit in die huis van die koning vertel.

En vandaar het hy gegaan en Jónadab, die seun van Regab, gevind wat hom tegemoetkom. En hy groet hom en sê vir hom: Is jou hart reg soos my hart met jou hart is? En Jónadab antwoord: Ja. So ja, gee jou hand, sê Jehu. Toe gee hy sy hand; en hy het hom by hom op die wa laat klim

Toe sê die HERE vir Jehu: Omdat jy goed gehandel het deur te doen wat reg is in my oë--volgens alles wat in my hart was, aan die huis van Agab gedoen het--sal jou seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sit.

En Joas het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, al sy dae waarin die priester Jójada hom onderrig het.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, hoewel nie soos sy vader Dawid nie; net soos sy vader Joas gedoen het, het hy gedoen.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE, net soos sy vader Amásia gedoen het.

En die HERE het die koning aangetas, sodat hy melaats was tot die dag van sy dood toe; en hy het in 'n afgesonderde huis gewoon, terwyl Jotam, die seun van die koning, oor die paleis was en reg gespreek het oor die volk van die land.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE; net soos sy vader Ussía gedoen het, het hy gedoen.

Twintig jaar was Agas oud toe hy koning geword het, en sestien jaar het hy in Jerusalem geregeer en nie gedoen wat reg was in die oë van die HERE sy God soos sy vader Dawid nie.

Ek weet dat die HERE die regsaak van die ellendige, die reg van die behoeftiges sal behartig.

wat aan die verdruktes reg doen, wat aan die hongeriges brood gee. Die HERE maak die gevangenes los.

om aan te neem tug wat verstandig maak, geregtigheid en reg en regverdigheid;

deurdat Hy die paaie van die reg bewaak en die weg van sy gunsgenote bewaar);

dan sal jy geregtigheid en reg verstaan en regverdigheid--elke goeie pad.

Laat jou oë reguit kyk en jou ooglede hulle reg voor jou uit hou.

Hoor, want ek sal voortreflike dinge spreek, en my lippe gaan oop vir wat reg is.

Al die woorde van my mond is reg, daarin is niks wat slinks of vals is nie,

hulle is almal duidelik vir die verstandige en reg vir die wat kennis gevind het.

Deur my regeer die konings en stel die maghebbers vas wat reg is;

Ek wandel op die weg van geregtigheid, in die middel van die paaie van reg,

Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.

Daar is een wat ruim uitdeel en nog meer kry, en een wat terughou meer as wat reg is, maar tot sy gebrek.

Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.

Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.

Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.

Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Die lippe van die wyse strooi kennis uit, maar die hart van die dwase is nie reg nie.

Daar is 'n weg wat vir 'n mens reg lyk, maar die einde daarvan is weë van die dood.

Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.

En die kinders van Israel het heimlik volbring wat nie reg was teenoor die HERE hulle God nie; en hulle het vir hul hoogtes gebou in al hulle stede, van wagtoring af tot versterkte stad.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE net soos sy vader Dawid gedoen het.

En hy het gedoen wat reg was in die oë van die HERE en geheel en al in die weg van sy vader Dawid gewandel en nie regs of links afgewyk nie.

Toe sê die hele vergadering dat hulle so moes doen, want die saak was reg in die oë van die hele volk.

En Dawid het oor die hele Israel geregeer en reg en geregtigheid aan sy hele volk gedoen.

En Dawid het bevel gegee om die vreemdelinge wat in die land van Israel was, te versamel, en hy het klipkappers aangestel om gekapte klippe reg te slaan om die huis van God te bou.

Hy wat die eerste in sy regsaak is, het reg; maar sy naaste kom en ondersoek hom terdeë.

'n Deugniet wat getuienis gee, spot met die reg, en die mond van die goddelose verslind onreg.

Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.

Elke weg van 'n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.

Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.

Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

Gekronkeld is die weg van 'n skuldige mens; maar die reine--sy handeling is reg.

Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar 'n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.

Deur die oortreding van 'n land word sy vorste baie, maar deur 'n verstandige mens met kennis is die reg duursaam.

Slegte mense verstaan die reg nie, maar die wat die HERE soek, verstaan alles.

'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.

Die regverdige ken die reg van die armes, maar die goddelose verkry geen kennis nie.

'n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees.

Daar is baie wat die aangesig van die heerser soek, maar die reg van 'n mens kom van die HERE.

anders drink hy en vergeet die insettinge en verdraai die reg van al die ellendiges.

Maak jou mond oop, oordeel regverdig, en verskaf reg aan die ellendige en die behoeftige.

Kyk, net dit het ek uitgevind: dat God die mens reg gemaak het, maar hulle het baie slim planne gesoek.

So het ek dan die goddelose sien begrawe word en die rus ingaan, terwyl die wat reg gehandel het, uit die heilige plek moes weggaan en in die stad vergeet is. Ook dit is dan nietigheid.

Die Prediker het gesoek om welgevallige woorde te vind en wat reg geskrywe is--woorde van waarheid.

Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief.

leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.

Ag, hoe het die getroue vesting 'n hoer geword! Dit was vol reg, geregtigheid het daarin vernag--en nou moordenaars!

Jou vorste is opstandelinge en metgeselle van diewe; elkeen van hulle het omkoopgeskenke lief en jaag beloninge na. Aan die wees doen hulle geen reg nie, en die saak van die weduwee kom nie voor hulle nie.

Want die wingerd van die HERE van die leërskare is die huis van Israel, en die manne van Juda is die tuin van sy verlustiging; en Hy het gewag op reg, maar kyk, dit was bloedvergieting; op geregtigheid, maar kyk, dit was geskreeu!

wat vir 'n omkoopgeskenk die skuldige regverdig verklaar en die reg van die regverdige hom ontneem.

tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die HERE van die leërskare sal dit doen.

om die armes van die gereg weg te stoot en om die ellendiges onder my volk van die reg te beroof, sodat die weduwees hulle buit kan word en hulle die wese kan plunder.

maar aan die armes sal Hy in geregtigheid reg doen en die sagmoediges van die land met billikheid oordeel; maar Hy sal die aarde slaan met die roede van sy mond en met die asem van sy lippe die goddelose doodmaak.

Kyk, my Kneg wat Ek uitverkies het, my Geliefde in wie my siel 'n welbehae het! Ek sal my Gees op Hom lê, en Hy sal aan die nasies die reg aankondig.

'n Geknakte riet sal Hy nie verbreek nie, en 'n lamppit wat rook, sal Hy nie uitblus nie, totdat Hy die reg tot oorwinning uitbring.

En opgerig is deur goedgunstigheid 'n troon, en daarop sit een in getrouheid in Dawid se tent, 'n regter wat die reg soek en gou is in geregtigheid.

Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.

En Ek sal die reg tot 'n riglyn maak, en die geregtigheid tot 'n skietlood; en die hael sal die leuendak wegruk en die water die skuilplek wegspoel.

hulle wat 'n mens as sondaar brandmerk ter wille van 'n woord, en strikke span vir hom wat vir die reg opkom in die poort, en die regverdige met nietige voorwendsels wegstoot.

wat aan die sieners sê: Sien nie! en aan die profete: Profeteer vir ons nie wat reg is nie; spreek vleitaal vir ons, profeteer bedrieëry;

Kyk, 'n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg.

En die skelm--sy middele is sleg, hy beraam skandelike dade om die ellendiges te ruïneer met leuentaal, ook as die behoeftige spreek wat reg is.

En die reg woon in die woestyn, en die geregtigheid hou verblyf in die vrugteboord.

Die HERE is verhewe, want Hy woon in die hoogte; Hy het Sion vervul met reg en geregtigheid.

Hy wat in geregtigheid wandel en spreek wat reg is, wat gewin deur afpersinge versmaad, wat sy hande uitskud om geen omkoopgeskenk aan te gryp nie, wat sy oor toestop om van geen bloedskuld te hoor nie, en sy oë sluit om wat sleg is, nie te sien nie--

Met wie het Hy raad gehou, dat dié Hom verstand sou gee en Hom sou leer aangaande die pad van die reg, en Hom kennis sou leer en Hom bekend maak die weg van volledige insig?

Waarom sê jy dan, o Jakob, en spreek jy, o Israel: My weg is vir die HERE verborge, en my reg gaan by my God verby?

Wie het dit te kenne gegee van die begin af, dat ons daar kennis van kan neem; of vantevore al, dat ons kan sê: Hy het reg? Ja, daar is niemand wat dit te kenne gee, ja, niemand wat dit laat hoor, ja, niemand wat julle woorde hoor nie.

Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring.

Die geknakte riet sal Hy nie verbreek en die dowwe lamppit nie uitblus nie; met getrouheid sal Hy die reg uitbring.

Hy sal nie dof brand of geknak word, totdat Hy die reg op aarde gegrond het nie; en die eilande wag op sy leer.

Maar Ék het gesê: Tevergeefs het Ek My vermoei, my krag vir niks en vrugteloos verteer! Nogtans is my reg by die HERE, en my loon is by my God.

Hy is naby wat My reg verskaf. Wie wil met My 'n regsaak begin? --laat ons saam optree! Wie is my teëparty? --laat hom nader kom na My toe!

Luister na My, my volk, en neig die oor tot My, my nasie! Want 'n wet sal van My uitgaan, en Ek sal my reg vasstel as 'n lig van die volke.

So sê die HERE: Bewaar die reg en doen geregtigheid; want my heil is naby om te kom en my geregtigheid om geopenbaar te word.

Wel soek hulle My dag vir dag en het 'n behae in die kennis van my weë! Soos 'n nasie wat geregtigheid doen en die reg van sy God nie verlaat nie, vra hulle My na die regverdige verordeninge; hulle het 'n behae in die toenadering tot God.

Die weg van vrede ken hulle nie, en daar is geen reg in hulle spore nie; hulle maak hul paaie krom, niemand wat daarop loop, ken die vrede nie.

Daarom is die reg ver van ons en bereik die geregtigheid ons nie; ons wag op lig, maar kyk, daar is duisternis; op 'n helder skynsel, maar ons wandel in dikke donkerheid.

Ons brom almal soos bere, en soos duiwe kir ons aanhoudend; ons wag op reg, maar dit is nie daar nie; op heil--dit bly ver van ons.

So word dan die reg teruggedring en die geregtigheid bly staan van ver; want die waarheid struikel op die mark, en wat reg is, kan nie binnekom nie.

Ja, die waarheid word vermis; en wie afwyk van die kwaad, word geplunder. Toe het die HERE dit gesien, en dit was verkeerd in sy oë dat daar geen reg was nie.

Want Ek, die HERE, het die reg lief; Ek haat die roof met onreg, en Ek sal hulle getrou hul loon gee en 'n ewige verbond met hulle sluit.

Dan sal jy sweer: So waar as die HERE leef! in waarheid, in reg en in geregtigheid; en die nasies sal hulleself in Hom seën en hulle in Hom beroem.

Swerf rond in die strate van Jerusalem, en kyk tog en verneem en soek op sy pleine of julle iemand vind, of daar een is wat reg doen, wat waarheid soek--dan sal Ek daaraan vergifnis skenk.

Maar ek het gesê: Hulle is maar die geringes; hulle het dwaas gehandel, omdat hulle die weg van die HERE, die reg van hulle God, nie ken nie.

Laat ek na die grotes gaan en met hulle spreek, want hulle ken die weg van die HERE, die reg van hulle God. Maar hulle het almal saam die juk verbreek, die stroppe stukkend geruk.

Hulle het vet, hulle het glad geword; selfs gaan hulle oor die maat van boosheid heen. Reg verskaf hulle nie, selfs die reg van die wees nie, dat hulle voorspoed kan hê; ook handhaaf hulle die reg van die behoeftiges nie.

Maar as julle jul weë en julle handelinge waarlik goed maak, as julle waarlik reg doen onder mekaar;

Ek het geluister en gehoor: hulle spreek wat nie reg is nie; daar is niemand wat berou het oor sy boosheid, dat hy sou sê: Wat het ek gedoen nie? Elkeen spring weg in sy loop soos 'n perd wat storm in die geveg.

Selfs 'n groot sprinkaanvoël aan die hemel ken sy bepaalde tye, en 'n tortelduif en 'n swaweltjie en 'n kraanvoël neem die tyd van hulle koms in ag; maar my volk ken die reg van die HERE nie.

maar laat hy wat wil roem, hom hierop beroem dat hy verstaan en My ken, dat Ek die HERE is wat goedertierenheid, reg en geregtigheid op die aarde doen; want in dié dinge het Ek 'n behae, spreek die HERE.

En die voorwerp wat hy besig was om te maak, het misluk--soos dit gaan met klei in die hand van die pottebakker--maar hy het daaruit weer 'n ander voorwerp gemaak soos dit in die oë van die pottebakker reg was om dit te maak.

o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos 'n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.

So spreek die HERE: Doen reg en geregtigheid, en red die beroofde uit die hand van die verdrukker; en doen geen skade, geen geweld aan vreemdeling, wees en weduwee nie, en vergiet geen onskuldige bloed in hierdie plek nie.

Is jy 'n koning, omdat jy wedywer in sederhout? Het jou vader nie geëet en gedrink en reg en geregtigheid gedoen nie? Toe het dit goed met hom gegaan.

Hy het reg verskaf aan die ellendige en behoeftige; toe het dit goed gegaan. Is dit nie My erken nie? spreek die HERE.

Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek vir Dawid 'n regverdige Spruit sal verwek, en as Koning sal Hy regeer en verstandig handel en reg en geregtigheid doen in die land.

Maar ek, kyk, ek is in julle hand; maak met my soos dit goed en reg is in julle oë.

Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.

Niemand verskaf reg aan jou nie; daar is geen medisyne vir die sweer, geen genesing vir jou nie.

Kyk, Hanámeël, die seun van Sallum, jou oom, kom na jou toe met die woorde: Koop vir jou my stuk grond wat in Anatot lê, want jy het die reg van lossing om te koop.

En Hanámeël, die seun van my oom, het na my gekom volgens die woord van die HERE in die voorhof van bewaking en vir my gesê: Koop tog my stuk grond wat in Anatot in die land Benjamin lê, want jy het die reg van besit en jy het die lossing; koop dit vir jou. Toe het ek gemerk dat dit die woord van die HERE was.

In dié dae en in dié tyd sal Ek vir Dawid 'n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land.

En júlle het vandag tot inkeer gekom en gedoen wat reg is in my oë, om 'n vrylating uit te roep, elkeen vir sy naaste; en julle het 'n verbond gesluit voor my aangesig, in die huis waaroor my Naam uitgeroep is.

Nou dan, kyk, ek ontslaan jou vandag uit die kettings wat aan jou hande is; as dit goed is in jou oë om saam met my na Babel te gaan--kom, en ek sal my oog oor jou hou; maar as dit verkeerd is in jou oë om saam met my na Babel te kom, laat dit staan. Kyk, die hele land lê vir jou oop; waar dit goed en reg is in jou oë om te gaan, gaan daarheen.

En toe hy nog nie omgedraai het nie, sê hy: Gaan dan terug na Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, wat die koning van Babel oor die stede van Juda aangestel het, en woon by hom onder die volk, of gaan waar dit ook al reg is in jou oë om te gaan. Daarop het die owerste van die lyfwag vir hom padkos en 'n geskenk gegee, en hom laat gaan.

Span die perde in, en klim op, o ruiters! En staan reg, met die helms op; maak blink die spiese, trek die pantsers aan.

Verkondig dit in Egipte en laat dit hoor in Migdol; ja, laat dit hoor in Nof en in Tagpánhes. Sê: Staan reg, en maak jou klaar, want die swaard het verslind wat rondom jou is.

Kyk, Ek bring vrees oor jou vir almal wat rondom jou is, spreek die Here HERE van die leërskare; en julle sal weggedryf word, elkeen reg voor hom uit, sonder dat iemand die swerwelinge vergader.

dat hulle die reg van 'n man verdraai voor die aangesig van die Allerhoogste,

U sien, HERE, my verdrukking; verskaf my tog reg.

Maar as iemand regverdig is en reg en geregtigheid doen;

Maar julle sê: Waarom dra die seun nie saam die ongeregtigheid van die vader nie? Maar die seun het reg en geregtigheid gedoen en al my insettinge onderhou en dit volbring--hy sal sekerlik lewe!

Maar as die goddelose hom bekeer van al sy sondes wat hy gedoen het, en al my insettinge onderhou en reg en geregtigheid doen, sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie.

Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Hoor tog, o huis van Israel! Is my weg nie reg nie? Is júlle weë nie onreg nie?

En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid wat hy gedoen het, en reg en geregtigheid doen--hy sal sy siel in die lewe behou;

Tog sê die huis van Israel: Die weg van die Here is nie reg nie. Is my weë nie reg nie, o huis van Israel? Is júlle weë nie onreg nie?

Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie--totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.

Die mense van die land pleeg geweld en eien hulle geroofde goed toe; ook verdruk hulle die ellendige en behoeftige, en teenoor die vreemdeling pleeg hulle geweld sonder reg.

En hulle sal teen jou kom met 'n hoop strydwaens en wiele en met 'n menigte van volke; groot skild en klein skild en helm sal hulle rondom teen jou rig; en Ek sal die strafgerig aan hulle oorgee, en hulle sal jou vonnis volgens hulle reg.

En regverdige manne, dié sal hulle vonnis volgens die reg van owerspeelsters en volgens die reg van vroue wat bloed vergiet; want hulle is owerspeelsters, en bloed is aan hulle hande.

Die oudstes van Gebal en sy wyse manne was in jou om jou lekplekke reg te maak; al die skepe van die see en hulle seevaarders was in jou om jou koopware te verhandel.

En as Ek aan die goddelose sê: Jy sal sekerlik sterwe--en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen--

Al sy sondes wat hy gedoen het, sal hom nie toegereken word nie; hy het reg en geregtigheid gedoen, hy sal sekerlik lewe.

Maar die kinders van jou volk sê: Die weg van die Here is nie reg nie, terwyl tog hulle eie weg nie reg is nie.

En as die goddelose hom bekeer van sy goddeloosheid en reg en geregtigheid doen, dan sal hy ten gevolge daarvan lewe.

Tog sê julle: Die weg van die Here is nie reg nie. Ek sal julle oordeel, elkeen volgens sy weë, o huis van Israel!

Die wat verlore is, sal Ek soek, en wat weggedryf is, sal Ek terugbring, en wat gewond is, sal Ek verbind, en die siekes sal Ek versterk; maar die vettes en die sterkes sal Ek verdelg: Ek sal hulle oppas soos dit reg is.

Hou jou reg en maak jou klaar, jy en al jou menigtes wat by jou vergader het; en wees vir hulle 'n leidsman.

En oor 'n regsaak moet hulle optree om reg te spreek, volgens my verordeninge moet hulle dit uitoefen; en hulle moet my wette en my insettinge hou op al my feestye en my sabbatte heilig.

So sê die Here HERE: Dit is nou genoeg, o vorste van Israel! Verwyder geweld en verdrukking, en doen reg en geregtigheid; hou op om my volk uit hulle besittings te verdring, spreek die Here HERE.

En aan die westekant die Groot See, van die grens af tot reg teenoor die plek waar die ingang na Hamat is; dit is die westekant.

Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.

Julle wat die reg in wilde-als verander en die geregtigheid teen die grond gooi!

En jy, kindjie, sal 'n profeet van die Allerhoogste genoem word, want jy sal voor die aangesig van die Here uitgaan om sy weë reg te maak;

totdat die Oue van dae kom en aan die heiliges van die Allerhoogste reg verskaf is en die bepaalde tyd gekom het dat die heiliges die koninkryk in besit geneem het.

En Ek sal My met jou verloof tot in ewigheid en My met jou verloof in geregtigheid en in reg en in goedertierenheid en in ontferming.

En jy, tot jou God moet jy terugkeer, beoefen liefde en reg, en hoop gedurigdeur op jou God.

Wie wys is, laat hom op hierdie dinge let! Wie verstandig is, laat hom dit erken! Want die weë van die HERE is reg; en die regverdiges sal daarop wandel, maar die oortreders daarop struikel!

Ja, hulle weet nie om reg te doen nie, spreek die HERE--hulle wat geweld en verdrukking opstapel in hulle paleise.

Hulle haat die man wat in die poort die reg handhaaf, en hulle het 'n afsku van hom wat in opregtheid spreek.

Julle moet haat wat sleg is en liefhê wat goed is, en handhaaf die reg in die poort--miskien sal die HERE, die God van die leërskare, Hom ontferm oor die oorblyfsel van Josef.

Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.

Kan perde draf op rotse, of kan 'n mens met osse daarop ploeë? --dat julle die reg in gif verander en die vrug van geregtigheid in wilde-als.

Verder het ek gesê: Hoor tog, o hoofde van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Betaam dit julle nie om die reg te ken nie?

Ek daarenteen is vol krag, mét die Gees van die HERE, en reg en heldemoed, om aan Jakob sy oortreding te verkondig en aan Israel sy sonde.

Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg 'n afsku het en al wat reg is, verdraai;

Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die HERE van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?

Daarom verloor die wet sy krag, en die reg kom nooit meer te voorskyn nie; want die goddelose omsingel die regverdige, daarom kom die reg verdraaid te voorskyn.

Die toorn van die HERE sal ek dra, want ek het teen Hom gesondig; totdat Hy my saak verdedig en my reg verskaf. Hy sal my uitlei in die lig; ek sal met welgevalle sien hoe Hy geregtigheid oefen.

Verskriklik en gedug is hy, van homself gaan sy reg en hoogheid uit.

Kyk, sy siel is opgeblase in hom en nie reg nie. Maar die regverdige, deur sy geloof sal hy lewe.

Die HERE is regverdig binne-in hom, Hy doen geen onreg nie; elke môre laat Hy sy reg aan die lig kom, dit ontbreek nooit nie; maar die kwaaddoener ken geen skaamte nie.

Julle vermoei die HERE met julle woorde. Nogtans vra julle: Waarmee vermoei ons Hom? Deurdat julle sê: Elkeen wat kwaad doen, is goed in die oë van die HERE, en in hulle het Hy 'n behae; of waar is anders die God van die reg?

Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.

En hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal ek aan julle gee. En hulle het gegaan.

Hulle antwoord hom: Omdat niemand ons gehuur het nie. Hy sê vir hulle: Gaan julle ook in die wingerd, en wat reg is, sal julle ontvang.

Gaan na daardie dorp reg voor julle, en dadelik sal julle 'n eselin vind wat vasgemaak is, en 'n vul by haar. Maak haar los en bring hulle vir My.

Die Jode antwoord toe en sê vir Hom: Sê ons nie met reg dat U 'n Samaritaan is en van die duiwel besete is nie?

Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

En Maria Magdaléna was daar en die ander Maria, en hulle het reg voor die graf gesit.

En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat.

en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

En Jesus het reg voor die skatkis gaan sit en gekyk hoe die skare geld in die skatkis gooi. En baie rykes het veel ingegooi.

En toe die hoofman oor honderd wat daar reg voor Hom staan, sien dat Hy so uitgeroep en die laaste asem uitgeblaas het, sê hy: Waarlik, Hy was die Seun van God.

Jy het geen deel of lot in hierdie saak nie, want jou hart is nie reg voor God nie.

En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel dié een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.

En hulle het geseil na die land van die Gadaréners, wat reg anderkant Galiléa is.

Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.

Maar wee julle, Fariseërs, want julle gee tiendes van die kruisement en die wynruit en elke groentesoort, en julle verwaarloos die reg en die liefde tot God. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.

En waarom oordeel julle ook nie uit julleself wat reg is nie?

En daar was in daardie stad 'n weduwee, en sy het gedurig na hom gekom en gesê: Doen reg aan my teenoor my teëparty.

tog sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, aan haar reg doen, sodat sy nie eindelik kom en my in die gesig slaan nie.

Sal God dan nie reg doen aan sy uitverkorenes wat dag en nag tot Hom roep nie, al is Hy ook lankmoedig in hulle geval?

Ek sê vir julle dat Hy gou aan hulle reg sal doen; maar as die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?

en gesê: Gaan in die dorp reg voor julle; en as julle daar inkom, sal julle 'n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens ooit op gesit het nie. Maak hom los en bring hom.

Die vrou antwoord en sê: Ek het nie 'n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie 'n man nie;

Julle noem My Meester en Here, en julle is reg, want Ek is dit.

Jesus antwoord hom: As Ek verkeerd gespreek het, getuig van die verkeerdheid; maar as Ek reg gespreek het, waarom slaan jy My?

Toe antwoord Petrus en Johannes en sê vir hulle: Of dit reg is voor God om julle meer gehoorsaam te wees as God, moet julle self beslis;

En die twaalf het die menigte van die dissipels byeengeroep en gesê: Dit is nie reg dat ons die woord van God nalaat om die tafels te bedien nie.

Maar Paulus het dit nie reg geag om hóm saam te neem wat van Pamfílië af hulle verlaat het en nie saam met hulle na die werk gegaan het nie.

sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees.

En net so kom ook die Gees ons swakhede te hulp, want ons weet nie reg wat ons moet bid nie, maar die Gees self tree vir ons in met onuitspreeklike sugtinge.

Durf iemand van julle wat 'n saak teen 'n ander het, gaan reg soek voor die onregverdiges en nie voor die heiliges nie?

Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie?

Of het net ek en Barnabas geen reg om die hande-arbeid na te laat nie?

As ander deel het aan die reg op julle diens, het ons nie nog meer nie? Ons het ewenwel nie gebruik gemaak van hierdie reg nie, maar ons verdra alles om geen hindernis vir die evangelie van Christus te veroorsaak nie.

Watter loon het ek dan? Dat as ek die evangelie verkondig, ek die evangelie van Christus kosteloos bring, om nie van my reg in die evangelie ten volle gebruik te maak nie.

Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here, want dit is reg.

soos dit vir my reg is om dit van julle almal te dink, omdat ek julle in my hart dra, aangesien julle almal in my boeie sowel as in die verdediging en bevestiging van die evangelie my deelgenote in die genade is.

Betoon reg en billikheid, here, aan julle diensknegte, omdat julle weet dat julle ook 'n Here in die hemele het.

aangesien dit reg is by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergelde,

Nie dat ons nie die reg het nie, maar om onsself vir julle as 'n voorbeeld te stel, dat julle ons kan navolg.

Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.

Ons het 'n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie;

En ek beskou dit as reg, so lank as ek in hierdie tentwoning is, om julle deur herinnering op te wek,

Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad.